text
string | id
string | dump
string | url
string | date
string | file_path
string | license_abbr
string | license_version
string | license_location
string | license_in_head
bool | license_in_footer
bool | license_parse_error
bool | license_disagreement
bool | language_script
string | language
string | language_score
float64 | potential_licenses
dict |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Klas 19-stoomlokomotief
SAR no. 1369 staangemaak in Breyten, Mpumalanga, 11 Junie 2005. | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë[1] |
Vervaardiger | Berliner Maschinenbau |
Serienommer | 9279-9282 [2] |
Model | Klas 19 |
Klas | Klas 19, Klas 19R |
Vervaardig | 1928 |
Aantal gebou | 4 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2 "Mountain" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 724 mm (28 1/2 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 370 mm (54 dm) |
Agterwielomtrek | 838 mm (33 dm) |
Wielbasis | Totaal: 17,875 m Enjin: 4,394 m per gekoppelde deel, 9,804 m totaal Tender: 1,397 m boegie, 5,105 m totaal |
Lengte | 20,561 m |
Hoogte | 3,912 m |
Asbelasting | 13,7 t op die 3de drywer |
Massa op dryfwiele | 53,9 t |
Lokomotiefmassa | 80,7 t |
Tendermassa | 22,4 t leeg 51,9 t gelaai |
Gesamentlike massa | 72,6 t leeg 132,6 t gelaai |
Tendertipe | MP1 - MP, MP1, MR, MX, MY, MY1 toegelaat * 2-asboegies * 864 mm wiele * Lengte 7,887 m |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 10,2 t |
Waterkapasiteit | 20 910 ℓ |
Stoomketel | 1,524 m binneomtrek |
Stoomketeldruk | 1 380 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 3,437 m2 |
Verhittingsoppervlak | 120 buise met 57,1 mm omtrek 21 buise met 140 mm omtrek |
– Vuurkas | 11.799 m2 |
– Totaal | 202,157 m2 |
Oorverhitteroppervlak | 47,009 m2 |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 533 mm (21 dm) boor 660 mm (26 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 142 kN (31 850 lbk) teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë [3] |
Aantal in klas | 4 |
Vlootnommer(s) | 1366–1369 |
Afleweringsdatum | 1928 |
Eerste tog | 1928 |
Onttrekkingsdatum | 1977 [1] |
Die Klas 19 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is ontwerp deur Kol. F.R. Colins, die Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H. Daar is sewe subklasse in die klas.
Daar is vier lokomotiewe gebou deur Berliner Maschinenbau AG (BMAG) en afgelewer in 1928. Die lokomotiewe was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en superverhitters. Die lomotiewe het eers diens gedoen op die Kimberley - Vryburgtrajek en daarna by Empangeni en was baie suksesvol. Een lokomotief se stoomketel is vervang en hy is hergeklassifiseer as Klas 19R.
Inhoud
Klas 19A en Klas 19AR[wysig | wysig bron]
Klas 19A is ontwerp om op ligter sylyne diens te doen. Om gewig te verminder is die silinders en die dryfwiele se omtrek verklein en 'n ietwat kleiner stoomketel is ingebou. Ses-en-dertig van die lokomotiewe is in 1929 deur die Schweizerische Lokomotivfabrik Winterthur (SLM) in Switserland gebou. Vyf van die lokomotiewe se stoomketels is later vervang met Nr. 1A stoomketels en hulle is hergeklassifiseer as Klas 19AR. Die lokomotiewe het eers regdeur die land diens gedoen maar is later net in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap gebruik. Hulle is almal in 1977 onttrek.
Klas 19B en Klas 19BR[wysig | wysig bron]
In 1930 is nog 'n verdere veertien Klas 19A-lokomotiewe bestel. Daar was meer spasie tussen die wiele van die voorste draaistel en ook die silinders en derhalwe is die lokomotiewe as Klas 19B geklassifiseer. Een van die lokomotiewe is toegerus met Caprotti-klepratwerk as 'n eksperiment maar dit is vervang in 1943. 'n Ander lokomotief se stoomketel is vervang met 'n Nr. 1A stoomketel en hy is geherklassifiserer as Klas 19BR. Die lokomotiewe het diens gedoen in die omgewing van Kaapstad, tussen Kimberley en Vryburg en ook tussen Graaff-Reinet en Rosmead. Hulle is onttrek in 1977.
Klas 19C[wysig | wysig bron]
Nadat A.G. Watson as Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H aangestel is in 1929, is daar besluit om nog 50 Klas 19B lokomotiewe te bestel. Gedurende die tenderfase het die North British Locomotive Company die gebruik van die R.C. klepratwerk voorgestel. Alhoewel dit duurder was, is die voorstel aanvaar en die lokomotiewe is afgelewer in 1935, toegerus met Nr. 1A stoomketels en geklassifiseer as Klas 19C.
Die lokomotiewe het diens gedoen op die Witwatersrand, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het al die lokomotiewe in Kaapstad diens gedoen. Gedurende 1970 het 'n paar in Bloemfontein diens gedoen vanwaar hulle gewerk het tot in Aliwal-Noord. Hulle is almal uit diens onttrek in 1978.
Klas 19D[wysig | wysig bron]
Gedurende die tydperk wat W.A.J. Day as Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H aangestel was, is nog 135 lokomotiewe bestel by 3 firmas, Krupp, Borsig en Škoda Works net voor die Tweede Wêreldoorlog. Die lokomotiewe was indenties aan Klas 19C behalwe dat hulle toegerus was met Walschaerts-klepratwerk en derhalwe as Klas 19D geklassifiseer was.
Net ná die Tweede Wêreldoorlog is nog 50 lokomotiewe bestel by Robert Stephenson and Hawthorn Ltd. Hulle was identies aan die vooroorlogse Klas 19D modelle behalwe dat hulle toegerus was met vakuumremme. Daarna is nog 50 lokomotiewe bestel by North British Locomotive Company in 1949. Die lokomotiewe was toegerus met 'n silindriese Vanderbilt-tipe kolewa. Die kolewa was toegerus met seswiel Buckeye-draaistelle.
Gedurende 1979 is daar geëksperimenteer met 'n Klas 19D-lokomotief. 'n Lempor-uitlaatstelsel is aangebring en die steenkoolverbruik is verminder deur die toevoeging van 'n gasgedrewe vuurkas. Die sukses wat met die eksperiment behaal is het gelei tot die ontwikkeling van die Klas 26-stoomlokomotief.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 19-stoomlokomotief.
- Klas 19D No. 2510 op statiese uitstalling in Barkly-Oos.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Paxton, Leith & Bourne, David: Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
- Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 57–58. ISBN 978-0-7153-5427-8
- South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, pp. 21 & 21A, soos gewysig.
|
<urn:uuid:b77fe88a-ad8e-4350-9d80-9148b45db4cc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Klas_19-stoomlokomotief
|
2019-07-22T01:38:38Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00174.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999572 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Torch-infeksies
TORCH is 'n akroniem om vyf algemene neonatale infeksies wat soortgelyk mag presenteer (met o.a. veluitslag en oogtekens) te beskryf. Sifting vir TORCH-infeksies word in baie dele van die wêreld gedoen, alhoewel die waarde daarvan in sommige kringe bevraagteken word.
Die vyf TORCH-infeksies is:
- T = Toksoplasmose
- O = Ander ('other'), gewoonlik word sifilis bedoel
- R = Rubella
- C = Sitomegaalvirus ('cytomegolovirus', ook bekend as CMV)
- H = Herpes
|
<urn:uuid:537a5230-83c8-4610-abfe-924b2f800466>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Torch-infeksies
|
2019-07-20T20:44:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526670.1/warc/CC-MAIN-20190720194009-20190720220009-00182.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999927 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Wikipedia:Geselshoekie
2004 | 2005 | 2006 |
2007 | 2008 | 2009 |
2010 | 2011 | 2012 |
2013 | 2014 | 2015 |
2016 | 2017 | 2018 |
2019 | ||
Hoe word 'n argief aangelê? |
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: teken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon () te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Inhoud
Selfoon-appWysig
Is ek net dom of is hierdie selfoon-app van Wikipedia 'n groot gemors? Ek kan nie eens by die Afrikaanse Wikipedia uitkom nie, ek kan nie my naam sien nie, ek kan nie by Onlangse wysigings uitkom nie . . . Burgert (kontak) 16:33, 3 Junie 2019 (UTC)
- @Burgert Behr: gebruik jy iOS of Android? – K175 (trap my uit | bydraes) 17:16, 3 Junie 2019 (UTC)
- iOS. Burgert (kontak) 18:12, 3 Junie 2019 (UTC)
- @Burgert Behr: jy is reg, jou profiel en onlangse wysigings blyk ontoeganklik te wees. Afrikaans kan as 'n taalvoorkeur bygevoeg word deur op "Verken" links onder en dan op die tandwiel regs bo te klik gevolg deur "My tale" derde van bo. Wanneer jy dan in "Verken" of "Soek" op die onderste balk 'n soekterm intik, kan jy die taal kies van die Wikipedia waarin jy wil soek. – K175 (trap my uit | bydraes) 18:26, 3 Junie 2019 (UTC)
- iOS. Burgert (kontak) 18:12, 3 Junie 2019 (UTC)
Romeinse provinsiesWysig
Hallo, almal, wil julle nie asseblief Sjabloonbespreking:Romeinse provinsies 117 n.C. gaan lees en julle opinie gee nie? Ek wil graag die artikel Romeinse provinsie doen, maar wil nie voordat die name uitgesorteer is nie. Dit geld vir die sjabloon én die artikelname. Dankie. Burgert (kontak) 20:16, 3 Junie 2019 (UTC)
Anglisisme: eventueelWysig
- Dit kom oorspronklik uit Latyn (eventus, gebeurlikheid) en beteken "uiteindelik". Wanneer dit gebruik word om "moontlik" te beteken, dan is dit 'n Neerlandisme en weinig gebruiklik volgens HAT 6. – K175 (trap my uit | bydraes) 06:45, 5 Junie 2019 (UTC)
- Nie Anglisisme nie, en kan blykbaar selfs "uiteindelik" beteken. Maar volgens my woordeboeke beteken dit dat 'n omstandigheid mag ontstaan, en nie noodwendig of uiteindelik sal ontstaan nie. Moet egter nie van die volk verwag om dit so te sien nie, hulle praat soos hulle wil. Anglisismes gaan meestal nie oor die woord self nie, maar oor die aanwending daarvan. JMK (kontak) 13:04, 10 Junie 2019 (UTC)
DionisosWysig
Kan iemand asb. Dionisos oor 'n aanstuur na Dionusos skuif? Ek het besluit om maar op te hou op die versene teen die prikkels te slaan en die u-spellings van die Lys Klassieke Name te gebruik. Dankie. Burgert (kontak) 07:57, 5 Junie 2019 (UTC)
KrygskundeWysig
Hoekom is die gebruik van "coauthors" foutief, of anders gevra: hoekom is dié parameter se geldigheid verander? Groete. -- SpesBona 21:40, 5 Junie 2019 (UTC)
- @SpesBona: die ou weergawe van {{Cite book}} het nie voorsiening gemaak vir coauthors wat aangegee word in die vorm last1=|first1|last2=|first2=|… nie, welke vorm volop op enwiki voorkom en hierheen gekopieer moet kan word. Die advies op enwiki is om coauthors op te breek in voorname en van en om gebruik te maak van die parameters lastn en firstn. – K175 (trap my uit | bydraes) 00:40, 6 Junie 2019 (UTC)
- @K175: Die ou weergawe van {{Cite book}} hét voorsiening gemaak vir coauthors in die vorm van coauthors=Jan Alleman. Dis hoekom dit nou in baie artikels as 'n fout verskyn, dit het by die byvoeging myns insiens reg gewerk soos al die ander paragrawe. Ek het dit al in artikels coauthors= → authors= vervang, net om van dié fout ontslae te raak, maar coauthors is nie altyd authors nie, daar is tog 'n verskilletjie. Ek sal dit darem nie in al ons artikels wil vervang nie. 'n Mens se tyd is tog beperk. Hoekom ons die Engelse taalweergawe sal moet volg, verstaan ek nie mooi nie. Ons kan darem ook kyk, wat op die Duitse, Nederlandse, Franse, ens. taalweergawes aangaan. Andersins sal ons geleenthede kan misloop. Wat die Engels betref, dink ek nou aan Never change a running system. Maar dís net 'n grappie. :D Groete. -- SpesBona 21:15, 6 Junie 2019 (UTC)
- Het dit deurgelees, dis net blatante reklame sonder ensiklopediese waarde, buitendien volop anglisismes. Skrap maar hierdie "artikel". Groete. -- SpesBona 21:20, 6 Junie 2019 (UTC)
Vertaling uit EngelsWysig
Goeiemiddag gemeenskap Ervaar nog iemand probleme met vertaling uit Engels? Ek het die onderwerp "Elements of art" na Afrikaans vertaal (Kunselemente) en die outomatiese vertaling oudergewoonte nagegaan vir korrekte Afrikaanse woorde, terme en sinsbou, maar ek word gestuit wanneer ek dit wil publiseer. Groete --PetronelFourie (kontak) 09:54, 6 Junie 2019 (UTC)PetronelFourie
UP, UF en US bied nie meer klasse in Afrikaans aan nie, kan die artikel maar gewysig word? Die Afrikaanse Protestantse Akademie kan egter bygevoeg word. Groete!Charlielv55 (kontak) 17:51, 6 Junie 2019 (UTC)
- Hoewel die lys blykbaar instellings insluit wat "lesings, eksamens en kommunikasie in Afrikaans" aanbied. Bied US hoegenaamd geen klasse meer aan in Afrikaans nie? Hoe ook al, toegang tot kennis in Afrikaans word al hoe meer ook deur ons eie projek verskaf. Voyageur (kontak) 18:23, 6 Junie 2019 (UTC)
Korreksie: US bied wel nog verskeie klasse in Afrikaans aan, en Pukke is natuurlik deur die bank Afrikaans. Dit is net UP en die reddelose "UFS" (spottenderwys na verwys as " the University of the Orange River Colony" wat totaal en al bande met Afrikaans verbreek het. Het enigiemand dalk 'n teorie/verduideliking oor waarom Akademia tans so sukkel om akkreditasie vir verdere modules te kry?
Volgens hul webwerf het hulle hierdie jaar aansoeke om akkreditasie vir oor die 40 nuwe dissiplines ingedien, maar die jaar nog net die BSocSci kwalifikasie bygekry, en gaan dit blykbaar maar teen 'n slakkepas aan. Is dit nie dalk a.g.v. moedswilligheid aan die kant van die Raad op Hoër Onderwys nie? Charlielv55 (kontak) 14:45, 21 Junie 2019 (UTC)
Artikels wat Arabiestalige teks bevatWysig
Hierdie rooi kategorie kom nou op by artikels oor sterre. Maar dit is onafrikaans. 'n Mens praat net van Arabiese teks, nie Arabiestalige teks nie. Skep 'n mens die kategorie en stuur dit aan na die korrekte kategorie, of hoe? Ek sien daar is ander, soortgelyke kategorieë. Burgert (kontak) 19:21, 6 Junie 2019 (UTC)
- @Burgert Behr: Hierdie kategorieë word deur middel van Module:Lang via {{lang}} by artikels gevoeg. Die stukkie Lua-kode wat die kategorietitel genereer, is:
table.insert (cat, '[[Kategorie:Artikels wat '); if 'en' == code then table.insert (cat, 'uitdruklik gesiteerde Engels'); elseif 'art' == code then table.insert (cat, 'constructed') else table.insert (cat, language_name); end table.insert (cat, 'talige teks bevat]]');</code>
- Hierdie module is grotendeels uit die Engels gekopieer en vertalings is waar nodig gemaak.
- Ons sal lyste van taalnaamwoorde moet maak wat 'n e-agtervoegsel respektiewelik 'n se-agtervoegsel kry om 'n byvoeglike naamwoord te maak, bv. Arabies/Arabiese, Latyn/Latynse, asook 'n lys van taalnaamwoorde wat op ander maniere getransformeer moet word om byvoeglike naamwoorde te skep, bv. Chinees/Chinese. Ek kan in die nabye toekoms hierna kyk. Dalk kan ek vir Gebruiker:Rooiratel vra om te help. – K175 (trap my uit | bydraes) 19:34, 6 Junie 2019 (UTC)
- Ons kan die kategoriename dalk verander na iets soos Kategorie:Artikels wat teks in __taalnaam__ bevat, bv. Kategorie:Artikels wat teks in Arabies bevat. Dan het ons nie die probleem met die direkte vertaling van Category:Articles containing Arabic language text (byvoorbeeld) nie. – K175 (gesels met my | my bydraes) 21:46, 13 Julie 2019 (UTC)
KarelsuniversiteitWysig
- Charlie, gebruik as kleinletters, soos 'n mens skryf. Groete! Oesjaar (kontak) 07:26, 10 Junie 2019 (UTC)
Die Afrikaanse Wikipedia en Afrikaanse ondernemings en mediaWysig
Dit lyk asof Afrikaanse media en ondernemings nie regtig bewus is van die geleenthede wat 'n Afrikaanse Wikipedia hulle kan bied nie. 'n Vinnige soektog op die internet (met "Venesië" as trefwoord) toon dat baie Afrikaansprekendes nie in staat is om die name van Europese besienswaardighede regtig te spel nie, selfs al bring hulle 'n besoek daaraan. In 'n artikel van Maroela Media kom ons foute teen soos Piazza Saint Marco (in plaas van Piazza San Marco), vaparetto (in plaas van vaporetto) - en dan is daar nog, temidde van 'n Afrikaanse konteks, 'n verwysing na die Bridge of Sighs wat klaarblyklik die "Brug van Sugte" moet wees. Ook is daar 'n Afrikaansmedium-besigheid in die reisbedryf wat sy Afrikaanssprekende klante na die Grand Canal wil neem… Het hulle al gesien ons het artikels wat by hul toerprogram pas, met beskrywings in Afrikaans? En selfs al ry hulle die wêreld van koekoek-klokke in 'n Swartwoud-stadjie soos Triberg binne - ons dek dit!
As lesers graag Afrikaanse Wikivoyage-reisgidse vir lande soos Italië wil hê, sal hulle dit kry. Die vraag is of ons iets moet doen om die projek en sy geleenthede onder die aandag van Afrikaanse entrepreneurs en hul klante te bring? Opinies daaroor? Voyageur (kontak) 18:13, 10 Junie 2019 (UTC)
- As mens hierdie oortreders aanspreek, berispe jy die wat darem probeer Afrikaans praat, en hulle kla maklik oor wat hulle sien as beterweterigheid. Maar ja, hoekom nie Wikipedia gebruik om jou standaard te verbeter nie? Miskien omdat Wikipedia nog nie 'n sentrale rol beklee nie, en omdat Afrikaanssprekendes nog glad nie skaam voel om onkundig te wees, om daagliks met minderwaardige taalgebruik om te gaan, en om niks te lees, behalwe miskien watsapps nie. Ek merk hierdie week op hoe 'n Afrikaanse dame skryf dat sy dit geniet om "tyd in die buitelig" deur te bring. En 'n skolier skryf hy het 'n stappie "deur die dugte bos" onderneem. So, miskien is dit te veel verwag op hierdie stadium van sosiale ontwikkeling. En, vermoed ek, dat 'n wikipedia-skeptisisme steeds die reël eerder as uitsondering by onderwysers is, die plek waar professionalisme en taalvaardigheid moet ontstaan. Terloops, Voyageur sal miskien die onkunde oor geografie in die volgende video geniet, wel by Amerikaners, maar ek vermoed ons is nie ver agter nie: Can you name a country? JMK (kontak) 20:57, 10 Junie 2019 (UTC)
- Ons probleem is nog steeds dat van die kleiner taalweergawes deur die verkleinde aantal taalskakels aan die linkerkant gediskrimineer word. Suid-Afrikaners wat net op die Engelstalige Wikipedia kuier, sal die Afrikaanse Wikipedia dalk net met moeilikhede kan vind, al is van ons artikels beter op bied meer details as hulle s'n. Wat die taalgebruik betref, ek het al dinge soos "Poland" deur Afrikaanssprekendes gehoor, maar ook "Frederik Dubbelju de Klerk" op Duitse televisie. Groete. -- SpesBona 21:10, 10 Junie 2019 (UTC)
- Ek stem saam dat 'n skeptisisme onder Afrikaanse mense bestaan oor ons Wikipedia, veral onder dié wat die taal ken en op goed afkom wat hulle weet verkeerd is (óf name óf taalgebruik). Die meeste mense wat Piazza San Marco sien, gaan bloot nie weet of dit reg of verkeerd is nie en eerder die naam in 'n meer betroubare bron opsoek. Burgert (kontak) 21:19, 10 Junie 2019 (UTC)
- Baie dankie vir die terugvoer. Dit gaan natuurlik nie oor akademiese geleerddoenery en voorskriftelikheid nie, maar om die uitbou van 'n enkeltalige Afrikaanse naslaanbron vir almal. Ek hoop net daar is ook lesers wat die eksklusiewe inhoud hier raaksien - daar is reeds heelwat inligting van hoë gehalte in Afrikaans beskikbaar. Ook is artikels oor baie buitelandse onderwerpe deur bydraers verskaf wat die brontale magtig is. As daar enkele lesers is wat enige vorm van sertifisering deur Italiaanse of Britse departemente van onderwys nodig het voordat hulle Wikipedia-artikels lees net soos enige bydrae in akademiese tydskrifte, stel ek voor dat hulle vir hul eie doseerwerk ook eers Italiaanse dottori se goedkeuring moet vra… Ons Foreign idiots, assholes and chauvinists must fall-program behels 'n besoek aan die drietalige Vrye Universiteit Bozen/Bolzano waar voornemende studente Engelse onderrig net kan kry as hulle twee ander tale ook magtig is… Voyageur (kontak) 22:10, 10 Junie 2019 (UTC)
Krieketterme in AfrikaansWysig
Vanaand iets baie interessants op my gunstelingstasie RSG gevind: krieketterme in Afrikaans, hoe gepas tydens die Krieketwêreldbeker 2019! Sal iemand dit vir ons artikels kan verwerk en op Commons oplaai (dis al in Engels en waarskynlik van die Indiese tale beskikbaar)? Dit sal waarskynlik 'n bietjie verander moet word weens die kopiereg, of hoe? Groete. -- SpesBona 21:05, 10 Junie 2019 (UTC)
- Oesjaar, ek het orals gesoek. Ek het baie foto's gevind maar nie een met 'n aanvaarbare lisensie (CC0, CC-BY, of CC-BY-SA) nie. - Rooiratel (kontak) 05:06, 12 Junie 2019 (UTC)
KrieketspelerWysig
Hallo almal, jammer ek is so stil deesdae. Ek wil graag 'n paar artikels skep oor krieketspelers maar om die inligtinskas te skep is nogals 'n pyn. Sal iemand 'n kwessie hê as ek net 'n databoks gebruik? Dankie Dumbassman (kontak) 08:51, 15 Junie 2019 (UTC)
- Laat ek vir jou een vertaal. Is daar 'n goeie een op 'n ander Wikipedia wat jy graag hierheen wil oordra? Dalk enwiki? – K175 (trap my uit | bydraes) 09:20, 15 Junie 2019 (UTC)
- Die kassie is alreeds daar en werk baie goed. Ons hoef dit nie met Engelse paragrawe oor te gooi nie. Ek sal met die artikels kan help, maar ek wil ook die Krieketwêreldbeker 2019 'n bietjie geniet. Ek sal bly wees as meer mense as net ek aandag aan die lekker sport krieket sal skenk. Kom dis die moeite werd en ons doen iets saam. Groete. -- SpesBona 11:20, 15 Junie 2019 (UTC)
2 miljoen wysigingsWysig
- Ons is nou op 1 999 004. Minder as 'n duisend om te gaan. "Hoe gaan ons hierdie mylpaal vier?" Ek weet nie. Ek sal maar 'n bier gaan drink en vir almal sê wat wil luister. - Rooiratel (kontak) 11:52, 21 Junie 2019 (UTC)
- @Rooiratel: Ek is besig om met Gebruiker:Discott te reël vir 'n geskenkbewys vir die persoon wat die 2 miljoenste wysiging maak. Verdere besonderhede sal volgende week bevestig word. – K175 (trap my uit | bydraes) 11:57, 21 Junie 2019 (UTC)
- Volgens Spesiaal:Diff is hierdie van Gebruiker:Voyageur ons 2 000 000. Ek drink alreeds my glasie rooibos. Groete. -- SpesBona 18:45, 23 Junie 2019 (UTC)
- Baie interessant. Volgens Spesiaal:Statistiek het ons vandag om 18:28 UTC (20:28 SAST) 2 miljoen wysigings bereik met [2]. Dalk kan ek en Gebruiker:Voyageur die prys deel. – K175 (trap my uit | bydraes) 18:48, 23 Junie 2019 (UTC)
- @SpesBona: hierdie bladsy verkondig ook die statistiek op Spesiaal:Statistiek (word daagliks bygewerk). Ek dink nie Spesiaal:Diff werk volgens die aantal wysigings nie, slegs volgens wysiging-ID, en ek vermoed nie elke aksie kry 'n wysiging-ID nie. – K175 (trap my uit | bydraes) 18:57, 23 Junie 2019 (UTC)
- Volgens Spesiaal:Diff is hierdie van Gebruiker:Voyageur ons 2 000 000. Ek drink alreeds my glasie rooibos. Groete. -- SpesBona 18:45, 23 Junie 2019 (UTC)
BroodkrummelsWysig
Ek het vanaand tot my verdriet uitgevind 'n mens moet elke keer onderaan die Broodkrummelssjabloon {{-}} gebruik, anders vang dit snaakse goed aan (gooi groot spasies in, raak van subhofies ontslae, ens.). Burgert (kontak) 23:24, 17 Junie 2019 (UTC)
- Dis oukei, ek het die sjabloon gefieks. Dit vertoon nou in al die kategorieë reg. Burgert (kontak) 13:28, 18 Junie 2019 (UTC)
Artikels nog nie gekonnekteer met Wikidata nie.Wysig
Hallo julle, ek dink 'n paar van my nuutgeplaaste artikels (van die naweek af) is nog nie gekonnekteer met Wikidata nie (ek kry gewoonlik kennisgewings wanneer dit gedoen word- Rooiratel is gewoonlik betrokke daarby)
- Hallo @Charlielv55:. Sover ek weet het ek al jou nuwe artikels klaar gekoppel aan wikidata. Om seker te wees dat 'n artikel gekoppel is aan wikidata: kyk aan die linkerkant van die bladsy onder "Gereedskap", as daar 'n item is met die naam, "Wikidata-item", dan is dit gekoppel. Partykeer is die bladsy se cache (kas?) oud, en dan sal jy dit nie sien nie. Om dit te verfris, voeg
?action=purge
aan die endie van die bladsy se URL en druk Enter. Aanvaar die vraag, en dit sal outomaties die bladsy verfris. - As dit indien nie gekoppel is nie, kan jy dit maklik self doen. Aan die linkerkant van die bladsy, onder "Tale", kliek op "Voeg skakels by". 'n Dialoogkassie sal verskyn. In die boonste deel, tik die taal kode (vir Engels is dit enwiki), en in die onderste deel tik in die artikel se naam van daai taal se wiki. Groete - Rooiratel (kontak) 09:31, 20 Junie 2019 (UTC)
Wikidata Bridge: edit Wikidata’s data from Wikipedia infoboxesWysig
Hulp:AS1_errorsWysig
Gemeenskap, kan julle asb bietjie help met die AS! foute/ Sien https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Spesiaal:Skakels_hierheen/Hulp:AS1_errors&limit=500 Groete! Oesjaar (kontak) 11:37, 25 Junie 2019 (UTC)
James Faulkner vs James Faulkner (akteur)Wysig
Hallo daar, sal iemand asb. die oorbodige artikel oor James Faulkner wat ek aan't skryf was kan uitvee? Ek was besig om aan die artikel Paul, Apostle of Christ te werk en daar was geen skakel na James Faulkner nie. Het ek maar net daaraan gedink om miskien vir James Faulkner (akteur) te soek! Jammer vir die ongerief en ekstra moeite veroorsaak daardeur:) GroeteCharlielv55 (kontak) 13:59, 25 Junie 2019 (UTC)
- @Charlielv55: ek het die artikels versmelt. – K175 (trap my uit | bydraes) 14:14, 25 Junie 2019 (UTC)
Gerda Steyn: interessante statistiek!Wysig
Gemeenskap, kyk asb 'n bietjie hierna: https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-20&pages=Gerda_Steyn Wat kan ek sê? Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 27 Junie 2019 (UTC)
- @Oesjaar: ons kort meer artikels oor aktuele gebeurtenisse. Ek het onlangs begin om sterfgevalle vanaf enwiki te kopieer. Dit is nogals baie werk. – K175 (trap my uit | bydraes) 20:12, 27 Junie 2019 (UTC)
- Ons is nie 'n koerant nie maar 'n ensiklopedie. Ja, ons kan seker ook aktuele dinge doen maar binne perke. Na 10 jaar het ons nog eers al die Boeregeneraals en senior offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog geskep nie... Groete! Oesjaar (kontak) 06:03, 28 Junie 2019 (UTC)
- Ons hoef nie oor elke nuwe ietsie 'n artikel te hê nie. Watter ou sal al die artikels op datum hou? Ek wonder! Dis alreeds moeilik en vat baie tyd om bestaande artikels op datum te hou. Ons voorbladartikels verouder baie vinnig en dit vat eers baie tyd! Ek praat nie eers van Wêreldspektrum se verouderde inligting nie! Ons span is hoegenaamd nie groot genoeg om elke nuwe ontwikkeling wêreldwyd te monitor nie. Mens kan dit alreeds by nuwe artikels oor politici sien, hulle word nie eens op datum gehou nie. Vir artikels oor sportlui geld natuurlik dieselfde. Myns insiens is hier die oorspronklike outeur in die plig om sy artikels op datum te hou. Ek doen dit vir my artikels en artikels van skrywers, wat nie meer hier betrokke is, ook. Ons moet eerder op kwaliteit pleks van kwantiteit (weereens!) en vermiste skrywers fokus. Dan kan ons hier iets doen. Dis maar net my beskeie mening en doen wat jy moet doen. Kategorie:Bladsye met gebreekte lêerskakels, Kategorie:Bladsye wat vertaal moet word en Kategorie:Gaan taal na is propvol, wat van hulle? Ek geniet nou die krieketwedstryd tussen Sri Lanka en Suid-Afrika, ook 'n aktuele gebeurtenis. Groete. -- SpesBona 10:00, 28 Junie 2019 (UTC)
- Jou Afrikaans vorder regtig mooi. Gratulieren. Is dit Maroela Media of die LAPA-boeke op Google Play wat jou so netjies leer?
- "Myns insiens is hier die oorspronklike outeur in die plig" > "Myns insiens is dit (hier) die oorspronklike skrywer se plig" of "die plig van die oorspronklike skrywer/bydraer..." in der Pflicht is 'n duidelike Germanisme (wat ek in my swart-en-rooi Croxley-boekietjie gaan opteken vir latere gebruik).
- "Ek doen dit vir my artikels en artikels van skrywers, wat nie meer hier betrokke is [nie], ook." > Ek hou my nou duidelik op met hareklowery; jy kon bloot die kommas weggelaat het, maar ek sou jou sin so herformuleer: "Ek doen dit met my artikels, maar ook dié van die skrywers wat hier nie meer (so danig) betrokke is nie." Suidpunt (kontak) 15:07, 28 Junie 2019 (UTC)
- Baie dankie, maar Gratulieren is die meervoud van gratuliere: ich gratuliere [dir/euch] → wir gratulieren [dir/euch].
- Dis nóg Maroela Media nóg LAPA-boeke wat my met Afrikaans help, dit is veral te danke aan my fokus op net een taalprojek en die gereelde inskakeling van Radio Sonder Grense. As gevolg daarvan is die klank en grammatika van Afrikaans alles behalwe "eksoties", as ek dit só kan stel. Intussen is selfs sommige van die Afrikaanse krieketterme nie meer onbekend nie, al gebruik ons in Duits net Engelse terme. Gereelde taalgebruik is 'n goeie manier om 'n taal onder die knie te kry, dís vir seker! Die doeltreffendste manier is egter om met moedertaalsprekers in die betrokke taal te praat. Daar is waarskynlik minder mense wie se Afrikaans 'n Duitse pleks van 'n Engelse invloed toon. :) Groete. -- SpesBona 21:15, 28 Junie 2019 (UTC)
- Ons hoef nie oor elke nuwe ietsie 'n artikel te hê nie. Watter ou sal al die artikels op datum hou? Ek wonder! Dis alreeds moeilik en vat baie tyd om bestaande artikels op datum te hou. Ons voorbladartikels verouder baie vinnig en dit vat eers baie tyd! Ek praat nie eers van Wêreldspektrum se verouderde inligting nie! Ons span is hoegenaamd nie groot genoeg om elke nuwe ontwikkeling wêreldwyd te monitor nie. Mens kan dit alreeds by nuwe artikels oor politici sien, hulle word nie eens op datum gehou nie. Vir artikels oor sportlui geld natuurlik dieselfde. Myns insiens is hier die oorspronklike outeur in die plig om sy artikels op datum te hou. Ek doen dit vir my artikels en artikels van skrywers, wat nie meer hier betrokke is, ook. Ons moet eerder op kwaliteit pleks van kwantiteit (weereens!) en vermiste skrywers fokus. Dan kan ons hier iets doen. Dis maar net my beskeie mening en doen wat jy moet doen. Kategorie:Bladsye met gebreekte lêerskakels, Kategorie:Bladsye wat vertaal moet word en Kategorie:Gaan taal na is propvol, wat van hulle? Ek geniet nou die krieketwedstryd tussen Sri Lanka en Suid-Afrika, ook 'n aktuele gebeurtenis. Groete. -- SpesBona 10:00, 28 Junie 2019 (UTC)
- Ons is nie 'n koerant nie maar 'n ensiklopedie. Ja, ons kan seker ook aktuele dinge doen maar binne perke. Na 10 jaar het ons nog eers al die Boeregeneraals en senior offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog geskep nie... Groete! Oesjaar (kontak) 06:03, 28 Junie 2019 (UTC)
- Dit wys jou net, 'n mens kan ook verkeerd hoor: https://www.youtube.com/watch?v=aBUIIc2DhHM&t=1005s . Daar spreek Bagheera dit duidelik uit:
- Bagheera: "Ist es wahr?"
- Mowgli: Hm-hm
- Bagheera "Gratuliere!"
- En hier dag ek dit is 'n gewone onbuigbare imperatief genaamd "gratulieren!" Soos "voertsek!". Maar nee.
- "my fokus op net een taalprojek"
- Ja, ja. Vryf dit in, vryf dit in, my vel is renosterdik. Ek pleit skuldig! Dit kom nou daarvan om tussen die tale deur te hop, dalk omdat ek nie met een werklik tevrede is nie.
- OK, so jy het nou Duits ontdek - en jy raak uitgekuier. Wat bly oor?
- Afrikaans het net te veel ongeskrewe reëls (en die WAT se woordeskat ruik terloops na plaasgrond en beesstront - want die proffies van destyds was almal van die plaas af en het die plaasterminologie en segswyse net so op papier geskryf): terwyl ek nou heerlik lees aan furry-fiction ('n storie met 'n wolwestertjie), val iets van hierdie roman my op: die Engels wissel oor en weer tussen Oudengels (betwixt) en selfs Iers (hubbub). Elke Franse en Duitse leenwoord word aangewend en omvorm om by die verhaal te pas. Te hel met die leser wat hierdie woorde nie ken nie. Ek is skoon jaloers daarop! Maar waag het niet zo'n dier in het Afrikaans wakker te maken. Vergeet van "glunder" in jou roman te gebruik. Dit mag eenvoudig nie. En Nederlands mag skynbaar nie by Afrikaans gaan leen nie (en nee, niemand sal Middelnederlandse woorde mag aanwend nie).
- As Frans nie eksoties genoeg na my smaak is nie (en al het ek geen pakplek meer vir die stapels boeke wat niemand wil hê nie), is dit soos die Deens onhoorbaar (en 'n deeglike woordeboek onverkrygbaar - die enigste Deens/Nederlands woordeboek kos EUR74,00 en is boonop uit druk). Die Russies is onmoontlik met die onvoorspelbare verbuigings (al kan ek nie genoeg van Маша и Медведь kry nie - daar is 'n varsheid in Russies wat by menig Europese taal ontbreek).
- So al wat oorbly is Sweeds en Italiaans en Latyn.
- Sweeds het die voordeel dat die klank in vele opsigte nader aan Afrikaans is (vergelyk die Deense oorklanking, met die Sweedse oorklanking, met die Noorse oorklanking ) (en dat die grammatika eenvoudiger is), dat hordes boeke beskikbaar is op Google Play, maar dra die vloek van 'n toontaal en 'n publiek wat oor die algemeen Engels magtig is (hoewel die literatuur in Sweeds oor wolwe aan te beveel is).
- Italiaans se fonetiek is 'n engel in die bed (veral wanneer sy na my skouer hap), maar haar duistere woordversmeltings koek so bietjie: Soos "facciamolo". "Kom ons doen dit". fare (doen) + -mo (ons) + -lo (dit). Op die ou einde leer jy woorde soos die twaalfmaaltafel uit jou kop uit. En steeds wonder jy of jy nie beter kon gedoen het met 'n ander taal nie, want om Italiaanse boeke [veral fiksie] op te spoor is onmoontlik. En moenie vergeet dat ek op die Italiaanse Wikipedia steeds persona non grata is nie...
- Met reis wat buitendien buite die kwessie lyk... moet mens werklik omgee oor hierdie tale?
