text
string | id
string | dump
string | url
string | date
string | file_path
string | license_abbr
string | license_version
string | license_location
string | license_in_head
bool | license_in_footer
bool | license_parse_error
bool | license_disagreement
bool | language_script
string | language
string | language_score
float64 | potential_licenses
dict |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Pieter Bam
Bam was die seun van Johannes Andries Bam (1830-1903), lid van die Kaapse laerhuis, en sy vrou, Maria Fredrika van Blommestein. J.A. Bam was in 1880 een van die stigters van die NG gemeente Drieankerbaai. Im 1899 het "'n moeder van die gemeente" ingewillig om £1 000 aan die kerk te leen vir die bou van 'n pastorie langsaan die kerk. Toe die skenker twee jaar later oorlede is, word dit bekend sy was mev. J.A. Bam en dat haar lening met haar afsterwe 'n bemaking aan die gemeente geword het. Die pastorie is daarom "Blommestein" genoem, omdat sy 'n nooi Van Blommestein was. Dié kerkgebou is ook van die min NG kerke met gebrandskilderde vensters, want nadat twee van Pieter se susters, Wilhelmina (Minnie) en Maria, in Hannover, Duitsland, oorlede is, het J.A. Bam die drie vensters agter die preekstoel geskenk. Hy het ook die CJMV-gebou in Langstraat in 1886 ter nagedagtenis van sy twee dogters laat oprig. Dié gebou se fasade is in 1903 herontwerp deur die Kaapse argitek en politikus John Parker.
Pieter Bam ontvang sy onderwys aan die Normaal School, Kaapstad en die Diocesan College (Biskoppe) in Rondebosch, daarna aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad (voorloper van die Universiteit van Kaapstad en SACS) en vertrek later vir verdere opleiding na Cheltenham, Engeland. In 1892 sluit hy hom by die Cape Garrison Artillery aan, waarin hy later kaptein word en in dieselfde hoedanigheid tot sy bedanking in 1901 dien.
Hy begin daarna in die politiek belang stel en staan met die verkiesing van 1904 as teenstander van John X. Merriman in die kiesafdeling Stellenbosch. Met die herindeling van kiesafdelings deur die Jameson-regering kort daarna, word hy verkies as een van die verteenwoordigers van Kaapstad in die laerhuis en bly dit tot 1910, toe hy hom aan die politiek onttrek.
Reeds in 1907 het Bam groot belangstelling in die bevordering van die verkoop van Kaapse landbouprodukte in Brittanje geopenbaar en het hy hom met groot toewyding daaraan gewy. Hy het die South African Products Exhibition van daardie jaar in Londen gereël, en word daarvoor tot ridder geslaan. In 1919 is hy met die toekenning van die OBE vereer.
Ná sy huwelik met Ena Dingwall Tasca Stewart in 1910 voeg hy haar familienaam by sy voorname en vestig hom vir goed op haar landgoed Ards in Ierland, maar sit nogtans sy groot werk in verband met die bekendstelling van Suid-Afrikaanse landbouprodukte voort. In 1910 stig hy die South African National Union en ontwerp die plan vir 'n Rykskou in Londen. Terwyl hy besig is met die organisasie van dié onderneming, het die Eerste Wêreldoorlog (1914-'18) uitgebreek. Hy dien as hoof-rekruteringsoffisier van een van die Londense regimente. Kenmerkend van sy optrede was sy persoonlike belangstelling in die wel en wee van die manskappe. In 1921 tree hy as luitenant-kolonel uit die militêre diens nadat hy met die rang van majoor in bevel van 'n depotbataljon was.
Reeds voor die tyd het hy sy ou belangstelling hervat en begin onmiddellik ná die oorlog met die organisasie van 'n Rykskou. Hy word uitvoerende komiteelid van die groot Wembleyskou van 1924 en neem as sodanig 'n vername deel in die werksaamhede. Bam was ook die vader van die gedagte van georganiseerde reise van boere deur Brittanje.
Gedurende sy laaste lewensjare is sy gesondheid swak en het dit sy terugkeer na Suid-Afrika verhinder. Bam sal, volgens die geskiedkundige D.W. Krüger, altyd bekend bly vir sy groot aandeel in die bevordering van die invoer van Suid-Afrikaanse landbouprodukte na Brittanje. Hy het belangrike pionierswerk in hierdie verband gedoen, aldus Krüger.
Bronne[wysig | wysig bron]
- ( ) Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. 1977 Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers Bpk.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- ( ) Sy grafsteen in die Mowbray-begraafplaas. URL besoek op 9 Julie 2016.
|
<urn:uuid:bfdbc976-dda7-4b87-8c25-8b4a63338c94>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Pieter_Bam
|
2019-07-21T07:36:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00344.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999982 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
voer
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
voer | voere |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
voertjie | voertjies |
- voer
- (voeding) Kos, in die besonder vir plaasdiere.
- Die boer moes na die koöperasie ry om voer vir sy beeste te koop.
Vertalings: voer | |||
---|---|---|---|
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | voer |
Verlede Tyd | ek | het gevoer |
- 'n Persoon of dier kos gee.
- Besig wees met iets; doen.
- Die boer voer sy vee.
- Wat voer jy in die mou? Hulle voer oorlog teen mekaar.
- «Iets in die mou voer.»
- Geheime planne of voornemens hê.
- «Met die paplepel voer.»
- So eenvoudig te werk gaan dat almal dit kan verstaan.
Vertalings: voer | |||
---|---|---|---|
|
<urn:uuid:e92bc373-41d7-45ff-a9c4-6d8cec0419b7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/voer
|
2019-07-16T07:54:07Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524517.31/warc/CC-MAIN-20190716075153-20190716101153-00384.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999938 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie .
Die Groot Muur van Sjina (Sjinees: 萬里長城 / 万里长城 Wànlǐ Chángchéng‚ 10 000 Li lang Muur; ook 中國長城 / 中国长城 Zhōngguó Chángchéng‚ Lang Sjinese Muur) is 'n reeks van ou steenmure in die noorde van Sjina. Verskeie mure is gebou vanaf die 7de eeu v.C. en is later versterk en aanmekaar gebou. Nie al die mure vorm deel van een groot muur nie, maar dit word gesamentlik die Groot Muur van Sjina genoem. Die muur is opgerig om die Sjinese Keiserryk teen die vyandelike nomadiese ruitervolke te beskerm. Die muur strek oor 21 196,18 kilometers van Shanhaiguan by Bo Hai (300 km oos van Peking) tot Lop Nur in die suidoostelike deel van die outonome streek Sinkiang. Dit is die langste struktuur wat nog deur mense opgerig is. Die muur is ongeveer 5 persone breed en 20 persone hoog.
|
<urn:uuid:83c8ac76-5871-4da5-a8cb-c9078a9934ae>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.advisor.travel/poi/Groot-Muur-van-Sjina-7686
|
2019-07-18T20:16:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00480.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
a_tag
| false | true | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999814 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
true
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Nathan Milstein
Nathan Mironovich Milstein (13 Januarie 1904 [O.S. 31 Desember 1903] – 21 Desember 1992) was 'n Oekraïens-gebore Amerikaanse violis en virtuoos.
Milstein word gereken as een van die beste violiste van die 20ste eeu, en was bekend vir sy interpretasies van Johann Sebastian Bach se solowerke vir viool, en vir sy interpretasies van werke uit die Romantiese era. Hy was ook bekend vir sy lang loopbaan, en het tot in sy middel 80's op 'n hoë peil opgetree, en het slegs afgetree toe hy sy hand gebreek het.
Biografie[wysig | wysig bron]
Milstein was gebore in Odessa, Oekraïne as die vierde van sewe kinders in 'n Joodse gesin uit die middelklas. 'n Konsert deur die 11-jarige Jascha Heifetz het sy ouers geïnspireer om 'n violis uit die jong seuntjie te probeer maak, en hy het as 'n kind van 7 met vioolstudies (voorgestel deur sy ouers, 'ten einde hom van kattekwaad te weerhou') onder die vooraanstaande pedagoog, Pyotr Stolyarsky begin.(Stolyarsky was ook die instrukteur van die violis David Oistrakh)
Toe Milstein 11 jaar oud was, het Leopold Auer hom uitgenooi om een van sy studente by die Sint Petersburg Konservatorium te word.
Milstein het gereflekteer:
"Elke klein seuntjie wat daarvan gedroom het om beter te speel as die ander, wou na Auer toe gaan. Hy was 'n baie begaafde man, en 'n goeie onderwyser. Ek het gewoonlik twee keer 'n week na die Konservatorium gegaan vir klasse. Ek het elke les gespeel met veertig of vyftig mense wat gesit en luister het. Daar was twee klaviere in die klaskamer met 'n pianis wat ons begelei het. Wanneer Auer siek geword het, het hy my gevra om na sy huis toe te gaan vir lesse.[1][2]
Milstein mag dalk die laaste van die groot Russiese violiste gewees het om kontak te hê met Auer. Auer het egter nie vir Milstein genoem in sy memoirs nie, maar wel "twee seuntjies van Odessa...beide wat weggeraak het toe ek Sint Petersburg in Junie 1917 verlaat het." genoem[3] Milstein se naam word ook nie genoem in die register van die Sint Petersburg Konservatorium nie.
Milstein het ook saam met Eugène Ysaÿe in België gestudeer. Hy het die rolprentmaker Christopher Nupen, regisseur van Nathan Milstein – In Portrait, vertel dat hy amper niks van Ysaÿe geleer het nie, maar sy geselskap uitermate geniet het. In 'n 1977 onderhoud wat in High Fidelity gedruk is, het hy die volgende gesê "Ek het in 1926 na Ysaÿe gegaan, maar hy het nooit enige aandag aan my bestee nie. Ek dink dit was miskien beter so. Op die manier moes ek vir myself leer dink.[4][5]
Milstein het Vladimir Horowitz en sy pianis-suster Regina ontmoet in 1921 toe hy 'n opvoering gegee het in Kiev. Hulle het hom uitgenooi vir tee by hul ouers se huis. Milstein het later gesê: "Ek het gekom vir tee, maar het drie jaar aangebly."[6]Milstein en Horowitz het regdeur die Sowjetunie saamgespeel as "kinders van die revolusie", en het 'n lewenslange vriendskap gekweek. In 1925 het hulle saam op 'n toer van Wes-Europa vertrek.
Hy het sy Amerikaanse debuut in 1929 gemaak saam met Leopold Stokowski en die Philadelphia Orkes. Hy het hom uiteindelik in New York gevestig en 'n Amerikaanse burger geword. Hy het herhaaldelik in Europa getoer, en woonplekke in beide Londen en Parys gehad.
Milstein het, as beide 'n komponis en as 'n persoon wat musiekstukke getranskribeer het, baie werke vir viool rangskik, en ook sy eie kadense vir concertos geskryf. Hy was obsessief daaroor om elke noot op perfekte wyse te artikuleer, en het dikwels lang periodes gespandeer om vingerdrukke te oefen wat sekere stukke meer geartikuleerd laat klink het. Een van sy beste komposisies is Paganiniana, 'n stel variasies op verskeie temas van Niccolò Paganini.
In 1948 het sy opname van Felix Mendelssohn se Vioolkonsert in E mineur saam met Bruno Walter die onderskeiding verdien om die eerste item te word in Columbia se nuwe twaalf-duim, 33 rpm viniel langspeelplaat katalogus, Columbia ML 4001. Die Légion d'honneur is in 1968 deur Frankryk aan hom toegeken, en hy het ook in 1975 'n Grammy Toekenning ontvang vir sy opname van Bach se Sonatas en Partitas. President Ronald Reagan het ook die Kennedy Center eerbewyse aan hom toegeken. Sy opvoering in 1968 in Stockholm was agter sy laaste. Die opvoering was in sy geheel opgeneem en vertoon 'n merkwaardige tegniek op die ouderdom van 82. Hy het kort daarna geval en sy linkerhand gebreek, welke sy loopbaan beëindig het.
Nadat Milsten in sy vroeëre dae gebruik gemaak het van verskeie viole, het hy uiteindelik in 1945 die 1716 "Goldman" Stradivarius aangeskaf welke hy gebruik van gemaak het vir die res van sy lewe. Hy het die instrument hernoem as "Maria Teresa" tot eer van sy dogter Maria (tans die eggenote van die Italiaanse markies GiovanAngelo Theodoli-Braschi, Hertog van Nemi en Grandee van Spanje, en afstammeling van Pous Pius VI en sy vrou Therese. Hy het ook vir 'n kort tydperk opvoerings gemaak op die 1710 ex-"Dancla" Stradivarius.
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- From Russia to the West: The Musical Memoirs & Reminiscences of Nathan Milstein by Nathan Milstein & Solomon Volkov. Limelight Edition, 1991.
- Nathan Milstein by Tully Potter, 1995. From CD booklet notes (Testament SBT 1047).
- Henry Roth, Nathan Milstein, in Violin Virtuosos, From Paganini to the 21st Century, Los Angeles, California Classics Books, 1997, pp. 130–138
- Paolo Cecchinelli, Nathan Milstein. Paganiniana. Variations for violin solo, in Quaderni dell’Istituto di Studi Paganiniani, n. 12 (2000), pp. 25–36.
- Beethoven and Brahms violin concertos. (2001) EMI Records Ltd. Barcode 0724356758353
Bronne[wysig | wysig bron]
- High Fidelity, November 1977, 84, 86. Soos aangehaal uit Schwarz, 443
- Vryelik vertaal na Afrikaans
- Auer, Leopold, My Long Life in Music, 343–344. Soos aangehaal uit Schwarz, 443.
- High Fidelity, November 1977, 86. Soos aangehaal uit Schwarz, Boris, Great Masters of the Violin (New York: Simon and Schuster, 1983), bl. 444.
- Vryelik vertaal na Afrikaans
- Schwartz, 443
|
<urn:uuid:4eced09d-9d38-463d-9e2f-4160278ff29b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Nathan_Milstein
|
2019-07-16T10:22:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00400.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999976 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Rhodes-universiteit
Rhodes-universiteit | |
---|---|
Wapen en logo van die Rhodes-universiteit | |
Leuse: | Vis, virtus, veritas |
Leuse in Afrikaans: | Krag, moed, waarheid |
Leuse in Engels: | Strength, courage, truth |
Gestig: | 31 Mei 1904 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Befondsing: | R429,6 miljoen[1] (2008) |
Kanselier: | Lex Mpati |
Personeel: | 357[2] |
Studentetal: | 7 005[2] |
Voorgraadse studente: | 5 372[2] |
Nagraadse studente: | 1 633[2] |
Ligging: | Grahamstad, Oos-Kaap
Koördinate: |
Kleure: | violet |
Bynaam: | Rhodian, Rhodent (informeel) |
Affiliasies: | AAU, ACU, HESA, IAU |
Webtuiste: | ru.ac.za |
Rhodes-universiteit is 'n tersiëre instelling in Grahamstad in die Oos-Kaap met 7 645 studente in 2013, van wie 5 329 voorgraads en 2 273 nagraads was. Dié universiteit het sy unieke karakter te danke aan 'n kombinasie van verskeie faktore – geskiedkundig, geografies, kultureel en argitektonies. Opeenvolgende geslagte Rhodes-studente het, danksy hulle onafhanklike denke, 'n invloed ver buite verhouding tot hulle klein getalle gehad op suidelike Afrika sowel as die wêreld.
Inhoud
Die ontstaan[wysig | wysig bron]
Universiteitsopleiding in die Oos-Kaap het begin in die kollege-afdelings van vier skole: St. Andrew's-kollege op Grahamstad, Gill-kollege op Somerset-Oos, die Graaff-Reinet-kollege en Grey-instituut in Port Elizabeth. Teen die vorige eeuwending het net St. Andrew's en Gill studente voorberei op die graadeksamens van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. Dit het toe duidelik begin word dat net 'n sentrale universiteit 'n bevredigende standaard van universiteitsopleiding sou kon bied.
Grahamstad, wat nog altyd ver van die ekonomiese en nywerheidshoofstroom van die provinsie en land geleë was, het na 'n onwaarskynlike keuse vir 'n universiteit gelyk, maar plaaslike inwoners was sterk ten gunste van die idee. Die grootste struikelblok was die gebrek aan die nodige geld. Ook het die Tweede Vryheidsoorlog die beweging amper geheel en al ontspoor.
In Desember 1902 het Josiah Slater, parlementslid vir Albanie en redakteur van die Graham's Town Journal, 'n vergadering belê om openbare belangstelling opnuut aan te vuur. Hy het bo alle verwagting geslaag, maar geesdriftigte beloftes van plaaslike geldelike ondersteuning was ontoereikend. Die pasgestigte komitee het sonder welslae by die Rhodes-trustees aansoek om befondsing gedoen.
Dr. Selmar Schönland, gevierde botanis en kurator van die Albanie-museum, het toe probeer om 'n Rhodes-trustee, dr. Leander Starr Jameson, regstreeks te nader. Jameson, wat kort daarna parlementslid vir Albanie sou word en daarna eerste minister van die Kaapkolonie, het £50 000 belowe sonder om sy medetrustees te raadpleeg. Hulle het aanvanklik geweier, maar, oorreed deur Schönland, het hulle ingewillig om De Beers-voorkeuraandele ter waarde van £50 000 aan die Rhodes Universiteitskollege, wat deur 'n wet van die parlement op 31 Mei 1904 in die lewe gebring is, oor te dra.
Eerste jare[wysig | wysig bron]
Die vier professore van St. Andrew's het die stigter-professore van Rhodes Universiteitskollege geword en hulle studente voorberei op die eksamens van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. Aan die begin van 1905 het die universiteitskollege uit beknopte ruimte op St. Andrew's se perseel na die Drostdy-gebou, wat Rhodes in 1909 van die Britse regering gekoop het, getrek. In daardie jaar het sewe professore, onder meer ook Schönland, hulle by die oorspronklike vier aangesluit.
Een van die kenmerkende eienskappe van Rhodes, wat reeds vroeg ontwikkel is, was die tutoriale stelsel, oorgeneem van die model van Cambridge en Oxford. Elke student is aan 'n personeellid toegewys, wat persoonlike belangstelling in sy werk en welstand getoon het. Namate die getalle toegeneem het, het tutors en tutoriale groepe hierdie verantwoordelikheid aanvaar.
Uitbreiding[wysig | wysig bron]
Baker en Kendall, die argiteksfirma wat deur sir Herbert Baker gestig is, het die kompetisie in 1910 gewen wat die raad uitgeskryf het vir die ontwerp van nuwe geboue. Geboue is mettertyd bygevoeg om in Rhodes se behoeftes te voorsien. Rhodes het in 1918 'n lidkollege van die nuwe Universiteit van Suid-Afrika geword. Die Groot Depressie was 'n baie moeilike tyd vir Rhodes, maar teen 1933 het die universiteitskollege se sake beter begin lyk. Studente het hulle land goed gedien in albei wêreldoorloë. In die Eerste het 47 gesneuwel en in die Tweede 70. Hulle word jaarliks gedenk op Stigtersdag, 12 September, met 'n seremonie voor die Groot Saal by die standbeeld van die krygsman.
Keerpunt[wysig | wysig bron]
Toe die toekoms van die Universiteit van Suid-Afrika in 1947 hersien moes word, het Rhodes gekies om 'n volwaardige, onafhanklike universiteit te word. Rhodes sou egter £150 000 se kapitaal nodig hê. Geen oortollige fondse was beskikbaar nie, aangesien die kollege op daardie kritieke oomblik in sy geskiedenis reeds £561 015 oortrokke was. Net toe dit wou lyk of die universiteit weens sy skuldlas sou ondergaan, het die vennote in 'n plaaslike drukkery 'n aansienlike bedrag geld geskenk. Dit wou voorkom asof hulle vrygewigheid 'n waterskeiding was. Die regering en die plaaslike stadsraad het hulp aangebied en 'n versekeringsmaatskappy het die kollege £200 000 teen 'n gunstige rentekoers geleen. Toe die privaat mosie vir die stigting van die universiteit in April 1949 in die parlement aanvaar is, is 'n fondsinsameling van stapel laat loop. Oorweldigende reaksie van maatskappye en privaat individue het gou £100 000 byeengebring met ondernemings van 'n verdere £50 000 en 'n belofte deur die regering om die skenkings een-tot-een te ewenaar. Die universiteit het sy amptelik beslag gekry op 10 Maart 1951. Die eerste kanselier was sir Basil Schonland, seun van Selmar Schönland, die eerste visekanselier dr. Thomas Alty.
Voortgesette groei[wysig | wysig bron]
Buiten die aanbou van koshuise en akademiese geboue, het die studentetal ook voortdurend toegeneem. In 1982 was daar die eerste keer meer as 3 000 studente en in 1991 reeds 4 196, wat teen 2013 amper verdubbel het tot 7 645, van wie 1 600 eerstejaars was. Die universiteit mik daarna om die persentasie nagraadse studente meer en die persentasie voorgraadse studente minder te maak as die huidige (2013) verdeling van 70/30. Ondanks die groei het Rhodes 'n klein universiteit gebly met die nieamptelike leuse "We've grown great by staying small" wat sy etos goed saamvat. Die meeste studente woon in die meer as 30 koshuise en die klasse is klein genoeg om persoonlike aandag moontlik te maak.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) Annual Reports and Consolidated Financial Statements for the year ended 31 December 2008 (PDF). Rhodes University. p. 31. Besoek op 1 Junie 2014.
- ( ) Digest of Statistics Version 14: 2010 (PDF). Rhodes University. 2010. pp. A1,G7. Besoek op 1 Junie 2014.
Eksterne skakel[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Rhodes University. |
|
<urn:uuid:fe19f4fc-5b46-4543-983c-5d81f7bf6aaa>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Rhodes_Universiteit
|
2019-07-17T16:42:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183511-00007.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999966 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bailee Madison
Jump to navigation
Jump to search
Bailee Madison | |
Geboorte | 15 Oktober 1999 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise en vervaardiger |
Aktiewe jare | 2006–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Bailee Madison (gebore 15 Oktober 1999) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Bridge to Terabithia (2007), Brothers (2009), Don't Be Afraid of the Dark (2010), en Just Go with It (2011).
Inhoud
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 2007: Bridge to Terabithia
- 2009: Brothers
- 2010: Don't Be Afraid of the Dark
- 2011: Just Go with It
- 2012: Cowgirls 'n Angels
- 2012: Adventure Planet
- 2013: Watercolor Postcards
- 2016: Annabelle Hooper and the Ghosts of Nantucket
- 2017: A Cowgirl's Story
- 2018: The Strangers: Prey at Night
- 2018: Offer and Compromise
- Someone Else's Summer
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 2010: R.L. Stine's The Haunting Hour
- 2010: Piper's QUICK Picks
- 2013: Trophy Wife
- 2013: The Reelz Show
- 2015: Good Witch
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 2007: Judy's Got a Gun
- 2008: Merry Christmas, Drake & Josh
- 2010: The 18th Annual Movieguide Awards
- 2011: Chiller 13: Horror's Creepiest Kids
- 2012: Smart Cookies
- 2013: Ha/lf
- 2014: Northpole
- 2015: Northpole: Open for Christmas
- 2016: Date with Love
- 2016: Holiday Joy
- 2016: The Night Before Halloween
- 2016: American Music Awards Red Carpet Live
Video's[wysig | wysig bron]
- 2007: Nickelodeon: 'The Last Day of Summer' - Behind the Scenes
|
<urn:uuid:4bf0c074-a9b6-460d-8aa3-251a3117836d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bailee_Madison
|
2019-07-20T03:45:28Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526408.59/warc/CC-MAIN-20190720024812-20190720050812-00320.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.681488 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Siekte
'n Siekte is 'n skadelike fisiese of psigiese afwyking van 'n organisme. Meer spesifiek, dit is 'n ontwrigting van die homeostase, die selfregulerende proses waardeur biologiese stelsels hulle stabiliteit bewaar deur by omstandighede aan te pas. Dit gaan dikwels met simptome gepaard wat die mediese toestand verklap.
Siektes veroorsaak meestal pyn, ongemak of 'n abnormale toestand. Dit kan deur genesing gevolg word, moontlik na behandeling, maar kan ook tot 'n gestremdheid of die dood lei. Voorkoming is gewoonlik beter as behandeling.
Gegewe die baie verskillende siektes is dit nie altyd moontlik om 'n duidelike onderskeid tussen siekte en gesondheid te tref nie. Daar is ook 'n kulturele sy, wat in die gewoontes en medikasie wat 'n samelewing gebruik bespeur kan word.
Die invloed van siektes is nie tot individue en hul onmiddellike omgewing beperk nie, maar het 'n groot rol in die geskiedenis van die mensdom gespeel. Volgens die historikus McNeill, selfs 'n sentrale rol.
|
<urn:uuid:33840635-a5ef-4e5a-94d6-f7d97ad1eff3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Siekte
|
2019-07-21T09:07:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00480.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000009 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.58 n.2 Pretoria Jun. 2018
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a5
NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (2)
"Dit gaan nog belangrik word": Changes in grammatical future reference in Afrikaans
Johanita Kirsten
Afrikaanse Taalkunde, Vaaldriekhoekkampus, Noordwes-Universiteit. E-pos: [email protected]
OPSOMMING
Toekomsverwysing in Afrikaans kan grammatikaal en leksikaal aangedui word, soortgelyk aan ander Wes-Germaanse tale soos Nederlands en Engels. Die modale hulpwerkwoord sal, afkomstig van Nederlandse zullen, en die hulpwerkwoord gaan, van Nederlandse gaan, word algemeen gebruik vir toekomsverwysing, asook die toekomstige presens waar sinne sonder tempusaanduiding na die toekoms verwys. Die totale gebruiksfrekwensie van gaan toon nie tekens van verandering sedert standaardisering nie, maar die verskillende gebruike het tog nie stabiel gebly nie. Sedert standaardisering het die sintaktiese en semantiese gebruikskontekste van toekomsverwysende gaan uitgebrei, en waar die leksikale item gaan vroeg in die twintigste eeu nog oorwegend as hoofwerkwoord gebruik is, word dit vandag oorwegend as 'n hulpwerkwoord (direkte skakelwerkwoord en toekomsverwysende hulpwerkwoord) gebruik.
Trefwoorde: grammatikalisering, grammatikale verandering, tydsaanduiding, toe-komsverwysing, werkwoorde, skakelwerkwoorde, hulpwerkwoorde, toekomstige presens, korpuslinguistiek, historíese geskrewe Afrikaans
ABSTRACT
Future reference in Afrikaans can be indicated both grammatically and lexically, similar to other West-Germanic languages such as Dutch and English. The modal auxiliary sal "shall", from Dutch zullen, and the auxiliary gaan "go", from Dutch gaan, are commonly used for future reference in Afrikaans, as well as the futurate present where sentences without explicit use of tense still refer to the future.
The overall frequency of gaan does not show changes in a particular direction since initial standardisation in the early twentieth century, but that does not preclude more subtle changes. The lexical item gaan is used as a main verb on the one hand, but also as two types of auxiliary verbs. The main verb usage includes a concrete reference to movement, as well as a more abstract sense of "being about". The one type of auxiliary usage is as a direct linking verb, and the other as a future auxiliary. While some scholars group these two uses together, there are syntactic and semantic differences that warrant the distinction.
Early in the twentieth century, gaan is still used more frequently as a main verb than as an auxiliary, even if the two types of auxiliary uses are put together. In the early twenty first century, however, the auxiliary uses make up two thirds of the overall usage frequency, with future reference as the most frequent function. This shows a significant increase in the use of gaan for future reference.
On the other hand, the auxiliary sal shows a decline in frequency. An important difference between using sal and gaan for future reference, is that gaan only expresses epistemic future reference, while sal can also express a more participant oriented modality (which may or may not include future reference). When the instances of sal with participant oriented modality are removed from the data set, it becomes clear that gaan is slowly moving in on the epistemic uses of sal. While sal is still the preferred form in the written data, the increasing use of gaan might be even more pronounced in informal spoken language.
The futurate present is also frequently used in Afrikaans, but without tagged corpus data it is difficult to describe in much detail. There is a limited exploration of the instances with future adverbials, and these show a limited increase in usage in the course of the century. Because of the limited extent of the data extraction, these findings remain preliminary.
The spread of a change like this often does not proceed at the same pace in different contexts and text types, which is why it is pertinent to explore how the increase in gaan proceeds in more detail. The data suggest that sal is still a more formal variant than gaan, which spreads at a greater tempo in informal text types. Furthermore, the use of gaan to indicate the immediate future rather than a more remote future, as is the case in Standard Dutch, is not reflected in the data from the 1940s onwards. Other expansions in the use of gaan include being used proportionally more frequently in passive and copula constructions, and not just active constructions with agents performing the verbs. It is also increasingly used in intransitive clauses, and with inanimate objects in the clause. All of these expansions, together with the increase in auxiliary usage, further point to the ongoing grammaticalisation of gaan. As is often the case during grammaticalisation, the grammaticalising construction is used increasingly in contexts where other constructions are the preferred option, and it is possible that at the current rate, gaan might overtake sal in certain contexts, even in formal written Afrikaans.
Key words: grammaticalisation, grammatical change, temporal reference, future reference, verbs, linking verbs, auxiliary verbs, futurate present, corpus linguistics, historical written Afrikaans
1. INLEIDING EN KONTEKSTUALISERING
Daar is heelwat verskillende wyses van toekomsverwysing in die Wes-Germaanse taalfamilie, waarby 'n aantal perifrastiese konstruksies ingesluit is. In Engels, byvoorbeeld, is daar will "wil" en shall "sal", wat dikwels verkort word na 'll, en be going to, wat dikwels verkort word na gonna. Die werkwoord werden "word" word gebruik vir toekomsverwysing in Duits (Hilpert 2008:131), en Nederlands wissel tussen zullen "sal" en gaan (Hilpert 2008:106). Afgesien van hierdie grammatikale toekomsverwysing in Wes-Germaanse tale, is daar ook 'n toekomstige presens (futurate present) (Hilpert 2008:157), waar die presens gebruik word om na die toekoms te verwys. Afrikaans, wat ook 'n lid van die Wes-Germaanse taalfamilie is, gebruik soortgelyke konstruksies vir toekomsverwysing.
Daar is drie verskillende strategies om na die toekoms te verwys in Afrikaans: (1) met behulp van die modale hulpwerkwoord sal, wat 'n sterk implikasie van toekomsverwysing insluit, afkomstig van Nederlandse zullen; (2) met behulp van die hulpwerkwoord gaan, soortgelyk aan Nederlandse gaan, wat ook as 'n hoofwerkwoord van beweging gebruik word; (3) met behulp van die toekomstige presens.
Op die oog af is daar nie enige opvallende veranderinge in Afrikaanse toekomsverwysing gedurende die afgelope eeu nie, maar korpusdata wys dat daar tog onderliggende voortdurende verandering aan die gang is. Hierdie artikel is 'n beskrywing van hierdie veranderinge, teen die agtergrond van die breër Wes-Germaanse taalfamilie.
Die artikel is soos volg gestruktureer: in die volgende afdeling beskryf ek die metodologie en die korpora wat gebruik word. Daarna volg die analises, eerstens 'n beskrywing van sal, daarna van gaan, met 'n kort beskrywing van die gebruik van die toekomstige presens. Ek vergelyk dan die gebruik van sal met die gebruik van gaan, waarna ek spesifiek fokus op die grammatikalisering van gaan gedurende die afgelope eeu.
2. METODOLOGIE
In korpusdata manifesteer taalverandering dikwels deur veranderinge in gebruiksfrekwensie en gebruikskontekste (Biber et al. 1998:209), wat van besondere belang kan wees in grammatikaliseringstudies. Vir die diachroniese bestudering van grammatikalisering in slegs een eeu is meer as een interval besonder nuttig. Voorbeelde van sulke studies is Mair (2006) en Leech et al. (2009), wat gebruik maak van 'n metode genaamd korttermyn diachroniese vergelykende korpuslinguistiek. 'n Belangrike komponent van die metode is dat die verskillende korpora wat gebruik word vergelykbaar is, met ander woorde die samestelling van die korpora moet dieselfde wees behalwe vir die tydperk wanneer die tekste geproduseer is.
Die empiriese ontwerp van die studie is losweg gebaseer op die model van Mair (2006) en Leech et al. (2009). Elke korpus verteenwoordig 'n dekade van geskrewe taalgebruik: 1911-1920 (korpus #1), 1941-1950 (korpus #2), 1971-1980 (korpus #3) en 2001-2010 (korpus #4). Daar is min of meer 261 000 woorde per korpus met dieselfde aantal woorde vir elke tekstipe, met 'n maksimum van ongeveer 2 000 woorde vanuit een teks.
Een kategorie in een van die korpora is onvolledig: die natuurwetenskaplike akademiese tekste in korpus #1 bestaan uit slegs 9 260 woorde. Baie min natuurwetenskaplike tekste uit die 1910's is in Afrikaans geskryf - as 'n noodmaatreël is daar amper 5 000 woorde geneem uit elk van die twee tekste uit daardie tyd wat vandag beskikbaar is. Wanneer ek frekwensies rapporteer, normaliseer ek die frekwensies van korpus #1 (proporsioneel verhoog asof die korpus so groot is soos die ander) ter wille van vergelykbaarheid.
Die programmatuurpakket WordSmith is gebruik om woordelyste van elk van die korpora op te stel, waaruit al die gebruiksgevalle van sal en gaan onttrek is. As gevolg van die gebrek aan annoteringsprogrammatuur wat historíese Afrikaanse data kan annoteer, was dit nie moontlik om dié gevalle te onttrek waar die toekomstige presens gebruik word nie, aangesien daar nie 'n spesifieke leksikale item is op grond waarvan dit geïdentifiseer kan word nie. Ek beskryf die metode wat ek gebruik het om die toekomstige presens te ondersoek in die relevante afdeling.
Wanneer daar frekwensieveranderinge in die data voorkom, is die statistiese beduidendheid van die veranderinge bereken met behulp van Rayson (2017) se log-waarskynlikheidspakket wat ontwikkel is spesifiek vir korpusdata. Die toets dui aan of die veranderinge toegeskryf kan word aan toeval, en of dit beduidend is. 'n Resultaat van minder as 3.84 is onbeduidend (p> 0,05), tussen 3.84 en 6.63 dui 'n lae vlak van beduidendheid aan (p is tussen 0,01 en 0,05), en hoër as 6.63 word as beduidend gereken (p< 0,01) (Rayson 2017).
3. ANALISES
3.1 Sal
Die hulpwerkwoord sal, wat ontstaan het uit Nederlandse zullen, word gereken as 'n modale hulpwerkwoord (De Stadler 1992:94, Wybenga 1993:21), hoewel dit hoofsaaklik vir toekomsverwysing gebruik word. Die gebruik van sal stem tot 'n mate ooreen met dié van Engelse shall en will, wat ook modale hulpwerkwoorde is wat aangewend word vir toekomsverwysing. Soos shall en will, behels die modale funksie van sal aan die een kant agentgeöriënteerde intensie of wilskrag, soos in voorbeeld 1, en epistemiese modaliteit met moontlike toekomsverwysing, geïllustreer in voorbeeld 2.
(1) Ek sal maar my kans afwag. (korpus #4, Biografíese teks)
(2) Hiertoe sal die volgende beide eksperimente groteliks opklaring verskaf. (korpus #2, Natuurwetenskappe)
Sal word soms gebruik om epistemiese modaliteit aan te dui sonder toekomsverwysing (Ponelis 1979:249), soos geïllustreer in voorbeeld 3. Die gevalle waar die implikasie van toekomsverwysing ontbreek (slegs 'n handvol), is uit die datastel verwyder aangesien die fokus juis op toekomsverwysing is.
(3) 'n Jongman? O, ja, dit sal Willem du Preez wees, om na die gewel te kom kyk. (korpus #3, Fiksie)
Die onderskeid tussen die twee algemene kategorieë van modaliteit - agent-geöriënteerd en epistemies - is relevant in die ondersoek van sal in toekomsverwysing. Terwyl intensie of wilskrag natuurlik toekomsverwysing kan impliseer, is epistemiese modaliteit meer objektief en, soos De Stadler (1992:95) uitwys, "suiwerder" toekomsverwysend.
Die onderskeid tussen die twee tipes modaliteit is egter nie eenvoudig of maklik om te tref nie, aangesien intensie spreker-intern is, en sal vir albei tipes modaliteit gebruik word. Ter wille daarvan om 'n betekenisvolle en konsekwente onderskeid tussen die tipes modaliteit te tref (sien Van der Auwera & Plungian (1998) vir meer detail oor modaliteit), het ek die kriteria in tabel 2 saamgestel.
Die eerste kategorie van kriteria is semantiese konteks. Wanneer daar eksplisiete aanduidings van intensie of wilskrag is, soos voorbeeld 4, of wanneer 'n versoek gerig word, soos voorbeeld 5, word dit as agent-georiënteerd gereken, terwyl eksplisiete aanduidings van objektiewe voorspellings of omstandighede, soos in voorbeeld 6, geneem word as 'n teken van epistemiese modaliteit.
(4) Ons sal graag na u vergadering van 22 Februarie aandag aan die verpligtinge skenk. (korpus #4, Manuskrip)
(5) Dan sal jij vir mij ook speel? (korpus #1, Fiksie)
(6) Soos later baie duidelik sal blyk, het hy hiervoor alles feil gehad. (korpus #2, Biografíese teks)
Wanneer addisionele modale hulpwerkwoorde saam met sal gebruik word, neem ek moet en wil as aanduidings van agent-georiënteerde modaliteit, terwyl kan beide objektiewe vermoë (epistemies) en subjektiewe intensie (agent-georiënteerd) kan uitdruk. Niemenslike sintaktiese onderwerpe word tipies nie met agent-georiënteerde modaliteit gebruik nie, waar menslike onderwerpe saam met albei tipes modaliteit gebruik word.
As die hoofwerkwoord in die klous 'n koppelwerkwoord is, of as dit 'n handeling uitdruk waarin die sintaktiese onderwerp die ontvanger is, soos voorbeeld 7, sluit dit tipies intensie uit. Ander handelingswerkwoorde kan weer met albei soorte modaliteit gebruik word. Emotiewe werkwoorde gaan ook tipies saam met agent-georiënteerde modaliteit, soos in voorbeeld 8.
(7) Ag, kom bog man, dit sal jou nie dronk maak nie... (korpus #1, Fiksie)
(8) Dat God ons liefhet netsoos ons is en dat Hy nooit sal ophou. (korpus #3, Religieuse teks)
Wanneer 'n sin nie in die negatief is nie, kan negativering soms ook nuttig wees om die tipe modaliteit uit te klaar: indien negativering 'n aanduiding van nie-intensie is eerder as valsheid, word dit as agent-georiënteerd gereken. Verder is die pragmatiese konteks ook in ag geneem - interpersoonlike tekste en kontekste is meer geneig om agent-georiënteerde modaliteit te bevat, terwyl feitelike tekste eerder met epistemiese modaliteit geassosieer word. Adjunkte of adverbia wat intensie aandui, soos graag (voorbeeld 4), of objektiewe moontlikheid of waarskynlikheid, soos duidelik (voorbeeld 6), word ook in ag geneem.
In elke geval is al die kriteria gesamentlik in ag geneem ter wille van analises wat so akkuraat en konsekwent moontlik is. Die data bevat 'n klein aantal retoriese vrae, wat uitgesluit is. 'n Opsomming van die analiseresultate van sal volgens modaliteit word in tabel 3 gegee.
Die totale frekwensie van sal neem met verloop van die eeu beduidend af,2 en terwyl die proporsionele verdeling tussen die tipes modaliteit min of meer stabiel bly van korpus #1 tot #3, is daar 'n toename in agent-georiënteerde gebruike in korpus #4. Die frekwensie van epistemiese gebruike neem egter deur die loop van die hele eeu af, waar die gebruiksgetalle in korpus #4 slegs 72% is van dié van korpus #1. Ten spyte van die beduidende afname in frekwensie,3 bly die epistemiese gebruik meer as tweederdes van die totale gebruike selfs in korpus #4. Dit wys dat sal aan die een kant steeds meer gebruik word vir "suiwer" toekomsverwysing, maar aan die ander kant dat juis hierdie tipe gebruik afneem deur die loop van die eeu.
3.2 Gaan
Die werkwoord gaan is nog 'n direkte erfstuk van Nederlands. Ten tye van die aanvanklike Nederlandse kolonisering van Suider-Afrika is toekomsverwysende gaan reeds enigsins gebruik in Nederlands, maar dit "was not yet the primary function of gaan with a non-finite verbal complement" (Hilpert 2008:114) in kontinentale Nederlands nie. In 'n ondersoek van kontem-porêre Nederlands dui Van Olmen en Mortelmans (2009:363) aan dat al die hulpwerkwoordelike gebruike van gaan slegs 38% van die totale gebruike uitmaak, wat beteken dat toekomsverwysing steeds 'n sekondêre funksie is in Nederlandse taalgebruik. Dit is nie die geval in Afrikaanse taalgebruik nie, waar gaan tans tot 'n groter mate gegrammatikaliseer is.
Anders as sal wat slegs as hulpwerkwoord gebruik word in Afrikaans, word gaan as beide 'n hoofwerkwoord met konkrete en abstrakte betekenisse gebruik, sowel as twee tipes hulpwerkwoorde - 'n verskynsel in grammatikalisering wat Heine (2003:589) "layering" noem. Gaan kan gebruik word om konkrete beweging aan te dui (voorbeeld 9), om meer abstrakte betekenis uit te druk (voorbeeld 10 en 11), as 'n direkte skakelwerkwoord (voorbeeld 12) en met 'n toekomsverwysende betekenis (voorbeeld 13).
(9) Na 'n rukkie staan hy op en gaan na hul toe; maar eers dro hy sy oë af. (korpus #1, Geesteswetenskappe)
(10) Met my werk gaan dit redelik goed. (korpus #2, Manuskrip)
(11) Dit gaan oor sy privaatlewe. (korpus #2, Informatiewe teks)
(12) Ek dink ook dit is reg dat jy hulle gaan haal. (korpus #3, Fiksie)
(13) Dit gaan egter nie maklik wees nie. (korpus #4, Manuskrip)
Ponelis (1979:244) onderskei nie tussen die twee verskillende tipes hulpwerkwoorde nie - hy hanteer die hulpwerkwoordfunksies van gaan as 'n "direkte skakelwerkwoord" wat toekomsverwysing kan insluit maar dit nie noodwendig doen nie. Carstens (1998) bespreek Afrikaanse hulpwerkwoorde ooreenkomstig familieverwantskappe en grammatikalisering, en identifiseer verskeie morfosintaktiese eienskappe waarvolgens Afrikaanse hulpwerkwoorde volgens vlakke van grammatikalisering ingedeel kan word (Carstens 1998:77). Terwyl Carstens slegs een inskrywing vir gaan het, wat beteken dat sy ook nie twee tipes hulpwerkwoordgebruike aandui nie, is sommige van haar onderskeidende kenmerke nuttig om die twee gebruike uitmekaar te ken. Hulpwerkwoorde wat minder gegrammatikaliseer is sal wegskuif om ruimte te laat vir 'n meer gegrammatikaliseerde hulpwerkwoord om die V2 posisie in te neem, terwyl die minder gegrammatikaliseerde hulpwerkwoord na die einde van die sin skuif saam met die hoofwerkwoord, soos in voorbeeld 14, of die meer gegrammatikaliseerde hulpwerkwoord volg soos in voorbeeld 15.
(14 Pa het al die werksmense gaan roep. (korpus #3, Fiksie)
(15) Nee wat, Grahamstad kan gaan slaap. (korpus #4, Fiksie)
Voorbeeld 14 illustreer 'n ander belangrike verskil tussen gaan as skakelwerkwoord en as toekomsverwysende hulpwerkwoord, aangesien die skakelwerkwoord in 'n sin met verledetydsverwysing gebruik word saam met die (meer gegrammatikaliseerde) hulpwerkwoord het, wat die V2 posisie inneem. Terwyl die grens tussen die twee tipes hulpwerkwoordgebruike nie noodwendig duidelik is nie, soos wat dikwels die geval is met verskillende gebruike van dieselfde item (Carstens 1998:78), is die onderskeid sover moontlik behou. Wanneer dit onduidelik was of 'n spesifieke geval 'n skakelwerkwoord of 'n toekomsverwysende werkwoord is, is die sin geherformuleer om te bepaal of dit in die verlede tyd geplaas kan word (in welke geval dit 'n skakelwerkwoord is, soos 14). Alternatiewelik is ander hulpwerkwoorde by die sin gevoeg - as gaan in die V2 posisie bly is dit as 'n toekomsverwysende hulpwerkwoord gereken (soos 16, met die skakelwerkwoord kom), maar as die modale hulpwerkwoord die onderwerp volg, is dit as 'n skakelwerkwoord geklassifiseer (soos 15).
(16) Hulle het gesê ons gaan in die Kaap kom sukkel. (korpus #3, Informatiewe teks) Tabel 4 gee die gebruiksfrekwensies van die verskillende kategorieë van gaan in die korpusdata.
Tabel 4 wys dat, terwyl die totale frekwensie van gaan fluktueer sonder duidelike tekens van verandering, die verskillende gebruike van gaan wel veranderinge ondergaan. Indien die twee hoofkategorieë van gebruik, naamlik leksikale (hoof)werkwoorde en grammatikale (hulp) werkwoorde, vergelyk word, wys dit dat die hoofwerkwoordgebruik die grootste kategorie is aan die begin van die eeu, waarna die hulpwerkwoordgebruik toeneem tot die hoofgebruik teen die einde van die eeu. Die prototipiese gebruik van gaan skuif dus van leksikaal na grammatikaal. Die kategorieë wat die meeste verander is die konkrete bewegingswerkwoorde en die toekomsverwysende hulpwerkwoorde. Bewegingswerkwoorde is die grootste kategorie in korpus #1, meer as 'n derde van die totale gebruike, maar daarna krimp dit om die kleinste kategorie in korpus #4 te wees - 'n baie beduidende verandering.5 Die toekomsverwysende kategorie is die kleinste in korpus #1, en die grootste kategorie in korpus #4 - nog 'n beduidende verandering.6 Hierdie tendense wys dat, ten spyte van die stabiliteit van die totale gebruiks-frekwensie van gaan, die interne proporsies van die verskillende kategorieë 'n duidelike trajek van grammatikalisering toon. In korpus #4 maak die mees grammatikale gebruik as toekomsverwysende hulpwerkwoord die grootste proporsie van al die kategorieë uit. Die verhouding tussen leksikale en grammatikale gebruike van gaan word in figuur 1 geïllustreer.
3.3 Die toekomsverwysende presens
Buiten grammatikale toekomsverwysing of tempus, hetsy deur infleksie of hulpwerkwoorde, maak al die Germaanse tale gebruik van die presens om na die toekoms te verwys (Hilpert 2008:157). In sommige Germaanse tale is die toekomstige presens selfs algemener as grammatikale toekomsverwysing (Hilpert 2008:7-8). Dit beteken dat 'n ondersoek na toekomsverwysing in Afrikaans nie die toekomstige presens kan ignoreer nie.
Daar is egter 'n struikelblok in die bestudering van die toekomstige presens in Afrikaanse korpora, hoofsaaklik op grond van die gebrek aan annotering soos wat reeds in afdeling 2 uitgewys is. Dit is dus nie moontlik om al die sinne in die presens te onttrek en vas te stel hoeveel in werklikheid na die toekoms verwys nie. Gelukkig verskaf Hilpert (2008) 'n alternatiewe metode vir die bestudering van die toekomstige presens in korpusdata.