- So dan bly jy helaas net met my gestorwe Gothgirl Latyn oor. Probleem: daar is geen moedertaalspreker daarbuite wat jou kan reghelp nie, wat jou maar weer terugdruk na die twaalfmaaltafel. Wat van Quenya? [Nee, niemand gebruik dit nie.]
Aktuele gebeurtenisseWysig
@K175: vir 'n soort "barometer" van aktuele gebeurtenisse kyk na : https://www.wikidata.org/wiki/Wikidata:Main_Page/Popular. Elke nou en dan skryf of vertaal ek 'n artikel van daai bladsy as daar nie al reeds een bestaan in Afrikaans nie. - Rooiratel (kontak) 05:39, 28 Junie 2019 (UTC)
- @Rooiratel: dankie vir die skakel. Sien ook gerus die bladtrekstatistiek vir Paul Eilers. Hy is gister oorlede:
- – K175 (trap my uit | bydraes) 06:13, 29 Junie 2019 (UTC)
Grahamstad: South African School Librarian ConferenceWysig
Gemeenskap: myself, Gebruiker:A3_Baard en Gebruiker:dagelf doen vanmiddag om 14:00 'n aanbieding aan die mense in die konferensie. Soos ons in Afrikaanse sê: gooi 'n klip in die bos... Groete! Oesjaar (kontak) 05:44, 1 Julie 2019 (UTC)
AanstuurbladsyWysig
Ek het pas 'n aanstuurbladsy van "Kakkerlakke" na "Blottodea" geskep. Ek's nie seker of dit korrek gedoen is nie, so as iemand kan seker maak, sal ek dit waardeer A3 Baard (kontak) 06:33, 2 Julie 2019 (UTC)
Nuwe artikelsWysig
Dagsê almal, die volgende onderwerpe wat ek graag wil oplaai is:
- Romeinse Ryk (kuns) - mag dit 'n onderwerp op sy eie wees?
- Romeine - moet ek aanvul by Romeinse Ryk of dit apart hou?
- Rolprent (tegnies) - Daar bestaan reeds 'n artikel genaamd Rolprent, moet ek eerder net die tegniese aspekte wat van toepassing is aanvul? Ek weet my bron is verouderd daarom sal ek die inligting mooi sif.
- Ek sou die eerste artikel "Romeinse kuns" noem - dit mag wél 'n onderwerp op sy eie wees, net soos Romeinse boukuns. Waaroor handel die artikel "Romeine"? Romeine as etniese groep? Hul leefstyl en tradisies? Dan sou ek voorstel dat ons die onderwerp apart hou. Die tegniese aspekte van rolprentvervaardiging hoort myns nsiens in die hoofartikel - vul dit gerus aan. Voyageur (kontak) 08:41, 4 Julie 2019 (UTC)
Gemorspos-filterWysig
Ek wil 'n bladsy skep oor Sci-Hub (met Sci-Hub as die titel), maar ek word nie toegelaat nie. As ek dit probeer skep, kry ek die volgende boodskap:
"Die bladsy wat u wou stoor is deur die gemorspos-filter geblokkeer. Dit is waarskynlik deur 'n eksterne skakel op ons swartlys veroorsaak. Die volgende teks is wat ons gemorspos-filter geaktiveer het: sci-hub."
- Bylkbaar is dit die skakel na die amptelike webwerf wat geblokkeer word. (sci-hub.tw) Kan iemand die asseblief onblokkeer? - Rooiratel (kontak) 12:04, 5 Julie 2019 (UTC)
- @K175: Ek het hierdie bladsy gevind: https://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Spam_blacklist, wat lei tot https://en.wikipedia.org/wiki/MediaWiki:Spam-blacklist en https://meta.wikimedia.org/wiki/Spam_blacklist. Maar ek kan nie die een vind wat die Afrikaanse wiki gebruik nie. - Rooiratel (kontak) 01:24, 14 Julie 2019 (UTC)
- @Rooiratel: Alle Wikipedias gebruik m:Spam_blacklist. Die plaaslike en:MediaWiki:Spam-blacklist en MediaWiki:Spam-blacklist is aanvullend tot Meta se lys. Ek het nou die witlys vanaf en:MediaWiki:Spam-whitelist gekopieer na MediaWiki:Spam-whitelist. – K175 (gesels met my | my bydraes) 05:19, 14 Julie 2019 (UTC)
VerwysingsjabloneWysig
Sê maar net, ons verwysingsjablone is nog nie eenvormig nie, en kan nie vanaf die wysigingboks gekies word soos die nuttige vier keuses wat op Engelse wikipedia beskikbaar is nie. Self het ek geen idee hoe om dit te doen nie, maar totdat dit gedoen is gaan dit 'n baie groter schlep wees om bydraes in Afrikaans te maak as in Engels. Ek moet nou elke keer die sjabloon op Engels gaan haal en dit hier inplak, en by aanwending van die joernaal-sjabloon sien ek nie eers die outeurs se name nie. Een of ander programmeringsnerd moet dit tog vir ons regkry. Ons het darem al groter struikelblokke hier oorwin as dié een. Ook ander verbeterings aan die wysigingsboks sal welkom wees sodra ons 'n programmeerder het wat weet hoe om dit te doen. JMK (kontak) 19:05, 11 Julie 2019 (UTC)
- Die ikoon wat lyk soos 'n legkaart-stukkie is deels bruikbaar. Maar kies "cite book", en dit gee geen parameters nie, maar slegs: "No parameters could be determined for this template due to absence of TemplateData documentation. You may insert the template without parameters," wat my min help. Kies "cite journal", en dit gee wel 'n keuse van parameters, maar die resultaat is steeds 'n verwysing sonder outeurs. Ek stel voor dat ons wat hierdie wysigingsboks betref voor die ander wikipedias moet wees, eerder as ver agter, en daar is nog ander voorstelle nadat ons bg. afgehandel het. JMK (kontak) 19:24, 11 Julie 2019 (UTC)
- @JMK: dankie dat jy bogenoemde probleme in verband met die invoeg van verwysings op die Afrikaanse Wikipedia uitgelig het. Ek bou tans verwysings handmatig in, wat baie tyd-intensief is. Ek kan dink dat dit vir nuwelinge nóg moeiliker is. Ek sal in die nabye toekoms hierna begin kyk. Dalk kan Gebruiker:Rooiratel ook help. Hy het al in die verlede met tegniese goed uitgehelp. – K175 (gesels met my | my bydraes) 07:06, 12 Julie 2019 (UTC)
- @JMK: Ek het die TemplateData vir {{cite web}} vanaf enwiki na Sjabloon:Cite web/doc oorgedra. Die TemplateData word gebruik wanneer op die legkaart geklik word om 'n sjabloon in te voeg. Dit werk nog nie as ek dit toets nie, maar volgens en:Wikipedia:TemplateData/Tutorial#Limitations and questions kan dit 'n tydjie duur voor TemplateData deur die visuele redigeerder opgetel word, so kom ons hou dit dop. – K175 (gesels met my | my bydraes) 16:33, 14 Julie 2019 (UTC)
- Hierdie bladsy is nommer twee. Jcwf (kontak) 23:36, 12 Julie 2019 (UTC)
Is Goodreads.com 'n geldige bron?Wysig
Lectori Salutem
Ek het 'n vraag. Kyk, in die meeste gevalle, wanneer 'n mens 'n Wiki-artikel oor fiksie skryf, probeer mens waar moontlik gesaghebbende bronne gebruik. Dit is nou van Literatuurtydskrifte tot resensies wat in koerante verskyn, tot by Prof. Dr. Joan Hambidge se woernaal. Gedrukte boeke word steeds, na al die jare, die hoogste geag, afhangend nou van die inhoud.
Wat mens dikwels 'n probleem mee het is die onderhoude.
Indien die skrywers self hul eie platforms het waar hulle jou vrae met hul antwoorde publiseer, het mens nie veel probleme nie. Ek dink nou in die hardloop weer aan Joan Hambidge wat haar eie woernaal het, terwyl Dan Roodt weer vir PRAAG het.
Baie keer lees 'n mens 'n boek jare na die uitgeedatum. Die outeur leef nog (soms op genade) en as jy nie vandag nog 'n vraag vra nie, gaan jy nooit weer die geleentheid kry nie.
Maar nou het jy sekere skrywers wat nie so gelukkig is om hul eie platform te hê nie. En die enigste plek waar jy wel 'n openbare vraag kan stel is op Goodreads se "Author"-blaaie. Ek dink almal weet nou al van Waldimar Pelser se Goodreads-blad. of... J.K. Rowling s'n of 'n Voorbeeld van 'n Furry-lit-skrywer s'n. Daar is 'n vakkie waar daar staan "Ask me a question", waarna die vraag en die antwoord verskyn.
Nou is dit vir my moeilik, want die gehalte vrae gaan wissel. Die medium is na my mening baie informeel, en tog - wat my betref is die vrae en antwoorde van veel meer waarde as die platform. Die boodskap is immers belangriker as die A-graad-papirus, dan nie?
Party gaan nou oppervlakkige vrae vra, byvoorbeeld:
- Can you tell us a two-sentence horror story?
- What’s your advice for aspiring writers?
Asook:
Ander sal weer grondige, diepgaande vrae rakende die agtergrond van 'n spesifieke roman hê, die oplaag, die verkope, die karakterisering, die onderliggende filosofie, die skrywer se indrukke en uitdagings, hoe lank dit geduur het om die boek te skryf - sulke vrae sou voorheen in boekvorm uitgegee moes word en nooit weer 'n herdruk sien nie. Suidpunt (kontak) 13:59, 17 Julie 2019 (UTC)
- Goodreads.com is in besit van Amazon.com, Inc. - 'n onderneming wat danksy sy skaaleffek (economies of scale) in staat is om 'n groot oop platform aan te bied waar skrywers en digters hul werke kan publiseer. Hulle kry 'n kans op die mark sonder oorbodige middelmanne soos uitgewerye. Amazon.com se hoofaandeelhouer, hoof uitvoerende beampte en stigter het reeds in die verlede te kenne gegee dat hy ten gunste van vrye openbare meningsvorming is. Negatiewe resensies van produkte wat op Amazon se webtuistes verkoop word, word nie verwyder nie. Ek is ook tevrede met Amazon.com se rol as uitgewer van gedrukte vakliteratuur. Ek het dus geen probleem met goodreads.com as bron nie. Voyageur (kontak) 16:49, 17 Julie 2019 (UTC)
|
<urn:uuid:7636d7b2-c728-4724-816c-1bfdfa52b4fe>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Geselshoekie
|
2019-07-19T14:48:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526254.26/warc/CC-MAIN-20190719140355-20190719162355-00070.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999961 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Die Balkenende II-kabinet, die Nederlandse kabinet wat regeer het van 2003 tot 2006, het uit lede van die CDA, die VVD en D66 bestaan.
Die Eerste Minister en minister van Algemene Sake was Jan Peter Balkenende van die CDA-party gewees.
Die vise-premiers was Gerrit Zalm (ook minister van Finansies) van die VVD-party en Thom de Graaf (ook minister van Bestuurlike Vernieuing en Koninkrykrelasies) van die D66-party gewees.
|
<urn:uuid:000a0389-7d31-40ec-8530-dca6c5425b1e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Balkenende_II-kabinet
|
2019-07-19T14:56:20Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526254.26/warc/CC-MAIN-20190719140355-20190719162355-00094.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.991191 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Die Popocatépetl is tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die ooste geleë. Net noord is die tweelingsvulkaan Iztaccíhuatl geleë. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "Rokende berg" en is 'n kombinasie van die twee woorde popōca [poˈpoːka] ("rokend") en tepētl [ˈtepeːt͡ɬ] ("berg"). In Meksiko staan die berk ook bekend as El Popo en Don Goyo.
Die kloosters uit die vroegste 16de eeu op die hange van Popocatépetl is in 1994 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
Die berg is een van 14 aktiewe vulkane in Meksiko en het op 3 April 2016 in aksie gekom, wat skouspelagtige beelde opgelewer het.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie .
- ( ) Popocatépetl in die Global Volcanism Program van die Smithsonian Institution
- ( )Popocatépetl op peakbagger.com
- ( )( )Amptelike UNESCO bladsy
|
<urn:uuid:9c4b39b2-bf6a-4f22-9cc5-480bab585469>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.advisor.travel/poi/Popocatepetl-1087
|
2019-07-20T20:23:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526670.1/warc/CC-MAIN-20190720194009-20190720220009-00494.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
a_tag
| false | true | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999268 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
true
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bladsygeskiedenis
17 Januarie 2019
3 Desember 2018
7 September 2018
17 November 2017
16 Maart 2015
→Eksterne skakels: Link FA is now handled by Wikidata, removed: {{Link FA|sl}} using AWB (10861)
k-16
15 Februarie 2015
25 November 2014
8 Maart 2013
11 Maart 2012
17 November 2011
8 Julie 2011
3 Januarie 2011
26 Junie 2010
27 Maart 2010
10 November 2009
12 Mei 2009
8 Februarie 2009
1 Desember 2008
4 Augustus 2008
25 April 2008
20 Januarie 2008
12 Januarie 2008
6 Julie 2007
17 Mei 2007
10 April 2007
21 Maart 2007
7 Januarie 2007
6 Januarie 2007
17 September 2006
28 Augustus 2006
30 Julie 2006
14 Junie 2006
21 Mei 2006
12 April 2006
4 April 2006
14 Maart 2006
27 Februarie 2006
→Eksterne skakels: mooier skakel
k-4
taal
k-10
geen wysigingsopsomming nie
k+4
geen wysigingsopsomming nie
-5
geen wysigingsopsomming nie
-14
geen wysigingsopsomming nie
-1
|
<urn:uuid:00cbae11-dd56-4dbd-a8ce-6cfe60240b06>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/France_Pre%C5%A1eren
|
2019-07-15T22:52:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524254.28/warc/CC-MAIN-20190715215144-20190716001144-00486.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.991598 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Desiderius Erasmus
Desiderius Erasmus | |
Portret van Desiderius Erasmus deur Hans Holbein die ouere in 1523
Gebore | 28 Oktober 1466 Rotterdam, Boergondiese Nederland |
---|---|
Oorlede | 12 Julie 1536 (op 69) Basel, Switserland |
Nasionaliteit | Nederland |
Vakgebied | Christelike filosofie Renaissance-humanisme |
Instelling(s) | Universiteit van Leuven |
Alma mater | Queens 'College, Cambridge Collège de Montaigu, Parys Universiteit van Turyn |
Beïnvloed deur | Epicureanisme, Cicero, Giovanni Pico della Mirandola, John Colet, Alexander Hegius, Jan Standonck |
Invloed op | Thomas More, Damião de Góis, Martin Luther, William Tyndale, Jacob Milich, Wolfgang Capito |
Inhoud
Lewensloop[wysig | wysig bron]
Geboorte[wysig | wysig bron]
Erasmus het sy naam te danke aan die 15de-eeuse populêre heilige Erasmus van Formiae, wat deur sy vader Gerard vereer is. Sy geboorteplek is Rotterdam, alhoewel daar geen melding van sy doop in die doopregisters aldaar is nie. Erasmus self skryf (in Latyn) dat hy in Rotterdam gebore is, en dat sy moeder die dogter van 'n “medisynemeester” uit Zevenbergen was, met wie sy vader, wat hy Gerardus noem, heimlik 'n verhouding gehad het in die hoop om met haar te trou.
Erasmus is buite die eg gebore, wat toendertyd onder die mense as 'n defectus natalis (geboortedefek) bekend was. Sy vader was 'n priester in Gouda en sy moeder was hul huishoudster. Erasmus se moeder, Margaretha, met die familienaam Rogerius (Rutgers), was 'n dogter van 'n chirurg uit Zevenbergen. Sy het haar tyd van swangerskap waarskynlik in Rotterdam deurgebring om die 'ongelukkie' te verberg. 'n Jaar voor Erasmus se geboorte het sy ouers nog sy broer, Pieter, ryker geword. Ook van hierdie broer is daar geen amptelike doopgegewens bekend nie. Erasmus het drie jaar in Rotterdam gewoon en is toe na Gouda geneem.
Opleiding[wysig | wysig bron]
Erasmus het in enkele monastiese en semi-monastiese skole die beste moontlike opvoeding vir 'n jong man van sy tyd ontvang. Op die ouderdom van nege is hy en sy broer Pieter gestuur na een van die beste Latynse skole in Nederland, gesetel in Deventer en in besit van die Lebuïnuskerk, alhoewel enige vroeëre biografieë dit stel dat die Broeders van die Gemeentelewens dit bestuur het. Die humanis Alexander Hegius het rektor in Deventer geword, en aldaar 'n belangrike kurrikulumvernuwing deurgevoer. Grieks is as vak ingesluit wat destyds slegs op universiteitsvlak aangebied is, en Erasmus het hier Grieks begin bestudeer. By hierdie skool leer hy ook die belang van 'n persoonlike verhouding met God, maar verwerp die streng reëls van die onderwysers en monnike. Sy opvoeding eindig toe die plaag teen 1483 in die stad uitbreek en sy moeder, wat daarheen getrek het om 'n huis vir haar seuns te skep, sterf nadat sy dit ook aansteek. Hy studeer verder aan die Latynse skool in ’s-Hertogenbosch.
Onder druk van sy voog lewer Erasmus in 1487 sy intreerede in die Klooster te Stein by Gouda. Hier skryf hy sy declamatio (oefentoespraak) en De contemptu mundi, 'n opregte pleidooi vir die kloosterlewe. Erasmus het geen kritiek teen hierdie ideaal nie, maar wel op die niksseggende streng reëls en die beperking van die menslike vryheid. Die priesterwording van Erasmus het op 24 April 1492 (feesdag van die evangelis Markus) plaasgevind, gelei deur die toenmalige biskop Jan van Tiel in die Dom van Utrecht. Dit bind hom meer aan die geestelike lewe, maar bied hom ook meer moontlikhede vir studie. Hy kry die geleentheid om kanselier (sekretaris) van Henri van Bergen, die aartsbiskop van Kameryk, te word.
Met toestemming en 'n stipendium van biskop Van Bergen begin Erasmus in 1495 met die studie van teologie in Parys. Hierdie opleiding word oorheers deur die Scotiste, skolastiese teoloë wat volgens Erasmus hulself verloor in eindelose spitsvondighede wat weinig met die Christelike basisgeskrifte gemeen het. Wel leer hy die Paryse humanis, Robert Gaguin, ken. Omdat hy ook lesings aanbied, leer hy baie ander mense ken.
So gaan hy na Engeland, waar hy een en 'n half jaar bly. Hier kom hy ook in aanraking met die seun van die Engelse koning, die latere Hendrik VIII van Engeland asook met prominente humaniste soos John Colet en Thomas More, die outeur van Utopia. Terug in Parys skryf hy in 1500 sy eerste boek, 'n versameling Adagia, oftewel spreekwoorde. Dit was die eerste blitsverkoper in die jong geskiedenis van die boekdrukkuns, en dit na 'n groot terugslag vir hom, want hy het hom sonder geld bevind nadat Engelse doeanebeambtes op al die Engelse geld in sy bagasie beslag gelê het.
Humanis[wysig | wysig bron]
In 1502 word aan Erasmus, na voorspraak van die teoloog Adriaan Boeyens, die latere Pous Adrianus VI, 'n pos aangebied by die universiteit van Leuven. Hy aanvaar egter nié die pos nie, en lê homself toe op vertaling uit Grieks.
In 1506 vertrek Erasmus vir drie jaar na Italië. Op pad terug skryf hy sy Stultitiae Laus (In Lof vir die Sotheid). Deur vanuit die perspektief van 'n "sot" te skryf kon hy in hierdie werk die spot dryf met die misplaaste erns waarmee alle mense, ongeag beroep, stand, of posisie, hul eie belange najaag, en die groteske kortsigtigheid, waarmee hul regstaan met hul oordeel oor mekaar.
Die Adagia-herdruk word by die Baselse drukker Johannes Froben gedoen. Erasmus vind sy werk so goed dat hy na Basel reis en daar ook sy twee groot filologiese werke, die tweetalige uitgawe van die Nuwe Testament en sy uitgawe van die briewe van die kerkvader Hieronimus van Stridon, skryf (vertaal) en uitgee. Met sy terugkeer word hy benoem as raadgewer van Keiser Karel V en vestig hy homself van 1516 tot 1521 in Nederland waar hy in Antwerpen, Brugge, Leuven en Mechelen bly. In 1521 woon hy ook 'n tyd lank in Anderlecht, as die gas van sy vriend Pieter Wyckman.
Tydens hierdie Suid-Nederlandse periode vervul Erasmus die plan van sy vriend Jeroen van Busleyden, naamlik die stigting van die Leuvense Collegium Trilingue. Dié kollege sou bydra tot die verspreiding van Erasmus se opvattings oor die studie van klassieke tale.
Hy het veral Latyn gepraat en al sy werk is in Latyn of soms in Grieks. Hy word as een van die grootste Neolatynse skrywers beskou. [1]
Houding en gedagtegoed[wysig | wysig bron]
Twee motiewe bepaal die gedagtegoed van Erasmus naamlik; die vryheid van die mens en vrede. Oor die vryheid skryf hy onder meer in 1516 die Institutio Principis Christiani, Opvoeding van 'n Christenvors, vir die jong koning van Spanje, die latere keiser Karel V. Daarin stel hy dat die mens vry is en dat 'n Christen daarom nie tirannies mag heers oor Christene nie en hulle nie soos slawe mag behandel nie. In 1517 skryf hy Querela pacis, Die klag van die vrede. Daarin spreek hy hom ondermeer uit teen nasionalisme, veral die misbruik daarvan vir die aanstigting van oorlogvoering.
Erasmus en die Hervorming van Luther[wysig | wysig bron]
In 1517 plaas Martin Luther sy 95 stellings op die kerkdeur van Wittenberg en sit sodoende 'n proses aan die gang wat die wêreld sou verander, die Protestantse Hervorming. Die teenstanders van die Hervorming het Erasmus verwyt dat hy vir Luther die weg voorberei het.
Alhoewel Erasmus in beginsel simpatiek teenoor Luther se aksie gestaan het, het hy as vredeliewende humanis ook van meet af aan besware teen dié optrede gehad. Erasmus se uitgangspunt was om liewers afsydig te staan in die twiste tussen die hervormers en die Katolieke Kerk. Na etlike oproepe neem Erasmus in 1524 die pen teen Luther op in die geskrif De libero arbitrio diatribe sive collatio (skrywe oor die vrye wil). In die geskrif trek Erasmus die leer van Luther ten opsigte van die verlossing van die mens in twyfel. Luther sou volgens Erasmus die rol van die vrye wil van die mens onderskat ten opsigte van die Goddelike genade. Ondanks die versigtige uitsprake in sy boek word daar sowel uit die Katolieke as Hervormer geledere kritiek op Erasmus gelewer.
Keer op keer bepleit Erasmus verdraagsaamheid tussen die verskillende opvattinge. Dit het egter nie gebaat nie aangesien wedersydse verkettering, vryheidsbeperking en die brandstapel in die konflik gebruik is. Wel lê sy pleidooie die basis vir die verdraagsaamheidsgedagte van latere 16e-eeuse figure soos Coornhert en Willem van Oranje. Voorts gaan die verdraagsaamheid vir Erasmus nie soseer om die vryheid vir die enkeling nie (vir Jode wys Erasmus dit selfs af), maar meer om die vryheid van wetenskap en idees. Die moderne verdraagsaamheidsbegrip (vryheid vir die enkeling) is nie in Erasmus se werk te vinde nie.
Erasmus en die Jode[wysig | wysig bron]
Die sestiende eeu word gekenmerk deur 'n onmiskenbare anti-semitiese kultuur, waarteen die humanisme hulself in beginsel begin verset het. Studie van die Joodse kultuur was een van die doelstellings van die Collegium Trilingue, wat deur Erasmus in Leuven gestig is. Die katolieke Hebreeus-kenner Johannes Reuchlin bepleit as een van weinige vir gelyke burgerregte vir die Jode. In reaksie op Reuchlin se studie van die Kabbalah skryf Erasmus nadat Reuchlin deur die Inkwisisie vervolg word: "Ek is nie 'n Reuchlinis nie, soos ek van niemand 'n partyganger is nie". Nietemin verdedig hy Reuchlin se pleidooi vir die Jode in 'n brief aan die Inkwisisie. Hy koester bewondering vir hom, soos blyk uit sy Colloquium 'Apotheosis Capnionis' (Capnio is die Griekse vorm van die naam Reuchlin). Oor die Jode maak Erasmus (as polemis en satirikus) krasse uitsprake. Frankryk was volgens hom die belowendste deel van die Christendom omdat die land nie met "Jode en half-joodse bekeerlinge geïnfekteer is nie". Die Joodse godsdiens sien hy as die "verderflikste plaag en bitterste vyand van die leer van Jesus Christus". Sy beswaar teen die Jode lê in die rituele karakter van hul godsdiens, waarmee volgens hom die vroomheid ondermyn word en van Christus afgedwaal word. Erasmus was desnoods bereid gewees om die Ou Testament op te gee as heilige boek vir die Christendom, as hy daarmee die invloed van die Jodedom kon beperk. Martin Luther het op hierdie punt nog verder gegaan.
Erasmus as Christen[wysig | wysig bron]
Erasmus beskou die Christelike naasteliefde as sentraal. Dogmatiese standpunte en onverdraagsaamheid, wat daarmee in stryd was, verwerp hy. Die gesonde verstand stel hy bo dogmatiese spitsvondigheid. Dit was die rede dat hy deur baie fanatici as ketter beskou is. Hy is as wegbereider vir die Hervorming beskou, alhoewel hy nooit tot die geledere van die Protestantisme sou toetree nie. Hy het voorgestel dat mense moet probeer om die eenheid van die Kerk te bewaar, deur meer te let op wat die Christene met mekaar gemeen het, as wat hulle van mekaar skei.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Werke[wysig | wysig bron]
• Adagia ('n versameling spreekwoorde) (1500)
• Enchiridion militis Christiani (1503)
• In Lof vir die Sotheid (Stultitiae Laus) (1511)
• Copia: Foundations of the Abundant Style (1512) (ook bekend as De Copia)
• Disticha de moribus nomine Catonis (1513) met kommentare later geredigeer en vertaal deur Michael Servetus
• Sileni Alcibiadis (1515)
• Opvoeding van 'n Christenvors (Institutio Principis Christiani) (1516)
• Bellum (essay, 1517)
• Die klag van die vrede (Querela pacis) (1517)
• Colloquia (1518); 12 verdere uitgawes teen 1533
• Ciceronianus (1528)
• De recta Latini Graecique Sermonis Pronunciatione (1528)
• De pueris statim ac liberaliter instituendis (1529)
• Die opvoeding van kinders (1530)
• Consultatio de Bello Turcis Inferendo (1530)
• A Playne and Godly Exposition or Declaration of the Commune Crede (1533)
• Ecclesiastes (1535)
• De octo orationis partium constructione libellus (1536). Geredigeer en vertaal deur Michael Servetus in 1549.
• Apophthegmatum opus (1539)
|
<urn:uuid:ea3902fc-036e-4338-9cb2-00a9f375cf18>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Desiderius_Erasmus
|
2019-07-22T06:22:14Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00014.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999985 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Hendrik Gerhardus Stoker
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Hendrik Gerhardus Stoker-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Inhoud
Verwantskap[wysig bron]
Weet iemand hoe die Gereformeerde predikant en akademikus prof. dr. Hendrik Gerhardus Stoker (Witpoortjie 1988–1995, Pretoria-Sunnyside 1995–1999, Rietvallei 1999–2011, Frankfort 2011–2012, Frankfort/Professor Teologiese Skool Potchefstroom 2012) aan hom verwant is? Morne (kontak) 15:33, 9 Desember 2015 (UTC)
- Die huidige professor by NWU, Prof. Henk Stoker, is die kleinseun van Prof. H.G. Stoker. Prof. H.G. Stoker se seun is Prof. Pieter Stoker (fisikus) wat reeds afgetree het. DV Correia (kontak) 07:46, 5 Januarie 2016
Apartheid[wysig bron]
- Ek dink dat sonder om daardie sake te bespreek hierdie artikel genomineer kan word vir verwydering op basis van NPOV-skending.
- Jcwf (kontak) 23:21, 30 Januarie 2016 (UTC)
- Het Stoker van "Apartheid" of afsonderlike ontwikkeling gepraat? Die laaste is die terminologie van offisiele dokumente. --22.214.171.124 20:07, 7 Junie 2016 (UTC)
- Jy versondig jou dalk eerder deur die gebruik van disfemismes. Afsonderlike Ontwikkeling is immers meer omskrywend, neutraal en ook die taalgebruik van amptelikke dokumente. 126.96.36.199 20:39, 11 September 2017 (UTC)
Verwysings[wysig bron]
Artikel terugrol[wysig bron]
Myns insiens moet ons hierdie artikel terugrol na 06:17, 5 Januarie 2016. Toe het die artikel 4 361 grepe, nou het hy 87 629 grepe.
Om 06:23 op 5 Januarie 2016 het Gebruiker:DV Correia 44 797 grepe vanuit hierdie bron tot die artikel bygevoeg. Om 12:22, op 30 Januarie 2016 het hy 36 393 grepe vanuit hierdie bron bygevoeg. Die artikel bestaan nou uit 87 629 grepe waarvan ongeveer 81 000 grepe direk vanuit die bronne gekopieer is. Dit is plagiaat en het geen plek in Wikipedia nie. (Sien Plagiarism ( ) ). Dus versoek ek dat iemand die artikel tot 5 Januarie moet terugrol.
- Gaan gerus voort. As Gebruiker:DV Correia bewys lewer dat toestemming vir die gebruik van die inligting verkry is, kan dit teruggeplaas word. Groete. Frank (kontak) 07:21, 7 Februarie 2016 (UTC)
- Goeiedag
- Ek wil graag in kennis stel dat ek wel toestemming ontvang het van Prof. Andries Raath om sy artikel te gebruik. U kan hom gerus kontak by 078 235 7013 of per epos by [email protected] indien u dit met hom self wil bevestig. Indien u met my self in verbinding wil tree rakende die artikel is u welkom om my te epos by [email protected]. Ek is tans besig met my PHD oor Prof. H.G. Stoker wou graag die vorige Wikiblad opdateer. Ek sal wel onder geen omstandighede die kopieregwet wil oortree nie en bedank u dat u so attend daarop is. Is die verduideliking vir u in orde?
- Groete. (DV Correia ingevoeg)
- Klink of jy wel toestemming vir herpublikasie verkry het. As die artikel aan Wikipedia se lisensie en voorwaardes voldoen, kan jy dit gerus terugplaas. M.a.w. Deur wysigings te stoor, stem u in tot die gebruiksvoorwaardes en gee u onherroeplik toestemming dat u bydrae onder die Creative Commons Erkenning-InsgelyksDeel en die GNU-lisensie vir vrye dokumentasie gepubliseer word. Groete. Frank (kontak) 05:53, 13 Februarie 2016 (UTC)
- Hi Victor,
- As jy die presiese reëls vir Wikipedia wil sien, lees asb eerder die Engelse Wikipedia. Dit wat die belangrikste is, is al uit Engels vertaal, maar die Afrikaanse teks is 'n verkorting van die Engelse teks. As jy dieper wil kyk, moet jy die Engelse teks raadpleeg.
- Ten eerstens, besoek hierdie blad. Die eerste sin lui "Hier by die Afrikaanse Wikipedia verwys die term oorspronklike navorsing na ongepubliseerde feite". In jou PhD tesis sal jy sekere ongepubliseerde feite teëkom en die doel van jou tesis is om hierdie feite te analisieër. In die Engelse Wikipedia sê dit "If you discover something new, Wikipedia is not the place to announce such a discovery". Aangesien daardie materiaal primêre bronne is, mag jy dit nie in 'n Wikipedia artikel gebruik nie. Maar, nadat jou tesis deur 'n eksterne eksaminator goedgekeur is, word dit 'n sekondêre bron en dan kan dit as 'n bron gebruik word.
- Jy moet ook oplet dat jy nie die "eienaar" van die Wikipedia artikel is nie. Soos Frank alreeds geskryf het, enigiemand kan teks daar byvoeg, of jy saamstem of nie.
- Laastens, wanneer jy op die besprekingsblaaie skryf, kan jy jou teks met "~~~~" onderteken.
- Mag ek jou veels geluk wens met jou PhD.
- Martinvl (kontak) 09:39, 13 Februarie 2016 (UTC)
- Hi Victor,
- Ek stem nie saam met Frank dat jy Prof Raath se artikel hier kan herpubliseer nie. Ten eerstens is Prof Raath se artikel eintlik 'n rouartikel en nie 'n ensiklopediese artikel nie. Sy artikel het geen bronne nie en maak waarskynlik gebruik van ongepubliseerde bronne en ook van sy se eie interpretasies daarvan. Dus raai ek jou aan om die artikel van nuuts af te begin, of eerder om die huidige artikel uit te brei.
- Mag ek ook vra dat jy nie 'n lys van al Stoker se skryfwerk in die hoofartikel gee nie - beskryf net die belangrikste in die hoofartikel. Jy kan die hele lys in 'n onderartikel gee. As jy 'n voorbeeld wil hê, kyk na hierdie artikel (in Engels) oor Albert Einstein en hierdie artikel (ook in Engels) vir die lys van al sy publikasies.
- Groete Martinvl (kontak) 17:30, 13 Februarie 2016 (UTC)
Hi Victor,
Die artikel wat jy geskryf het is nog steeds die rouaritkel wat deur Prof Raath geskryf het met 'n paar stukke aan die einde geklop. Alhoewel Prof Raath se artikel geskik is vir 'n Christelike tydskrif, dit is onvanpas vir 'n ensiklopedie. Dar is min in die Afrikaanse Wikipedia oor hoe 'n biografie geskryf moet word, dus sal ek na die Engelse Wikipedia bladsye verwys.
Daar is algemene inligting op die volgende bladsye:
- WikiProject Biography - Gee algemene advies oor hoe om 'n biografie te skryf.
- Manual of Style/Biographies - Gee die standaarduitleg van 'n biografie.
- Biographies of living persons - Al is Soker 20 jaar gelede oorlede, is dit, myns insiens, nog steeds 'n gooie plan om hierdie blad te volg.
- Plagiaat
- [1] - Kyk veral vir die afdeling "Contributors' rights and obligations"
Nadat jy hierdie bladsye gelees het, sal jy sien waarom die artikel, soos dit nou geskryf is, onvanpas is vir 'n ensiklopedie. Ek verwag dat jy die artikel in jou eie woorde herskryf. Sorg ook asb dat die klem van die artikel beskik is vir 'n ensiklopedie en nie vir 'n kerkblad nie. Byvoorbeeld die afdeling oor Stoker se huwelik kan 'n mens tot een of twee sinne verkort - myns insiens is die belangrikste feit van sy huwelik dat die predikant Totius was.
Kan jy ook sorg dat jy die kopiereg van die foto's regkry?
Beeld-lisensie[wysig bron]
Daar skort iets met die lisensie by die foto van Stoker. As hy in 1993 oorlede is, kon die "kopiereghouer" hom seker nie in Januarie vanjaar afgeneem het nie? Morne (kontak) 07:56, 7 Februarie 2016 (UTC)
- Dag Morne en Martin
- Ek besef ek het die foto's verkeerd opgelaai. Ek het dit egter probeer verander, maar kry dit nie reg nie. Sal julle aanraai dat 'n mens die huidige foto's se kopiereg verander, of dat 'n mens die foto's van nuuts af oplaai. Wat die toestemming betref is die foto's elektronies gepubliseer op die volgende cd http://vcho.co.za/publikasies/akademiese-publikasies-van-hg-stoker.php. Die kopiereg behoort volgens my aan die Stoker familie met wie ek gereeld kontak het en sekerlik kontak kan verkry. Inteendeel na gesprekvoeging met die Stoker familie, het ek toestemming by Prof. A. Raath gekry om van sy artikel gebruik te maak. Die foto's wat ek hier gebruik is deel van die oorsponklike artikel van Prof. Raath se artikel. Ek besef wel dat 'n mens die foto's op die regte wyse moet oplaai. Hoe maak ek vorentoe met die foto's. Soek julle 'n geskrewe brief as bewys dat ek toestemming het om die wysigings te maak? Moet die Stoker familie self 'n Wikipedia blad begin en hierop toestemming gee? Is daar 'n vorm wat 'n mens vir hulle kan aanstuur om in te vul?
- Sal julle hulp waardeer.
- Groete. Victor.
- Hi Victor,
- Aangesien dat ek liewers in Engels skryf, sal ek wat die fotos betref by Commons beantwoord.
- Wat die teks betref, moet jy die benadering neem dat jy 'n Universiteitsopstel skryf. Wat sou die dosent sê as jy hierdie artikel as jou opstel inlewer? Ek glo nie dat jy baie punte sal behaal nie.
- Martinvl (kontak) 15:23, 7 Februarie 2016 (UTC)
- Dag Martin
- Sal jy eerder voorstel dat ek die artikel van nuuts af skryf?
- Groete.
Hi Victor,
I should really be posting this on Commons rather than here, but as the Afrikaans Wikipedia audience is probably more sympathetic towards your efforts than the Commons audience, I will post it here where it is unlikely that the "Wikimedia Commons copyright police" will it. I will nevertheless write in English as that is my mother tongue and is the language that would been used on Commons.
If we take this image as an example, I will go through the errors in your information box:
- You gave the date as 30 January 2016. You should have entered the date of the photo which is " 28 September 1925" – the date that the photograph was taken.
- You gave the source as "Template: Publieke domein" This has shown up in red because there is no template by that name in Commons. (Commons templates have English names, not Afrikaans names). The correct entry for "Source" is "Stoker family" (assuming that you obtained copies from them).