In navolging van Hilpert (2008:158), word die toekomstige presens (eng) gedefinieer as 'n werkwoordkonstruksie in die presens, in 'n matrikssin van 'n sin wat na die toekoms verwys. Dit sluit sekere sinne uit wat soms by die toekomstige presens ingesluit word, soos sintakties onderskikkende werkwoordkonstruksies, voorbeelde met modale werkwoorde, en imperatiewe (Hilpert 2008:158). Vir analisedoeleindes het ek Hilpert (2008:160) verder nagevolg deur te fokus op gevalle "that unambiguously encode future time reference" - sinne met toekoms-verwysende adverbiale konstruksies soos more of volgende jaar.7 Die voorbeelde is tydens analise in drie groepe verdeel: (1) die toekomstige presens; (2) sinne wat sal of gaan saam met die adverbia gebruik; en (3) die sinne wat in werklikheid nié na die toekoms verwys nie, en nie by verdere analises ingesluit is nie.
In sekere Germaanse tale soos Duits en Nederlands is die gebruiksfrekwensie van die toekomstige presens hoër as ander toekomsverwysende konstruksies (Hilpert 2008:151). Dit blyk egter nie die geval te wees vir Afrikaans nie. In al die sinne wat met behulp van toekomsverwysende adverbia onttrek is, is óf sal óf gaan in meer sinne teenwoordig as afwesig. Terwyl die gebruik van toekomsverwysende gaan saam met adverbia dieselfde patroon van toename wys as daarsonder, is dit in hierdie datastel steeds minder frekwent as die toekomstige presens.
Ongelukkig is die datastelle redelik klein, met stelle tussen 22 en 42 toekomstige presense per korpus. Sinne met sal in dieselfde datastelle wissel tussen 10 en 81, en sinne met gaan tussen 8 en 26. Die klein datastelle verleen dit ongelukkig nie tot verdere analises nie.
3.4 Vergelyking: sal en gaan
In hierdie studie se data toon die epistemiese toekomsverwysende gebruike van sal en gaan teenoorgestelde patrone, en hierdie afdeling gee aandag aan die verhouding tussen hierdie twee gebruike.
Dit is reeds vroeër uitgewys dat sal in die eerste plek 'n modale hulpwerkwoord is, wat dikwels gebruik word met implisiete toekomsverwysing. Die gebruik van gaan staan in kontras hiermee - selfs wanneer dit soms as 'n merker van sekerheid gebruik word, bly dit in die eerste plek 'n toekomsverwysende hulpwerkwoord (De Stadler 1992:92). Volgens Ponelis (1979:244) het gaan 'n sterker feitelike konnotasie as sal, en kan dit geparafraseer word met "sal beslis". Dit is op grond hiervan dat De Stadler (1992:95) beweer dat gaan 'n "suiwerder" toekomsverwysing bevat as sal. Die analises in hierdie studie bevestig hierdie bewering, aangesien gaan nie met agent-georiënteerde modaliteit gebruik word nie, maar vir objektiewe epistemiese voorspellings van die toekoms. Die beste manier om die verskil te illustreer is met behulp van vrae. Voorbeeld 17a is 'n vraag uit korpus #4, wat in 17b geparafraseer word met gaan in die plek van sal.
(17) a. Sal jy my leer toor, Arboreta? (korpus #4, Fiksie)
(17) b. Gaanjy my leer toor, Arboreta?
Terwyl 17a 'n versoek is, vra 17b nie oor intensie nie maar moontlikheid of waarskynlikheid. Dit beteken dat die toekomsverwysende gebruik van gaan nie in kompetisie is met agent-georiënteerde sal nie, maar slegs epistemiese toekomsverwysende sal. Tabel 5 gee die gebruiksgetalle van gaan en sal met epistemiese toekomsverwysing.
Terwyl sal steeds algemener gebruik word vir epistemiese toekomsverwysing as gaan in geskrewe Afrikaans, is daar 'n voortdurende, beduidende groei in die gebruik van gaan vir dieselfde funksie. Figuur 3 illustreer hierdie verhouding.
Uit tabel 5 en figuur 3 word dit duidelik dat, hoewel die totale frekwensie van epistemiese toekomsverwysing met behulp van hulpwerkwoorde relatief stabiel bly, sal tog besig is om plek te maak vir gaan. Verskynsels met 'n toename in frekwensie versprei egter dikwels nie teen dieselfde tempo en op dieselfde maniere in verskillende kontekste nie. Verdere ondersoek is dus nodig.
Die korpora van hierdie studie is te klein om die data sinvol op te deel op grond van die verskillende tekstipes. Daar is wel aanduidings dat gaan minder formeel is as sal (Müller 2003:85), en om te bepaal hoe formaliteit die verspreiding van gaan beïnvloed, het ek die data in drie vlakke van formaliteit opgedeel: die formele kategorie sluit sakebriewe en akademiese tekste in, die informele kategorie sluit persoonlike briewe en dagboekinskrywings in, en die ander gevalle maak die neutrale kategorie uit. Daarna het ek die frekwensie van gaan per 10 000 woorde bereken vir elk van die kategorieë, wat in figuur 4 aangedui word.
Figuur 4 wys dat, hoewel die frekwensie van gaan styg in al drie kategorieë van korpus #2 af, die grootste toename in informele tekste plaasvind.8Sal is wisselvalliger, maar in breë trekke wys dit die grootste afname in informele tekste.9
Ter bepaling van verdere moontlike verskille in nuanse tussen sal en gaan is verdere (subtiele of overte) onderskeid tussen verwysing na die onmiddellike of die verre toekoms. In Nederlands verwys gaan meer tipies na die onmiddellike toekoms, terwyl zullen eerder na die verre toekoms verwys (Hilpert 2007:170) en daar kan 'n soortgelyke onderskeid in Afrikaans wees. Tabel 6 rapporteer die gebruiksgetalle van beide gaan en sal met spesifiek onmiddellike toekomsverwysing, soos in voorbeeld 18, of met spesifiek verre toekomsverwysing, soos in voorbeeld 19. Die persentasie is die proporsie wat dit uitmaak van die totale gebruik van elk van die items met epistemiese toekomsverwysing.
(18) Hierdie twee hooftipes van investering sal vervolgens afsonderlik gedefinieer word. (korpus #3, Geesteswetenskappe)
(19) Die een wat jy eendag gaan koop. (korpus #3, Fiksie)
Tabel 6 wys dat die Nederlandse onderskeid tot 'n mate teenwoordig is in korpus #1, maar die daaropvolgende korpora wys dat gaan toenemend na die verre toekoms verwys,10 terwyl sal ook meer na die onmiddellike toekoms eerder as die verre toekoms verwys vanaf korpus #2. Die data wys verder dat beide gaan en sal meestal gebruik word sonder spesifieke aanduidings van die nabyheid of afstand van die toekoms waarna dit verwys.
3.5 Voortdurende grammatikalisering van gaan
Ander moontlike aanduidings van die grammatikalisering van toekomsverwysende gaan kan gevind word in die werkwoordkonstruksies waarin dit gebruik word, sowel as die tipe sintaktiese onderwerpe waarmee dit gebruik word. Hilpert (2007:179) wys dat in kontemporêre Nederlands, gaan eerder saam met onoorganklike aktiwiteite en onderwerpe met lae agentiwiteit gebruik word.
Wat die tipe werkwoordkonstruksie betref, word daar onderskei tussen aktiewe, passiewe en kopulakonstruksies. Figuur 4 wys dat die proporsie aktiewe konstruksies krimp tussen korpus #1 en #2, asook tussen korpus #3 en #4. Die proporsie gebruike saam met kopulakonstruksies fluktueer ná beduidende groei tussen korpus #1 en #2.11 Die proporsie passiefkonstruksies met toekomsverwysende gaan groei deurlopend, wat verdere uitbreiding in die gebruikskontekste van gaan aandui.
Wat oorganklikheid betref, dui Hilpert (2008:111) aan dat Nederlandse gaan tipies eerder met onoorganklike werkwoorde gebruik word. In kontras daarmee, soos in figuur 5 aangedui word, word Afrikaanse toekomsverwysende gaan meer in oorganklike konstruksies gebruik.
In die proses van grammatikalisering vanaf 'n bewegingswerkwoord na toekomsverwysing, vind daar dikwels 'n verskuiwing van gebruik saam met menslike onderwerpe na gebruik saam met onderwerpe wat nie kan beweeg of intensies hê nie (Poplack & Tagliamonte 2000:332). Figuur 6 wys dat die proporsie gebruike saam met sielhebbende ("animate") onderwerpe krimp deur die loop van die eeu, met 'n statisties beduidende groei van siellose ("inanimate") onderwerpe ooreenkomstig getal en proporsie.12 Van korpus #2 af verder is die proporsie siellose onderwerpe wat saam met toekomsverwysende gaan gebruik word deurlopend hoër as die gebruik saam met hoofwerkwoord-gaan en skakelwerkwoord-gaan. Dit dui 'n toenemende buigsaamheid aan in die tipes kontekste waarin toekomsverwysende gaan gebruik word.
'n Aantal ander gebruikskontekste van Afrikaanse toekomsverwysende gaan kom selde in Standaardnederlands voor (Van Olmen & Mortelmans 2009:363):
(a) dit kan deur hê (Nederlandse hebben) gevolg word;
(b) dit kan deur wees (Nederlandse zijn) gevolg word;
(c) dit kan deur 'n hoofwerkwoordelike gebruik van gaan gevolg word.
Terwyl nie een van hierdie gebruikskontekste besonder algemeen is nie, is die feit dat dit enigsins voorkom in die klein korpora van hierdie studie steeds veelseggend.
Die proporsionele frekwensies van toekomsverwysende gaan in vergelyking met ander gebruike van gaan, sowel as die verskillende gebruikskontekste van gaan, wys duidelike tekens van voortdurende grammatikalisering. Die afname in gebruiksfrekwensie van episte-miese toekomsverwysende sal wys ook dat gaan besig is om 'n deel van sal se funksies oor te neem.
4. GEVOLGTREKKING
Afrikaanse toekomsverwysing wyk nie af van algemener patrone in die Wes-Germaanse taalfamilie nie. Dieselfde gereedskap wat in Nederlands gebruik word, word ook in Afrikaans aangewend (sal, gaan en toekomstige presens), hoewel daar eiesoortige ontwikkelings in Afrikaans plaasgevind het. Veral die beperkings in die gebruik van toekomsverwysende gaan wat in spesifiek Standaardnederlands geld, is nie van toepassing op die gebruik van toekomsverwysende gaan in Standaardafrikaans nie.
'n Sistematiese analise van kontemporêre gesproke data (wat veral ander variëteite as die Standaard insluit) sal 'n sinvolle volgende stap wees in die bestudering en beskrywing van toekomsverwysing in Afrikaans. 'n Meer uitgebreide beskrywing van die gebruik van die toekomstige presens sal ook 'n welkome aanvulling wees.
BIBLIOGRAFIE
Biber, D., Conrad, S. & Reppen, R. 1998. Corpus linguistics: Investigating language structure and use. Cambridge: Cambridge University Press. [ Links ]
Carstens, A.1998. Die Afrikaanse medewerkwoorde, familieverwantskappe en grammatikalisering. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 16(3):73-81. [ Links ]
De Stadler, L.1992. Die werkwoorde kom en gaan as deiktiese medewerkwoorde. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(2):91-98. [ Links ]
Heine, B. 2003. In Joseph & Jande (reds).The handbook of historical linguistics. Malden, Oxford, Melbourne & Berlin: Blackwell, pp. 575-601. [ Links ]
Hilpert, M. 2007. Germanic future constructions: A usage-based approach to grammaticalization. Houston: Rice University (Thesis). [ Links ]
Hilpert, M. 2008. Germanic future constructions: A usage-based approach to language change. Amsterdam / Philadelphia: John Benjamins. [ Links ]
Leech, G., Hundt, M., Mair, C. & Smith, N. 2009. Change in contemporary English: a grammatical study. Cambridge: Cambridge University Press. [ Links ]
Mair, C. 2006. Twentieth-century English: history, variation and standardization. Cambridge: Cambridge University Press. [ Links ]
Müller, D. 2003. Skryf Afrikaans van A tot Z: die essensiële gids vir taalgebruikers. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. [ Links ]
Ponelis, F.A. 1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik. [ Links ]
Poplack, S. & Tagliamonte, S. 2000. The grammaticization of going to in (African American) English. Language Variation and Change, 11:315-342. [ Links ]
Van der Auwera, J. & Plungian, V.A. 1998. Modality's semantic map. Linguistic Typology, 2:79-124. [ Links ]
Van Olmen, D. & Mortelmans, T. 2009. In Tsangalidis & Facchinetti (reds). Studies on English modality. Bern: Peter Lang, pp. 357-386. [ Links ]
Wybenga, D. 1993. Gewete en waargenome wêreld: 'n tekstuele perspektief op Afrikaanse tydsuitdruk-king. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 24(2):15-30. [ Links ]
Johanita Kirsten, senior lektor in Afrikaanse Taalkunde aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit, se navorsingsbelangstelling fokus op onlangse en voortdurende veranderinge in Afrikaanse taalgebruik. Haar PhD-proefskrif, Grammatikale verandering in Afrikaans van 1911 tot 2010 (2016, Noordwes-Universiteit) onder leiding van prof. Bertus van Rooy (Noordwes-Universiteit), handel oor veranderinge in Afrikaanse tydsaanduiding, voornaamwoorde en die genitief. Sy verken Afrikaans diachronies, deur mikrolinguistiese en ander taalkenmerke se verandering met verloop van tyd verder te ondersoek, aan die hand van gedateerde, elektroniese korpora van KaapsNederlandse en Afrikaanse tekste. Die fokus val veral op grammatikale verandering vanaf die vroeg-twintigste eeu tot die vroeg-een-en-twin-tigste eeu, maar sluit ook ander tipes taalverandering in.
Johanita Kirsten, senior lecturer in Afrikaans Linguistics at the Vaal Triangle Campus of the North-West University, is interested in recent and ongoing changes in Afrikaans language use. Her PhD-thesis, Grammatikale verandering in Afrikaans van 1911 tot 2010 [Grammatical changes in Afrikaans from 1911 to 2010] under supervision of prof. Bertus van Rooy (North-West University), focuses on changes in Afrikaans temporal reference, pronoun use and the genitive. She investigates Afrikaans diachronically, by tracing changes in micro-linguistic and other linguistic characteristics through time, using dated, electronic corpora of Cape Dutch and Afrikaans. The focus is especially on grammatical changes from the early twentieth century to the early twenty first century, but also includes other types of language change.
1 In korpus #1 is die Nederlandse vorme zal, zullen, zult en zil steeds gebruik; vir die doeleindes van hierdie analise word dit as ekwivalente van sal gereken.
2 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 21.56
3 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 32.44
4 In korpus #1 is die Nederlandse vorm gaat nog gebruik; vir die doeleindes van hierdie analise word dit as 'n ekwivalent van gaan gereken.
5 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 56.01
6 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 127.72
7 Ek het Hilpert se lys Engelse adverbia gebruik as 'n riglyn, en verdere voorbeelde wat eie is aan Afrikaans bygevoeg. Die lys sluit al die name van dae en maande in, sowel as 'n lys spesifieke soekterme: binnekort, dag, dekade, eendag, eeu, jaar, komende, later, maand, millennium, more, oor [in frases soos oor 'n week], oormore, toekoms, tyd, uur, vanaand, vanmiddag, vanmore / vanoggend, vannag, volgende en meervoude waar van toepassing. Alle duplikate is verwyder.
8 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 28.43
9 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 40.51
10 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 5.75 (lae vlak van beduidendheid)
11 Log-waarskynlikheid vir die groei van korpus #1 tot #2: 12.05
12 Log-waarskynlikheid vir die vier korpora opeenvolgend: 24.67
|
<urn:uuid:e8131528-29d5-4de7-9918-a12e7349099a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000200005&lng=en&nrm=iso&tlng=en
|
2019-07-18T21:29:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00304.warc.gz
|
by
|
4.0
|
a_tag
| false | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999375 |
{
"abbr": [
"by",
"by"
],
"in_footer": [
false,
false
],
"in_head": [
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"4.0",
"4.0"
]
}
|
Hulp:Wikipedia: Die Verlore Handleiding/Titelblad en lisensiëringsinligting
Die titel van hierdie boek is "Wikipedia: Die Verlore Handleiding".}} Kopiereg © 2008 John Broughton.
Toestemming word verleen op hierdie dokument te kopieer, versprei en/of te wysig onder die terme van die GNU Vrye Dokumentlistensie, weergawe 1.2, of enige latere weergawe wat deur die Vrye Sagtewarestigting gepubliseer word; met as invariante deel die Inligting oor die outeur en uitgewer en geen Voor- of Agteromslagtekste nie. 'n Kopie van die lisensie is ingesluit in die afdeling "Gnu Vrye Dokumentlisensie".
|
<urn:uuid:f1f9a1f2-97a1-4c8b-b509-ca7be2b816c9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hulp:Wikipedia:_Die_Verlore_Handleiding/Titelblad_en_lisensi%C3%ABringsinligting
|
2019-07-21T11:16:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00232.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999985 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Grondwater
Grondwater is water wat onder die oppervlak van die aarde versamel. As reën die aarde se oppervlak bereik, loop 'n deel daarvan oor die oppervlak weg of val direk in mere, riviere en die oseaan. Die meeste van die reën wat oor land val, trek in die grond in.
Die aarde bestaan uit verskillende soorte rots. Party van dié rotse is poreus, wat beteken dat water daardeur kan loop of sypel. Sandsteen en kalksteen is voorbeelde van poreuse rotse. Ander rotse is sypeldig of ondeurlatend, wat beteken dat water nie deur hulle kan dring of sypel nie. Skalie is 'n voorbeeld van ondeurlatende rots. As reënwater in rotse intrek, sypel dit deur die poreuse rots tot dit 'n ondeurlatende laag bereik. Dit vul dan die poreuse rots. Die boonste laag deurweekte rots word die watertafel genoem. Die vlak van die watertafel wissel na gelang van die seisoen. In die reënseisoen is dit nader aan die oppervlak as in die droë seisoen. Soms is dit op die oppervlak en kry ons staande water. Lae poreuse rots wat grondwater bevat, staan bekend as waterklip of waterdraers. As mens 'n boorgat in waterklip maak, sal mens water na die oppervlak kan bring met 'n windpomp of dieselpomp. Grondwater bevat dikwels soute wat dit ongeskik vir menslike gebruik maak. Dit is dan egter wel drinkbaar vir beeste.
Sien ookWysig
- Akwifer
- Lateriet
|
<urn:uuid:698e5e68-668b-4d15-8041-0b0c0d24f1eb>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Grondwater
|
2019-07-21T12:56:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00416.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999968 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Donkie
Donkie | ||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||||
Gedomestikeerd | ||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||
Trinomiale naam | ||||||||||||||||||
Equus africanus asinus Linnaeus, 1758 |
Donkies kan met gewone perde verbaster. Die vul van 'n vroulike perd (perdemerrie) en 'n manlike donkie (donkiehings) staan as 'n muil bekend. Die vul van 'n vroulike donkie (donkiemerrie) en 'n manlike perd (perdehings) word 'n botterkop genoem.[1]
|
<urn:uuid:6aff8630-5151-4118-b557-87c6a043de9f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Esel
|
2019-07-21T13:12:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00488.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.905819 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Kapitularië
Kapitularië was die wetgewing wat die Frankiese konings vanaf die middel van die 8ste tot die einde van die 9de eeu afgekondig het en waarmee hulle die Frankiese Ryk bestuur het.
Inhoud
EtimologieWysig
Die amptelike taal van die Frankiese Ryk was middeleeuse Latyn. 'n Artikel van die wet heet capitulum meervoud capitula. 'n Versameling capitula word vanaf 774 'n capitulare genoem met capitularia as meervoud.
KapitulariëWysig
- 802: Capitulare missorum generale[1] -- 'n uitgebreide kapitularie wat as 'n soort grondwet vir Karel die Grote se nuwe keiserryk bedoel was.
- Capitulare Heristallense.
- Capitulare de Functionibus Publicis
- Capitulare de Latronibus
- (803) Capitulare Legibus Additum
- Capitulare Missorum Suessionense
- (825) Capitulare Olonnense Mundanum
- (803/4) Capitulare Ecclesiastica ad Salz
Soorte kapitulariëWysig
- Capitula legibus addenda
- Aanvullings by bestaande wetgewing
- Capitula ecclesiastica
- Wetgewing wat deur die biskoppe saamgestel word en deur die Frankiese konings vir alle christene in die ryk verplig gestel word
- Capitula per se scribenda
- Politieke dekrete en edikte wat aan alle onderdane opgelê word.
- Capitula missorum
- Opdragte aan die sendgrawe: die verteenwoordigers wat die koning hierdie jaar stuur
VerwysingsWysig
- Avalon (Yale). Teks van die Capitulare missorum generale ( )
- A. Boretius, V. Krause MGH LL in quarto, Hannover 1883, 1897
- Ecyclopedia Britannica 1911 (publieke domein)
|
<urn:uuid:620f2256-b7eb-425e-8469-48acebe87d6f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kapitulari%C3%AB
|
2019-07-21T13:09:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00512.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999506 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Gloster Javelin
Gloster Javelin | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Gloster Aircraft Company |
Nooiensvlug | 26 November 1948 |
Bekendstelling | 29 Februarie 1956 |
Onttrek | April 1968 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | 436 |
Die Gloster Javelin is 'n Britse tweemotorige straalaangedrewe deltavlerkvegvliegtuig. Dit is die eerste Britse vliegtuig wat as alleweerstoestand- en nagvegter ontwerp is. Die ontwerp van die vliegtuig het in 1948 begin en die prototipe het sy nooiensvlug op 26 November 1948 voltooi. Na kompeterende toetse met die de Havilland 110 (wat later die de Havilland Sea Vixen word) in Julie 1952 besluit die Britse Lugdepartement om eerder met die Javelin voort te gaan om al hulle alleweersvegvliegtuigeskaders daarmee toe te rus. Nadat drie prototipes in ongelukke verlore gegaan het, het produksie eers in 1954 aan die gang gekom.
Ontwerp[wysig | wysig bron]
Die Javelin was ontwerp met hoë werkverrigting en 'n lang togafstand sodat dit Sowjetunie bomwerpers, wat teen hoë snelhede en hoogtes vlieg, kon onderskep. Dit het op daardie stadium oor die beste radar beskikbaar beskik en was toegerus met die beste elektronika en kon in dag of nag in alle weerstoestande vlieg. Die Javelin se deltavlerke het verseker dat dit goeie vermoëns het teen hoë hoogtes. Die stertvlerke was ook in deltaformaat en bo-aan die stertvin geheg. Dit het verseker dat die vliegtuig se landingshoek binne veiligheidsperke kon bly vir dag/naglandings in alle weerstoestande.
Die Mk 1 model is in 1956 in die Britse Lugmag in diens gestel, dit was die eerste van 427 en daar was altesaam nege verskillende modelle. Mk 2 is in Augustus 1957 in diens gestel met verbeterde motors (3770 kg stukrag teen 3702 kg) en verbeterde Westinghouse-radar. Daarna was die T.3 opleidingmodel in diens gestel; dit het nie oor radar beskik nie maar was wel toegerus met 30 mm kanonne.
Daar was 50 eenhede van model Mk 4 gebou. Die vliegtuig was as vlieëniervriendelik beskou en die hele stertvlerk kon beweeg. Die Mk 6 was toegerus met interne brandstoftenks wat 1 137 liter kon bevat. Die Mk 6 was slegs 'n Mk 5 toegerus met 'n Amerikaanse radar.
Die Javelin FAW.7 (FAW: Fighter All Weather) was 'n totale herontwerp en daar is die meeste van dié model gebou, naamlik 142. Dit het oor kragtiger 4 996 kg stukrag Sapphire 203 motors beskik en was ook toegerus met vier Firestreak infrarooigeleide lug-tot-lug missiele in stede van die twee 30 mm kanonne. Hierdie model is in Julie 1958 in diens gestel.
Die Mk 8 is toegerus met nabranders wat die stukrag tot 6 082 kg verhoog het. Mk 9 was die finale model, dit was 'n opgradering van Mk 7's na Mk 8 en toegerus met 'n invlugbrandstofhervulpyp. Vier eskaders het die voordeel van die invlughervulfasiliteit bevestig toe dit ononderbroke tot in Singapoer gevlieg het in 1960. FAW 9's is in Desember 1959 afgelewer aan 25 Eskader te Waterbeach.
Die Javelin was die laaste produk wat gebou was deur Gloster, die maatskappy het hierna saamgesmelt met Hawker-Siddeley. Die laaste Javelin is eers in Junie 1967 uit diens onttrek. Die gebruik van die vliegtuig het sy hoogtepunt bereik toe 14 eskaders van die Britse Lugmag met die vliegtuig toegerus was.
Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 2 |
Tipe motor | Straler |
Vervaardiger | Armstrong Siddeley Sapphire ASSa.6 turbostraler |
Kraglewering per motor | 3 629 kg stukrag |
Vlerkspan | 15,85 m |
Lengte | 17,15 m |
Hoogte | 4,88 m |
Vlerkoppervlakte | 86,12 m2 |
Maks. opstygmassa | 14 324 kg |
Maks. snelheid | 1 141 km/h |
Operasionele hoogte | 16 000 m |
Togafstand | 1 530 km met weggooibare tenks |
Klimvermoë | 15 250 m in 9,25 minute |
Bewapening | Twee 30 mm kanonne in elke vlerk |
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bron[wysig | wysig bron]
- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
|
<urn:uuid:28145ef5-0992-4204-bdd4-c9a3eb54c298>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gloster_Javelin
|
2019-07-19T02:28:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00384.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999823 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kaaimansrivierpas
Die Kaaimansrivierpas op die N2-nasionale pad lê tussen George en Wildernis. Die pad gaan deur pragtige natuurskoon, oor 'n besondere brug en bied uitsig oor die mond van die Kaaimansrivier met sy bekende spoorbrug.
In die 1920's is 'n grondpad van Wildernis op die helling bo Leentjiesklip, om Dolphin Point en teen die steilte van die oostelike helling van die Kaaimansriviermond na Kaaimansgat gebou. Van die laagwaterbrug in Kaaimansgat is die ou roete van die ossewaens na Woodifield en Saasveld gevolg. Dit was toe die vinnigste roete van George na Wildernis. Die N2-pad tussen George en Knysna is in die laat 1940's op hierdie roete gebou en die brug oor die Kaaimans by Kaaimansgat is op 20 Januarie 1950 geopen. Hierdie brug is uit 'n ingenieursoogpunt van 'n unieke ontwerp. Weens die ontwikkeling van die Suid-Kaap het die verkeer in die pas baie toegeneem en is dit in die 1980's ingrypend verbou. Die brug oor die rivier is verdubbel en bo die mond van die rivier loop die pad nou op brûe teen die berghelling. Van die oorspronklike wapad deur Kaaiamansgat het geen spoor bewaar gebly nie.
Hierdie pas word wel ingereken by die sewe passe van die Sewepassepad, maar lê nie op daardie roete tussen George en Knysna nie.
|
<urn:uuid:56f3c923-cf41-47d4-9f84-b21bfa283b88>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kaaimansrivierpas
|
2019-07-19T03:56:25Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525974.74/warc/CC-MAIN-20190719032721-20190719054721-00496.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999996 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Thomas Duncan Moodie
Ds. Thomas Duncan Moodie (4 September 1908 in distrik Heidelberg, Transvaal – vroeg Januarie 1978 in Kemptonpark) was leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer op Melsetter, die dorp wat sy grootvader gestig het.
Moodie is in die distrik Heidelberg gebore en verlaat die skool ná st. 6 om op die Hoëveld te gaan boer. Toe hy hom later geroepe voel om predikant te word, begin hy met ’n korrespondensiekursus, maar weens die Groot Depressie moet hy sy heenkome in die goudmyne aan die Rand gaan soek. Eers in 1943 kan hy na die Universiteit van Pretoria gaan waar hy in 1947 die B.A.-graad verwerf. Sy teologiese opleiding kry hy aan die Kweekskool op Stellenbosch en word in 1951 op 43-jarige leeftyd gelegitimeer. Op 23 Februarie 1952 word hy in die Vrystaatse gemeente Petrus Steyn bevestig. In September 1958 word hy die eerste leraar van die NG gemeente Brenthurst, Brakpan, waar die gemeente onder sy leiding ’n kerk en pastorie oprig.
In Junie 1964 gaan hy na Melsetter in die destydse Suid-Rhodesië, wat deur sy grootvader, Thomas Moodie, gestig het toe hy van 1891 – '92 leier was van die baanbreker-Moodietrek uit die Vrystaat na Gazaland. Op sy versoek noem die owerheid die plek Melsetter na die plek van herkoms van die Moodie-familie op die Orkney-eilande aan die kus van Skotland. Drie jaar later vertrek hy na sy laaste gemeente, Bloemhof-Oos, waar daar in sy dienstyd van presies tien jaar ook ’n kerkgebou verrys.
Met sy rysige gestalte – sy grootvader is ook Groot Tom genoem – en sy grys hare was hy ’n gerespekteerde leraar. Hy was by uitnemendheid ’n herder en altyd haastig om soveel moontlik so gou moontlik te doen.
Bron[wysig | wysig bron]
- Maree, W.L., Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 1979. Braamfontein: Tydskriftemaatskappy van die Nederduitse Gereformeerder Kerk, 1978.
|
<urn:uuid:45cf18c7-af2e-4879-958a-e7b3aa6d27ad>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Thomas_Duncan_Moodie
|
2019-07-21T17:38:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527089.77/warc/CC-MAIN-20190721164644-20190721190644-00280.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000005 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Allan Lurie
Jump to navigation
Jump to search
Allan Lurie | |
Nasionaliteit | Amerikaans |
---|---|
Beroep(e) | Akteur en skrywer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Allan Lurie is 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Plunderers of Painted Flats (1959) en Then There Were Three (1961).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1959: Plunderers of Painted Flats
- 1961: Then There Were Three
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1960: Insight
- 1981: Space Stars
- 1982: Pac-Man
- 1987: Popeye and Son
- 1991: The Pirates of Dark Water
Video's[wysig | wysig bron]
- 1992: Jonah
|
<urn:uuid:e05d793f-fe15-487d-a1dc-902c1156319d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Allan_Lurie
|
2019-07-16T19:04:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524685.42/warc/CC-MAIN-20190716180842-20190716202842-00224.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.992223 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Datametrie
Hierdie artikel bevat geen skakels na ander artikels nie. |
Datametrie is 'n vakgebied wat ditself besig hou met die studie van datameting. Die studieveld behels vakke soos inleidende wiskunde, wiskundige statistiek en rekenaarprogrammering. Die kursus, vroeër jare by UNISA as 'n Nasionale Diploma aangebied, word tans as 'n sertifikaat by UNISA aangebied en kan gewoonlik oor 'n periode van twee jaar voltooi word.[1]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- UNISA, 2006 Jaar kalender: Datametrie. Verkry op 2009-06-13.
|
<urn:uuid:d65e6da1-ecd6-41ff-b88a-471d3e347204>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Datametrie
|
2019-07-24T06:44:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195531106.93/warc/CC-MAIN-20190724061728-20190724083728-00112.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999931 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
NG gemeente Pretoria
Die NG gemeente Pretoria is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria en die nagenoeg die 59ste oudste gemeente in die hele Kerk. Voor die verdeling van die Transvaalse Kerk in twee, drie en later vier Sinodes, was dit die vyfde oudste Transvaalse gemeente, net 12 jaar jonger as die oudste, Potchefstroom, gestig in 1842. Weens ingrypende demografiese veranderings in die sentrale dele van Pretoria sedert 1990, bestaan die gemeente sedert 2000 uit ses samestellende dele, naamlik die ou moedergemeente, Bronberg (1942), Burgerspark (1952), Arcadia (1951, waarby Meintjeskop [1964] vroeër ingelyf is) en Harmonie (1957). Teen 2017 het net ’n handjie vol Afrikaanssprekende NG lidmate in dié gebied oorgebly.
Inhoud
StigtingWysig
Die gemeente Pretoria dateer van die jaar 1854 of ‘55, toe daar maar nog 28 wonings gepryk het op die plek waar later een van die grootste stede van Suid-Afrika en daarby die administratiewe hoofstad sou verrys. Omdat die geskiedenis van die Hervormde gemeente en dié van die NG gemeente dieselfde is tot 1885 – toe die twee kerkverbande saamgesmelt het, maar 'n gedeelte van die Hervormde Kerk as sodanig bly voortbestaan het – en die Hervormde gemeente Pretoria sy stigtingsdatum aangegee as die naweek van 8 en 9 September 1855, maar die NG gemeente se juiste stigtingsdatum in geen van die beskikbare bronne vermeld word nie, is die huidige NG gemeente na alle waarskynlikheid dus wel 8 en 9 September gestig.
Die gemeente was byna agt jaar lank vakant terwyl ds. Dirk van der Hoff, die stigter van die Nederduitsch Hervormde Kerk, dié kerkverband se enigste leraar in Transvaal was. Omdat uit die Kaapkolonie geen predikant bekom kon word nie, het die lidmate hulle na Holland gewend waar prop. A.J. Begemann die beroep op sekere voorwaarde aanvaar het. Nadat hy die beroep aangeneem het, is hy op 7 Maart 1860 in die Grote Kerk van die Hervormde gemeente Den Haag as predikant van Transvaal georden. Nadat hy op 21 Junie daardie jaar in die Kaap aangekom het, het hy op Sondag 24 Junie die diens in die Groote Kerk namens ds. S.P. Heyns waargeneem. Op 30 Junie het hy per skip na Natal vertrek en van daar per ossewa na Potchefstroom gereis waar hy op 8 Desember aangekom het. Op Sondag 27 Januarie 1862 het ds. van der Hoff hom as Pretoria se eerste leraar bevestig.
Hervormde naas NG gemeenteWysig
In die eerste jare van Pretoria se bestaan was die Hervormde gemeente die enigste daar en van sy koms tot 1866 was ds. Begemann die enigste plaaslike predikant van enige kerkgenootskap. Die Gereformeerde gemeente is in 1859 gestig, maar kon sy eerste leraar in die persoon van ds. N.J.R. Swart eers in 1866 ontvang. Die Anglikaanse gemeente is in 1869 gestig en eerw. Joseph Wills is as eerste leraar bevestig. In 1867 het ds. Frans Lion Cachet 'n NG gemeente in die distrik gestig, wat streng gesproke die stigtingsdatum van die NG gemeente Pretoria is. Dié gemeente het klein en kwynend gebly en het nooit 'n eie predikant of kerkgebou op die dorp gehad nie, maar wel 'n klein geboutjie aan Elandsrivier. Dié ds. Cachet het van 1865 af eiehandig die NG Kerk in Transvaal lewend gehou deur verwarring by Hervormde lidmate te saai en hulle te probeer wysmaak dat die Staatskerk (die Hervormde) liberaal was en gevaarlik vir die rus, vrede en welvaart van die Republiek. Ds. Begemann en sy kerkraad het in die distrik talle vergaderings gehou om die mense teen ds. Cachet se veldtog te waarsku. In Pretoria het ds. Cachet se veldtog geen ingang gevind nie, maar hy het wel in 1867 die gemeentetjie aan Pienaarsrivier opgerig wat, toe dit in 1885 met Kerkvereniging opgehef word, net 80 lidmate getel het.
Konsulentsgemeente gestigWysig
Ds. Begemann het meermale met sy gemeentelede in botsing geraak omdat hy streng en reguit en nie juis taktvol was nie. Omdat die Hervormde Kerk die Staatskerk was, het die Reglement van Orde bepaal die Hervormde leraar moes die Volksraadsittings met gebed open en afsluit wanneer hy in Pretoria was. In Februarie 1864 het ds. Begemann laat weet hy kan nie die sitting met gebed afsluit nie weens "bezigheid". Die Volksraad het sy verskoning aangeneem, maar toe hulle op 1 Junie 1865 weer byeenkom, het ds. Begemann op die skriftelike uitnodiging van die voorsitter net laat weet dat hy nie beskikbaar sou wees nie. Die Volksraad was hieroor baie ontstemd en het dit in 'n brief aan ds. Begemann te kenne gegee. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het in dieselfde maand op Rustenburg byeengekom en van die weiering van die Pretoriase predikant kennis geneem. Daarop het die vergadering besluit dat die leraar "deur sy handelswyse hom skuldig gemaak het aan minagting van die wettige landsbestuur en dus ontrou geword het aan sy roeping om die gemeente voor te gaan in behoorlike betoning van agting vir die wettige verteenwoordigers van die land".
Die vergadering het ook besluit dat die beskuldigde kans moes kry om sy optrede te verduidelik, maar toe hy dit op die Algemene Kerkvergadering van November 1868 doen, was hulle ontevrede met sy verklaring en het hulle sy handelswyse afgekeur. Die Volksraad was tevrede hiermee en daarna het ds. Begemann weer op gesette tye die sittings met gebed geopen en afgesluit.
In die gemeente het sommige lidmate ontevrede gebly met hul predikant, onder meer omdat hy net een maal per maand die doop wou bedien. Ds. Begemann het nie die nodige takt gehad om die gemoedere te bedaar nie. In Desember 1867 het 'n aantal lidmate onder leiding van komm. S.T. Prinsloo en J. Botha 'n versoek aan ds. G.W. Smits van Rustenburg gestuur waarin hulle versoek dat hy hulle as konsulent bedien. Die beswaardes het in die wyk Elandsrivier (die latere Witfontein en Rhenosterpoort in die omgewing van Bronkhorstspruit) gewoon en op 17 Februarie 1868 het ouderlinge H.S. Pretorius en J.H. de Beer en diaken P.C. Minnaar 'n byeenkoms met die mense daar gehou om hulle te probeer tevrede stel. Die beswaardes was wel vas aan die Kerk, maar het probleme met ds. Begemann gehad. Toe hulle hoor dat hulle persoonlik hul klagtes teen die predikant by die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering sou moes gaan indien, het hulle blykbaar vereers daarvan afgesien.
'n Paar maande later het iets gebeur wat die herstel van die breuk onmoontlik gemaak het. Die Vrymesselaars van Pretoria het 'n nuwe losie gebou en in Augustus 1868 ds. Begemann gevra om 'n passende gebed tydens die inwyding te doen. Hy was nie 'n Vrymesselaar nie, anders as pres. M.W. Pretorius, maar het gemeen dat dit beter was om aan die uitnodiging gehoor te gee. Hierdeur is die beswaardes heeltemal van hul predikant vervreem. Twee lidmate van sy eie gemeente – wat nie behoort het tot die beswaardes van Elandsrivier nie – het hom by die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering aangekla. Die kommissie het op 16 November 1868 op Pretoria vergader om die klagte te behandel, maar het bevind dat hy hom deur die doen van die gebed nie strafbaar gemaak het nie.
Voor die vergadering was ook 'n versoek van 69 lidmate wat wou hê dat die kommissie 'n konsulent benoem wat hulle kerklik kon bedien omdat hulle ds. Begemann nie meer as hul predikant wou hê nie. Nadat die kommissie met die kerkraad beraadslaag het, het die kerkraad ingestem dat die beswaardes vir hulle 'n konsulent kon kies. Hulle het ds. G.W. Smits gekies wat op 1 Februarie 1869 die eerste keer voor die beswaardes opgetree het en wel in die Hervormde kerkgebou in Pretoria. Die beswaardes het 'n ouderling en diaken gekies wat ds. Smits met kerktye kon help. Die Algemene Kerkvergadering wat op 29 November 1869 op Heidelberg byeengekom het, het die hele aangeleentheid uitvoerig behandel. Hier is die beswaardes as selfstandige gemeente erken met die naam “Nederduitsch Hervormde Gemeente van Pretoria onder Consulentschap van den Predikant G.W. Smits”, met stigtingsdatum 29 November 1869. Die vergadering het bepaal dat die nuwe gemeente geen aanspraak op die kerklike eiendom van Pretoria se gemeente kon maak nie; so het Pretoria dan twee Hervormde gemeentes gekry, naas die Gereformeerde en die NG gemeente.
Ds. Begemann geskorsWysig
Die toestand in Pretoria het nog gespanne gebly en begin 1872 het daar 'n nuwe moeilikheid met ds. Begemann gekom toe hy die akademiese vraagstuk van tekskritiek in die gemeente bring. Eers in 'n privaat gesprek en later in 'n kerkraadsvergadering het hy gesê Joh. 5:7 is later in die Bybel ingevoeg en hoort nie daarin nie, so ook die eerste verse van die agtste hoofstuk van die Evangelie van Johannes. Die kerkraad het hom by die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering verkla. Daarna het hy by die kerkraad aansoek gedoen om sy ontslag te neem, want dié keer het hy besef dat die storm nie bedwing kon word nie, maar hy wou hê die kommissie moes eers die saak behandel voor hy sou aftree. Die kommissie het op 11 Maart 1872 op Potchefstroom vergader en onder meer beslis dat hy "elke daad wat daartoe kan strek om die gesag van die Bybel by die gemeente te verminder, afkeur as synde gevaarlik, ontydig en onnodig". Die kommissie het ook beslis dat die woorde van ds. Begemann "bedoel was om kwaad en geen goed te doen nie, terwyl 'n dienaar van die evangelie hom moet beywer om te vergader en nie om te verstrooi nie". Gevolglik gee die kommissie sy afkeuring oor die woorde van die predikant te kenne en skors hom vir drie maande met 'n verlies van traktement (besoldiging).
Die lang vakatureWysig
Ná ds. Begemann se aftrede het 'n vier jaar lange vakature ontstaan. Die kerkraad het op 28 November 1872 byeengekom onder voorsitterskap van ds. N.J. van Warmelo om 'n predikant te beroep. Dr. J.J. Kotzé van die NG gemeente Richmond is beroep. Op 'n rondreis 'n paar maande vantevore het hy sy vooroordeel teen die Hervormde Kerk laat staan en 'n gunstige indruk op lidmate gemaak. Ongelukkig het hulle nie besef dat sy houdings jeens die Republiek se onafhanklikheid dieselfde was as die deursnee- koloniale predikant s'n nie. Van die houding dat hy geen staatkundige heil vir Transvaal kon sien sonder die Britse vlag nie, het hy egter niks laat blyk nie. Ná die beroep het dr. Kotzé gevra dat hulle die besoldiging tot £400 per jaar moes verhoog. Die kerkraad wou hom nie vir so 'n bedrag verantwoordelik stel nie; daarom het dr. Kotzé die beroep bedank.
Intussen het die kerkraad aan die Konsulentsgemeente geskryf en gevra dat hulle met die moedergemeente saamsmelt. Dié gemeente wou egter eers sien wie Pretoria sou beroep voor hulle so 'n stap doen. In April 1873 het die kerkraad aan ds. Van Warmelo opdrag gegee om op besoek aan Holland van daar 'n predikant vir die gemeente saam te bring. Nadat dr. William Robertson 'n ope brief laat publiseer het aan die Transvaalse lidmate wat uit sy ou gemeente, Swellendam, getrek het, waarin hy hulle gewaarsku het teen predikante uit Holland en hulle aangeraai het om kwekelinge uit Stellenbosch te beroep, het 'n paar proponente na Transvaal gegaan en een, prop. S.J. du Toit, het 'n paar keer in Pretoria gepreek waarna sommige lede van die kerkraad hom wou beroep.
Prop. Du Toit het sy reisjoernaal aan dr. Robertson gestuur wat dit sonder Du Toit se voorkennis laat publiseer het. In dié reisjoernaal het Du Toit onder meer geskryf dat die NG gemeente van ds. Cachet die "heilzame zout" wat daar nog in die Hervormde kerk was, grotendeels daar uitgehaal het. Sommige mense wou hom toe glad nie meer as predikant hê nie, terwyl twee kerkraadslede so onder sy bekoring geraak het dat hulle hom beslis wou beroep. Met sy terugkoms uit Holland het ds. Van Warmelo 'n groot gemeentelike byeenkoms toegespreek en die NG kerk van ds. Cachet "'n groot sonde en groot ramp vir Transvaal" genoem. Hy het die Kaapse Kerk daarvan beskuldig dat hy die Hervormde Kerk in die hande probeer kry het deur iemand soos prop. Du Toit. Die meeste kerkraadslede was ten gunste van ds. Du Toit se beroep; daarom het ds. Van Warmelo as konsulent bedank. So was Pretoria nou sonder predikant én konsulent.
Ds. Smits het geweier om konsulent te wees en so het ds. Van der Hoff dié amp aanvaar. Met die kerkviering van September 1874 was daar 'n groot storm. Daar sou beroep word en drie kerkraadslede wat bedank het, is volgens Kerkwet opgeroep om as oudlede aan die stemming deel te neem. Hulle wou egter volle sitting hê, maar die kerkraad het dit geweier. Ds. Du Toit is toe beroep. Beswaarde kerkraadslede het 'n klag teen die kerkraad ingedien wat eindelik voor die Algemene Kerkvergadering gedien het. Dié liggaam het ds. Du Toit se beroep gehandhaaf, waarna van die beswaardes hulle by die Konsulentsgemeente aangesluit het. Nadat die storm tot bedaring gekom het, het prop. Du Toit die beroep in elk geval bedank. Nou het die kerkraad daartoe oorgegaan om prop. H.S. Bosman met algemene stemme te beroep. Hy het die beroep aangeneem en is op 15 Julie 1876 deur ds. Dirk van der Hoff georden en bevestig na aanleiding van Titus 2:15. Aan die handeoplegging het ook nog di. D.P. Ackermann van Wakkerstroom en J.C. de Vries van Zeerust deelgeneem.
Die dienstyd van ds. H.S. BosmanWysig
Van die Hervormde Kerk waarin ds. Bosman bevestig is, was hy nie 'n alte goeie vriend nie. Die NG Kerk van Transvaal was vir hom die ideaal en hoewel die Hervormde Kerk drie maal groter as die NG Kerk in Transvaal was, het ds. Bosman in 1877 aan De Gereformeerde Kerkbode geskryf dat daar in die NGK meer gelowiges was as in die NHK. Hy was ook ten gunste van nouer aansluiting by Engeland en het dadelik ná sy bevestiging verlof gekry om een maal per maand die erediens in Engels waar te neem. Twee maande voor sy koms na Transvaal het die regering van pres. T.F. Burgers 'n middelbare skool geopen waarin leerlinge op universitêre opleiding voorberei sou word. Ds. Bosman het dadelik 'n opposisieskool met Engels as onderrigmedium in die lewe geroep en terwyl daar nie 'n skoolgebou beskikbaar was nie, die Hervormde kerkgebou vir dié doel afgestaan. In die Eerste Vryheidsoorlog wat in Desember 1880 begin het, het ds. Bosman dan ook sy gewig aan die Engelse kant ingegooi.
In September 1882 was dit baie droog en warm. Vrydagaand 8 September het swaar reënbuie losgebars en in die nag het 'n kwaai wind gewaai. Die kerkgebou het swaar gely. Die dak van die suidelike vleuel het inmekaargestort en op 17 September voor dagbreek het daar boonop 'n brand in die gebou ontstaan, waarskynlik weens brandstigting. Net die trap van die preekstoel en een nagmaaltafel kon gered word. Talle mense het in die brand 'n oordeel van die Here gesien omdat sir Theophilus Shepstone in 1877 in die kerkgebou ingesweer is as goewerneur van die geannekseerde Transvaal.