- You gave the author as "Stoker familie versameling". Again, this is in red because there is no entry by that name in Commons. Moreover, who in the Stoker family actually took the image (or was it a commercial photographer)? This is important because the date of death of the photographer is relevant for its copyright status. This uis the case even if the Stoker family commissioned the photograph which, I believe, in 1925 gave then the copyright.
- The Licensing notice is totally improper. It starts with the words "I, the copyright holder …". Which individual is actually granting these rights?
May I point out that Wikimedia Commons takes copyright very seriously – anything which is not properly done can be removed with minimal warning. Please get your copyright in order otherwise you might find the images removed from Commons.
- Good day Martin
- Thank you for your comments. May I assure you that I will give attention to fixing these mistakes a.s.a.p. I currently dont know how to fix the original mistake by uploading these photos in my own name. Would you advise me to delete these photo's and reload them? Or is there a shorter way to change the copywrite holder?
- Hi Victor,
- I have checked this summary and looked at your images. All of your images were published in Raath's article in the journal Koers in 1994. Thus, if the 1996 law (see article above) is to have effect, photos taken in South Africa before 1944 and which were never published or which were published before 1944 are no longer in copyright. This means that the photos
- Stoker familie.jpg (1913)
- Henk Stoker na MA Graad.jpg (1921)
- Huweliksfoto.jpg (1925)
- are not subject to copyright. You should use the copyright templates {{PD-1996}} and {{PD-South-Africa}}
- I have checked this summary and looked at your images. All of your images were published in Raath's article in the journal Koers in 1994. Thus, if the 1996 law (see article above) is to have effect, photos taken in South Africa before 1944 and which were never published or which were published before 1944 are no longer in copyright. This means that the photos
- The photo HG. Stoker as student in Keulen.jpg (1922) does not come under this ruling as it was taken in Germany and is probably subject to German copyright law.
- The photo Henk Stoker MA Graad.jpg (1948) should be OK, provided that it was published before 1965 and if it is transferred to the Afrikaans Wikipedia (see this photo), but must not be used in Commons.
- The photo Eredoktorsgraad RAU.jpg (1988) is still in copyright.
- If you wish to use any of the photos that are still in copyright, you need the written permission of the copyright holder. I won't go into details here, but be warned, it is quite involved.
- I hope that this helps as regards the copyright situation. I ti si quite simple to update the descriptions of the first three images - you go the image concerned, press the "Edit" button and make the required changes. I have updated the photo "Stoker familie.jpg". I have also created the page Category:Hendrik Gerhardus Stoker.
Dit is nodig om die artikel te herskryf?[wysig bron]
Ek dink nog steeds dat hierdie artikel herskryf moet word- wanneer DV Correia die teks herstel nadat dit verwyder is, hy het in sy opsomming geskryf "... sodat " … sodat daar nie teveel inbreuk op die artikel van Prof. Raath in die biografie gedeelte gedoen word nie." Dit loop heeltemal in stryd met Wikipedia se beleid. Raath het 'n huldeblyk vir 'n Christelike tydskrif geskryf, Wikipedia is 'n sekulêre ensiklopedie. Terwyl die Christelike filosofie die persoonlike en gesinslewe in 'n hoë agting hou (tereg na my mening), veral in die konteks van 'n huldeblyk, die persoonlike en gesinslewe is in die konteks van 'n ensiklopedie privaat. (Sien 'n seleksie van biografieë in die artikel Wikipedia:Voorbladartikel. Sulke artikels slui in, onder andere, Jan Christian Smuts, Herman van Broekhuizen en Helen Suzman).
Ek beveel aan dat voordat hierdie artikel herskryf word, die redakteurs die volgende artikels raadpleeg:
- Wikipedia:Neutrale standpunt en lees die afdeling Hendrik Gerhardus Stoker#Huwelik.
- en: Wikipedia:Copying text from other sources
- en:Wikipedia:Plagiarism
- en: Wikipedia:Manual of Style/Words to watch
- en: Wikipedia:Wikipuffery
Die artikel is ook nie 'n tesis nie - sien en:Wikipedia:Manual of Style/Lead section - as jy die tuisblad van die Afrikaanse WIkipeida besoek, sal jy sien dat die opsomming van die artikel ook die artikel se inleiding is.
- Ek stem saam dat ons versigtig moet wees met huldeblyke ensomeer, maar dit kan tog seker vermeld word hy 'n goeie huwelik gehad het, dink ek, as dit maar as 'n objektiewe feit vermeld word. 'n Ander ding is dat indien ons hier iets skryf dit ook genadeloos bewerk moet kan word. As mens nie wil dat mnr X se artikel te veel bewerk word, moenie die "Stoor bladsy" knoppie kliek nie. Dis deel van die gebruiksvoorwaardes waarmee jy saamstem as jy kliek.
- Jcwf (kontak) 21:02, 15 Maart 2016 (UTC)
- Geagte Martinvl en Jcwf.
- Baie dankie vir julle terugvoer. Ek sal regtig hieraan wil aandag gee. Indien dit so is dat ek sommige gebruikersvoorwaardes verbreek het wil ek verskoning vra hiervoor. Dit is nie met opset gedoen nie. Ek besef nou ook dat die gebruik van Prof. Raath se artikel sonder dat ander daaraan na eie goedenke gebruik kan maak problematies is.
- Aangesien ek self besig is met my PHD oor Prof. H.G. Stoker kan ek daarna kyk om in die volgende 6 maande 'n korter Wiki artikel oor Prof. Stoker te skryf wat natuurlik voldoen aan al die vereistes hierbo uiteengesit. Intussen sal ek dan die artikel terugrol tot die sake wat hier genoem is of aangespreek is of dat 'n nuwe artikel wat voldoen aan Wikipedia se vereistes geskryf is. --Victor Correia (kontak) 11:06, 31 Maart 2016 (UTC)
Ek glo nie dat Victor Correia terug sal kom nie. Ek is van plan om sy afdelingtitels te beskerm maar om die tekst wat van 'n andere bron gekopieë is te verwyder. Mag ek daarmee voorgaan? Ek het die eerste afdeling al verwyder. Martinvl (kontak) 08:05, 8 Junie 2016 (UTC)
Die Stryd om die Ordes[wysig bron]
Die boek is aanlyn beskikkbaar en kan hier bekyk word. Gaan ons dit byvoeg? https://archive.org/details/HendrikGerhardusStokerDieStrydOmDieOrdes --188.8.131.52 21:30, 18 Junie 2016 (UTC)
|
<urn:uuid:727f651b-c83b-4848-99c4-556ac2969cd2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Hendrik_Gerhardus_Stoker
|
2019-07-16T00:32:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524290.60/warc/CC-MAIN-20190715235156-20190716021156-00406.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999676 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Swartbekkakelaar
Die swartbekkakelaar (Rhinopomastus cyanomelas) is 'n algemene standvoël in droë savanne en oop breëblaarboomveld. Die voël is 24 – 28 cm groot en weeg 25 – 40 gram. In Engels staan die voël bekend as Common Scimitarbill.
Swartbekkakelaar | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Rhinopomastus cyanomelas (Vieillot, 1819) |
Inhoud
FotogaleryWysig
Onvolwasse swartbekkakelaar in die Etosha Nasionale Park.
Sien ookWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Rhinopomastus cyanomelas. |
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Rhinopomastus cyanomelas". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:a57a1788-7030-4d66-ab60-ac816f09fde9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Rhinopomastus_cyanomelas
|
2019-07-21T00:05:37Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00406.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.986609 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Hulp
Kategorie:Altena
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation
Jump to search
Bladsye in kategorie "Altena"
Die volgende 3 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 3.
B
Bybelgordel
G
Giessen
W
Woudrichem
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Altena&oldid=1875155
"
Kategorie
:
Munisipaliteite in Noord-Brabant
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Kategorie
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Ander projekte
Wikimedia Commons
Druk/eksporteer
Skep boek
Laai af as PDF
Drukbare weergawe
Gereedskap
Skakels hierheen
Verwante veranderings
Spesiale bladsye
Permanente skakel
Bladinligting
Wikidata-item
Ander tale
Deutsch
Español
Français
Italiano
Nederlands
Português
Svenska
Zeêuws
Wysig skakels
Die bladsy is laas op 3 Januarie 2019 om 16:25 bygewerk.
Die teks is beskikbaar onder die lisensie
Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel
. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die
Algemene Voorwaardes
vir meer inligting.
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:155b468d-d7ee-4e00-871e-a9f905d3938e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Altena
|
2019-07-21T00:42:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00478.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998481 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
1113
Jump to navigation
Jump to search
1113 |
◄ | 11de eeu | ◄12de eeu► | 13de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1113 |
Kalenders | |
Mosaiek van Sint Demetrius Solunski in Kiëf uit 1113 | |
Die jaar 1113 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 12de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Dharanindravarman word in ’n oorlog met sy kleinneef, Suryavarman II, gedood en opgevolg as koning van die Khmer-ryk.
|
<urn:uuid:842b1a4b-98b3-4d80-b835-f16cb0e8f9fe>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/1113
|
2019-07-16T04:22:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00102.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999894 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Aksent
Jump to navigation
Jump to search
Gravis | |
---|---|
À | à |
È | è |
Ì | ì |
Ò | ò |
Ù | ù |
Akuut | |
---|---|
Á | á |
É | é |
Í | í |
Ó | ó |
Ú | ú |
Aksent kan na een van die volgende verwys:
Tongval, manier waarop woorde uitgespreek word:
Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. |
|
<urn:uuid:b12fcc55-eb71-48c2-821a-533e51345346>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Aksent
|
2019-07-16T04:24:48Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00246.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999419 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kuskanferbos
Kuskanferbos | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Tarchonanthus littoralis P.P.J.Herman, 2002 |
Die Kuskanferbos (Tarchonanthus littoralis) is 'n struik tot 'n klein boom wat langs die kus voorkom. Die blare is grysgroen met fyn kreukels aan die bokant, witterig en viltagtig aan die onderkant en gaafrandig tot fyngetand. Indien die blare gekneus word ruik dit aromaties. Die boom lyk baie soos die kanferbos.
Bron[wysig | wysig bron]
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
|
<urn:uuid:78f35e4f-ef7f-4252-a304-5f022b0b2244>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kuskanferbos
|
2019-07-16T06:20:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524503.7/warc/CC-MAIN-20190716055158-20190716081158-00118.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.991229 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
“Sonder die vermelde universiteitsprodukte sou die stryd om dekolonisering minder doeltreffend gewees het. Versetbewegings soos Pan-Afrikanisme, négritude en Afrikanasionalisme was almal antikoloniaal maar nie noodwendig teen die idee van universiteite nie.” – Willie Breytenbach
.........................
Lees ook die LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel “Die rol van ’n Afrika-bewussyn in universiteite in ’n nie-Westerse konteks” deur Attie van Niekerk (Mei 2019):
“Die sake wat in die #mustfall-bewegings tydens die studente-onrus in 2015–2016 na vore gekom het, is nie nuut nie. Sake wat handel oor onder andere die rol van universiteite in ’n nie-Westerse konteks binne die groter debat oor die gevolge van Westerse kulture op ander kulture in die tyd van kolonialisme, het reeds in die stryd teen apartheid na vore gekom en word al vir dekades lank deur Afrika-skrywers bespreek.”
.........................
1. Agtergrond
Die oudste universiteite in die wêreld is van Arabiese oorsprong en in Noord-Afrika geleë: spesifiek die Kairouan- (al-Qarawiyin-) universiteit wat in 859 nC as ’n instelling vir Islamitiese studies by die Groot Moskee van Féz in Marokko gestig is.
Dit het opleiding in Islamkunde, Moslem-argitektuur en landbou verskaf. Dit is opgevolg met die vestiging van die Al-Azhar-universiteit in Kaïro wat in 970 nC opgerig is. Jode en Christene van Alexandrië is ook toegelaat. Dié universiteite bestaan nog.
.........................
“Die nuutste toevoeging hiertoe is die ‘Born frees’ in Suid-Afrika wat eis dat vakinhoude minder Westers en meer nie-Westers moet wees. Die vraag is: Bestaan sulke proteste ook in nie-Westerse (dog moderne) state soos China, Japan, Indië en Arabië?”
.........................
Die oudste Europese universiteite was dié in Parys, Oxford (1167 nC) en Cambridge (1209 nC).
Dis egter eers ná die uitvinding van die Gutenberg-drukpers (15de eeu) dat die biblioteekkomponent van die universiteitswese tot sneller kennisverdieping gelei het, waarsonder die Renaissance en nywerheidsrevolusie nie sou plaasgevind het nie. Dit het kolonialisme versnel wat ook universiteite in Afrika opgelewer het.
2. Universiteite in oudkolonies
’n Beduidende aantal Afrika-universiteite is in hierdie oudkolonies gestig. So het Westerse kennis ook na andersoortige kulture versprei. Die tale van die wetenskap in die koloniale tye was Arabies, Frans en Engels. Elders was dit Spaans en Portugees.
In die voormalige Britse kolonies is die oudste universiteite Fourah Bay College (Sierra Leone, 1876 en geaffilieer met Durham College in Engeland), Achimota College, 1924 in die Goudkus (vandag Ghana en geaffilieer met die Universiteit van Londen), Ibadan (Nigerië, ook 1924 en ook geaffilieer met die Universiteit van Londen), die Makerere-universiteit in Uganda (1933), ook geaffilieer met die Universiteit van Londen. Daar was ook ’n Kitchener Memorial College in Khartoem. Protestantse sendingkerke het groot rolle in hierdie stigtingsprosesse gespeel.
Gedurende hierdie vooronafhanklikheidstydperke het die Britse regering beleide van indirekte beheer gevolg waarvan die erkenning van stamgesag noodsaaklik was. Die Britte het voorkeur gegee aan manstudente wat die seuns van tradisionele leiers soos opperhoofde, kapteins en hoofmanne was. Ná onafhanklikwording (sedert die 1960’s) het die Britse regering voortgegaan om nog enkele universiteite op te rig, spesifiek in Khartoem (Soedan), Nairobi (Kenia), Morogoro (Tanganjika, nou Tanzanië), Zaria en Enugu (Nigerië) en Kumasi (Ghana).
.........................
“Die oudste universiteite in die wêreld is van Arabiese oorsprong en in Noord-Afrika geleë: spesifiek die Kairouan- (al-Qarawiyin-) universiteit wat in 859 nC as ’n instelling vir Islamitiese studies by die Groot Moskee van Féz in Marokko gestig is.”
.........................
In die voormalige Franse kolonies was die oudste universiteit ook die enigste en gestig in Dakar (1949, Senegal). Die redes vir hierdie min universiteite in Franssprekende gebiede was die Franse “beskawing”- en assimilasiebeleid wat spesifiek daarop ingestel was om ’n Franssprekende swart elite in Afrika te skep wat “méér Frans as Afrikaan” sou wees. Dis hoekom so ’n merkwaardige staatsman en intellektuele leier soos Leopold Sedar Senghor, die eerste president van Senegal, al sy studie noodwendig in Parys (Frankryk) moes voltooi. Dié “verfranste” swart studente het egter terugverlang na Afrika, ten spyte daarvan dat hulle ’n spesiale regstatus ontvang en allerlei voordele geniet het. Die status was getiteld évolué. Die Katolieke Kerk het groot rolle gespeel.
Dit het die elites nie van Afrika vervreem nie. Die uiteinde was ’n vreedsame kulturele protes wat as négritude (“swartheid”) bekend gestaan het en ’n gevestigde tradisie in die Franse letterkunde geword het. Ná dekolonisasie het dié voormalige évolué die kern van die nuwe regerende klasse in Franssprekende Wes-Afrika geword. Dis juis hulle opvoeding wat tot politieke mag en nuwe klasvorming gelei het.
In die Belgiese Kongo was die amptelike taal ook Frans. Tydens die koloniale tyd was daar in hierdie groot land (later Zaïre en vandag die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK)) slegs een universiteit (Lovain), naamlik in Leopoldville (gestig in 1954). Dié universiteit is in werklikheid deur die Katolieke Kerk onderhou. Die impak was egter minimaal, want veels te min het voordeel getrek. Selfs vandag nog bestaan die burgerlike samelewing in die DRK hoofsaaklik uit swart Katolieke.
In die kort tydperk waarin Duitsland oor Afrika-kolonies beskik het (1884 tot 1918), is geen universiteite in Duitswes (Namibië), Duitsoos (Tanzanië), Kameroen of Togo gestig nie. ’n Duitse sendeling, Johann Krapf, wat vir die (Britse) Church Missionary Society in Tanganjika gewerk het, het die Bybel egter in 1865 in Swahili vertaal. Nog ’n interessantheid is dat ’n Swahili-leerstoel reeds in 1887 aan die Universiteit van Berlyn gestig was. Of dit steeds bestaan, kan nie vasgestel word nie.
Universiteite het koloniale samelewings nie drasties verander nie, behalwe dat elites gevestig is wat nuttige rolle in postkoloniale state gespeel het, soos hier onder uitgelig sal word.
3. Die situasie vandag
Tans is daar ongeveer 2 600 tersiêre inrigtings in Afrika, waaronder technikons, universiteitskolleges en universiteite (waarvan daar ongeveer 340 is), wat weer onderverdeel kan word in publieke/staatsuniversiteite; private universiteite en virtuele universiteite. Behalwe die Moslemrol in sekere Noord-Afrika-universiteite, speel kerkgenootskappe feitlik geen direkte rol in Afrika-universiteite nie. Die getalle groei steeds en beloop tans ongeveer 100 in Noord-Afrika (met die meeste universiteite in Algerië, maar die meeste studente in Egipte) en ongeveer 50 in Suider-Afrika (met die meeste universiteite en studente in Suid-Afrika).
Universiteitsgehalte is nie orals dieselfde nie en die gehaltemeting daarvan ook nie bevredigend nie. So is daar byvoorbeeld minstens vyf “gesaghebbende” organisasies wat ranglyste opstel: Times Higher Education (THE), Journals Consortium, Financial Times Top Business Schools, Shangai Academic Ranking of World Universities en QS Top Universities.
Dit wat gemeet word – indien data beskikbaar is – is navorsingsuitsette, vernuwing en aanwending van tegnologie. Dis moeilik om bedryfskoste, dosentgetalle en donateursbydraes en gemeenskapsdienste of studenteterugvoer te vergelyk, omdat dié data nie altyd bestaan nie. Is dit regverdig om ’n klein universiteit met ’n grote te vergelyk?
Volgens dié ranglyste is die beste Afrika-universiteite in slegs twee Afrikastate geleë: Suid-Afrika (veral UK, Wits en Stellenbosch) en Egipte (veral American University en Cairo University), gevolg deur enkeles in Nigerië (Covenant en Ibadan), Marokko, Uganda, Kenia, Ethiopië en Tunisië. Studenteprotes wat in Afrika voorkom, is meestal gemik op klasgelde, huisvesting, kos en beurse. Dis feitlik nooit téén of vir gehalte gemik nie.
4. Meer spesifieke vraagstukke
Ander belangrike vraagstukke in die hedendaagse universiteitswese in Afrika die volgende: toegang (wie bepaal die minimum vereistes?); taalbeleid (in Afrika is daar ses universiteitstale: Arabies, Frans, Engels, Portugees, Swahili en Afrikaans); geslagsgelykheid (bepaal deur vraag of aanbod); getallegroei (getalle het sterk toegeneem, maar wie betaal daarvoor, wat boeke, huisvesting en sakgeld betref?); stratifikasie (is sommige fakulteite belangriker as ander, bv teologie of ingenieurswese?); diversifikasie (vroeër was die klem veral op teologie; daarna op tegnologie en nywerheid); publieke versus privaat (behoort private universiteite ook vir staatsubsidies te kwalifiseer?); wie beheer en bestuur kampusse (slegs die universiteit, of kan uitkontraktering plaasvind?); subsidies (moet private universiteite minder staatsteun ontvang?).
Die nuutste toevoeging hiertoe is die “Born frees” in Suid-Afrika wat eis dat vakinhoude minder Westers en meer nie-Westers moet wees.
Die vraag is: Bestaan sulke proteste ook in nie-Westerse (dog moderne) state soos China, Japan, Indië en Arabië? Dis te betwyfel.
5. Wie baat?
Wat Afrika betref, het die koloniale universiteitswese ’n beduidende en selfs voordelige rol gespeel in die voorbereiding van nuwe leierskap vir die postkoloniale bedelings in Afrika.
Die Arabiese universiteite in Noord-Afrika het Moslems bevoordeel; die Franse het Katolieke en die Franse taal bevoordeel; en die Britte weer Engels. Christelike sendingkerke fokus weer op tradisionele leiers soos die seuns van stamhoofde. In al drie hierdie gevalle is manstudente uitdruklik bevoordeel. Nogtans was daar nooit spesifieke vroueproteste teen die universiteitswese nie.
Mense wat in Westerse universiteite opgelei is en bekende (manlike) Afrikaleiers geword het, sluit die volgende in:
Dr Mnandi Azikiwe, in 1963 tot president van Nigerië verkies. Hy het aan die Lincoln-universiteit in die VSA studeer.
Dr Hastings K Banda, wat in 1964 president van Malawi geword het. Oudstudent van die Universiteite van Edinburgh en Glasgow in Skotland.
Sir Ababakar Tafawa Balewa, eerste minister in Nigerië (1960). Oudstudent van Londen-universiteit.
Dr Kofi Busia, eerste minister van Ghana in 1969. Oudstudent van Londen- en Oxford-universiteite in Brittanje.
Amalcar Cabral, stigter van die bevrydingsbeweging in Portugese Guinee. In 1956 vermoor. Oudstudent van die Universiteit van Lissabon.
Dr JB Danquah, opposisieleier in Ghana (1961). Oudstudent van die Universiteit van Londen.
Jomo Kenyatta, eerste president van Kenya (1963). Oudstudent van London School of Economics en Moskou-universiteit.
Sir Seretse Khama, eerste president van Botswana (1965). Oudstudent van Wits en Oxford.
Nelson Mandela, eerste president van die nuwe grondwetlike bedeling in Suid-Afrika. Oudstudent van Fort Hare.
Eduardo Mondlane, stigter van Frelimo in Mosambiek. In 1969 vermoor. Oudstudent van Wits, Lissabon en North West University in Illinois, VSA.
Kwame Nkrumah, eerste president van Ghana (1960). Oudstudent van die University of Lincoln, Pennsilvanië en Gray’s Inn, Londen.
Julius Nyerere, eerste president van Tanzanië (1962). Oudstudent van Makerere in Uganda en Edinburgh in Skotland.
Milton Obote, tweede president van Uganda (1966). Oudstudent van Makerere in Uganda.
Die ANC in Suid-Afrika: Drie van die ANC se vroegste leiers het almal universiteitsopleiding gehad, te wete DDT Jabavu (Fort Hare en oorsee); ZK Matthews, die eerste swart gegradueerde van Fort Hare in 1923, asook Yale-universiteit in 1935; en Albert J Luthuli, stigter van die ANC in 1912, produk van die Metodistekerk se Adams College in KwaZulu-Natal.
(Sol T Plaatje, bekende persoonlikheid en die skrywer van Native life in South Africa, wat in 1916 gepubliseer is, was nie universiteitsopgelei nie, maar die produk van ’n Duitse sendingskool in Barkly-Wes.)
Daar is geen bewyse dat enige van hierdie leiers ooit verkwalik is omdat hulle die produkte van moderne universiteitewese was waarvan almal nie eens in die Weste was nie. Proteste is ’n produk van die tydperke sedert onafhanklikwording.
6. “Die stryd duur voort”
Bostaande uiteensetting weerspreek die stellings dat alles wat die Weste in die kolonies ingebring het, insluitende moderne kennis, ongedaan gemaak moet word. Sonder die bovermelde universiteitsprodukte sou die stryd om dekolonisering minder doeltreffend gewees het. Versetbewegings soos Pan-Afrikanisme, négritude en Afrikanasionalisme was almal antikoloniaal maar nie noodwendig teen die idee van universiteite nie.
Tog duur die stryd voort. Dis egter ’n nuwe stryd. In Suid-Afrika is die stryders meestal die “Born frees”, dws jonger mense, veral studente, wat materiële griewe het. (Die internet, informasietegnologie en Google bedreig wel die konvensionele universiteitsbiblioteek.)
Die “Born frees”-stryd het binne die parameters van die digitale era plaasgevind: daarom die hashtag-bewegings soos #FeesMustFall wat in Oktober 2015 by Wits gestig is en na UK en Rhodes in Grahamstad (Makhanda) versprei het. Geringer proteste het ook by die Skiereilandtechnikon, Fort Hare, Stellenbosch en Nelson Mandela-universiteit en elders uitgebreek. Die begrippe Westers en modern moet nie verwar word nie; Arabiese en Japannese universiteite byvoorbeeld kan “modern” wees, dog nie noodwendig “Westers” nie.
Dan was daar ook #AfrikaansMustFall, maar daar was ook ’n #ZumaMustFall. Beide is anti-establishment, maar steeds nie anti-universiteit nie. Dis wel so dat verskeie outokratiese Afrikaleiers sedert dekolonisasie akademici (en joernaliste!) hardhandig behandel het oor die kritiek wat hulle uitspreek. Dink maar aan Robert Mugabe wat weinig persvryheid geduld het en ’n voormalige Suid-Afrikaanse president wat snedig na “clever blacks” verwys het.
7. Slotopmerking
Nou, vier jaar later, is “hashtaggers” oënskynlik bedeesd. Dit kan sekerlik weer opvlam, veral in Oktober, want dis die maand waarin studente hulle predikaatpunte kry of nie. Agterstallige klasgelde is ook ’n faktor.
Die punt is: ’n Student met ’n swak predikaat druip reeds in Oktober. Dan is dit tyd vir nog ’n “Oktoberrevolusie”, net soos ’n rapsie oor 100 jaar gelede in Rusland gebeur het.
Bibliografie
Binns, Lynch & Nel. 2018. The Routledge Hand Book of African Development. Londen: Routledge.
Davidson, Basil. 1994. Modern Africa. A social and political history. Londen: Longman.
De Jager, Nicola en Ubanesia Adams-Jack. 2017. Stellenbosch University’s “Born-Frees”: Responsibly Engaged. In D Lambrechts en P Fourie (reds) 2017. Modern State Development, Capacity and Institutions. Stellenbosch: Sun Press.
Harari, Yuval Noah. 2018. 21 Lessons for the 21st Century. Londen: Jonathan Cape.
Jahn, Janheinz. 1972. Who’s who in African literature. Tübingen: Horst Erdmann.
Kimble, George HT. 1962. Tropical African. Vol II. Society and Polity. New York: Anchor Books.
Kretchmar, Louise. 2017. The voice of Black Theology in South Africa. Braamfontein: Ravan Press (eerste keer in 1986 uitgegee).
Lutz, Barend. 2017. South African student protests as new imagined communities in the digital ages. In Lambrechts en Fourie (reds). Op cit.
Machanick, Phillip. 2015. Varsities pull rank – but it’s irrelevant. Mail & Guardian, 17–23 Julie 2015.
Mazrui, Ali. 1986. The Africans: A triple heritage. Londen: BBC Publication.
McKenna, Siout. 2015. The varsity ranking system is broken. Mail & Guardian, 11–17 September 2015.
Meredith, Martin. 2005. The state of Africa. Johannesburg: Jonathan Ball.
—. 2014. The fortunes of Africa. Londen: Simon & Schuster.
Plaatje, Sol T. 1982. Native life in South Africa (eerste keer in 1916 uitgegee). Braamfontein: Ravan Press.
|
<urn:uuid:2ebfac74-d7c8-4a48-8408-e7a8091bde4c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://www.litnet.co.za/universiteite-in-afrika-is-moderne-kennis-noodwendig-westers-en-daarom-verwerplik/
|
2019-07-17T10:28:41Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00302.warc.gz
|
by-sa
|
4.0
|
a_tag
| false | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99891 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"4.0"
]
}
|
Kagerarivier
Kagerarivier | |
---|---|
Oorsprong | Rwerumeer op die grens tussen Burundi en Rwanda |
Monding | Victoriameer, naby Bukoba Tanzanië |
Stroomgebied | Burundi, Rwanda, Uganda en Tanzanië |
Lengte | 400 km (250 myl) |
Oorspronghoogte | 1 350 m (4 429 vt) |
Mondinghoogte | 1 134 m (3 720 vt) |
Stroomgebiedopp. | 60 000 km² |
Die Kagerarivier (Engels: Kagera River; Swahili: Mto Kagera), soms ook Akagerarivier genoem, vorm die begin van die Nylrivier se boloop en is met 'n lengte van 400 km die grootste invloei van die Victoriameer.[1]
Die Kagerarivier ontstaan as uitvloei vanuit die Rwerumeer op die grens tussen Burundi en Rwanda, net noordoos van die Tanganjikameer. Aansluitend vloei die rivier in 'n oostelike rigting en vorm die grens tussen Rwanda in die noorde en Tanzanië in die suide. Verder oos begin die Kagerarivier in 'n noordelike rigting vloei tot by die drielandepunt tussen Rwanda, Uganda en Tanzanië. Vanaf hier vloei die rivier in 'n oostelike rigting op die grens tussen Uganda in die noorde en Tanzanië in die suide, maar later net suid van dié grens. Verder oos vloei die Kagerarivier naby Bukobain in die Victoriameer.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Tydens die Rwandese Volksmoord van 1994 is die Kagerarivier gebruik om duisende se lyke le laat verdwyn toe Tutsis en polities moderate Hutu langs die rivieroewers vermoor is. Die rivier het die gesmoorde liggame in die Victoriameer gespoel, wat 'n ernstige gesondheidsgevaar in Uganda sou veroorsaak.[2]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( Stanley, H.M., 1899, Through the Dark Continent, London: G. Newnes, bl. 167, ) ISBN 0486256677
- ( Lorch, Donatella (21 Mei 1994). ) "Thousands of Rwanda Dead Wash Down to Lake Victoria". The New York Times. Besoek op 5 April 2019.
|
<urn:uuid:0811a2cd-7956-490f-b118-de40b6e0020c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kagerarivier
|
2019-07-18T17:48:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00286.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999737 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kinders rapporteer hul gelukkigste as hulle buite speel. (Shutter)
Wat as daar 'n eenvoudige, goedkoop en prettige manier was om sommige van die groot uitdagings wat die mensdom vandag in die gesig staar, aan te spreek. Wat as dit kan help om kinders se gesondheid, ontwikkeling en welsyn te verbeter?
Stel jou voor 'n oplossing wat die huidige epidemies van vetsug, angs en Depressie wat kinders en jeug vandag beïnvloed. Stel jou voor dat hierdie oplossing ook breins gesondheid, kreatiwiteit en akademiese prestasie kan bevorder en ons kinders voorberei vir die vinnig veranderende werksmag.
Langs die pad kan dit die voorkoms van allergieë, asma en ander verminder immuniteitsuitdagings en verbeter ooggesondheid. Dit kan bevorder 'n kultuur van omgewingsbestuur en volhoubaarheid en help bou die gesondheid van stede - bevordering van naburigheid en gevoelens van gemeenskapsverband.
Stel jou voor dat hierdie ingryping ook kan help dat lande hul teikens bereik vir baie van die Verenigde Nasies Volhoubare Ontwikkeling Doelwitte, soos die doelwitte van goeie gesondheid en welsyn, inklusiewe en billike gehalte onderwys, goeie werk en ekonomiese groei en klimaat aksie.
Dit is nie 'n duur ingryping nie, of een wat ouers hul kinders moet dwing om te doen - soos huiswerk of om hul groente te eet. Eerder as om dit te vrees, kinders rapporteer hul gelukkigste wanneer dit gedoen word en hulle soek maniere om dit so lank as moontlik te hou.
Wat is hierdie oplossing-al die eenvoudige oplossing? Speel buite.
Die magie van buite speel
Baie van ons het goeie herinneringe aan kinderjare wat buite gespandeer word, hang saam met vriende in ons woonbuurte, parke en wilde plekke, maak die reëls op soos ons saamgegaan het, met minimale (indien enige) volwasse toesig.
(Shutter)
Ons moet net besin oor ons eie spelherinneringe om te besef hoe waardevol hierdie ervarings kan wees en hoe hulle ons lewenslange gesondheid en ontwikkeling kan vorm. Die navorsing is nou besig om ons intuïsie te besef, en erken die groot en diverse voordele van buitenspel.
Speel buite is nie dieselfde as om binne te speel nie. Daar is unieke voordele om in die buitelug te wees, veral in die natuur, wat nie so binne-in binnekom kom nie. Wanneer kinders toegelaat word om die manier waarop hulle in stimulerende omgewings wil speel, te speel, hulle beweeg meer, sit minder en speel langer.
Hulle kry hul hande in die vuil en is blootgestel aan mikrobes wat hulle help om hul immuniteit te bou. Hulle maak hul eie doelwitte en bepaal die stappe om daardie doelwitte te bereik, om hulle te help bou uitvoerende funksie vaardighede. hulle leer, bou veerkragtigheid en ontwikkel hul sosiale vaardighede, leer hoe om te bestuur risiko's en hou hulle veilig. Hul oë kry die oefening wat hulle nodig het om te help veg kortsigtigheid.
Ons herontdek die magie van buitenspel. Regerings sien dit as 'n manier van om kinders aktief te maak en die vetsug krisis af te weer. Skole en vroeë kinderjare sentrums sien dit as 'n manier om akademiese en sosio-emosionele leer te bevorder. Korporasies sien dit as 'n manier van kinders voorberei vir die werk van die toekoms Dit sal fokus op kreatiwiteit, empatie en verband met ander. Kinders sien dit net as 'n manier om pret te hê en vry te voel!
Volwassenes moet hul vrese loslaat
Daar is drie belangrike bestanddele om buite speel te ondersteun: tyd, ruimte en vryheid.
Kinders het tyd nodig om buite te kan speel. In skole beteken dit reses beleid wat kinders elke dag kry, vind geleenthede om die buitelug te gebruik om huiswerk te leer en te beperk. By die huis beteken dit dat skerms opsy gesit moet word en dat geskeduleerde gestruktureerde aktiwiteite beperk word.
(Shutter)
Kinders het ook nodig hoë kwaliteit buite spasies om in te speel. Dit beteken nie noodwendig duur speelgoed toerusting nie. Dit beteken ruimtes waar alle kinders welkom voel, ongeag hul vermoëns en agtergronde, dat hulle hul eie kan maak en ook los dele (soos stokke, klippe, water en kartondose) het, kan hulle gebruik en laat hul verbeelding die toneelstuk vorm.
In stede beteken dit om voorbereid te wees vir en om oral te speel, nie net parke en speelgronde nie. Ons moet ontwerp inklusiewe en kindvriendelike stede waar kinders oral welkom voel en maklik toegang tot die natuur kan hê.
Laastens, vryheid: die grootste struikelblok vir kinders se vermoë om te speel soos hulle wil speel, is volwassenes. Ons moet laat ons oormatige vrese van beserings en ontvoering los en besef dat die voordele van kinders om uit te speel, ver dra as die risiko's. My laboratorium het 'n Risikobeperkingsinstrument vir ouers en versorgers om hulle op hierdie reis te help.
Ondersteun die kinders in jou lewe
Om kinders se buitenspel te ondersteun, kan so eenvoudig wees soos om die voordeur oop te maak. Dit hoef nie ingewikkeld of duur te wees nie. As ons almal ons bietjie doen, kan ons help om hierdie belangrike aktiwiteit terug te bring wat deel moet wees van alle kinders se daaglikse lewens, ongeag ouderdom, kulturele agtergrond, geslag of vermoë.
(Unsplash / Matthew T Rader), CC BY
Ek sal u aanmoedig om een eenvoudige en haalbare ding te oorweeg wat u vandag gaan doen om te help om die kind of kinders in u lewe te kry om uit te speel.
Oor Die Skrywer
Mariana Brussoni, Medeprofessor in Kindergeneeskunde en Bevolking en Openbare Gesondheid, Universiteit van British Columbia
|
<urn:uuid:667ea8ea-9591-44f6-b907-eef691dc793c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.innerself.com/content/personal/relationships/parenting/20695-why-outdoor-play-is-the-best-medicine-for-children.html
|
2019-07-23T17:44:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529481.73/warc/CC-MAIN-20190723172209-20190723194209-00438.warc.gz
|
by
|
4.0
|
a_tag
| false | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000004 |
{
"abbr": [
"by"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"4.0"
]
}
|
Baalsamin
Baalsamin, Baal Sjamin of Baäl Sjamin (Aramees: ܒܥܠ ܫܡܝܢ), letterlik "god van die hemel", is ’n Semitiese godheid en ’n titel wat aan verskeie gode toegeken is, veral in Kanaän/Fenisië en Sirië. Die titel is meestal gebruik vir Hadad, wat dikwels ook net Baäl genoem is. Baalsamin was een van die twee oppergode en die luggod van Palmyra in Antieke Sirië (die ander hoofgod was Bel).[1]
Kultus[wysig | wysig bron]
Baalsamin se simbole was die weerligstraal en die arend, en hy het waarskynlik ’n triade gevorm met die maangod, Aglibol, en die songod, Malakbel.[2] Volgens inskripsies het die kultus van Baalsamin in Tirus voortgeduur van Esarhaddon se tyd tot aan die einde van die 1ste millennium v.C.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Dirven, Lucinda (1999). The Palmyrenes of Dura-Europos: A Study of Religious Interaction in Roman Syria. BRILL. p. 76. ISBN 978-90-04-11589-7. Besoek op 17 Julie 2012.
- Kaizer, Ted (2002). The Religious Life of Palmyra: A Study of the Social Patterns of Worship in the Roman Period. Franz Steiner Verlag. pp. 87, 88, 140. ISBN 978-3-515-08027-9. Besoek op 17 Julie 2012.