'n Noodkerk is in aller yl opgerig op 'n leë erf wat aan Kerkplein gegrens het. Dadelik is planne beraam vir 'n nuwe kerkgebou en op 6 Oktober 1883 het genl. Piet Joubert die hoeksteen daarvan gelê terwyl hy as waarnemende staatspresident opgetree het in die plek van pres. Paul Kruger, wat op besoek aan Holland was. Dié kerkgebou is op 23 Januarie 1885 deur ds. Charles Morgan van die NG Kerk ingewy, pleks van deur 'n Hervormde predikant. Net ds. N.J. van Warmelo van die NH Kerk het 'n beurt gekry om aan die verrigtinge deel te neem toe hy 'n dankgebed gedoen het. Dit was tekenend van ds. Bosman se houding jeens die Hervormde Kerk.
KerkverenigingWysig
Eerste stappeWysig
In die 1880's is pogings aangewend om die NH en NG Kerk in Transvaal te verenig in die gees van samewerking wat geheers het ná die oorwinning in die Eerste Vryheidsoorlog. Die Hervormde Kerk het drie keer meer lidmate as die NG Kerk gehad en was die Staatskerk wie se wapen ook die land s'n was. In Pretoria het die moedergemeente en die Konsulentsgemeente saam 1 920 lidmate gehad, vergeleke met die NG gemeente se skaars 100. Die stigting deur ds. Frans Lion Cachet van die NG gemeente het in 1866 met groot bitterheid gepaard gegaan. Maar in 1879 het ds. H.S. Bosman 'n beskrywingspunt na die Algemene Kerkvergadering ingedien om te verneem wat gedoen kon word om 'n vereniging tussen die twee Kerke tot stand te bring. 'n Kommissie is benoem wat met 'n soortgelyke kommissie van die NG Kerk in Transvaal moes onderhandel. Die Gereformeerde Kerk het heel gou aan die verenigingsproses onttrek omdat die te stigte kerk Evangeliese Gesange tydens eredienste sou sing. Ds. Bosman het drie voorstelle gedoen wat as basis moes dien van die voorwaardes waarop die Hervormde Kerk sou verenig. 1. Die naam van die kerk sou onveranderd bly. 2. Die Verenigde Kerk sou los van alle gesag van die Kaapse Kerk wees. 3. Daar sou geen gelykstelling tussen wit en swart wees nie en 'n sendeling sou nie ook predikant van 'n blanke gemeente kon wees nie. Toe die twee kommissies op 31 Oktober 1882 saamkom, is dié drie punte deur die Hervormde Kerk aanvaar.
Vergrote NG Kerk?Wysig
Die kommissie van die NG Kerk onder voorsitterskap van ds. H.L. Neethling van Utrecht, wat ook voorsitter van die gesamentlike kommissie was, wou die kommissie van die Hervormde Kerk uitoorlê om die Verenigde Kerk 'n vergrote NG Kerk te maak waarin die NH Kerk opgeneem sou word, ondanks sy getalsterkte. Nog voor die naam van die toekomstige kerk aan die orde was, het lede van die NG Kerk se kommissie probeer om die NG Kerk se naam ongesiens in die konsepkerkwet te plaas, maar dié poging het misluk. Wel is bepaal dat geen predikant in die Verenigde Kerk toegelaat sou word as hy nie eers aan die Kaap gelegitimeer is nie. Hiermee is die nuwe kerk se selfstandigheid gedeeltelik prysgegee. So moes 'n toekomstige predikant van die Verenigde Kerk eers in Kaapstad gaan beloof om hom te onderwerp aan die verordeninge van die Kaapse Sinode.
Die sittings waarin oor die naam van die Verenigde Kerk onderhandel is, was baie stormagtig. Ná vele onderhandelinge waartydens die gemoedere dikwels hoog geloop het, het ds. Van Warmelo voorgestel dat dit aan die Sinode van die Verenigde Kerk oorgelaat word om oor drie, vyf of 10 jaar die naam vas te stel en dat intussen die voorlopige benaming “Ned. Herv. of Geref. Kerk in de ZA Republiek” gebruik sou word. Al die afgevaardigdes was dit met dié voorstel eens, behalwe dat die NG afgevaardigdes die naam wou omdraai, met ander woorde Ned. Geref. of Hervormd. Die stemming hieroor het gestaak en die lot het beslis vir die eerste voorstel. Met dié besluit is ook van die eerste punt van die Hervormde Kerk afgewyk, soos die geval was met die tweede ná die besluit dat predikante in die Kaap gelegitimeer moes word.
Kerke aanvaar besluiteWysig
Die 22ste Algemene Vergadering van die Hervormde Kerk op 27 November 1882 het 19 dae ná die sluiting van die verenigingskommissie se vergadering byeengekom. Die notule van die kommissie is gedruk en al 62 bladsye aan die vergadering voorgelees. Die kommissie se besluite is aanvaar, maar daar het wel twee teenstemme opgegaan: die Konsulentsgemeente se afgevaardigdes het gesê dat hulle nie alles kon goedkeur nie omdat hulle moes waak vir hul gemeente. Ds. Bosman was gekant teen besware en die kommissiewerk is daarna met net twee teenstemme aanvaar sonder verdere bespreking. Toe daar later moeilikhede kom en die Hervormde Algemene Kerkvergadering beswaar wou maak teen sommige punte, het die NG Kerk se Algemene Vergadering hulle daarop gewys dat hulle (die Hervormdes) alles reeds goedgekeur het.
Die 11de Algemene Kerkvergadering van die NG Kerk het in Maart 1883 byeengekom en hoewel hulle net drie predikante gehad het, het hulle vier dae aan die bespreking van die notule van die verenigingskommissie afgestaan. Die Hervormde Kerk het destyds ses predikante gehad: drie uit Holland en drie van Stellenbosch, van wie twee se simpatie meer by die NG Kerk was as by hul eie. Die NG Kerk se Algemene Vergadering het ook die notule goedgekeur, maar eers vasgestel hoe sommige punte uitgelê en toegepas moes word. Die belangrikste was oor die legitimasie van predikante in die Verenigde Kerk. Die vergadering van die verenigingskommissie het bepaal die reël dat predikante aan die Kaap gelegitimeer moes word, het net vir nuwe predikante gegeld, maar die NG Kerk se vergadering het bepaal dat dit ook vir diensdoende predikante van die NH en NG Kerk moes geld. Ds. Smits se legitimasie is reeds in 1863 deur die Kaapse Kerk ingetrek en ds. Van Warmelo is nooit daar gelegitimeer nie. Al drie NG predikante is wel aan die Kaap gelegitimeer, maar van die Hervormde predikante is net vier daar gelegitimeer. Dit was, volgens prof. dr. S.P. Engelbrecht (sien Bronne), 'n slinkse draai van ds. Neethling om di. Van Warmelo en Smits uit die Verenigde Kerk te hou.
Verskille duik opWysig
Op 26 Januarie 1885 is die verdaagde 23ste Algemene Vergadering van die Ned. Hervormde Kerk en die 13de Algemene Vergadering van die NG Kerk op Potchefstroom geopen. In die Hervormde vergadering het gou geblyk dat onder die gemeentes daar nie alte veel instemming was met die Kerkvereniging nie. Dis veroorsaak deur die vyandige houding van ds. H.L. Neethling wat die Hervormde Kerk “gedurig op haatlike wyse aangeval het”, aldus prof. dr. Engelbrecht. Talle memories het voor die vergadering gekom, maar ds. Bosman het aangevoer dat hulle te laat was daarmee. Ouderling Christiaan Joubert van Witfontein (die Konsulentsgemeente) het die reg van gemeentelede om hulle uit te spreek teenoor ds. Bosman verdedig en onder meer gesê "die gemeentes het nie eens veel van die vereniging geweet nie; maar later het hulle daarmee bekend geword". Nadat ds. Van Warmelo te kenne gegee het hoe dié memories 'n werklike indruk gegee het van die kerklike toestand in Transvaal, is met 35 stemme teenoor 14 'n voorstel van ds. Bosman aangeneem dat die vergadering "sy spyt te kenne gee dat die memorie(s) onder bestaande omstandighede ingedien is en beloof om die saak van sy kant ter sprake te bring sodra dit vereis word". Ouderling M.J. Prinsloo van Witfontein het sy teenstem laat aanteken omdat hy ontevrede was met die belofte. Later het dit geblyk dat sy beswaar gegrond was, want daar is nooit aan dié belofte voldoen nie.
Daar was nog 'n groot verskil tussen die standpunt van die twee kerke in verband met die legitimasie-akte. Die NH Kerk wou alleen van die predikante wat later sou inkom, eis dat hulle aan die Kaap gelegitimeer moes wees, terwyl die NG Kerk dit ook van diensdoende predikante wou eis. Ds. Neethling van Utrecht het verlang dat predikante wat nie in besit van 'n geldige Kaapse legitimasie-akte was nie, nie in die Verenigde Kerk toegelaat word nie; dus dat vir di. Van Warmelo, skriba, en G.W. Smits, voorsitter van die NH Kerk se Algemene Kerkvergadering, geen plek in die Verenigde Kerk was nie. Die bespreking was soms oor en weer nogal skerp. Eindelik het ds. Van Warmelo 'n voorstel ingedien om die NG Kerk reguit te vra of hulle die vereiste van 'n Kaapse legitimasie-akte ook vir die diensdoende predikante verpligtend stel. Die NG Kerk se antwoord sou bepaal of die NH Kerk langer aan die samesprekings oor vereniging sou deelneem. Ds. Bosman, wie se hart by die NG Kerk was, het dit ingesien en teen die voorstel gepraat, maar dit is met 38 teen 10 stemme aangeneem. Die NG Kerk moes toe die antwoord gaan haal.
Probleme met ondertekeningsformulierWysig
Ds. Neethling het in die vergadering van die NG Kerk die NH Kerk kwalik geneem dat hy so 'n reguit vraag gestel het. Hy het wel gepleit dat Kaapse legitimasie verpligtend gemaak word, maar die NG Kerk het besef dié vereiste sou die vereniging skipbreuk laat ly; daarom besluit die vergadering van die NG Kerk om "ter wille van die vereniging" af te sien van die eis dat diensdoende predikante voldoen aan Kaapse legitimasie, maar die nuwe ondertekeningsformulier van die Verenigde Kerk moes al die predikante onderteken. Die NH Kerk se vergadering het die voorstel aanvaar. Dié kerk wou dat die Verenigde Kerk 'n voortsetting van die bestaande twee kerke sou wees, maar die NG Kerk se standpunt was dat die twee kerke met vereniging sou ontbind en 'n nuwe kerk gestig word; daarom dat predikante opnuut die ondertekeningsformulier moes onderteken. Talle lede van die Hervormde Kerk was hierteen gekant; hulle wou die ou kerk wat die Voortrekkers in Transvaal geplant het, nie prysgee nie. Weer was dit die Witfonteinse (Konsulentsgemeente se) afgevaardigdes, ouderlinge Christiaan Joubert en M.J. Prinsloo, wat sterk beswaargemaak het.
Ds. Bosman het op die onbillikheid daarvan gewys om nie toe te gee aan die NG Kerk se eis van die ondertekening van die ondertekeningsformulier nie. Die vergadering het ná sy uitvoerige en ernstige aanspraak vir 'n paar minute verdaag, waarna "iets onbegrypliks" gebeur het, aldus prof. dr. S.P. Engelbrecht. In dié tydjie het ouderling Joubert hom laat oorhaal om saam met diaken Van Alphen 'n nuwe voorstel in te dien wat as 'n soort kompromis moes dien. 'n Ondertekening van die nuwe ondertekeningsformulier sou nie verpligtend wees vir diensdoende predikante nie, maar die Vergadering het daarteen geen beswaar nie. Die voorstel is so vaag gestel, volgens prof. dr. Engelbrecht, dat die mense "ongetwyfeld nie verstaan het nie dat dit ook so uitgelê kon word en later ook so uitgelê is, dat die Ned. Hervormde Kerk, net soos die Ned. Gereformeerde Kerk, met die Kerkvereniging ontbind is en dat die Verenigde Kerk 'n nuwe Kerk sou wees”.
Kerkvereniging deurgevoerWysig
Die Algemene Kerkvergaderings was dit nou met mekaar eens en sonder veel moeite is ooreengekom om die vereniging in werking te stel. Die ineensmelting het in die loop van 1885 gebeur, maar in die meeste gevalle is die gemeentes se mening nooit ingewin nie – ook nie van Pretoria se lidmate nie – sodat dit eintlik 'n ineensmelting van kerkrade was. Die saamgestelde kerkrade het hierna afgevaardigdes gestuur na die eerste Algemene Kerkvergadering van die Verenigde Kerkvergadering op 7 Desember 1885. Die kerkraad van die Konsulentsgemeente het geweier om afgevaardigdes te stuur, wat die gevoelens van dié gemeente was beslis teen kerkvereniging. Die Verenigde Kerk se geboortedatum is 7 Desember 1885, soos bepaal op sy Algemene Kerkvergadering in Mei 1888.
Die Hervormde Kerk herstigWysig
Op 23 April 1886 het die Kerkraad van die Hervormde gemeente onder konsulentskap van ds. G.W. Smits op Witfontein weer eens én finaal besluit om nie deel te neem nie aan die kerkvereniging waartoe die Algemene Kerkvergaderings van die Ned. Hervormde en NG Kerke besluit het nie. Met hierdie besluit het die gemeente 'n voorbeeld en toevlugsoord geword vir alle Hervormde lidmate wat nie die kerk van hulle vaders wou verlaat om 'n nuwe, verenigde kerk te vorm nie. As wettige voortsetting van die Ned. Hervormde Kerk is die gemeente in daardie dae dikwels "die ark van die kerk" genoem. In die bekende Kerksaak van Trichardtsfontein het die Hooggeregshof in 1893 bevind dat die kerkvereniging van 1885 ultra vires en dus nietig was. So is die standpunt van die Konsulentsgemeente, by implikasie, volkome geregverdig.
Kerklike geboueWysig
In die jaar ná die gemeente se stigting is die eerste kerkgebou – 'n baie eenvoudige, langwerpige gebou met grasdak en grondvloer – en wel op die huidige Kerkplein in gebruik geneem. Hierdie eerste ou kerkgeboutjie is in 1873 in 'n kruiskerk verander. Daarin sou die gemeente aanbid totdat dit in 1883 afgebrand het – "deur 'n vernielende hand", soos die voorvaders dit uitgedruk het. In dieselfde jaar begin egter op dieselfde plek 'n nuwe, statige kerkgebou verrys, waarvan genl. Piet Joubert die hoeksteen gelê het. In 1885 is hierdie godshuis plegtig ingewy. Hierdie gebou, wat £18 000 gekos het, was 'n sierlike met 'n hoë toring en wat formaat en grootte betref, die eerste werklik besonderse gebou in Transvaal. "Die argitek van die tweede kerk op Kerkplein was Tom Claridge en die boukontrakteurs Marinus Franken en W. van der Veen. Hierdie kerkgebou wat die Victoriaans-Gotiese boustyl verteenwoordig het, was die eerste kerkgebou noord van die Vaal met 'n toring. Die lengte en breedte van die kerkgebou was onderskeidelik 140 voet en 80 voet terwyl die toring by die hoofingang, wat in die rigting van Kerkstraat-Oos gefront het, 150 voet hoog was. Die kerkgebou sou aan 'n duisend persone sitplek bied. In die toring was ook 'n pragtige orrel geïnstalleer. Die kerk is op 23 Januarie 1885 in gebruik geneem."[1]
Van die begin af het die toring egter 'n kraak gehad, wat dan ook oorsaak van sy latere sloping was, volgens sommige bronne, hoewel ander dit ontken. Dit is in hierdie gebou waar, ná jare van stryd, die plegtige Kerkvereniging plaasgevind het. In 1896 is hierdie gebou met Kerkplein en al aan die regering van die ZAR vir die bedrag van £50 000 verkoop, op voorwaarde dat dit óf gesloop óf in 'n biblioteek omskep word.
Eers in Julie 1903 sou die hoeksteen van die nuwe kerk – die Grootkerk, soos dit algemeen bekendstaan – op die hoek van Bosman- en Vermeulenstraat deur genl. Louis Botha gelê en in die daaropvolgende jaar ingewy word. Hierdie gebou het toe £25 000 gekos, insluitende orrel, banke ens. Ná 46 jaar van ononderbroke en getroue gebruik het die ou Grootkerk egter al ernstige tekens van verwering getoon, veral aan die steenwerk (buite) en die dak, sodat die kerkraad verplig was om hierdie geskiedkundige gebou geheel en al te hernu. Op 10 Junie 1950 is die hernude gebou – 'n werk wat nie onder £16 000 gekos het nie – vir die tweede keer plegtig ingewy.
UitbreidingsWysig
Die gemeente Pretoria, wat aanvanklik groot en uitgestrekte gebiede uitgemaak het, het met die toenemende volksvermeerdering 'n ál kleiner gebied beklee sodat dit reeds op die vooraand van sy eeufees 'n suiwer stadsgemeente – in die hart van Pretoria – was. Die dogters, kleindogters en agterkleindogters het toe reeds diep in die 30 getel.
LeraarsWysig
Ds. A.J. Begemann is in 1860 of '61, toe hy pas uit Nederland aangekom het, as Pretoria se eerste predikant bevestig. Hy het sy emeritaat in 1872 aanvaar, maar is eers in 1925 oorlede toe hy nagenoeg 95 jaar oud was. Intussen was hy van 1887 tot 1893 die ZAR se eerste staatsbibliotekaris. Blykbaar word hy as predikant van die Hervormde Kerk erken en nie van die NG Kerk nie, want hy word in die NHK se Almanak vermeld onder "vroeëre predikante", maar nie in die NGK se Jaarboek toe 'n lys van oorlede predikante nog jaarliks gepubliseer is nie. Sedert 1876 was die alombekende, beminde en onvergeetlike dr. H.S. Bosman (vroeër ds.) leraar van die gemeente – ’n amp wat hy 50 jaar lank beklee het. Ná hom het ds. C.D. Murray gekom. In 1951 is die gemeente met sy bykans 5 000 siele, 4 000 lidmate, deur drie medeleraars bedien. Van hierdie ledetal was ongeveer 2 000 jongmense wat die besonderse belangstelling en aandag van sowel leraars as kerkraad geverg het.
Tweede kerk gesloopWysig
In 1886 is goud aan die Witwatersrand ontdek. Dié gebeurtenis het ook 'n ingrypende uitwerking gehad op Transvaal se hoofstad, wat tot in daardie stadium 'n klein en rustige dorp was met 'n Hervormde gemeente wat in 1876 nog net 800 lidmate getel het wat verspreid in die hele distrik gewoon het. Net die jaar vantevore (1885) het ds. Charles Morgan van Bloemfontein Pretoria se nuwe Hervormde kerk op Kerkplein ingewy. Dié kerk, wat £16 000 gekos het en waarvan genl. Piet Joubert die hoeksteen 18 maande vantevore gelê het, het die primitiewe kerkie van 1857 vervang, wat ook op Kerkplein gestaan het. Op dié tydstip was die gemeente 1 200 lidmate sterk. Hul nuwe kerkgeboue het hoog uitgetroon bo die huise en kantore om kerkplein. Ná die ontdekking van goud het Kerkplein die middelpunt van bedrywighede in die Transvaalse hoofstad geword, té bedrywig na die gemeente se sin, want in dié tyd verkoop hulle die pastorie-erf waarop die Paleis van Justisie opgerig sou word.
Terwyl Engeland omstreeks 1890 op staatkundige gebied op 'n susereiniteit oor die Transvaalse Republiek aanspraak gemaak het, het die Sinode van die Verenigde Kerk 'n artikel in sy Kerkwet gemaak waarin bepaal is dat iemand slegs as predikant in die Verenigde Kerk toegelaat kon word as hy vooraf aan die Kaap as sodanig gelegitimeer was. By so 'n legitimasie aan die Kaap moes elkeen met sy handtekening hom verbind om hom “aan de verordeningen der Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika" (Kaapse Kerk) te hou, en as hy dit oortree hom “aan de uitspraken der bevoegde kerkelijke vergaderingen te onderwerp, wat weer niks anders kan beteken as die Kaapse Kerklike vergaderings nie. Hiermee het die Verenigde Kerk van Transvaal wat 'n onafhanklike Republiek was, hom onder die susereiniteit van die Kerk in die Kaapkolonie geplaas wat 'n Britse kolonie was, en hierteen was baie Transvalers heftig gekant.
Ds. H.S. Bosman en sy kerkraad het geweier om saam te werk om hierin 'n verandering te bring. A.D.W. Wolmarans het uit die kerkraad getree en die leiding geneem van die persone wat besware teen hierdie gang van sake gehad het. Hulle het op die Algemene Kerkvergadering van die Ned. Herv. of Geref. Kerk van Mei 1890 proteste ingedien, maar dit is van die hand gewys, terwyl daar besluit is om toe te sien dat die eiendomme van die Ned. Hervormde Kerk op naam van die Ned. Herv. of Geref. Kerk getransporteer word.
Op Vrydag 30 Mei 1890 het Wolmarans van die Registrateur van Akte verneem dat die eiendomme van die Ned. Hervormde gemeente Pretoria op Maandag 2 Junie op naam van die Ned. Herv. of Geref. gemeente oorgetransporteer sou word. Hy het dadelik ingegryp en op Saterdagmôre met behulp van adv. Hollard by die hooggeregshof 'n hofbevel gevra om hierdie oortransportering te belet. Die hof het 'n voorlopige interdik toegestaan. Op 24 Junie het ds. Bosman in die hooggeregshof 'n beëdigde verklaring gemaak waarin hy onder meer gesê het dat deur die vereniging “hebben beiden de ‘Nederduitsch Hervormde Kerk' en de ‘Nederduitsch Gereformeerde Kerk' als aparte lichamen of rechtspersonen opgehouden te bestaan”. Op 5 Augustus het die hof egter uitspraak gelewer dat die eiendomme net op 'n ander naam oorgetransporteer kon word as die Ned. Hervormde gemeente daartoe opdrag sou gee. Die hof het dus aangeneem dat die Hervormde gemeente nog bestaan.
Intussen is in Julie maand van dieselfde jaar 'n kommissie van 10 gevorm waarvan Wolmarans die sekretaris was, wat prokurasies laat teken het om gemagtig te word om die regte van die Hervormdes landwyd te behartig wat aan die kerkvereniging meegewerk het maar besware gehad het om verder saam te werk. Hierdie prokurasies is deur meer as duisend manslidmate geteken, waarop die kommissie as 'n Prokurasie-kommissie gekonstitueer is, en dadelik besware gemaak het teen die oortransportering van die eiendomme van die Ned. Hervormde Kerk op die naam van die Ned. Herv. of Geref. Kerk. Die Prokurasie-kommissie het ds. Bosman en die kerkraad uitgenooi “om de vereeniging vaarwel te zeggen en op de Hervormde grondslagen voort te bouwen”, maar hulle het geweier, waarop ds. C.W. du Toit van Potchefstroom gevra is om na Pretoria te kom en 'n vergadering van die Hervormde manslidmate te lei.
Hierdie gemeentevergadering het op 24 Januarie 1891 op Derdepoort plaasgevind waar onder leiding van ds. Du Toit 'n nuwe kerkraad gekies is wat bestaan het uit ouderlinge Wolmarans, B.D. Esterhuizen, A.J.J. Botes, H.P. Geldenhuis, en diakens J.P.H. Dreyer, F.A. Smit, J.J.F. Brits, J.A. Duvenage en J.P. Prinsloo. Hulle is op Sondag 25 Januarie bevestig en Maandag is ds. Du Toit as konsulent benoem. Hierdie Kerkraad het dadelik op die eiendomme van die Hervormde gemeente Pretoria aanspraak gemaak, en dit was duidelik dat dit op 'n hofsaak sou uitloop. Ook in verskillende ander gemeentes in die land het hofsake gedreig en dit het gelyk asof dit op staatkundige gebied gevare kon meebring, en daarom het pres. Paul Kruger dit nodig geag om op 25 Maart 1891 “als Christen en als Hoofd van den Staat” 'n rondskrywe aan die Hervormde Kerk, die Verenigde Kerk en die gemeentes onder die Prokurasie-kommissie te rig en die kerklike voormanne tot 'n gemeenskaplike samespreking uitgenooi om langs vreedsame weg tot 'n oplossing te probeer kom. Hierdie konferensie het van 24 Augustus tot 4 September in Pretoria onder voorsitterskap van die president plaasgevind. Wat die beoogde doel betref, was dit 'n mislukking. Daar is wel 'n konsep opgestel vir 'n vreedsame skikking tussen die gemeentes waar eiendomskwessies was en die Hervormde Kerk het dit aangeneem, maar die Verenigde Kerk het dit verwerp sodat daar maar net een pad oopgebly het om tot 'n oplossing te kom, en dit was om na die hooggeregshof te gaan.
Die Kerkraad van die Hervormde gemeente Standerton (Trichardtsfontein) het dan ook in 1892 die Verenigde gemeente Standerton gedagvaar en geëis om hul eiendomme terug te gee. Dit was 'n toetssaak waaruit die goeie reg van die Hervormde Kerk moes blyk. Die uitspraak het op 5 Junie 1895 geval en was ten gunste van die Hervormde Kerk. Die hof het beslis dat die kerkvereniging ultra vires was; dus onwettig en die kerklike eiendomme dus nie van die Hervormde Kerk ontneem kon word nie. In 1895 het die Hervormde kerkraad van Rustenburg ook die kerkraad van die Verenigde Kerk gedagvaar, en daar is dieselfde uitspraak deur die hof gegee. Dit het dus bevestig dat ook in Pretoria die Hervormde Kerk die regmatige eienaar van Kerkplein met kerkgebou, die pastorie en al die ander eiendomme was. Maar tot 'n hofsaak het dit nie gekom nie, vermoedelik deur politieke oorwegings. Ds. Bosman en sy kerkraad was nou gewillig om te skik. Die Regering het Kerkplein vir £50 000 gekoop waarvan £12 500 aan die Hervormde Gemeente uitbetaal is en £37 500 aan die Ned. Herv. of Geref. gemeente, terwyl laasgenoemde nog 'n blok van vier erwe aan die Hervormde gemeente moes gee. Hierdie vier erwe is deur die kerkraad van die Hervormde gemeente vir 'n blok van vier ander erwe verruil, geleë op die hoek van Kerk- en Du Toitstraat waarop die Hervormde kerkgebou nou nog staan. Hoewel die Ned. Herv. of Geref. gemeente met hierdie transaksie meer as die Hervormde gemeente ontvang het, is dit vir laasgenoemde tog van baie groot betekenis, want dit het bewys dat die Hervormde gemeente die historiese reghebbende regspersoonlikheid was; dus die historiese gemeente wat in 1855 deur ds. Dirk van der Hoff gestig is, want dit was die Hervormde gemeente wat aan die regering transport van die Kerkplein moes gee. Die Kerkraad het op sy vergadering van 24 Mei 1899 'n kommissie benoem om namens die gemeente die transport aan die regering te verleen. Hierdie kommissie het bestaan uit die kerkraadslede Wolmarans, L.A.F.H. van Wouw, B.C. Lottering en diakens F.A. Smit en L.L. Steen. Die Registrateur van Akte het in verband hiermee alleen die Hervormde gemeente erken.
Omstredenheid oor die slopingWysig
Indertyd is deur sommige mense aangevoer die kerk se toring was bouvallig en het gevaar vir die lidmate ingehou. Sowat 60 jaar later het 'n lidmaat van Bronberg, dr. D.J. de Kock, dié volgende stukkie geskiedenis opgeteken uit gesprekke met mense wat geleef het tydens die kerk se sloping (maar wat volgens alle aanduidings die kat aan die stert beetgehad het): "Ná bykans 20 jaar is die laaste diens in hierdie kerk gehou op 25 September 1904, waarna die Britse besettingsowerheid die gebou gesloop het omdat dit kwansuis gevaarlik sou wees (daar was 'n kraak in die toring). Hierdie sentraal geplaaste ankerpunt van 'n verowerde volk was egter nie so maklik te verwyder nie en, ten aanskoue van teruggekeerde krygsgevangenes en geïnterneerdes is daar uiteindelik geslaag om die toring plat te trek met stoomtrekkers. Aan my is meegedeel dat daar met leedwese, maar nie sonder 'n tikkie vermaak nie, gesien is hoedat die voorwiele van die trekkers telkens oplig sodra die kabel om die toring styftrek – maar die bouvallige toring nog rotsvas bly staan! Die destydse orrelis het my verder meegedeel dat in die slopingsproses die orrel (wat in die toring ingebou was) geheel en al vernietig (is). Die luiklok (is) ook in die proses beskadig. Albei dié items (die orrel en die klok) was bestem om mettertyd aan die gemeente Pretoria-Oos geskenk te word sodra die oostelike gedeelte afgestig sou word."
Vir die oprigting van die nuwe NG kerk is vier erwe op die hoek van Vermeulen- en Kochstraat (nou Bosmanstraat) van dr. F. Rothman vir £10 250 aangekoop. Op 11 Mei 1903 het genl. Louis Botha die hoeksteen gelê en die sierlike gebou is twee jaar later deur dr. Andrew Murray ingewy. Die totale boukoste het £23 000 beloop.
Inlywings en nuwe bedieningsWysig
Vanaf die laat tagtigerjare het lidmate van die NG Kerk begin wegtrek uit die sentrale dele van Pretoria. Dié demografiese veranderinge het daartoe gelei dat die gemeentes naby aan die middestad eindelik in 2000 verenig het onder die naam van die ou moedergemeente, maar met vier kampusse: Bosmanstraat, Harmonie, Arcadia en Bronberg. Meintjeskop is vroeër reeds by Arcadia ingelyf, wat daarna by Pretoria ingelyf is, en Burgerspark het weggeval.
In 2006 het die gemeente ’n poging tot transformasie begin aanwend. Hy wou nie meer net gerig wees op sy eie gemeentelede nie, maar ook op die gemeenskap. Met baie min hulpbronne en arbeidskrag het die gemeente samesprekings aangeknoop met die PEN Bediening, wat ten nouste betrokke was by gemeenskapswerk in die middestad. Dié bediening was die enigste oorblyfsel van die werk van die NG kerk in Bosmanstraat nadat die Afrikaanse dienste daar in 2007 afgelas is.
In 2011 is PEN gevra om die bestuur van die gemeente oor te neem. In ruil het die gemeente sy bedrywighede herstruktureer om ook die uitreikings- en jeugbediening van PEN in te sluit. Dié projekte het ’n tuiste gevind op die gemeente se Bronberg-kampus. Die eerste geïntegreerde kerkraadsvergadering is in Mei 2011 gehou.
Die kerkgebou in Bosmanstraat is nou ’n nasionale erfenisterrein, waarvan die helfte besit word deur die Verenigende Gereformeerde gemeente Mamelodi ya Tshwane. Intussen word die kerkgeboue in Harmonie en Arcadia ook steeds gebruik.
Die gemeente se samestellende deleWysig
Die gemeente wat nou bekendstaan as NG gemeente Pretoria is 'n samestelling van wat eens op 'n tyd ses afsonderlike gemeentes was. Die syfers onder die jaartalle dui telkens op die getal belydende lidmate, so ook die totaal.
Naam | Gestig | 1960 | 1972 | 1979 | 1985 | 1990 | 1995 | 2000 | 2015 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Pretoria | 1854 | 2240 | 2750 | 2902 | 2430 | 2500 | 2210 | 1800 | 1480 |
Bronberg | 1942 | 1056 | 2650 | 3689 | 4060 | 3600 | 2540 | 1738 | – |
Arcadia | 1951 | 1323 | 2368 | 2537 | 3085 | 2120 | 2750 | – | – |
Burgerspark | 1952 | 847 | 2658 | 3204 | 2758 | 2551 | 2421 | 825 | – |
Harmonie | 1957 | 1860 | 3891 | 3817 | 3417 | 2030 | 2009 | 640 | – |
Meintjeskop | 1964 | – | 1739 | 1238 | 1524 | – | – | – | – |
Totaal | 7 326 | 16 056 | 17 387 | 17 274 | 12 801 | 11 930 | 5 003 | 1 480 |
Enkele leraarsWysig
By leraars van wie die presiese datums nie bekend is nie, verskyn 'n ellips en 'n jaartal daarna waarin hy onder meer in die gemeente gestaan het.
PretoriaWysig
- A.J. Begemann, 1860–1872 (gebore 15 Junie 1831 in Nederland)
- Hermanus Stephanus Bosman, 1876–1926 (aanvaar sy emeritaat; oorlede 3 April 1933)
- Herman Dirk van Broekhuizen, 1906–1917 (oorgegaan na die Nederduitsch Hervormde Kerk)
- Johannes Stefanus Theron, 1921–1925
- Charles Daniel Murray, 1927–1943 (aanvaar sy emeritaat; oorlede 18 Junie 1948)
- Jacobus Francois du Toit, 1930–1935
- Dr. Willem de Wet Strauss, 1937–1939, 1961 – 11 April 1976 (aanvaar sy emeritaat)
- Dr. Barend Jacobus (Ben) Marais, 1938–1941 (studenteleraar; waarna dieselfde amp in Pretoria-Oos)
- Johannes Reyneke, 1941–1956
- Gerhardus Johannes Davidtsz, 1944–1967
- Jacobus Cornelius Gideon Kotzé, 1944–1950
- Andries Jacobus Pienaar, 1950–1952 (waarna tot 1959 van die dogtergemeente Arcadia)
- Francois Guillaume Marais du Toit, 1951–1962 (en organiserende sekretaris van die CPGV)
- Pieter Willem Marais, 1954–1955
- Nicolaas Franciscus Petrus Burger, 1956–1960
- Pieter Daniël Jacobus de Witt, 1956–1957
- Andries Petrus Treurnicht, 1958–1960
- Alfred Clement Sephton, 1961–1969
- Jan Abraham Durand, 1967–1973
- Jacob Stephanus Dreyer, 25 April 1970 – 27 Junie 1993 (aanvaar sy emeritaat)
- Johan Henning Jacobus de Witt, 1969–1972
- Bernardus Thomas Richard, 15 Maart 1974 - ?
- Jacobus Gerhardus van Coller, 1977–1980 (tydelik uit die bediening)
- Dr. Johannes van Schalkwyk, 1977–1981
- Dr. Coenraad Frederik Bekker, 1980 – 31 Januarie 1994 (aanvaar sy emeritaat)
- James Nehemia Klynveld, 1982–1988
- Johanens Petrus Wessels, 1980–1985
- Ernst Ludwig Rischmüller, 1984–1992 (polisiekapelaan)
- Frederik Nicolaas Huysamen, 1986–1996 (demissie, beroepbaar; in selfde jaar uit die bediening)
- Dr. André Eugene de la Porte, 1988–?
- Cornelius Johannes Jacobus Müller, 1992–2011 (polisiekapelaan)
- Dr. Abraham Kriel le Roux, 1988 – hede (oorgekom met inlywing van Arcadia)
- Dr. Daniël Petrus Veldsman, 1996–2007; 2007 - (bevestig met opdrag teologiese opleiding)
- Marthinus Jacobus Swart, 1984 – hede (tentmaker, later Engelse bediening; oorgekom met inlywing van Arcadia)
- Dr. Marinda van Niekerk, 1995–1999 (tentmaker; later PEN-aksie)
- Dr. Petrus Jacobus le Roux, 1997–2010 (oorgekom van Bronberg; aanvaar sy emeritaat in gemeente Pretoria)
- Petrus Francois Smit, 2003 – hede (PEN-aksie)
- Andries Schwartz, 2009 – hede (PEN-aksie)
- Sharaine Steenberg, 2013 – 2016 (PEN-aksie)
- George Jacobus van Wyngaardt, 2013 – hede (tentmaker)
- Elaine Dippenaar, 2015 - 2017 (PEN-aksie)
- Hendrien van Vliet 2016 - hede (tentmaker)
BronbergWysig
- Hermanus Charles Kinghorn, 1947–1950
- Dr. L.V. Rex, 1948–1953
- R.J. Raath … 1960
- J.R. Schmidt … 1972
- P.A. van der Merwe … 1972
- S.J. Joubert … 1972
- M.D.V. Cloete … 1972
- S.J. Joubert … 1979
- A.J. Barnard … 1979
- H.F. Heymann … 1979
- P. Combrink … 1979
- Dr. Petrus Jacobus le Roux, 1997–2010 (aanvaar sy emeritaat in gemeente Pretoria)
- Dr. Casparus Johannes Jackson, 1979–1995 (aanvaar sy emeritaat)
- Abraham Johannes Prinsloo, 1982–1988 (aanvaar sy emeritaat)
- G.G. Havemann … 1985
ArcadiaWysig
- Andries Jacobus Pienaar, 1952–1959
- C.D. Wesels … 1960
- P.J. de Vos … 1972
- G.R. Keet … 1972
- H.J. Linde … 1972
- Adriaan Cornelis Barnard, 1975 – 1975
- Johan Henning Jacobus de Witt, 23 Mei 1976–1981
- J.C. de Klerk … 1979
- Marthinus Jacobus Swart, 1984 – inlywing, waarna Pretoria
- D.E. van der Spuy … 1985
- Genl.maj. C.P. Naudé … 1985
- J.D. Herholdt … 1985
- Dr. Abraham Kriel le Roux, 1988 – inlywing
- C.J. Swarts … 1990
- G.F.M. Beetge .. 1995 (oorgekom van Meintjeskop met inlywing)
BurgersparkWysig
- Theunis Johan van Rooyen, 1956–1960
- Jacobus Albertus Venter, 1966–1970
- Hendrik Nicolaas Janse van Rensburg, 1967–1974
- J.P. du T. Furstenburg … 1972
- F. Swanepoel … 1972
- J.T. de J. van Arkel … 1972
- W.H. de Vos … 1979
- S.C. Combrinck … 1979
- J.M. Wolmarans … 1979
- J.W. de Villiers … 1979
- J.H. Cronjé … 1985
- N. Schreuder … 1985
- J.C. Erasmus … 1985
- L.P. Conradie … 1985
HarmonieWysig
- Harold Christian Botha, 1958–1962
- D.J. Viljoen … 1960 (studentelaar)
- P.W. Jordaan … 1972
- Dr. N.J. Hanekom … 1972
- B.P. de Wet … 1972
- L.M. Heyns … 1972 (studenteleraar)
- A.C. Swanepoel … 1979
- H.M. Horn … 1979 (studenteleraar)
- S.P Senekal … 1979 (studenteleraar)
- Dr. L.F. van Deventer … 1985
- Prof. J.H. le Roux … 1985 (hulpleraar)
- Prof. H.L. Bosman … 1990 (hulpleraar)
- Dr. J.G. Bosman … 1995
MeintjeskopWysig
- A.P. du Toit … 1972
- Willem Jacobus Lourens, 1966–1974
- J.J. Krige … 1979
- A.L. Wehncke … 1979
- G.F.M. Beetge … 1985
- J.P. van der Walt … 1985
- D.J. Kritzinger … 1990
LeraarsgaleryWysig
PretoriaWysig
BronbergWysig
Dr. L.V. Rex, Bronberg se medeleraar van 1948 tot 1953.
ArcadiaWysig
HarmonieWysig
BurgersparkWysig
BronneWysig
- ( ) Engelbrecht, prof. dr. S.P. 1955. Die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria 1855–1955. Pretoria: NH kerkraad.
- ( ) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
- ( ) Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
- ( Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. )
VerwysingsWysig
- ( ) Repository.up.ac.za. URL besoek op 2 Augustus 2015.
|
<urn:uuid:239241a8-95c4-413b-959c-78294626d196>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Pretoria
|
2019-07-19T06:30:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526064.11/warc/CC-MAIN-20190719053856-20190719075856-00056.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99998 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Malbaartjie
Die Malbaartjie (Puffinus griseus) is 'n stormvoël wat algemeen is (volopste Mei tot September) aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 40 – 46 cm groot en weeg 700 - 950 g met 'n vlerkspan van 94 - 106 sentimeter. In Engels staan die voël bekend as Sooty shearwater. Die voël broei op die subantarktiese eilande, meestal om Nieu-Seeland.
Malbaartjie | ||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||||||||
Puffinus griseus Gmelin, 1789 | ||||||||||||||||||||||
Verspreiding in blou, broeigebiede in geel.
Inhoud
FotogaleryWysig
Sien ookWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Puffinus griseus. |
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Puffinus griseus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:a4fcb901-4ce8-4f5e-bb3c-8837bccc200f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Grysvlekpylstormvo%C3%ABl
|
2019-07-24T06:41:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195531106.93/warc/CC-MAIN-20190724061728-20190724083728-00424.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.989024 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Die stigting het nie hulle planne vir 'n eie kern laat vaar nie, en is steeds besig met die [[HURD]]-projek wat poog om 'n [[mikrokern]]gebaseerde kern daar te stel vir die GNU-projek. Dit is egter steeds ver van gereed vir algemene gebruik (in 2005).
'''[[Richard Stallman''']] het die GNU projek begin in 1984 met sy program GNU Emacs.
Die doel van die projek is om sagteware en programme te skryf en te versprei met die oorspronklikkeoorspronklike programerings taal (source code)bronkode. Dit stel enige iemand instaadinstaat om die program te verander en herversprei soos dit homhulle pas. Die enigste verystesvereistes is dat die oorspronklikkeoorspronklike skepper genoem moet word en dat die programering taalbronkode vrylik beskikbaar is sodat ander dit weer kan verander as hulle willwil.
|
<urn:uuid:17c56035-0d18-46cb-a78e-af76b1f008f3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/408995
|
2019-07-19T07:44:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526153.35/warc/CC-MAIN-20190719074137-20190719100137-00024.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999989 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
New Orleans
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Louisiana |
Parish (parogie) | Orleans |
Koördinate | |
Gestig op | 7 Mei 1718 |
Geïnkorporeer op | 17 Februarie 1805 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 907 vk km |
Hoogte bo seevlak | -2-6 m |
Bevolking: | |
- Totaal (Stad en county 2013) | 378 715 |
- Bevolkingsdigtheid | 417,5/vk km |
- Metropolitaanse gebied (2013) | 1 240 977 |
Tydsone | CST (UTC -6) Somertyd: CDT (UTC -5) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 11 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 17 / 28 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1629,7 mm |
Burgemeester | Mitch Landrieu |
Amptelike Webwerf | nola.gov |
New Orleans (Frans: La Nouvelle-Orléans [la nuvɛlɔʁleɑ̃]) is die grootste stad in die VSA-deelstaat Louisiana met 'n bevolking van 378 715 in die stadsgebied en meer as 1,2 miljoen in die metropolitaanse gebied.
New Orleans het 'n ryk en kleurvolle geskiedenis wat onlosmaaklik verbind is met sy unieke en strategies belangrike ligging net sowat 100 myl van die Mississippirivier se monding in die Golf van Meksiko. Sy hawe is al drie eeue lank die besigste aan die Amerikaanse Golfkus en het die belangstelling van Wes-Europa se groot seevarende moondhede – Spanje, Frankryk en Groot-Brittanje – gewek wat almal hul spore in New Orleans se kultuur en leefwyse gelaat het. Vandag word New Orleans nie soseer as 'n smeltkroes beskou nie, maar eerder as 'n Amerikaanse stad wat sy eie unieke kultuur en samelewing ontwikkel het. Dikwels word na die stad vanweë sy ontspanne leefstyl as Big Easy of, vanweë sy ligging aan die oosoewer van die Mississippi se wye rivierdraai, as Crescent City verwys.
Jean-Baptiste Le Moyne, die goewerneur van Frans-Louisiana, het aan die stad sy oorspronklike Franse naam Nouvelle Orléans of "Nieu-Orléans" gegee, ter ere van Philippe II, hertog van Orléans, wat tussen 1715 en 1723 as Franse regent namens Lodewyk XV geregeer het. Alhoewel al vroeg 'n reeks ekspedisies na die binneland onderneem is, is die huidige stadsgebied voor die goewerneur se amptelike stadstigting in 1718 byna uitsluitlik deur inheemse Indiane bewoon. Ná enkele dekades van ononderbroke heerskappy oor die gebied het Frankryk die seehawe in 'n reeks ooreenkomste aan Spanje afgestaan. Veertig jaar van Spaanse bewind het van New Orleans 'n florerende seehawe en handelspos tussen Meksiko en Kuba gemaak waartydens ook vrye burgers van nie-Europese afkoms hulle in die stad kon vestig.
Nadat 'n reeks verwoestende brande in die gebied gewoed het, het Spanje sy besitting in 1803 aan die Franse stigters terugverkoop wat dit op hulle beurt slegs twintig dae later met die sogenaamde Louisiana Purchase aan die jong Verenigde State oorhandig het.
Gedurende die eerste helfte van die 19de eeu was New Orleans die welvarendste stad in Amerika en die belangrikste uitvoerhawe vir Amerikaanse goedere wat hier na Europa, Suid-Amerika en die Karibiese Seegebied verskeep is. Selfs onder Amerikaanse administrasie was Frans nog tot in die 1830's die huistaal van die oorgrote meerderheid van die stadsbevolking. New Orleans se strategiese ligging en florerende ekonomie het in die vroeë 19de eeu Britse begeertes gewek en was die aanleiding vir die Brits-Amerikaanse Oorlog wat in 1812 uitgebreek het. Die Britse aanvallers is drie jaar later deur die Amerikaanse generaal Andrew Jackson verslaan.
In die volgende vier dekades het New Orleans tot Amerika se vernaamste uitvoerhawe vir katoen gegroei. Steeds meer stoombote het die plaaslike hawe aangedoen en reeds in 1835 'n jaarlikse omset van $35 miljoen verseker. Slegs vyf jaar later was New Orleans die vierde besigste seehawe ter wêreld. Die tweede helfte van die 19de eeu is deur ongekende tegnologiese en ekonomiese vooruitgang gekenmerk. 'n Moderne openbare vervoerstelsel met tremlyne het ontstaan, en danksy nuwe pomptegnologie kon uitgestrekte gebiede, wat benede seevlak geleë was, drooggelê en as woonbuurte vir die snel groeiende bevolking ontsluit word. Natuurrampe soos orkane was 'n konstante bedreiging vir die Golfmetropool, maar kon sy groei nie noemenswaardig belemmer nie.
Terwyl ander Amerikaanse metropole New Orleans gaandeweg as ekonomiese en finansiële spilpunte verbygesteek het, het die plaaslike kultuur 'n bloeitydperk beleef waarvan New Orleansse jazzmusiek een glanspunt geword het. Hierdie musiekstyl, wat in plaaslike kroeë en danssale gebore is, het sy oorsprong in die tradisionele musiek van slawe uit Afrika suid van die Sahara gehad. Hoe meer Europese klanke en Afrika-ritmes met mekaar versmelt het, hoe makliker het jazzmusiek uit sy oorspronklike ghetto van slawevergaderings en swart kerkmusiek uitgebreek om eers die Amerikaanse en later die internasionale musieklewe te verower.