- "Palmyra's Baalshamin temple 'blown up by IS'". BBC. 2015-08-23. Besoek op 2015-08-23.
|
<urn:uuid:03390aaf-9faf-439a-a20f-31accdda7283>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Baalsamin
|
2019-07-20T01:08:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526401.41/warc/CC-MAIN-20190720004131-20190720030131-00054.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998964 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Knopsterttroupant
Die Knopsterttroupant (Coracias spatulatus) is 'n skaars standvoël en nomade in hoë boomveld. Hulle is onopsigtelik en sit dikwels net onder die blaredak. Die voël is 29 cm lank en 80 - 115 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Racket-tailed Roller.
Knopsterttroupant | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Coracias spatulatus Trimen, 1880 | ||||||||||||||||
Sinonieme | ||||||||||||||||
Coracias spatulata |
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Coracias spatulatus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:3153518c-71b2-4d2c-b8b7-f244b97cf2d3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Coracias_spatulata
|
2019-07-21T08:31:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00494.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.982884 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Almarza
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Almarza-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:ba8efee7-0b38-4d2e-a6e0-a2a982196d2a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Almarza
|
2019-07-23T22:38:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00254.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999979 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kleindobbertjie
Die kleindobbertjie (Tachybaptus ruficollis) is 'n algemene standvoël en een van die kleinste watervoëls in Suider-Afrika. Dit kom ook in ander dele van Afrika voor, asook Europa en dele van die Midde- en Verre-Ooste.
Kleindobbertjie | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Tachybaptus ruficollis (Pallas, 1764) | ||||||||||||||||
Verspreiding van die kleindobbertjie
Sinonieme | ||||||||||||||||
Die kleindobbertjie is 'n klein, vaal, grysbruin voël met donker kringe om sy oë, alhoewel dit 'n helder kastaiingbruin aan die kante van die kop vertoon tydens die broeityd. Die tweede helfte van die wetenskaplike naam, ruficollis, verwys hierna: rufus beteken "rooierig" in Latyn en collus beteken "nek". 'n Ligte kol kan waargeneem word aan die basis van die snawel. Kleindobbertjies het 'n baie vinnige vlerkslag tydens vlug en vertoon dan 'n wit vlerkstreep en 'n helderwit pens.
Die voël geniet 'n wye verspreiding in Suider-Afrika en kan enkel of in groepies in varswatergebiede (groot riviere uitgesluit) met jong plante waargeneem word.
Die kleindobbertjie uiter 'n laggende gekwetter. Hy duik dikwels onderwater en steek dikwels slegs sy kop bo die water uit om gevaar te bespeur. Vandaar ook die naam Tachybaptus: takhos is Grieks vir "vinnig" en bapto beteken "om na onder te sink".
Inhoud
SubspesiesWysig
Daar word tans 9 subspesies onderskei, hoofsaaklik aan grootte en kleur.
- T. r. ruficollis: Europa, Wes-Rusland en suid tot Noord-Afrika.
- T. r. iraquensis : Suidoos-Irak en Suidwes-Iran.
- T. r. capensis: Suid van die Sahara, Madagaskar, Sri-Lanka en die Indiese subkontinent, tot in Mianmar.
- T. r. poggei
- T. r. philippensis
- T. r. cotobato
- T. r. tricolor
- T. r. volcanorum
- T. r. collaris
GaleryWysig
Sien ookWysig
Sien kleindobbertjie in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
BronnelysWysig
- BirdLife International (2008). Tachybaptus ruficollis. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 2008-11-01.
- Suider-Afrikaanse Voëls, deur Ian Sinclair (1994). Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 1-86825-628-6
- Birdfacts: Little Grebe, by die webwerf van Birds of Britain.
- Newman Se Voëls Van Suider-Afrika (2002), deur Kenneth Newman. Struik uitgewers. ISBN 1-86872-734-3, 9781868727346.
- Ogilvie, Malcolm; Chris Rose (2003). Grebes of the World. Bruce Coleman. ISBN 1-872842-03-8.
|
<urn:uuid:6d412972-7db0-4f85-86f6-4c04d3ee5f34>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Tachybaptus_ruficollis
|
2019-07-21T09:03:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00518.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998948 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
David Kroß
David Kroß | |
Davied Kroß in 2009.
Geboortenaam | David Kroß |
---|---|
Alias | David Kross |
Geboorte | 4 Julie 1990 Bargteheide, Sleeswyk-Holstein |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | The Reader |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy debuutverskyning was in Hilfe, ich bin ein Junge (Afrikaans: Hulp, ek is 'n seun) in 2002.[1] Hy het die hoofrolle in Knallhart (2006)[2] en Krabat (2008) vertolk. Hy het later die hoofrol in die rolprent The Reader (2008) gespeel. Sy karakter, Michael Berg, is 'n 15-jarige seun wat verlief raak op 'n 36-jarige vrou, Hanna Schmitz, in die naoorlogse Duitsland. In dié rolprent vertolk hy ook die rol van die 22-jarige Berg as 'n regstudent wat Hanna Schmitz se hofsaak bywoon. Alhoewel die meeste akteurs wat in The Reader gespeel het redelik ervare was, was hy tot op datum nog betreklik onbekend. Sy kennis van Engels was ook taamlik beperk sodat hy die taal moes aanleer vir sy rol in hierdie prent, wat heeltemal in Engels verfilm is.
|
<urn:uuid:b3f71654-a956-4393-93c1-6d57b27baa96>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/David_Kro%C3%9F
|
2019-07-21T09:05:48Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00518.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999943 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Shahnameh
Die Shahnameh (Boek van Konings, Persies: شاهنامه ) is 'n groot poëtiese opus (samestelling) deur die Persiese digter Ferdowsi. Die boek is rondom 1000 n.C. geskryf. Die Shahnameh is oor die mitiese en historiese verlede van Iran. Dit is die nasionale verhaal van Persië en een van die grootste literêre werke van die Persiese taal.
|
<urn:uuid:fea1d1a3-8048-4f4d-9b60-630e6472cd3e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Shahnameh
|
2019-07-17T17:13:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00158.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999996 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Pens en pootjies
- Hierdie artikel handel oor die fliek, en nie oor die idioom, "Met pens en pootjies..." nie.
Pens en Pootjies | |
---|---|
Regisseur | Dirk de Villiers |
Draaiboek | Joe Stewardson |
Met | Al Debbo Don Leonard Marie du Toit |
Kinematografie | Robert Lewis |
Uitgereik | 25 Maart 1974 |
Speeltyd | 83 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre[wysig | wysig bron]
Die rolprent is 'n lekkerlag komedie.
Hoofkarakters[wysig | wysig bron]
- Al Debbo as Pote
- Don Leonard as Pens
- Marie du Toit as Martie Yssel
- Joe Stewardson as Michael Jameson
- Kenneth Hendel
- Hugh Rouse
- Janice Honeyman
- Frantz Dobrowsky (gekrediteer as Franz Dobrowsky)
- Tromp Terre'blanche
- Johan du Plooy
- Bess Finney
- Doreen Lamb
- Mel Miller
- Ken Gampu
- Bob Courtney as beampte by resies
- Glenda Kemp as Belly Dancer
- Four Jacks and a Jill as hulself
Storielyn[wysig | wysig bron]
´n Komplot word gesmee om die hele Johannesburgse ekonomie in duie te laat stort deur 'n atoombom in 'n mynskag af te gooi. Die meganisme van die atoombom is gekoppel aan die flits wat by 'n perderesies sal afgaan om die wenperd aan te dui. 'n Groepie mans probeer alles in hul vermoë om dié ramp te oorkom.
|
<urn:uuid:ab2e54e8-f15f-47ce-a1cd-5b270cf75c69>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Pens_en_Pootjies
|
2019-07-21T11:16:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00102.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999439 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Skipjack-klas duikboot
Die Skipjack-klas duikboot was 'n reeks Amerikaanse Vloot kernaangedrewe aanvalsduikbote wat die voordele van kernkrag van die USS Nautilus met die voordele van die traandruppelontwerp van die USS Albacore gekombineer het. Die Skipjack's kon meer as 30 knope onder water haal en is ook aangedryf deur slegs een skroef. Daar is ses duikbote in die klas gebou en hulle was die vinnigste duikbote op daardie stadium.
Hierdie klas was ook aangedryf deur die Westinghouse S5W-kernreaktor wat toe die Amerikaanse Vloot se standaardreaktor geword het. Die hidrovlerke wat tradisioneel op die boeg was, is na die toring geskuif. Dit het verseker dat geruis drasties verminder is by die sonar wat in die boeg geïnstalleer is. Die USS Scorpion is verleng met 39,6 m sodat dit ballistiese missiele kon dra. Sodoende is 'n nuwe klas duikboot geskep en die Scorpion is herdoop na die USS George Washington. 'n Tweede USS Scorpion is toe gebou.
Duikbote in die klas[wysig | wysig bron]
Naam | Wimpel- nommer | Skeepsbouer | Kiel gelê | Te water gelaat | In diens gestel | Uiteinde |
---|---|---|---|---|---|---|
USS Skipjack | SSN-585 | General Dynamics Electric Boat | 29 Mei 1956 | 26 Mei 1958 | 15 April 195 | Uitdiens gestel 19 April 1990, herwin via die kernkrag Ship and Submarine Recycling Program 1 September 1998. |
USS Scamp | SSN-588 | Mare Island Naval Shipyard | 23 Januarie 1959 | 8 Oktober 1960 | 5 Junie 1961 | Uitdiens gestel 28 April 1988, herwin via die kernkrag Ship and Submarine Recycling Program 9 September 1994. |
USS Scorpion | SSN-589 | General Dynamics Electric Boat | 20 Augustus 1958 | 29 Desember 1959 | 29 Julie 1960 | Verloor met 99 bemanning tussen 22 Mei en 5 Junie 1968, 400 seemyl suidwes van die Asore in die noord-Atlantiese Oseaan, oorsaak onbekend. |
USS Sculpin | SSN-590 | Ingalls Shipbuilding, Pascagoula, Mississippi | 3 Februarie 1958 | 31 Maart 1960 | 1 Junie 1961 | Uitdiens gestel op 3 Augustus 1990, herwin via die kernkrag Ship and Submarine Recycling Program 30 Oktober 2001. |
USS Shark | SSN-591 | Newport News Shipbuilding | 24 Februarie 1958 | 16 Maart 1960 | 9 Februarie 1961 | Uitdiens gestel 15 September 1990, herwin via die kernkrag Ship and Submarine Recycling Program 28 Junie 1996. |
USS Snook | SSN-592 | Ingalls Shipbuilding, Pascagoula, Mississippi | 7 April 1958 | 31 Oktober 1960 | 24 Oktober 1961 | Uitdiens gestel 14 November 1986, herwin via die kernkrag Ship and Submarine Recycling Program 30 Junie 1997. |
Bron[wysig | wysig bron]
- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
|
<urn:uuid:69f30259-9e6f-43e0-877f-26d42b4c2b87>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Skipjack-klas_duikboot
|
2019-07-21T11:10:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00102.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999348 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kubusie
Kubusie | |
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Oos-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Amathole |
Plaaslike Munisipaliteit | Amahlathi |
Tydsone | SAST (UTC+2) |
Poskode |
Kubusie is 'n nedersetting naby Stutterheim in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp lê in die Amatholeberge en is bekend vir sy Knysna-Amatole inheemse bosse. Op 5 Mei 1880 is die plek per spoor met die sentra van King William’s Town, Oos-Londen, Keiweg, Cathcart en Queenstown verbind.
|
<urn:uuid:e31d0e80-1628-4713-add0-c17334c209b9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kubusie
|
2019-07-21T11:51:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00126.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.997242 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bontstrandloper
Die Bontstrandloper (Calidris alpina) is 'n voël en seldsame swerwer aan Suider-Afrika. Die voël steek selde die ewenaar oor en is slegs twee keer aangeteken in Suid-Afrika. Die voël is 15 – 22 cm lank, 40 - 70 g groot met 'n vlerkspan van 42 cm. In Engels staan die voël bekend as die Dunlin.
Bontstrandloper | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Calidris alpina (Linnaeus, 1758) | ||||||||||||||||
Verspreiding van subspesies, trekroetes en Europese oorwinteringsgebiede
Sinonieme | ||||||||||||||||
Erolia alpina |
Inhoud
FotogaleryWysig
Sien ookWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Calidris alpina. |
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Calidris alpina". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:ac00e9fb-75ed-4081-8bd6-90e7386dca74>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bontstrandloper
|
2019-07-17T17:05:07Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00350.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.990126 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Aaptos confertus
Aaptos confertus | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||
Spesie | ||||||||||
Aaptos confertus |
Aaptos confertus is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem.
Bronne[wysig | wysig bron]
- Van Soest, R. (2011). Aaptos confertus Kelly-Borges & Bergquist, 1994. In: Van Soest, R.W.M, Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, De Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=170733.
|
<urn:uuid:1beea1ec-de64-4247-8dfc-40752e0a3aba>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Aaptos_confertus
|
2019-07-24T02:36:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00094.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.719377 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Stekelhuidiges
Stekelhuidiges Tydperk: Kambrium-Holoseen | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Illustrasies van verskeie stekelhuidiges | ||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||
Subfilum & Klasse[1] | ||||||||
Homalozoa † Gill & Caster, 1960 † = Uitgesterf |
Stekelhuidiges (Echinodermata) is 'n filum wat hoort tot die koninkryk Animalia. Stekelhuidiges word slegs in die mariene-omgewing gevind en vorm 'n diverse groep ongewerweldes wat gewoonlik op die bodem voorkom.
|
<urn:uuid:fce213bb-ccfb-4a5b-845c-1a079395157f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Echinodermata
|
2019-07-24T02:41:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00142.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.997426 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bloemfontein-konvensie
Die Bloemfontein-konvensie ’n konvensie ingevolge waarvan Brittanje die destydse Oranje-Vrystaat (OVS) as 'n onafhanklike Boererepubliek erken het.[1] Voor die ondertekening daarvan was die gebied van 1848 tot 1854 as deel van die Oranjerivier-soewereiniteit onder Britse beheer. Twee jaar vroeër (1852) is die Sandrivierkonvensie onderteken, waardeur die gebied noord van die Vaal onafhanklik geword het.
GeskiedenisWysig
Die konvensie is op 23 Februarie 1854 deur verteenwoordigers van die Boere en die Britte onderteken. In die traktaat staan die Verenigde Koninkryk alle beheer oor die Oranjerivier-soewereiniteit, die gebied tussen die Oranje- en die Vaalrivier af, waardeur die Oranje-Vrystaat onafhanklik word. Die ooreenkoms is by Green Lodge in Bloemfontein, later die hoofstad van die Vrystaat, tussen sir. George Russell Klerk en 25 Boere-verteenwoordigers onderteken.
Die vernaamste rede vir die konvensie was dat die Oranjerivier-soewereiniteit vanweë konstante konflikte met die Basotho eintlik 'n las vir die Britte was, terwyl die Boere baie graag hulle onafhanklikheid wou herwin. Die belange van die Britse setlaars in die gebied is nie oorweeg nie.[2] Die konvensie het egter nie die grense tussen die Basotho-koninkryk en die OVS bepaal nie. Hierdie weglating het later tot talle konflikte gelei.[3]
Nadat die gebied onder beheer van die Boere gekom het is slawerny verban. Die hantering van Swart inboorlinge is gereguleer, soos die tipe kontrakte wat met hulle aangegaan kon word. Daar is selfs reëls vir toekomstige handel ingestel.
VerwysingsWysig
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- Mr. W.A. Baron van Ittersum: Een en ander over den Oranje Vrijstaat. Elsevier's geïllustreerd maandschrift, 1 Julie 1899
- Rosalie Schaffer, 'Succession to treaties: South African practice in the light of current developments in international law' (1981)
|
<urn:uuid:0f4bf60f-522a-461a-bd5f-e499f80f6438>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bloemfontein-konvensie
|
2019-07-21T12:35:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00478.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999887 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Kategorie:Etiket
Lees in 'n ander taal
Hou hierdie bladsy dop
Wysig
(...)
→
Kultuur
→
Menslike gedrag
Alles
→
Kultuur
}
→
Etiket
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Etiquette
.
Hierdie kategorie handel oor
menslike sosiale norme
, nie die "etiket" wat jy op houers plak nie.
Bladsye in kategorie "Etiket"
Die volgende 3 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 3.
G
Grüß Gott
J
Jy en jou
O
Oom en Tannie (aanspreekvorm)
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Etiket&oldid=1760512
"
|
<urn:uuid:30e41aee-2355-4277-9f6b-8b6412d8b6b4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Etiket
|
2019-07-16T14:00:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00446.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999674 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Wikipediabespreking:Sandput
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Sandput-bladsy bespreek word. |
Argiewe: 1 | |||
Daaglikse bladtrekke | |
Let wel:Hierdie is die besprekingsbladsy van die Sandput. Alhoewel die inhoud van die sandput na willekeur gewysig kan word (met inagneming van ander se eksperimente, natuurlik), is hierdie 'n normale besprekingsbladsy en word die verwydering/wysiging van ander gebruikers se inhoud as vandalisme beskou. U is natuurlik welkom om steeds besprekings te begin of aan ander se besprekings deel te neem. |
Die res
- We were discussing that the page needed to be protected against movements. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 11:53, 12 Oktober 2008 (UTC)
|
<urn:uuid:e2907f43-1a13-4a50-ba23-e6b8e5d78727>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipediabespreking:Sandput
|
2019-07-24T02:40:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00286.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999915 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
2008-Drienasiesreeks
Jump to navigation
Jump to search
Datums | 5 Julie - 13 September |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (9 titels) |
Wedstryde gespeel | 9 |
Drieë gedruk | 43 (4.78 per wedstryd) |
Bywoning | 444 707 (49 412 per wedstryd) |
Meeste punte | Dan Carter (82) |
Meeste drieë | Jongi Nokwe (4) |
← 2007 2009 → | |
Die 2008-Drienasiesreeks is van 5 Julie tot 13 September gespeel. Nieu-Seeland het die reeks gewen. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Jongi Nokwe van Suid-Afrika het die meeste drieë gedruk (4).
Uitslae[wysig | wysig bron]
Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Nieu-Seeland | 6 | 4 | 0 | 2 | 152 | 106 | +46 | 3 | 19 |
2 | Australië | 6 | 3 | 0 | 3 | 119 | 163 | -44 | 2 | 14 |
3 | Suid-Afrika | 6 | 2 | 0 | 4 | 115 | 117 | -2 | 2 | 10 |
|
<urn:uuid:f7c062da-c697-4c86-b17c-c3ece014caa5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/2008-Drienasiesreeks
|
2019-07-19T04:24:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525974.74/warc/CC-MAIN-20190719032721-20190719054721-00246.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.995735 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Boomplantdag
Boomplantdag is 'n nieamptelike gedenkdag waarop mense bome plant. Dit word in baie lande gevier en skoolkinders neem dikwels deel.[1] Alhoewel dit gewoonlik in die lente plaasvind, hang die presiese datum van die klimaat en plantseisoen van die plek waar dit waargeneem word af. Op die dag word bosbou en bome in die algemeen beklemtoon, terwyl die gevare van bosbrande uitgelig word. Dit is 'n gulde geleentheid om 'n nuwe boom te plant, een te borg of om voeding en kompos by bestaande bome by te werk.
Bome is van kardinale belang vir die mens se voortbestaan. Dit bekamp lugbesoedeling, vervaardig suurstof, help om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder. Dit voorkom ook erosie, verskaf skaduwee en help dat vog stadiger uit die grond verdamp. Die hout van bome word gebruik om papier, meubels, geboue en bote te maak.
Oorsprong[wysig | wysig bron]
Die eerste gedokumenteerde boomplantfees is in 1594 in die Spaanse dorpie Mondoñedo gehou, waar die burgemeester dit georganiseer het. 'n Nederige merker van graniet roep die gebeurtenis in herinnering.
Die eerste moderne boomplantdag het egter eers in 1805 in die Spaanse dorp Villanueva de la Sierra plaasgevind. Dit was 'n inisiatief van 'n plaaslike priester, wat entoesiasties deur die bevolking ondersteun is.
Suid-Afrika[wysig | wysig bron]
Nasionale Boomplantdag is van 1945 tot 2000 in Suid-Afrika gevier, waarna die regering dit na 'n Nasionale Boomplantweek, gewoonlik van 1-7 September (die eerste week van die lente), uitgebrei het. Twee bome word gekies, 'n algemene en 'n skaars soort, en uitgelig om openbare bewustheid van inheemse bome te verhoog. Verskeie "groen"-aktiwiteite word ook deur skole, besighede en ander organisasies van stapel gestuur.
Die meeste aktiwiteite word deur die Departement Waterwese en Bosbou gereël. Die organisasie Kos en Bome vir Afrika (Food and Trees for Africa) gebruik ook hierdie week om mense in arm gemeenskappe te leer om tuine wat kos kan voorsien te vestig en in stand te hou.[2]
Bome wat al as boom van die jaar gekies is, is die treurbruidsbos (Pavetta lanceolata), doppruim (Pappea capensis), gewone wildepietersieliebos (Heteromorpha arborescens) en die Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii).
|
<urn:uuid:deae37ad-3556-4689-aafe-06c0ca31d813>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Boomplantdag
|
2019-07-21T17:11:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527089.77/warc/CC-MAIN-20190721164644-20190721190644-00318.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999972 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hantam-Karoo
Die Hantam is ‘n streek op ‘n hoë plato rondom die dorp Calvinia. Aan die westekant grens dit aan Namakwaland en die Bokkeveldberge, noordwaarts aan Boesmanland, suidwaarts loop dit tot by die Roggeveldberge. Die Hantamberge verdeel die plato in die Voor- en Agter-Hantam. Calvinia lê aan die suidelike voet van die berge. Boerdery is hoofsaaklik beperk tot merinoskape. Die Hantam Plaaslike Munisipaliteit beslaan 'n baie wyer gebied as die werklike Hantam.
|
<urn:uuid:238a5e50-7291-4eb6-b5d8-aab403b5c6a9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hantam-Karoo
|
2019-07-20T11:44:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526508.29/warc/CC-MAIN-20190720111631-20190720133631-00206.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999983 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Barnet kan na een van die volgende plekke verwys:
Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. |
|
<urn:uuid:7d82c4f6-4af0-40c1-88b6-fddd77c2c8b2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Barnet_(dubbelsinnig)
|
2019-07-20T13:56:37Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526517.67/warc/CC-MAIN-20190720132039-20190720154039-00534.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000008 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Geelsanger
Geelsanger | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Iduna natalensis Smith, 1847 | ||||||||||||||||
Sinonieme | ||||||||||||||||
Chloropeta natalensis |
Die Geelsanger (Iduna natalensis) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël en gedeeltelike trekvoël in varingveld, biesies en struikgewas aan woudrande en langs strome. Die voël is 14 – 15 cm groot en weeg 9 - 14 gram. In Engels staan die voël bekend as die Dark-capped Yellow Warbler.
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
|
<urn:uuid:1d640501-fe24-45c7-9685-0fb22ef4c76a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Iduna_natalensis
|
2019-07-23T03:09:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00318.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.980843 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Krygsgeskiedenis
Krygsgeskiedenis (of die militêre geskiedenis) is die vertakking van die wetenskap wat hom besig hou met die verskynsel van oorlog in die verlede. Die krygsgeskiedenis bemoei hom nie slegs met wat daar in die tallose oorloë gebeur het nie, want oorlog is geen geïsoleerde verskynsel nie - dit vloei voort uit ʼn sameloop van kragte in die samelewing. In die loop van die eeue verander die oorsake, doelstellings, verskyningsvorme en gevolge van oorloë voortdurend na gelang van die maatskaplike omstandighede van die betrokke tyd.
Op sy beurt het die oorlog weer 'n invloed op die maatskappy. Oorlog kom in byna alle kulture voor. Die verskynsel het egter in die Weste die opsienbarendste ontwikkelings deurgemaak, ontwikkelings wat in ander kulture eers heelwat later gevolg het, In die krygsgeskiedenis word dikwels 'n onderskeid gemaak tussen 'n land-, 'n see- en 'n lugoorlog. Tot omstreeks die middel van die 19e eeu het die klem geval op landoorlogvoering, maar daarna het die tegnologiese ontwikkeling ʼn totale omwenteling in oorlogvoering teweeggebring.
In die 20e eeu het sekere van die groter konflikte wat omvang en verlies aan lewens en eiendom betref, in geen verhouding meer gestaan tot die doeleindes van die stryd nie; oorlog het dus minder funksioneel geword.
Inhoud
InleidingWysig
Oorlog is die stryd tussen groepe mense, in die besonder tussen state, waarby daar sprake is van ʼn gewapende en georganiseerde kragmeting. Die een party probeer deur middel van sy militêre mag die ander party aan sy wil onderwerp of probeer verhinder dat die ander party die oorhand kry. Dit is nie moontlik om die ontstaan van oorloë aan ʼn algemene oorsaak toe te skryf nie. Die verklaring dat oorloë ontstaan het as gevolg van die "aggressiewe" natuur van die mens, het ook geblyk onjuis te wees.
Nog 'n verklaring, wat ook reeds verwerp is, wil dat die ontstaan van oorlog verband hou met die staatsvorm; tolalitêre state sou byvoorbeeld meer geneig wees tot oorlogvoering as demokrasieë. ʼn Ander, meer genuanseerde teorie benadruk die organisasiegraad van groepe en state. As daar byvoorbeeld 'n toestand van anargie en botsing van bepaalde belange bestaan, dan is daar geen gesag om as bemiddelaar op te tree nie; een groep gryp na sy wapens en oorlog raak onvermydelik. Al hierdie teorieë het vir die beoefening van die studie van die krygsgeskiedenis te algemeen geblyk te wees.
Aan die uitbreek van 'n oorlog het meestal 'n kompleksiteit van oorsake ten grondslag gelê, waarvan sommige eerder die aanleiding tot as die agtergrond van die oorlog gevorm het. Afhangende van die tydperk het oorloë hul oorsprong gehad in godsdienstige, politieke, sosio-ekonomiese of kulturele konflikte, maar in bykans elke geval het daar, afgesien van 'n hoofoorsaak, ook ʼn aantal meer dieperliggende oorsake vir oorlogvoering bestaan.
Die doeleindes of oogmerke van oorlog verskil ook. Bekende militêre doeleindes was die verkryging van buit, voedsel, grondgebied, slawe, glorie, eer of prestige. Maar oorlog kan ook dien om die aandag van binnelandse probleme af te lei en emosies en aggressie na buite te kanaliseer. Die spanningselement was ongetwyfeld ook die doel van oorlogvoering: die oorlogvoering het 'n soort spel geword. Die karakter van oorlogvoering het deur die eeue aansienlik verander.
Daar word onderskei tussen oorlog tussen individue (die geveg van man teen man) en die afstandsoorlog (met pyl en boog, kanonne, missiele, ensovoorts). Meer fundamenteel is die onderskeid tussen die beperkte en die totale oorlog. Die beperkte oorlog speel hom af binne die raamwerk van die samelewing; dit is 'n instrumentele oorlog, 'n voortsetting van die politiek, maar met kragtiger middele. Daarenteen bedreig die totale oorlog die menslike voortbestaan; die politiek het sy oorheersende posisie verloor en die oorlog verloop volgens "eie" wette. Dit is in so ʼn situasie dat die doeleindes van die oorlog - soos hierbo genoem – nie slegs onduidelik word nie, maar selfs irrelevant. Dit is die geval wanneer die omvang van die stryd geensins meer verband hou met die doel daarvan nie.
StrategieWysig
'n Afsonderlike studieonderwerp binne die krygsgeskiedenis is die geskiedenis van die denke oor oorlogvoering en die militêre strategie. Oor die doel van oorlog, die strategie en taktiek, dit wil sê die krygskuns self, is al baie nagedink en gefilosofeer, maar selde op 'n sistematiese wyse. Vroeër is die formulering van algemene beginsels vir oorlogvoering onnodig geag. Die krygstaktiek, die kuns van oorlogvoering, was die belangrikste oorweging.
Tydens die Renaissance het die belangstelling in die strategie begin toeneem, hoewel strategie en taktiek mekaar dikwels oorvleuel het. Die analise van strategie het nog altyd voortgespruit uit die verhouding tussen millitêre strategie en die politieke doelwitte van ʼn groep of staat. In sy Dell’arte della guerra ("Oor die krygskuns"; 1520) was Machiavelli die eerste persoon wat 'n sentrale plek aan die probleem gegee het. Hy het tot die slotsom gekom dat 'n burgerleër vir 'n staat baie meer beteken as huurtroepe omdat laasgenoemde net vir die geld veg. Meer sistematies strategiese ondersoeke is in die 18e eeu begin. Carl von Clausewitz (1780-1831).
'n Pruis met ʼn skoling in die filosofie, word gewoonlik beskou as die vader van die strategie en die militêre wetenskap. In sy belangrikste werk, Vom Kriege ("Oor oorlog"), wat na sy dood verskyn het, definieer hy strategie as die kuns om veldslae te voer ten einde die vyand te verslaan en die oorlog te wen. Volgens Von Clausewitz het oorlogvoering geen eie funksie onafhanklik van die politiek gehad nie: "Oorlog is 'n voortsetting van die diplomasie (politiek) met ander middele."
Nog 'n uitspraak wat hierdie beginsel verder illustreer, lui: "Oorlog het sy eie grammatika, maar nie sy eie logika nie." Ondanks die omvang van Von Clausewitz se invloed op latere strategie en die opleiding aan militêre akademies, word die strategie steeds meer ontkoppel van die politiek. In die 19e, maar veral in die 20e eeu is oorlogvoering al hoe meer van die politiek geskei. Die militêre leiers van die verskillende groot moondhede ontwerp offensiewe en defensiewe stelsels wat slegs beperk word deur tegniese moontlikhede en nie deur landsbelange nie.
Daar kan met sekere voorbehoude gesê word dat die teorie van strategie en oorlogvoering eers na die Tweede Wêreldoorlog en die ontploffing van die eerste kernwapen weer begin verband hou het met maatskaplike vraagstukke. Daar is geprobeer om hierdie nuwe, breër benadering tot 'n aparte wetenskap, die polemologie of oorlogsleer, te ontwikkel: dit behels die studie van die oorsake van die ontstaan van oorloë en van die voorwaardes wat vrede sal verseker.
PrehistorieWysig
Inligting oor die krygsgeskiedenis voordat die skryfkuns ontwikkel is, is uiters skaars. Uit die argeologiese vondste is dit baie moeilik om vas te stel of spesifieke wapens vir die jag op diere of vir oorlogvoering gebruik is. Antropologiese studies gedurende die 19e en die 20e eeu oor primitiewe stamme in die oerwoude van Nieu-Guinee en elders bied wel 'n mate van insig in die wyse waarop prehistoriese stamme oorlog gevoer het. By die primitiewe volke is daar geen sprake van streng georganiseerde groepe wat in gevegsformasie opgestel is en 'n veldslag gelewer het nie.
Onverhoedse aanvalle het gelei tot gevegte waarby baie mense betrokke was. Die uitputtingsoorlog het selde voorgekom: die primitiewe mens was geneig om hom terug te trek by die eerste teken van weerstand. Gevegte op 'n afstand, met wapens soos 'n pyl en boog, 'n werpspies of 'n blaaspyp, was die algemeenste. Gevegte waarin die deelnemers handgemeen geraak het, het blykbaar later geleidelik ontwikkel. Gewapende konflikte tussen stamme was dikwels bloedvetes en godsdiens- of seremoniële oorloë (die verkryging van gevangenes as offers aan die gode) en oorloë om vroue, voedsel en slawe as buit te bekom.
Die wil tot oorheersing, die oorlog as middel om groter eenhede (state en volke) te skep, was byna totaal afwesig. Aangesien die stamme klein was en die manlike lede deur hul deelname aan die stryd status verkry het, was krygsdiens sowel reg as plig: stam en leër het ʼn eenheid gevorm. Die opkoms van die landbou (ongeveer 8 000 v.C.), wat die keerpunt van die Neolitikum (of Nuwe Steentyd) was, moes 'n groot invloed gehad het op die verhoudings tussen die stamme. Daar het 'n nuwe soort konflik ontstaan tussen die stamme wat die akkerbou en veeteelt beoefen het en die nomadiese jagterstamme. Die gevestigde landboustamme moes versterkings bou om hulle teen die invallende nomade te verdedig. So het die kern van die vroegste vestingstede ontstaan.
OudheidWysig
Soos in die geval van die prehistorie is die inligting oor oorlogvoering in die Oudheid (nagenoeg 2500 v.C. tot 500 n.C.) ook maar skaars, met uitsondering van die laaste deel van die tydperk, naamlik van omstreeks 500 v.C. af, waaroor daar meer inligting beskikbaar is. Sedert die opkoms van die groot beskawingsentra aan die oewers van die Nyl, die Tigris en die Eufraat (ongeveer 2500 v.C.) was daar 'n groot verskeidenheid vorme van oorlogvoering.
Benewens massaleërs was daar ook staande leërs (dit is leërs wat op volle sterkte gehou word, selfs in vredestyd). Die versterkings van hierdie tydperk toon dikwels ʼn verbasende tegniese vaardigheid. Verskeie beleëringsmetodes is aangewend. Die mure is byvoorbeeld met 'n storm ram, spesiale boorapparaat, of deur ondergrawing ineen laat stort. Deur tonnelgrawing kon verrassingsaanvalle gedoen word. Beleërdes is ook tot oorgawe gedwing deur 'n strategie van uitputting in 'n uitgerekte beleg.
Verdedigings- sowel as plunder of onderwerpingsoorloë is gevoer. Oorlog was beslis die hoofinstrument in die vorming van groot politieke eenhede soos die Assiriese Ryk (omstreeks 1000v.C.), die Nieu Babiloniese Ryk (omstreeks 600 v.C.) en Persië (omstreeks 500 v.C.). Daar word algemeen aanvaar dat Assirië die oorlogsugtigste staat van hierdie tydperk was. Die Assiriese gemeenskap was op 'n militêre grondslag georganiseer en hul wreedheid in stryd en oorheersing was kenmerkend.
Naas die grootskaalse slagtings is massadeportasies uitgevoer om onderworpe volke te verkneg. Die Assiriërs het in hul oorloë gebruik gemaak van die strydwa; die perd is waarskynlik in die 16e eeu voor Christus deur die Hetiete in die krygsverrigtinge ingevoer.
Eerste infanterieWysig
Vanaf omstreeks 1000 v.C. het daar verskille begin intree tussen die militêre organisasiemetodes van die Nabye Ooste en die van die Weste. In die Ooste is die ligte ruitery of kavallerie (getalryk en uiters beweeglik) oorwegend gebruik en die absolute heerser van die land was ook die opperbevelhebber van die strydmag. In die Weste het die swaar gepantserde infanterie (voetsoldate) wat op groot dryfkrag staatgemaak het, die strydtoneel tot met die ineenstorting van die Wes-Romeinse Ryk oorheers.
Die omvang van die gemeenskap het ook sy stempel op die organisasie van die krygsmag afgedruk. Die vroeë Griekse staatjies was te klein vir die instandhouding van die massaleërs. Die staatjies moes formasies opstel waarvan die krag nie in die (groot) aantal krygers gele het nie. Die bergagtige gebied het ook 'n invloed gehad: die tandskap het hom nie geleen tot die ontwikkeling van die ruitery as hoofwapen in die stryd nie. Homerus beskryf in die llias en die Odyssee die gevegte van die Helleense riddertyd (900v.C.).
Die aristokratiese held het sy teenstander te voet in 'n tweegeveg beveg en op sy strydwa oor die slagveld beweeg. Maar in die Homeriese verhaal is daar ook aanduidings dat hierdie helde bygestaan is deur troepe wat in 'n primitiewe, geslote gevegsformasie opgestel was. Die troepe was die persoonlike volgelinge van die held. Die Grieke het omstreeks die 7e eeu v.C. hul gevegstyl gewysig. Swaar gepantserde voetsoldate (hopliete). gewapen met 'n stootspies, het 'n kompakte, reghoekige gevegsformasie, die falanks, gevorm.
Die geslotenheid van die formasie was noodsaaklik omdat die skild, wat op die linkervoorarm gedra is, slegs die linkersy van die voetsoldaat beskerm het. Elke soldaat het dus die beskerming van sy regtermakker se uitstaande skild nodig gehad. Gevolglik was die regtervleuel van die formasie geneig om na vore te beweeg tydens ʼn aanval. Die verloop van die maneuvers is hierdeur bepaal: die regterflank het geprobeer om die linkerflank van die vyand te omsingel. Ekonomiese ontwikkeling tydens die 8e en 7e eeu v.C. het gelei tot ʼn omwenteling in die militêre organisasie. Meer mense kon die defensiewe en offensiewe toe rusting van die hopliet bekostig, en die aristokrasie het hut houvas op die gemeenskap begin verloor, onder meer deur die verlies van hul militêre meerderwaardigheid.
Met die verdwyning van die monopolie van die aristokrate is die grondslag van die samelewing verander. ʼn Demokratisering het begin intree, die hopliete (nou 'n breër laag van die bevolking) het politieke invloed begin verkry. Een van die Griekse stadstate, Sparta, het geen burgermilisie van hopliete gehad nie, maar het ʼn aparte krygerstand geskep en so die gemeenskap op suiwer militêre grondslag georganiseer. Die Spartane het hulle as heersersklas oor die onderworpe Helote aan gestel.
Ten einde die gevaar van laasgenoemde se groter getalle teen te werk, moes die Spartane hul jeugdiges 'n streng militêre opleiding gee. In omstreeks 400 v.C. het Sparta as garnisoenstaat verrys en die oppermag verkry oor die Griekse stede. Die Griekse gebruik van die falanks het hul manier van oortogvoering uiters onaanpasbaar gemaak en die keuse van 'n goeie aanvalsposisie (soos tydens die Slag van Marathon, 490 v.C.) noodsaaklik gemaak.