Vandag is New Orleans 'n belangrike kulturele en nywerheidsentrum en 'n gesogte toeristebestemming. Sy hawe, wat die Mississippirivier met die Golf van Meksiko verbind, is die belangrikste uitvoerhawe van die suidelike VSA-state. Die grootskaalse oorstromings, wat die stad as gevolg van die orkaan Katrina op 29 Augustus 2005 getref het, het 'n groot gedeelte van New Orleans verwoes en talle menselewens geëis.
Inhoud
Geografie[wysig | wysig bron]
Die stad lê in die rivierdelta van die Mississippi en het 'n oppervlak van 907,0 vierkante kilometer (waarvan 439,4 vierkante kilometer of 48,3 persent water). Die land van die delta is oor 'n tydperk van 2 500 jaar deur afsaksel van die Mississippi gevorm en bestaan hoofsaaklik uit 'n moeras, wat enkele honderd meter diep is. Die moeras verdig soveel dat dit deur sy eie neerdrukkende gewig benede die seevlak begin sink, tensy daar nie nuwe afsaksel bykom nie.
Tydens die stigting van New Orleans het die Franse setlaars die eerste geboue in 'n gebied opgerig wat effens hoër geleë was as die omgewing (die "French Quarter" of "Franse buurt"). In 1718 het New Orleans se seehawe ontstaan. Sowel die stadsgebied asook die hawe is deur middel van oewerwalle, sogenaamde levée's met 'n hoogte van sowat nege meter in die suide en vyf tot ses meter in die noorde, teen die watermassa's van die Mississippi en die Pontchartrainmeer beskerm.
Weens die gebrek aan nuwe afsaksel sink New Orleans en sy omgewing nou jaarliks ag millimeter en word steeds meer land deur die see verswelg. Tans lê sewentig persent van die stad sowat twee meter benede die seevlak. Toe orkaan Katrina die kusgebied van New Orleans getref het, is een oewerwal – dié van die Sewende Straat-kanaal – oorstroom. Groot hoeveelhede water het in die laagliggende stadsgebied ingestroom en vier vyfdes van New Orleans oorstroom.
A. Baldwin Wood het in 1910 'n stelsel van pompe opgerig wat New Orleans droog gelê en nuwe landwinning moontlik gemaak het. Die huidige stadsgebied het die vorm van 'n sekel sodat na New Orleans dikwels as die "Sekelstad" verwys word.
Klimaat[wysig | wysig bron]
New Orleans het 'n vogtige subtropiese klimaat met kort en in die algemeen gematigde winters, en baie warm en bedompige somers. Die gemiddelde maandelikse dagtemperature wissel van 11,9 °C in Januarie tot 28,5 °C in Julie en Augustus. Die laagste temperatuur, wat ooit aangeteken is, was -14 °C op 13 Februarie 1899, die hoogste 40 °C op 24 Junie 2009. Opvallend is die relatief hoë doupunte in die somermaande wat tussen 21,7 °C en 23,0 °C beloop.
Die kwil styg op 'n gemiddeld van 77 dae per jaar bo 32 °C en styg op 8,1 winterdae nie hoër as 10 °C nie. Op 'n gemiddeld van 8 dae daal die kwik snags benede vriespunt. In 'n tipiese jaar word in die koudste nag temperature van -1 °C gemeet. Maar oor die algemeen styg die kwik nouliks bo 38 °C of daal temperature benede -4 °C.
Nogtans val die somermaande vir die toerismebedryf weens die baie warm temperature en hoë vlakke van humiditeit buite die hoofseisoen. Daarnaas sak swaar donderbuie byna daagliks oor die stad uit.
Die gemiddelde jaarlikse reënval is 1 590 mm. Gewoonlik is die somermaande die natste maande van die jaar, terwyl Oktober die droogste maand is. In die winter sak reënbuie gewoonlik neer wanneer kouefronte suidwaarts beweeg.
New Orleans lê in die orkaansone van die Verenigde State. Orkane ontstaan gereeld in die maande tussen Mei en Oktober oor die Atlantiese Oseaan. Hierdie kragtige en dikwels vernietigende stormstelsels hou 'n besondere bedreiging vir New Orleans in vanweë sy laagliggende terrein en sy langsaam dalende kusgebied. Die stad word daarnaas in die noorde, ooste en suide deur waterliggame omring. So word New Orleans deur die Federale Rampbeheeragentskap (Federal Emergency Management Agency) as die Verenigde State se kwesbaarste stad vir orkaanskade geklassifiseer.
Dele van Groter New Orleans is verskeie kere oorstroom – soos byvoorbeeld deur die Grand Isle-orkaan in 1909, die New Orleans-orkaan in 1915, die Fort Lauderdale-orkaan in 1947, orkaan Flossy in 1956, orkaan Betsy in 1965, orkaan Georges in 1998, die orkane Katrina en Rita in 2005 en orkaan Gustav in 2008. Die oorstromings, wat deur Betsy veroorsaak is, is in sommige woonbuurte as ernstig gekategoriseer, terwyl Katrina gepaard gegaan het met vernietigende oorstromings in die meeste stadsdele van New Orleans. Die geweldige orkaan Katrina, wat die deelstate Louisiana, Mississippi en Alabama op 29 Augustus 2005 getref het, het in New Orleans met oorstromings dood en verwoesting gesaai en die ontruiming van hele stadsdele noodsaaklik gemaak.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Smeltkroes van kulture[wysig | wysig bron]
New Orleans, wat by 'n rivierdraai van die Mississippi sowat 100 km van sy monding af geleë is, is reeds sedert die vroeë 18de eeu die grootste stad in Louisiana en die besigste noordelike seehawe in die Golf van Mexiko. Die stad se wisselvallige geskiedenis as 'n oorspronklik Franse nedersetting wat in die tweede helfte van die 18de eeu vier dekades lank deur Spanje geadministreer en daarna in 1803 aan die Verenigde State verkoop is, het van New Orleans 'n unieke smeltkroes van kulture gemaak.
Toe die Amerikaanse regering Louisiana met die sogenaamde Louisiana Purchase van 1803 van Frankryk oorgeneem het, het sy bewoners reeds in 'n mengelmoes van tale geleef. Die nuwe deelstaat, wat in 1812 tot die Unie toegelaat is, en meer nog New Orleans as die by verre grootste nedersetting in dié Suidstaat, is deur 'n ingewikkelde kultuur en leefstyl gekenmerk waarin sowel Afrika deur duisende van slawe, wat na die gebied vervoer is, asook Frankryk en Spanje met hul Kreoolse bevolking diep spore gelaat het. Dié spore laat New Orleans steeds merkbaar verskil van ander Amerikaanse stede.
In 1812 het een skrywer na New Orleans verwys as die "markplein van al die rykdomme in die Westerse wêreld".[1] Op dié tydstip was New Orleans reeds die spilpunt van kommunikasielyne en handelstrome wat die Mississippi-waterskeiding, die Golfkus, die Atlantiese kusstreke, die Karibiese Seegebied, Wes-Europa (en hier veral Frankryk en Spanje) en verskeie gebiede van Wes- en Sentraal-Afrika met mekaar verbind het.[2]
New Orleans was, binne 'n relatief kort tydperk in sy geskiedenis, blootgestel aan drie verskillende koloniale regerings wat almal hul eie Europese taal, kultuur, tradisies en regstelsel saamgebring het. Dit was die raamwerk waarin die blanke Kreoolse – en later Anglo-Amerikaanse – bevolking moes beweeg.
Vir die meeste swart Louisianers was daar 'n alternatiewe, en in elk geval vernederende, geskiedenis as al drie bewindhebbers hul eie stelsel van slawerny geïnstalleer, maar ook nuwe golwe van swart etniese groepe uit Wes- en Sentraal-Afrika saamgebring het. Bambara, Bakongo en ander opeenvolgende swart etniese groepe het deel geword en versmelt met New Orleans se kosmopolitiese swart kultuur en beskawing.
Gedurende die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 en die Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865) is beslissende slagte om New Orleans gevoer. Vanaf die vroeë 20ste eeu het die stadsregering en bewoners 'n voortdurende stryd teen sosiale wantoestande soos armoede en rassegeskille en meedoënlose natuurgeweld (orkane, oorstromings en New Orleans se langsaam, maar seker dalende landmassa) gevoer.
Franse kolonie[wysig | wysig bron]
Aan die beginpunt van die moderne geskiedenis van Louisiana, en so ook dié van New Orleans, staan die aanvanklik ambisieuse, maar uiteindelik halfhartige en kortstondige projek van 'n Franse kolonie teen die Mississippi-monding.
New Orleans is op 7 Mei 1718 deur Jean Baptiste LeMoyne, Sieur de Bienville, onder die Franse naam La Nouvelle-Orléans gestig ('n verwysing na die stad Orléans in Frankryk). Vier jaar later het dit die administratiewe setel van Louisiana se koloniale administrasie geword.
Spaanse bewind[wysig | wysig bron]
Die kolonie het in 1763 volgens die Verdrag van San Ildefonso onder Spaanse bewind gekom, alhoewel die Spanjaarde aanvanklik drie jaar lank geen goewerneur benoem het nie. Die Spanjaarde se koloniale bwind was van relatief kort duur – net twee generasies lank was die gebied onder Spaanse beheer: teoreties en volgens politieke ooreenkomste tussen 1762 en 1800, in werklikheid tussen 1769 en 1803.
Die Spanjaarde het die kolonie in 'n tyd van groot politieke omwentelinge geadministreer. Drie rewolusies – die Amerikaanse, Franse en Haïtiaanse Rewolusie val in dié historiese tydperk. New Orleans se grootste omwenteling in dié periode was ekonomies van aard. Vir die eerste keer in sy geskiedenis het sy seehawe groot strategiese betekenis gekry weens die handelsbetrekkinge met Kuba. Die seeroete na en vanaf die Kubaanse hoofstad Havana anderkant die Golf van Meksiko sou sowat 190 jaar lank 'n sentrale rol in New Orleans se ekonomiese lewe speel.
Ironies genoeg was die algehele embargo, wat president John F. Kennedy in 1962 op die handel met die rewolusionêre Kuba onder Fidel Castro geplaas het, effektief ook 'n handelsboikot teen New Orleans wat die stad van sy belangrikste handelsvennoot ontneem en die plaaslike ekonomie, net soos dié van die hele Amerikaanse Golfkus, nadelig geraak het.[3]
Ondanks sy kort duur was die Spaanse bewind, waartydens die Spaanse goewerneur van Louisiana direk verantwoordelik was aan die Spaanse kaptein-generaal in Havana, 'n beslissende periode vir die ontwikkeling van Louisiana se Afro-Amerikaanse kultuur en leefstyl. Al het ook die Spanjaarde hul slawe in die algemeen sleg behandel, het die oorname van Spaanse reëlings ten opsigte van slawe ook enkele nuwe vryhede beteken. Aan slawe in die kolonie is 'n reg toegestaan waarvan hul lotgenote in die Verenigde State nie eens durf droom het nie – die reg om hulself vry te koop. In elk geval was daar in dié tyd al 'n relatief groot aantal vrye swart inwoners.
In 1795 het Spanje die "Reg op vestiging" aan burgers van die Verenigde State verleen, en die Amerikaners is ook toegestaan om die hawe te gebruik. Frankryk het Louisiana in 1801 met Napoléon Bonaparte se verowering van Spanje herwin, tog het hy Louisiana slegs twee jaar later teen 15 miljoen dollar aan die VSA verkoop. New Orleans se bevolking is in hierdie tydperk op sowat 10 000 beraam.
Amerikaanse bewind[wysig | wysig bron]
Die bevolking verdubbel in die dertiger- en veertigerjare van die 19de eeu, en New Orleans groei tot die grootste stad in die Amerikaanse suide buite die Atlantiese seekus. Tot 1842 en in die tydperk tussen 1865 en 1882 dien dit as die hoofstad van Louisiana.
Die hawe is veral belangrik vir die slawehandel, alhoewel New Orleans destyds gelyktydig die grootste swart bevolking van alle Amerikaanse stede het.
Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog verower federale troepe die stad sonder geveg, die historiese geboue van New Orleans bly dus bewaar tot vandag. Die boustyl getuig nog steeds van die 19de eeuse rykdom.
Aan die begin van die 20ste eeu word New Orleans met die Kreoolse en voodoo-kultuur vereenselwig, in die twintigerjare is dit die bakermat van die jazz-musiek. Die sterk invloede van die Frans-Spaanse kultuur en die katolisisme staan in kontras met die vervelende puritaanse leefwyse in ander dele van die VSA en skep 'n lewendige kultuur wat vermaak, dans en musiek bevorder.
In die laat 20ste eeu word die Franse buurt die belangrikste besienswaardigheid van die stad.
Die orkane "Betsy" en "Katrina" verwoes in 1965 en 2005 groot dele van New Orleans. Selfs een jaar ná die ramp het net sowat die helfte van die bewoners na New Orleans teruggekeer, aangesien die vloedskade in baie stadswyke nog steeds nie herstel is nie.
Demografie[wysig | wysig bron]
As gevolg van die orkaan "Katrina" is in Augustus en September 2005 meer as 400 000 inwoners uit die stad ontruim. Weens die grootskaalse verwoesting is die stad se toekoms onseker.
Die bevolkingsdigtheid voor die oorstromings het 989 inwoners per vierkante kilometer beloop. Van die bevolking is 28 persent blankes, 67,3 persent Afro-Amerikaners, 3,1 persent Latyns-Amerikaners, 2,3 persent Asiate en 0,2 persent lede van die Eerste Nasies.
Die oorspronklike Franse taal word vandag nog nouliks gepraat, en net 'n klein aantal ou mense is nog steeds die inheemse Cajun-Frans magtig. Desondanks speel die Franse taal en kultuur 'n groot rol by die bemarking van die plaaslike toerismebedryf.
Ekonomie[wysig | wysig bron]
New Orleans is 'n belangrike handel-, vervoer- en nywerheidsentrum en danksy die groot voorkoms van ru-olie in die Golf van Meksiko huisves die stad net soos Houston, Texas die hoofkwartiere van talle oliemaatskappye soos BP, Chevron, Conoco Phillips en Royal Dutch Shell. Die Hawe van Suid-Louisiana (Port of South Louisiana), wat New Orleans se hawefasiliteite insluit, is volgens tonnemaat die vierde grootste ter wêreld. Dit is een van die belangrikste invoerhawens vir koffiebone, wat in groot nywerhede in die omgewing gerooster en verder verwerk word.
Ook die federale regering en militêre instellings, by name NASA en die Amerikaanse Vloot, is belangrike werkverskaffers in die metropolitaanse gebied van New Orleans. Michoud het 'n monteerplaas in die oostelike deel van die parogie opgerig, terwyl Lockheed-Martin eksterne tenks vir ruimtependeltuie hier vervaardig.
Openbare vervoer[wysig | wysig bron]
Tremnetwerk[wysig | wysig bron]
Trems vorm al sedert die eerste helfte van die 19de eeu 'n integrae bestanddeel van New Orleans se openbare vervoernetwerk. Die langste tremlyn, St. Charles Avenue-lyn, is die oudste tremroete ter wêreld wat steeds in bedryf is (al is dit tydelik ontwrig deur die skade wat orkaan Katrina in Augustus 2005 berokken het). Tremlyne word tans deur New Orleans se openbare vervoeronderneming, New Orleans Regional Transit Authority (RTA), bedryf.
Naas dié op St. Charles Avenue is daar tans nog drie ander tremlyne: Riverfront Line, Canal Street Line en Loyola Avenue Line. Alle ander lyne is in die tydperk tussen die laat 1940's en die vroeë 1960's deur busroetes vervang. Bewaringsvoorstanders het destyds nie daarin geslaag om die tremlyn op Canal Street te red nie, maar kon die stadsregering uiteindelik oorreed om historiese monumentstatus aan die St. Charles Avenue-lyn toe te ken en dit sodoende te bewaar.
In die laat 20ste eeu het spoorvervoer 'n herlewing ervaar. 'n Verkorte Riverfront-tremdiens is in 1988 herstel, en in 2004 is tremvervoer ook op Canal Street hervat – vier dekades nadat dit gestaak is.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Ned Sublette: The World That Made New Orleans. From Spanish Silver To Congo Square. Chicago: Lawrence Hill Books 2008, bl. 4
- Sublette (2008), bl. 4
- Sublette (2008), bl. 4-5
|
<urn:uuid:2a3370eb-43f2-4708-88ee-58c884ac45f3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/New_Orleans
|
2019-07-16T23:18:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003114-00007.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999971 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Infowars
Jump to navigation
Jump to search
InfoWars is 'n webtuiste wat nuusdekking en opiniestukke vanuit 'n regse oogpunt aanbied.
Die webtuiste is in 1999 gestig, en word bedryf onder Free Speech Systems LLC.[4]
Die webwerf se amptelike webadres is www.infowars.com.
Notas[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit | vertaal.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "Why Tommy Robinson Was Jailed, and Why U.S. Rightwingers Care".TIME.
- "Republicans press social media giants on anti-conservative bias that Dems call 'nonsense'".CBS19.
- "Roger Stone, former Donald Trump adviser, lands InfoWars gig with Alex Jones".The Washington Times.31 Desember 2017
- "Free Speech Systems LLC". Bloomberg L.P.
|
<urn:uuid:44329ef6-3193-4c82-ab73-0b59857ed4e5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Infowars
|
2019-07-17T00:56:44Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00045.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.975335 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hermia Jooste
Hermia Jooste (gebore De Wet, distrik Manana, Lichtenburg, Transvaal, 8 Februarie 1906 – Pretoria, 24 Maart 2004) was predikantsvrou in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk en van 1946 op Potchefstroom woonagtig waar haar man, prof. dr. J.P. Jooste (1900–1995), tot sy aftrede in 1970 aan die Teologiese Skool Potchefstroom verbonde was.
Hermia de Wet, 'n dogter van Wouter Johannes de Wet en Sophia Margaretha de Wet (née Geyer), het nadat sy die skooleindeksamen aan die Hoërskool Lichtenburg voltooi het, waarskynlik op Lichtenburg, na die Potchefstroomse Onderwyskollege gegaan, waar sy haar einde 1925 as onderwyseres bekwaam het. Van 1926 tot 1928 het sy eers op Sterkstroom-Wes, distrik Ventersdorp, en later op Manana (Lichtenburg) onderwys gegee, waarna sy op 31 Desember 1928 ontslag uit die onderwys gekry het.
Einde 1928 is sy met ds. J.P. Jooste getroud toe hy predikant was van Barkly-Oos. In 1931 het haar man predikant geword van Bethulie, waar hulle gewoon en gewerk het tot 1942, toe ds. Jooste ’n beroep na die pas gestigte gemeente Bloemfontein-Wes aangeneem het. In Bloemfontein het hulle gearbei tot 1946 toe haar man tot teologiese professor benoem is. Van toe af het sy saam met haar man tot sy dood in 1995, in Potchefstroom gewoon, en daarna tot en met haar dood in Huis Eikelaan in Potchefstroom.
Bronne[wysig | wysig bron]
- ( Die Gereformeerde Vroueblad. 1959. Die Gereformeerde vrou 1859-1959. Potchefstroom: Potchefstroom Herald. )
|
<urn:uuid:b6f72709-3532-4ba0-8633-88888bfb02b1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hermia_Jooste
|
2019-07-20T18:14:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00085.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.9999 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Leeu (sterreteken)
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Leeu (sterreteken)-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:5113a88c-29a3-4034-9776-73f86e4ca09b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Leeu_(sterreteken)
|
2019-07-23T07:38:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00181.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999985 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Erica Gimpel
Jump to navigation
Jump to search
Erica Gimpel | |
Geboortenaam | Erica Fawn Gimpel |
---|---|
Geboorte | 25 Junie 1964 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise en komponis |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Erica Gimpel (gebore 25 Junie 1964) is 'n Amerikaanse aktrise en komponis. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente King of New York (1990) en Smoke (1995), en in die televisiereekse Fame (1982) en JAG (1995).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1990: King of New York
- 1990: Penny Ante: The Motion Picture
- 1991: Undertow
- 1995: Smoke
- 1995: Flirt
- 2009: Blue Eyes
- Hill 'n' Gully
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1982: Fame
- 1995: JAG
- 1996: Profiler
- 2010: Fame: The Musical
- 2014: Enormous
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 1983: The Kids from Fame: From the Royal Albert Hall London
- 1999: Intimate Betrayal
- 2001: Heart-throbs of the 80s
- 2008: Bring Back... Fame
|
<urn:uuid:8bed224e-fa6e-4282-9b5d-c8be7df55349>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Erica_Gimpel
|
2019-07-23T07:53:49Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00181.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.972282 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Noorse kolonies
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Noorse kolonies-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:05df8933-ac20-4b45-949d-7cf7982b8d1f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Noorse_kolonies
|
2019-07-23T07:41:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00205.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999959 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Besparing
Besparing of besuiniging is die vermindering van uitgawes. Die regering, maatskappye, huishoudings en indiwidue kan bespaar op hulle uitgawes.
In politiek is dit 'n maatreël wat politici kan instel indien daar 'n te groot skuld of 'n te groot begrotingstekort sou wees. Besuiniging lei deels tot besparings. Ministeries besuinig oor die algemeen wanneer uitgawes dreig om die inkomste te oortref. Die kredietkrisis het wêreldwyd gelei tot grootskaalse besuinigings.
Besparing het egter ook 'n nadeel. Indien die regering besuinig het burgers en maatskappye ook minder inkomste en sal hulle dus ook uitgawes moet sny. Hierdeur verlaag besteding en ekonomiese groei word vertraag. Daarby bestaan die risiko dat die regering of instansies besuinig op uitgawes wat agterna nuttig blyk te gewees het, waardeur ons dan die nadeel sal ervaar. Dink bv. aan die ontslag van 'n duur maar baie produktiewe bestuurder van 'n onderneming. Die onderneming spaar dadelik koste, maar beleef na 'n rukkie dat sy omset in duie stort. Sou die regering besluit om bv. nie 'n gevangenis te bou nie, sal korrektiewe dienste dalk na 'n paar jaar met 'n seltekort sit. En wanneer mense nie meer op hul vakliteratuur inteken nie, bestaan die kans dat daar 'n agterstand in die kennis van die ontwikkeling in die beroep of die bedryf ondervind sal word.
Inhoud
Voorbeelde van besparings[wysig | wysig bron]
Vir die regering[wysig | wysig bron]
- Besnoeiing op werkloosheidsvergoeding deur die plafon of die duur te beperk, of die voorwaardes vir hertoetrede strenger te maak;
- Besnoeiing of afskaf van subsidies;
- Die aflas of uitstel van groot projekte, veral projekte met 'n verbruikerskarakter (gevangenis, verdediging, prestigeprojekte);
- Minder of geen nuwe personeel aanneem (bevriesing van vakature);
- Besnoeiing op werksvoordele;
- Die ontslag van personeel.
Vir ondernemers[wysig | wysig bron]
- Die vermindering of verwydering van onnodige uitgawes (sakereise, duur opleiding, duur motors, duur vakliteratuur);
- Lenings met hoër rentekoerse vinniger aflos;
- Die opskort van, of beperking op, bonusse en salarisverhogings;
- Minder of geen nuwe personeel aanneem (bevriesing van poste);
- Die ontslag van personeel;
- Besnoeiing op werksvoordele;
- In uiterste gevalle, teen streng voorwaardes, is selfs salarisverlagings moontlik.
Vir huishoudings[wysig | wysig bron]
- Die vermindering van verbruik.
- Skuif na 'n goedkoper woning. Wanneer mens 'n aangekoopte woning verkoop en verhuis na 'n huurwoning is daar egter geen sprake van 'n besparing nie, slegs likwidasie van vermoë.
- Minder met vakansie gaan.
- Meer moeite doen om die voordeligste verskaffer vir 'n produk te vind.
- Meer gebruik van afslag, aanbiedinge en uitverkopings.
- Lenings met hoër rentekoerse vinniger aflos.
Vir indiwidue[wysig | wysig bron]
- Skik vir 'n goedkoper produk (minder geleenthede, minder mooi/netjies, kleiner, minder lekker)
- Met vakansies, in plaas van na 'n ver bestemming reis, nader aan die huis bly, of gaan uitkamp in plaas van na 'n hotel of woonstel, of daguitstappies onderneem in plaas van iewers oornag.
- Op vakansie en daguitstappies: eet- en drinkgoed by 'n supermark koop, in plaas van by die gasvryheidsbedryf.
- Lees op die internet en gebruik van die biblioteek, in plaas van koerant- of tydskrifintekening, en die koop van boeke.
- Die motor verkoop en gebruik maak van openbare vervoer.
- Minder weggee aan liefdadigheid, familie en vriende, bedelaars; minder fooitjies gee.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:edb7e706-ae74-4e57-937e-810734faf291>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Besparing
|
2019-07-20T18:25:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00541.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999936 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
letterkunde
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
letterkunde | letterkundes |
- Van Latyn: 'litterae', meervoud van letter.
- let•ter•kun•de
- (wetenskap) Die studie van die literatuur, oftewel die tekste wat in 'n taal geskryf is.
- Die estetiese waarde van letterkunde lê in die skoonheid van taalgebruik en/of die gevoel wat dit by die leser aanwakker
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor letterkunde.
|
<urn:uuid:a271db05-d05e-4aac-8983-e813dee3da84>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/letterkunde
|
2019-07-23T06:47:38Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00373.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999568 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bruineend
Bruineend | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Netta erythrophthalma (Wied-Neuwied, 1833) |
Inhoud
IdentifikasieWysig
Die voël word 48 tot 51 cm lank en weeg 550 tot 950 gram. Dit is donkerbruin van kleur. Die mannetjie het 'n ligblou snawel en helderrooi oë. Die sye is bleker en kastaiingbruin. Die verskil baie van die bloubekeend. Tydens vlugte het beide geslagte 'n sigbare wit vlerkstreep wat tot op die hoofslagvere strek.
Die wyfie is donkerbruin, maar nie so besonderse donker-sjokoladebruin soos die mannetjies nie. Die wyfie het ligte gesigsvlekke op die basis van die snawel en die ander kenmerk is 'n wit sekelmaan agter die oog. Die jong voël lyk soos die wyfie, maar sonder die sekelmaan.
HabitatWysig
Die voëls leef by mere en damme en verkies dieper water.
DieetWysig
Hulle soek hoofsaaklik kos deur te duik maar wei en plas ook. Hul voedsel bestaan uit waterdiertjies en waterplante.
BroeigewoontesWysig
Die nes word tussen die riete, naby water gebou.
|
<urn:uuid:5d908b6f-e629-4757-a427-4ccd6d9fb211>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bruineend
|
2019-07-18T06:54:29Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00413.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999954 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Patriarg Pimen van Moskou
Patriarg Pimen | ||||
Kerk | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Setel | Moskou | |||
Termyn | 3 Junie 1971 – 3 Mei 1990 | |||
Russies | Пимен | |||
Kerkampte | ||||
Monnik | 5 Desember 1925 | |||
Priester | 25 Januarie 1932 | |||
Biskop | 17 November 1957 | |||
Voorganger | Patriarg Aleksi I | |||
Opvolger | Patriarg Aleksi II | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Geboortenaam | Sergei Michailowitsj Izwekof (Сергей Михайлович Извеков) | |||
Gebore | 23 Julie 1910 | |||
Geboorteplek | Bogorodsk, Russiese Keiserryk | |||
Oorlede | 03 Mei 1990 (op 79) | |||
Sterfteplek | Moskou, Sowjetunie | |||
Nasionaliteit | Russies | |||
Hy is as Sergei Michailowitsj Izwekof (Сергей Михайлович Извеков) op die dorp Bogorodsk naby Moskou gebore. Hy het in 1925 ’n monnik in die Sretenski-klooster in Moskou geword en daarna verskeie jare in kloosters en katedrale in Moerom, Odessa en Pskof deurgebring. In 1954 het hy hoof van die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei buite Moskou geword.
Pimen het ’n moeilike taak gehad: om die Ortodokse Kerk te lei onder die amptelik ateïstiese Kommunistiese Party. Hy het nou met die owerhede saamgewerk en aan verskeie vredeskonferensies van die regering deelgeneem. Hy het verskeie medaljes vir vrede ontvang en was van 1963 af lid van die Wêreldvredesraad. In 1988, aan die einde van sy termyn, het hy die duisendste herdenking van die kerstening van Roes' gereël.
|
<urn:uuid:61708732-fe41-4a64-9f76-02cd87201d5b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Patriarg_Pimen_van_Moskou
|
2019-07-18T09:31:25Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525587.2/warc/CC-MAIN-20190718083839-20190718105839-00525.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999792 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Kim Jong-oen
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Kim Jong-oen-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Spelling[wysig bron]
- https://www.netwerk24.com/Sake/Ekonomie/belangrikste-week-van-die-jaar-vir-rand-20180611
- K175 (bespreking | bydraes) 10:28, 11 Junie 2018 (UTC)
|
<urn:uuid:25588517-7b55-4912-82ec-5124d9bb98b2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Kim_Jong-oen
|
2019-07-17T06:47:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00117.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999322 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Kaapstad
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Kaapstad-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
'n Nuusitem in verband met Kaapstad is op 17 Julie 2018 op die Tuisblad onder In die nuus uitgelig. |
Inhoud
- 1 Toeriste-aantreklikhede
- 2 Image:Cape Town city flag.gif
- 3 VOIK?
- 4 City Bowl
- 5 Hoogte bo seevlak
- 6 Stukkende eksterne skakel
- 7 Stukkende eksterne skakel 2
- 8 Stukkende eksterne skakel 3
- 9 Stukkende eksterne skakel 4
- 10 Stukkende eksterne skakel 5
- 11 Uitstekende artikel! Pad Infrastruktuur....
- 12 Burgemeester
Toeriste-aantreklikhede[wysig bron]
Die Besienswaardighede, Inkopies en vermaak, en Vir die fynproewer afdelings behoort drasties opgesom te word na 'n Toerisme afdeling. Meeste van die inligting hoort eerder op WikiTravel.
- Ons sal dan eers 'n Afrikaanse Wikitravel moet skep. Die ander Wikipedia's bevat duidelik meer oorbodige inligting en onsin as die Afrikaanse weergawe - ek hou eintlik van die konsep om alle belangrike inligting in een artikel te kan lees. En solank as inligting vir toeriste op die internet meesal slegs in Engels beskikbaar is, bied ons Wikipedia 'n kompakte alternatief.--Voyageur 21:12, 24 November 2005 (UTC)
- Ek is ook sterk voorstander om allerlei relevante inligtinge in die artikels te plaas. Met name besienswaardigehede is 'n belangryke onderdeel van 'n ensiklopediese artikel. Danielm 10:48, 25 November 2005 (UTC)
- Ek stem saam dat (noemenswaardige) besienswaardighede in die artikel behoort (die Engelse artikel se Tourism afdeling beskryf inderdaad meer aantreklikhede as die Afrikaanse een, op die oomblik). My kommer is net met sekere van die inskrywings... Is (by voorbeeld) die lys van eetplekke, met adres en subjektiewe beskrywing, rêrig ensiklopedies?
- Om WP:WWIN#Wikipedia is not an indiscriminate collection of information te kwoteer:
- --Piet Delport 22:35, 25 November 2005 (UTC)
- Tja, je kunt natuurlijk bediscusseren of het wel neutraal is om het ene restaurant wel te noemen en de andere niet... Aan die andere kant is dit wel degelik nuttige ingligtinge vir die leser. Ek is persoonlik nie iemand wat probleme gaan soek wat daar nie is nie. Wat my betref kan dit blyf, op die moment dat restauranthouders in Kaapstad hier verhaal kom haal sien ons verder :) Danielm 18:13, 27 November 2005 (UTC)
Image:Cape Town city flag.gif[wysig bron]
VOIK?[wysig bron]
City Bowl[wysig bron]
Hoogte bo seevlak[wysig bron]
- Die Engelse Wikipedia sê Kaapstad is net 1,5 m bo seevlak! Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 04:55, 12 Junie 2009 (UTC)
Stukkende eksterne skakel[wysig bron]
During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case!
- http://kvaleberg.com/extensions/mapsources/index.php?params=33_55_S_18_27_E_
Stukkende eksterne skakel 2[wysig bron]
During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case!
- http://www.sentrum.co.za/Taal_in_Tyd_naam.html (archive)
Stukkende eksterne skakel 3[wysig bron]
During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case!
- http://www.etownship.co.za/content/view/52/81/ (archive)
Stukkende eksterne skakel 4[wysig bron]
- http://www.amybiehl.co.za/about-amy.htm (archive)
Stukkende eksterne skakel 5[wysig bron]
- http://www.borkenerzeitung.de/aktuelles/kultur/kultur/Buchmesse_in_Kapstadt_versucht_Welten_zu_verbinden.html
Uitstekende artikel! Pad Infrastruktuur....[wysig bron]
'n Baie mooi artikel, definitief voorblad kwaliteit. Onder Infrastrukttur kan daar dalk genoem word dat Kaapstad met doie res van Suid-Afrika vebind is met drie Nasionale paaie, N1 na Johannesburg, N2 kuslangs na Port Elizabeth en N7 na Namakwaland en Namibië. Groete! Oesjaar (kontak) 19:38, 29 Mei 2011 (UTC) NS ek het nie die moed om aan sulke artikels te karring nie!
- Jy mag gerus iets byvoeg of wysig. Ek weet ek het ook nog iewers iets oor die geskiedenis van vervoer in Kaapstad gelees wat ek al lank wou bywerk. --Voyageur (kontak) 18:18, 30 Mei 2011 (UTC)
Burgemeester[wysig bron]
- Since May it's been Patricia de Lille. Before her it was Dan Plato, and before him, Helen Zille :) Bezuidenhout (kontak) 09:42, 2 Junie 2011 (UTC)
Union Jack[wysig bron]
Ek het die wysiging (deur 22.214.171.124 ) van "Union Jack" na "Union Flag teruggerol. Hier staan dat dit 'n wanopvatting is dat "Union Jack" slegs na 'n vlag op 'n boot verwys: http://www.flaginstitute.org/wp/british-flags/the-union-jack-or-the-union-flag JCBrand (kontak) 09:14, 23 Junie 2015 (UTC)
- Hierdie beskrywing is van 'n militêre perspektief en is omstrede, denk ek. In die Verenigde Koninkryk, sal 'Union Jack' verkeerde oorweeg word. Ek verstaan die geskiedenis, maar ek dink dit is belangrik korrekte in vandag se taal te wees. 126.96.36.199 15:05, 25 Junie 2015 (UTC)
- In plaas van 'n eie mening uit te spreek, wat van geen ensiklopediese waarde is nie, verskaf eerder betroubare bronne om die wysiging te regverdig. Volgens die Engelse wikipedia oor "Union Jack" is die term nie slegs met betrekking tot skeepsvaart nie. https://en.wikipedia.org/wiki/Union_Jack JCBrand (kontak) 15:49, 25 Junie 2015 (UTC)
|
<urn:uuid:c65ba0ce-88b0-4aa6-8f80-147bf70e3747>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Kaapstad
|
2019-07-16T02:34:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00293.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998274 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Cannes-rolprentfees 1979
Datum | 10-24 Mei 1979 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 21 (In Kompetisie) 12 (Un Certain Regard) 11 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Hair | |
Afsluitingsfliek | Us Two (À nous deux) | |
Palme d'Or | Apocalypse Now The Tin Drum (Die Blechtrommel) |
Die 32ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 10-24 Mei 1979 gehou. Die Franse roman- en draaiboekskryfster Françoise Sagan was die voorsitter van die jurie. Altesaam 44 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Die Amerikaanse rolprent Apocalypse Now van die regisseur Francis Ford Coppola en die Wes-Duitse The Tin Drum (Die Blechtrommel) van Volker Schlöndorff het saam die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met die regisseur Miloš Forman se Hair en afgesluit met Us Two (À nous deux) van die regisseur Claude Lelouch.[3][4]
Belangrikste fliekpryse[wysig | wysig bron]
Prys | Rolprent | Regisseur | Land |
---|---|---|---|
Palme d'Or | Apocalypse Now The Tin Drum (Die Blechtrommel) |
Francis Ford Coppola Volker Schlöndorff |
Amerika Wes-Duitsland |
Grand Prix | Siberiade | Andrei Konchalovsky | Sowjetunie |
Caméra d'Or | Northern Lights | John Hanson, Rob Nilsson | Amerika |
Kortfilm-Palme d'Or | Harpya | Raoul Servais | België |
Tegniese Grand Prix | Norma Rae | Martin Ritt | Amerika |
Ander pryse[wysig | wysig bron]
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Terrence Malick | Days of Heaven | Amerika |
Beste akteur | Jack Lemmon | The China Syndrome | Amerika |
Beste aktrise | Sally Field | Norma Rae | Amerika |
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "1979 - Un Certain Regard, a Certain Smile". Besoek op 10 Desember 2013.
- "Awards 1979 : All Awards". Besoek op 10 Desember 2013.
- "Selection of the 1979 Festival". Besoek op 10 Desember 2013.
- "Lauren Bacall and Yves Montand special guests at the opening gala 1979". Besoek op 10 Desember 2013.
|
<urn:uuid:67fced28-432b-405e-b40c-3de6219a3991>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Cannes-rolprentfees_1979
|
2019-07-19T21:07:17Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00037.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.984177 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Tibet
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tibet. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie.
L
-
Bladsye in kategorie "Tibet"
Die volgende 22 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 22.
|
<urn:uuid:a07c052e-abdd-46cb-8e93-df0eece3b953>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Tibet
|
2019-07-22T08:08:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00477.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.993982 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde
(wysig)
Wysiging soos op 19:53, 10 September 2018
2 grepe bygevoeg
,
10 maande gelede
Uitleg van bronteks
SABS is ook die liggaam wat Suid-Afrika by die [[Internasionale Standaarde Organisasie]] ([[ISO]]) verteenwoordig.
==
Funksies van die SABS
==
Die SABS is werksaam op die volgende gebiede:
* Die SABS publiseer nasionale standaarde wat voorberei word deur konsensus in tegniese komitees en verskaf inligting oor nasionale standaarde van alle lande asook internasionale standaarde.
KabouterBot
Robotte
245 886
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1809914
"
|
<urn:uuid:77312a61-d7bc-45ec-a7e3-648125d6cc0f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1809914
|
2019-07-22T07:25:17Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00525.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999908 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Imker Hoogenhout
Imker Hoogenhout (*2 Februarie 1884, Wellington – † 19 November 1970, Wellington) was 'n skoolhoof, inspekteur van onderwys, sekretaris van die Departement Binnelandse Sake, administrateur van Suidwes-Afrika (tans Namibië) en Afrikaanse skrywer.[1] Die taalstryder C.P. Hoogenhout is sy pa.[2]
Inhoud
Lewe en werk[wysig | wysig bron]
Herkoms en vroeë lewe[wysig | wysig bron]
Petrus Imker Hoogenhout is op 2 Februarie 1884 op Groenberg naby Wellington gebore as een van ses kinders (vier seuns en twee dogters) van die bekende taalstryder Casparus Petrus Hoogenhout[2] en Catharina Maria Marais.[3] Hy ontvang sy laerskoolopleiding by sy vader in die Groenbergskool en sy hoërskoolopleiding by die Hoër Jongenskool Wellington, waar Robert MacCrone die hoof is. Hier slaag hy matriek met lof. Aan die Victoria Kollege op Stellenbosch verwerf hy hierna in 1904 die B.A.-graad en word as atleet die Kollege se Victor Ludorum.
Loopbaan[wysig | wysig bron]
Hierna gee hy vanaf 1905 vir twee jaar onderwys aan die Groenbergskool, wanneer hy sy pa aflos wat deur siekte nie sy pligte kan nakom nie. In hierdie tyd is hy ook kaptein van die Wellington Rugbyklub. Terwyl hy hier diens doen, skryf hy Afrikaanse woorde vir etlike Engelse liedere, die gewildste waarvan is Kom ons gaan blomme pluk in die vlei en Die brug op ons plaas. Laasgenoemde vertel van die brug op die plaas Optenhorst waar sy halfbroer, Pieter le Roux, die boer was en waar sy ouers na hul aftrede gaan woon het.
Hy behaal in hierdie tyd sy Onderwysdiploma in Kaapstad in die eerste klas. In Mei 1908 word hy vir ongeveer twee jaar aangestel as hoof van die Jeppe Hoërskool in Johannesburg, waarna hy vir sowat elf jaar hoof word van die Bethal Skool vir Christelike Nasionale Onderwys. In hierdie tyd skei die laerskool van die hoërskool en die hoërskool word na hom vernoem as die Hoërskool Hoogenhout. Dit is die eerste skool in Suid-Afrika wat na ’n private persoon vernoem word. ’n Borsbeeld van hom, geskep deur sy oudleerling Coert Steynberg, word mettertyd voor die skool opgerig.
Van 1920 tot 1927 is hy Inspekteur van Onderwys wat op Wolmaransstad gestasioneer is en die Wes-Transvaal bedien. In 1927 trek hy na Pretoria, waar hy die pos van hoofeksaminator van die Transvaalse Onderwysdepartement beklee tot aan die einde van 1929. Daarna word hy aangestel as Sekretaris van Binnelandse Sake en tree hy ook op as Voorsitter van die Staatsdienskommissie en van die Immigrasiekomitee. In 1937 word hy aangestel as eerste voorsitter van die Nasionale Padraad en later as Erekolonel van die Geniekorps van die Suid-Afrikaanse Weermag. As voorsitter van die Padraad is hy instrumenteel om die strategie van die nasionale paaie vas te stel en word daar besluit om alle nasionale paaie te teer. Gedurende die oorlogsjare is die Dutoitskloofpas gebou deur Italiaanse krygsgevangenes terwyl hy nog hoof van die Geniekorps is. Op 1 April 1943 word hy aangestel as Administrateur van Suidwes-Afrika en hy beklee hierdie posisie tot 6 Desember 1951, waarna hy aangestel word as Ambassadeur van Suid-Afrika in Den Haag in Nederland.
Persoonlike lewe en sterfte[wysig | wysig bron]
Hy trou met Sebastina Susanna Hendrina (Stienie) Goosen en ’n seun, Imker, word uit die huwelik gebore. Terwyl hy in Bethal is ontval sy eggenote hom in 1913 terwyl sy slegs 22 jaar oud is en hy trou later met Elizabeth Emma Muller, by wie hy twee seuns het, naamlik Hilgard, wat as loods tydens die Tweede Wêreldoorlog sneuwel, en Casper.[3]
Na sy aftrede in 1957 vestig hy hom op Vereeniging, waar sy vrou hom in 1962 ontval. Op 19 November 1970 is hy in Wellington oorlede, terwyl hy by sy seun Imker kuier. Hy word op Vereeniging langs sy tweede vrou begrawe.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Prosa[wysig | wysig bron]
Hy gee ’n beeld van die armoedige bestaan van die delwers in Op die delwerye, wat gebaseer is op sy ervarings as skoolinspekteur. In vyf sketse (Annie Losper, Hendrik Blits, Oom Piet Legransie, Intelligensie-toetse en Getrep) beeld hy die lief en leed van delwers uit. Van die karakters in die bundel is Annie Losper, die talentvolle dogter van ’n delwer wat die slagoffer word van armoede en onhigiëniese toestande; Hendrik Blits is ’n dronkaard maar het nog nie al sy fyner gevoelens verloor nie, soveel so dat hy nog sal baklei om ’n dier van mishandeling te red; en die gewese ouderling Piet Legransie vind uit dat hy eintlik nog altyd ’n mooiweer Christen was. Getrep beskryf die misdadiger-elemente van die delwerye. Die sketse bevat ’n paar goedgetekende tipes, maar munt nie uit deur indringende menslikheid nie, terwyl die ellendige toestande nie werklik tot lewe kom nie.
Sketse, gedigte en lirieke[wysig | wysig bron]
Van sy sketse en gedigte verskyn in Ons Land Kersmisnommer, De Goede Hoop en Die Huisgenoot. Die lirieke van die bekende volksliedjie Die brug op ons plaas word opgeneem in die versamelbundel My Afrikaanse verseboek, wat deur D.J. Opperman, M.A. Basson en E. Stumpf saamgestel is vir skoolgebruik.[4]
Skoolboeke[wysig | wysig bron]
Vir skoolleerlinge stel hy in die twintigerjare saam met ander ook die Lees met lus leesboekies saam. Om te voorsien in die groot behoefte aan handleidings vir onderwysers skryf hy saam met J.J.A. Schoeman nege boekies Afrikaanse Taaloefeninge, asook Afrikaanse idiome, spreekwoorde en segswyses.
Eerbewyse[wysig | wysig bron]
Die Hoërskool Hoogenhout op Bethal word na hom vernoem. ’n Borsbeeld van hom, geskep deur sy oudleerling Coert Steynberg, word mettertyd voor die skool opgerig.
Publikasies[wysig | wysig bron]
Jaar | Publikasies |
---|---|
1926 | Op die delwerye |
Skoolboeke | |
Schetsen uit de geschiedenis (saam met P.H. van der Velde) | |
Afrikaanse idiome, spreekwoorde en segswyse (saam met J.J.A. Schoeman) | |
Afrikaanse taaloefeninge (saam met J.J.A. Schoeman) | |
Lees met lus (samesteller, saam met J.P. Botha en P.M. van der Lingen) |
Bronnelys[wysig | wysig bron]
Boeke[wysig | wysig bron]
- Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk. Derde hersiene uitgawe. Tweede druk, 1964
- Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad. Tweede druk, 1984
- Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Eerste uitgawe, 1949
- Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Derde hersiene uitgawe, 1969
- Schoonees, P.C. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad, 1939 (derde druk)
- Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 1998
Internet[wysig | wysig bron]
- Kannemeyer, J.C. Die Burger: http://22.214.171.124/argief/berigte/dieburger/1999/05/29/3/16.html
Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron]
- Wellington Museum aantekeninge
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Genealogie Online: https://www.genealogieonline.nl/en/genealogie-hogenhout/I380.php
- Kannemeyer, J.C. Hoogenhout se seun Imker was ook onderwyser, digter. Die Burger, 29 Mei 1999
- Geni: https://www.geni.com/people/Petrus-Imker-Hoogenhout/6000000026117742063
- Nienaber, P.J. Die Huisgenoot: http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/33317/1941_3oct_p017%26049.pdf?sequence=1
- Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2002052250/
- Digitale Bibliotheek voor Nederlandse Letteren: http://www.dbnl.org/auteurs/auteur.php?id=hoog164
|
<urn:uuid:9bc43308-c229-427f-ac17-a3cf787c3488>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Imker_Hoogenhout
|
2019-07-19T21:08:31Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00301.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999983 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
The Times
The Times is 'n Britse dagblad wat in 1785 is deur John Walter gestig is. Die koerant heet aanvanklik The Daily Universal Register, maar die naam word in 1 Januarie 1788 na The Times verander. Tans word die koerant deur News International uitgegee, as deel van Rupert Murdoch se News Corporation.
John Walter was ook die eerste redakteur van die koerant. In 1803 onttrek hy en gee hy beheer aan sy seun oor, wat ook John Walter heet. Sy vader bring 16 maande in gevangenskap deur vir lasterlike beriggewing, maar die koerant bou 'n sterk reputasie in Europa, veral onder beleidmakers en finansiers.
Syfers vir Junie 2012 dui aan dat 400 000 eksemplare per dag verkoop word. Die markleier is egter die Daily Telegraph met 920 000 eksemplare per dag.
Eksterne skakelsWysig
- ( ) The Times Online
|
<urn:uuid:9953a2f0-e7e7-49aa-84e1-9d10de7daefc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/The_Times
|
2019-07-17T13:23:31Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525187.9/warc/CC-MAIN-20190717121559-20190717143559-00165.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999949 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Bea Benaderet
Bea Benaderet | |
Geboortenaam | Beatrice Benaderet |
---|---|
Geboorte | 4 April 1906 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 13 Oktober 1968 (op 62) |
Kinders | 2, insluitende Jack Bannon |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1926–1968 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Bea Benaderet (4 April 1906 – 13 Oktober 1968) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprent Tender Is the Night (1962) en in die televisiereekse The George Burns and Gracie Allen Show (1950), The Flintstones (1960), en Petticoat Junction (1963).
Inhoud
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1962: Tender Is the Night
- 2005: The Flintstones: First Family of the Stone Age
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1930: Looney Tunes
- 1949: Oboler Comedy Theatre
- 1950: The George Burns and Gracie Allen Show
- 1958: The George Burns Show
- 1960: The Flintstones
- 1960: The Bugs Bunny Show
- 1960: Peter Loves Mary
- 1960: Mister Magoo
- 1961: Top Cat
- 1961: The Yogi Bear Show
- 1962: The Beverly Hillbillies
- 1963: Petticoat Junction
- 1966: The Road Runner Show
- 1968: The Bugs Bunny/Road Runner Hour
- 1990: Merrie Melodies: Starring Bugs Bunny and Friends
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 1995: Pioneers of Primetime
Video's[wysig | wysig bron]
- 1986: Pepe Le Pew's Skunk Tales
- 1989: Bugs & Daffy: The Wartime Cartoons
- 1994: The Flintstones: Wacky Inventions
- 2005: Paul Henning & The Hillbillies
- 2005: The History of Hooterville
|
<urn:uuid:a8c0ec74-853c-4ee0-89fd-84fd1594ac33>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bea_Benaderet
|
2019-07-21T07:35:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00181.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.838492 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
English Electric Canberra
English Electric Canberra | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | English Electric |
Nooiensvlug | 13 Mei 1949 |
Vrygestel | 25 Mei 1951 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | VK: 900 |
Die English Electric Canberra is straalvliegtuig wat deur die Britse Lugmag gebruik is. Dit was hulle eerste straalaangedrewe bomwerper. Sekere modelle het meer as vyftig jaar diens gedoen vir die Britse Lugmag. Die Canberra is ontwerp om die De Havilland Mosquito te vervang met dieselfde visie: dié vliegtuig moes so hoog kon vlieg en vinnig wees dat wapens vir verdediging onnodig sal wees. Die Canberra was net so veelsydig as die Mosquito: dit was gebruik as 'n ligte bomwerper, gevorderde opleidingsvliegtuig en vir verkenning.
Die eerste prototipe, VN799, het sy nooiensvlug op 13 Mei 1949 voltooi te Warton onder beheer van toetsvlieënier, Roland Beamont. Die toetsvlugte het bewys dat die Canberra net so beweegbaar was op alle hoogtes as die Mosquito en dat ook goed hanteerbaar was teen lae snelhede. Verdere ontwikkeling het gelei tot die B.2 model wat in April 1950 die eerste keer gevlieg het. Dit is in diens gestel in Mei 1951 by Binbrook vir 101 Eskader en word toe amptelik die eerste straalaangedrewe bomwerper van die Britse Lugmag.
Die Britse Lugmag het baie Canberra's bestel en English Electric se produksie vermoë oorskry, gevolglik is kompeterende maatskappye soos Avro, Handley Page en Short aangestel ook van die vliegtuie te vervaardig.
'n Meer kragtiger model, die B.6, is in 1954/55 in diens gestel. Die Canberra het aktiewe diens gedoen in Maleisië asook tydens die 1956 Suezkanaal krises. Die Canberra was ook onder lisensie vervaardig in die Verenigde State vir die Amerikaanse Lugmag. Die eerste van 400 eenhede was uitgerol op 20 Julie 1953. Hierdie Amerikaanse Canberra's het baie aksie gesien tydens die Viëtnam-oorlog.
Daar is ook Canberra's onder lisensie vervaardig in Australië waar hulle bekend gestaan het as die MK-20. Die ontwerp was gebaseer op die Britse B-2 model. Die grootste verskille was dat die Australiaanse model groter brandstoftenks gehad het asook twee bemanningslede kon dra. In September 1958 het 2 Eskader van die Australise Lugmag aanvalle geloods op terroriste in die noorde van Maleisië; die eerste keer dat straal aangedrewe bomwerpers van Australië aanvalle loods. In 1967 was 2 Eskader ook na Viëtnam gestuur as deel van Australië se belofte vir hulp. Hier was hulle deel van die Amerikaanse Lugmag se 35ste Taktiese Vegtervleuel. 2 Eskader het ses persent van die vleuel se aanvalle gedoen en 16 persent van die suksesse behaal. Daar was 11,963 van aanvalle geloods in Viëtnam en 76,389 bomme gelos vir slegs die verlies van twee vliegtuie. Op 30 Junie 1982 het 2 Eskader hulle laaste aanval geloods voor hulle Viëtnam verlaat het.
Canberra's was ook verkoop aan Argentinië, Indië, Peru asook Nasa. Foto-verkenningsvliegtuie was vroeg reeds ontwikkel en is bekend as model PR.9. Hierdie vliegtuie is eers in 2004 deur die Britse Lugmag uit diens onttrek. In 2003 het die Canberra's van 39 Eskader 56 verkenningstogte voltooi oor Iran as ondersteuning vir die Britse en koalisiemagte.
Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Straalmotors met nabranders |
Vervaardiger | Rolls-Royce Avon 109 |
Kraglewering per motor | 3 405 kg stukrag |
Vlerkspan | 19,51 m |
Lengte | 19,96 m |
Hoogte | 4,75 m |
Vlerkoppervlakte | 89,19 m2 |
Maks. opstygmassa | 24 062 kg |
Maks. snelheid | 973km/h |
Operasionele hoogte | 14 634m |
Togafstand | 1 779km |
Klimvermoë | 1 220 m per minuut |
Bewapening | Tot 2,724 kg se bomme in die romp twee 454kg bomme onder vlerke |
Bron[wysig | wysig bron]
- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
|
<urn:uuid:f0a7b624-89c6-40b1-8fba-ee45c7d19f86>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/English_Electric_Canberra
|
2019-07-18T17:32:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00493.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999961 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
1861
jaar
1861 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1861 |
Kalenders | |
Jefferson Davis | |
Die jaar 1861 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 61ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
GebeureWysig
- 1 Januarie – Die Hervormingsoorlog kom tot 'n einde Meksiko.
- 27 Januarie – Ds. A.J. Begemann word as die eerste predikant van Pretoria bevestig.
- 29 Januarie – Kansas word die 34ste deelstaat van die Verenigde State.
- 18 Februarie – Jefferson Davis word in Montgomery, Alabama ingesweer as president van die Gekonfedereerde State van Amerika.
- 17 Maart – Die koninkryk Italië word geproklameer. Victor Emmanuel word koning.
- 12 April – Die Amerikaanse Burgeroorlog begin by Fort Sumter.
- 13 April – Fort Sumter gee oor.
- 8 Mei – Amerikaanse Burgeroorlog: Richmond, Virginië word verklaar as die hoofstad van die Konfederale State van Amerika.
- 24 Junie – Tennessee word die 11de deelstaat wat van die Verenigde State afskei en by die Gekonfedereerde State van Amerika aansluit.
- 21 Julie – Amerikaanse Burgeroorlog: Die eerste Slag van Bull Run vind plaas.
- In Rusland word die lyfeienskap opgehef.
GeboortesWysig
- Onbekend – Mehmet VI, die laaste sultan van die Ottomaanse Ryk († 1926)
- 13 Februarie – Ds. David Wilcocks, Afrikaanse predikant wat tronkstraf uitgedien het vir dankgebede ná Boereoorwinnings by Colenso en Magersfontein († 1944).
- 15 Februarie – Alfred North Whitehead, Brits-Amerikaanse filosoof, fisikus en wiskundige († 1947).
- 27 Februarie – Rudolf Steiner, Oostenrykse esoteriese denker, filosoof en opvoedkundige († 1925).
- 7 Mei – Rabindranath Tagore, Bengaalse digter en Nobelpryswenner († 1941).
- 21 Julie – Genl. Jan Celliers, Boerekryger († 1931).
- 10 Oktober – Fridtjof Nansen, Noorse ontdekkingsreisiger en wenner van die Nobelprys vir Vrede († 1930).
SterftesWysig
- 29 Mei – Joachim Lelewel, Poolse geskiedkundige, muntkundige en vryheidsvegter (* 1786).
- 6 Junie – Camillo Benso di Cavour, die vader en argitek van Italiaanse eenheid (* 1810).
- 25 Junie – Abdülmecid I, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1823).
- 29 Junie – Elizabeth Barrett Browning, Engelse digteres.
- 14 Desember – Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha, later SKH die Prinsgemaal, was die eggenoot van koningin Victoria (* 1819).
|
<urn:uuid:9390a372-9d66-4ef1-b6eb-a8a48536bc77>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1861
|
2019-07-21T08:25:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00533.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999733 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Boesmanshoekpas
Die Boesmanshoekpas is 'n bergpas op 'n ondergeskikte geteerde pad tussen Molteno en Sterkstroom. Die pas is 10 km noordwes van Sterkstroom en gaan tussen die Bamboesberg en Stormberg deur. Hierdie roete word ook deur die spoorlyn gevolg. Die pas bereik sy hoogste punt op 1707 m bo seespieël en dit het 'n maksimumhelling van 1:10.
|
<urn:uuid:89135848-ebe6-4bad-8c65-b6bd0d2deb41>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Boesmanshoekpas
|
2019-07-17T16:52:24Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00125.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999973 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Jerry Collins
Bynaam | Terminator | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 4 November 1980 | ||||
Geboorteplek | Apia, Samoa | ||||
Sterftedatum | 5 Junie 2015 (op 34) | ||||
Sterfteplek | Béziers, Frankryk | ||||
Lengte | 1,91 m | ||||
Gewig | 108 kg | ||||
Skool | St. Patrick’s-kollege | ||||
Universiteit | Victoria-universiteit | ||||
Vername familie | Tana Umaga | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank, agtsteman | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Northern United | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–2009 2009–2011 2011–2013 2015 |
Toulon Ospreys Yamaha Júbilo RC Narbonne |
22 56 11 8 |
(20) (30) (5) (15) | ||
korrek soos op 5 Junie 2015. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1999–2007 | Wellington | 47 | (55) | ||
korrek soos op 5 Junie 2015. | |||||
Superrugby | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2001–2008 | Hurricanes | 85 | (27) | ||
korrek soos op 5 Junie 2015. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2001–2007 | Nieu-Seeland | 48 | (25) | ||
korrek soos op 5 Junie 2015. |
Inhoud
Vroeë loopbaan[wysig | wysig bron]
Collins is gekies vir die Nieu-Seelandse Hoërskolespan terwyl hy vir St. Patrick’s-kollege, in Wellington se eerste span gespeel het in 1997 en 1998. Tydens die 1999 Wêreld Juniorkampioenskap (o/19) is Collins aangewys as speler van die toernooi as deel van ’n seëvierende Nieu-Seelandse span. Hy was ook die eerste speler van daardie groep om vir die All Blacks gekies te word.
Professionele loopbaan[wysig | wysig bron]
Collins het sy debuut vir Wellington in die NPC in 1999 gemaak en in 2001 vir die Hurricanes. Hy het tussen 2001 en 2008 in geheel in 78 wedstryde vir die Hurricanes gespeel, waaronder die eindstryd van die 2006 Super 14-seisoen teen die Crusaders op Jade-stadion.
Nadat hy in 2001 sy buiging vir die All Blacks gemaak het, het Collins in 48 toetse gespeel en vyf drieë gedruk. In Junie 2006 was hy kaptein van die All Blacks in ’n eenmalige toets teen Argentinië waarin die All Blacks met 25– 19 gewen het in Buenos Aires. Collins het tydens hierdie geleentheid die 61ste kaptein van Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan geword. Hy is ook as kaptein benoem vir Nieu-Seeland se wedstryde teen Portugal en Roemenië gedurende die Rugbywêreldbeker 2007.
Collins het in Mei 2008 uit internasionale rugby getree. Kort daarna het hy in ’n rugbyligawedstryd in die Wellingtonkompetisie gespeel maar hy was onder ’n ander naam geregistreer, waarvoor die span ’n boete opgelê is.[1]
Ná Nieu-Seeland se uittog uit die Rugbywêreldbeker 2007 het Collins in Oktober in Devon vakansie gehou waar hy deur Kevin Squire, Barnstaple se hoofafrigter gewaar wat hom genooi het oor ’n naweek na ’n wedstryd te kom kyk. Tot die verbasing van die klub het Collins opgedaag, waarop hulle hom gevra het of hy sou omgee om ’n afrigtingsessie met die juniorspan te hou. Squire het na afloop hiervan gevra of daar enigiets is wat hy vir Collins kan doen, waarop Collins geantwoord het dat hy net eenvoudig rugby wil speel. Die volgende Saterdag het Collins vir die klub se tweede span uitgedraf teen Newton Abbott. ’n Paar weke later, in ’n wedstryd vir die Barbarians, het Collins met Barnstaple se kouse uitgedraf.
Nadat hy die Hurricanes verlaat het, het Collins in die 2008/’09-seisoen vir Toulon gespeel en hom by Sonny Bill Williams aangesluit in die klub se aggressiewe werwingsveldtog.[2] In Mei 2009 het hy ’n tweejaarkontrak met Ospreys in Swansea onderteken. Hy is vir die 2009/’10-seisoen as die Spelers se Speler aangewys.
Daarna het hy vir Yamaha Júbilo in die Topliga in Japan gespeel, waarby hy aan die begin van die 2011-seisoen aangesluit het. Hy het in 2013 vir die oud-All Black-span teen Fidji gespeel en 2014 sy stewels vir die jaar weggebêre.
In Januarie 2015 het Collins ’n kontrak met die Franse klub Racing Club Narbonne geteken waar hy hoofsaaklik gespeel het wanneer Rocky Elsom beseer was.
Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]
Collins was ’n neef van Tana Umaga, oud-All Black-kaptein en spanmaat by die Hurricanes.
In Maart 2013 is hy in ’n afdelingswinkel in Hamamatsu gearresteer nadat hy met ’n 17 cm lang mes gewaar is.[3][4] Vriende van hom het beweer dat hy die mes om selfverdedigingsredes by hom gedra het nadat hy met sy lewe gedreig is.[5][6] Sy toetse vir verbode middele was negatief. ’n Paar dae na die arrestasie het Collins gesê dat hy “verlig” was om gearresteer te word omdat hy vir sy lewe gevrees het.[7]
Afsterwe[wysig | wysig bron]
Collins is op die oggend van 5 Junie 2015 oorlede nadat ’n bus met sy motor gebots het op die A9 autoroute naby Béziers in die suide van Frankryk. Sy vrou, Alana, is ook in die ongeluk oorlede terwyl sy twee maande oue babadogter Ayla in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Montpelliers geneem is.[8][9][10] Sy woon tans by haar ouma in Kanada.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Profiel op Allblacks.com
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) "Jerry Collins se ligaskuif nie 'n slim besluit". Stuff.co.nz. 10 Junie 2008. Besoek op 5 Junie 2015.
- ( Rob Wildman (7 Augustus 2008). ) "Sonny Bill Williams keer rug op rugbyliga vir Toulon". Telegraph. Besoek op 5 Junie 2015.
- ( ) "Jerry Collins na bewering in Japan gearresteer". 3 News. 17 Maart 2013.
- ( ) "Voormalige All Black se arres in Japan bevestig". Radio NZ. 18 Maart 2013.
- ( ) "Jerry Collins dra met vir 'selfverdediging'". 3 News. 18 Maart 2013.
- ( ) "Oud-All Black Jerry Collins in Japan gearresteer". Dominion Post. 18 Maart 2013.
- ( ) "Jerry Collins verlig na arrestasie". 3 News NZ. 26 Maart 2013.
- ( ) "Voormalige All Black Jerry Collins en vrou Alana Madill sterf in motorongeluk in Frankryk". Mail Online.
- ( ) "Oud-All Black Jerry Collins sterf in motorongeluk in Frankryk". The New Zealand Herald. 5 Junie 2015. Besoek op 5 Junie 2015.
- ( ) "Voormalige All Black Jerry Collins sterf in motorongeluk". Guardian. 5 Junie 2015. Besoek op 5 Junie 2015.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:e91f5228-abf8-45b7-84b8-2425cf2e1d02>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Jerry_Collins
|
2019-07-17T17:05:19Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00125.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999971 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Catalogue of Galaxies and of Clusters of Galaxies
Die Catalogue of Galaxies and of Clusters of Galaxies, ook kortweg die Zwicky-katalogus genoem, is ’n katalogus wat deur die Switserse sterrekundige Fritz Zwicky en kollegas saamgestel is van sterrestelsels en sterrestelselswerms. Die afkorting "CGCG" en "ZWG" word in die katalogus vir die voorwerpe gebruik.
Tussen 1961 en 1968 het Zwicky ses volumes van die katalogus by die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie gepubliseer. Dit is gebaseer op foto's van die lugruim en bevat sowat 30 000 sterrestelsels en sowat 10 000 swerms. Die doel was om alle sterrestelses helderder as 15,5 mag noord van 30° suidelike breedtegraad te lys, asook alle helder, sterrestelselryke swerms in dié gebied. Die posisies en helderheid van die sterrestelsels word aangegee en die swerms word geklassifiseer volgens soort. Die ledetal, posisie, grootte en geskatte afstand word ook aangegee.
Bronne[wysig | wysig bron]
- Herzog, E., Wild, P., Zwicky, F.: A New Catalogue of Bright Galaxies and Clusters of Galaxies. In: Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 69. 1957, 409.
- Zwicky F. et al.: Catalogue of galaxies and of clusters of galaxies. California Institute of Technology, 1961–1968, 6 volumes
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
|
<urn:uuid:5ae6bd92-cf76-406c-a103-57d6b3237f25>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Catalogue_of_Galaxies_and_of_Clusters_of_Galaxies
|
2019-07-18T21:39:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00285.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998809 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Harmonium
'n Harmonium (ook 'n traporrel of serfyn genoem) is 'n klawerinstrument soortgelyk aan 'n orrel. Die instrument blaas lug oor pype wat die note voortbring. 'n Harmonium klink baie soos 'n trekklavier.
Lugvloei word deur 'n blaas- of suigbalk opgewek. As die note op die klawerbord gedruk word, word lug vrygestel om oor die verskillende pype te vloei, wat elk 'n ander noot produseer. Die instrument kan ook registers hê, wat die lug na 'n ander stel pype gelei. As 'n blaasbalk gebruik word, wat 'n drukwind opwek, word dit 'n harmonium met bodruk genoem. 'n Harmonium met onderdruk werk met 'n suigbalk, wat 'n suigwind veroorsaak.
Lugvloei word meestal deur die trap van die voet bewerkstellig. Dit laat beide hande vry om die klawers te speel. Sommige harmoniums word egter met die hand gepomp. Hierdie instrumente word met net een hand bespeel, omdat die ander hand gebruik word om die lugvloei te reguleer.
Vanweë die tipe klank wat die instrument voorbring is dit vroeër algemeen in kerke gebruik. Vir die rede word daar soms oneerbiedig van 'n psalm-pompie gepraat.
|
<urn:uuid:d1e3c411-e16a-4d34-adca-e709e4fb7288>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Traporrel
|
2019-07-21T10:49:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00069.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000008 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Barack Obama
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Barack Obama-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Hawaiïaanse of Hawaiïese[wysig bron]
- Nederlands het wél "Hawaiiaans", maar dit is blykbaar nie in Afrikaans gebruiklik nie. --Voyageur (kontak) 17:45, 6 November 2008 (UTC)
Stukkende eksterne skakel[wysig bron]
During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case!
- http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2008/11/16/AR2008111600753.html
|
<urn:uuid:a8a01a08-68c2-4e15-a49a-69d92a8328e0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Barack_Obama
|
2019-07-21T11:19:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00309.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99202 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bloemfonteinse Stadskouburg
Stad of dorp | Bloemfontein | |
Land | Suid-Afrika | |
Sitplekke | 464 | |
Geopen | 15 April 1959 |
Die Bloemfonteinse Stadskouburg is ’n teater in Markgraaffstraat, Bloemfontein.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Dit is op 15 April 1959 ingewy as een van die eerste formele stadskouburge in die land. Die eerste opvoering was Hellersee deur W.A. de Klerk.[1] Die Bloemfonteinse Teatergroep en Bloemfontein Repertory Society het die teater met sy 464 sitplekke gebruik vir ballet, opera en toneel. Dit het later die eerste tuiste van Sukovs geword.
Van die talle opvoerings in die Stadskouburg was Frank Staff se balletproduksie van N.P. van Wyk Louw se Raka, die Nasionale Toneelgeselskap se The Prisoner met André Huguenet in sy laaste rol in 1961, Moeder Courage met Anna Neethling-Pohl in 1973 en N.P. van Wyk Louw se omstrede Die Pluimsaad Waai Vêr in 1966[2] waarvoor Van Wyk Louw deur die destydse eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, aangeval is.[3] Hoewel Sukovs later na die Sand du Plessis-teaterkompleks getrek het, is die Stadskouburg steeds gebruik, veral deur toer- en amateurgeselskappe.
Die gebou het die afgelope tyd verwaarloos geraak.[4]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Jules Venter leef vir gimnastiek, Volksblad, 23 Maart 2012 URL besoek op 5 Maart 2013
- The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 5 Maart 2013
- The Presidency (pdf) URL besoek op 5 Maart 2013
- Onderskrif, Volksblad, 24 Januarie 2013 URL besoek op 5 Maart 2013
|
<urn:uuid:5372aa32-e304-48d1-b6bd-8e8ed4841a00>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bloemfonteinse_Stadskouburg
|
2019-07-22T18:38:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00101.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999912 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Celia Adler
Jump to navigation
Jump to search
Celia Adler | |
Geboortenaam | Celia Feinman Adler |
---|---|
Geboorte | 6 Desember 1889 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 31 Januarie 1979 (op 89) |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1937–1961 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Celia Adler (6 Desember 1889 – 31 Januarie 1979) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Where Is My Child? (1937) en The Naked City (1948), en in die televisiereekse The Goldbergs (1949) en Naked City (1958).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1937: Where Is My Child?
- 1948: The Naked City
- 1984: Almonds and Raisins
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1949: The Goldbergs
- 1958: Naked City
|
<urn:uuid:76d06f6c-03a5-4de4-bec0-0b1b3f3dc64d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Celia_Adler
|
2019-07-17T19:20:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00453.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.996362 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Des Moines
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Iowa |
Administratiewe distrik (county) | Polk, Warren, Dallas |
Koördinate | Koördinate: |
Gestig op | 1843 |
Geïnkorporeer op | 22 September 1851 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 214 vk km |
Hoogte bo seevlak | 291 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 203 433 |
- Bevolkingsdigtheid | 971,2/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 569 633 |
Tydsone | CST (UTC -6) |
- Somertyd | CDT (UTC -5) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,5 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -7 / 24,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 882 mm |
Burgemeester | Frank Cownie |
Amptelike webwerf | dmgov.org |
Hoofstede van die Verenigde State | ||||
---|---|---|---|---|
|
<urn:uuid:73ac9789-33eb-4306-892b-a54bf38c3bf8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Des_Moines
|
2019-07-20T07:13:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00213.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.916462 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
In Skriflig (Online) vol.47 n.1 Pretoria Jan. 2013
BOOK REVIEW
Pieter H. Heystek
Reformed Church, Pretoria-Montanapoort
Book title: 'n Bril vir Bybel lees ... en vir die lewe
Book Cover:
Author: K. Delport
ISBN: 978-0-620-50098-2
Publisher: Mybook, 2011, R100.00
*Book price at time of review
Delport poog om 'n 'bril' vir Bybel lees te ontwerp. In tien hoofstukke verduidelik die skrywer hoe 'n leesbril saamgestel kan word. In hoofstuk 11 word met die bril na die res van die Skrif gegaan en word Delport se hermeneutiese bril van toepassing gemaak op onder andere Psalm 23, 137; 1 Samuel 15; Handelinge 5:1-11; 1 Korintiërs 11:2-16 en Filippense 1:27-2:4. In hoofstuk 12 skryf Delport oor ' Sommige vrae waarmee die leesbril ons laat.' Hy stel dit duidelik dat die Job-bril nie onfeilbaar is nie, alhoewel dit moontlike maar nie finale antwoorde gee nie.
Die outeur ontwerp 'n leesmetode, 'n Bybelkode waardeur die Bybel verstaan kan word. Delport noem dit die Job-bril of die Job-kode. Hy is van mening dat daar baie mense is wat net so deurmekaar voel oor die Bybel soos hy. In 'n moeilik verstaanbare uiteensetting van die boek Job meen die outeur dat die Job-bril uit minstens een algemene vraag en drie spesifieke vrae bestaan.
Die algemene vraag is naamlik waarom die Here hierdie gedeelte in die Bybel laat opneem het. Die spesifieke Job-vrae is die volgende:
• Wat sê hierdie gedeelte oor die Here?
• Wat sê hierdie gedeelte oor die gelowige of die mens of menslikheid?
• Wat sê hierdie gedeelte oor verhoudings?
Die motief vir die skryf van hierdie boek is verstaanbaar, maar die meriete van die Job-bril is myns insiens moeilik verantwoordbaar. Die ontwerp van die Job-kode is moeilik in die hoofstukke volgbaar. Die gebruik van baie subopskrifte in byna elke hoofstuk het tot gevolg dat 'n mens die denklyn van Delport moeilik volg. Denkspronge maak dit verder moeilik om die logiese opbou in die ontwerp van die Job-kode te volg. Die meriete van die boek kom hierdeur in die gedrang. Die feit dat Skrifverklaring ten diepste genadewerk is, asook die grondbeginsel van 'sacra scriptura sui ipsius interprets' word nie na behore aangespreek nie. Die eerste vereiste by die verklaring van die Skrif, naamlik dat die Skrif vir homself moet praat, word ook nie direk verreken nie. Die Skrif moet as geheel benader word en daarom moet Skrif met Skrif verklaar word, eerder as deur 'n spesifieke 'bril' of 'kode'.
Die boek word aanbeveel vir lesers wat vakwetenskaplik in die Hermeneutiek belangstel.
Correspondence:
Pieter H. Heystek
PO Box 1687
Montanapark 0159, South Africa
Email: [email protected]
|
<urn:uuid:40cb7206-2a3b-4c07-9af3-e2a86f378fc2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2305-08532013000100080&lng=en&nrm=iso&tlng=en
|
2019-07-21T12:36:34Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00373.warc.gz
|
by
|
3.0
|
a_tag
| false | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000003 |
{
"abbr": [
"by",
"by"
],
"in_footer": [
false,
false
],
"in_head": [
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Erfgooier
Erfgooier is 'n benaming vir 'n boer in die Gooi ('n streek in Nederland), wat gebruiksregte van Floris V verkry het en hul afstammelinge wat tot in die vorige eeu geboer het. Die gebruikersregte is deur Floris V van Holland in die dertiende eeu aan hulle toegeken. Een van die gebruiksregte was die reg om vee te 'skaar' (laat graas) op gemeenskaplike gronde, 'meenten' genoem. Die erfgooiervolk was vergeleke hul tydgenote bevoorreg omdat heelwat boere in andere plase nog horige was terwyl die erfgooiers altyd vry boere gewees is.
Deur die loop van die jare het die erfgooiers gereeld in konflik gekom met koninge en edele. Baie maghebbers het gestreef om die regte van die erfgooiers te ontneem, maar het nooit geslaag hierin.
'n Erfgooier kan jy alleen wees, as jy kon bewys dat jou voorouers in hierdie streek vanaf die dertiende eeu of langer geboer het.
Die erfgooiersgeskiedenis reik uit van 968 tot in 1979.
|
<urn:uuid:898289c7-d6b1-4631-b537-e62b8ba49487>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Erfgooier
|
2019-07-20T07:53:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00309.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999935 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Emma Kenney
Jump to navigation
Jump to search
Emma Kenney | |
Geboortenaam | Emma Rose Kenney |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 2009–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Emma Kenney (gebore 14 September 1999) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Bittersweet (2008), Day Camp (2009), en Epic (2013), en in die televisiereeks Shameless (2011).
Inhoud
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 2008: Bittersweet
- 2009: Day Camp
- 2013: Epic
- 2018: Sum of Us
- 2019: Robert the Bruce
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 2011: Shameless
- 2018: The Conners
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 2009: Green Apples
Video's[wysig | wysig bron]
- 2011: Bringing Shameless to America
- 2011: Shameless: Bringing the Fun to Dysfunctional
- 2012: Juvenile Delinquents: A Shameless Actor Discussion
- 2014: Shameless: Season 4, Being Gallagher
- 2014: Shameless: Season 4, Shameless Neighbors
- 2017: Shameless: Season 7 - Growing Up Shameless
|
<urn:uuid:574b2690-36fb-44f0-8ac9-67d478dfb3f6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Emma_Kenney
|
2019-07-19T02:34:41Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00173.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.947031 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Senegal
Nasionale leuse: Un Peuple, Un But, Une Foi (Frans vir: "Een volk, een doel, een geloof") | |||||
Volkslied: le Lion rouge (Frans vir: "Die rooi leeu") | |||||
Hoofstad | Dakar
Grootste stad | Dakar | ||||
Amptelike tale | Frans • Wolof (lingua franca) | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Macky Sall Mahammed Dionne | ||||
Onafhanklikheid | 20 Junie 1960 20 Augustus 1960 22 Januarie 2001 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
196 712[1] km2 (86ste) 75 951 myl2 2,1 | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2016-sensus - Digtheid |
15 411 614[2] (72ste) 14 668 522 68,7 / km2 (134ste) 177,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,505[4] (164ste) – laag | ||||
Gini (2011) | 40,3[5] – medium | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XOF )
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .sn | ||||
Skakelkode | +221 | ||||
a. met Frans-Soedan binne die Mali-Federasie. |
Senegal (Wolof: Senegaal; Frans: Sénégal, ), amptelik die Republiek Senegal (Wolof: Réewum Senegaal; Frans: République du Sénégal), is 'n land suid van die Sénégalrivier in Wes-Afrika. Senegal word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, Mauritanië in die noorde, Mali in die ooste en Guinee en Guinee-Bissau in die suide. Gambië vorm 'n enklawe binne Senegal om die Gambiërivier vir meer as 300 km in die binneland in. Die Kaap Verde-eilandgroep lê ongeveer 560 km wes van die Senegalese kus af.
Senegal beslaan 'n oppervlakte van 196 712 km² en het 'n bevolking van 15 411 614 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Dakar aan die westelikste punt van die vasteland van Afrika. Sedert 2014 word in Diamniadio 'n tweede regeringsetel opgerig.[6] Ander belangrike stede sluit in Thiès en Touba. Senegal vorm die mees westelike land op die vasteland van die Ou Wêreld en Afrika-Eurasië.[7] Die kremetartboom en die leeu vorm die twee nasionale simbole van Senegal; albei is in erkenning aan dié land se ryk natuurlewe gekies.[8]
Die gebied van Senegal vorm sedert die 12de eeu deel van die Islamitiese wêreld en is sedertdien deur verskeie Afrika-ryke oorheers. In 1895 het dit 'n Franse kolonie geword en in 1946 deel van die Franse Unie. Op 4 April 1960 het Senegal saam met Mali die Mali-Federasie gevorm en van Frankryk onafhanklik geword, maar dié federasie is reeds op 20 Augustus 1960 weer ontbind. Op 1 Februarie 1982 het Senegal saam met Gambië die Senegambiese Konfederasie gestig, wat op 30 September 1989 weer ontbind is nadat Gambië geweier het om nader aan 'n unie te beweeg. Senegal spog met 'n stabiele demokrasie en ekonomiese groei. Dit is 'n lid van die Afrika-unie, die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state (ECOWAS) en die Organisasie van Islamitiese Samewerking (OIS).
Inhoud
Etimologie[wysig | wysig bron]
Die landsnaam is afgelei van die Sénégalrivier, wat dié land in die noorde en ooste begrens. Die naam "Senegal" is dalk ontleen van die Wolof-woord Sunuu Gaal, wat "ons boot" beteken. Volgens 'n ander teorie het die naam sy oorsprong in 'n Portuguese transliterasie van die Zenaga, ook bekend as Sanhaja, se naam of 'n kombinasie van die opperste godheid in die Serer-godsdiens (Rog Sene) en o gal wat "waterliggam" in die Serer-taal beteken.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Argeologiese ontdekkings in die hele gebied dui aan dat Senegal in prehistoriese tye bewoon was. Islam, die dominante geloof in Senegal, kom vir die eerste keer na die gebied in die 11de eeu, toe die Almoravide-dinastie van Noord-Afrika veldtogte in die hedendaagse Senegal geloods het. Vandag is 95% van die land se bevolking Moslems. In die 13de en 14de eeue kom die gebied onder die invloed van die Mandingo-ryke oos daarvan; die Jolof-ryk van Senegal word ook in die tydperk gestig. Van die ander mededingende ryke sluit in Mali en Songhai. Verskeie Europese moondhede soos Portugal en Nederland kom na die gebied vanaf die 15de eeu, totdat Frankryk in besit kom van wat 'n belangrike vertrekpunt binne die Atlantiese slawehandel sou word. Geriewe op die eiland Gorée net suid van Dakar getuig tot vandag toe daarvan.
Tydens die Sewejarige Oorlog (1756–1763) is die gebied van Senegal deur die Koninkryk van Groot-Brittanje beset en met die daaropvolgende Verdrag van Parys in 1763 deur Frankryk afgestaan. Nadat Frankryk die jonge Verenigde State van Amerika tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1775–1783) teen die Verenigde Koninkryk ondersteun het, het Senegal met die Vrede van Parys in 1783 'n Franse kolonie geword, terwyl Gambië by die Britse Ryk ingelyf is. Tussen 1902 en 1904 het die kortstondige Senegambië en Niger onder Franse koloniale gesag bestaan.
In Januarie 1959 smelt Senegal en Frans-Soedan saam om die Mali-Federasie te vorm wat ten volle onafhanklik word op 20 Junie 1960, as 'n uitvloeisel van die "Onafhanklikheid en oordrag van mag"-ooreenkoms wat op 4 April 1960 met Frankryk geteken is. As gevolg van politieke struikelblokke ontbind die Federasie op 20 Augustus 1960. Senegal en Frans-Soedan (herdoop tot die Republiek Mali) verklaar onafhanklikheid. Léopold Sédar Senghor word in Augustus 1960 verkies as Senegal se eerste president. Hy het die teks van die Senegalese volkslied, le Lion rouge ("Die rooi leeu"), persoonlik geskryf.
Na die ontbinding van die Mali-Federasie regeer president Léopold Sédar Senghor en eerste minister Mamadou Dia saam in 'n parlementêre stelsel. In Desember 1962 lei hulle politieke wedywering tot 'n staatsgreeppoging deur eerste minister Dia. Alhoewel dit sonder bloedvergieting onderdruk is, word Dia gearresteer en tronk toe gestuur. Senegal neem 'n nuwe grondwet aan wat die president se mag konsolideer. In 1980 besluit president Senghor om uit die politiek te tree en handig die leisels in 1981 aan sy keuropvolger, Abdou Diouf, oor.
Senegal verenig met Gambië in 'n nominale konfederasie, Senegambië, op 1 Februarie 1982. Die unie word egter in 1989 ontbind. Ten spyte van vredesamesprekinge bots 'n suidelike separatistegroep in die Casamance-omgewing sedert 1982 sporadies met regeringsmagte. Senegal het 'n lang geskiedenis van deelname in internasionale vredebewaring.
Abdou Diouf was president tussen 1981 en 2000. Hy moedig breër politieke deelname aan, verminder regeringsbetrokkenheid by die ekonomie en verbreed Senegal se diplomatieke betrekkinge, veral met ander ontwikkelende lande. Binnelandse politiek loop per geleentheid oor tot straatgeweld, grensspanning en 'n gewelddadige separatiste beweging in die suidelike streek, Casamance. Nogtans versterk Senegal sy verbintenis tot demokrasie en menseregte. Diouf dien vier termyne as president. In die presidensiële verkiesing van 2000 word hy verslaan, in 'n vrye en regverdige verkiesing, deur opposisieleier Abdoulaye Wade. Senegal ondervind sy tweede vreedsame oorgang in mag en die eerste van een politieke party tot 'n ander. Op 22 Januarie 2001 is die vierde en huidige grondwet van Senegal na 'n referendum goedgekeur.
Op 30 Desember 2004 kondig president Abdoulaye Wade aan dat hy 'n vredesverdrag met die separatistegroep in die Casamancegebied sou teken. President Macky Sall het in Desember 2012 vredesgesprekke met rebelle in Rome gevoer.[9]
In Maart 2012 is Macky Sall tot nuwe president van Senegal verkies en het Abdoulaye Wade opgevolg. Hierdie vreedsame en demokratiese oorgang is deur baie buitelandse waarnemers, soos die Europese Unie, verwelkom en as 'n voorbeeld vir Afrika geloof.[10]
Geografie[wysig | wysig bron]
Senegal is geleë aan die weste van die Afrika-vasteland. Die Saharawoestyn is net noord een oos van van Senegal geleë en word deur die gelyknamige rivier van dié land geskei; Senegal maak dus deel uit van Afrika suid van die Sahara. Die noorde word deur die minder droë en meer vrugbare Sahel gekenmerk en die suide deur die Soedangebied. Laasgenoemde ontvang meer reënval as die Sahel en is geskik vir landbou.
Die Senegalese landskap bestaan hoofsaaklik uit golwende sanderige vlaktes van die westelike Sahel wat tot voetheuwels in die suidooste styg. Hier word ook Senegal se hoogste punt aangetref, 'n andersins naamlose 581 m hoë punt naby Nepen Diakha. Die noordelike grens word gevorm deur die Sénégalrivier, ander riviere sluit in die Gambia en die Casamancerivier. Die hoofstad Dakar lê op die Cap-Vert-skiereiland, die mees westelike punt van vasteland Afrika.
Klimaat[wysig | wysig bron]
Senegal beskik oor 'n tropiese klimaat met aangename warmte dwarsdeur die jaar met goed gedefinieerde droë en vogtige seisoene wat die gevolg is van noordoostelike winterwinde en suidwestelike somerwinde. Die droë seisoen (Desember tot April) word oorheers deur warm en droë harmattan-winde.
Dakar se jaarlikse reënval van omtrent 600 mm kom tussen Junie en Oktober voor wanneer die gemiddelde temperature wissel tussen maksimaal 30 °C (86 °F) en minimaal 24,2 °C (75,6 °F); die kwik bereik tussen Desember en Februarie 'n maksimum van 25,7 °C (78,3 °F) en 'n minimum van 18 °C (64,4 °F).[11]
Binnelandse temperature is hoër langs die kus (byvoorbeeld is die gemiddelde daaglikse temperatuur in Kaolack en Tambacounda gedurende 30 °C (86 °F) en 32,7 °C (90,9 °F), onderskeidelik, vergelyk met Dakar se 23,2 °C (73,8 °F),[12] en die reënval styg aansienlik verder suid, met jaarliks hoogstens 1500 mm (59,1 in) in sommige gebiede.
In die verre binneland van Tambacounda, veral langs die grens met Mali waar die woestyn begin, kan die kwik tot 54 °C (129,2 °F) styg. Die noordelikste gedeelte van die land beskik amper oor 'n warm woestynklimaat, die sentrale gedeelte het 'n warm halfdroë-klimaat en die suidelikste gedeelte 'n tropiese nat en droë-klimaat. Senegal is hoofsaaklik 'n sonnige en droë land.
Administratiewe verdeling[wysig | wysig bron]
Senegal is onderverdeel in 14 streke of regions,[13] elkeen word deur 'n Conseil Régional (plaaslike raad) geadministreer wat deur die bevolking op Arrondissement-vlak verkies word. Die land is verder verdeel in 45 Départements, 113 Arrondissements (geen van hulle het 'n administratiewe funksie nie) en Collectivités Locales, wat administratiewe beamptes kies.[14][15]
Tot dusver is al die streeksname van hul plaaslike hoofstede ontleen.
Streek | Hoofstad | Oppervlakte (km²) |
Bevolking (2013-sensus) [16] |
---|---|---|---|
Dakar | Dakar | 547 | 3 137 196 |
Ziguinchor | Ziguinchor | 7 352 | 549 151 |
Diourbel | Diourbel | 4 824 | 1 497 455 |
Saint-Louis | Saint-Louis | 19 241 | 908 942 |
Tambacounda | Tambacounda | 42 364 | 681 310 |
Kaolack | Kaolack | 5 357 | 960 875 |
Thiès | Thiès | 6 670 | 1 788 864 |
Louga | Louga | 24 889 | 874 193 |
Fatick | Fatick | 6 849 | 835 352 |
Kolda | Kolda | 13 771 | 714 392 |
Matam | Matam | 29 445 | 562 539 |
Kaffrine | Kaffrine | 11 262 | 566 992 |
Kédougou | Kédougou | 16 800 | 152 357 |
Sédhiou | Sédhiou | 7 341 | 452 944 |
Plaaslike administrateurs word almal aangestel en is verantwoordelik aan die president. Senegal het met Gambië saamgesmelt om die nominale konfederasie van Senegambië te vorm in 1982. Die unie word egter in 1989 ontbind. Ten spyte van vredesamesprekinge bots 'n suidelike seperatiste groep in die Casamanceomgewing sedert 1982 sporadies met regeringsmagte. Senegal het 'n lang geskiedenis van deelname in internasionale vredebewaring.
Politiek[wysig | wysig bron]
Senegal is 'n republiek met 'n kragtige presidensie; die president is vroeër elke sewe jaar verkies – in 2001 aangepas tot elke vyf jaar – deur universele volwasse stemreg. Die huidige president en staatshoof is Macky Sall, terwyl Mahammed Dionne as eerste minister en regeringshoof dien.
Senegal het ook 80 politieke partye wat bydra tot die ontwikkeling van die land deur suksesvolle oorgang na demokrasie. Die eenkamer-parlement bestaan uit die nasionale vergadering met 150 lede wat afsonderlik van die president verkies word. Tussen 1999 en 2001 en weer vanaf 2007 tot 2012 het Senegal ook oor 'n senaat beskik, maar op 19 September 2012 het die wetgewers besluit om die Senegalese senaat af te skaf ten doeleinde om $15 miljoen te bespaar.[17] 'n Enkelhuiswetgewer en 'n regverdige en onafhanklike regbank bestaan ook in Senegal. Die land se hoogste howe wat met sake-aangeleenthede handel is die grondwetlike raad en die geregshof waarvan die lede deur die president benoem word.
Senegal het 'n reputasie vir deursigtigheid in regeringsoptrede. Die vlak van ekonomiese korrupsie wat die ontwikkeling van die ekonomieë in ander dele van die wêreld benadeel het is laag. Vandag het Senegal 'n demokratiese politieke kultuur gebou op een van die mees suksesvolle demokratiese oorgange in Afrika. Senegal erken en respekteer alle kulture, gelowe en tradisies. Volgens Transparency International se ranglys van korrupsie kon Senegal sy posisie as een van min Afrikalande sedert 2012 verbeter en word nou op dieselfde vlak as Hongarye en Wit-Rusland geplaas.[18] In 2008 is Senegal op die 12de plek binne die Ibrahim Indeks van Afrika-regering geplaas. Toe die Noord-Afrikaanse lande in 2009 by die Indeks ingesluit is, het Senegal se posisie in 2008 effens versleg tot die 15de plek (met Tunisië, Egipte en Marokko wat hoër geranglys is). In 2012 het Senegal se plek in die Ibrahim Indeks van Afrika-regering om een punt op die 16de van 52 Afrikalande plek versleg. Volgens die 2018-indeks vir 2017 het Senegal op die 10de plek geëindig.[19]
Buitelandse betrekkinge[wysig | wysig bron]
Senegal geniet 'n hoë reputasie in baie internasionale organisasies en was tweemaal 'n nie-permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, in 1988–89 en 2015–2016. Dit is verkies tot die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie in 1997. Senegal beskik oor goeie verhoudinge met Westerse lande, veral Frankryk en die Verenigde State, en dié land is ook 'n kragtige voorstander daarvan dat ontwikkelde lande die Derde Wêreld meer sal ondersteun.
Senegal is deel van die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state (ECOWAS). Daarbenewens is Senegal ook 'n lid van die Afrika-unie (AU) en die Gemeenskap van Sahel-Sahara-state, en vervolgens geïntegreer in die hoofliggame van die internasionale gemeenskap.
Ekonomie[wysig | wysig bron]
Senegal se ekonomie steun veral op mynbou, konstruksie, toerisme, vissery en landbou wat die vernaamste bronne van inkomste vorm. In 2017 het die ekonomie met omtrent 7% tenoor 2016 gegroei. Van die belangrikste handelsvennote vir uitvoer (2017-syfers) sluit in Mali (14,8%), Switserland (11,4%), Indië (6%), Ivoorkus (5,3%), Verenigde Arabiese Emirate (5,1%), Gambië (4,2%) en Spanje (4,1%). Vennote vir invoer is Frankryk (16,3%), Volksrepubliek China (10,4%), Nigerië (8%), Indië (7,2%), Nederland (4,8%) en Spanje (4,2%).[20]
Senegal het in 2017 goedere ter waarde van $2,362 miljard uitgevoer – in vergelyking met 2016 se $2,498 miljard. Die vernaamste uitvoere sluit in vis, grondboontjies, ruolieprodukte, fosfate en katoen. In dieselfde jaar het Senegal goedere ter waarde van $5,217 miljard ingevoer, tenoor 2016 se $4,966 miljard. Die belangrikste invoere is kos en drank, kapitaalgoedere en brandstowwe.[20]
In Januarie 1994 onderneem Senegal 'n moedige en ambisieuse ekonomiese hervormingsprogram met die ondersteuning van die internasionale donateur gemeenskap. Die hervormings neem 'n aanvang met 'n 50 persent devaluasie van Senegal se geldeenheid, die CFA-frank, wat teen 'n vaste koers met die voormalige Franse franc en tans die euro gekoppel is. Regeringsprysbeheer en subsidies word stelselmatig afgetakel. Nadat die land se ekonomie in 1993 met 2,1 persent gekrimp het, voer Senegal 'n belangrike ommekeer uit, danksy die hervormingsprogram, met reële groei in BBP van gemiddeld 5 persent per jaar in die periode 1995–2001. Jaarlikse inflasie is verminder na onder 1 persent, maar styg weer na 'n geskatte 3,3 persent in 2001. Beleggings styg stewig van 13,8 persent van BBP in 1993 tot 16,5 persent in 1997.
As 'n lid van die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state (ECOWAS) werk Senegal vir groter streeksintegrasie met gelykvormige eksterne tariewe. Senegal het ook reeds teen 1996 volle Internetverbinding bewerkstellig en daardeur 'n miniopbloei in inligtingtegnologie-gebaseerde dienste bewerkstellig. Privaat aktiwiteit bedra nou 82% van BBP. Aan die negatiewe kant staar Senegal die ernstige stedelike probleme in die gesig van kroniese werkloosheid, strydlustige vakunies, jeugmisdaad en dwelmverslawing.[21]
Demografie[wysig | wysig bron]
Senegal het 'n bevolking van sowat 15 miljoen, waarvan ongeveer 70% in landelike gebiede bly. Digtheid in die gebiede wissel tussen omtrent 77 km² in die wes-sentrale gebied tot 2 km² in die droë oostelike deel.