'n Aanval op die kwesbare flanke van die falanks kon dit tot stilstand bring en die voordeel van die kortafstandstormloop en die gepaardgaande stoomrolleraksie uitskakel. Die invoer van die skuinsfalanks deur die Thebaan Epaminondas (oorl. 362 v.C.) was 'n verbetering omdat dit die linkerflank versterk het. Die Macedoniese vorste Philippus II (382- 336 v.C.) en sy seun Alexander die Grote (365-323 v.C.) het die Griekse stelsel verder verfyn. Die falanks is verder verbeter deur die verlenging van die stootspies, bekend as die sarissa. Dit het die vegspiese doeltreffender gemaak deurdat die soldate agter die eerste ry nou ook met hul langer spiese die vyand kon bykom.
Die falanks het so 'n mobiele menslike fort geword. Ander magte, soos die ligte infanterie en die ruitery, is met die swaar infanterie gekombineer. Die artillerie het ook 'n belangriker plek begin inneem met die invoer van beleëringswapentuie soos die storm ram, die ballista en die katapult. Die Macedoniese leërs was deur hierdie veranderinge sterker as die van die Griekse stadstate en onder Alexander het hulle die hele Nabye Ooste verower.
Die Griekse vlootWysig
Behalwe die taktiek van die swaarbewapende infanterie het die Grieke ook ʼn nuwe vorm van oorlogvoering ter see ingevoer. Op die terrein het die Atheners die inisiatief geneem. In die seeslae teen die Feniciërs, die bondgenote van die Perse, is die drieriemsgalei, 'n roeigalei met 3 rye roeiers (gewoonlik slawe, bo of skuins langs mekaar), gebruik. Hierdie vaartuie, onder bevel van ʼn drievors, was toegerus met 'n sterk ram en nagenoeg 50 soldate op die dek bokant die roeiers. Die soldate het die slag beslis deur aan boord te gaan van die vyandelike vaartuig.
Vanweë hut gebrek aan beweeglikheid en hul beperkte aksieradius was hierdie vaartuie nog baie primitief. Die Atheense oorlogsvloot, bygestaan deur die skepe van bondgenote, het tot die 5e eeu v.C. die see rondom Griekeland beheers. Daarna het Carthago en die Griekse stadstate op Sicilië (veral Sirakuse) die voortou geneem. Op Sicilië is ʼn nog groteroorlogskip, die pentere (5 rye roeiers), gebou, wat toegerus was met swaar geskut soos ʼn katapult.
Hierdie bykans onbeweeglike seeforte is lank in die Hellenistiese tyd gebruik. Die galeiskepe het tot in die 17e eeu die kern van oorlogsvlote in die Middellandse See uitgemaak. Romeinse volksleërs Reeds gedurende die Hellenistiese tyd (ongeveer 300 v.C. tot die begin van die Christelike jaartelling) het daar in die Weste nog 'n ekspansionistiese moondheid ontstaan: Rome, wat grootheid verwerf het deur die swaard van die legioensoldaat. Die Romeine het oorlogvoering nog as 'n afwyking van die normale, nog as 'n laaste uitweg beskou, maar as 'n integrerende deel van die Romeinse imperialistiese staatkunde. Die soldate vir die leër is verkry deur middel van konskripsie (verpligte krygsdiens).
Sedert die vroegste tye van die Romeinse Ryk was die woorde burger en soldaat vir die Romein byna sinoniem, en vir die Romeinse boer was veg net so belangrik as ploeg. Militêre diensplig was 'n plig sowel as 'n reg. In oorlogstyd of ten tye van 'n krisis kon elke burger tussen 17 en 45 wat eiendom besit het, opgeroep word. Die hooftak van hierdie burgermag was die voetsoldate. Die krag van die leër was in die taktiese eenheid, die manipel, geleë. Gedurende die eerste eeue van die groei van Rome tot 'n wêreldryk was die falanks die basiese gevegsformasie. Na die nederlaag teen die Samniete in 315 v.C. is daar egter ʼn losser formasie ingestel, wat bestaan het uit 40 vegeenhede (manipels) wat in 'n legioen georganiseer is.
Ruimtes tussen hierdie eenhede het dit vir die legioen moontlik gemaak om in die middel van 'n geveg van formasie te verander. Die tradisionele opmars van die legioen het in 3 linies plaasgevind: die hastati was soldate gewapen met werpspiese, gevolg deur principes (dit is "eerstes", omdat hulle oorspronklik die eerste linie gevorm het) en die triarii (dit is "derdes", die reserwe van veterane). Die Romeinse generaals was oor die algemeen minder bekwaam as die onderoffisiere, wat die manipels aangevoer het en op grond van verdienstelikheid benoem is: die centurio's. Dwarsdeur die Romeinse geskiedenis was die generaals meestal politici wie se belange gewoonlik beperk was tot burgerlike aangeleenthede. Rykdom en afkoms was belangrike faktore by die verkryging van 'n leiersposisie in die leer.
Gevolglik het die strategie en taktiek betreklik eenvoudig gebly. Ondanks die feit dat die Romeine in aanraking gekom het met ander vorme van militêre organisasie, het hulle slegs klein aanpassings in hul eie militêre organisasie en strategie aangebring. Die ruitery het 'n sekondêre vertakking gebly, hoewel sy rol in die krygsgeskiedenis toenemend belangrik geword het. Waar dit in die vroegste eeue slegs een tiende van die slaankrag uitgemaak het, het die ruitery teen die eerste eeue na Christus 'n kwart van die militêre mag uitgemaak, veral weens sy nut teen berede plunderaars.
Die gebrek aan 'n sterk ruitery het die taktiek beïnvloed; 'n vlugtende vyand is byvoorbeeld selde agtervolg. Die vloot was ook 'n ondergeskikte vertakking van die krygsmag. Rome het geen permanente vloot mag opgebou nie. 'n See mag is slegs op die been gebring wanneer die omstandighede dit genoodsaak het, soos byvoorbeeld tydens die Puniese Oorloë (264- 201 v.C.). Deur die aanwending van 'n corvus (ʼn soort kloutervlot) is 'n seestryd omgeskep in 'n soort landoorlog ter see.
Die grootste sukses van die soort "Iandrottegniek" is behaal tydens die Slag van Mylae (260 v.C.). Vir die Romeine was die land, eerder as die see, die gebied waar die oorwinning behaal is. Die Romeinse strewe na beheer oor die kuste rondom die Middellandse See (mare nostrum, letterlik "ons see") is in die vroeë keisertyd deur die Romeinse legioene verwesenlik, en dit het 'n sterk vlootmag oorbodig gemaak. Die uitbreiding van die Romeinse heerskappy oor die Ou Wêreld is geïnspireer deur 'n verskeidenheid motiewe, soos onder meer die verkryging van buit, oorlogskat, grondgebied, krygsgevangenes vir slawearbeid, en die heerssug, wat verreikende gevolge gehad het vir die leër. Weens die lang dienstermyn het die leer van burgers (grondbesitters en boere) geleidelik verdwyn.
BeroepsleërWysig
Van die 4e eeu v.C. af het soldate vir hul militêre dienste soldy begin ontvang. Die burgerlike leër is omgeskep In 'n huurleër. Die konsul Gaius Marius (157-86v.C.) het in 107 v.C. die leer gereorganiseer deur elkeen wat 'n militêre loopbaan wou volg, te werf, ongeag sy sosiale status. Die sensus, wat die grondslag gevorm het vir eiendomsramings en belasting, het geen rol meer gespeel by konskripsie nie. Die werwing van manskappe onder bondgenote (socii) het die militêre potensiaal verder uitgebrei.
Die leër, wat toe ingedeel is in taktiese eenhede (kohorte of krygsbendes) van 360 man, was lojaal teenoor die aanvoerders. Hierdie aanvoerders het die manskappe ook betaal en het die hulpvoordele vir die ontslane veterane verseker, onder meer in die vorm van grandtoewysings. Die gevaar wat inherent aan hierdie ontwikkeling was, was dat die militêre apparaat nie meer ʼn demokratiserende element in die Romeinse politieke stelsel was nie. Die ondergeskikte posisie van militêre leiers wat slegs opdragte moes uitvoer, het verdwyn.
Telkens as die belange van die militêre leiers gebots het, wat wel gebeur het, is Rome geteister deur burgeroorloë (133-31 v.C.). Die ontwikkeling van die militêre leier tot staatshoof of keiser het sy hoogtepunt bereik onder Augustus (63v.C.-14 n.C.). Hy hel 'n permanente leër aan die grense georganiseer wie se taak dit was om vrede te verseker. Magskonsentrasie en die vorming van ekspedisieleërs was nie meer noodsaaklik nie omdat Rome nie meer deur 'n groot mag bedreig is nie.
Die totale leersterkte het nagenoeg 'n half miljoen man beloop, wat 'n betreklike klein mag was as die bevolkingsyfer en die omvang van die grense in ag geneem word. Die skaal waarop die Romeinse ryksvrede (pax Romana) gevestig was, was ongeëwenaar in die geskiedenis.
Barbaarse huurtroepeWysig
Die proses van opname in die leër van nie-Romeinse burgers, wat in die 1e eeu v.C. begin het, het voortgeduur in die keisertyd. Die Romeinse burgers was nie besonder gretig om in die afgeleë grensgebiede militêre diens te doen nie en mettertyd is werwing in die grensgebiede self gedoen. In die 3e eeu n.C. het die ekonomiese toestand begin versleg en die waarde van geld het gedaal. Vanweë 'n gebrek aan geld kon die leër nie op sy volle sterkte gehandhaaf word nie.
Om ondanks hierdie probleme 'n militêre mag in stand te hou, is enige militêre hulp wat bekom kon word, aanvaar. Gedurende die laaste eeue van die Ryk is barbaarse stamme (foederati) op groot skaal in die leër opgeneem om die Ryk teen die vyandige ruitervolke,wat in toenemende mate die grense bedreig het, te verdedig. Die Asiatiese Parthe en Hunne en die Europese Gote en Vandale was die grootste gevaar, hoewel hul getalle gewoonlik oorskat is. Dit is baie onwaarskynlik dat hordes van tienduisende krygers so beweeglik sou kon wees soos wat die Vandale was. Hul leër het hoogs waarskynlik nie meer as 10 000 man getel nie. Intussen het 'n algehele reorganisasie van die verdedigingstelsel nodig geword.
Mobiele eenhede moes geskep word, wat aangewend kon word op enige punt waar die grens bedreig is. Die Romeinse leër was 'nie daarop ingestel nie en die toenemende voorkoms van aanvoerders met persoonlike volgelinge het die leër al hoe minder bestuurbaar gemaak. In die Weste het die verband tussen die Ryk en die leër verdwyn. In die omstandighede het die Barbaarse aanvoerders die oorhand begin kry en 'n gevaar vir die Ryk begin word, en botsings tussen die ambisieuse bevelvoerders met hul persoonlike leërs het die ineenstorting verhaas. Die verdediging het in so 'n mate verswak dat invallers die kans kon benut om dikwels ongesteur die grense oor te steek.
Troepemagte van 100 000 man, wat tydens die bewind van Julius Caesar op die been gebring kon word, was nou nie meer moontlik nie. In die slag van Adrianopel moes keiser Valens die stryd aanknoop met slegs 12 000 man. Hy is verslaan deur 'n Gotiese leër wat hoofsaaklik uit kavallerie bestaan het. Dit was toe duidelik dat die duisendjarige oorheersing van die infanteris (voetsoldaat) op die slagveld ten einde geloop het.
MiddeleeueWysig
BisantiumWysig
Die tydvak van die opkoms, oorheersing en ondergang van die ruitery op die slagveld word begrens deur twee oorwinnings deur die ruitery: die Slag van Adrianopel in 378 n.C. en die Slag van Marignano in 1515. Die Oos-Romeinse Ryk was die eerste wat die ruitery as sy hoofmag aanvaar het deur die foederati tot die leër toe te laat. Die Bisantyne (of Oos-Romeine) se vyande was hoofsaaklik ruitervolke. In teenstelling met die Weste het die Bisantyne betyds die gevaar van te veel vreemdelinge in hul leërs besef. Gevolglik het hulle hul eie troepe hersaamgestel sodat hulle die kern van die leër kon bly. Daarbenewens het keisers Justinianus, Maurikios en Herakleios (6e en 7e eeu) die getalle van die vreemdelingtroepe verminder en terselfdertyd die sentrale gesag verstewig. Generaals soos Belisarius en Narses, wat hulself met persoonlike lyfwagte (die comitatus) omring het in navolging van die Germaanse bevelvoerders, is deur Justinianus ontslaan. Die leër het hoofsaaklik uit ʼn swaargepantserde ruitery bestaan wat teen Slawiese, Awaarse, Bulgaarse, Persiese, Arabiese, Russiese en Turkse invallers gebruik is.
Die las om hierdie volkere in bedwang te hou, het hoofsaaklik op Konstantinopel gerus, wat die rykste stad tydens die Middeleeue was. Konstantinopel se strategiese posisie as 'n soort bufferstad was besonder belangrik vir die Weste. Afgesien van die beleidsrigtings ten opsigte van oorlogvoering is die krygskuns ook bestudeer en goeie strategie en krygstaktiek is hoog geag. Keiser Leo se beroemde verhandeling oor die taktiek op die slagveld, Tactica (ca. 950), is baie geraadpleeg.
Die bewegings van die vyand is waargeneem en die Bisantyne se manier van oorlogvoering is aangepas by die taktiek van hul teenstanders. 'n Verdedigingstrategie en 'n professionele houding, gesuiwer van persoonlike eersug, was kenmerkend vir die Bisantyne se manier van oorlogvoering. Waar 'n oorwinning behaal kon word deur middel van sluipmoord, verraad, omkopery of verrassingsaanvalle, het die Bisantyne nie gehuiwer om die middele aan te wend nie. Die suksesse van die leër was deels die gevolg van die bekwaamheid van die aanvoerders. Die Bisantynse leër het 'n ongeëwenaarde geskiedenis van krygsuksesse gehad: van 528 tot 1071 het die generaals nie 'n enkele betekenisvolle slag verloor nie.
Die militêre onfeilbaarheid het tot 'n einde gekom met die nederlaag wat die Bisantynse leër gely het in die Slag van Manzikert (1071) teen die Seldjoeke. Dit was 'n uitvloeisel van 'n afname in die gesag van die sentrale regering, wat 'n verswakking van die militêre mag tot gevolg gehad het. Vroeëre teorieë oor oorlogvoering is laat vaar. Konstantinopel se militêre mag is verder verswak deur die verlies van Klein-Asië, waar die meeste van die manskappe (Isauriërs en Armeniërs) vir die leër gewerf is. Nietemin het die stad tot in 1453 as bolwerk van die Christendom teen die volgehoue aanslae van die Islam bly staan.
Wes-Europa: die ridderleërsWysig
In Wes-Europa is die militêre meerderwaardigheid van die ruitery baie langsamer erken. Die twee groot Germaanse stamgroepe, die Saksers en die Franke, was voetsoldate. Een van die vroeë uitsonderings was die Slag van Poitiers (732) teen die Arabiere, waarin die ruitery wel 'n belangrike rol gespeel het. Die geleidelike proses waardeur die ruitery die hoofmag in die leër geword het, het eers tussen die 7e en die 11e eeu plaasgevind. Net soos in die geval van die Oos-Romeinse Ryk is hierdie ontwikkeling deur uitwendige faktore bevorder.
Veldtogte teen ruitervolke soos die Aware en Lombarde (8e eeu) en die Noormanne (8e eeu) met hul skepe, wie se krag grootliks in beweeglikheid en verrassingsaanvalle geleë was, en teen die Magjare (10e eeu) het die gebruik van berede leërs noodsaaklik gemaak. Slegs in Engeland was die ruitery nie so 'n belangrike deel van die leer nie. Selfs nog in 1066 het Harald in die Slag van Hastings hoofsaaklik met voetsoldate geveg. Toe sy infanterie, wat in 'n gunstige verdedigingsposisie opgestel was, egter die geledere verbreek, kon Willem die Veroweraar met behulp van sy ruitery die oorwinning behaal.
Die opkoms van die ruitery of kavallerie het gepaard gegaan met die geleidelike ontwikkeling van die stam as krygsmag tot 'n militêre stand wat die alleenreg op die gebruik van wapens verkry het. Hierdie versmalling van die basis van die krygsmag het gelei tot ʼn verswakking van die militêre slaankrag vanweë 'n enorme afname in die getalle van die leer. Selfs Karel die Grote (ca. 800), wat 'n groot deel van Wes-Europa onder sy gesag gehad het, kon nie meer as 10 000 soldate na die slagveld stuur nie.
Na sy bewind het die Frankiese Ryk spoedig ineengestort, veral weens die stelsel van ryksdeling by opvolging. Nog 'n faktor wat bygedra het tot die opkoms van kleiner ryke, was die onvermoë van die sentrale teereenhede om vinnig te reageer op die blitsaanvalle van die Noormanne en die Magjare. Die plaaslike leiers met hul volgelinge was verplig om die gebiede in die nabyheid van hul kastele self te verdedig. Aangesien baie min geld in omloop was, het die magtige landhere hul volgelinge deur middel van leengoed (benefisie), dikwels in die vorm van grondgebied, vergoed. Hierdie leengoed het die krygsman ekonomies onafhanklik gemaak.
Sy sosiale posisie, wat oorspronklik gering was (in Duitsland was die meeste volgelinge horiges), is dus verstewig. Die leengoed was ook nodig om die duur uitrusting (perd en wapens) vir die stryd te bekostig. Gedurende die 8e eeu het die koste van die uitrusting 45 solidi beloop, die prys van 15 merries en 23 osse. Die verordening (capitularium) van Diedenhofen (805) het bepaal dat slegs diegene wat 12 landgoedere of 120 tot 180 hektaar land as eiendom of as leengoed besit het, 'n wapenrusting (brunia) mog dra.
Waarskynlik was die aantal krygers wat so baie grond besit het, maar gering. Die ridder se uitrusting het al hoe swaarder geword namate die aanvalswapens wat die harnas moes deurboor, verbeter het. In die 13e eeu het die aantal ridders wat die duur toerusting kon bekostig, aansienlik verminder. Daarby het die ridders wat daarin geslaag het om politieke invloed te verkry, gedurig onder mekaar oorlog gevoer. Hierdie private oorloë was ʼn groot teistering vir die gemeenskap van die Middeleeue.
Die Kerk het sonder sukses geprobeer om die twiste teen te werk deur sekere dae te bepaal waarop daar nie geveg mag word nie (Godsvrede). Pous Urbanus II se oproep by Clermont om die stryd teen die ongelowiges aan te knoop (1095), was deels ʼn poging om die aggressie teen ʼn afgeleë vyand te rig. Die kruistogte was inderdaad 'n faktor wat daartoe bygedra het dat die ridder aan ʼn ideaal verbind is: hy was 'n stryder in die diens van God.
In ooreenstemming hiermee het die ridderpoësie (byvoorbeeld die chansons de gestes) die dade van die ideale ridder besing. So is die uitsonderlikheid van die ridderskap steeds meer beklemtoon en uiteindelik het die ridders die sosiale bolaag van die samelewing gevorm en is in die adel opgeneem. Op die slagveld was net die ridder van groot waarde omdat dit hy was wat die gemeenskap verdedig het; die voetvolk is nie meer as belangrik gereken nie.
Die voordelige kombinasie van die voetvolk en die ruitery, wat tydens die kruistogte bewys is, is in Wes-Europa heeltemal geïgnoreer. Uitgesonder die herontdekking van die kragtige en akkurate kruisboog in die 13e eeu, het niks die posisie van die ridderstand in gevaar gestel nie.
Die opmars van die voetvolkWysig
Die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk (1339- 1453) het 'n einde gemaak aan die voorkeurposisie van die ridderstand. Koning Eduard I van Engeland het met groot sukses van die infanterie in sy veldtogte in die bergagtige dele van Wallis gebruik gemaak. Eduard III het eerste van 'n kombinasie van infanteriste en ruitery, gewapen met die lang boog (vinniger om te gebruik as die kruisboog) op die Europese vasteland gebruik gemaak.
Die Engelse het die Franse 'n paar gevoelige neerlae toegedien in die Slag van Crecy (1346) en die Slag van Poitiers (1356). Die Franse het nie die Engelse se taktiek gevolg nie, maar op advies van Bertrand du Gueselin (1320- 1380) na hul kastele teruggeval, van waar hulle verrassingsaanvalle op die Engelse stellings uitgevoer het. Oop veldslae is vermy. Dit was egter eers na die optrede van Jeanne d'Arc dat die Engelse hul stellings op die vasteland prysgegee het. Nog 'n militêre verwikkeling, bekend as die "die wonder van die 14e eeu", het die posisie van die ridders nog meer geknou.
Die Switsers het eerste militêre eenhede begin vorm wat slegs bestaan het uit voetsoldate gewapen met hellebaard en piek. 'n Falanks van pieke het die aanstormende berede ridders afgeweer, waarna 'n genadelose slagting met die hellebaard gevolg het. Op die manier het die Switsers, skynbaar met min inspanning, die veldslae by Morgartern (1315), Laupe (1339) en Sempach (1386) gewen. Na die Switsers se suksesse het ander lande geleidelik hul infanterieafdelings versterk en uitgebrei.
Die Spaanse infanterie (terzio's), wat volgens die patroon van die Romeine georganiseer is en deur die idees van die Renaissance beïnvloed is, is veral gevrees. Die infanteriste was gewapen met ʼn haakbus ('n vuurwapen) en piek en het ook op groot skaal van artillerie gebruik gemaak. 'n Derde faktor wat bygedra het tot die agteruitgang van die ruitery, en daarmee van die ridderleërs, was die algemene ingebruikneming van buskruit gedurende die 15e eeu.
Reeds aan die begin van die 14eeeu het die eerste vuurwapens, soos die bombard ('n soort kanon), die mortier en die handkanon hul verskyning gemaak. Weens hul beperkte beweeglikheid was hierdie wapens nie juis baie doeltreffend nie. Gedurende die 15e eeu is vuurwapens veral tydens beleërings gebruik. Die kastele, wat die primêre vestings van die adel en die ridderstand was, het in die tyd ook kwesbaar geword. Selfs die stadsmure het nie meer voldoende beskutting aan die inwoners gebied nie omdat die gebruik van buskruit groot verwoesting aangerig het. Die jaar 1453 word allerweë beskou as 'n mylpaal in die geskiedenis van die krygskuns omdat die Turke in daardie jaar Konstantinopel verower het deur die aanwending van 62 stuks grofgeskut.
Moderne tydWysig
Tot die 16e eeu het die belangrikste lande van Sentraal-Europa byna uitsluitlik gebruik gemaak van huursoldate. Die huursoldate is vir die tyd van die jaar wat hom die beste tot oorlogvoering geleen het, gehuur en is daarna weer ontslaan. Gedurende die 15e eeu het die huursoldate die kwesbare en duur ridderleërs vervang. Die ridders kon slegs nog in die kleurryke riddertoernooie presteer.
Omdat die huursoldate slegs vir kort tydperke gehuur is, kon geen behoorlike kameraadskapsgees gekweek word nie, terwyl alle ander vereistes vir tug en orde in die leer ook ontbreek het. Die huursoldate is ook nie gereeld betaal nie en gevolglik het drostery, muitery, plundering en molestering van die burgery algemeen voorgekom. Teen die einde van die Middeleeue het daar geleidelik ʼn verbetering in die toestand ingetree omdat die vorstelike gesag verstewig is.
Die vors het hom die reg toegeëien om belastings te hef en het dus 'n gereelde inkomste gehad. Gevolglik kon staande leërs ook in vredestyd in stand gehou word. Die twee basiese vereistes vir orde en dissipline is dus verwesenlik, naamlik 'n vaste werkverband en gereelde soldy. Een van die eerste permanente leërs was die Spaanse leër, wat gefinansier is met goud en silwer van die "Nuwe Wêreld" (Amerika). Die kern van die Spaanse leërs is gevorm deur die piekeniers.
Voor die veldslag is hulle in die vorm van groot vierkante opgestel, die sogenaamde bataljonne, wat die opmars van die ruitery kon stuit. Die haakbusskutters is aan weerskante van die vierkante opgestel, gewapen met gewere en muskette, waarmee hulle aanhoudend, hoewel onakkuraat, op die vyand kon vuur.
Die haakbusskutters was weerloos teen die ruitery en die piekeniers en moes tydens 'n aanval tussen of onder die pieke skuil. Die ruitery is opgestel aan een van die flanke, met die saamgetrekte voetsoldate in die middel. Die ruitery het bestaan uit harnasdraers, lansiers en haakbusskutters, wat gewoonlik die slag beslis het nadat die slagorde van die infanterie verbrokkel het. Die artillerie was minder belangrik. Gewoonlik is nie meer as 'n drietal skote tydens die slag, wat gewoonlik binne 'n uur beslis is, afgevuur nie.
Die vierkant formasie het baie voordele gehad. Dit het min vereistes gestel ten opsigte van die geoefendheid van die manskappe. Dit was eenvoudig opgerig en diep genoeg om 'n storm loop van die ruiters te keer, maar dit het ʼn beperkte beweeglikheid gehad. Etlike ure was nodig om 'n klein beweging uit te voer, veral op ʼn moeilike terrein. Slegs 'n klein deel van die manskappe, gewoonlik net die eerste vyf rye, het werklik kontak met die vyand gemaak. Die veggees van die Spaanse leër het dikwels veel te wense oorgelaat, soos blyk uit die voorval, bekend as die Spaanse furie (1576), toe ʼn grootskaalse muitery van die troepe in die Nederlande plaasgevind het.
Leërhervormings van prins Maurits van NassauWysig
Met reg kan Maurits van Nassau, die prins van Oranje, die eerste moderne leërhervormer genoem word omdat sy leer die eerste gereelde staande leër was. Swede, Frankryk, Oostenryk en Brandenburg het die Hollandse voorbeeld tydens en na die Dertigjarige Oorlog (1618- 1648) gevolg en Engeland 'n rukkie later.
Geïnspireer deur die Griekse en Romeinse skrywers het Maurits en sy neef, Willem Lodewyk, bestuit om die sogenaamde vlakformasie in die leër van die republiek in te voer. Dit was 'n taktiese eenheid met dieselfde frontbreedte as vroeër, maar met slegs 10 geledere. ʼn Aantal van hierdie klein en beweeglike eenhede is in 'n drietal agter die opgestelde linies opgestel. Net soos in die vierkantformasie is die skutters (in geledere van 10) aan weerskante van elke eenheid opgestel.
Hulle het agter en tussen die piekeniers skuiling gesoek tydens 'n aanval. Die vlakformasie het vanselfsprekend voordele gehad. Dit was beweegliker, meer manskappe kon deelneem aan die stryd en meer skutters kon skuiling vind tussen die verskillende formasies. Hierdie laaste voordeel was baie belangrik omdat die aantal skutters vermeerder het in vergelyking met die piekeniers. 'n Eeu later het die piekeniers heeltemal oorbodig geraak nadat die bajonet ingevoer is en skietkrag toegeneem het.
Die vlak gevegsformasie of "Hollandse brigade", soos die nuwigheid in die krygswetenskap genoem is, was inderdaad ʼn mylpaal in die geskiedenis van die infanterie. Dit was die begin van die latere sogenaamde lineêre taktieke, waar die gevegte in uitgestrekte linies plaasgevind het. Die taktiek word tot vandag toe nog in die weermagte van die meeste lande toegepas.
Vorme van oorlogvoering (17e en l8e eeu)Wysig
Gedurende die tyd tot met die uitbreek van die Franse Revolusie was oorlog nie 'n indrukwekkende verskynsel nie. Hoewel daar voortdurend oorloë plaasgevind het, was dit nie juis intensief nie en onderworpe aan tallose reëls en beperkings. Daar is baie oorloë gevoer, onder meer die Poolse en Beiers en suksessieoorloë, waarin nie ʼn enkele veldslag gevoer is nie. Die beperkinge kan deels toegeskryf word aan die klein grondgebied van die betrokke land.
In die eerste fase van moderne oorlogvoering was die samelewing slegs op baie beperkte skaal by die oortog betrokke. Behalwe in Pruise is die strewe na rykdom in die tyd oorskadu deur die skaarste aan goedere. Die taak van die-burgery, dit wil sê die nie-bevoorregte klas, was die finansiering van die oorloë en leërs. Die leërs het gedurende die 18e eeu geweldig omvangryk geword, maar dit was nie vanweë die groter politieke spanning of die noodsaaklikheid van militêre magsuitbreiding nie. Inteendeel, die spanninge het verminder, die wêreld was vreedsamer en 'n leër groter as 40 000 man kon nie behoorlik beheer word nie.
Die Franse leër het egter aan die vooraand van die Franse Revolusie uit 170 000 man bestaan en die Oostenrykse leër uit 150 000 man. Pruise, met sy klein bevolking, het gespog met 'n leër van 140 000 man.
Die leër as statussimboolWysig
'n Leër het die aansien van 'n staat verhoog, al is dit in die Duitse state en staatjies byvoorbeeld grootliks met buitelandse hulp, veral met subsidies uit Brittanje, in stand gehou. Die leër het ook nouliks ʼn oorlogstaak gehad, maar was bloot 'n statussimbool. In die tyd van die politisering van oorlogvoering was die leër meer 'n politieke as militêre instrument. Die omvangryke leërs is saamgestel uit beroepsoldate, en waar tekorte ondervind is, aangevul uit asosiate elemente soos bedelaars, boemelaars, struikrowers en die algemene "skuim van die bevolking".
Die leër het dus in 'n mate as sosiale riool gefungeer. In die regimente is ketellappers, poppekasvertoners en rottevangers aangetref. Versterkings is gewerf uit 'n mag wat saamgestel is uit minder bevoorregtes wat in tye van voorspoed in die staande leer geïnkorporeer is omdat die aantal leeglopers dan verminder het. Hierdie klassediensplig was gebruik tik tot na die Frans-Duitse oorlog van 1870. Persoonlike en algemene diensplig dateer uit daardie tyd, en daarmee het oorlogvoering 'n nasionale aangeleentheid geword.
Oorlog en die gemeenskapWysig
(18e eeu) Aanvanklik is die gemeenskap nie by oorlogvoering betrek nie, behalwe in noodtoestande as die voortbestaan van die staat bedreig is. Die pos -,reisigers- en handelsverkeer is nie deur oorlog onderbreek nie en die sosio-ekonomiese orde nie aangetas nie. Inteendeel, hierdie orde het juis 'n grens aan oorlogvoering gestel, en die gemeenskap was nie 'n teiken in oorlogvoering nie.
Die doelbewuste uithongering van stede en landstreke, soos tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Duitsers toegepas teen miljoene mense in Nederland en in Leningrad, het nie plaasgevind nie. Die lewens van vyandige gemeenskappe is tydens beleërings en aanvalle gespaar en private eiendom is geëerbiedig, hoofsaaklik om militêre redes. 'n Leër, wat verswak is deur die verlies aan manskappe as gevolg van detasjering, was in 'n vyandiggesinde gemeenskap verlore.
Die boere het hul voorrade versteek en inligting geweier en het die bewegings van vyandelike leërs verklap. Die bevolking is ook nie teen hul eie regering aangehits nie, waarskynlik van wee 'n gemeenskaplike vrees vir revolusie en die ondermyning van die heilige staatsgesag. Dit was nie gebruiklik om in oorlogstyd die bevolking by die stryd te betrek nie, selfs nie eens die van 'n mens se eie land nie.
Immobiele leërs ("politieke oorlogvoering")Wysig
Gedurende die hele 18e eeu was verdedigingstelsels die eerste prioriteit van die militêre magte. Dit was die tydperk van verdediging tot die uiterste, wat weer 'n uitvloeisel was van die taktiese en strategiese onbeweeglikheid (immobiliteit). Die beperkte strategiese beweeglikheid het voortgevloei uit die magasynstelsel.
Die gehalte van die troepe was so swak en drostery so 'n kwellende probleem dat voortdurende toesig nodig was. Gevolglik kon klein groepe manne nie uitgestuur word om die voorrade aan te vul nie. Bowendien is daar gedurig probeer om die bevolking so min as moontlik te steur. Die strategie Is dus bepaal deur die logistiese vereistes (bevoorrading). 'n Leër kon nie meer as 5 tot 7 dagmarse van sy basis af beweeg nie. Verrassingsaanvalle en blitsagtervolgings was dus onmoontlik. Die padstelsels was primitief en swaar toerusting moes op waterweë vervoer word.
Die waterweë was beskerm deur forte en vestings en daar was 'n voortdurende gevaar dat die troepe van hul voorrade afgesny en geïsoleer kon word. Krygsverrigtinge in die 18e eeu het meestal dus neergekom op die beleëring van 'n vesting of dorp. Dit het 'n veldtog beteken wat gewoonlik die here somer geduur het omdat geen veldtogte in die winter gevoer is nie. Die taktiese onbeweeglikheid was ook 'n uitvloeisel van die lineêre formasie, wat nodig was om die beste gebruik te maak van die geringe vuurkrag.
Die algemeenste gevegs- en slagorde omstreeks die middel van die 18e eeu was twee linies drie rye diep. Die afstand tussen die linies was 'n paar honderd meter en die front het oor etlike kilometers gestrek. Dit is dus duidelik dat die slaankrag van so ʼn linie nul was. Maneuvers is met die grootste omslagtigheid en tydverlies uitgevoer en 'n loopafstand van ʼn kwartier het dikwels ure in beslag geneem. Dit is duidelik dat besluite oor taktiek en strategie nie vinnig uitgevoer kon word nie. Oorlogvoering het 'n waarnemingsfunksie aangeneem en gedraal in 'n uitgerekte uitputtingstryd.
Die politiek kon en het hom kragtig laat geld ten tyde van ʼn stryd wat met so min geesdrif gevoer is en waarin daar beswaarlik van vyandelikhede gepraat kon word. Dit het meer die vorm van ʼn koue oorlog aangeneem, en die leiding van die oorlog het by die kabinet berus. Die strategie was kabinetstrategie en die opperbevelhebber was dikwels eerder ʼn diplomaat as strateeg.
Seeoorlog (16e-19e eeu)Wysig
Die kombinasie van seilskepe en kanonne het in die 16e eeu ook ʼn verandering in die krygstaktiek ter see teweeggebring. Gewapende koopvaarders (handelskepe) is al hoe meer vervang deur oorlogskepe wat uitsluitlik vir die stryd ter see toegerus is. Die kanonne is op bo mekaar liggende dekke opgestel (twee- en driedekkers), waardeur die vuurkrag aansienlik verhoog is. Aparte kanonne is op die verhoogde agterdek en die boeg (of voorkasteel) gemonteer.
Vir die seeaanval is die skepe in kiellinie agter mekaar opgestel ten einde die grootste aantal kanonne op die vyand te kan rig. Die doel was om op die regte oomblik deur die vyandige linie te breek en so hul vlootmag te verdeel. Waar die entering van die vyand se skepe voorheen die primêre doel tydens 'n seeaanval was, was dit nou sekondêr. Die kanonvuur (oorlogskepe het ongeveer 120 kanonne gehad) was nou die belangrikste. Elke vloot het ook sy brandskepe gehad. Dit was ou skepe wat met vlambare materiaal gelaai was (buskruit, ensovoorts) met die doel om tydens die slag brand en chaos onder die skepe van die vyand te saai.
Tydens die oorloë tussen die Engelse en die Hollanders in die 17e eeu is die krygstaktiek ook verfyn. Dit het tot 'n verbetering in die seinstelsel gelei, wat koördinasie binne 'n vloot verseker het. Gedurende die 18e eeu het die oorlogskepe en die kanonne, veral die van die Franse en die Engelse, al hoe groter geword en die seinstelsel is hierby aangepas. Tot met die uitbreek van die Krimoorlog (1854- 1856) het seilskepe die kern van die vlootmagte gevorm.
19e eeuWysig
Na die Franse Revolusie het die militarisering van oorlogvoering begin. Die oorlog het hom losgemaak van sy politieke en ekonomiese grondslag. Die doel van oorlogvoering het al hoe meer neergekom op die vinnige uitwissing van die vyand. Die proses is bevorder deur die stelsel van konskripsie (diensplig), wat deur afkoop en plaasvervanging 'n stelsel van klassediensplig geword het. Die seuns van die gewone burgery is hierdeur wettiglik in die leër opgeneem sonder dat druk en slinkse metodes gebruik is.
Omdat die diensplig ʼn aantal jare geduur het, het die seuns beroepsoldate geword. Oorlogvoering is dus ook van sy ekonomiese boeie bevry en die magasynstelsel kon beëindig word. Die Napoleontiese soldaat het geveg en opgeëis. Die bekamping van drostery, wat vroeër meer inspanning geverg het as die stryd teen die vyand, was nou nie meer ʼn probleem nie omdat die volksleërs gewerf is uit die volkselemente. Die lineêre vegwyse kon vervang word deur 'n losser en meer verspreide taktiek waarin Napoleon 'n meester blyk te gewees het.
Deur hierdie veranderinge is die taktiese en strategiese beweeglikheid herstel. Die manier van oorlogvoer kon nou volgens die klassieke beginsels van Von Clausewitz gevoer word: die snelle uitwissing van die vyandelike krygsmag kon in 'n blitsoffensief, wat deur die konsentrasie van alle kragte en middele op die regte oomblik en die deurslaggewende plek, bewerkstellig word. In die 19e eeu het hierdie ontwikkeling voortgeduur. Die toename van tegniese probleme, die meganisering van die oorlogsmiddele, die militêre gebruik van die spoorweë en die telegraaf het daartoe gelei dat daar aan die operasies 'n ongekende mate van vryheid verteen kon word. Maar ook polities het oorlogvoering vry geword.