Etnisiteit[wysig | wysig bron]
Die Wolof is die grootste enkele groep in Senegal met 37,1%, ander etniese groepe sluit in Fula (26,2%), Serer (17%), Mandinka (5,6%), Jola (4,5%), Soninke (1,4%), naas talle kleiner gemeenskappe.[20] Omtrent 50 000 Europeërs (meestal Franse) en Libanese woon in Senegal, hoofsaaklik in die stede. Onder dié in die stede tel ook enige Han-Chinese en Viëtnamese minderhede.
Tale[wysig | wysig bron]
Senegal het 'n wye verskeidenheid etniese groepe en gevolglik word veelvuldige tale gepraat. Frans is die amptelike taal maar slegs die geletterde minderheid gebruik dit gereeld. Van die ander tale sluit in Wolof, Fula, Jola, Mandinka, Serer en Soninke.[20] In die suidooste word ook Bambara gebesig. 'n Groeiende Senegalese nasionalistiese taalbeweging pleit vir die erkenning van Wolof in die nasionale grondwet.[22]
Hoewel Frans die amptelike taal van Senegal vorm, word dit min in die alledaagse lewe gebruik. Die meeste etniese groepe gebruik hul eie moedertale ter kommunikasie. In die hoofstad Dakar vorm Wolof die lingua franca. Fula word deur die Fula en Toucouleur gebesig. Serer word deur beide Serers en nie-Serer gebesig. Jola-tale word veral in die Casamance-streek gebesig, waar ook Portugees voorkom, veral deur immigrante uit die aangrensende Guinee-Bissau. Arabies word min gebesig en word veral deur Moslems as 'n liturgiese taal gebruik.
Godsdiens[wysig | wysig bron]
Senegal is volgens sy grondwet van 2001 'n sekulêre staat.[23] Vervolgens word alle kulture, gelowe en tradisies erken en gerespekteer. Islam is die oorheersende geloof, gevolg deur ongeveer 94 persent van die land se bevolking; die Christelike gemeenskap, teen 4 persent van die bevolking, sluit Rooms-Katolieke en diverse Protestante kerke in. Klein godsdienstige groepe sluit in Judaïsme, Boeddhisme en Baha’i. Sommige Serer is ook aanhangers van die Serer-godsdiens.[24] Boukout is een van die Jola se godsdienstige seremonies.
Islam[wysig | wysig bron]
Islamitiese gemeenskappe is in die algemeen georganiseer rondom een van verskeie Soefiordes of broederskappe, onder leiding van 'n khalif (xaliifa in Wolof, van Arabies khalīfah), wat gewoonlik 'n direkte nasaat is van die groep se stigter. Die grootste en mees prominente Soefiordes in Senegal is die Tijaniyya, waarvan die grootste deelgroepe gesetel is in die stede Tivaouane en Kaolack, en die Mur diyya (Murid), gesetel in die stad Touba. Die Halpulaar, 'n wydverspreide etniese groep wat al langs die Sahel van Tsjad tot Senegal aangetref word, verteenwoordigend 20 persent van die Senegalese bevolking, was die eerste om hulle tot Islam te bekeer. Die Halpulaar, saamgestel uit verskeie Fula-etniese groepe, genaamd Peul en Toucouleur in Senegal. Baie van die Toucouleurs, of gevestigde Halpulaar van die Senegalriviervallei in die noorde, het sowat 'n millennium gelede na Islam oorgeskakel en dra later by tot die verspreiding van Islam regoor Senegal. Meeste gemeenskappe suid van die Senegalrivervallei het egter nie geheel en al verislam tot die negentiende en vroeë twintigste eeue nie. Tydens die middel-negentiende eeu word Islam 'n belangrike vaandel waaronder weerstand teen die tradisionele aristokrasieë en Franse kolonialisme gevoer word, en Tij_n_ leiers Al-Hajj Umar Tall en Màbba Jaxu Ba vestig kortstondige, maar invloedryke Islamitiese state. Beide sterf egter in oorlog en hulle ryke word deur die Franse geannekseer.
Die uitbreiding van formele Koranse skole (genaamd daara in Wolof) tydens die koloniale tydperk, vermeerder grootliks as gevolg van die werk wat deur die Tijaniyya gedoen is. In Murid-gemeenskappe, wat meer klem lê op die werksetiek as op letterlike Koranse studies, word die term daara gereeld toegepas op werkgroepe toegewy aan werk vir 'n godsdienstige leier. Ander Islamitiese groepe sluit die veel ouer Qadiriyya orde en die Senegalese Laayeenorde in, wat prominent is onder die kus-Lebu. Vandag studeer meeste Senegalese kinders verskeie jare lank by daaras en memoriseer soveel van die Koran as wat hulle kan. Sommige sit hulle godsdienstige studie voort by informele Arabiese skole (majlis) of by die groeiende aantal privaat Arabiese skole en publiek befondsde Franko-Arabiese skole.
Christendom[wysig | wysig bron]
Klein Rooms-Katolieke gemeenskappe word hoofsaaklik aangetref in kus-Serer, Diola en Balant-bevolkings, en in oosterse Senegal onder die Bassari en Coniagui. In Dakar word Katolieke en Protestantse gebruike ook gehoorsaam deur 'n gedeelte van die Libanese, Kaap Verdiese, Europese en Amerikaanse immigrante bevolkings, en onder sekere van die inwoners van elders in Afrika. Alhoewel Islam Senegal se meerderheid godsdiens is, was Senegal se eerste president, Léopold Sédar Senghor, 'n Katolieke Serer.
Kultuur[wysig | wysig bron]
Senegal is veral bekend vir die Wes-Afrikaanse tradisie van vertelkuns deur griot (Frans: [ɡʁi.o]), wat die Wes-Afrikaanse geskiedenis oor eeue heen met woorde en musiek lewendig gehou het. Die griot-werk word van geslag tot geslag oorgedra en vereis jare se opleiding en vakleerlingskap in genealogie, geskiedenis en musiek. Griots hou generasies van die Wes-Afrikaanse samelewing se ou verhale lewendig.[25]
Gasvryheid word as 'n baie belangrike deel van die Senegalese kultuur geag en algemeen beskou as deel van die nasionale identiteit. Teranga is die Wolof-woord vir "gasvryheid".[25]
Kookkuns[wysig | wysig bron]
Weens Senegal se kus langs die Atlantiese Oseaan is vis baie belangrik. Hoender, skaap, ertjies, eiers en bees word ook in die Senegalese kookkuns gebruik, maar nie vark nie as gevolg van die land se groot Moslembevolking. Grondboontjies, Senegal se vernaamste oes, asook koeskoes, witrys, patatss, lensies, swartoogertjies en verskeie groentes word ook in baie resepte gebruik. Vleis en groente word tipies in kruie en speserye gestoof of gemarineer, en dan met rys of koeskoes bedien of met brood genuttig.
Gewilde vars sappe word van hibiskus, gemmer, buy (uitspraak 'buoy', die vrug van die Afrika-kremetartboom, ook bekend as "kalbasboom"), veselperske, of ander vrugte of wilde bome (waarvan die bekendste suursak, wat in Frans corossol genoem word). Nageregte is baie ryk en soet en kombineer inheemse bestanddele met die uitspattigheid en stylkenmerke van die Franse invloed op die Senegalese eetgewoontes. Hulle word dikwels met vars vrugte bedien en dikwels deur koffie of tee gevolg.
Musiek[wysig | wysig bron]
Senegal is dwarsdeur Afrika vir sy musikale erfenis bekend, as gevolg van die gewildheid van mbalax, met sy oorsprong in die Serer se perkussietradisies, veral die Njuup; dit het gewildheid verwerf deur Youssou N'Dour, Omar Pene en ander kunstenaars. Sabar-dromme is veral gewild. Die sabar word dikwels by spesiale geleenthede soos huwelike gebruik. 'n Ander instrument, die tama, word deur ander etniese groepe gebruik. Van die ander wêreldwyd bekende Senegalese musici sluit in Ismael Lô, Cheikh Lô, Orchestra Baobab, Baaba Maal, Akon, Thione Seck, Viviane, Titi en Pape Diouf.
Sport[wysig | wysig bron]
Die meeste sportsoorte is deur die Franse na Senegal gebring, terwyl dié land ook oor 'n inheemse gewilde sport beskik. Sokker en stoei is die twee gewildste sportsoorte van Senegal, gevolg deur basketbal. In 2022 sal Dakar die Olimpiese Jeugspele huisves, die eerste Olimpiese Spele in Afrika.[27][28] Tussen 1979 en 2007 het die Dakar-tydren in Dakar geëindig, nadat dit in Parys begin het. Maar weens sekuriteitsbekommernisse in Mauritanië is die wedren in 2008 gekanselleer en in 2009 na Suid-Amerika verskuif.[29]
Stoei is Senegal se mees gewilde sport[30] en het 'n nasionale obsessie geword.[31] Dit dien jong mans dikwels om armoede te ontsnap en is die enigste sport wat onafhanklik van die Westerse kultuur ontwikkel het.
Sokker is een van die suksesvolste sportsoorte in Senegal. 2002 was tot dusver die suksesvolste jaar, nadat die Senegalese nasionale sokkerspan as naaswenner by die Afrikanasiesbeker in Mali en by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 in Japan en Suid-Korea die verdedigende kampioen Frankryk kon klop en uiteindelik die kwarteindrondte sou bereik. Die Senegalese nasionale sokkerspan staan bekend as die "leeus van Teranga" (Les Lions de la Téranga) en word tans deur die voormalige Senegalese sokkerspeler Aliou Cissé afgerig. Bekende Senegalese sokkerspelers sluit in El Hadji Diouf, Khalilou Fadiga, Henri Camara, Papa Bouba Diop, Salif Diao, Ferdinand Coly en Sadio Mané, wat almal by klubs in Europa speel. Senegal het ook vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 in Rusland gekwalifiseer en saam met Japan, Colombia en Pole wedstryde in Groep H beslis.
In basketbal is Senegal een van Afrika se suksesvolste lande en die mans se nasionale span kon in 2014 die uitspeelwedstryde bereik, die eerste Afrikaspan wat daarin kon slag. In 2016 het die NBA die bekendstelling van 'n Elite-akademie in Afrika, meer presies in Senegal, aangekondig.[32]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) ANSD, besoek op 6 Augustus 2014.
- ( ) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Senegal". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Senegal". Wêreldbank. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Unravelling the mystery of Akon's Wakanda". BBC. 23 Junie 2018. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( Janet H. Gritzner, Charles F. Gritzner – 2009, Senegal – bl. 8 )
- ( ) "Senegal". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Uppsala Conflict Data Program: Senegal: Casamance, In-depth Developments since 2005", Conflict Encyclopedia
- ( ) "Macky Sall Senegal election win 'example for Africa' | Africa". World.myjoyonline.com. 26 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2013. Besoek op 25 November 2012.
- ( ) "Dakar, Senegal Climate Information – ClimateTemp.info, Making Sense of Average Monthly Weather & Temperature Data with Detailed Climate Graphs That Portray Average Rainfall & Sunshine Hours". ClimaTemps.com. 22 Julie 2011. Besoek op 29 Maart 2012.
- ( ) "Weather rainfall and temperature data". World Climate.
- ( ) Statoids page on Senegal (let wel dat op 10 September 2008 drie nuwe streke gestig is).
- ( ) List of current local elected officials Geargiveer 19 Augustus 2007 op Wayback Machine van Union des Associations d' Elus Locaux (UAEL) du Sénégal.
- ( ) Code des collectivités locales, Loi n° 96-06 du 22 mars 1996.
- ( ) Senegal Geargiveer 19 April 2015 op Wayback Machine op GeoHive.
- ( ) "SENEGAL VOTES TO DO AWAY WITH SENATE TO SAVE MONEY". Associated Press. Besoek op 20 September 2012.
- ( ) "2017 Korrupsie-persepsie-index". Transparency International. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "2017 Ibrahim Indeks van Afrika-regering" (PDF). Ibrahim Index of African Governanc. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Senegal". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Economy of Senegal". www.chinadaily.com.cn. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( Pierre Cherruau (19 Augustus 2012). ) "Le Sénégal est-il encore un pays francophone?". Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Constitution of Senegal (Article 1)" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 September 2015. Besoek op 4 Augustus 2015.
- ( Conklin, Alice L. A Mission to Civilize: The Republican Idea of Empire in France and West Africa, 1895–1930. Stanford University Press, 1997. ) ISBN 0-8047-2999-9. bl. 27.
- ( Eric S. Ross, Culture and Customs of Senegal, Greenwood Press, Westport, CT, 2008 ) ISBN 0-313-34036-6
- ( Baba Diop. ) "Après dix années d'interruption : Les RECIDAK nouvelles arrivent en 2014". Africatime. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2016. Besoek op 30 November 2016.
- ( ) "Senegal to be 1st African Olympic host at 2022 Youth Games". Washington Post. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Senegal first African nation to host an Olympic event". www.aljazeera.com. 7 September 2018. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( Hamilos, Paul (5 Januarie 2008). ) "Dakar rally cancelled at last minute over terrorist threat". The Guardian. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Sports in Africa: Communication and Media". Ohio University. Besoek op 3 April 2015.
- ( Skelton, Rose; Werman, Marco (9 June 2011). ) "Wrestling As a Solution to Poverty in Senegal". PRI. Besoek op 3 April 2015.
- ( ) "NBA to open academy in Africa in 2017 – NBA.com". www.nba.com. Besoek op 30 Januarie 2019.
Bronnelys[wysig | wysig bron]
- Algemeen
- ( ) "Senegal". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Januarie 2019.
- ( ) "Senegal". Central Intelligence Agency. Besoek op 30 Januarie 2019.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Senegal. |
Sien Senegal in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- Regering
- ( ) Gouvernement du Sénégal – Amptelike regeringswebwerf
- ( ) Embassy of the Republic of Senegal in London regeringsinligting en skakels
- Nuus
- ( ) allAfrica.com – Senegal nuushooftrekke
- Oorsigte
- Gidse
- ( ) LookSmart – Senegal gidskategorie
- ( ) Open Directory Project – Senegal gidskategorie
- ( ) Stanford University – Africa South of the Sahara: Senegal gidskategorie
- ( ) The Index on Africa – Senegal gidskategorie
- ( ) University of Pennsylvania – African Studies Center: Senegal gidskategorie
- ( ) Yahoo! - Senegal gidskategorie
- Musiek
- ( ) Cora Connection Wes-Afrikaanse musiekhulpbronne
- Toerisme
- Ander
- ( ) Teranga Senegal – Franse Portaal – Reisgids
|
<urn:uuid:b003e1f7-01c0-4286-9d26-4e4bef78c76d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Senegal
|
2019-07-19T01:58:31Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00197.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999778 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Vlag van São Tomé en Príncipe
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Vlag van São Tomé en Príncipe-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:ecbe9332-2069-4973-9762-592017c11d90>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Vlag_van_S%C3%A3o_Tom%C3%A9_en_Pr%C3%ADncipe
|
2019-07-16T17:02:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524679.39/warc/CC-MAIN-20190716160315-20190716182315-00021.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999898 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Kioesjoe
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Kioesjoe-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
"Nagasaki het een van Japan se oudste internasionale hawens, wat die enigste poort na die buite wêreld was tydens die Edo tydperk, van die middel van die 16de tot die 18de eeue."
Jammer, hierdie artikel sê nie die 'poort na die buitewêreld' was 'n Nederlandse besigheid nie. Dalk was daar ook Kapenare betrokke :-) De VOC had van 1609 tot 1641 een factorij in Hirado (Noord-Kyushu) en vanaf 1641 op het eiland Decima (Dejima) dat nu een stadsdeel is van Nagasaki. Recent is in Hirado een Nederlands pakhuis gereconstrueerd. Het functioneert nu als museum. Inlichting over dit project kunt u krijgen (in het Nederlands) van de heer Remco Vrolijk die werkzaam is bij de gemeente Hirado: 英語版お尋ねメール <[email protected]> Vriendelike groete, Jan van Wezer, [email protected] 22.214.171.124 10:08, 21 Oktober 2013 (UTC)
|
<urn:uuid:ad6fa4d3-5ef3-4242-8f4e-72eee804a2c4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Kioesjoe
|
2019-07-16T16:38:14Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524679.39/warc/CC-MAIN-20190716160315-20190716182315-00237.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.986143 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Gebruiker:Wyatt Tyrone Smith
Ek het al klaar 'n gebruikers bladsy in die Engelse gedeelte van Wikipedia. Hierdie een is net om van my Engelse bladsye na Afrikaans te vertaal. My hoof-fokus in die Engelse Wikipedia is Suid-Afrikaanse wetenskaplikes.
Inhoud
Nuwe Bladsye[wysig | wysig bron]
Weetenskap[wysig | wysig bron]
- Abraham Erasmus van Wyk - Suid-Afrikaanse planttaksonoom.
- Allan Hendry - Amerikaanse sterrekundige
- Anna Amelia Obermeyer - Suid-Afrikaanse plantkundige
- David Bruce Davidson - London-born South African electrical engineer
- Denise Sheer - Suid-Afrikaanse genetikus.
- Derek Keir - Suid-Afrikaanse medeprofessor van geofisika
- Edward George Hudson Oliver - Suid-Afrikaanse plantkundige
- Ernest Leonard Johnson - Suid-Afrikaanse sterrekundige
- Gua sha - Chinese pseudowetenskap.
- Hematurie - bloed in die urine.
- Jan C. A. Boeyens - Suid-Afrikaanse chemikus
- Jan van der Merwe - Suid-Afrikaanse wiskundige en fisikus
- Jerry Andrus - kulkunstenaar
- Joan Morice- First female South African veterinary surgeon.
- Jonathan M. Dorfan - South African-born particle physicist
- John Gilchrist - South African Ichthyologist
- John Spurgeon Henkel - Suid-Afrikaanse plantkundige en bosbouer
- Lindsay Eddie - South African amateur astronomer
- Lucinda Backwell - Suid-Afrikaanse argeoloog
- Lyn Wadley - Suid-Afrikaanse argeoloog
- Margaret Keay - Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog
- Margaret Lawder - Suid-Afrikaanse plantkundige
- Marie Prins - Suid-Afrikaanse Plantkundige
- Megan Jill Russell - biomediese- en elektriese- ingenieur
- Mhlobo Jadezweni - South African linguist
- Miriam Phoebe de Vos - Suid-Afrikaanse Plantkundige
- Nicolaas Duneas - Suid-Afrikaanse biochemikus
- Nigel Weiss - Suid-Afrikaanse sterrekundige, wiskundige....
- Patricia Joan Vinnicombe - Suid-Afrikaanse argeoloog
- Plasebo -'n inerte stof of behandeling wat nie ontwerp is om terapeutiese waarde te hê nie
- Pseudowetenskap bestaan uit stellings, oortuigings of praktyke wat beweer....
- Ron Hickman - Suid-Afrikaanse motorontwerper end uitvinder
- Stanley Skewes-Suid-Afrikaanse wiskundige
- Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut - SANBI
- Terence Macleane Salter - Brits-Suid-Afrikaanse plantkundige
- Thomas P Stratten - Suid-Afrikaanse ingenieur
- William Sage Rapson - Nieuw-Seelandse- end Suid-Afrikaanse-chemikus
- -
Ander[wysig | wysig bron]
Bladsye waaraan ek gewerk het[wysig | wysig bron]
- Akupunktuur - is 'n pseudowetenskap.....
- Barry Roux - Suid-Afrikaanse advokaat
- Elektrosensitiwiteit 'n toestand waar 'n persoon simptome ervaar wat volgens hulle veroorsaak word deur elektromagnetiese velde
Nog besig met[wysig | wysig bron]
- Fulufhelo Nelwamondo
- Robert Emden
- Ulrich Jakobus
- James Trefil
- Roland Trimen
- Nigel Weiss
Problematies[wysig | wysig bron]
Tana Joseph - daar was al klaar 'n blad vir haar geskep en in Nov 2018 was dit verwyder - te min 3rde-persoon verwysings
|
<urn:uuid:a38ef492-5274-4e1f-bae9-b10ef7080c60>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Wyatt_Tyrone_Smith
|
2019-07-22T22:44:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528290.72/warc/CC-MAIN-20190722221756-20190723003756-00469.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.994733 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Pieksel
In digitale afbeelding is 'n pieksel [1] kolletjies, of prentjie element[2] 'n fisiese punt in 'n rowwe beeld, of die kleinste aanspreekbare element in 'n vertoontoestel, so dit is die kleinste beheerbare element van 'n foto op 'n skerm.
Elke pieksel is 'n monster van die oorspronklike beeld; groter monsterneming verskaf groter akkurate voorstelling van die oorspronklike. Die intensiteit van elke pieksel is veranderlik. In kleurbeeldvormingstelsels, word 'n kleur gewoonlik verteenwoordig deur drie of vier komponent intensiteite soos rooi, groen, en blou, of siaan, magenta, geel en swart.
Die woord is 'n kombinasie van pix, vir foto, en die element. Die woord pix verskyn in tydskrifnuus in 1932 as 'n afkorting vir die woord foto's, in verwysing na films.[3] Teen 1938 is "pix" gebruik vir "foto's" deur fotojoernaliste.
Pieksels, afgekort as "px" is ook 'n maateenheid wat algemeen gebruik word in grafiese en webontwerp, gelykstaande aan ongeveer 0,26 mm. Hierdie mate word gebruik om seker te maak dat 'n gegewe element in dieselfde grootte sal vertoon, ongeag van wat die skermresolusie bedra.[4]
Tegnies[wysig | wysig bron]
'n Pieksel word gewoonlik beskou as die kleinste enkele komponent van 'n digitale beeld. Maar die definisie is hoogs kontekssensitief. Dit kan bv. "gedrukte pieksels" op 'n bladsy wees, of pieksels deur elektroniese seine uitgevoer, of verteenwoordig deur digitale waardes, of pieksels op 'n skermtoestel, of pieksels in 'n digitale kamera (fotosensor-elemente). Pieksels kan ook gebruik word as 'n maateenheid bv: 2400 pieksels per duim, 640 pieksels per lyn, of gespasieer as 10 pieksels uitmekaar.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Foley, J. D. (1982). Fundamentals of Interactive Computer Graphics. Reading, MA: Addison-Wesley. ISBN 0201144689.
- Graf, Rudolf F. (1999). Modern Dictionary of Electronics. Oxford: Newnes. p. 569. ISBN 0-7506-4331-5.
- Online Etymology Dictionary.
- CSS: em, px, pt, cm, in…. w3.org (8 November 2017). URL besoek op 21 Desember 2017.
|
<urn:uuid:4b64296e-ed03-414d-b04e-8fd749c1e6e7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Megapieksel
|
2019-07-22T22:47:04Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528290.72/warc/CC-MAIN-20190722221756-20190723003756-00469.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999826 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Geskiedenis van tegnologie
Wikimedia Commons bevat media in verband met Geskiedenis van tegnologie. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie.
T
-
Wikimedia Commons bevat media in verband met Geskiedenis van tegnologie. |
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie.
|
<urn:uuid:3aa480a8-f961-4a59-9f0f-2195800351a7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geskiedenis_van_tegnologie
|
2019-07-19T06:49:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526064.11/warc/CC-MAIN-20190719053856-20190719075856-00061.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.995033 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Fallus
Enige voorwerp wat simbolies of ironies soos ’n penis lyk, kan ook ’n fallus genoem word; daar word egter meer dikwels na sulke voorwerpe verwys as fallies (soos in "falliese simbool"). Sulke simbole stel dikwels vrugbaarheid voor, of kultuureienskappe wat met die manlike seksorgaan of orgasme verband hou.
Inhoud
- 1 Etimologie
- 2 Godsdiens
- 3 Psigoanalise en moderne gebruik
- 4 Verwysings
- 5 Bibliografie
- 6 Eksterne skakels
Etimologie[wysig | wysig bron]
Godsdiens[wysig | wysig bron]
Klassieke oudheid[wysig | wysig bron]
In die tradisionele Griekse mitologie word Hermes, die god van grense en handel asook die boodskapper van die gode, vereenselwig met die fallus omdat hy uitgebeeld is op hermes (pilare met ’n kop en fallus). Daar is geen geleerde verklaring vir hierdie uitbeelding nie en dit sou blote gissing wees om Hermes as ’n soort vrugbaarheidsgod te beskou. Pan, die seun van Hermes, is dikwels voorgestel met ’n groot stywe fallus.
Priapus was ’n Griekse god van vrugbaarheid wie se simbool ’n groot fallus was. Die seun van Afrodite en óf Dionisos óf Adonis, na gelang van die mite, was die beskermer van vee, plante, tuine en manlike geslagsdele. Sy naam is die oorsprong van die mediese term "priapisme" (’n volgehoue en pynlike ereksie).
Die fallus was alomteenwoordig in die antieke Romeinse kultuur, veral in die vorm van die fascinum, ’n falliese gelukbringer. In die ruïnes van Pompeji is bronswindklokkies (tintinnabula) gevind wat falusse bevat het – dikwels meer as een – om bose magte weg te hou. Standbeelde van Priapus het in tuine gestaan. Romeinse seuns het ’n bulla, ’n gelukbringer met ’n falliese simbool, gedra totdat hulle amptelik meerjarig was.
’n Heilige fallus was een van die voorwerpe wat beskou is as noodsaaklik vir die veiligheid van die Romeinse staat en wat deur die Vestaalse maagde bewaar is. Seksualiteit in antieke Rome is al beskryf as fallosentries.
Antieke Indië[wysig | wysig bron]
Sjiwa, die wyds vereerde manlike godheid in die Hindoepanteon en die belangrikste Indiese god met ’n prehistoriese oorsprong, word meer dikwels aanbid in die vorm van ’n Lingam, of fallus. Bewyse van falliese aanbidding in Indië dateer uit prehistoriese tye. Lingams van klip met verskeie style "koppe", of eikels, word vandag steeds in baie van die ou tempels aangetref, asook in museums in Indië en oorsee. Die bekende mensgrootte-Lingam in die Parasjoeramesjwar-tempel in Andhra Pradesj, beter bekend as die Gudimallam-Lingam, is sowat 1,5 meter hoog en uit swart graniet gekerf. Die reuse-Lingam word uitgeken aan sy prominente "eikel" en ’n antropomorfiese vorm van Parasjoerama wat op die "skag" uitgekerf is.
Antieke Egipte[wysig | wysig bron]
Die fallus het in Antieke Egipte ’n rol gespeel in die kultus van Osiris. Toe Osiris se liggaam in 14 stukke gekerf is, het Set dit oor die hele Egipte uitgestrooi. Osiris se vrou, Isis, het daarna almal bymekaargemaak buiten een, die penis, wat deur ’n vis ingesluk is. Isis het dit vermoedelik met ’n houtpenis vervang.
Die fallus was ’n simbool van vrugbaarheid en die god Min is dikwels uitgebeeld as itifallies (met ’n stywe penis).
Indonesië[wysig | wysig bron]
Volgens die Indonesiese kroniek van die Babad Tanah Jawi het prins Poeger sy koninklike mag van God gekry deur sperma in te neem van die fallus van die reeds afgestorwe sultan Amangkoerat II van Mataram.[1][2]
Bhoetan[wysig | wysig bron]
Die fallus is algemeen in dié land se skilderings uitgebeeld.
Antieke Skandinawië[wysig | wysig bron]
- Die Noorse god Freyr is ’n fallusgod wat manlike vrugbaarheid en liefde voorstel.
- Die kortverhaal Völsa þáttr gaan oor ’n Noorse familie wat die gepreserveerde penis van ’n perd aanbid.
- Sommige ornamentele klippe, soos die Stora Hammers- en Tängelgårda-stene, was fallusvormig.
Japan[wysig | wysig bron]
Die Mara Kannon-tempel (麻羅観音) in Nagato in die Yamaguchi-prefektuur is een van baie vrugbaarheidstempels in Japan wat vandag nog staan. Historiese fallusverering in dié land was wydverspreid.
Balkan[wysig | wysig bron]
Kuker was ’n godheid wat vrugbaarheid verteenwoordig het. Soms was dit in Bulgarye en Serwië ’n veelvuldige godheid. In Bulgarye hou kukeri in die lente ’n soort karnaval met volksteater waarin Kuker se rol vertolk word deur mans uitgevat in skaap- en bokpels, ’n masker met horings en ’n groot houtfallus.
Tydens die ritueel word verskeie fisiologiese dade uitgebeeld, onder meer die seksdaad, as simbool van die god se heilige huwelik terwyl die simboliese vrou, wat swanger lyk, die pyn van geboorte namaak. Dit lei die werk op die landerye soos ploeg en saai in. Verskeie denkbeeldige karakters neem ook deel, soos die "keiser".[3]
Die Amerikas[wysig | wysig bron]
Figure van Kokopelli en Itzamna (as die Maja se god van mielies) in die Amerika van voor Christopher Columbus het dikwels falliese simbole ingesluit. Verder is meer as 40 groot monolitiese fallusbeeldhouwerke (Xkeptunich) ontdek op klassieke Maja-terreine – die meeste in die Puuc-streek van Yucatán. Uxmal het die grootste versameling; sy 11 beeldhouwerke word nou onderdak op die terrein uitgestal. Die grootste beeldhouwerk was van Almuchil; dit was meer as 320 cm hoog en aan die onderkant van die skag 44 cm breed.[4]
Alternatiewe sektes[wysig | wysig bron]
Die St. Priapus-kerk (Frans: Église S. Priape) is ’n nuwe Noord-Amerikaanse godsdiens wat sentreer om die aanbidding van die fallus. Dit is in die 1980's in Montreal gestig deur D.F. Cassidy en die volgelinge is hoofsaaklik gay mans van Kanada en die VSA. Semen word as heilig beskou en die inneem daarvan as ’n aanbiddingsdaad.[6]
Psigoanalise en moderne gebruik[wysig | wysig bron]
’n Falliese simbool is veronderstel om die man se voortplantingsvermoë te verteenwoordig. Volgens Sigmund Freud se teorie van psigoanalise het mans ’n penis, maar niemand kan die simboliese fallus besit nie.
Die Fransman Jacques Lacan se Ecrits: A Selection sluit ’n essay in met die titel The Signification of the Phallus, wat klem lê op die verskil tussen die fallus "wees" en die fallus "hê". Mans word beskou as dat hulle die fallus "het". Vroue, wat nie die fallus het nie, "is" die fallus.
Die fallus het in die 20ste eeu nuwe kunsvertolkings aangeneem met die opkoms van Freud en psigoanalise. ’n Voorbeeld is Princess X[9] deur die Roemeense modernistiese beeldhouer Constantin Brâncuși. Hy het in 1919 ’n skandaal in die Salon veroorsaak toe hy prinses Marie Bonaparte as ’n groot bronsfallus uitgebeeld het. Dit was waarskynlik as simbool van Bonaparte se obsessie met die penis en haar lewenslange poging om ’n vaginale orgasme te bereik.[10]
Voorbeelde van moderne fallusuitbeelding[wysig | wysig bron]
’n Peniskostuum in 2005 op ’n parade in San Francisco.
’n Peniskostuum in 1990 op ’n parade in New Orleans.
Falliese roomyse in 2013 op ’n parade in Madrid.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Moertono, Soemarsaid (2009). State and Statecraft in Old Java: A Study of the Later Mataram Period, 16th to 19th Century. Equinoc Publishing. p. 68. ISBN 9786028397438.
- Darmaputera, Eka (1988). Pancasila and the search for identity and modernity in Indonesian society: a cultural and ethical analysis. BRILL. pp. 108–9. ISBN 9789004084223.
- Kernbach, Victor (1989). Dicţionar de Mitologie Generală. Bucureşti: Editura Ştiinţifică şi Enciclopedică. ISBN 973-29-0030-X.
- Amrhein, Laura Marie (2001). An Iconographic and Historic Analysis of Terminal Classic Maya Phallic Imagery. Ongepubliseerde PhD-tesis, Richmond: Virginia Commonwealth University.
- Gallagher, Eugene. Ashcraft, Michael. Introduction to New and Alternative Religions in America, Greenwood, 2006, ISBN 0-275-98712-4, bl. 101
- J. Gordon Melton (1996, 5de uitg.). Encyclopedia of American Religions (Detroit, Mich.: Gale) ISBN 0-8103-7714-4 bl. 952.
- "Yale Band Punished for Half-Time Show". The Harvard Crimson. Besoek op 1 Desember 2008.
- Hurwitt, Robert (1 November 2002). "Puppetry of the Penis". San Francisco Chronicle. Besoek op 1 Desember 2008.
- Philamuseum.org
- Mary Roach. Bonk: The Curious Coupling of Science and Sex. W.W. Norton and Co, New York (2008). ble. 66f, 73
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- Vigeland Monolith – Oslo, Norway Polytechnique.fr
- Dulaure, Jacques-Antoine (1974). Les Divinités génératrices. Vervier, Belgium: Marabout. Without ISBN.
- Honour, Hugh (1999). The Visual Arts: A History. New York: H.N. Abrams. ISBN 0-8109-3935-5.
- Keuls, Eva C. (1985). The Reign of the Phallus. New York: Harper & Row. ISBN 0-520-07929-9.
- Kernbach, Victor (1989). Dicţionar de Mitologie Generală. Bucureşti: Editura Ştiinţifică şi Enciclopedică. ISBN 973-29-0030-X.
- Leick, Gwendolyn (1994). Sex and Eroticism in Mesopotamian Literature. New York: Routledge. ISBN 0-415-06534-8.
- Lyons, Andrew P.; Harriet D. Lyons (2004). Irregular Connections: A History of Anthropology and Sexuality. University of Nebraska Press. ISBN 0-8032-8036-X.
- Jesse Bering (27 April 2009). "Secrets of the Phallus: Why Is the Penis Shaped Like That?". Scientific American.
|
<urn:uuid:62ea8b11-4323-435c-984a-c8e4cdc1c558>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Fallus
|
2019-07-24T07:32:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195531106.93/warc/CC-MAIN-20190724061728-20190724083728-00237.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999714 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Dot Serfontein
Dot Serfontein (1925–2016, doopname Susanna Jacoba, getroude van Krog) was 'n Afrikaanse skrywer van kortverhale en kontreiverhale. Sy was die moeder van die digter Antjie Krog.[1] Sy het ook onder die skuilname S.J. Nasau en Luca Fick geskryf.
J.C. Kannemeyer het in 1998 geskryf van sy oortuiging dat Serfontein "nog nooit werklik na waarde geskat is nie, dat haar essays van die beste kortkuns in Afrikaans is, selfs al skryf sy ’n betreklik konvensionele tipe prosa met niks van die eksperimente van party hedendaagse outeurs nie".
Inhoud
- 1 Lewe en werk
- 2 Skryfwerk
- 3 Eerbewyse
- 4 Publikasies
- 5 Verwysings
Lewe en werk[wysig | wysig bron]
Susanna Jacoba (Dot) Serfontein is op 30 April 1925 in haar ouma Serfontein se huis op Kroonstad gebore as die derde kind van mnr. en mev. Kootjie Serfontein van Erfdeel. Haar vader was ’n bekende Afrikanerbeesboer in die Kroonstad-distrik. Die bynaam Dot kry sy omdat sy as klein dogtertjie nie “dogtertjie” kon sê nie, maar net “dottertjie”.
Sy gaan op die dorp skool, waar sy in die koshuis bly, en matrikuleer dan ook aan die Hoërskool Kroonstad. Ná skool is sy na die Universiteit van Pretoria, waar sy in 1947 'n B.A.-graad behaal het en daarna 'n Hoër Onderwysdiploma. Ná universiteit, in 1948, word sy aangestel as onderwyseres in Engels en liggaamsopvoeding aan die Hoërskool Sentraal, Bloemfontein. Van 1949 tot haar troue was sy vroue-redaktrise van Die Volksblad.[2] Serfontein begin in dié tyd gereeld kortverhale vir Sarie Marais skryf.
Sy trou in 1951 met die boer, geskiedkundige en politikus Willem Krog, wat ook ’n ruk joernalis by die Times in Kroonstad is. Die egpaar het drie seuns (Vyver, Kootjie en Willem) en twee dogters, die bekende digteres Antjie Krog en Jeannette (Pennie). Na die troue boer hulle op die plaas Middenspruit in die Kroonstad distrik, waar sy benewens kinders grootmaak en die normale plaaswerk ook saam met ’n paar plaaswerkers twee kliphuise bou en met Appaloosa-perde boer.
Nadat die kinders uit die huis is, sluit sy by die Vroue Landbou-Unie aan, neem kunsklasse en leer Suid-Sotho aan, wat sy vlot kan praat. Op gereelde basis lewer sy ook artikels en rubrieke vir Rooi Rose, Heilbron Herald en Farmers Weekly. Sy is lid van die Afrikaanse Skrywersgilde, maar bedank in 1989 wanneer sy nie saamstem met besluite wat op die skrywersberaad met die ANC by die Victoriawaterval geneem is nie. Gedurende haar leeftyd gaan sy twee kere oorsee, waar sy ook Wes-Duitsland en Oos-Duitsland besoek, en sy behou haar belangstelling in hierdie land en sy letterkunde, musiek en kuns regdeur haar lewe. Sy tree gereeld op as spreker by byeenkomste soos geloftefeeste, herdenkings van die Anglo-Boereoorlog en die herdenking van Kroonstad se ontstaan en behandel gereeld haar eie en ander skrywers se werk by Leeskringe. In 2000, met die eeufeesherdenking van die Anglo-Boereoorlog, lewer sy ’n lesing oor die Anglo-Boereoorlog digters by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum. Sy is ouderling in haar kerk, die Kroonheuwel Noord-gemeente in Kroonstad.
Die Serfontein egpaar verlaat hul plaas met aftrede in 1999 om hulle in 'n aftreewoonstel op die dorp in Kroonstad te vestig. Haar man is in 2002 aan nierversaking oorlede. Sy woon daarna in 'n aftreeoord op haar geboortedorp.
Die skryfgogga het haar in 2008 weer gebyt, en sy het besluit om haar memoires te skryf. Haar outobiografie, Vrypas, het eindelik in April 2009 verskyn. Kort voor haar 88ste verjaardag (in 2013) het die Klein Karoo Nasionale Kunstefees haar vir haar lewensbydrae tot die verruiming en verryking van die leefwêreld van Afrikaans met die Afrikaans Onbeperk-prys vereer.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Vervolgverhale[wysig | wysig bron]
Op laerskool reeds trek sy aandag met haar opstelle oor die plaaslewe en natuur en as kind vertel sy gereeld stories vir haarself en haar denkbeeldige maatjies. Sy begin meer ernstig skryf deur na haar troue op gereelde basis bydraes te stuur aan Sarie Marais, eers kortverhale onder die skuilname S.J. Nasau en Luca Fick, waarna sy onder haar eie naam begin skryf. Later skryf sy vervolgverhale soos Liefde in die kwepertyd, So min blomme, Onder skewe sterre, Baas van die bont eend en Sonder klein trou. Weens die gewildheid van hierdie vervolgverhale word baie daarvan later in boekvorm uitgegee.
Die eerste een is Liefde in die kwepertyd. Die arm maar flukse boer Martiens raak verlief op ’n foto van ’n meisie in sy bure se gang, wat hy verneem die buurdogter se foto is. Hy vind ’n verskoning om vir haar te skryf en hulle word goeie penvriende. Eindelik kom Dientjie terug plaas toe nadat sy in die stad skoolgehou het, maar Martiens kry ’n skok wanneer hy haar vir die eerste keer sien. Daarna daag Hilda, die werklike meisie van die foto, ook op die plaas op.[4]
In Tiendes van anys vestig die nuwe dominee Chris Grobler hom op die klein plattelandse dorpie Allerbes. Op ’n plaas is die drie dogters van At Maritz, ’n vrydenkende en ongelowige, alleen agter gelaat om die boerdery te behartig. Chris raak verlief op Elba Maritz, self ’n ongelowige. Die gemeente is natuurlik ontsteld oor hierdie verwikkeling en die konflik raak al feller namate die verhouding groei. So word mense se diepste dryfvere ontbloot. Die lewe self en God gryp in om die konflik op te los.
So min blomme, Onder skewe sterre en Sonder klein trou is ’n trilogie wat op mekaar volg. Hierdie drie verhale handel oor wit Afrikaanse mense teen die middel van die twintigste eeu. In hierdie tyd is die Suid-Afrikaanse Spoorweë die grootste werkgewer van wit mense. Die verhale vorm saam ’n mikrokosmos van die Afrikaner wat as arm en eerbaar in ’n werkersklas-omgewing begin. Dan begin hy geld maak en begin hom skaam vir sy agtergrond, waarna hy homself plaas in situasies waarvoor hy sosiaal nie opgewasse is nie en die ingebore adel van die begin verloor. Die tydsduur van die trilogie is veertien jaar.[5] Later word hierdie drie verhale in een band heruitgegee.
Onder dieselfde ster verskyn reeds in 1956 as vervolgverhaal in Sarie en word in 2007 in ’n omnibus uitgegee saam met Tiendes van anys. Hannie is in matriek op Blesbokville en ’n kranige ruiter. Op die bywonerseun Servaas se perd ry sy in ’n wedren en wen ’n prys, maar Servaas kry geen erkenning nie. Hannie is tog geheg aan hom, maar dan kom Herman, die jong argitek wat hom op die dorp vestig. Intussen het Hannie se getroude suster ’n onuitgesproke droefheid in haar. In hierdie verhaal hanteer Dot die kleindorpsheid, liefde en geloof met haar kenmerkende sensitiwiteit.
Rang in der staten rij se titel is ’n aanhaling uit die Vrystaatse volkslied en is haar belangrikste roman. Die verhaal het die Anglo-Boereoorlog as agtergrond en stroop dit van heldeverering en glans om die futiliteit van oorlog te beklemtoon. Mense van alle soorte en agtergronde word bymekaar gegooi en sonder om te weet wat die ware redes en oorsake van die stryd is, neem hulle verantwoordelikheid vir mekaar. Sommige van hulle oorleef die stryd, maar sien daar totaal anders uit as voor die oorlog, met die psige gekwes en die ewige wonder oor waarom dit nodig was. In die verhaal word die twyfel, doelloosheid, die belaglike en oorhaastige en gevolglik ongeorganiseerde verset van die Afrikaner blootgelê, maar nie sonder simpatie nie.[6][7][8]
Kontreiverhale en kortverhale[wysig | wysig bron]
Dit is egter met haar kortkuns wat Dot Serfontein haar belangrikste bydrae tot die Afrikaanse letterkunde maak. Dot Serfontein is een van die eerstes wat kontreiverhaalkuns in Afrikaans beoefen en lewer ook so ’n belangrike bydrae tot die vernuwing in die vertelkuns. Sy slaag daarin om in haar essays op onderhoudende wyse en met oorspronklike beelding ’n leefwyse en gewoontes uit te beeld wat nou vir altyd tot die verlede behoort. As sodanig is haar werke benewens die letterkundige waarde daarvan ook van kultuurhistoriese belang. ’n Uitstaande kenmerk is haar sonderlinge vermoë om dinge raak te verwoord en karakters so fyn te beskryf dat ’n mens voel jy het hulle self geken. Dit word altyd gedoen met deernis, maar ook met ’n goeie skeut humor.
Die beginpunt is die bundel Systap onder die juk (met subtitel Sketse van vreeslose Vrystaters), wat ’n paar oorgelewerde staaltjies asook persoonlike herinneringe van mense, gebeurtenisse en omstandighede uit die geskiedenis van die Vrystaat bevat. ’n Paar van hierdie sketse het voorheen in tydskrifte verskyn terwyl ander spesiaal vir die bundel geskryf is. Die leser kry te doen met mense soos die stiefoupa wat so ’n lollerige knie gehad het dat hy maar iemand anders gehuur het om in sy plek teen die Engelse te gaan veg en oom Lood wat as eienaardig beskou is in ’n familie wat bekend gestaan het vir hul koddigheid. Hierdie bundel is inderdaad baanbrekerswerk, aangesien kontreikuns tot op daardie stadium nog nie groot aftrek gekry het of baie beoefen is nie en Dot Serfontein stel dan ’n standaard van kwaliteit vir hierdie genre wat ’n groot impak op latere beoefenaars van hierdie subvorm van prosa het.[9]
In die bundels Ek is maar ene, Amper my mense en Galery van reënmakers sit sy hierdie kultuurhistoriese werk voort.
Die bundel Ek is maar ene se inhoud kan losweg in drie kategorieë ingedeel word. Daar is vertellings oor haar kinderjare, daar is beskrywings van gesinsreise na die Wes-Kaap en die Kalahari in die Noord-Kaap en daar is langer sketse waarin die geskiedenis van die Kalahari en sy mense in anekdotes belig word. Die titelstuk gaan oor tant Trynie en haar verhale oor haar stryd met geeste, wat sy met groot smaak vertel hoe sy, wat maar net ene is, teen so ’n oormag moes voer.
Amper my mense bevat verhalende sketse oor historiese figure soos Joseph du Plessis, wat die skepper en kenner van die Afrikanerbees was; Bart Krog wat die rebellie op Senekal begin en ’n provinsiale pad verlê soos hy dit wil hê; Kommandant Masottojan de Villiers wat Harrismith en Warden vir homself annekseer; tant Mieta Bender wat ’n vryer oor haar skoot trek, ’n afgedankste loesing gee en by die agterdeur uitgooi sonder om van haar stoel op te staan; en baie ander. Die portrette sluit ook doodgewone mense in waarsonder ons volk baie armer sou gewees het, soos oom Dries wat hom elke jaar misreken met die ploeëry en oom Piet Theron met sy unieke manier om die weer voor te sê.[10][11][12][13]
Galery van reënmakers bevat sketse en stories oor persone en gebeurtenisse uit die geskiedenis van die ou Vrystaat, terwyl die skrywer ook uitwei oor haar ondersoek na die herkoms van die Serfonteins en haar kennismaking met Lesotho en sy mense. Die “reënmakers” wat die skrywer fassineer en wie se lewensverhale sy dan in ’n verhaal of skets in hierdie boek distilleer, sluit in Esther Bell-Robinson, Ierse rebel van Koppies en die tuisteskeppers Isabella Beeton en Jane Dijkman, laasgenoemde wat baie bekend word met haar publikasie van die eerste kookboek in Afrikaans.[14][15] Uit al hierdie bundels maak haar dogter Antjie Krog ’n keur wat in Deurloop gebundel word.[16][17][18]
Die kortverhale wat sy in Die laaste jagtog bundel, vorm ook ’n hoogtepunt in haar werk. Die jag neem hier verskeie vorms aan, soos die soeke na louere, soeke na huweliksgeluk, soeke na die sin in die stad se naglewe, soeke na beter verhoudings tussen ouer mense en tussen bejaardes en hulle kinders, asook die fisiese jagtog na ontwykende wild. Een van die vernaamste sterkpunte van die verhale is haar vermoë om die taal so te gebruik dat verskillende mense lewendig word en omgewings gestalte kry. Die aanwending van humor, die ontwikkeling en innerlike rypwording van die karakters en die sluitende eenheid wat sy telkens bereik, gee in hierdie verhale aan bekende temas nuwe betekenis.[19] In 1983 ontvang Die laaste jagtog die FAK se heel eerste Helpmekaar-prys vir gewilde prosa.
Vertel! Vertel! bevat veertien stories oor ander mense se vertellings. Dit is nie net anekdotes nie, maar kortverhale in eie reg, waar die mense en hulle wêreld die leser in hulle werklikheid meesleur. Feitlik deurgaans is hierdie verhale ook kontreikuns, waar die plek, politiek en maatskaplike toestande van die streek meespeel in die situasie en vertelling.[20][21][22][23]
Versamelbundels[wysig | wysig bron]
Van haar kortkuns word in versamelbundels opgeneem, insluitende “Vertellers” en “Vertellers 2” van Merwe Scholtz.
Ander skryfwerk[wysig | wysig bron]
In 2009 verskyn haar outobiografiese vertellings onder die titel Vrypas.[2] Hierin teken sy nie net die intens persoonlike (op self-ironiserende manier) nie, maar ook die harde wêreld van ’n droë en koue Vrystaatse plaaslewe en die verbygegane ideale en drome van die Afrikaner. Die titel verwys na die reg wat ’n mens miskien op tagtig kry om te doen en te sê wat jy wil.[24][25]
Sy doen intensiewe navorsing voor sy die geskiedenis van Kroonstad boekstaaf in Keurskrif vir Kroonstad en die genealogie van die Serfonteins saamstel in Serfontein-atlas.
Verder skryf sy ook die roman in Afrikaans, Suid-Sotho en Engels, Tjhao Thiane, in samewerking met haar niggie Bets en Ada Rasentsoere, wat help met die vertaling in Sotho.
Vir Juta skryf sy in 1997 twee boekies in hulle beginnersboekie-reeks onder die titels Die huis van papier en Vis en tjips.
Eerbewyse[wysig | wysig bron]
Die bekende aktrise Marga van Rooy pas van haar verhale vir die verhoog aan en Só het Dot Serfontein dit vertel lok regdeur die land vol sale nadat dit in 2003 by die Volksblad-Kunstefees in Bloemfontein debuteer.
In 2005 word sy op die Oranje Vrouevereniging se kongres met ’n oorkonde vereer omdat sy met haar navorsing die Vrystaat se geskiedenis oopvlek en bekendstel.
As deel van haar tagtigste verjaardagvieringe in 2005 bring die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein hulde aan haar bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde deur ’n oorkonde aan haar te oorhandig.
Haar dogter Antjie Krog tree in ’n Ander tongval in gesprek met haar ma om sodoende die sienings en lewensuitkyk van verskillende generasies te kontrasteer. Ook hierdie stuk word vir die verhoog verwerk. In 2007 vereer die ATKV haar met ’n Afrikoon-toekenning vir die merkwaardige verskil wat sy maak in die letterkunde en ook omdat sy boeke in plaaslike tale gepubliseer het.
In 2012 ontvang sy die Kuns Onbeperk-toekenning by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vir haar lewensbydrae en word sy ook vir haar lewenswerk vereer deur haar handafdrukke in beton vas te lê by Foxwood House in Houghton, as deel van die televisie-program Sandra op ’n drafstap.
By die KKNK van 2013 word die produksie My mense oor haar werk aangebied met haar kortverhale as basis en ontvang sy die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir haar lewensbydrae, terwyl sy ook by die Woordfees op Stellenbosch vereer word.[26]
Publikasies[wysig | wysig bron]
Publikasies uit haar pen sluit in:[27]
Vervolgverhale[wysig | wysig bron]
- So min blomme (1966)
- Onder skewe sterre (1967)
- Sonder klein trou (1974)
Ander publikasies[wysig | wysig bron]
- Liefde in die Kwepertyd (1960)
- Tiendes van anys (1962)
- Ek is maar ene (1972)
- Amper my mense (1974)
- Rang in der Staten Rij (1979)
- Systap onder die juk (1982)
- Serfontein-atlas (1984)
- Die laaste jagtog (1984)
- Galery van reënmakers (1986)
- Keurskrif vir Kroonstad (1990)
- Deurloop: Keur uit die essays van Dot Serfontein, saamgestel deur Antjie Krog (1992)
- Vertel! Vertel! (1995)
- Die huis van papier (1997)
- Vis en tjips (1997)
- Vrypas (2009)
Heruitgegee deur Protea Boekuis[wysig | wysig bron]
- Amper my mense (2009)
- Ek is maar ene (2009)
- Rang in der Staten Rij (2011)
- Systap onder die juk (2011)
- Die laaste jagtog (2012)
- Vertel! Vertel! (2013)
- Liefde in die Kwepertyd (2015)
- Water op Mispah (2015)
Verwysings[wysig | wysig bron]
Boeke[wysig | wysig bron]
- Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980
- Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
- Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
- Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
- Van Biljon, Madeleine “Geliefde leesgoed” Quellerie-Uitgewers Edms. Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1996
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron]
- Anoniem “Dot wen saak teen uitgewer” “Die Trasnvaler” 1 April 1985
- De Bruin, Philip “Antjie en haar ma verskil, maar daar’s geen wrywing” “Die Burger” 15 Julie 1993
- De Fortier, Karen en Geldenhuys, Este “Dot Serfontein: Susanna Jacoba Krog” Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein
- De Vries, Willem “Dot vier 85ste jaar” “Beeld” 30 April 2010
- Ferreira, Louise “Dot Serfontein se skryfwerk vereer” “Beeld” 19 November 2012
- Hattingh, Toetie “Dot Serfontein – op 81 steeds op ’n drafstap” “Kakkerlak” Uitgawe 6, 2006
- Krog, Antjie “Ma, ek skryf vir jou ’n voorwoord” “Insig” Augustus 2005
- Pieterse, Henning “Vyf verhale uit ‘My mense’” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 28 no. 3, Augustus 1990
- Samuel, Andries “Die grootmense wat so grawe” “Rapport” 7 Junie 2009
- Samuel, Susan “My ouma Dot dra blou velskoene” “Plus” 30 Julie 2005
- Smith, Charles “’n Bekvol aan F.W. en die mannetjie in die Jeep” “By” 4 Julie 2009
- Smith, Charles “Ek het die lewe gekies” “By” 4 Julie 2009
Internet[wysig | wysig bron]
- Brits, Johan Volksblad: http://184.108.40.206/argief/berigte/volksblad/2010/06/28/VB/6/johanjongstem.html
- Grobler, Clarissa Volksblad: http://220.127.116.11/argief/berigte/volksblad/2005/09/16/BM/18/01.html
- Marais, Willemien Volksblad: http://18.104.22.168/argief/berigte/volksblad/2005/04/11/VB/8Bk/04.html
- Marais, Willemien Volksblad: http://22.214.171.124/argief/berigte/volksblad/2005/04/18/VB/6Bk/03.html
- Samuel, Susan Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/2005/08/08/DB/15/BBsamueldot.html
- Smith, Charles Beeld: http://188.8.131.52/argief/berigte/beeld/2009/07/06/BJ/6/BJNews006-StoryA.html
- Smith, Charles Volksblad: http://184.108.40.206/argief/berigte/volksblad/2005/03/17/VB/9/01.html
- Smith, Charles Volksblad: http://220.127.116.11/argief/berigte/volksblad/2005/08/23/KN/02/01.html
- Smith, Charles Volksblad: http://18.104.22.168/argief/berigte/volksblad/2009/07/17/VB/3/stdondot.html
- Volksblad: http://22.214.171.124/argief/berigte/volksblad/2011/08/16/KN/1/kndot2.html
Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron]
- Smith, Marietjie “Kontreimens sonder krulle” Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein
Ander verwysings[wysig | wysig bron]
- NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/Authors/3298
- Mediamense: http://mediamense.co.za/wordpress/2016/01/07/dot-serfontein/
- Dot Serfontein oorlede: ‘Die aarde het geskuif’, Maroela Media, 4 November 2016
- De Beer, Erika “Beeld” 23 Februarie 2014
- Botha, Elize “Beeld” 19 September 2005
- Botes, Nina “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 50 no. 1 Herfs 2013
- Botha, Elize “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 20 no. 4, Desember 1980
- Van der Walt, A. “Die Transvaler” 11 Augustus 1979
- Harper, Susanne “Beeld” 4 April 2011
- Botha, Elize “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 19 no. 4, Desember 1979
- Brink, André P. “Rapport” 9 Maart 1975
- Cilliers, Stoffel “Beeld” 23 November 2009
- Louw, Salomi “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 47 no. 1, Herfs 2010
- Brink, André P. “Rapport” 17 Augustus 1986
- Mittner, Esme “Die Burger” 24 Julie 1986
- Joubert, Maureen “Die Burger” 20 Julie 1993
- Kannemeyer, J.C. “Op weg na 2000” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
- Malan, Lucas “Rapport” 24 Januarie 1993
- Brink, André P. “Rapport” 7 November 1982
- Deetlefs, Nic “Die Burger” 8 November 1995
- Müller, Petra “Insig” Februarie 1996
- Volschenk, Dineke “Beeld” 20 Januarie 2014
- Wybenga, Gretel “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 35 no. 2, Mei 1997
- Jordaan, Annette “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 46 no. 2, Lente 2009
- Lategan, Leana “Beeld” 29 Junie 2009
- Stehle, Rudolf “Serfontein, Botha vereer vir onbeperkte bydrae tot Afrikaans” “Beeld” 2 April 2013
- Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n85-249300/
|
<urn:uuid:321ad294-dab6-4f8b-b169-0c5dcc12f207>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Dot_Serfontein
|
2019-07-24T06:48:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195531106.93/warc/CC-MAIN-20190724061728-20190724083728-00357.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999992 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Politieke organisasies in Suid-Afrika. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat die volgende 13 subkategorië, uit 'n totaal van 13.
-
*
-
B
-
D
-
E
-
I
-
N
-
P
-
U
-
V
-
Bladsye in kategorie "Politieke organisasies in Suid-Afrika"
Die volgende 80 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 80.
A
- African Change Academy
- African Congress of Democrats
- African Content Movement
- African Covenant
- African Democratic Change
- African Independent Congress
- African Mantungwa Community
- African People's Convention
- African Renaissance Unity Party
- African Security Congress
- African Transformation Movement
- Afrika Christen Demokratiese Party
- Afrika Moslem Party
- Afrikan Alliance of Social Democrats
- Afrikaner Volksfront
- Afrikaner Volksparty
- Afrikaner-Broederbond
- Afrikanerbond (vereniging)
- Afrikanerweerstandsbeweging
- Agang
- Al Jama-ah
- All Things Are Possible
- Alliance for Transformation for All
- ANC-jeugliga
- Azanian People's Liberation Army
- Azanian People's Organisation
|
<urn:uuid:029fcd01-ccb8-442a-befd-0d1dd531f8ae>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Politieke_organisasies_in_Suid-Afrika
|
2019-07-18T00:54:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525483.62/warc/CC-MAIN-20190718001934-20190718023934-00237.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.837672 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Swartsperwer
Die Swartsperwer (Accipiter melanoleucus) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël wat voorkom in woude en plantasies in Suider-Afrika. Die voël is 46 – 58 cm groot, weeg 510 - 1000 g met 'n vlerkspan van 90 – 95 cm. In Engels staan die voël bekend as Black Sparrowhawk.
Swartsperwer | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Accipiter melanoleucus Smith, 1830 |
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Accipiter melanoleucus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:f50e2b45-5c2b-4ce0-8202-272d468f87ce>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Accipiter_melanoleucus
|
2019-07-24T06:56:04Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195531106.93/warc/CC-MAIN-20190724061728-20190724083728-00549.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.98629 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Chris Barnard verwys na:
Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. |
|
<urn:uuid:72e14bde-e762-49ca-8e8d-0fd7554069c9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Chris_Barnard
|
2019-07-18T00:23:23Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525483.62/warc/CC-MAIN-20190718001934-20190718023934-00333.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000008 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
’n Oorsig van grootdata- en datawetenskaponderrig aan Suid-Afrikaanse universiteite
Keywords:
datawetenskap, grootdata, hoër onderwys, grootdataonderrig, datawetenskaponderrig
|
<urn:uuid:9b755675-6231-4c13-ac75-78bd9a05afe0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/1387
|
2019-07-20T14:24:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526517.67/warc/CC-MAIN-20190720132039-20190720154039-00525.warc.gz
|
by
|
4.0
|
a_tag
| false | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999828 |
{
"abbr": [
"by"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"4.0"
]
}
|
Harold Lloyd
Jump to navigation
Jump to search
Harold Lloyd | |
Geboorte | 20 April 1893 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 8 Maart 1971 (op 77) |
Kinders | 3, insluitende Harold Lloyd Jr. |
Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, en regisseur |
Aktiewe jare | 1913–1963 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Harold Lloyd (20 April 1893 – 8 Maart 1971) was 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Safety Last! (1923), The Freshman (1925), Speedy (1928), en The Sin of Harold Diddlebock (1947).
Inhoud
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1916: Luke, the Gladiator
- 1921: A Sailor-Made Man
- 1922: Dr. Jack
- 1922: Grandma's Boy
- 1923: Safety Last!
- 1923: Why Worry?
- 1924: Girl Shy
- 1924: Hot Water
- 1925: The Freshman
- 1926: For Heaven's Sake
- 1927: The Kid Brother
- 1928: Speedy
- 1929: Welcome Danger
- 1930: Feet First
- 1932: Movie Crazy
- 1934: The Cat's-Paw
- 1936: The Milky Way
- 1938: Professor Beware
- 1942: My Favorite Spy
- 1947: The Sin of Harold Diddlebock
- 1948: Down Memory Lane
- 1951: ¡Qué tiempos aquéllos!
- 1951: Harold Lloyd's Laugh Parade
- 1960: Lifetime of Comedy
- 1962: World of Comedy
- 1963: Funny Side of Life
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1952: This Is Your Life
- 1957: Tonight! America After Dark
- 1961: Es darf gelacht werden
- 1961: Calendar
- 1964: Histoires sans paroles
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 1963: Delta Kappa Alpha Silver Anniversary Banquet
Video's[wysig | wysig bron]
- 2005: Harold Lloyd Comedy Collection: Harold's Hollywood - Then and Now
- 2005: Keep Em' Rollin'
- 2005: Scoring for Comedy
- 2005: The Life and Times of Harold Lloyd
- 2005: Harold Lloyd Comedy Collection: Greenacres
|
<urn:uuid:f5e90362-2624-4ba3-89c4-4aeae1195909>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Harold_Lloyd
|
2019-07-24T08:55:50Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195532251.99/warc/CC-MAIN-20190724082321-20190724104321-00445.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.84151 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bladsygeskiedenis
1 November 2018
24 Oktober 2018
1 Oktober 2018
19 September 2018
Kategorie:Noord-Kaap verwyder; Kategorie:Riviere in Noord-Kaap bygevoeg (HotCat.js)
k+11
Kategorie:Vrystaat verwyder; Kategorie:Riviere in Vrystaat bygevoeg (HotCat.js)
k+11
Kategorie:Riviere in Suid-Afrika verwyder; Kategorie:Riviere in Oos-Kaap bygevoeg (HotCat.js)
k-3
10 September 2018
8 September 2018
19 November 2017
6 Junie 2017
11 Julie 2014
11 Junie 2014
24 Maart 2014
12 Maart 2013
8 Maart 2013
6 Maart 2013
27 Desember 2012
15 November 2012
14 November 2012
26 Oktober 2012
8 Oktober 2012
27 September 2012
→Visse in die Oranjerivier: Verbeter
+28
→Visse in die Oranjerivier: Verbeter
+45
→Visse in die Oranjerivier: Opdateer
-9
|
<urn:uuid:a9ebc1c4-5ec5-4dda-bc8d-05038205d9f6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/Oranjerivier
|
2019-07-19T08:06:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526153.35/warc/CC-MAIN-20190719074137-20190719100137-00389.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.992076 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
49ste Oscar-toekenningsaand
Datum | 28 Maart 1977 | |
Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | |
Aanbieder | Richard Pryor, Jane Fonda, Ellen Burstyn, Warren Beatty | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Rocky | |
Meeste pryse | All the President's Men en Network (4 elk) | |
Meeste benoemings | Rocky en Network (10 elk) |
Die 49ste Oscar-toekenningsaand is op 28 Maart 1977 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1976. Die aanbieders was Richard Pryor, Jane Fonda, Ellen Burstyn en Warren Beatty.
Peter Finch was die eerste akteur wat ’n nadoodse Oscar gewen het; die volgende akteur wat dit gedoen het, was Heath Ledger 32 jaar later. Beatrice Straight was die akteur wat die kortste tyd op die skerm was wat ’n Oscar gewen het: vyf minute veertig sekondes in Network.
Network was die laaste prent (soos in 2013) wat vyf benoemings vir toneelspel gekry het.
Pryse[wysig | wysig bron]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
Beste akteur | Beste aktrise |
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike musiek (drama) |
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
Verwysings[wysig | wysig bron]
- The Official Academy Awards® Database
- "The 49th Academy Awards (1977) Nominees and Winners". oscars.org. Besoek op 2011-10-03.
|
<urn:uuid:b0b090d6-1944-42f9-a6d8-57ad18835f7e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/49ste_Oscar-toekenningsaand
|
2019-07-23T03:18:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00490.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999767 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
SuperSport-park
SuperSport-park | ||
Skare tydens 'n konsert in 2006 by die SuperSport-park
Ligging | Centurion, Pretoria, Suid-Afrika | |
---|---|---|
Koördinate | Koördinate: | |
Eienaar | Noord-Transvaalse Krieketunie | |
Kapasiteit | 22 000 | |
Oppervlak | Gras (ook graswalle vir toeskouers) | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1986 | |
Huurders | ||
Northerns (1995–hede) Titane (2004–hede) Tshwane Spartans (2018–hede) |
SuperSport-park, so genoem weens borgskapredes, is 'n internasionale krieketstadion in Centurion, aan die suidekant van Pretoria, Suid-Afrika.[1] Dit het voorheen "Centurion Park" geheet, en is gebou vir die Noord-Transvaalse Krieketunie nadat Bereapark in die middestad van Pretoria te beknop geraak en in onbruik geval het.
"SuperSport-park" is die tuisveld van die Titane, voorheen bekend as Noord-Transvaal. Die stadion kan 'n totaal van 22 000 toeskouers huisves. Die eerste kriekettoets hier is op 16 November 1995 teen Engeland gespeel, waartydens 'n inheemse riviervaderlandswilg aangeplant is om die geleentheid te vier. SuperSport-park is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir vyf wedstryde ingespan.
- Internasionale inligting
- Eerste Toets
- Laaste Toets
Wedstryde[wysig | wysig bron]
Krieketwêreldbeker 2003[wysig | wysig bron]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) "SuperSport Park". Cricinfo. Besoek op 20 Februarie 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:cdf10e51-8049-421c-9e8d-4acd12614ab0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/SuperSport-park
|
2019-07-23T03:36:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00490.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999833 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Roger Bushell
Roger Bushell (30 Augustus 1910 - 29 Maart 1944) was 'n Suid-Afrikaanse vlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog en het bekend geraak vir sy ontsnappings pogings, veral uit Stalag Luft III. Hy is gebore in Springs en sy ouers was altwee afkomstig vanaf Engeland.
Roger Bushell | |
---|---|
30 Augustus 1910 – 29 Maart 1944 (33 jaar oud) | |
Bynaam(e) | Proccy |
Geboorteplek | Springs, Gauteng, Unie van Suid-Afrika |
Plek van afsterwe | Saarbrücken, Nazi-Duitsland |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Lugmag |
Jare in diens | 1932–1944 |
Rang | Eskader-leier |
Poste beklee | No. 92 Squadron RAF (1939-1940) |
Veldslae/oorloë | Tweede Wêreldoorlog |
Na laerskool het sy ouers hom na Wellinton College gestuur in Engeland en na skool is hy na Pembroke-kollege in Cambridge waar hy regte gestudeer het. Hy het in 1933 die kaptein van die gekombineerde Oxford-Cambridge-skispan geword.
Tweede WêreldoorlogWysig
Toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek sluit hy by die Britse Lugmag aan as 'n Spitfire-vlieënier waar hy deel raak van 601 Eskader. Hy word neergeskiet tydens die Geallieerdesse ontruiming van Duinkerken nadat hy eers twee Messerschmitts neergeskiet het. Hy word gevange geneem en bevind hom later in 'n oorgangskamp, die Dulag Luft naby Frankfurt. Gedurende Junie 1941 ontsnap hy vir die eerste keer deur die kampdraad te knip op dieselfde tyd as wat 'n klomp van sy makkers deur 'n tonnel ontsnap. Hy word egter 'n paar dae later meters vanaf die Switserse grens weer gevange geneem. Daarna word hy na die Stalag Luft I krygsgevangenekamp gestuur. Hier help hy bou aan 'n ontsnappingstonnel maar die kamp word ontruim voor die tonnel klaar was.
Op pad na hulle volgende kamp, Oflag VI-B ontsnap hy en 'n Tsjeggiese vlieënier, Jaroslav Zafouk, uit die trein deur die vloer planke uit te ruk. Die twee vorder tot in Praag waar hulle vir agt maande versteek word by die Zeithammie-familie. Die dogter van die familie verraai hulle egter en Bushell en Zafouk word weer gevange geneem. Na drie weke van ondervraging word Bushell na die Stalag Luft III kamp gestuur. Die kamp was sowat 160km suidoos van Berlyn.
By Stalag Luft III word hy die voorsittter van die Ontsnappingskomitee. Hulle grawe drie tonnels bekend as Tom, Dick en Harry. Tom word ontdek en later word net aan Harry gewerk. Op die nag van 24 Maart 1944 ontsnap 76 gevangenes, onder ander Bushell deur Harry. Slegs drie kon slaag om weg te kom en die ander 73 is almal gevang. Vyftig van die ontsnaptes word tereggestel. Bushell en sy reisgenoot, Bernard Scheidhauer, word op die Saarbrücken-stasie gevang en op 29 Maart 1944 tereggestel.
BronWysig
- Klip in Hitler se skoen Rapport 30 Maart 2014
|
<urn:uuid:a3de0d91-c7e9-410b-84b7-d101fa16710b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Roger_Bushell
|
2019-07-16T23:14:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00322.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Bristol Scout
Bristol Scout | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Bristol Aeroplane Company |
Ontwerp deur | Frank Barnwell |
Nooiensvlug | 23 Februarie 1914 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruikers | Britse Lugmag Royal Naval Air Service Australian Flying Corps |
Aantal gebou | 374 |
Die Bristol Scout was 'n enkelsitplek, dubbeldekker vegvliegtuig wat hoofsaaklik vir verkenningswerk gebruik was deur die Britse Lugmag tydens die eerste twee jaar van die Eerste Wêreldoorlog. Die vliegtuig was aanvanklik ontwerp vir lugwedrenne en daar was geen voorsiening gemaak vir wapens nie. Die vliegtuig het 'n ontwerp gehad wat goed op die oog geval het en was vinnig vir sy tyd. Dit was aanvanklik as 'n verkenningsvliegtuig gebruik. Nadat dit in Februarie 1915 op die front verskyn het, was dit gebruik om tweesitplek eskaders te vergesel. Die bewapening op hierdie eerste vliegtuie het verskil, daar was nie 'n standaard nie. Soms was dit net gewere wat aan die kante van die vliegtuig vasgemaak was.
Tog het Kaptein L.G. Hawker daarin geslaag om drie vyandelike vliegtuie af te skiet op 25 Julie 1915; hierdie vliegtuie was gewapen met masjiengewere. Die Victoriakruis was aan hom toegeken vir die daad.
In Februarie 1915 het die Royal Flying Corps 11 Eskader gestig en toegerus met Bristol Scouts hulle doel was om vyandelike vliegtuie te onderskep en vernietig. Dit was een van die eerste ware vegter eskaders. Die Britse bobaasvlieënier, Albert Ball, was deel van 11 Eskader en sy gunsteling was die Scout D wat in November 1915 in diens gestel was. Dit was toegerus met 'n gesinchroniseerde Vickers-masjiengeweer. In 'n week in Mei 1916 het Ball vier vyandelike vliegtuie afgeskiet.
Daar was 370 Scout's vervaardig. Vanaf die middel van 1916 was hulle geleidelik onttrek uit diens om opleidings vliegtuie te word.
Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Le Rhône stermotor |
Kraglewering per motor | 80 perdekrag |
Vlerkspan | 8,33 m |
Lengte | 6,02 m |
Hoogte | 2,59 m |
Vlerkoppervlakte | 18,39 m2 |
Maksimum opstygmassa | 567 kg |
Maksimum snelheid | 161 km/h |
Operasionele hoogte | 4 267 m |
Uithouvermoë | 2.5 ure |
Klimvermoë | 3,050 m in 18 minute |
Bewapening | Een vorentoe gesinchroniseerde 7,7 mm Lewis-masjiengeweer |
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bron[wysig | wysig bron]
- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
|
<urn:uuid:3885719b-2b0a-44a4-ae9a-4e7e10cdc3d5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bristol_Scout
|
2019-07-19T10:51:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00082.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999989 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Met die ontdekking van die Amerikas deur [[Christophorus Columbus]] op 12 Oktober 1492 het die Europese verowering van die twee kontinente begin. Tussen 1517 en 1518 het die eerste Spaanse ekspedisies onder Francisco Hernández de Córdoba en Juan de Grijalva die Yucataanse skiereiland bereik. Die "nuutontdekte" beskawings en die rykdom aan [[goud]]voorwerpe het die ''tierra firme'', die vasteland, vir die Spanjaarde aanloklik gemaak.
Tussen 1519 en 1521 het [[Hernán Cortés]] die Asteekse Ryk met behulp van talle inheemse bondgenote vernietig, die gebied vir [[Spanje]] verower en Nieu-Spanje gestig. Gelyktydig het Francisco de Montejo die [[Spaanse verowering van Yucatan|Yucatan-skiereiland]] en Pedro de Alvarado vir Guatemala verower en die laaste Maya-stede vernietig. Die kolonie was weens sy goud- en [[silwer|silwerrykdom]] onder die belangrikste oorsese besittings van Spanje. Oor die volgende drie eeue heen het die Spanjaarde en hul sendelinge die [[Rooms-Katolieke Kerk]] en die Spaanse taal in Meksiko gevestig.
|
<urn:uuid:8614d581-976b-44e7-8627-b8ed055d89fc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1366861
|
2019-07-17T00:15:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00194.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999741 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Bosveldpapegaai
Die Bosveldpapegaai (Poicephalus meyeri) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en nomade in savanne en breëblaarboomveld. Die voël kom in Zimbabwe, die noorde en ooste van Botswana en Noordoos-Namibië voor.
Bosveldpapegaai | ||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
'n Bosveldpapegaai in Zimbabwe. | ||||||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||||||
Poicephalus meyeri Cretzschmar, 1827 | ||||||||||||||||||||
Verspreiding en rasse.
Inhoud
FotogaleryWysig
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Poicephalus meyeri". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:349025a6-7c97-498d-a847-37893ae4b89d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bosveldpapegaai
|
2019-07-17T00:32:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00434.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.933827 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Trias
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Jura | Vroeg | Hettangium | jonger | |
Trias | Laat | Rhaetium | 201,3–208,5 | |
Norium | 208,5–~228 | |||
Karnium | ~228–~235 | |||
Middel | Ladinium | ~235–~242 | ||
Anisium | ~242–247,2 | |||
Vroeg | Olenekium | 247,2–251,2 | ||
Indusium | 251,2–252,2 | |||
Perm | Lopingium | Changhsingium | ouer | |
Die verdeling van die Trias (IKS). |
Die Trias is die eerste geologiese periode van die Mesosoïese Era en strek van die einde van die laaste periode van die Paleosoïese Era, die Perm, sowat 250 miljoen jaar gelede tot die begin van die Jura sowat 200 miljoen jaar gelede. Dit is ook die eerste chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoïese erateem.
Beide die begin en einde van dié periode word gekenmerk deur groot uitwissings. Die Trias is in 1834 so genoem deur Friedrich von Alberti, na aanleiding van die drie duidelik onderskeibare rotslae wat dwarsdeur Duitsland en Noordwes-Europa voorkom – rooi sandsteen, kalksteen en moddersteen, wat die "Trias" genoem word.[1]
Die Trias het begin net ná die Perm-Trias-uitwissing, wat die Aarde se biosfeer uitgeput gelaat het; dit sou tot omtrent die helfte van die periode duur om die vorige diversiteit te herstel. Therapsida en Archosauria was die twee belangrikste gewerweldes in dié tyd. ’n Subgroep van die Archosauria, die dinosourusse, het in die Laat Trias vir die eerste keer hul verskyning gemaak, maar het nie oorheers tot die daaropvolgende Jurassiese Periode nie.[2] Die eerste ware soogdiere, ’n subgroep van die Therapsida, het ook in dié periode ontwikkel, asook die eerste vlieënde gewerweldes, die pterosourusse, wat nes die dinosourusse ’n subgroep van die Archosauria was. Die groot kontinent Pangaea het tot in die middel van die Trias bestaan, waarna dit in twee landmassas verdeel het, Laurasië in die noorde en Gondwana in die suide.
Die klimaat in die Trias was hoofsaaklik warm en droog,[3] met woestyne oor ’n groot deel van Pangaea. Die klimaat het egter vogtiger geraak namate Pangaea uiteengedryf het. Die einde van die periode word weer eens gekenmerk deur ’n groot katastrofe, die Trias-Jura-uitwissing, waarin baie groepe uitgewis is. Hierna kon die dinosourusse die Jura-periode oorheers.
VerwysingsWysig
- Friedrich von Alberti, Beitrag zu einer Monographie des bunten Sandsteins, Muschelkalks und Keupers, und die Verbindung dieser Gebilde zu einer Formation [Contribution to a monograph on the colored sandstone, shell limestone and mudstone, and the joining of these structures into one formation] (Stuttgart en Tübingen, (Duitsland): J.G. Cotta, 1834).
- Brusatte, S. L.; Benton, M. J.; Ruta, M.; Lloyd, G. T. (2008-09-12). “Superiority, Competition, and Opportunism in the Evolutionary Radiation of Dinosaurs”. Science 321 (5895): 1485–1488. doi:10.1126/science.1161833. Besoek op 2012-01-14.
- "Lethally Hot" Earth Was Devoid of Life—Could It Happen Again?
Eksterne skakelsWysig
- "The Triassic world"
- "Douglas Henderson's illustrations of Triassic animals"
- Die Trias-uitwissings
- Voorbeelde van Trias-fossiele
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Trias.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Trias.
Proterosoïkum | Fanerosoïese Eon | |||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Neo- | Paleosoïese Era | Mesosoïese Era | Kainosoïese Era | |||||||||
Ediacarium | Kambrium | Ordovisium | Siluur | Devoon | Karboon | Perm | Trias | Jura | Kryt | Paleogeen | Neogeen | Kwartêr |
|
<urn:uuid:fd39779f-971c-4f7d-b66f-6c3d0e8ddf45>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Trias
|
2019-07-19T12:30:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00362.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999085 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Politieke party
'n Politieke party is 'n politieke organisasie wat poog om die regering se beleid te beïnvloed, gewoonlik deur hul eie kandidate daar te stel en te wedywer vir stemme en regeringsposte. Politieke partye neem gewoonlik deel aan verkiesingsveldtogte, opvoedkundige uitreik- en protesaksies en gee sodoende uitdrukking aan die ideologie of visie van die party. Partye vorm ook soms koalisies waartydens hulle saamwerk om 'n gemeenskaplike doelwit te bereik (soos om te verhoed dat 'n groter party 'n meerderheid verkry). 'n Politieke party word gevorm deur mense wat ooreenstem met 'n aantal politieke beginsels[1], hoewel daar min partye is waar alle lede saamstem oor al die beginsels.[2]
Hoewel dit teenswoordig dikwels die geval is, is politieke partye nie 'n voorwaarde vir die funksionering van 'n parlementêre stelsel nie. Waar die parlementariërs voorheen onafhanklik gewerk en verenig het in informele alliansies en verkiesingsverenigings, het daar verskeie groot politieke partye daarna ontstaan. In baie demokratiese lande, waaronder Suid-Afrika, is dit gebruiklik vir persone wat politieke funksies uitvoer om lede te wees van 'n politieke party.[3][4] Maar dit is nie altyd die geval nie. In diktature en eenparty-state het die dominante politieke party 'n ander funksie as in 'n demokrasie, terwyl 'n politieke opposisie gewoonlik ontbreek of ondergronds funksioneer.
Inhoud
KonsepgeskiedenisWysig
Alhoewel historici soms praat van partye in die klassieke oudheid, middeleeue of vroeë moderne tye, was dit nie partye nie, maar bloot faksies volgens hedendaagse konsepte. Die onderskeid tussen hierdie twee tipes groeperings is gemaak deur die Engelse parlementariër Henry St John, 1ste burggraaf Bolingbroke (vroeë 18de eeu), vir wie 'n faksie 'n sekere belang gedien het, maar 'n party die nasionale belang.
Bolingbroke het steeds gevoel dat partye tydelike groepe moet wees wat bedoel is om wanbestuur deur die koning of regering reg te stel. Die idee van 'n permanente politieke party dateer terug na Edmund Burke (tweede helfte van die 18de eeu), wat die kriterium aanvaar het van 'n nasionale belang (of 'n visie daarvan) van Bolingbroke oorneem.
Die konserwatiewe Burke was amper alleen in sy positiewe siening van partye en partyvorming. Volgelinge van die ander twee groot strome van sy tyd, die liberale en die radikale demokrate, het politieke organisasies gewantrou. Die liberale was bang vir partye omdat hulle soms die (arm) meerderheid sou verteenwoordig, teen die belange van die (ryk) minderheid. Die liberale staatsgeleerdes het dus grondwette ontwerp met spesiale regulasies (soos die Amerikaanse "checks and balances") om party en meerderheidsvorming so moeilik as moontlik te maak.[5] Vir die radikale demokrate was die teenoorgestelde beswaar waar: hulle was bang dat die partye in die weg van die eenheid van die volk sou kom en die "volk se wil" sou versplinter.
Dit het tot die middel van die 19de eeu geduur voordat partye ontstaan het wat voldoen aan die betekenis wat Burke gestel het. Die eerste het in die Verenigde Koninkryk voorgekom, waar die Tories en Whigs partyvorming rondom daardie tyd begin het. Albei het destyds uit lang bestaande politieke strome ontstaan.
Funksies van politieke partyeWysig
Volgens baie politieke wetenskaplikes speel politieke partye 'n baie belangrike rol in moderne verteenwoordigende demokrasieë.[3][6][7] Politieke partye het 'n belangrike funksie in verkiesings en in die formulering en implementering van regeringsbeleid.[8]
Tydens verkiesings mobiliseer politieke partye die burgers om deel te neem aan die demokratiese proses[3][9], sowel as vir lede en simpatiseerders om deel te neem aan die verkiesingsveldtog. Deur die verskillende duidelike veltogte en konsekwente posisies in te neem, kan politieke partye dit makliker maak vir kiesers om standpunte oor politieke kwessies in te neem en 'n keuse te maak in verkiesings. Mense kan die party volg wat volgens hulle die beste hul belang verteenwoordig. Politieke partye bied ook kiesers inligting oor politieke kwessies. Hulle bring sekere kwessies onder die aandag van die kiesers en probeer om hulle te oortuig om sekere standpunte in te neem.[3]
Politieke partye stel die kandidate en die verkiesingsprogram vir verkiesings vas. Hulle het byvoorbeeld 'n baie belangrike rol in die bepaling van die politieke leierskap. In bykans alle kontemporêre demokrasieë is die belangrike politici lede van 'n politieke party.[3] Benewens die keuse van politieke leiers, het partye 'n belangrike rol in die sosialisering en opvoeding van politieke leiers. Baie politici het 'n agtergrond in die interne party organisasie van 'n party, soos in 'n politieke jeug organisasie.[3] Politieke partye gee 'n stem aan die politieke belange van die groepe wat hulle verteenwoordig. Politieke partye verskil van belangegroepe, wat ook 'n stem gee aan sekere belange deurdat hulle verskillende belange in hul kiesprogram het.[3] Eenvraagstuk-partye rig juis hul belangstelling op een belang en verskil so sterk van ander partye.
Na die verkiesing probeer politieke partye hul verkiesingsprogramme omskep in beleid.[3] Hulle het byvoorbeeld 'n belangrike rol in die bepaling van beleidsdoelwitte van die regering. Hulle doen dit deur 'n regering te vorm wat op 'n meerderheid van die parlement kan reken ter ondersteuning van sy beleid voorstelle. Sodra 'n party 'n meerderheid in die parlement het, kan dit 'n eenparty-regering vorm. As meer partye nodig is vir 'n politieke meerderheid, kan 'n koalisie gevorm word of 'n minderheidskabinet. Benewens die partye wat aan die kabinet deelneem, is daar byna altyd partye wat die opposisie vorm. Hulle kan dus alternatiewe bied en kritiseer die regering se beleidsdoelwitte.[3][10] Deur saam te werk in 'n politieke groep, met fraksiedissipline en politieke groepspesialiste, kan parlementariërs die wetgewende proses doeltreffender maak. Aangesien ministers feitlik altyd partypolitici is, kan partye beheer oor die manier waarop die regering se beleid geïmplementeer word, behou. Politieke partye word dus polities verantwoordelik vir die uitgevoerde beleid. Sodoende kan by die volgende verkiesing, die partye wat die regering gevorm het, mee afgereken word of beloon word deur die kiesers oor die uitgevoerde beleid.[3]
Hierdie funksies verteenwoordig die ideale tipes en partye kan hierdie funksies in verskillende mate in die praktyk uitvoer.
VerwysingsWysig
- Burke, E. (1770) Thoughts on the Cause of the Present Discontent
- Ware, A. (1996) Political Parties and Party Systems
- Dalton en Wattenberg 2000 Parties without Partisans. Political Change in Advanced Industrial Democracies
- Schattschneider, E.E. (1942) Party Government
- Bart Tromp, 1993. De wetenschap der politiek: verkenningen, DSWO
- Schattschneider, E.E. (1942) Party Government
- Klingemann, H.D. R.I. Hofferbert, and I. Budge (1994) Parties, Policies and Democracy
- V.O Key (1964) Politics, Parties, and Pressure Groups
- Rosenstone en Hansen (1993) Mobilization, participation, and American democracy
- Dahl, R. "Political oppositions in Western democracies"
|
<urn:uuid:e3d791f5-ce3a-46db-b9f3-ea714de6319b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Politieke_party
|
2019-07-19T11:59:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999979 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
etnies
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Byvoeglike naamwoord | |||
---|---|---|---|
Trap | Predikatief | Attributief | Partitief |
Stellend | etnies | etniese |
- et•nies
- Met betrekking op 'n volk of volkere.
- Betrekking hê op die eienskappe of eienaardighede van 'n volk.
- Die oorlog het as gevolg van etniese spanning ontstaan.
- Die verdrag verstaan sedert jaar en dag onder rassediskriminasie elke vorm van uitsluiting – dus nie alleen kleur of ras, maar ook afkoms of afstamming, sowel nasionaal as etnies.[1]
Vertalings: etnies | |||
---|---|---|---|
- NRC Folkert Jensma, 16 Desember 2016
|
<urn:uuid:2299c1dd-de4e-41c6-b51e-bde6b1fdc8c0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/etnies
|
2019-07-23T09:46:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529175.83/warc/CC-MAIN-20190723085031-20190723111031-00130.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998437 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Nuwer wysiging →
1564
(wysig)
Wysiging soos op 22:08, 30 April 2009
12 grepe bygevoeg
,
10 jaar gelede
k
robot Bygevoeg:
tk:1564
[[sw:1564]]
[[th:พ.ศ. 2107]]
[[tk:1564]]
[[tl:1564]]
[[tr:1564]]
MelancholieBot
9 864
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/457625
"
|
<urn:uuid:08337c84-457a-48df-b1d0-66908e81639f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/457625
|
2019-07-19T20:49:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00018.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.993594 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Citroën Jumpy
2004–2006 Citroën Jumpy | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Sevel Nord |
Ook genoem | Citroën Dispatch Citroën Space Tourer Fiat Scudo Peugeot Expert Peugeot Traveller Toyota ProAce |
Produksie | 1994–tans |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Ligte handelsvoertuig |
Bakstyl | 4/5-deurpaneelwa 4/5-deurminibus |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Die Citroën Jumpy (of Citroën Dispatch in sommige lande) is 'n ligte handelsvoertuig wat deur Sevel Nord naby Valenciennes in Frankryk geproduseer word sedert 1994, nou in sy derde generasie. Die Jumpy is later herkenteken en vanaf 1995 verkoop as die Peugeot Expert.
Al drie modelle is opgekikker in Maart 2004, voordat dit vervang is deur die nuwe tweede generasie modelle in Januarie 2007. Hierdie 2007-modelle weer al gedeel dieselfde ontwerp en ingenieurswese, met subtiele trim veranderinge tussen elke merk. Die tweede generasie het 'n klein opkikkering gekry in Februarie 2012, en vanaf Julie 2013 het Toyota begin met verkope van 'n herkentekende weergawe genoem die Toyota ProAce.
Op 1 Desember 2015 het Citroën, Peugeot en Toyota onthul dat hul nuwe generasie van hierdie voertuie, in mensekarweierspesifikasies nou genoem word Citroën Space Tourer, Peugeot Traveller,[1] met Toyota wat die ProAce naam behou het.
Verwysings[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Citroën
Tans in produksie: Berlingo | C1 | C3 | C4 | C4 Cactus | C5 | DS3 | DS4 | DS 6 | Elysée | Jumpy | Jumper
Histories: Tipe A | C2 | Traction Avant | TUB | 2CV Acadiane | Ami 6 | Ami 8 | Ami Super | Axel | AX | BX | CX | C25 | |||
Wysig hierdie sjabloon |
|
<urn:uuid:010b59f1-db11-4e65-a99c-811d9bd8d20c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Citro%C3%ABn_Jumpy
|
2019-07-19T21:04:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00162.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.997312 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
stiebeuel
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
stiebeuel | stiebeuels |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
stiebeueltjie | stiebeueltjies |
- stie•beuel
- (perdry) Ysterbeuel (d.i. metaalboog) wat vastrapplek bied vir 'n perderuiter se voet.
- (anatomie) Gehoorbeentjie met 'n stiebeuelvorm.
- Hy het sy voete stewig in die stiebeuels.
- Die trommelvlies dra die vibrasies oor na drie beentjies, hulle word die hamer, aambeeld en stiebeuel genoem.
- ysterbeuel
Vertalings: 1. Vastrapplek vir 'n perderuiter | |||
---|---|---|---|
|
<urn:uuid:1759f77d-1c29-4b83-a289-020be64b3726>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/stiebeuel
|
2019-07-19T20:28:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00210.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999532 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Olgiet
Olgiet is 'n seldsame blou-groenkleurige fosfaat-mineraalreeks wat mikroskopiese prismatiese kristalle vorm wat 'n trigonale struktuur het. Die chemiese formule is Na(Sr, Ba)PO4. Olgiet is in 2008 deur die Internasionale Mineralogiese Vereeniging as 'n mineraalnaam gediskrediteer en is nou die reeksnaam vir bario-olgiet en strontio-olgiet (hipotetiese minerale).[1][2] Die stof is vernoem na die Russiese mineraloog Olga Anisimovne-Vorobiova (1902–1974).
|
<urn:uuid:7a393bf6-4412-4043-ad70-abe60b7ad652>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Olgiet
|
2019-07-18T15:23:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525659.27/warc/CC-MAIN-20190718145614-20190718171614-00194.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999367 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Brent Collins
Jump to navigation
Jump to search
Brent Collins | |
Geboorte | 31 Oktober 1941 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 6 Januarie 1988 (op 46) |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Brent Collins (31 Oktober 1941 – 6 Januarie 1988) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Blond Poison (1979) en Vortex (1982), en in die televisiereekse As the World Turns (1956) en Another World (1964).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1979: Blond Poison
- 1982: Vortex
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1956: As the World Turns
- 1964: Another World
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 2003: The Another World Reunion
|
<urn:uuid:0d1e810c-4fca-453d-8c70-7aaa3b0d93b6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Brent_Collins
|
2019-07-17T11:08:23Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00106.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99798 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Op 8 Dhu'l Hidjdja word die pelgrims aan hul pligte herinner. Hulle trek die ihram-klere aan en bevestig hul voorneme om die pelgrimstog te onderneem. Die beperkings van ihram begin nou.
====Mina====
[[Beeld:Arafat pilgrims.jpg|thumb|Pelgrims dra ihram op die vlakte van Arafat op die dag van die hadj.]]
[[Beeld:Mount Arafah.jpg|thumb|Berg Arafat tydens die hadj.]]
Ná die oggendgebed op 8 Dhu'l Hidjdja beweeg die pelgrims na Mina, waar hulle die hele dag deurbring en noen-, namiddag-, aand- en naggebede doen.<ref name=Adelowo403>{{cite book | editor1-first=E. Dada |editor1-last=Adelowo |title=Perspectives in Religious Studies: Volume III |url=https://books.google.com/books?id=ma-QBAAAQBAJ&pg=PA403 |year=2014 |publisher=HEBN Publishers Plc |location=Ibadan |isbn=9789780814472 |page=403}}</ref> Die volgende dag verlaat hulle Mina ná die oggendgebed en beweeg na Arafat.
===Tweede dag: 9 Dhu'l Hidjdja===
====Arafat====
Op die oggend van 9 Dhu'l Hidjdja kom die pelgrims by Arafat aan – ’n droë stuk land sowat 20 km oos van Mekka.<ref name=Long19/> Hier doen hulle smeekbede, toon berou en doen boete oor hul sondes van die verlede, en vra genade by Allah. Hulle luister ook na preke deur Islamitiese geleerdes vanaf die Jabal al-Rahmah (die Heuwel van Genade),<ref name=Adelowo403/> van waar Mohammed na berig word sy laaste preek gelewer het. Dit duur van die middag tot met sonsondergang,<ref name=Long19/> en is bekend as "staan voor God" (wuquf), een van die belangrikste rituele van die hadj.<ref name=Nigosian111/> ’n Pelgrim se hadj word as ongeldig beskou as hulle nie die middag op Arafat deurgebring het nie.<ref name=ngeo/><ref name=Long19>{{cite book |last=Long |first=David E.|title=The Hajj Today: A Survey of the Contemporary Pilgrimage to Makkah |url= http://books.google.com./books?id=2Uk3Gh6xrUUC&pg=PA19 |year=1979 |isbn= 0-87395-382-7 |page=19}}</ref>
|
<urn:uuid:8b077433-7f16-44a0-b4f0-fb254dacdf81>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1485793
|
2019-07-22T09:30:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527907.70/warc/CC-MAIN-20190722092824-20190722114824-00210.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.996098 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Die Koffiehuis
Jump to navigation
Jump to search
Stad of dorp | Kaapstad | |
Land | Suid-Afrika | |
Geopen | 1915 | |
Gesluit | 1940 |
Op 11 Mei 1934 is die eerste opvoerings ook daar gehou van die Kaapstadse Afrikaanse Toneelvereniging (KAT) – Rooibruin Blare en Ruwe Erts, albei deur H.A. Fagan. Die KAT se opvoerings is tot in 1940 daar gehou.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 5 Maart 2013
|
<urn:uuid:f72e521e-04c7-4ca1-83bd-42d302203ce4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Die_Koffiehuis
|
2019-07-19T21:28:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00522.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999816 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Witstertvlieëvanger
Die Witstertvlieëvanger (Elminia albonotata) is 'n algemene maar gelokaliseerde standvoël en beperk tot die bergwoud van Oos-Zimbabwe en aangrensende Mosambiek. Sommige beweeg in die winter na laer gebiede. Die voël is 14 cm groot en weeg 8 gram. In Engels staan die voël bekend as die White-tailed Crested Flycatcher.