Omdat oorloë van veel korter duur was, kon die magsewewig tydens die verloop van die krygsverrigtinge moeilik herstel word. Die politieke oorlog was dus onmoontlik en is vervang deur die militêre oorlog, wat volgens suiwer militêre beginsels gevoer word. ʼn Skeiding van politiek en strategie het in werking getree. In die Frans-Duits se Oorlog (1870- 1871) het die eerste onderskeid tussen militêre en politieke sake duidelik geword. Nog 'n aspek van hierdie ontwikkeling was die groot aandeel van die wetenskap en die tegnologie in oorlogvoering.
Daar kon meer skote direk na mekaar met vuurwapens afgevuur word en die wapens het alle ander offensiewe wapens begin verdring. Stoomskepe van staal het seilskepe van hout vervang en vliegtuie het later verskyn as 'n nuwe vertakking van die krygsmag. Die perd het op stal gebly en is vervang deur die tenk. Die groei van die leërs Die Frans-Duitse Oorlog was eintlik ʼn oorgangsoorlog: dit was 'n konfrontasie tussen kwaliteit en kwantiteit, tussen die Franse beroepsleër en die Duitse dienspligleër.
Die bewering van die Franse staatsman Thiers dat in lande waar iedereen 'n soldaat was, almal swak soldate was en dat geen leër sander spesialisasie moontlik was nie, kon nie bevestig word nie. Die groter getal sterkte van die Duitse leërs het tot gevolg gehad dat die meeste Europese moondhede 'n stelsel van persoonlike konskripsie of diensplig aanvaar het. 'n Kenmerk van die tydperk wat hierop gevolg het, was die groei in die grootte van die leërs. Omstreeks 1 900 was die gemiddelde getalsterkte 500 000 man.
20e eeuWysig
Voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) was dit vir die Franse duidelik dat hulle die mannekragwedloop teen Duitsland sou verloor. Die geboortesyfer in Frankryk het begin daal en hoewel 2,1 % van die Franse bevolking in die leër gedien het teenoor die slegs 1,2 % van die Duitsers, was die Duitse militêre potensiaal in 1914 veel groter.
Deur sy reserwes te mobiliseer, kon Duitsland sy magte verdubbel. Die Franse militêre denke het berus op die teorieë van maarskalk Ferdinand Foch, waarvolgens die beslissende aanval die oorwinning sou verseker sonder dat 'n getalleoorwig nodig was. Die beginsels van die positiewe benadering en die offensief tot die uiterste is tot militêre dogma verhef.
Maar die gedagte dat vuurwapens noodwendig 'n vinnige deurbraak kon verseker, het geblyk 'n misrekening te wees. Veral masjiengeweervuur het vyandelikhede omgeskep in ʼn stellingoorlog waarin die soldate hulle in loopgrawe ingegrawe het. Ondanks die gebruik van gifgas en tenks was vuurkrag deurslaggewend ten opsigte van die beweging. Ruiterystormlope was ʼn hopelose mislukking.
MassaleërsWysig
Die omvang van oorlogvoering is ontsaglik vergroot deur die gebruik van massaleërs. Waar veldslae vroeër na stede of dorpe vernoem is, is hulle in die Eerste Wêreldoorlog na streke vernoem (Marne, Somme en Vlaandere) en in die Tweede Wêreldoorlog is dit uitgebrei tot Iande en oseane (Noorweë, België en die Atlantiese Oseaan). Deur die gebruik van massaleërs was 'n geveg nie meer slegs 'n stryd tussen die opponente nie, maar ook tussen die nywerheidsmoondhede.
Die tradisionele beperkte oorlog, waarby slegs 'n deel van 'n land se middele aangewend is, is vervang deur 'n totale stryd waarby die hele volk betrek is. 'n Massaleër het enorme reëlings meegebring. Die tuisfront is georganiseer om die gevegsfront te steun. Waar daar tydens die Eerste Wêreldoorlog slegs sekere sektore van die nywerheid gemobiliseer is, is alle sektore, insluitende die wetenskap, gedurende die Tweede Wêreldoorlog aangewend. Die oorlog het allesomvattend geword en die -vliegtuig het 'n derde dimensie bygedra.
Die skeiding tussen die vegtendes en nie-vegtendes het verdwyn; die hele gemeenskap het nou 'n militêre doelwit geword. Ook die sielkunde het 'n rol begin speel by die aftakeling van die moreel van die vyand en die opbou van die eie moreel, asook tot die regverdiging van massa-uitwissing. Oorlog het 'n stryd geword tussen die magte van die lig en die van die duisternis - die vyand is gedemoniseer.
Die onfunksionele oorlogWysig
Die-uitbreiding van krygsverrigtinge het so buite verhouding geraak dat oorlogvoering disfunksioneel geword het. Dit het onvoorspelbaar geword en onverwagte gevolge opgelewer. Die uitwerking van oorlogvoering op die sosiale struktuur was rampspoedig.
Die opvallendste gebeurtenis van die Tweede Wêreldoorlog was die gebruik van die kernwapen, Die bom wat op Hirosjima gegooi is, het 'n plofkrag van 20 000 ton TNT gehad en enorme getalle slagoffers geëis: 92 000 dood of vermis en 37 000 gewond. Na die Tweede Wêreldoorlog het 2 supermoondhede ontwikkel, naamlik die VSA en die Sowjetunie, wat albei massa-uitwissingswapens op groot skaal begin vervaardig het. Reeds in die sestigerjare het albei hierdie wêreldmagte oor wapens beskik waarvan die vernietigingskrag gelykstaan met die van 60 tot 300 miljoen ton (megaton) TNT.
Hierdie tydperk kan beskou word as die van die sogenaamde "overkill": daar was die ekwivalent van etlike blokbomme - die swaarste bomme wat in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is - vir elke mens op aarde beskikbaar. Die wapens, wat voortgevloei het uit die spanninge, het self ook tot spanninge gelei. Vir die eerste keer in die geskiedenis het die mens hom voorberei op ʼn oorlog wat onmoontlik beheer kan word en wat nutteloos sou wees as 'n oplossing vir politieke strydpunte. In die sin het oorlog dus onfunksioneel geword.
Die gevaar lê volgens sommige kenners nie meer in die voorbereiding vir 'n kernoorlog nie, maar in die ontketening van 'n kernoorlog deur misrekening. Militêre teorieë soos die van die verrassingsaanval, die sogenaamde "second strike force", die moontlikhede van vergelding na 'n aanval wat in die Amerikaanse krygskunde "flexible response" genoem word, en die soepele en aanpasbare antwoord van die sogenaamde beperkte oorlog ("limited war") is geen oplossing vir die 20e-eeuse dooie punt nie. Die kerneeu het die behoefte geskep vir 'n alternatief vir oorlog. Oorlog op sigself kan nie meer 'n antwoord wees nie.
GuerrillaoorlogWysig
Per definisie word 'n guerrillaoorlog nie as 'n volskaalse oorlog beskou nie, maar tog het dit sedert die 1950s 'n prominente rol in die sogenaamde beperkte oorlogvoering begin speel dat dit in die krygskunde 'n nuwe betekenis gekry het. Guerrillaoorlogvoering is as strydmetode en taktiek niks nuuts nie. In die Bybelboek Josua word daar 'n duidelike guerrillaoperasie beskryf, terwyl die Spanjaarde en die Russe dit as taktiek teen Napoleon gebruik het.
Die Boere onder leiding van aanvoerders soos genls. Christiaan de Wet en Louis Botha het dit as byna enigste gevegsmetode gedurende die laaste twee jaar van die Anglo-Boereoorlog gebruik. Volgens woordeboeke dui die woord op oorlogvoering deur bendes op groepies mense (terroriste, partisane, rebelle) in die vorm van strooptogte op militêre doelwitte, verbindingswee en voorraaddepots. Hinderlae, sabotasie en terrorisme onder die burgerlike bevolkings word dikwels ook as deel van guerrillaoorlogvoering beskou.
Per definisie is daar altyd klein groepies mense by betrokke en die guerrillas tree meestal in moeilik begaanbare gebiede op. Diegene wat aan 'n guerrillastryd deelneem, kan basies in twee groepe ingedeel word. Ten eerste is daar die wat amptelik as soldate van 'n bepaalde land aan die stryd deelneem (byvoorbeeld in die Anglo-Boereoorlog en soms in die Tweede Wêreldoorlog). In so 'n geval is die guerrillastryd slegs 'n bepaalde taktiek wat in 'n volskaalse en min of meer formele oorlog gebruik word.
Die tweede groep is die wat nie as amptelike soldate nie maar as opgeleide vegters en insurgente aan ʼn stryd deelneem waarby daar geen sprake van 'n formele oorlogsverklaring is of was nie. Laasgenoemde was veral die geval aan Suid-Afrika se grense, waar die guerrillaoorlogvoering laat in die 1970-80's in so 'n mate toegeneem het dat dit van Suid-Afrika se kant (soos in die geval van die vroeëre Rhodesië) 'n byna volskaalse oorlog geverg het om dit af te weer. In ander Afrika-state, soos Angola en Mosambiek, was daar politieke of rebellegroepe werksaam vir wie die guerrillataktiek die enigste betreklik suksesvolle optrede teen die bestaande regime was. In Viëtnam en Suid- en Sentraal-Amerika is die vorm van oorlogvoering in die verlede op groot skaal aangewend om nuwe regeringsvorme daar te stel.
In Viëtnam is bewys gelewer dat 'n reuseoorlogsmag soos die van die VSA nie die stryd teen guerrillaoorlogvoering kon wen nie. Hoewel die guerrillastryd nie in die 20e eeu ontstaan het nie, het dit 'n simptoom geword van die dooie punt wat in die kerneeu in oorlogvoering bereik is en bevestig hierdie ongelyke en onbeheerbare stryd waarskynlik weer eens dat die mens in die 20e en die 21e eeu dringend 'n alternatief vir oorlog sal moet vind.
|
<urn:uuid:c44815d7-0139-45ba-a516-d9ff287a0ddc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Krygsgeskiedenis
|
2019-07-15T18:32:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715200205-00010.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000003 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
David Wilcocks
Ds. David Wilcocks (Graaff-Reinet, 13 Februarie 1861 – Wellington, 20 Julie 1944) was 'n leraar in vyf gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tussen die jare 1891 en 1925, voorsitter van die Sinodale Opvoedingskommissie en dosent aan die Sendinginstituut op Wellington, waar hy einde 1932 afgetree het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog, toe hy 'n veldprediker was, het hy 'n jaar tronkstraf uitgedien vir hoogverraad omdat hy 'n dankgebed uitgespreek het ná twee groot Boereoorwinnings.
Inhoud
AgtergrondWysig
David Wilcocks het sy kinderjare op Graaff-Reinet deurgebring en sy vroegste onderwys geniet aan die kerkskool van ene Van Alphen. Hy sit later sy studie voort op Blauwvallei, Wellington aan die skool van die bekende M.J. Stucki en daarna aan die Stellenbosse Gymnasium. Deur privaat studie slaag hy in die matriekeksamen en kwalifiseer as onderwyser.
Hy wy hom nou ses jaar aan die onderwys, eers op 'n plaas in die distrik Middelburg, Kaap, en later op die dorp self, waar hy naderhand deur sir Langham Dale as die eerste hoof van die openbare skool aangestel word.
Teologiese studieWysig
Wilcocks se begeerte was egter om predikant te word en so sit hy sy studie in 1884 op Stellenbosch voort, maar moet dit onderbreek en gaan gee onderwys aan die Normaalkollege in Kaapstad. Hy verwerf nietemin die B.A.-graad en word tot die Kweekskool op Stellenbosch toegelaat. Ná legitimasie in 1890 word hy op 20 Maart 1891 op Vryburg in die destydse Betsjoeanaland georden en bevestig.
GemeentebedieningWysig
Ds. Wilcocks sou uiteindelik altesaam vyf gemeentes bedien: Vryburg van 1891 tot 1895 en weer van 1899 tot 1902, Mosselbaai van 1895 tot 1899 en weer van 1911 tot 1921, Aliwal-Noord van 1903 tot 1906, Prins Albert van 1906 tot 1911 en eindelik Riebeek-Kasteel van 1921 tot 1925. Nadat hy byna vyf jaar lank in die uitgestrekte Betsjoeanaland gearbei het, word hy, naas sy bediening op Mosselbaai, ook deur die regering aangestel as skoolinspekteur en organiseerder van onderwys, 'n taak waarvan hy, volgens C.K. Kriel in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, hom "meesterlik" kwyt. Op Mosselbaai, wat destyds oorwegend 'n Engelssprekende gemeenskap was, slaag hy ten spyte van heftige teenstand daarin om 'n skool met Nederlands as voertaal op te rig en om die aanddiens in Nederlands te hou.
Betsjoeanaland is gedurende die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 deur die republikeinse magte beset. Wilcocks sluit hom by die Boeremagte aan as veldprediker en ná die verowering van die gebied deur die Britte. Weens dankseggingsgebede wat hy uitgespreek het ná die Boereoorwinnings in die Slag van Colenso en Magersfontein is hy in 1900 skuldig bevind aan hoogverraad. Hy is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis en het dit in Tokai naby Kaapstad uitdien, waar hy in dié tyd onderwys gegee het.
Wyer betrokkenheidWysig
Met sy "buitengewone gawes van hoof en hart", soos Kriel dit beskryf, dien ds. Wilcocks sy mense in verskillende hoedanighede: Hy was eksaminator vir sowel die Sendinginstituut as die Kweekskool, jare lank tree hy op as voorsitter van die Sinodale Opvoedingskommissie en op die gebied van die onderwys het hy groot diens gelewer. Hy was 'n voorstander daarvan dat onderwys by die behoeftes van die kind aangepas moes word. Met die oog hierop, stig hy die Armskool op Mosselbaai vir kinders van sy gemeente wat die Sendingskole bygewoon het. Vir die opvoeding van die jong mense in sy gemeente, stig hy die Christelike Jongelingsvereniging in verskillende buitewyke.
Ds. Wilcocks word in 1925 aangestel as lektor aan die Sendinginstituut op Wellington en doen hier, volgens Kriel, sy beste werk. As sendingwetenskaplike laat hy die kursus aanpas by die eise van die tyd en baie van sy studente word later vooraanstaande Afrikaners. Vir sy studente was hy altyd 'n vorobeeld en het hy hulle aangemoedig tot volgehoue akademiese en teologiese studie.
Aftrede en doodWysig
Hoewel ds. Wilcocks in Desember 1932 afgetree het, het hy steeds 'n student gebly en op gevorderde leeftyd behaal hy sy meestersgraad. Ten tyde van sy dood in die ouderdom van 83 jaar was hy besig met sy doktorale studie.
GesinsleweWysig
BronneWysig
- Krüger, prof. D.W. (hoofred.) 1977. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers Bpk.
- Steyn, G.F. 1945. Mosselbaai Ned. Geref. Kerk Gedenkboek, 1845–1945. Mosselbaai: Die kerkraad.
- Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
|
<urn:uuid:a20ee96f-0f28-4c5c-b16e-a178a571becb>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/David_Wilcocks
|
2019-07-21T21:18:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00243.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999997 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Kultivar
’n Kultivar is ’n variëteit van ’n plantsoort wat deur die mens geteel of geselekteer is en nie in die natuur aangetref word nie.[1] Gewilde sierplante vir die tuin soos rose, kamelias, affodille, bergrose en asaleas is kultivars wat deur versigtige seleksie of teling gekweek is vir die blom se kleur of vorm. Voedselgewasse is ook meestal kultivars wat geselekteer is vir eienskappe soos groter oeste, smaak en weerstand teen siektes. In die houtbedryf word bome geplant wat geselekteer is vir die hoeveelheid en gehalte hout wat dit lewer.
Inhoud
BeskrywingWysig
Die internasionale vereniging vir die beskerming van nuwe variëteite plante (UPOV – Frans: Union internationale pour la protection des obtentions végétales) bied regsbeskerming aan mense en organisasies wat nuwe kultivars vir die handel bekend stel. UPOV vereis dat ’n kultivar eiesoortig, eenvormig en stabiel is. Om eiesoortig te wees, moet dit eienskappe hê wat maklik onderskeibaar is van ander bekende kultivars. Om eenvormig en stabiel te wees, moet dit hierdie eienskappe behou wanneer dit herhaaldelik voortgeplant word.
KultivarnaamWysig
’n Kultivar kry ’n spesifieke naam: dit bestaan uit die wetenskaplike naam, gevolg deur die kultivarnaam in enkel-aanhalingstekens. Die naam van die King Edward-aartappel is byvoorbeeld Solanum tuberosum 'King Edward'.[3]
VerwysingsWysig
- Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
- Lawrence, George H.M. (1953). "Cultivar, Distinguished from Variety". Baileya 1: 19–20
- Brickell, Chris D. et al. (eds) (2009). "International Code of Nomenclature for Cultivated Plants (ICNCP or Cultivated Plant Code) incorporating the Rules and Recommendations for naming plants in cultivation. 8th ed., adopted by the International Union of Biological Sciences International Commission for the Nomenclature of Cultivated Plants". Scripta Horticulturae (International Society of Horticultural Science) 10: 1–184. ISBN 978-90-6605-662-6
|
<urn:uuid:dc34c763-4248-453d-a071-c1237f18ce6c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kultivar
|
2019-07-21T21:55:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00243.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998892 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Stormwaterriool
Stormwaterriole word ontwerp om oortollige reën- en grondwater van ondeurdringbare oppervlakke soos geplaveide strate, parkeerterreine, loopvlakke, sypaadjies en dakke te dreineer. Stormwaterriole wissel van klein residensiële wegsyferputte (dry wells) tot groot munisipale stelsels. Hulle ontvang water van afvoerslote langs die meeste snelweë en ander besige strate, sowel as dorpe in gebiede waar swaar reënval en oorstromings voorkom, asook kusdorpe wat gereelde storms ervaar. Die afvoerslote van huise en geboue kan ook aan stormwaterriole gekoppel wees. Baie stormwaterrioolstelsels is ontwerp om die stormwater onbehandeld in riviere of strome te stort. Dit is dus onverantwoordelik om sekere soorte chemikalieë in die riole te stort.
Inhoud
Funksie[wysig | wysig bron]
Inloop[wysig | wysig bron]
Daar is twee hooftipes riool-inlate: sy-inlate en tralie-inlate. Sy-inlate word langs randstene aangetref en is afhanklik van die vermoë van die opening onder die latei om die afloop op te vang. Hierdie inlate is gewoonlik dieper by die kanaalbodem om opvangskapasiteit te verbeter.[1]
Baie inlate het roosters of tralies wat verhoed dat mense, voertuie, groot voorwerpe of vullis in die stormwaterriool val. Die tralies is gespasieer sodat die vloei van water nie belemmer word nie, maar sodat sediment en klein voorwerpe ook kan deurval. Stormwaterriole in strate en parkeerterreine moet sterk genoeg wees om die gewig van voertuie te dra, en word dikwels van gietyster of gewapende beton gemaak.
Van die swaarder sediment en klein voorwerpe kan in 'n opvangsput of sinkput direk onder die inloop afsak waar die water by die bokant van die opvangput in die eintlike riool oorloop.
Gedurende die droë tyd van die jaar sal die meeste sinkputte stagnante water bevat en in warmer lande kan dit 'n teelaarde vir muskiete word.
Die suksesvolle verwydering van sediment en ander besoedelingstowwe berus op die ontwerp van die sinkput (byvoorbeeld, die grootte van die opvangsput), asook op gereelde onderhoud ten einde die sinkput se stoorkapasiteit te verseker. Munisipaliteite maak gewoonlik van groot vakuumvragmotors gebruik om hierdie taak te verrig.
Pype[wysig | wysig bron]
In die deursnee is pype gewoonlik rond, maar hulle kan ook reghoekig, vierkantig, ovaal, omgekeerd peervormig of eiervormig wees. Rioolstelsels bevat dikwels ook verskillende kenmerke soos watervalle, trappe, balkonne en putte vir die opvangs van afval. Pype kan ook van verskillende materiale vervaardig word soos baksteen, beton, hoëdigtheidspoliëtileen of versinkte staal. Versterkte veselplastiek word toenemend vir rioolpype en toebehore gebruik.
Uitlate[wysig | wysig bron]
Die meeste riole het 'n enkele groot uitlaat (dikwels met 'n rooster bedek ) waar hulle 'n kanaal, rivier, meer, reservoir, see of oseaan bereik. Buiten opvangsputte is daar gewoonlik nie behandelingsfasiliteite in die pypstelsel nie. Klein stormwaterriole kan stormwater na individuele wegsyferputte afvoer. Soms word daar van gleufkoppelings in pype gebruik gemaak om pype onderling te koppel ten einde 'n groter wegsyferputstelsel te vorm. Stormwaterriole kan ook in mensgemaakte uitgrawings uitloop wat uitlaatbekkens of houdamme genoem word.
Omgewingsimpakte[wysig | wysig bron]
Waterkwantiteit[wysig | wysig bron]
Stormwaterriole het dikwels nie die kapasiteit vir die hoeveelheid reën wat gedurende swaar reën en/of storms val nie. Wanneer stormwaterriole oorstroom word, kan ondergrondse en straatoorstromings voorkom. Anders as katastrofiese oorstromings word hierdie soort voorstedelike vloede in beboude aangetref waar mensgemaakte rioolstelsels algemeen voorkom. Stedelike oorstromings is die hoofoorsaak van rioolverstopping en ondergrondse oorstromings wat eiendomme jaar na jaar kan beskadig.[2]
Waterkwaliteit[wysig | wysig bron]
Die eerste vlaag afloopwater kan uiters vuil wees. Stormwater raak besmet wanneer dit oor paaie en ander ondeurdringbare oppervlakke loop, of van die chemiese afloop van grasperke voordat dit die riool bereik.
Water wat oor hierdie ondeurdringbare oppervlakke loop, absorbeer petrol, motor-olie, swaar metale, vullis en ander besoedelingstowwe van paaie en parkeerterreine, en plaagdoders van grasperke.
Ongewenste afloop kan deur middel van die installering van toestelle in die stormwaterrioolstelsel afgeskei word. Hierdie toestelle is nuut op die mark en kan slegs tydens nuwe ontwikkelings of groot verbeterings geïnstalleer word. Dit staan as olie-sediment skeiers bekend, en bestaan uit 'n gespesialiseerde mangatput en maak van watervloei en/of swaartekrag gebruik om olie en gruis af te skei.[3]
Vermindering van stormwatervloei[wysig | wysig bron]
Om te voorkom dat reënwater in stormwaterriole afloop, kan die vloei van dakgeute eerder in naasliggende grond geïnfiltreer word as om in die stormwaterrioolstelsel afgevoer te word. Stormwaterafloop van geplaveide oppervlakke kan na onuitgevoerde slote herlei word voordat stormriole bereik word, weer eens om afloop in die grond te laat dreineer. Deurlatende plaveimateriale kan gebruik word om sypaadjies, opritte en in sommige gevalle, parkeerterreine, te bou sodat 'n gedeelte van die stormwatervolume geabsorbeer kan word.[4]
In baie gebiede word daar vereis dat houtenks op eiendomme geïnstalleer word. Dié word gebruik om reënwaterafloop tydens swaar reën tydelik teë te hou en die uitlaatvloei in die openbare riool te beperk. Dit verminder die kans dat die openbare rioolstelsel gedurende swaar reënval oorlaai word. Soms word daar ook van 'n oorloop-uitlaat gebruik gemaak wat hoër in die uitlaatkant van die houtenk aangebring word. Hierdie oorloop voorkom dat die houtenk heeltemal vol word. Deur die watervloei op hierdie manier te beperk en die water tydelik in 'n houtenk te hou, is daar 'n baie kleiner gevaar dat openbare riole oorstroom word.
Muskiete[wysig | wysig bron]
Opvangsputte word dikwels met 'n sinkput ontwerp wat laer as die uitlaatpypvlak is. Hierdie putte dien as 'n reservoir vir water en vullis ten einde te help voorkom dat die pyp verstop raak. Tensy dit met 'n deurlatende bodem gebou word, sodat die water in die onderliggende grond kan infiltreer, sal hierdie ondergrondse sinkput 'n ideale teelaarde vir muskiete word, want dit is koel, donker en vir lang tydperke met stagnante water gevul.[5]
Putte kan tot op pypvlak met beton gevul word om die vorming van hierdie reservoirs te voorkom. Sonder behoorlike instandhouding is die funksionaliteit van die put betwyfelbaar. Oor die algemeen word hierdie opvangsputte nie gereeld genoeg skoongemaak ten einde optimaal te funksioneer nie. Die opvangs van vullis dien dan geen doel nie, want sodra die put vol is, funksioneer dit asof daar in die eerste plek nie 'n put was nie. Dit bly eenvoudig 'n ruimte met vlak water waar muskiete kan teel. Selfs al word dit skoongemaak en instandgehou, bly die waterreservoir vol en 'n teelaarde vir muskiete.
Verhoudings tot sanitêre rioolstelsels[wysig | wysig bron]
Stormwaterriole en sanitêre rioolstelsels funksioneer afsonderlik. Die skeiding van stormwaterriole van sanitêre riole help voorkom dat rioolbehandelingsaanlegte tydens swaar reën met invloei oorlaai word. Indien dit gebeur, kan onbehandelde riool in die omgewing vrygestel word.
Baie stormwaterrioolstelsels is ontwerp om stormwater onbehandeld in riviere of strome te laat dreineer. Sommige plaaslike regerings hou openbare bewusmakingsveldtogte sodat afval nie in rioolstelsels gestort word nie.[6] In Cleveland, Ohio, bevat alle nuwe opvangsputte inskripsies wat mense gewaarsku om nie afval daarin te gooi nie, dikwels ook met 'n vis-afdruk.
Verblyf[wysig | wysig bron]
In verskeie groot Amerikaanse stede is daar hawelose mense wat in stormwaterriole woon. Minstens 300 mense woon in Las Vegas se ondergrondse stormwaterriole. Baie van hulle maak 'n bestaan deur onopgeeiste wengeld in dobbelmasjiene bymekaar te maak.[7] 'n Organisasie "Shine a Light" is in 2009 gestig om die rioolinwoners te help nadat meer as 20 persone gedurende die voorafgaande jare daar verdrink het.[7][8] 'n Man in San Diego is in 1986 uit 'n stormwaterriool gesit nadat hy nege maande lank daar gewoon het. 1986.[9]
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Argeologiese studies dui op die gebruik van taamlik gesofistikeerde stormwaterafloopstelsels in antieke kulture. In Minoïese Kreta is stede soos Phaistos ongeveer 4 000 jaar tevore met stormwaterriole en kanale vir die opvangs van neerslagafloop ontwerp. In Knossos is daar stormwaterriole bestaande uit klipstrukture wat so groot is dat 'n persoon daardeur kan kruip.[10]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Kerb Inlet, Local Government & Municipal Knowledge Base, besoek 6 Februarie 2010
- http://www.cnt.org/media/CNT_PrevalenceAndCo stOfUrbanFlooding.pdf
- Shoemaker, Leslie; Lahlou, Mohammed; Doll, Amy; Cazenas, Patricia (2002). "Fact Sheet--Oil/Grit Separator Units". Stormwater Best Management Practices in an Ultra-Urban Setting: Selection and Monitoring. Washington, DC: U.S. Federal Highway Administration.
- Brattebo, B. O.; Booth, D. B. (2003). "Long-Term Stormwater Quantity and Quality Performance of Permeable Pavement Systems" (PDF). Water Research 37: 4369–4376. doi:10.1016/S0043-1354(03)00410-X.
- Clinical Medicine & Research February 1, 2005 vol. 3 no. 1 3-12.
- U.S. Environmental Protection Agency (EPA), Washington, DC. "Public Education and Outreach on Stormwater Impacts." 2008-09-17.
- Adams, Guy (14 September 2009). "Subterranean home of Las Vegas's losers". The Independent. Retrieved 21 May 2010.
- O'Brien, Matt (2007). Beneath the Neon: Life and Death in the Tunnels of Las Vegas. Huntington Press. ISBN 0-929712-39-0.
- Associated Press (17 April 1986). "Sewer loser". Beaver Country Times. Retrieved 21 May 2010.
- C. Michael Hogan (2007). "Knossos fieldnotes." Modern Antiquarian.
|
<urn:uuid:0343b935-0a52-406b-a2b4-a0bb6aafc5a6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Stormwaterriool
|
2019-07-16T23:19:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00211.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999786 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Ronaldsey
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Ronaldsey-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:ae047573-366e-44b0-b1fa-37272ef21b42>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Ronaldsey
|
2019-07-16T23:05:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00259.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999991 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Vlag van die Republiek van die Kongo
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Vlag van die Republiek van die Kongo-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:a70d8a4d-3a7c-4974-90d4-143524bb35e8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Vlag_van_die_Republiek_van_die_Kongo
|
2019-07-23T03:10:08Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00547.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999996 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Mit Fried und Freud ich fahr dahin, BWV 125
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Mit Fried und Freud ich fahr dahin, BWV 125-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:d86ae087-d4b0-40e0-a04a-8af603c3d877>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Mit_Fried_und_Freud_ich_fahr_dahin,_BWV_125
|
2019-07-20T18:15:45Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00411.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998823 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Internasionale Krieketraad
Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde.
Die IKR is in 1909 deur verteenwoordigers van Engeland, Australië en Suid-Afrika as die Imperiale Krieket Konferensie gestig. In 1965 word dit hernoem na die Internasionale Krieketraad Konferensie, en in 1989 na die huidige naam.
Inhoud
LidmaatskapWysig
Die IKR onderskei tussen twee vlakke van lidmaatskap:
Volle lidmaatskapWysig
Vir die tradisioneel groot krieketlande. Hierdie lande kan toetswedstryde speel. Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR-vergaderings. Die volgende 12 lande is volle lede (in volgorde van aansluiting):
- Australië (sedert 15 Maart 1877)
- Engeland (sedert 15 Maart 1877)
- Suid-Afrika (tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970, weer sedert 18 April 1992)
- Wes-Indië (sedert 23 Junie 1928)
- Nieu-Seeland (sedert 10 Januarie 1930)
- Indië (sedert 25 Junie 1932)
- Pakistan (sedert 16 Oktober 1952)
- Sri Lanka (sedert 17 Februarie 1982)
- Zimbabwe (tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004, 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer sedert 3 Augustus 2011)
- Bangladesj (sedert 10 November 2000)
- Ierland (sedert 22 Junie 2017)
- Afghanistan (sedert 22 Junie 2017)
AssosiaatledeWysig
93 kleiner lande waar krieket 'n gevestigde sport is of as sport ontwikkel word, met een stem elk.
Daar was oorspronklik drie vlakke van lidmaatskap, maar die IKR het die geaffilieerde lidmaatskap in 2017 verwyder en alle voormalige geaffilieerde lede het geassosieerde lede geword.[1]
Voormalige ledeWysig
VerwysingsWysig
- ( ) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". icc-cricket.com. ICC. 22 Junie 2017. Besoek op 30 Mei 2019.
|
<urn:uuid:fc8659e5-6151-49c2-a334-c29071403c72>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Internasionale_Krieketraad
|
2019-07-15T22:34:19Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524254.28/warc/CC-MAIN-20190715215144-20190716001144-00083.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999182 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Duitse Demokratiese Republiek
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Duitse Demokratiese Republiek. |
Bladsye in kategorie "Duitse Demokratiese Republiek"
Die volgende 22 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 22.
|
<urn:uuid:1c08be9d-4153-4d7e-8be7-b8ea5f7bf033>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Duitse_Demokratiese_Republiek
|
2019-07-18T09:28:28Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525587.2/warc/CC-MAIN-20190718083839-20190718105839-00539.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.995755 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Toepolef Tu-144
Die sin lyk vir my bietjie vreemd: "Die Tu-144 het egter oor geen turbo-stralerenjins en buigbare neus beskik nie, wat die sig van die vlieëniers tydens die landing verbeter het." As ek na die beelde kyk lyk dit of die sowjet vliegtuig se neus wel op en af kon buig. As ek die teks van die Duitse artikel reg verstaan sê dit ook so. Laurens 16:29, 3 Januarie 2007 (UTC)
- Jy is reg. Ek het die artikel nou gewysig. Dankie vir jou proeflees en kommentaar. --Voyageur 22:04, 3 Januarie 2007 (UTC)
|
<urn:uuid:7f41ec34-9edf-4c1d-9789-eb5e248534f4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Tupolev_Tu-144
|
2019-07-22T03:48:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527474.85/warc/CC-MAIN-20190722030952-20190722052952-00483.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000005 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Jannie Moolman
Jannie Moolman | ||
---|---|---|
Beroep(e) | Sanger | |
Tipe stem | Tenoor | |
Aktiewe jare | 1990 – nou | |
Webwerf | janniemoolman.com | |
Assosiasies | Rina Hugo Corlea Botha | |
Musiekportaal |
Jannie Moolman is 'n tenoor wat opera en Afrikaanse liedjies sing. Hy het sy operaloopbaan in 1990 begin na voltooiing van sy BA-Kommunikasiekundegraad aan die Universiteit van die OVS. Van sy treffers sluit in: Liefling, Ons Winter Is Verby en Ek Mis Jou Elke Dag.
Moolman was ook die aanbieder van die TV-program Kom ons Karaoke wat op kykNET uitgesaai is.
Hy is in 2010 van sy eks-vrou, die violis Annake de Villiers geskei. Sy het in 2012 selfmoord gepleeg.
Diskografie[wysig | wysig bron]
- My Storie DVD, 2009
- Ek Kom Huistoe, JZM02 2007 Jannie Moolman
- Terugblik – Klassieke Gunstelinge . 2007 SALON MUSIEK
- Die Duet Album, met Rina Hugo, 2006 SONY
- Hoëveld Kleure, BOWLINE
- Jannie Moolman, 2005 RPM
- Jannie Moolman en Vriende DVD, 2004 WARNER
|
<urn:uuid:3307ac79-6319-40cc-91f7-1c354adda6f0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Jannie_Moolman
|
2019-07-22T06:05:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00019.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999626 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders
Jump to navigation
Jump to search
(vorige bladsy) (volgende bladsy)
Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer.
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders"
Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018.
(vorige bladsy) (volgende bladsy)H
- Ernst Haas
- Jürgen Habermas
- Zaha Hadid
- Hadrianus
- Hafez
- Gunther von Hagens
- William Haines
- Hampton Court-paleis
- Hannibal
- Hans-Georg Gadamer
- Thomas Hardy
- Ed Harris
- Richard Harris
- William Henry Harrison
- Erich Hartmann
- Władysław Hasior
- Václav Havel
- Joseph Haydn
- Friedrich August Hayek
- William Randolph Hearst
- Georg Wilhelm Friedrich Hegel
- Martin Heidegger
- Ernest Hemingway
- Hendrik II van Engeland
- Hendrik VII van Engeland
- Hendrik VIII van Engeland
- Henry Moore
- Simon Hantaï
- Katharine Hepburn
- Johann Gottfried von Herder
- Hergé
- Herodes Antipas
- Herodes die Grote
- Herodotos
- John Herschel
- Hieronimus van Stridon
- Cecil Higgs
- Hildegard van Bingen
- Hippokrates
- Alfred Hitchcock
- Adolf Hitler
- E.T.A. Hoffmann
- Katsushika Hokusai
- Homeros
- Robert Hooke
- Dennis Hopper
- Horatius
- John Howard (Amerikaanse akteur)
- Barnard Hughes
- Patrick Hughes (kunstenaar)
- Victor Hugo
- Johan Huizinga
- Alexander von Humboldt
- David Hume
- Friedensreich Hundertwasser
- Christiaan Huygens
I
J
- J. Paul Getty Museum
- Shah Jahan
- Helmut Jahn
- Jakobus I van Engeland
- Jakobus II van Engeland
- Jalal Uddin Rumi
- Henry James
- Jayavarman II
- Thomas Jefferson
- Steve Jobs
- Johan die Blinde
- Pous Johannes Paulus II
- Pous Johannes XXIII
- John Dewey
- Philip Johnson
- Samuel Johnson
- Shirley Jones
- James Joyce
- Julius Caesar
- Justinianus II van Bisantium
K
- Franz Kafka
- Frida Kahlo
- Wassily Kandinsky
- Kano Motonobu
- Immanuel Kant
- Karel die Grote
- Karel die Stoute
- Karel I van Engeland
- Karel II van Engeland
- Karel V
- Karel VI van Frankryk
- Katharina II van Rusland
- Andy Kaufman
- Buster Keaton
- Diane Keaton
- John Keats
- John F. Kennedy
- William Kentridge
- Jack Kerouac
- Omar Khayyám
- Wolf Kibel
- Paul Klee
- Heinrich von Kleist
- Georg Wenzeslaus von Knobelsdorff
- Johann Koch
- Koeblai Khan
- Peter Kolbe
- Käthe Kollwitz
- David Koloane
- Konfusius
- Konstantinos Petrou Kavafis
- Konstantyn VII van Bisantium
- Kores die Grote
- Cornelius Krieghoff
- Akira Kurosawa
L
- Jacques Lacan
- Karl Lagerfeld
- Hugh Lane
- Charles Lanyon
- Denys Lasdun
- Else Lasker-Schüler
- Maggie Laubser
- Charles Laughton
- Charles Laval
- T. E. Lawrence
- Le Corbusier
- Le Roux Smith le Roux
- Francois le Vaillant
- Robert E. Lee
- Spike Lee
- Gottfried Wilhelm Leibniz
- Cornelis Lely
- Wladimir Lenin
- Peter Joseph Lenné
- John Lennon
- Leo VI van Bisantium
- Leopold I van België
- Leopold I, Heilige Romeinse Keiser
- Leopold II, Heilige Romeinse Keiser
- Michail Lermontof
- Mervyn LeRoy
- Claude Lévi-Strauss
- John Frederic Lewis
- Arthur Lasenby Liberty
- Carolus Linnaeus
- John Locke
- Lodewyk IX van Frankryk
- Lodewyk XIII van Frankryk
- Lodewyk XIV van Frankryk
- Lodewyk XVI van Frankryk
- Raymond Loewy
- Michail Lomonosof
- Londense Tower
- Adolf Loos
- Louise van Hesse-Kassel
- Louvre
- Lu Xun
- George Lucas
- Lucius Annaeus Seneca
- Charles Ludlam
- Ludwig Forum vir Internasionale Kuns
- Ludwig von Herterich
- Bernardino Luini
- Martin Luther
- Edwin Lutyens
- David Lynch
- Jean-François Lyotard
M
- Guillaume de Machaut
- Niccolò Machiavelli
- Charles Rennie Mackintosh
- Albertus Magnus
- Wladimir Majakofski
- William Makepeace Thackeray
- Maksim Gorki
- Maksimiliaan I
- Maksimiliaan I van Meksiko
- Nelson Mandela
- Édouard Manet
- Andrea Mantegna
- Mao Zedong
- Louis Maqhubela
- Margaret Bourke-White
- Margrethe II van Denemarke
- Maria I van Skotland
- Maria II van Engeland
- Mariano Fortuny (ontwerper)
- Markus Aurelius
- Daniel Marot
- Martialis
- Ross Martin
- Karl Marx
- Henri Matisse
- Matthias (HRR)
- Matthias Claudius
- Johan Maurits
|
<urn:uuid:c2d7e7d1-5567-4451-bc2f-5327ea2608c2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Gv
|
2019-07-22T05:57:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00019.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.859145 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Charadriidae
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Charadriidae-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:d2367a4a-f261-4bf6-a87c-bcbff61349a8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Charadriidae
|
2019-07-22T05:46:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00043.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999976 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Joubertpark
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Joubertpark-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Volgens die Engelse wiki is "Joubert Park a suburb of Johannesburg", maar ek wonder nou of daar werklik so 'n voorstad bestaan. Kan iemand dalk help? Groete. Frank (kontak) 10:24, 17 Augustus 2014 (UTC)
|
<urn:uuid:d159b911-f1bb-40a9-8cb9-db3f07f368e6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Joubertpark
|
2019-07-20T22:20:34Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526714.15/warc/CC-MAIN-20190720214645-20190721000645-00515.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999956 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Wikipedia:Voorbladbeeld week 50 2007
Ysvlotte op 'n gletsermeer van Eyjafjallajökull, een van Ysland se kleiner gletsers. Die gletser se yskap dek 'n vulkaan (1666m hoog) wat sedert die begin van die huidige Ystydperk relatief reëlmatig uitbars. Die laaste uitbarsting was vanaf 1821 tot 1823, wat 'n dodelike gletserloop veroorsaak het. Die vulkaan se krater het 'n diameter van ongeveer 3-4km en die gletser dek self 'n oppervlak van ongeveer 100 km².