Witstertvlieëvanger | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Illustrasie (boonste voëltjie) | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Elminia albonotata (Sharpe, 1891) | ||||||||||||||||
Sinonieme | ||||||||||||||||
Trochocercus albonotata |
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Elminia albonotata". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:f41fc0c6-cfd0-4655-a983-cce834753ffb>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Elminia_albonotata
|
2019-07-18T16:22:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525659.27/warc/CC-MAIN-20190718145614-20190718171614-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.98167 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
1249
Jump to navigation
Jump to search
1249 |
◄ | 12de eeu | ◄13de eeu► | 14de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1249 |
Kalenders | |
Die jaar 1249 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 49ste jaar van die 13de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Die oudste van die Universiteit van Oxford (Engeland) se 40 kolleges, University College, word gestig
Geboortes[wysig | wysig bron]
- Erik V van Denemarke, koning van Denemarke († 1286).
- Pous Johannes XXII, die 196ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk te Avignon († 1334).
|
<urn:uuid:25be052c-a4fb-405b-ab14-5c72866661e5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/1249
|
2019-07-21T07:28:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00042.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999762 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Narkotiki
Titel[wysig bron]
Siende dat Afrikaans die Latynse alfabet gebruik, kan ons dit nie maar ook vir hierdie artikel se titel gebruik nie? Ons praat tog ook van "Ilja Repin" en nie "Илья Ре́пин" nie, asook "Dmitri Sjostakovitsj" i.p.v. "Дми́трий Шостако́вич". Anrie (kontak) 08:20, 17 September 2009 (UTC)
|
<urn:uuid:4dc2e1f7-f054-4969-9646-8e7dcfdbc38a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Narkotiki
|
2019-07-21T07:54:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00042.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998592 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
875
Jump to navigation
Jump to search
875 |
◄ | 8ste eeu | ◄9de eeu► | 10de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:875 |
Kalenders | |
Die jaar 875 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Die Skotse eilandgroep Orkney word deur Noorweë geannekseer.
- Die dood (sonder opvolger) van keiser Lodewyk II van Italië veroorsaak 'n stryd om die mag. [1]
- 25 Desember – Pous Johannes VIII kroon Karel die Kale,, Lodewyk se oom, tot keiser van die Frankiese Ryk.
|
<urn:uuid:7150eb89-101f-4483-8005-ba3bf3424d04>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/875
|
2019-07-18T17:53:24Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00354.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999992 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Erschallet, ihr Lieder, erklinget, ihr Saiten!, BWV 172
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Erschallet, ihr Lieder, erklinget, ihr Saiten!, BWV 172-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:d7d83e0f-216b-4916-bea6-625aaaf8559c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Erschallet,_ihr_Lieder,_erklinget,_ihr_Saiten!,_BWV_172
|
2019-07-20T01:13:37Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526401.41/warc/CC-MAIN-20190720004131-20190720030131-00002.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999498 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Beijing
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Beijing-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:64029761-07ec-4424-95e0-be4f9f65112a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Beijing
|
2019-07-23T17:51:17Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529481.73/warc/CC-MAIN-20190723172209-20190723194209-00530.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999967 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Allisyn Ashley Arm
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Allisyn Ashley Arm-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:2c0d5d7b-26d4-4dc5-b8be-a48e231f6c96>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Allisyn_Ashley_Arm
|
2019-07-21T07:06:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00402.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999988 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Saamwerkunie
Die unie is op 24 Mei 1917 in die Gedenksaal van die NG gemeente Pietermaritzburg onder leiding van adv. E.G. Jansen, latere minister van naturellesake en uiteindelik die eerste Afrikaanssprekende en ook laaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, gestig. Die doel was om verskillende verenigings vir Afrikaners in Natal te verenig en sodoende Afrikaners in die provinsie "tot hegte en eendragtige optrede aan te spoor".[1] Die eerste voorsitter was adv. E.G. Jansen, bygestaan deur 'n sekretaris, dr. G. Besselaar en 'n korresponderende sekretaresse, mev. Mabel Jansen.
Op die eerste bestuursvergadering het mev. Jansen die opdrag gekry om ’n skema vir eksamens in Afrikaans op te stel. Sy het dit in September van daardie jaar voorgelê en so is die eerste eksamen in Afrikaans in Suid-Afrika gebore, die latere Taalbondeksamen, wat van die jare twintig saam met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is. Reeds in die eerste jaar van die eksamen het 406 kandidate deelgeneem, onder meer die latere adv. C.R. Swart, die latere regter L.W. Hiemstra en Avril Malan. Oor die doelwit van die eksamens, het Jansen gesê: "Die (Afrikaanse) taal moet groei soos ’n patatrank en die hele Suid-Afrika oorrank.[2]"
Die taaleksamens het ’n dringende behoefte aan ’n eerste Afrikaanse grammatika laat ontstaan, wat Mabel Jansen in 1917 saam met mnr. C.M. Booysen opgestel het. Omstreeks 1976 het sy oor dié onderneming gesê: "Dit bly vir my ’n verbasende iets dat daar teen die jaar vyftien, sestien nog nooit g’n poging was om ’n grammatika vas te stel nie. Hulle het tog al heelwat Afrikaans geskryf. Wat ek gedoen het, was maar ’n desperate poging om iets daar te stel vir ons leerlinge van die Afrikaanse eksamens, en kon dit maar net op die Nederlandse baseer. Ek weet hier in De Volksstem hierso was eendag so ’n venynige aanval op ons oor die junta in Natal wat hom dit aanmatig om so ’n grammatika te skryf en taaleksamens af te neem. Dit was nou vir hulle vreeslik dat iemand wat nie ’n doktorsgraad het nie, so iets kon aandurf."[3]
Buiten die Taaleksamen het die Saamwerk-Unie deur sy jaarkongresse en verskillende komitees – die histories kommissie, wedstrydkommissie, uitleenbiblioteekkommissie, Voortrekkerkommissie, besoekkommissie, onderwyskommissie – die Afrikaners in Natal bymekaar gehou, begeester om te werk en stry vir hul regte en erfenis. In Julie 1959, die jaar van Die Wonder van Afrikaans, het die Saamwerk-Unie aan hulle adv. en mev. Jansen elk ’n goue medalje aangebied as huldeblyk van hulle groot kultuurwerk, ’n erkentlikeidsdaad wat hulle besonder geroer het.[4]
Die unie se benaming is gedurende 1931 verander na Die Saamwerkunie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, ten einde lidmaatskap op 'n nasionale grondslag te plaas. In 1948 besluit die unie om die benaming van Die Saamwerkunie van Natal te aanvaar, alhoewel die werksaamhede nog steeds op 'n breë vlak voortgesit is.
Bronne[wysig | wysig bron]
- Potgieter, D.J. (ed.) 1974. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
- Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
- Argief van die Vrystaatse Universiteit.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
- Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1962
- *Van Wyk, At. 1977. Mev. M.M. Jansen: Pomptrollie en riksja. Nienaber, Stoffel. Tuinprovinsie Natal, 33 – 39. Kaapstad: Tafelberg.
- Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1962
|
<urn:uuid:74fd6c75-acdf-4091-a677-df1810369dbe>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Saamwerkunie
|
2019-07-20T03:19:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526408.59/warc/CC-MAIN-20190720024812-20190720050812-00330.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999942 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Boskorhaan
Die Boskorhaan (Lophotis ruficrista) is 'n amper-endemiese standvoël en leef in droë boomveld en halfwoestyngrasveld. Hulle kom voor in die noorde van Suid-Afrika, Botswana, die noorde van Namibië en suide van Zimbabwe.
Boskorhaan | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Lophotis ruficrista (Smith, 1836) |
Die voël is 48 – 50 cm groot en weeg 400 - 900 gram. In Engels staan die voël bekend as Red-crested korhaan.
|
<urn:uuid:c0d3dcd2-8581-4c86-8773-150333c8d308>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Eupodotis_ruficrista
|
2019-07-21T08:38:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00490.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.957412 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
vormbank
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
vormbank | vormbanke |
- vorm•bank
- Draaibank waarop gietvorms maak word.
- Modulêre rusbank wat in verskillende vorms gerangskik kan word.
- Die kunstenaar maak 'n gietvorm van 'n vaas op sy vormbank.
- Dit beskik oor 'n lessenaar met 'n moderne kantoorstoel, 'n los vormbank en mure van briljante sonneblom geelgroen.[1]
Vertalings: 1. Draaibank vir gietvorms. | |||
---|---|---|---|
Enkelvoud | Meervoud | |
---|---|---|
Naamwoord | vormbank v/m | vormbanken |
- Hulp:IPA: [ˈvɔrm.bɑŋk]
- (gereedskap) 'n Bank of tafel waarop klei in 'n vorm gedoen word om teëls of bakstene te vervaardig.[1]
|
<urn:uuid:68ea9e93-a8ce-4a9f-ad6f-0bd4a3955bc7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/vormbank
|
2019-07-22T16:48:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00090.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998274 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Eleusis
Eleusis Ελευσίνα |
Uitsig oor die opgrawingsterrein na die die dorp Eleusis. | |
Streekseenheid | Wes-Attika |
---|---|
Regering | |
- Burgemeester | Georgios Tsoukalas |
Oppervlak | |
- Dorp | 18,455 km² (7,1 vk m) |
Bevolking (2011) | |
- Dorp | 29 902 |
- Metropolitaans | 36 589 |
Webwerf: www.eleusina.gr |
Eleusis is die setel van die administrasie van die Griekse streekseenheid Wes-Attika. Dit is die terrein van die Eleusiniese misterieë en die geboorteplek van Aischulos. Dit is vandag ’n groot nywerheidsentrum met die grootste olieraffinadery in Griekeland en die plek waar die Aischylia-fees, die oudste fees in die Attika-streek, gehou word.
Op 11 November 2016 is Eleusis gekies as die Europese kultuurhoofstad vir 2021.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Eleusis was in die oudheid bekend as die hoofsetel van die aanbidding van Demeter en Persephone, en van die misterieë ter ere van dié godinne. Dit is tot met die val van die heidendom beskou as die heiligste van alle Griekse misterieë.
Eleusis het op ’n hoogte gestaan, ’n klein entjie van die see af en oorkant die eiland Salamis. Sy ligging het hom drie voordele gegee: Dit was op die pad van Athene na die landengte van Korinthe; dit was in ’n baie vrugbare streek; en dit was aan die punt van ’n uitgebreide baai wat aan drie kante deur die kus van Attika gevorm is en in die suide deur Salamis afgesluit is. Die dorp self dateer van die antiekste tye.
|
<urn:uuid:6ee5f2fe-4eaf-4031-aa52-550a8d5cfd35>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Eleusis
|
2019-07-21T11:02:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00002.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99999 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Louis van Rensburg
Louis van Rensburg | ||
---|---|---|
Geboorte | 31 Julie 1944 | |
Afsterwe | 9 September 2012 (op 68) Johannesburg | |
Beroep(e) | Sanger, komponis, liedjieskrywer | |
Genre(s) | Ligte musiek, jazz | |
Instrument(e) | Stem, mondfluitjie, kitaar | |
Aktiewe jare | 1973–2012 | |
Webwerf | louisvanrensburg.co.za | |
Musiekportaal |
Louis van Rensburg (* 31 Julie 1944 – † 9 September 2012) was ’n Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer. Hy het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir 'n enkeling, waaronder die liedjie "Voshaarnooi". Hy het ook klankbane vir verskeie ander TV-reekse soos Bart Nel, Bosveldwinkel, Wielie-Walie, Geknelde land, Meester en Arende geskryf. Meer onlangs het hy die temamusiek vir die sepie 7de Laan geskryf.[1]
Van Rensburg is op die ouderdom van 68 oorlede nadat hy ’n maand vantevore in die Garden City-kliniek in Johannesburg met longontsteking opgeneem is.[2] Hy laat sy vrou, Rita en twee seuns, Louis en Jacques agter.
Inhoud
AlbumsWysig
Van Rensburg se albums:[3]
- Solus Sewe (1973)
- Diverse Opnames (1974–1994)
- Ek ken ’n Melodietjie (1975)
- Ek en my Nooientjie (1976)
- Bosveldwinkel (1980)
- Katvoet (1981)
- Bosveldhotel, die moevie (1982)
- Windharp teen die tyd (1983)
- Oom Lewies se Bosveldmusiek (1985)
- Ballade vir ’n Enkeling (1986)
- Voshaarnooi(1987)
- My Musiek (1992)
- Ballade vir ’n Enkeling 2 (1993)
- Arende – Transkripsie (1994)
- Arende – Select (1994)
- Endangered Species (1995)
- Jy mag maar (1999)
- 7de Laan (2000)
- Tuiskoms (2012)
Hy het ’n SAMA-toekenning vir sy album Jy mag maar ingepalm.
LiedjiesWysig
Van sy bekendste liedjies is Voshaarnooi, Op My Ou Ramkietjie en Bella Boklam.
Ballade vir 'n Enkeling | Voshaarnooi |
---|---|
Die woorde van Richard van der Westhuizen se liedjie Ballade vir 'n Enkeling lui as volg: (Louis en Richard het saamgewerk aan die klankbaan van die reeks.)[4]
|
<urn:uuid:d2c6d2d6-017a-4bab-a438-5dbcd76fd46a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Louis_van_Rensburg
|
2019-07-21T11:03:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00050.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99965 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Bespreking:699
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 699-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Kalief[wysig bron]
Is dit dalk die moeite werd om ten minste iets te sê oor wat die "Kalief" is? As mens nie weet nie, beteken die enkele sinnetjie nie werklik iets nie :-) Geluk met die vordering met die datumbladsye! --Alias 13:45, 4 Maart 2008 (UTC)
|
<urn:uuid:15e99d38-7b2a-4a4b-9fa1-59750e2bb674>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:699
|
2019-07-22T16:26:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00234.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000004 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hugh Lane
Sir Hugh Percy Lane (* 9 November 1875; † 7 Mei 1915) was 'n Ierse kunshandelaar, -versamelaar en galerydirekteur wat veral bekendstaan as die stigter van Dublin se munisipale kunsmuseum, die Municipal Gallery of Modern Art (die eerste bekende openbare kunsgalery ter wêreld wat aan moderne kuns gewy is) en sy bydrae tot die bevordering van visuele kunste in Ierland, insluitende die Lane Bequest. In Suid-Afrika was hy naas Florence Phillips een van die twee sleutelfigure in die totstandkoming van die Johannesburgse Kunsmuseum.[1] Vir sowel die Goudstad se kunsmuseum asook die Michaelis-versameling te Kaapstad het Lane die oorspronklike kunsversamelings opgebou.
Hugh Lane | |
Portret van Hugh Lane deur John Singer Sargent in 1906
Geboortenaam | Hugh Percy Lane |
---|---|
Gebore | 9 November 1875 County Cork, Ierland |
Oorlede | 7 Mei 1915 (op 39) RMS Lusitania, Atlantiese Oseaan |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | kunstenaar |
|
<urn:uuid:3929a5f1-51b8-4212-b39e-85b52ac58a4a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hugh_Lane
|
2019-07-23T22:44:16Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00394.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999736 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Lys van monarge van Engeland
Die volgende is ’n lys van konings van Engeland, wat van 878 tot 926 verenig is deur Alfred die Grote van Wessex en sy kleinseun Athelstan. Die vereniging met Wallis het in 1536 plaasgevind en met Skotland in 1707 om die Verenigde Koninkyk van Groot-Brittanje te vorm.
Die lys van Engelse konings begin tradisioneel in 829 met Egbert van Wessex,[1] hoewel Offa van Mercië die eerste persoon was wat skynbaar van 774 af die titel koning van Engeland gebruik het. In 825 het die Wes-Saksiese konings Kent en Sussex van Mercië afgevat en daarop het hulle al hoe meer dominant oor die ander koninkryke van Engeland geword.
Die titel koning of koningin van Engeland is nie tegnies korrek nie, maar word aanvaar vir die monarg van Engeland, Skotland en Wallis.
Inhoud
Huis van WessexWysig
DenemarkeWysig
Engeland het onder Deense beheer gekom na die onsuksesvolle heerskappy van koning Ethelred. Sommige van die Deense konings het die kroon van Denemarke sowel as Engeland gedra.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Sven Vurkbaard 25 Desember 1013–1014 |
onbekend Denemarke seun van Harald Bloutand en Gunhilda van Wenden |
onbekend | 3 Februarie 1014 Gainsborough | |
Knoet die Grote 1 Desember 1016–1035 |
c. 995 Denemarke seun van Sven Vurkbaard |
(1) Elgifa van Northampton (2) Emma van Normandië |
12 November 1035 Shaftesbury op omtrent 40 | |
Harold Haasvoet 13 November 1035–1040 |
c. 1015 seun van Knoet die Grote en Elgifa van Northampton |
onbekend | 17 Maart 1040 Engeland op omtrent 25 | |
Hartaknoet 18 June 1040–1042 |
1018 seun van Knoet die Grote en Emma van Normandië |
onbekend | 8 Junie 1042 Lambeth op omtrent 24 |
Huis van Wessex (herstel)Wysig
Die ou Wes-Saksiese lyn het ná die bewind van die Deense konings weer aan die bewind gekom.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Sint Eduard die Belyer 9 Junie 1042–1066 |
c. 1003 Islip, Oxfordshire seun van Ethelred II en Emma van Normandië |
Edith van Wessex 23 Januarie 1045 |
4 Januarie 1066 op omtrent 63 | |
Harold Godwinson 5 Januarie- 14 Oktober 1066 |
c. 1022 Wessex seun van Godwin, Graaf van Wessex en Gytha Thorkelsdóttir |
(1) Ealdgyth Swan-nek 6 kinders (2) Aldgyth Januarie 1066 2 kinders |
14 Oktober 1066 Oorlog, Oos-Sussex op omtrent 44 | |
Edgar Adeling 15 Oktober- 10 Desember 1066[4] |
c. 1052 Hongarye seun Edward Verbande en Agatha |
onbekend | c. 1126 op omtrent 75 |
Huis van NormandiëWysig
In 1066 het hertog Willem II van Normandië die Angel-Saksers verslaan. Die invallende Normandiërs en hul nageslag het die Engelse heerserklas vervang. Die adel van Engeland was deel van ’n enkele Franssprekende kultuur en baie het grond weerskante van die Engelse kanaal besit. Die vroeë Normandiese konings van Engeland was as Hertoë van Normandië onderhorig aan die koning van Frankryk. Hulle het Engeland nie noodwendig as hul belangrikste eiendom beskou nie (hoewel dit hulle die titel koning besorg het – ’n belangrike statussimbool). Koning Richard I (die Leeuhart) word dikwels beskou as die toonbeeld van ’n Middeleeuse Engelse koning, maar hy het net Frans gepraat en het die meeste van sy tyd buite Engeland deurgebring.
Dit was eers ná die Normandiese verowering van Engeland in 1066 dat monarge volgens die Franse manier genommer is, hoewel die vroeëre gebruik om konings deur byname te onderskei, nie dadelik uitgesterf het nie.
Huis van PlantagenêtWysig
Stefanus het in November 1153 die Verdrag van Wallingford geteken waarin hy Hendrik, seun van Matilda, erken as troonopvolger in die plek van sy eie seun.
Die vroeë Plantagenets het oor baie gebiede in Frankryk regeer en het Engeland nie as hul belangrikste tuiste beskou nie tot koning Jan die meeste van hul Franse besittings verloor het. Hierdie langregerende dinastie word gewoonlik in drie huise verdeel: die Angevyne, die Huis van Lancaster en die Huis van York.
AngevyneWysig
Huis van LancasterWysig
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik IV (Hendrik Bolingbroke) 30 September 1399–1413[17] |
3 April 1366/7 Bolingbroke-kasteel seun van John van Gaunt en Blanche van Lancaster[17] |
(1) Mary de Bohun Arundel Castle 27 Julie 1380 sewe kinders |
20 Maart 1413 Westminster-abdy op 45 of 46[18] | |
Hendrik V 20 Maart 1413–1422[17] |
9 Augustus 1387 (of 16 September) Monmouth-kasteel seun van Hendrik IV en Mary de Bohun[17] |
Catherine van Valois Troyes-katedraal 2 Junie 1420 een seun[17] |
31 Augustus 1422 Château de Vincennes op 35[17] | |
Hendrik VI 31 Augustus 1422 – 4 Maart 1461[19] |
6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[19] |
Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[19] |
21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[19] |
Huis van YorkWysig
Die Huis van York stam af van Edmund van Langley, 1ste Hertog van York, die vierde oudste oorlewende seun van Eduard III.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Eduard IV 4 Maart 1461 – 2 Oktober 1470[20] |
28 April 1442 Rouen seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[20] |
Elizabeth Woodville Grafton Regis 1 Mei 1464 tien kinders[20] |
9 April 1483 Westminster-paleis op 40[20] |
Huis van Lancaster (herstel)Wysig
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik VI 2 Oktober 1470 – 11 April 1471[19] |
6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[19] |
Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[19] |
21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[19] |
Huis van York (herstel)Wysig
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Eduard IV 11 April 1471 – 9 April 1483[20] |
28 April 1442 Rouen seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[20] |
Elizabeth Woodville Grafton Regis 1 Mei 1464 tien kinders[20] |
9 April 1483 Westminster-paleis op 40[20] | |
Eduard V 9 April – 25 Junie 1483[21] |
2 November 1470 Westminster seun van Eduard IV en Elizabeth Woodville[21] |
ongetroud | c. 1483 Londen op sowat 12 (vermoor)[22] | |
Richard III 26 Junie 1483–1485[23] |
2 Oktober 1452 Fotheringhay-kasteel seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[24] |
Anne Neville Westminster-abdy 12 Julie 1472 een seun[24] |
22 Augustus 1485 Bosworth Field op 32 (in ’n geveg)[24] |
Huis van TudorWysig
Die Tudors stam in die vroulike lyn van John Beaufort, een van die buite-egtelike kinders van die 14de-eeuse Engelse prins John van Gaunt, 1ste Hertog van Lancaster (die derde oudste oorlewende seun van Eduard III van Engeland), by Gaunt se minnares Katherine Swynford. Die afstammelinge van ’n buite-egtelike kind sou normaalweg geen aanspraak op die troon gehad het nie, maar sake is gekompliseer toe Gaunt en Swynford eindelik in 1396 getrou het (25 jaar ná John Beaufort se geboorte). Met die oog op die huwelik het die kerk die paar se kinders wettig verklaar.
John Beaufort se kleindogter lady Margaret Beaufort was getroud met Edmund Tudor, 1ste Graaf van Richmond. Tudor was die seun van die Walliese howeling Owain Tewdr (verengels tot "Owen Tudor") en Katherine van Valois, weduwee van die Lancaster-koning Hendrik V.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik VII 22 Augustus 1485–1509[25] |
28 Januarie 1457 Pembroke-kasteel seun van Edmund Tudor en lady Margaret Beaufort[25] |
Elizabeth van York Westminster-abdy 18 Januarie 1486 agt kinders[25] |
21 April 1509 Richmond-paleis op 52[25] | |
Hendrik VIII 21 April 1509–1547[26] |
28 Junie 1491 Greenwich-paleis seun van Hendrik VII en Elizabeth van York[26] |
Catherine van Aragon Greenwich 11 Junie 1509 een dogter |
28 Januarie 1547 Whitehall-paleis op 55[26] | |
Anne Boleyn Westminster-paleis 25 Januarie 1533 een dogter | ||||
Jane Seymour Whitehall-paleis 30 Mei 1536 een seun | ||||
Anne van Cleves Greenwich-paleis 6 Januarie 1540 | ||||
Catherine Howard Hampton Court-paleis 28 Julie 1540 | ||||
Catherine Parr Hampton Court-paleis 12 Julie 1543 | ||||
Eduard VI 28 Januarie 1547–1553[27] |
12 Oktober 1537 Hampton Court-paleis seun van Hendrik VIII en Jane Seymour[27] |
ongetroud | 6 Julie 1553 Greenwich-paleis op 15[27] | |
Jane (Die Nege-dae-koningin) 10 Julie–19 Julie 1553[28] Titel betwis |
Oktober 1537 Bradgate Park dogter van Henry Grey, 1ste Hertog van Suffolk en lady Frances Brandon[28] |
Lord Guildford Dudley The Strand 21 Mei 1553 geen kinders[29] |
12 Februarie 1554 Londense Tower op 16 (onthoof)[28] | |
Maria I (Bloedige Maria) 19 Julie 1553–1558[27] |
18 Februarie 1516 Greenwich Palace dogter van Hendrik VIII en Catherine van Aragon[27] |
Philip II van Spanje Winchester-katedraal 25 Julie 1554 geen kinders[27] |
17 November 1558 Sint James-paleis op 42[27] | |
Elizabeth I (Die Maagdkoningin) 17 November 1558–1603[27] |
7 September 1533 Greenwich-paleis dogter van Hendrik VIII en Anne Boleyn[27] |
ongetroud | 24 Maart 1603 Richmond-paleis op 69[27] |
Huis van StuartWysig
Ná die dood van Elizabeth I in 1603 sonder kinders het die Skotse koning, Jakobus VI, die Engelse troon bestyg as Jakobus I in wat bekend geword het as die Vereniging van die Krone. Jakobus het van die Tudors afgestam deur sy oumagrootjie, Margaret Tudor, die oudste dogter van Hendrik VII. In 1604 het hy die titel koning van Groot-Brittanje aangeneem, hoewel die twee koninkryke afsonderlike state gebly het.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Jakobus I 24 Maart 1603–1625[30] |
19 Junie 1566 Edinburg-kasteel seun van Hendrik Stuart, lord Darnley en Maria, koningin van Skotland[30] |
Anna van Denemarke Oslo 23 November 1589 sewe kinders[30] |
27 Maart 1625 Theobalds House op 58[30] | |
Karel I (Sint Karel die Martelaar) 27 Maart 1625–1649[31] |
19 November 1600 Dunfermline-paleis seun van Jakobus I en Anna van Denemarke[31] |
Henrietta Maria van Frankryk Sint Augustine-abdy 13 Junie 1625 nege kinders[31] |
30 Januarie 1649 Whitehall-paleis op 48 (onthoof)[31] |
GemenebesWysig
Daar was geen heersende koning tussen die teregstelling van Karel I in 1649 en die troonopvolging van Karel II in 1660 nie. Die volgende individue het egter van 1653 af die mag in hul hande gehad as Lord-Protektor gedurende die tyd bekend as die Protektoraat.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Oliver Cromwell 16 Desember 1653–1658[32] |
25 April 1599 Huntingdon[32] seun van Robert Cromwell en Elizabeth Stewart[33] |
Elizabeth Bourchier Sint Giles[34] 22 Augustus 1620 nege kinders[32] |
3 September 1658 Whitehall op 59[32] | |
Richard Cromwell (Tumbledown Dick) 3 September 1658 – 7 Mei 1659[35] |
4 Oktober 1626 Huntingdon seun van Oliver Cromwell en Elizabeth Bourchier[35] |
Dorothy Maijor Mei 1649 geen kinders[35] |
12 Julie 1712 Cheshunt op 85[36] |
Huis van Stuart (herstel)Wysig
Hoewel die monargie in 1660 herstel is, het dit eers weer stabiel geraak in 1688, toe die parlement aanspraak gemaak het op die reg om te kies wie hulle as koning wil hê.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Karel II 30 Januarie 1660–1685[37] Rojaliste dateer sy bewind vanaf 1649 |
29 Mei 1630 Sint James-paleis seun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk[38] |
Catherine van Braganza Portsmouth 21 Mei 1662 drie kinders (almal as kinders dood)[38] |
6 Februarie 1685 Whitehall-paleis op 54[38] | |
Jakobus II 6 Februarie 1685 – 23 Desember 1688[39] |
14 Oktober 1633 Sint James-paleis seun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk[39] |
(1) Anne Hyde The Strand 3 September 1660 agt kinders |
16 September 1701 Château de Saint-Germain-en-Laye op 67[39] | |
Willem III van Oranje 13 Februarie 1689–1702[40] |
4 November 1650 Den Haag seun van Willem II, Prins van Oranje and Maria Stuart[41] |
Sint James-paleis 4 November 1677 drie kinders (almal as kinders dood)[40] |
8 Maart 1702 Kensington-paleis op 51[40] | |
Maria II 13 Februarie 1689–1694[39] |
30 April 1662 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde[39] |
28 Desember 1694 Kensington-paleis op 32[39] | ||
Anna 8 Maart 1702–1707[42] Groot-Brittanje 1707–1714 |
6 Februarie 1665 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde[43] |
George van Denemarke Sint James-paleis 28 Julie 1683 17 kinders[43] |
1 Augustus 1714 Kensington-paleis op 49[43] |
Tydlyn van Engelse monargeWysig
VerenigingWysig
In 1706 en 1707 is twee wette deur die Engelse en die Skotse parlement aanvaar om die Verdrag van Unie in werking te stel waarop die twee lande op 22 Julie 1706 ooreengekom het. Die wette het die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland (voorheen aparte state maar met dieselfde monarg) verenig in ’n enkele staat, die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje.[44]
Die twee lande het sowat 100 jaar lank dieselfde koning gehad (sedert die Vereniging van die Krone in 1603, toe koning Jakobus VI van Skotland die Engelse troon van koningin Elizabeth I van Engeland geërf het).
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
- Burke's Peerage & Gentry URL last accessed 7 September 2007.
- "thePeerage.com – Æthelbald, King of Wessex and others". Besoek op 2007-10-24.
- "King Egbert". Besoek op 2007-10-24.
- Heerskappy van 8 weke, Edgar Adeling het oorgegee aan Willem die Grote. Schoolnet History. Accessed on 23 November 2006
- "thePeerage.com – Person Page 10203". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 2007-10-25.
- "STEPHEN (of Blois) – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25.
- Matilda het dieselfde tyd as Stefanus regeer, maar haar bewind is betwis. "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 2007-10-27.
- "MATILDA (the Empress) – Archontology.org". Besoek op 2007-10-27.
- "thePeerage.com – Person Page 10202". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10201". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10193". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10191". Besoek op 2007-10-25.
- Eduard II is op 25 Januarie 1327 amptelik deur die parlement van die troon gesit nadat hy op 16 November 1326 in die tronk gegooi is. "thePeerage.com – Person Page 10094". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10188". Besoek op 2007-10-25.
- Richard II is afgesit en het ’n gevangene geword van Hendrik Bolingbroke, wat hom die troon toegeëien het. "thePeerage.com – Person Page 10206". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10187". Besoek op 2007-10-25.
- "HENRY IV – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25.
- Eduard IV het die troon in 1461 vir homself toegeëien ná hare van burgeroorlog. Hendrik VI se mag is in 1470 vir sowat vyf maande herstel voor hy permanent afgesit is. "thePeerage.com – Person Page 10186". Besoek op 2007-10-25.
- Eduard is vir ’n kort rukkie afgesit tydens die bewind van Hendrik VI. "thePeerage.com – Person Page 10164". Besoek op 2007-10-25.
- Eduard V is deur Richard III afgesit, wat die troon vir homself toegeëien het op grond daarvan dat Eduard buite-egtelik gebore is. "EDWARD V – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10165". Besoek op 2007-10-25.
- "RICHARD III – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10163". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10142". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10148". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10150". Besoek op 2007-10-25.
- Jane is afgesit ten gunste van Maria Tudor. "thePeerage.com – Person Page 10152". Besoek op 2007-10-25.
- "Lady Jane Grey: Marriage". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10137". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10138". Besoek op 2007-10-25.
- "Oliver Cromwell 1599–1658". Besoek op 2007-10-25.
- "Oliver Cromwell – Faq 1". Besoek op 2007-10-25.
- "New Page 1". Besoek op 2007-10-25.
- "Richard Cromwell, Lord Protector, 1626–1712". Besoek op 2007-10-25.
- "CROMWELL, Richard – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25.
- http://www.britannia.com/history/monarchs/mon49.html
- "thePeerage.com – Person Page 10139". Besoek op 2008-11-30.
- "thePeerage.com – Person Page 10136". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10141". Besoek op 2007-10-25.
- "WILLIAM III – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25.
- "Anne (England) – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25.
- "thePeerage.com – Person Page 10134". Besoek op 2007-10-25.
- Welcome parliament.uk, accessed 7 October, 2008
|
<urn:uuid:3b6b50ec-8997-4031-b6ef-aa40c17330aa>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lys_van_monarge_van_Engeland
|
2019-07-17T17:10:45Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00202.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998113 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
gesondheid
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
gesondheid | — |
- ge•sond•heid
- (medies) Welstand; in goeie toestand; nie siek of beseer nie.
- Sy gesondheid was gelukkig nie in gevaar nie.
Vertalings: gesondheid | |||
---|---|---|---|
Tussenwerpsel |
---|
gesondheid |
- Uitroep as 'n heildronk ingestel word of as iemand hoes of nies.
- Gesondheid!
Vertalings: gesondheid | |||
---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor gesondheid.
|
<urn:uuid:9c20a7ae-cb74-4516-8218-a00eb9ff5c6c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/gesondheid
|
2019-07-18T21:16:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99993 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hopetown
- Hierdie artikel handel oor die dorp "Hopetown", in die Noord-Kaap. Sien asseblief Hoopstad vir die gelyknamige dorp in die Vrystaat.
Hopetown | |
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Noord-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Pixley ka Seme |
Plaaslike Munisipaliteit | Thembelihle |
Stigtingsdatum | 1853 |
Oppervlak | |
- Dorp | 73,86 km² (28,5 vk m) |
Bevolking (2011) | |
- Dorp | 10 259 |
- Digtheid | 140/km² (362,6/myl2) |
Tydsone | SAST (UTC+2) |
Poskode | 8750 |
Skakelkode(s) | 053 |
Hopetown is 'n Noord-Kaapse dorp 133 km noordoos van Britstown en 134 km suidwes van Kimberley aan die N12 nasionale pad geleë. Die dorp is 'n sentrum van skaap-, bees- en vrugteboerdery danksy besproeiing uit die nabygeleë damme.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Hopetown is in 1853 of 1854 gestig en het munisipale status in 1858 verwerf. Daar word algemeen aanvaar dat dit na majoor William Hope vernoem is, ouditeur-generaal en waarnemende sekretaris van die Kaap, maar daar is 'n staaltjie wat die naam verbind met 'n anker, simbool van hoop, wat die weduwee van die eienaar van die plaas De Kalk gedra het. 'n Werker van die plaas het na bewering 'n blikreplika daarvan gemaak en teen die plaas se ingang vasgespyker. Die eerste diamant, Eureka is in 1866 hier op die oewers van die Oranjerivier deur die jong Erasmus Jacobs ontdek en die beroemde Ster van Suid-Afrika van 83,5 karaat is in 1869 op die plaas Zandfontein ontdek. Hoewel die diamante hier baie ontwykend was en nooit grootskaals ontgin is nie, het belangstelling in die diamante tot die ontdekking van diamante by Kimberley en Barkley-Wes gelei.
NG gemeente[wysig | wysig bron]
- Vir hoofartikel, sien NG gemeente Hopetown
Hopetown was voor 1854 deel van die NG gemeente Colesberg en het onder die Ring van Graaff-Reinet geressorteer. In 1853 ontvang die Sinodale Kommissie 'n brief van J.C. Wiid, eienaar van die plaas Duvenaarsfontein, waarin hy sy plaas vir die stigting van 'n aparte gemeente aanbied. In 'n afsonderlike brief vra 70 ondertekenaars vir die afstigting van sodanige gemeente.
Op 18 Februarie 1854 word 'n gemeente op die plaas Duvenaarsfontein gestig en gedoop Hopetown, of Hoopstad (sien Hoopstad, Vrystaat), soos dit in die begin bekend was. Dit is dus die oudste NG gemeente in die huidige sinode van Noord-Kaapland (sien Lys van eerste honderd NG gemeentes in Suid-Afrika), maar is slegs die sowat 55ste oudste in Suid-Afrika. Die eerste kerkraad is spoedig bevestig en dienste is eers in 'n tentkerk gehou voor die eerste kerkgebou in Februarie 1857 voltooi en ingewy is. 'n Nuwe kerkgebou is in Januarie 1914 ingewy nadat die oue krake begin toon het en baie ongerieflik vir die kerkgangers was. Danksy die ywer van sendelinge, onder wie J.H. Louw (1890 tot 1898 en weer van 1904 tot 1917) en eerw. J. de Villiers en eerw. G.C. Oosthuizen, is 'n sendinggemeente in 1922 gestig.
Die ontvolking deur NG lidmate van die platteland raak Hopetown se gemeente net soos dié van die meeste ander dorpe. In 1979 was die lidmaattal 750, maar in 2006 net oor die 500 en in 2012 458. (Sien NG Kerk se amptelike webblad vir nadere besonderhede oor die gemeente.)
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bekende boorlinge[wysig | wysig bron]
- Blaar Coetzee, kleurryke politikus en sakeman
- Genl. ds. Paul Hendrik Roux.
- F.A. Venter, Afrikaanse skrywer.
Eksterne skakel[wysig | wysig bron]
- Volledige inligting vir toeriste
- Die tydskrif Fairlady wys Hoërskool Hopetown aan as een van die top-50 staatshoërskole in die land. URL besoek op 5 Junie 2013.
Bronne[wysig | wysig bron]
- Raper, P.E. 1987. Dictionary of Southern African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg.
- Mayhew, Vic (red.). 1980. Reader's Digest Illustrated Guide to Southern Africa, Reader's Digest Association, Cape Town.
- Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
Douglas | Salt Lake, Plooysburg | Belmont, Ritchie, Kimberley | ||
Prieska | Oranjerivier | |||
Hopetown | ||||
Strydenburg | De Aar | Orania |
|
<urn:uuid:02f69254-32de-43cc-94fc-bd38c2e9721c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hopetown
|
2019-07-18T21:48:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00482.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999921 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
'n Beeld van die museum. | |
Metropolitan Museum of Art
Plek | New York |
---|---|
Land | Verenigde State |
Openingsjaar | 20 Februarie 1872 |
Tipe museum | Kunsmuseum |
Webtuiste | metmuseum.org |
Die groot ingangsportaal Die Metropolitan Museum of Art is een van die grootste en belangrikste kunsmuseums ter wêreld. Die gebou is geleë aan die oostelike kant van Central Park in Manhattan (New York). Dit is die mees besoekte museum in die Verenigde State van Amerika.
Die museum is op 20 Februarie 1872 geopen. Die uitgewer George Palmer Putnam, saam met 'n aantal stigters, insluitend die skilder Eastman Johnson, was die stigters van die museum. Die eerste direkteur was Robert Lee Jenkins wie se eie kunsversameling die basis vir die huidige museum gevorm. Van 1955 tot en met sy dood in 1966 was James J. Rorimer die hoof van die museum. Hy is deur Thomas Hoving, direkteur van 1967 tot 1977, opgevolg. Sedertdien is Philippe die Montebello die direkteur.
Die permanente versameling is in negentien verskillende afdelings verdeel, elk met hul gespesialiseerde personeel van konserwateurs, restaurateurs en kundiges.
Die deurlopende versameling bevat meer as 2 miljoen kunswerke met baie skilderye en beeldhouwerke van oor die hele wêreld, gaande van skatte uit die Klassieke oudheid tot werke van byna elke Europese meester, tot 'n uitgebreide versameling Amerikaanse kuns.
Die museum het ook 'n belangrike versameling van Egiptiese, Romeinse en Griekse, Afrikaanse, Asiatiese, Oseaniese, Midde-Oosterse, Bisantynse en Islamitiese kunsskatte. Verder stel die museum ook nog 'n groot versameling musiekinstrumente van oor die hele wêreld tentoon.
Daar is ook 'n aantal reproduksie van belangrike binneruime waaronder een van die bekende Amerikaanse argitek Frank Lloyd Wright. Die museum het ook 'n afdeling vir wapens en harnasse van oor die hele wêreld, veral Europees, maar ook van Japan, die Verenigde State en die Midde-Ooste.
Verder is daar 'n aparte vestiging vir Middeleeuse kuns, The Cloisters aan die Hudsonrivier (met onder andere getyeboeke met duimnaels uit Vlaandere en Noord-Frankryk), 'n afdeling fotografie en die Robert Lehman-versameling.
Van die skilderkuns is beide Europese as Amerikaanse kunsskilders in verskeie strominge tot die moderne kuns te sien. Die versameling bevat onder andere 37 skilderye van Monet, 21 van Cézanne, 18 van Rembrandt en 5 van Vermeer.
Robert Campin, Triptych with the Annunciation (Mérode Altarpiece), c. 1425–1428
Jan van Eyck, Crucifixion and Last Judgement diptych, c. 1430–40
Rogier van der Weyden, Polyptych with the Nativity, c. 1450
Paolo Uccello, Portrait of a Lady, c. 1450, Florence
Pieter Bruegel die Ouere, The Harvesters, 1565
Caravaggio, I Musici, 1595
El Greco, View of Toledo, 1596
El Greco, Opening of the Fifth Seal 1608–1614
Georges de La Tour, The Fortune Teller, c.1630
Diego Velázquez, Portret van Juan de Pareja, 1650
Rembrandt, Aristotle Contemplating the Bust of Homer, 1653
Johannes Vermeer, Woman with a Lute, 1662
Jacques-Louis David, The Death of Socrates, 1787
Marie-Denise Villers, Young Woman Drawing, 1801
Francisco Goya, Majas on a Balcony, 1835
J.M.W. Turner, The Grand Canal, 1835
Thomas Cole, The Oxbow, 1836
George Caleb Bingham, Fur Traders Descending the Missouri, c. 1845
Eugène Delacroix, Christ Endormi pendant la Tempête, 1853
Rosa Bonheur, The Horse Fair, 1853–1855
Édouard Manet, Le Christ mort et les anges, 1864
Edgar Degas, Chasse de danse, 1872
Édouard Manet, Boating 1874
Pierre-Auguste Renoir, Mme. Charpentier et ses enfants, 1878
Jules Bastien-Lepage, Jeanne d'Arc, 1879
John Singer Sargent, Portret van Madame X, 1884
Vincent van Gogh, Selfportret, 1887
Vincent van Gogh, Cypresses,1889
Paul Cézanne, Madame Cézanne (Hortense Fiquet, 1850–1922) in a Red Dress, 1888–90
Paul Cézanne, Die kaartspelers, 1890–1892
Claude Monet, The Four Trees, (Four Poplars on the Banks of the Epte River near Giverny), 1891
Paul Gauguin, The Midday Nap, 1894
Winslow Homer, The Gulf Stream, 1899
Claude Monet, The Houses of Parliament (Effect of Fog), 1903–1904
Henri Rousseau, The Repast of the Lion, c. 1907
Wassily Kandinsky, Improvisation 27, Garden of Love II, 1912
Arthur Dove, Cow, 1914
Amedeo Modigliani, Jeanne Hébuterne, 1919
Charles Demuth, I Saw the Figure 5 in Gold, 1928
Titiaan, Venus en die luitspeler, ca.1560
link= | Wikimedia Commons bevat media in verband met Metropolitan Museum of Art. |
Koördinate: Kategorie:Koördinate op Wikidata
Kategorie:Geboue en strukture in New York Stad Kategorie:Museums in die Verenigde State
|
<urn:uuid:e47f929a-8eed-4179-b514-4d7babfac823>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.advisor.travel/poi/Metropolitan-Museum-of-Art-1572
|
2019-07-24T00:29:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00098.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
a_tag
| false | true | false | false |
Latn
|
afr
| 0.986789 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
true
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Cecil John Rhodes-standbeelde
In Suid-Afrika, Zimbabwe en Engeland is daar verskeie stand- en borsbeelde van Cecil John Rhodes. Rhodes was 'n Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesië (tans Zimbabwe) is na hom vernoem. Die Rhodes-studiebeurs word uit sy boedel gefinansier.
Inhoud
a. Naby die teekamer in die Kompanjiestuin is 'n beeld in brons deur Henry Pegram. Dit is in 1908 opgerig en is byna dubbeld lewensgroot en toon Rhodes se hele lyf. Hy dra 'n driedelige pak en met sy linkerhand wys hy noordwaarts. Die voetstuk is van rofgekapte sandsteen. Op die voetstuk staan “Your hinterland is there”. Peter Blum sê is sy gedig “Oor monnemente gepraat”
.... Cecil Rhodes wat jou wys
wa' die reisiesbaan lê;.... |
c. Voor die hoofgebou van die Universiteit van Kaapstad was 'n beeld van Rhodes deur Marion Walgate waar hy sit. Dit is in 1934 onthul en op 9 April 2015 deur die universiteit se raad laat verwyder nadat 'n groep studente daarteen betoog het. Die beeld is onder luide toejuiging op 'n vragmotor gelaai en na 'n onbekende ligging verskuif.[1][2]
a. In Dutoitspanweg is 'n ruiterstandbeeld van Rhodes. Die grond waarop dit staan is geskenk deur Alfred Beit. Geld is in Suid-Afrika en die buiteland ingesamel om die beeld te betaal. Die beeldhouer was sir William Hamo Thornycroft. Op die voetstuk word Rhodes se openbare lewe in die Kaapkolonie en Rhodesië uitgebeeld. Hierdie beeld van 72 ton word as een van die beste van Rhodes beskou. Dit is op 4 Desember 1907 deur die goewerneur van die Kaapkolonie, sir Walter Hely-Hutchinson, onthul.
b. By die Kimberley Klub staan 'n vollengte beeld van Rhodes geklee in 'n driedelige pak met 'n hoed in sy linkerhand. Hierdie beeld deur John Tweed is uit 1932. Aanvanklik het dit in Stasiestraat in Mahikeng gestaan.
Die Rhodes-universiteit besit 'n borsbeeld van Rhodes in wit marmer deur Henry Pegram.
In Harare is 'n vollengte standbeeld van Rhodes in die tuin van die Nasionale Argief. Hierdie beeld deur John Tweed is op 11 Mei 1911 onthul en het tot 31 Julie 1980 in Jameson-laan gestaan.
Die standbeeld in Bulawayo is uit 1902 en deur John Tweed. Waarskynlik is dit die enigste beeld wat dateer uit Rhodes se lewe. Aanvanklik was dit in Main Street, maar is later na die Bulawayo Museum verskuif.
Engeland[wysig | wysig bron]
In Engeland is daar ongeveer 'n 15 stand- en borsbeelde van Rhodes. Die borsbeeld wat die indrukwekkende fasade van Oriel College (Universiteit van Oxford) vorm, is die bekendste.
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- Scott, John: Garden's Rhodes the wrong man. It's really a double named Lister. BY, Die Burger, 18 April 2015.
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, dele 1 tot 12. Kaapstad: Nasou, 1970–1976.
|
<urn:uuid:03d5297e-5995-47c3-8585-693f8e1d6e8f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Cecil_John_Rhodes-standbeelde
|
2019-07-24T00:53:45Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00242.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999916 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|