Foto-erkenning: Andreas Tille
|
<urn:uuid:2191bd38-ebdd-4522-802d-a28f5ca41863>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Voorbladbeeld_week_50_2007
|
2019-07-17T07:25:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00371.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999846 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
NG gemeente Drieankerbaai
NG gemeente Drieankerbaai is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat op 10 Maart 1880 van die Groote Kerk afgestig het en wat op Sondag 14 Maart 2010 sy 130-jarige bestaan gevier het. Dit is die 90ste gemeente wat in die destydse Kaapkolonie gestig is en naas die moedergemeente, Wynberg en Durbanville die oudste NG gemeente in die metropolitaanse gebied van Kaapstad. Die naam van die gemeente is ontleen aan 'n klein voorstadjie van enkele straatblokke tussen Groenpunt en Seepunt, wat in 1965 bekend geword het toe die digteres Ingrid Jonker hier in die see gestap en haar lewe geneem het.
Inhoud
Eerste treë[wysig | wysig bron]
Die gemeente se ontstaan was 'n regstreeks gevolg van 'n reeks evangeliedienste wat 'n voormalige Britse offisier, majoor Malan, aan die begin van 1876 in die Groote Kerk gehou het. Een van die ouderlinge van die Kaapstadse gemeente, mnr. I.P.H. van der Poel, is so begeester dat hy besluit het om 'n reeks bidure in sy huis in Drieankerbaai te hou. Daar ontstaan toe 'n behoefte aan 'n meer sentrale aanbiddingsplek in Seepunt, omdat die dienste in 'n klein kapel daar dikwels so vol was, dat aanbidders in die voorportaal moes staan. Sondagskoolkinders moes boonop elke Sondagmiddag stad toe gaan vir onderrig.
Op 25 Julie 1877 word twee planne aan 'n vergadering in die Seepuntse kapel onder leiding van ds. Georg Stegmann jr. van die moedergemeente voorgelê. Die een was die vergroting van die kapel, die ander die oprigting van 'n nuwe kerkgebou. Die tweede is aanvaar, maar daar was meningsverskil oor waar dit moes wees. 'n Latere vergadering aanvaar met 'n geringe meerderheid om die perseel aan te koop waar die kerkgebou vandag in Drieankerbaai staan. Die kerkraad van die Groote Kerk het vergeefs probeer eenparigheid kry, want sommige lidmate van Seepunt het tot in die dekade na 1920 nog aanhou aanbid in die klein kapel. Dit is toe afgebreek om plek te maak vir 'n vertoonkamer van die munisipaliteit, wat vandag as toeristeburo op die hoek van Queen- en Regentweg dien. Die afsonderlike wyksgemeente het toe in 'n gebou in Arthurweg aanbid, wat in die dekade na 1930 verkoop en 'n sinagoge geword het.
Die eerste boukomitee is op 28 Augustus 1877 aangestel, maar die kerkraad van die Groote Kerk het geen verantwoordelikheid vir die befondsing van die kerkgebou aanvaar nie. Lidmate van Drieankerbaai moes self die fondse insamel. Die oorspronklike raming was £1 500, maar uiteindelik het die boukoste £2 100 beloop.
Hoeksteenlegging[wysig | wysig bron]
Die hoeksteen van die kerkgebou is op 12 Februarie 1878 gelê deur sir David Tennant, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, die destydse koloniale parlement. Sir David het die steen goed met 'n hamer en versilwerde troffel gelê, wat hy later as geskenk ontvang het, maar dit het deur die jare tydens verbouings verlore gegaan. Hy het die groot gehoor in Hollands en Engels toegespreek en gesê: "Bou nie net die Kerk nie, maar vul dit ook met gelowiges. Laat die kerkbesoek gereeld, aanhoudend en ernstig wees. Laat gebede opstyg en danksegging altyd gehoor word binne die portale van hierdie Huis van God. So sal Christus verheerlik word, sondaars gewen en gelowiges opgebou word." Saam met die hoeksteen het ook 'n fles verlore geraak. Daarin was 'n afskrif van daardie dag se uitgawes van De Zuid-Afrikaan, die Het Volksblad, Cape Times en Cape Argus, asook 'n program van die verrigtinge.
Die vroue van die te stigte gemeente het die voortou geneem om die fondse vir die steeds toenemende boukoste in te samel. In Augustus 1878 hou hulle in die stad 'n basaar onder beskerming van die goewerneur, sir Bartle Frere se vrou, lady Frere. 'n Anderhalfuur na die deure geopen het, het hulle reeds £125 geïn. Die komitee moes egter £950 van ondersteuners leen. Dit is eers in 1900 afbetaal omdat die gemeente in die begin jare skaars 50 lidmate gehad het.
Inwyding[wysig | wysig bron]
Nog voor die gebou ingewy is, het die Groote Kerk se kerkraad besluit om 'n oggenddiens in Hollands en 'n aanddiens in Engels te hou. Die gebruik het tot 1950 voortgeduur.
Op Woensdag 9 Julie 1879 het die Tramway-maatskappy spesiale tremritte uit die middestad gereël om al die belangstellendes by die erediens ter inwyding van die kerkgebou te kry. 'n Optog het die kerkgebou teen halfdrie bereik en toe ds. A.D. Lückhoff die deur oopsluit, het die gemeente die gebou met die sing van Psalm 100 binnegegaan: "Gaan deur sy poorte in met lof, met lofsang in sy tempelhof!"
Gemeentestigting[wysig | wysig bron]
Voor die gemeente gestig is, moes die boukomitee die leiding neem. Hulle eerste stap was die stigting van 'n Sondagskool op Sondag 20 Julie 1879 met sowat 60 leerders. Daar was 'n Hollandse sowel as 'n Engelse afdeling.
Skaars twee maande na die kerkgebou ingewy is, nooi die boukomitee die gemeente na 'n deurslaggewende vergadering in die kerkgebou, wat uit die staanspoor as skool- sowel as kerkgebou moes dien. Hoewel die lidmate nog deel van die Groote Kerk was, maar hulle moes na hulleself omsien, omdat die moedergemeente nie verantwoordelikheid vir Drieankerbaai wou aanvaar nie. Die vergadering besluit eenparig om 'n nuwe gemeente af te stig en stel 'n komitee aan om dit uit te voer. Twee maande later, op 30 Oktober 1879, rig die komitee 'n brief aan die moedergemeente se kerkraad waarin hy goedkeuring vir die afstigting versoek. Die Groote Kerk se raad antwoord op 16 Desember: "De Kerkeraad geeft zijn toestemming tot de stichting van eene nieuwe gemeente te Drieankerbaai, met dien verstande dat – tot de aanstelling van eenen lereer voor de gemeente – geen leraar van de Kaapstadse gemeente zorg als konsulent van de nieuwe gemeente op zich zal hebben te nemen, en dat er voor de nieuwe gemeente bepaalde grenslijnen gemaakt worden." Die onderhandelinge oor die grenslyne sou, met tussenposes, nog baie jare daarna voortduur.
Lidmate van die klein Ronde Kerk was nie vir die afstigting te vinde nie en die ringskommissie, onder voorsitterskap van ds. Andrew Murray, besluit om 'n vergadering van die Ring van Kaapstad vir 10 Maart 1880 in die Drieankerbaai-kerkgebou te belê. Ná 'n soms warm bespreking stel dr. P.E. Faure van die NG gemeente Wynberg voor dat 'n afsonderlike gemeente in Drieankerbaai gestig word. Die voorstel word sonder teenstem aanvaar, maar vier afgevaardigdes bly buite stemming.
Die ring het ook drie verdere besluite geneem. Die gemeente sou sonder bepaalde grense gestig word om dit moontlik te maak vir ontevrede lidmate om in die Groote Kerk of die Ronde Kerk te bly. Die ring besluit ook om die gemeente se eerste kerkraad aan te stel en benoem ds. E.Z.J. de Beer van Simonstad as konsulent. 'n Koerantverslag oor die spesiale ringsvergadering lui: "Ds. de Beer zeide, dat de gemeente alhier voorseker klein zul zijn – de kleinste in onze Kerk. Maar was er ooit een gemeente, die het salaris van zijn predikant niet betaalde? (Een stem: 'Simonstad?' – gelach.) Wel, Simonstad was klein, maar betaalde zijn salaris maadelijks gereedelijk!" Snaaks genoeg het dit juis tydens die depressie van 1885 en daarna gebeur dat die gemeente nie die einste ds. De Beer, wat die eerste leraar geword het, se salaris kon betaal nie. Eers teen 1893 is dit herstel.
Aankondiging van stigting[wysig | wysig bron]
Die kalender van 1880 het nes dié van 2010 met die gemeente se 130-jarige viering daar uitgesien, sodat 14 Maart ook op 'n Sondag geval het. Daardie oggend kondig dr. P.E. Faure voor 'n groot gehoor die stigting van die nuwe gemeente aan. Sy teks was uit Johannes 19:30: "Het is volbracht," wat die gemeente se leuse sou word en wat ook op Sondag 14 Maart 2010 tydens die 130-jarige viering voorgelees is. Sedert die stigting die eerste keer ter sprake gekom het, het die aantal lidmate wat die nuwe weg wou volg, aansienlik gekrimp omdat heelwat eerder in Seepunt se kapel wou aanbid of lidmate van die Groote Kerk wou bly.
Die kerkraad het op Maandag 5 April 1880 die eerste keer vergader. Hulle bespreek die gemeente se moontlike naam en besluit op NG gemeente van Groenpunt, wat eers deur 'n kerkraadsbeluit van 1903 na "Drieankerbaai" verander is. Hierna besluit die kerkraad tydens 'n vergadering op 5 Julie 1880 om ds. Edmund de Beer (26 Februarie 1841 - 25 Mei 1918) een van die eerste vier studente van die Teologise Seminarium op Stellenbosch toe dit in 1859 geopen het), wat die konsulent was en predikant van Simonstad, as eerste leraar te beroep. Hy aanvaar die beroep op 22 Augustus. De Beer is op 8 Oktober 1880 deur dr. P.E. Faure bevestig. Tydens sy tydperk van 17 jaar, het die 40 lidmate met net vyf aangegroei.
Die gemeente het tydens die depressie van die middel jare tagtig van die 19de eeu dit moeilik gevind om die leraar se salaris te betaal. Hy doen die ongewone stap deur aan te bied om sonder vergoeding te werk. 'n Kollektebus is aan die kerkdeur geplaas met die woorde: "VOOR DEN LERAAR, DIE GEEN SALARIS ONTVANGT" – "FOR THE MINISTER, WHO RECEIVES NO SALARY" daarop aangebring. Hy het self die sleutel by hom gehou sodat niemand sou weet wat die toedrag van die kollekte was nie. Die depressie het lank aangehou en toe die kerkraad in 1889 en weer in 1889 besluit om sy salaris te herstel, het hy dit van die hand gewys. Pleks van die £300 wat hy veronderstel was om te kry, het die kollektebus vir die jaar 1890/'91 slegs £96 9s. 5d. opgelewer. Eers in 1893 stem De Beer in om weer sy salaris te ontvang.
Drie gebrandskilderde vensters[wysig | wysig bron]
Seker die mees opvallende kenmerk van Drieankerbaai se kerkgebou is die gebrandskilderde vensters, waarvan die drie oorspronklikes op Sondag 15 Maart 1885 onthul is. Die vensters is deur mnr. J.A. Bam, lid van die Wetgewende Vergadering, geskenk ter herinnering aan die dood in Hannover, Duitsland, van twee van sy drie dogters. Maria is op 22 Desember 1882 oorlede en Minnie 16 dae later op 7 Januarie 1883. Hulle was onderskeidelik 17 en 18 jaar oud. Die ruite is spesiaal vervaardig deur Alexander Gibbs van Londen.
Tydens die onthulling het ds. De Beer tydens elk van die drie eredienste (daar was in daardie stadium soggens 'n Hollandse diens en soggens sowel as saans 'n Engelse diens) een van elk van die onderwerpe van die vensters behandel.
Verdere verwikkelinge[wysig | wysig bron]
De Beer aanvaar in 1898 'n beroep na Barberton en word opgevolg deur ds. Nicholaas Johannes Brummer, wat die gemeente dien van 6 Januarie 1899 tot 4 Januarie 1911, toe hy hoogleraar in wysbegeerte aan die Victoria Kollege op Stellenbosch word. Die derde predikant, ds. George Stephanus Malan, wat van 5 Mei 1911 in die gemeente staan tot hy sy demissie op 1 Januarie 1913 aanvaar om redakteur van De Kerkbode te word. Drie maande ná Brummer se bevestiging, word aangekondig dat 'n moeder van die gemeente £1 000 aan die kerk sou leen vir die bou van 'n pastorie langsaan die kerk. Toe die skenker twee jaar later oorlede is, word dit bekend dat sy mev. J.A. Bam, vrou van die skenker van die gebrandskilderde vensters, was en dat haar lening met haar afsterwe 'n bemaking aan die gemeente geword het. Die pastorie is daarom "Blommestein" genoem, omdat sy 'n nooi Van Blommestein was.
Groei[wysig | wysig bron]
Mettertyd het die sowat 45 lidmate van die eerste 20 jaar van die gemeente se bestaan gestadig aangegroei, sodat daar in 1933 244 lidmate en 115 Sondagskoolkinders was. Selfs in daardie jare het die NG gemeente Kaapstad steeds 'n leraar, ds. F.X. Roome, in diens gehad vir die inwoners van Seepunt wat deel van die moedergemeente wou bly.
Die gemeente se lidmaattal bereik in sy eeufeesjaar (1980) 'n hoogtepunt van 649, wat destyds as "beskeie" binne die ring van Kaapstad beskou is. In die gedenkboek van daardie jaar skryf die skrywer, Etienne G. Malan, van die lidmate: "Hulle is dun gesaai in 'n grotendeels anderstalige gemeenskap van 80 000 wat woon in 'n gebied wat vir elf kilometers langs die Atlantiese kus strek. Daar is nie 'n Afrikaanse skool om gesinne te trek nie, en minder as een uit vyf van die inwonende gemeentelede is lid van 'n gesin met kinders. Meer as tagtig persent – vier uit elke vyf – van die lidmate woon in woonstelle. Dit bring dan ook mee dat meer as een derde van die gemeentelede per jaar van woonplek verwissel. 'n Aansienlike meerderheid van die lidmate is van die vroulike geslag."
Huidige stand[wysig | wysig bron]
Op 1 November 2009 volg ds. Martin Steyn vir ds. Frans Burger as leraar op. Die gemeente se lidmate het in die 30 jaar sedert die eeufeesviering algaande afgeneem tot sowat 100, sodat die Sondagskool doodgeloop het en die pastorie tot einde Maart 2010 aan 'n charismatiese gemeente verhuur was, wat ook Sondae eredienste in die kerkgebou gehou het. Ná die ooreenkoms met die charismatiese gemeente beëindig is, kon Drieankerbaai se leraar uiteindelik weer sy intrek (op 1 April 2010) in "Blommestein" neem. Sedertdien beleef die gemeente 'n oplewing met nuwe lidmate, veral jonger mense met kinders, wat gereeld aansluit, die finansies wat die eerste keer in jare goed lyk en babas wat gereeld gedoop word. Sedert ds. Steyn leraar geword het, het die inkomste van die jaarlikse basaar ook die hoogte ingeskiet.
Leraars[wysig | wysig bron]
- Edmund Zacharias Johannes de Beer, 1880 tot 1898
- Nicolaas Johannes Brümmer, 1899 tot 1911 (waarna professor aan Kweekskool)
- George Stephanus Malan, 1911 tot 1913
- Andrew Murray McGregor, 1914 tot 1939
- Dr. Louis Viljoen Rex, 1939 tot 1941
- Frederic John Berning Malan, 1941 tot 1943
- George de Coligny (Colin) Murray, 1943 tot 1950
- Gideon Johannes Kotzé, 1950 tot 1956
- Eduard Hauman Botha, 1956 tot 1966 (in amp oorlede)
- Piet du Toit, 1967 tot 1989 (in amp oorlede)
- Dr. William Edward Potgieter, 10 Desember 1989 tot 1992
- Frans Albertus Burger, 1992 tot 2008 (demissie), waarna kontrakpos NG gemeente Pearston
- Martin Steyn, 2009 tot 2018
- Andries Cilliers, 2018 tot hede
Bronne[wysig | wysig bron]
- ( Malan, Etienne G. 1980. Die kerk teen Seinheuwel: Drieankerbaai 1880 tot 1980. Kaapstad: NG gemeente Drieankerbaai. )
- ( Van Renen, Adri-Louise (red.). 2008. Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 2009. Wellington: Tydskriftemaatskappy (Tm). )
- ( ) Olivier, ds. P.L. 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
|
<urn:uuid:27913c1e-aff3-4d27-9aa6-bdf556045d9b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Drieankerbaai
|
2019-07-16T05:12:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00107.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999973 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Deir el-Bahari
Deir el-Bahari | ||
Hatsjepsoet se tempel, die fokuspunt van die kompleks by Deir el-Bahari. | ||
Koördinate | Koördinate: | |
Plaaslike naam | الدير البحر | |
Land | Egipte | |
Soort | Dodeakker | |
Geskiedenis | ||
Gestig | 15de eeu v.C. | |
Kulture | Antieke Egipte | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, vi | |
Verwysings | 87 | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Ancient Thebes with its Necropolis | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Deir el-Bahari of Dayr el-Bahri (Arabies: الدير البحري, "die Noordelike Klooster") is ’n kompleks van dodetempels op die westeroewer van die Nylrivier in Egipte, oorkant Luxor. Dit is deel van die Thebaanse dodeakker, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.
Die eerste tempel wat op die terrein gebou is, was dié van Mentoehotep II van die 11de Dinastie. Dit is in die 15de eeu v.C. gebou. Tydens die 18de Dinastie het Amenhotep I en Hatsjepsoet ook tempels op die terrein laat bou.
Inhoud
Dodetempel van Mentoehotep[wysig | wysig bron]
Mentoehotep II, die farao van die 11de Dinastie wat Antieke Egipte aan die begin van die Middelryk weer verenig het, het ’n baie buitengewone begrafniskompleks laat bou. Sy dodetempel is gebou op verskeie vlakke in die baai van Deir el-Bahari. Dit is bereik deur ’n pad van 16 meter breed wat gelei het vanaf ’n tempel in die vallei wat nie meer bestaan nie.
Die tempel bestaan uit ’n voorhof wat aan drie kante deur mure omsluit word en ’n terras met ’n groot struktuur wat die oerheuwel kan voorstel wat uit die waters van chaos ontstaan het. Die tempel kyk oos en word dus waarskynlik verbind met die sonkultus van Ra en die herlewing van die koning.
’n Opening lei na ’n ondergrondse gang met ’n standbeeld van die farao. Aan die agterkant van die voorhof en terras is pilare wat versier is met bootoptogte, jagtonele en militêre veldtogte.
Verskeie standbeelde van sy vroue en kinders is ook ontdek. Sy dogters was die priesteresse van Hathor, een van die hoof-begrafnisgodinne. Ses sarkofage van koninginne is ook gevind. Daar is ’n tonnel wat vir 150 meter na onder loop tot in ’n grafkamer met ’n altaar en die houtkis van Mentoehotep. ’n Diep skag lei na onvoltooide kamers wat waarskynlik aanvanklik bedoel was as die koning se grafkelder. ’n Toegedraaide beeld van die farao is hier ontdek.
Dodetempel van Hatsjepsoet[wysig | wysig bron]
Die fokuspunt van die kompleks by Deir el-Bahari is die Djeser-Djeseroe ("allerheiligste"), die dodetempel van Hatsjepsoet. Dit is ’n struktuur met suile wat gebou is ter ere van Amoen.
Djeser-Djeseroe is geleë op ’n reeks terrasse met suile wat bereik kan word met lang opgange wat eens omring was deur tuine. Dit is gebou teen ’n krans wat daaragter uitsteek en word algemeen beskou as "een van die onvergelykbare tempels van Antieke Egipte".[1]
Die ongewone uitleg van Hatsjepsoet se tempel kan verduidelik word aan die hand van die ligging daarvan, in die vallei van Deir el-Bahari en omring deur hoë kranse. Die terrasse gee vandag slegs ’n geringe aanduiding van die oorspronklike bedoeling van die argitek. Die meeste van die ornamente is weg – die standbeelde van Osiris voor die suile van die boonste kollonade, die sfinkslane voor die hof en die staande, knielende en sittende standbeelde van Hatsjepsoet; dit is alles vernietig in ’n veroordeling van die farao ná haar dood. Die argitektuur is ook aansienlik verander as gevolg van inkorrekte rekonstruksiewerk in die 20ste eeu.
Terrorisme[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Mertz, Barbara (1964). "Temples, Tombs and Hieroglyphs". New York: Coward-McCann. ISBN 0-87226-223-5
|
<urn:uuid:e67170d2-ac39-49a1-a1b0-f534298aa6d0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Deir_el-Bahri
|
2019-07-21T02:28:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526818.17/warc/CC-MAIN-20190721020230-20190721042230-00283.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999986 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
NG gemeente Clarens
Agtergrond[wysig | wysig bron]
Daar is heelwat interessante historiese gebeurtenisse verbonde aan die dorp Clarens, wat in 1912 gestig is. Die dorp heet na die dorp Clarens in Switserland om die volgende redes: (a) Net soos Clarens in Switserland is ook hierdie dorp tussen pragtige berge geleë. (b) Die dorp is uitgelê op die slagveld waar president Kruger (destyds kommandant) in 1866 teen die Basoeto's geveg het, tydens die oorlog tussen pres. Brand van die OVS en Mosesj; omdat pres. Kruger in Switserland oorlede is, het die stigters van hierdie dorp dit goed gedink om die dorp met pres. Kruger se nagedagtenis te assosieer. 'n Beter en gepaster naam kon hulle seker nie gekies het nie, aldus Ons gemeentelike feesalbum. 'n Paar kilometer buite die dorp staan ’n klein monument ter ere van die Transvalers wat daar gesneuwel het.
Nog geskiedkundige gebeurtenis aan Clarens verbonde is die oorgawe gedurende die Anglo-Boereoorlog van genl. Prinsloo met 4 000 burgers by Surrender, sowat 12 km suid van Clarens.
Gemeente gestig[wysig | wysig bron]
In 1913 is die skool in 'n bouvallige waenhuis geopen. As eerste skoolhoof is die heer J.S. de Leeuw aangestel. 'n Paar jaar ná die stigting van die dorp is die dorpsbestuur vervang deur 'n munisipaliteit. Die eerste burgemeester was die heer N.B. Swart. In 1920 is die gemeente Clarens van Bethlehem afgestig. Die eerste leraar was ds. S.J. Stander, later van onder meer Hartebeestfontein. Ook het die Clarens-tak van die OVV. hier 'n saal gebou, naamlik die President Kruger-gedenksaal.
In 1940 is 'n sierlike kerk gebou. Die hoeksteen is deur die destydse predikant, ds. J.J. le Roux, gelê. In die voorportaal van die kerk is 'n klip ingemessel, afkomstig uit die fondament van die tweede Voortrekkerkerkie wat in Natal gebou was. Bokant die klip is 'n koperplaat met die opskrif: “Hierdie klip is uit die Marianna (Tweede Voortrekkerkerkie), gebou deur die Voortrekkers in 1852 op Mount Howell, tussen die groot en klein Tugela, Natal, en is gesloop in 1874."
Vanweë die pragtige natuurskone berge, met die wonderlike rotsformasies en heerlike somerklimaat, het Clarens 'n gewilde vakansieoord geword, nie alleen van Suid-Afrika nie, maar ook vir mense ver buitekant die grense.
|
<urn:uuid:00d2314b-42e5-4332-ae82-3691d6f63f72>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Clarens
|
2019-07-18T13:32:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00547.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999984 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Pous Damasus I
Pous Damasus I | |
---|---|
Geboortenaam | Damasus |
Pontifikaat begin | 1 Oktober 366 |
Pontifikaat eindig | 11 Desember 384 |
Voorganger | Liberius |
Opvolger | Siricius |
Gebore | 304 Idanha-a-Nova (Lusitania, Hispania), Portugal |
Sterf | 11 Desember 384 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Damasus |
Sint Pous Damasus I | |
---|---|
Gebore | 304, Idanha-a-Nova (Lusitania, Hispania), Portugal |
Sterfte | 11 Desember 384, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Feesdag | 11 Desember |
Beskermheilige | argeoloë |
Inhoud
BiografieWysig
Pous Damasus I is in 304 waarskynlik in die stad Idanha-a-Nova (Lusitania, Hispania) wat tans in Portugal is of in Guimarães (tans in Portugal) in Gallaecia (nou Galicië, Spanje) gebore, die seun van 'n Spaanse priester met die naam Antonius. Sy ma se naam was Laurentia. Op 1 Oktober 366 volg hy Pous Liberius op en regeer tot sy dood op 11 Desember 384. Hy word opgevolg deur Pous Siricius. Die naam ‘Damasus’ beteken “van Diamant”.
PontifikaatWysig
Aanhangers van Pous Liberius het die diaken Ursinus as teenpous gekies en geweld en bloedvergieting gebruik om te probeer om hom op die troon van St. Pieter te plaas. Die stadsprefek van Rome Vettius Agorius Praetextatus het Damasus as die wettige pous erken en Ursinus na Keulen verban. Ursinus is later toegelaat om na Milaan terug te keer, maar hy is verbied om naby Rome te kom. Die teenpous het volgehou om Damasus te bekamp en self 'n klag van owerspel teen hom gebring in 378, maar Damasus is deur keiser Gratianus vrygespreek asook deur 'n sinode van 44 biskoppe wat in Rome plaasgevind het en waar sy aanklaers geëkskommuniseer is. Baie mense in die heidense en Christense gemeenskap het Damasus gesien as 'n man met meer wêreldse ambisie as herderlike eienskappe. Sy vermaaklikheidsin was berug weens sy uitspattigheid. Sy kritici het hom “die vroumense se oorblaser” genoem.
Pous Damasus het die Roomse geloof sterk verdedig. Tydens twee sinodes in Rome in 368 en 369 het hy Apollinarisme en Masedonianisme veroordeel en hy het ook gesante gestuur na die Raad van Konstantinopel in 381 wat teen die ketterye betoog het. Tydens die sinode van Rome in 369 is Auxentius, die Ariaanse biskop van Milaan afgeset, maar hy het aangebly tot sy dood in 374 toe hy opgevolg is deur St. Ambrosius. Die ketter Priscillian, wat deur die Raad van Saragossa in 380 veroordeel is, het vergeefs probeer appelleer by Damasus.
Damasus het Hieronimus van Stridon opdrag gegee om die Bybel te hersien en dit het aanleiding gegee tot die totstandkoming van die beroemde Latynse Bybel, die Vulgaat wat die vorige een, die Vetus Latina vervang het. Die Vulgaat is 'n nuwe vertaling uit Hebreeus eerder as die bestaande Griekse Septuagint. Hieronimus het ook die Kanon van die Nuwe Testament vasgestel.
Tydens sy pontifikaat het keiser Theodosius I sy beroemde edik “De fide Catholica” (27 Februarie 380) uitgevaardig, wat bepaal het dat die evangelie wat Petrus aan die Romeine gebring het, die staatsgodsdiens is en dat Damasus die hoof van die kerk is.
Toe Illirium in 379 van die Westerse Ryk afgesky is, het Damasus dadelik 'n Apostoliese vikarus in die persoon van biskop Ascholius van Thessalonika daarheen gestuur om sy gesag daar te vestig. Damasus het ywerig gewerk aan die versterking van die heerskappy van die biskop van Rome as die hoof van die kerk. Die toename van die mag van die pous het gelei tot groter prag en praal, iets wat veral deur Hieronimus veroordeel is. Die keiser Valentianus het op 29 Julie 370 selfs 'n edik uitgevaardig waarin kerklikes en monnikke (later ook biskoppe en nonne) verbied is weduwees en wese lastig te val oor gawes en erflatings.
Damasus het die kerk San Lorenzo in Damaso laat herstel en deeglike huisvesting vir die Vatikaanse Argief verskaf. Hy het die basiliek van Sebastianus laat bou asook die Via Ardeatina tussen die begraafplase van Callixtus en Domitilla. In laasgenoemde is hy volgens die Liber Pontificalis begrawe saam met sy ma en sy suster.
Damasus het verskeie konsilies bymekaargebring, nl.:
- 374 - Die konsilie van Rome.
- 380 – Die konsilie van Konstantinopel wat die werk van Nicea voltooi het en die goddelikheid van die Heilige Gees bevestig het.
- 381 – Die konsilie van Aquille teen die Ariane.
- 382 – Die tweede konsilie van Rome onder die invloed van Hieronimus wat die Apollinarisme veroordeel het.
- 383 – Die derde konsilie van Rome.
VereringWysig
VerwysingsWysig
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- "The Pelican History of the Church - 1: The Early Church" by Henry Chadwick
- "A History of the Christian Church" by Williston Walker
- Pierre de Luz - Histoire des Papes - Albin Michel - 1960
- Michel Lhospice - La Succession des 261 papes de l'Église romaine - Les Cahiers de l'Histoire nº21 - octobre 1962
Eksterne skakelsWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Damasus I. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
|
<urn:uuid:e4efc13a-494b-4e47-938c-19d898b6e501>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Pous_Damasus_I
|
2019-07-19T21:09:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00219.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999835 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Kuifkophoutkapper
Die kuifkophoutkapper (Trachyphonus vaillantii) is 'n voël wat aan die familie van Afrika-houtkappers (Lybiidae) behoort. Hulle kom in oop savannes in Afrika suid van die Sahara voor. In Engels staan die spesie as die Crested barbet bekend.
Kuifkophoutkapper | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kuifkophoutkapper in die Selous Wildreservaat in Tanzanië. | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Trachyphonus vaillantii Ranzani, 1821 |
Die spesie kan maklik aan hul dik snawel en kleurvolle vere uitgeken word. Hierdie klein voëltjie het 'n geel en rooi gesig met 'n klein swart kuifie. Die buik is geel met rooi spikkels, die vlerke is swart met wit spikkels en dit het 'n breë swart band om die nek.
SubspesiesWysig
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Trachyphonus vaillantii". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
- Crested barbet (Trachyphonus vaillantii). Handbook of the Birds of the World. URL besoek op 11 Julie 2018.
|
<urn:uuid:e1d2347d-8ebe-41c0-905f-3b13ddd3fbc8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kuifkophoutkapper
|
2019-07-17T11:15:49Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00043.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998712 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Rooibeksysie
Die Rooibeksysie (Estrilda astrild) is 'n algemene standvoël in lang gras, welige plantegroei, riete en bossieveld, dikwels naby water. Die voël is 11 cm groot en weeg 7 - 10 gram. In Engels staan die voël bekend as die Common Waxbill.
Rooibeksysie | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Volwasse rooibeksysie in Gran Canaria, Kanariese Eilande, Spanje. | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Estrilda astrild (Linnaeus, 1758) |
Inhoud
FotoaleryWysig
Sien ookWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Estrilda astrild. |
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Estrilda astrild". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:8c3a0ab1-7212-4ef2-a5dd-f7ceefa1d939>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Rooibeksysie
|
2019-07-17T10:16:44Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00043.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.983659 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Wiel (tydskrif)
Wiel | |
---|---|
Redakteur | Francois Rabe |
Kategorieë | motors |
Frekwensie | maandeliks |
Uitgewer | Ramsay Son & Parker (EDMS) |
Eerste uitgawe | Maart 1978 |
Finale uitgawe —nommer |
Februarie 2011 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Webwerf | http://www.wiel.co.za/ |
Wiel was 'n maandelikse Afrikaanse motortydskrif en die enigste Afrikaanse tydskrif wat die mark bedien het. Die laaste redakteur was Francois Rabe. Die Wiel is deur Ramsay Son & Parker (EDMS) uitgegee. Hulle is ook die uitgewers van die Engelse CAR-tydskrif.
Wiel het op hulle webtuiste aangekondig dat hulle ná bykans 33 jaar hulle deure toemaak en dat die Februarie 2011-uitgawe die laaste uitgawe van die tydskrif sal wees.[1]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- WIEL maak toe – vir altyd, [dooie skakel]. Laas besoek op 16 Februarie 2011.
|
<urn:uuid:ee8cc006-cbd2-4ec9-ba1a-c4e9e2e3c342>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wiel_(tydskrif)
|
2019-07-19T21:40:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00363.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Rocco C. de Villiers
Tydens sy kinderjare was daar nog geen hoërskole in die Paarl nie, maar hy het 'n deeglike opvoeding ontvang van die onderwyser P. J. du Toit. Vroeg reeds het sy musikale talent voor die dag gekom en dit is ontwikkel deur prof. J.S. de Villiers. In 1861 is hy getroud met Maria Louw, en die volgende jaar is hy na Caledon om daar as orrelis op te tree. Hier het hy ook 'n handelaarsbesigheid gehad; daarom het hy die meeste van sy komposisies en musikale skryfwerk gedurende die nag gedoen. Tydens 'n vakansie aan Mosselrivierstrand het hy sy later bekendgeworde koraalboek geskryf.
Rocco de Villiers was baie belese en kon Duits en Frans vloeiend praat. Drie keer het hy 'n besoek aan Europa gebring. Nadat hy 22 jaar op Caledon deurgebring het, het hy in 1883 na die Paarl teruggekeer. Hier was hy orrelis van die Paarl-gemeente, en gedurende die week het hy musieklesse gegee. Daarby het hy ook 'n handelaarsbesigheid in musiekinstrumente gehad. Een van sy seuns, prof. P.K. de Villiers, het sy musiektalent geërf.
Bronne[wysig | wysig bron]
- ( ) Nienaber, P.J. 1947. Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Johannesburg: L. & S. Boek- en Kunssentrum.
|
<urn:uuid:3610bc7d-76e7-43d0-ae69-c40a8756b2b9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Rocco_C._de_Villiers
|
2019-07-18T18:02:44Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00315.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
James W. Christy
James W. Christy | |
James Christy (links) en Robert Harrington in 1978.
Geboortenaam | James Walter Christy |
---|---|
Gebore | 1938 |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Sterrekundige |
Bekend vir | Ontdek Pluto se eerste maan |
Op 22 Junie 1978 ontdek hy dat die dwergplaneet Pluto 'n natuurlike satelliet het. Hy maak die ontdekking terwyl hy by die Amerikaanse Vloot se sterrewag werk en noem die maan 'n rukkie daarna Charon. Die naam bly nie-amptelik, totdat dit in 1986 deur die IAU (Union astronomique internationale) aanvaar is.[1]
Christy merk dat Pluto 'n effense bult aan die een kant het terwyl hy 'n vergroting van 'n fotografiese plaat van die dwergplaneet bestudeer. Hierdie plaat is as "swak" gemerk, omdat die verlengde (uitgetrekte) beeld van Pluto aan 'n gebrek aan onbehoorlike belyning toegeskryf is. Christy het egter opgemerk dat slegs Pluto verleng is, maar die sterre in die agtergrond was nie.
Christy het vroeër dubbele sterre by die sterrewag gefotografeer, wat hom laat dink het dat die foto op die plaat dalk 'n metgesel van Pluto kon wees. Nadat hy beelde uit die sterrewag se argief van sover terug as 1965 bestudeer het, kom hy tot die gevolgtrekking dat die bult inderdaad 'n maan was.[2]
Die fotografiese bewyse is as oortuigend, maar nie beslissend beskou (dit was moontlik dat die bult 'n reuse berg op Pluto kon wees). Sy ontdekking word egter bevestig nadat Charon se wentelbaan bereken is, en 'n reeks voorspelde verduisterings van Pluto en Charon waargeneem kon word.[3]
Die 1965-plaat het 'n nota op wat aandui "Pluto beeld verleng", maar die sterrewag se sterrekundiges, insluitend Christy, het tot 1978 aangeneem dat die plaat foutief was.[4]
Op meer moderne teleskope, soos die Hubble-ruimteteleskoop en grond-gebaseerde teleskope wat adaptiewe optika gebruik, kan aparte beelde van Pluto en Charon ingestel word.
Teen die einde van 2008 is asteroïde 129564 Christy na hom vernoem.[5]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Marsden, Brian G., Satellites of Saturn and Pluto, IAUC 4157 (3 Januarie 1986)[dooie skakel]
- Planets Beyond: Discovering the Outer Solar System, by Mark Littmann, 1990, pp. 173-177, including the essay "A Moment of Perception" by James W. Christy.
- Pluto and Charon: Ice Worlds on the Ragged Edge of the Solar System, by Alan Stern and Jacqueline Mitton, 1999, p. 58
- Littmann, p. 176
- 129564 Christy (1997 ER40)
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Pluto's Companion van die webtuiste "Pluto: The Discovery of Planet X," deur Brad Mager
- 25th Anniversary of the Discovery of Pluto's moon CHARON van NASA JPL se webtuiste
|
<urn:uuid:c15e96c5-bff8-4f77-9640-4443f2cf5665>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/James_W._Christy
|
2019-07-17T13:21:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525187.9/warc/CC-MAIN-20190717121559-20190717143559-00227.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999861 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Adele Lacy
Jump to navigation
Jump to search
Adele Lacy | |
Geboorte | 8 September 1910 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 3 Julie 1953 (op 42) |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Adele Lacy (8 September 1910 – 3 Julie 1953) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Vanishing Men (1932), The Wyoming Whirlwind (1932), When a Man Rides Alone (1933), en 42nd Street (1933).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1932: Vanishing Men
- 1932: The Wyoming Whirlwind
- 1933: When a Man Rides Alone
- 1933: 42nd Street
|
<urn:uuid:2e8dda25-47d8-4234-bff0-935ac9b3e565>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Adele_Lacy
|
2019-07-23T18:00:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529481.73/warc/CC-MAIN-20190723172209-20190723194209-00467.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.979125 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Maia Campbell
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Maia Campbell-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:88cb669f-6f8b-44c2-b13f-cfb406c8a25f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Maia_Campbell
|
2019-07-21T07:02:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00171.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999976 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Ngerulmud
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Palau |
Deelstaat | Melekeok |
Koördinate | |
Stigting | 2006 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2005) | 391 |
- Bevolkingsdigtheid | /vk km |
Tydsone | UTC +9 |
- Somertyd | UTC +9 |
Burgemeester | |
Amptelike webwerf |
Ngerulmud (Japannees: ンゲルルムッド) dien sedert 7 Oktober 2006 as die hoofstad van Palau, 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië, toe dit Koror vervang het. Dit is aan die ooskus van Babeldaob, Palau se grootste eiland, geleë. Ngerulmud is sowat 20 km noordoos van Koror en 2 km noordwes van Melekeok geleë. Met minder as 300 inwoners is Ngerulmud die mins bevolkte hoofstad van 'n soewereine staat, nog voor die Vatikaanstad.
Ngerulmud is in 2006 as nuwe hoofstad van Palau gestig en het die voorlopige hoofstad Koror vervang. Volgens Palau se grondwet uit 1979 moes die regering binne tien jaar 'n amptelike hoofstad op die hoofeiland Babeldaob benoem.[1] Vervolgens is die Kapitolkompleks na aanleiding van die Amerikaanse eweknie in Washington, D.C. deur die op Hawaii-gebaseerde maatskappy Architects Hawaii Ltd. (AHL) opgerig. Hulle het ook Palikir, die hoofstad van die Gefedereerde State van Mikronesië beplan.
Na die skuiwing was die presiese ligging van Palau se hoofstad onseker. Toe Ngerulmud in 2006 nog nie bestaan het nie,[2] het baie bronne die naaste nedersetting en naam van die deelstaat, Melekeok, as hoofstad aangegee. Die Duitse Auswärtige Amt (Buitelandse Kantoor) het in sy inskrywing oor Palau in 2015/16 die hoofstad van Melekeok na Ngerulmud verander.[3] Die Verenigde Nasies se webwerf beskou die deelstaat Melekeok as hoofstad,[4] terwyl Palau se regeringswebwerf nog steeds Koror as hoofstad van Palau beskou.[5] Die Amerikaanse Central Intelligence Agency gee Ngerulmud as Palau se hoofstad.[6]
Galery[wysig | wysig bron]
Nasionale Kapitolkompleks van Palau | |||||||||
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) "Constitution of the Republic of Palau". WIPOLex. Besoek op 1 April 2019.
- ( ) "2015 Census of Population and Housing" (PDF). Regering van Palau. Besoek op 1 April 2019.
- ( ) "Palau". Auswärtiges Amt. Besoek op 1 April 2019.
- ( ) "Palau". Verenigde Nasies. Besoek op 1 April 2019.
- ( ) "Physical Features". Regering van Palau. Besoek op 1 April 2019.
- ( ) "Palau". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 1 April 2019.
|
<urn:uuid:2c07fa61-e43f-4ca7-91ae-2f5b69a7187f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ngerulmud
|
2019-07-17T12:45:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525187.9/warc/CC-MAIN-20190717121559-20190717143559-00347.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999371 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Aliwal-Noord-lughawe
Aliwal-Noord-lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: geen – ICAO: FAAN | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Ligging | Aliwal-Noord, Oos-Kaap | ||
Hoogte bo seevlak | 4408 vt / 1344 m | ||
Koördinate | Koördinate: | ||
Landkaart | |||
Ligging in Oos-Kaap | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
2 000 | Gras | ||
1 650 | Grond |
Die lughawe beskik oor drie ongeteerde aanloopbane, 'n teerparkeerblad en een loods (hanger). Dit word meestal op naweke gebruik deur amateurvlieëniers wat met hul eensitplekvliegtuie 'n uitstappie neem oor die pragtige berglandskap van die omgewing.
Ongeveer driekeer per jaar word 'n sg. "invlieg"-byeenkoms gehou, waartydens heelwat privaattuie van sover as Gauteng, Bloemfontein en George na die dorp toe invlieg vir 'n vliegbyeenkoms en uitstalling van vliegtuie.
Lugdienste en bestemmings[wysig | wysig bron]
- Geen geskeduleerde vlugte
[wysig | wysig bron]
- Ongerigte radiobaken
- Geen aanloopbaanligte
|
<urn:uuid:bb6849eb-9b43-421a-b7e4-d2d6663fff03>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Aliwal-Noord-lughawe
|
2019-07-17T15:19:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00003.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99993 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Gayle Hunnicutt
Jump to navigation
Jump to search
Gayle Hunnicutt | |
Geboorte | 6 Februarie 1943 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Kinders | 2, insluitende Nolan Hemmings |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1966–99 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Gayle Hunnicutt (gebore 6 Februarie 1943) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Marlowe (1969), Scorpio (1973), The Legend of Hell House (1973), en Target (1985).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1968: P.J.
- 1969: Marlowe
- 1969: Eye of the Cat
- 1970: Fragment of Fear
- 1971: Freelance
- 1972: Running Scared
- 1973: Scorpio
- 1973: The Legend of Hell House
- 1973: Voices
- 1974: Shadowman
- 1976: The Sell-Out
- 1978: Once in Paris...
- 1979: The Saint and the Brave Goose
- 1980: Flashpoint Africa
- 1985: Target
- 1987: Turnaround
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1974: Affairs of the Heart
- 1978: Return of the Saint
- 1984: The Adventures of Sherlock Holmes
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 1978: Dylan
- 1981: The Million Dollar Face
- 1984: Two by Forsyth
- 1989: The Saint: The Brazilian Connection
|
<urn:uuid:4919da60-9308-41e7-9e3d-7e3b295fa3a7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gayle_Hunnicutt
|
2019-07-17T14:49:16Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00243.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.873903 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Gobi
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Gobi-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:bb02b116-6873-41ce-a5e5-7c893182ab15>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Gobi
|
2019-07-21T10:57:19Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00107.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999988 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Steenloper
Die Steenloper (Arenaria interpres) is 'n algemene trekvoël by rotskuste en riviermondings en kom selde binnelands voor. Die voël is 21 – 25 cm lank, 90 - 150 g groot met 'n vlerkspan van 54 cm. In Engels staan die voël bekend as die Ruddy Turnstone.
Steenloper | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Volwassene in se broeigewaad. | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Arenaria interpres (Linnaeus, 1758) |
Inhoud
FotogaleryWysig
Sien ookWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Arenaria interpres. |
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Arenaria interpres". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:2bd1a72c-7018-4ab0-b5ff-7aec086f52a6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Arenaria_interpres
|
2019-07-21T11:25:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00275.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.990792 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
A Wizard of Earthsea
Outeur | Ursula K. Le Guin | |
Omslagontwerper | Ruth Robbins | |
Land | Verenigde State | |
Taal | Engels | |
Reeks | Earthsea | |
Genre | Fantasie, Bildungsroman | |
Uitgewer | Parnassus Press | |
Uitgegee | 1968 | |
Medium | Druk (gebind & sagteband) | |
Bladsye | 205 (eerste uitgawe) | |
ISBN | 9780547773742 | |
Voorloper | The Rule of Names | |
Vervolg | The Tombs of Atuan | |
A Wizard of Earthsea is 'n fantasieroman deur die skrywer Ursula K. Le Guin wat die eerste keer in 1968 gepubliseer is. Dit word wyd erken as 'n klassieke voorbeeld van fantasie en kinderliteratuur. Die storie speel af in die fiktiewe argipel van Earthsea, en vertel die storie van 'n jong towenaar by die naam van Ged, wat gebore is op die eiland van Gont. Terwyl Ged nog 'n seun is, sluit hy aan by 'n skool van toordery, en dryf sy kompeterende geaardheid hom tot konflik met een van sy medestudente; waartydens hy in 'n tweestryd 'n skadu-kreatuur loslaat, waarvan hy deur die res van die roman probeer ontsnap.
Hierdie roman word dikwels as 'n Bildungsroman beskryf. Verder kommunikeer die roman temas wat vanuit die Taoïsme geleen is, naamlik dat die balans van Earthsea se wêreld gehandhaaf word deur die idee dat tale en name die krag het om materiële dinge te kontroleer.
A Wizard of Earthsea word opgevolg deur vyf ander boeke wat gesamentlik deel uitmaak van die Earthsea-sekwens of -reeks, naamlik The Tombs of Atuan (1970), The Farthest Shore (1972), Tehanu (1990), Tales from Earthsea (2001) en The Other Wind (2001).
|
<urn:uuid:1e37de72-0de4-4d35-8b87-27b2620b426d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/A_Wizard_of_Earthsea
|
2019-07-16T13:06:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00267.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999875 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Oswald Pirow
Oswald Pirow | |
Pirow was minister van spoorweë en hawens | |
Minister van Justisie
Ampstermyn 1929 – 1933 | |
Eerste minister | Barry Hertzog |
---|---|
Voorafgegaan deur | Tielman Roos |
Opgevolg deur | Jan Smuts |
Minister van Verdediging
Ampstermyn 1933 – 1939 | |
Voorafgegaan deur | Frederic Creswell |
Opgevolg deur | Jan Smuts |
Persoonlike besonderhede
Gebore | 14 Augustus 1890 Aberdeen (Kaapkolonie) |
Sterf | 11 Oktober 1959 (op 69) Pretoria (Transvaal) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Politieke party | Nasionale Party |
Kiesafdeling | Zoutpansberg Gezina |
Eggenoot/eggenote | Elsé Piel |
Kind(ers) | 2 seuns, 2 dogters |
Blyplek | Plaas Valhalla naby Pelgrimsrus |
Professie | Prokureur |
Inhoud
Vroeë leweWysig
As die seun van Carl Bernhard Ferdinand Pirow, ’n geneesheer en seun van ’n Duitse sendeling, en sy vrou Henny Jasmine Marine Tomby, het Pirow sy opvoeding aan Potchefstroomse Seminarium ontvang. Op veertienjarige leeftyd is hy na Duitsland waar hy sy doktorsgraad verwerf het, waarna hy sy regstudie aan die Inner Temple in Engeland voltooi het en die Inns of Court-beurs vir regsgeleerdheid verower het. Terwyl Pirow in Engeland was het hy as sportman uitgeblink. Hy het onder andere die Engelse spiesgooikampioenskap gewen en het ’n hoë peil gehandhaaf in boks, swem, stoei, naellope, boogskiet, perdry en skerm.[1] Hy is in 1913 voor die balie by die Inner Temple geroep en het in 1914 in Pretoria as prokureur begin optree en in 1925 het hy die hoogste titel van Britse advokate (Koningsraad) gekry. In 1919 het hy met Elsé Piel getrou. Die egpaar het twee seuns en twee dogters gehad.[2]
Skuif na die politiekWysig
Na voltooiing van sy regstudie het Pirow hom in 1914 as advokaat in Pretoria gevestig en spoedig ’n groot praktyk in vennootskap met Tielman Roos opgebou. Hy was ’n groot ondersteuner van Roos wat daardie tyd leier van die Nasionale Party in Transvaal was. Pirow staan in 1915 in die kiesafdeling Parktown vir die Nasionale Party, maar kom tweede met slegs 299 stemme vergeleke met die Unionisteparty se R. Feetham se 2 001 stemme. In 1920 en 1921 het hy sonder welslae die setel Soutpansberg betwis. Hy was ook in 1922 saam met Roos betrokke by pogings om die Randse staking te beëindig. Na afloop daarvan het hy van die stakers kosteloos in die hof verdedig.
In die 1924-verkiesing het hy kolonel Hendrik Mentz, die destydse Minister van Verdediging, in Soutpansberg verslaan. In 1929 het hy besluit om in Standerton teen genl. Jan Smuts te staan[2] en het met slegs 173 stemme verloor. Om hom in die parlement te hou is hy tot senator benoem en in dieselfde jaar het hy, nadat Roos weens gesondheidsredes uit die kabinet getree het, Minister van Justisie geword. Kort daarna, in Oktober 1929 het hy in ’n tussenverkiesing Volksraadslid vir Gezina geword, wat hy tot 1943 gebly het.[2]
Die hoogtepunt in Pirow se loopbaan as Minister van Justisie was die deurloods van die Wysigingswet op Oproerige Byeenkomste van 1930, wat as die eerste anti-Kommunistiese wetgewing beskou kan word. Die doel was om te verhoed dat Swartmense deur Kommunistiese agitators teen Blankes opgerui word.
Pirow was ’n voorstaander van die samesmelting van die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party en het ’n leidende lid van hulle nuwe kabinet geword.[2] Tydens die woelinge van die dertigerjare was Pirow midde-in die stryd. Toe hy in 1931 verneem dat Roos moontlik tot die aktiewe politiek sou terugkeer, het hy hom probeer oorreed om genl. Hertzog nie te beveg nie. Tydens die koalisiesamesprekings van 1933 was hy een van die hoofonderhandelaars wat die ooreenkoms tussen die NP en die SAP bewerkstellig het. In 1934 het hy saam met Hertzog tot die Verenigde Party toegetree.
Die lugvaart was lank reeds ’n stokperdjie en dit het ook sy werk as kabinetsminister beïnvloed.[1] Met die samestelling van die koalisiekabinet in 1933 het Pirow Minister van Spoorweë en Hawens en van Verdediging geword. In eergenoemde hoedanigheid het hy veel gedoen ter verbetering van die lot van spoorwegwerkers, en ter bevordering van burgerlike lugvaart. Vanuit hierdie basis het hy die Suid-Afrikaanse Lugdiens gestig wat hy ook toegerus het met Junkers vliegtuie.[2] Die fondasie van die nasionale lugdiens was vir Pirow ’n belangrike stap om die land meer mag te gee in die kontinent.[3]
MinisterWysig
As Minister van Verdediging het hy in 1933 die Spesiale Diensbataljon in die lewe geroep as ’n heenkome vir jong manne wat vanweë die depressie na skool werkloos was. Die bataljon het spoedig ’n gunstige reputasie verwerf en ook kinders van gegoede gesinne het daarby aangesluit. Pirow wou torpedodraende bomwerpers vir die Lugmag aanskaf om Suid-Afrika teen aanvalle van die see af te beskerm, maar die geld daarvoor kon nie gevind word nie vanweë die konserwatiewe beleid wat N.C. Havenga as Minister van Finansies gevolg het. Sy reputasie as minister het skerp in die gedrang gekom deur die ingebruikneming van boskarre, getrek deur osse, in die Transvaalse Laeveld en Bosveld om Suid-Afrika teen ’n aanval vanaf Lourenço Marques te beskerm. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het dit geblyk ’n uiters onpraktiese instelling te wees aangesien Suid-Afrika buite die grense van die land opgetree het. Hoewel Pirow baie spot oor die boskarre moes verduur, het sy beplanning en reorganisasie van die Verdedigingsmag Smuts in staat gestel om dit gou op voet van oorlog te kon bring.
In die openbare lewe het hy bo sy kollegas uitgestyg. Benewens die portefeuljes van Justisie, Spoorweë en Hawens en Verdediging wat hy behartig het, was hy gedurende 1938–39 ook Minister van Handel en Nywerheid, en tydens A.P.J. Fourie se besoek oorsee het hy ook Mynwese en Industrieë waargeneem. Alhoewel Hertzog weinige vertrouelinge gehad het, het Pirow weldra ’n vertroueling van hom geword. In sommige kringe is selfs van hom as ’n toekomstige eerste minister gepraat. Die oorlogsverklaring van 1939 het ’n einde aan sy ideale gemaak. Sommige het gehoop dat Pirow met sy aanhang in die Verdedigingsmag met ’n magsgreep Smuts se oorlogsplanne sou dwarsboom, maar daar het niks van gekom nie. Waarskynlik was dit een van die redes waarom hy na 1939 in ’n swak lig gestel is en sy werk as Minister van Verdediging deur die Smuts-regering verkleineer is.
Herenigde Nasionale PartyWysig
Hoewel sommige van Pirow se vroeëre uitsprake die indruk kon geskep het dat hy Suid-Afrikaanse deelname aan ’n wêreldoorlog sou steun, het hy op 4 September 1939 tydens die neutraliteitsmosie met die uitbreek van die oorlog Hertzog se standpunt ondersteun. Met die skeuring in die VP het hy saam met Hertzog in die opposisiebanke beland en sy leier gevolg in die nuwe Herenigde Nasionale Party (HNP).[2]
Ná die skeuring het Pirow hom by die Volksparty van Hertzog gevoeg. In 1940 was hy intiem gemoeid met onderhandelinge met dr. D.F. Malan om ’n grondwet vir die Herenigde Nasionale Party of Volksparty (HNP) op te stel. Sy konsepklousule oor die republikeinse strewe het heelwat beroeringe veroorsaak. Ten spyte van die feit dat Hertzog nie tot die nuwe party toegetree het nie, het Pirow sy gewig daarby ingegooi.
Weer eens het hy sy eie koers ingeslaan toe hy in September 1940 die Nuwe Orde gestig het.[2] Hierdie beweging het hom beywer vir ’n Nasionaal-sosialistiese bestel in Suid-Afrika, gegrond op die idees van die Portugese diktator, Salazar, vir wie hy ’n groot bewondering gekoester het. Hitler het ook steeds sy agting geniet. Die Nuwe Orde het die Brits-Joodse imperialisme en kapitalisme verwerp, asook die beginsels van die demokrasie. ’n Nuwe orde moes geskep word waar sosialistiese beginsels hernuwing in die gemeenskap moes bewerkstellig. Hul strewe was ’n Blanke, Christelike, Nasionaal-sosialistiese republiek los van die Britse Ryk en gegrond op die beginsels van staatsgesag en nasionale dissipline. Ten spyte van sy dié nuwe rigting het Pirow in die HNP gebly en sy lojaliteit daaraan betuig. Vanweë sy Nasionaal-sosialistiese uitsprake het hy egter spoedig met adv. J.G. Strijdom, die leier van die HNP in Transvaal, in botsing gekom en aan die begin van 1942 is sy bande met die party verbreek.
Sy Nuwe Orde met sestien Volksraadslede was naas die HNP die sterkste opposisie in die parlement. Hy het tot 1943 as lid van die Volksraad aangebly, maar hy en sy volgelinge het nie aan die verkiesing daardie jaar deelgeneem nie. Sy optrede in die Volksraad het van ’n groeiende minagting van die parlementêre stelsel getuig en hy het die gewone kieser as blote stemvee bestempel. Na die verkiesing het die Nuwe Orde bly voortbestaan en Pirow het ’n nuusbrief met die titel Nuwe Orde uitgegee waarin die HNP skerp gekritiseer is. Pirow het by verskeie geleenthede nouer skakeling met die Nuwe Orde, die Ossewa-Brandwag en die Gryshemde nagestreef, dog nie een van hulle kon werklik ’n impak op die gewone publiek maak nie. Na die oorlog het die Nuwe Orde van die toneel verdwyn, alhoewel Pirow se blaadjie nog tot in die vyftigerjare bly voortbestaan het. Hy het hom aan die openbare lewe onttrek en hom weer op sy regspraktyk toegelê.
OorlogWysig
In Pirow se loopbaan het betrekkinge wat met Duitsland gehandhaaf is, ’n groot rol gespeel. In 1933 het hy ’n besoek aan Adolf Hitler in Berchtesgaden gebring waartydens hy oorweldig is deur die sjarme van die Duitse leier. Pirow se uitspraak in 1936 dat alle Duitse gebiede in Afrika, insluitende Suidwes-Afrika aan Duitsland teruggegee moet word, het groot opspraak verwek. Op voorstel van Smuts en in oorleg met die Britse Eerste Minister, Neville Chamberlain, het Pirow in 1938, ’n jaar voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, ’n besoek aan Hitler gebring, hoofsaaklik om te kyk of hy nie beweeg kon word om die snelle ontwikkeling in die rigting van ’n oorlog te stuit nie. Juis hy is gestuur omdat Smuts gereken het dat hy ’n invloed op Hitler sou kon uitoefen, maar sy sending het misluk. Omdat sy ouers Duitse immigrante was het Pirow tuis ook Duits gebesig en ’n dogter van Pirow het in Junie 1939 aan ’n Britse koerant gesê dat die Pirows meer Duits as Suid-Afrikaans gevoel het.[4]
Laaste jareWysig
Pirow was besonder veelsydig. Hy was ’n jagter van formaat, die vliegkuns het hom aangetrek en hy het reeds vroeg oor ’n vliegbewys beskik. Hy was ’n musiekliefhebber wat goed viool kon speel en ’n belese man wat vier tale magtig was. Sedert 1948 het Pirow as skrywer ontluik. In 1948 het Piet potlood, ’n seunsverhaal, verskyn. Van sy ander boeke, wat van diepgaande kennis van die Swartman getuig, is Mlungu Mungoma of die Blanke waarsêer (1949), Sjangani (1950), Sikororo (1952), Ashambeni (( 1955), en die biografie James Barry Munnik Hertzog ( ) ( 1957). )
Aan die begin van 1957 het hy sy regspraktyk neergelê en hom op sy plaas gaan vestig. In 1959 het hy egter op versoek van die regering tot die hof teruggekeer as leier van die span staatsadvokate in ’n belangrike hoogverraadsaak wat alreeds in 1956 ’n aanvang geneem het. Die African National Congress, en in besonder Nelson Mandela, het ’n ‘bepaalde toegeneentheid jeens Pirow ontwikkel’, hoofsaaklik weens sy ordentlikheid wanneer hy na die beskuldigdes as ‘Afrikane’ verwys het.[7] Hy is tydens die saak oorlede weens hartversaking. Hy is veras en sy as is gehou op sy plaas Valhalla naby Pelgrimsrus.[2]
VerwysingsWysig
- Philip Rees, Biographical Dictionary of the Extreme Right since 1890, p. 270
- N.G. Garson, ‘Oswald Pirow’ in Oxford Dictionary of National Biography
- R.L. McCormack, 1979, ‘Man with a Mission: Oswald Pirow and South African Airways, 1933-1939’, The Journal of African History, Vol. 20, No. 4, White Presence and Power in Africa. pp. 543-557.
- Brian Percy Bunting: Brian Bunting, The Rise of the South African Reich, Penguin Books, 1969, p. 57
- Dr. Ernst Jokl (1907–1997) was die Suid-Afrikaanse Regering se nuutaangestelde Direkteur van Fisiese Opvoeding in 1942.
- Bloch, Michael, F.M. The Life of Frederick Matthias Alexander, Little, Brown (Londen, 2004) Hoofstuk 7
- T. Lodge, Mandela: A Critical Life, p. 64
|
<urn:uuid:79871222-d793-422b-959f-d3d38ca1acb6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Oswald_Pirow
|
2019-07-20T07:32:07Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00203.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Eben van Renen
Eben van Renen (* 23 Augustus 1976) is 'n Suid-Afrikaanse wetenskapfiksieskrywer.
Agtergrond en Opvoeding[wysig | wysig bron]
Eben van Renen is gebore op 23 Augustus 1976 in Sasolburg, Vrystaat, Suid-Afrika. Hy martrikuleer in 1995 aan Hoërskool Table View en verwerf sy Hoër Diploma in Onderwys aan die Onderwyskollege Boland. Later verhuis hy na Kanada met sy vrou Natalie (wat hy in Engeland ontmoet het. Uit die huwelik is 'n dogter gebore. Eben van Renen en sy gesin woon tans in Campbell River, Brits-Columbië, Kanada. Hy is tans druk besig om te studeer aan sy meestersgraad.
Werk[wysig | wysig bron]
Eben van Renen is tans werksaam as onderwyser in Skool Distrik 72 Campbell River op Vancouver-eiland, Brits-Columbië, Kanada.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Eben van Renen skryf al van 'n jong ouderdom af en het ook heelwat artikels [1] geskryf rondom Afrikaanse wetenskapfiksie en het in Oktober 2011, sy eerste volwaardige Afrikaanse wetenskapfiksie roman getiteld Arwantië 2953 gepubliseer wat deur die bekende skrywer Ilse Steyn (Liefde in die Ruimte; Prinses in die Ruimte)soos volg beskryf is:
Die meeste van ons verwag van ‘n wetenskapfiksieskrywer om vir ons ‘n ander wêreld met herkenbare karakters en interessante probleme te skep. Eben van Renen het hierdie uitdaging ver oortref want hy het die wêreld en sy mense ‘n uitgebreide geskiedenis gegee, tegnologie wat so verduidelik word dat dit sin maak, ‘n hele skala aan wapens, groot probleme en ‘n onoorwinlike vyand. En hoe daardie vyand uiteindelik aangepak word is ‘n triomf vir hierdie skrywer se verbeelding en my simboliese hoed laat afhaal en ‘n diep buiging maak.
Eben van Renen is tans besig om in sy vrye tyd te werk aan sy tweede roman.
|
<urn:uuid:4b829b73-acf0-43fd-a824-4c6d5ae4383f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Eben_van_Renen
|
2019-07-22T21:05:25Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528220.95/warc/CC-MAIN-20190722201122-20190722223122-00515.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000002 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hoefyster
'n Hoefyster is 'n mensgemaakte produk, ontwerp om 'n perd se hoef te beskerm teen slytasie. Dit word gewoonlik van metaal vervaardig, maar soms gedeeltelik of in sy geheel van moderne sintetiese materiale. Hoefysters word op die plat oppervlakke van die hoewe aangeheg, gewoonlik vasgespyker deur die onsensitiewe hoefmuur (wat anatomies soortgelyk is aan die menslike toonnael, hoewel baie groter en dikker).
Hoefsmid[wysig | wysig bron]
Die pas van hoefysters is 'n professionele beroep, wat deur 'n hoefsmid beoefen word. Hy spesialiseer in die voorbereiding van hoewe, ondersoek potensieel verlammende kwessies, en pas gepaste skoene, insluitend remediërende funksies waar nodig. In sommige lande, soos die Verenigde Koninkryk, word die pas van hoefysters wetlik beperk tot mense met spesifieke kwalifikasies en die nodige ondervinding. In die Verenigde State egter, waar professionele lisensiëring nie wetlik vereis word nie, verskaf professionele organisasies sertifiseringsprogramme wat gekwalifiseerde individue in die openbaar identifiseer.
Soorte ysters[wysig | wysig bron]
Hoefysters is beskikbaar in 'n wye verskeidenheid van materiale en style ontwikkel vir verskillende tipes perde en vir die werk wat hulle doen. Die mees algemene materiale is staal en aluminium, maar gespesialiseerde hoefysters kan gebruik maak van rubber, plastiek, magnesium, titaan of koper.[1] Staal word in ruitersport verkies waar 'n sterk, duursame skoen nodig is, soos polo, driegangitems, perdespring, en "westerns". Aluminiumskoene is ligter en veral geskik vir perdewedrenne, waar 'n ligter skoen verlang word. Dikwels fasiliteer sekere tipes hoefysters die gewenste beweging, so bevoordeel dit die dissipline van dressuur.[2] Sommige hoefysters het uitsteeksels op die tone of hakke van die skoen, of beide, om bykomende vastrap aan die perd te verleen.
As 'n gelukbringer[wysig | wysig bron]
Daar word gesê dat 'n hoefyster wat as 'n deurbehangsel aangebring is, goeie geluk aan die huisbewoners bring. Sommige mense glo dat deur dit op te hang met die punte wat na boontoe wys goeie geluk bring, want dit dien as 'n stoorhouer vir enige goeie geluk: terwyl deur dit op te hang met die punte wat af wys, bring slegte geluk want al die geluk sal uitval. Ander glo dat die hoefyster op die ander manier gehang moet word (met die punte wat af wys), want dit sal dan die geluk aan die mense rondom dit vrystel.[3] 'n Gestileerde variasie van die hoefyster word gebruik vir 'n gewilde gooispel: "Hoefysters".
Verwysings[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:283812b9-a647-4d32-bac1-fec8ab9edfc0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hoefyster
|
2019-07-21T17:20:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527089.77/warc/CC-MAIN-20190721164644-20190721190644-00251.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000002 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Groenpunt (kiesafdeling)
In die eerste verkiesing in Groenpunt word die Verenigde Party se Robert Walter Bowen onbestrede verkies. Hy was toe reeds van 1929 af LV vir Kaapstad-Sentraal, maar dié kiesafdeling het in die slag gebly met die herafbakening voor die 1943-verkiesing. In 1948 word hy weer onbestrede verkies en sluit sy 19 jaar lange loopbaan as LV af op 27 Junie 1948 (waarskynlik met sy dood of so nie omdat hy bedank het sodat die oudminister maj. Pieter van der Byl 'n setel kon hê), skaars 'n maand na die 1948-verkiesing. In die tussenverkiesing op 8 Oktober 1948 word maj. Pieter van der Byl onbestrede verkies. Hy was toe reeds van 1929 af LV vir Bredasdorp, maar is in die verkiesing op 28 Mei 1948 met 259 stemme deur die Nasionale Party se kandidaat verslaan. Van der Byl word in 1953 weer onbestrede verkies, die vierde kiesstryd waarin Groenpunt se kiesers nie gestem het nie.
Ook in 1958 word Van der Byl onbestrede verkies en drie jaar later, in die volkstemming oor republiekwording van 1960, verwerp die kiesers van Groenpunt die idee oorweldigend met 9 018 nee-stemme en net 1 784 ja-stemme. In 1961 se algemene verkiesing word Van der Byl die vierde keer agtereenvolgens onbestrede verkies. Hy bedank egter op 29 Maart 1966 uit die politiek en in die verkiesing later daardie jaar staan die onafhanklike L.D. Botes teen die Verenigde Party se Lionel Garner Murray, wat met 'n meerderheid van 4 149 stemme verkies word. Die Progressiewe Party waag in 1970 die eerste keer sy kans in Groenpunt, maar J.W. Wilson verloor met 4 232 stemme teen Murray.
Toe die Progressiewe Party se Colin Eglin in 1974 se algemene verkiesing in die aanliggende Seepunt slaag, bly Groenpunt 'n veilige V.P.-vesting en Murray word die derde keer verkies, dié keer met 'n meerderheid van 3 751 teen die P.P. se M.C.M. Kooy.
Sien ookWysig
Bellville, Claremont, Constantia, De Kuilen, Durbanville, Groote Schuur, Kaapse Vlakte, Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Kasteel, Kaapstad-Sentraal, Kaapstad-Tuine, Liesbeek, Maitland, Mowbray, Nuweland, Parow, Pinelands, Rondebosch, Seepunt, Simonstad, Soutrivier, Suid-Skiereiland, Tygervallei, Vasco, Woodstock, Wynberg
BronneWysig
- Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
- Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
|
<urn:uuid:cc1512ff-6eac-40a6-bf80-45a20cb21c19>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Groenpunt_(kiesafdeling)
|
2019-07-19T06:39:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526064.11/warc/CC-MAIN-20190719053856-20190719075856-00051.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999919 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Wikipedia:Voorbladartikels 2016
Hierdie is die argief van al die artikel wat tydens 2016 as spogartikel op die voorblad gepryk het.
2016[wysig bron]
Week 1
Victoria (Alexandrina Victoria; 24 Mei 1819 – 22 Januarie 1901) was van 20 Junie 1837 koningin van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland en van 1 Mei 1876 die eerste Keiserin van Indië van die Britse heerskappy tot met haar dood. Sy het 63 jaar en 7 maande regeer, langer as enige ander Britse monarg behalwe haar agter-agter-kleindogter Elizabeth II.
Hoewel sy die troon bestyg het in ’n tyd toe die Verenigde Koninkryk reeds ’n gevestigde grondwetlike monargie was waarin die monarg min politieke mag gehad het en invloed uitgeoefen het met die raad van die eerste minister, was sy steeds ’n baie belangrike simboliese figuur van haar tyd. Die periode van haar bewind is bekend as die Victoriaanse tydperk, ’n era van nywerheids-, maatskaplike, ekonomiese, politieke, militêre en tegnologiese vooruitgang in die Verenigde Koninkryk.
Victoria, wat feitlik ten volle van Duitse afkoms was, was die dogter van prins Edward, die Hertog van Kent en prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld; die kleindogter van George III en die broerskind van haar voorganger, William IV. Sy is opgevoed deur haar oom, wat later koning Leopold I van België geword het.
Sy het huwelike vir haar 9 kinders en 42 kleinkinders oor die hele Europa gereël; dit het haar die titel "ouma van Europa" besorg. Sy was die laaste monarg van die Huis van Hannover; haar seun koning Edward VII het tot die Huis van Sakse-Koburg en Gotha behoort.
Week 2
Die Winteroorlog (Fins: talvisota, Sweeds: vinterkriget, Russies: Зимняя война (transliterasie: Zimnjaja woina); ook bekend as die Sowjet-Finse Oorlog 1939–1940 (Russies: Советско-финская война, Sowjetsko-Finskaja woina 1939–1940)) het uitgebreek toe die Sowjetunie Finland op 30 November 1939 aanval, drie maande na die begin van die Tweede Wêreldoorlog. As gevolg hiervan is die Sowjetunie op 14 Desember uit die Volkebond geskop. Die Sowjetleier, Josef Stalin, het verwag dat die hele land teen die einde van die jaar oorwin sou wees, maar die Finse weerstand was te sterk vir die Sowjetmagte, wat drie keer so groot was. Finland het uitgehou tot in Maart 1940, toe 'n vredesverdrag geteken is waarvolgens omtrent 11% van Finland se grondgebied en 30% van sy ekonomiese bates aan die Sowjetunie afgestaan is.
Die gevolge van die oorlog was gemeng. Alhoewel die Sowjetmagte uiteindelik deur die Finse verdediging kon breek, het nóg die Sowjetunie nóg Finland ongeskaad uit die konflik getree. Sowjetverliese aan die front was geweldig en die land se internasionale aansien het daaronder gely. Erger nog: die vegvermoë van die Rooi Leër is bevraagteken, wat bygedra het tot Adolf Hitler se besluit om Operasie Barbarossa van stapel te stuur. Op die ou einde het die Sowjetmagte nie in hulle hoofdoel geslaag om Finland te verower nie, maar hulle het aansienlik grond aan die Ladogameer gewen. Die Finne het hulle soewereiniteit behou en aansienlike internasionale guns gewen.
Die vredesverdrag van 15 Maart het Frans-Britse planne verydel om troepe deur Noord-Skandinawië te stuur om Finland te help. Die Geallieerde planne was ook daarop gemik om Duitse toegang tot Noord-Swede se ystererts te verhoed.
Die Winteroorlog was 'n militêre ramp vir die Sowjetunie. Stalin het egter uit die fiasko geleer en besef dat politieke beheer oor die Rooi Leër nie meer moontlik was nie. Na die oorlog het die Kremlin 'n proses begin waarvolgens gekwalifiseerde offisiere heraangestel is en die leër se magte gemoderniseer is, 'n besluit wat die Sowjetunie in staat sou stel om die Duitse inval die hoof te bied. Alhoewel dit nie spesifiek beproef is nie, was die leërs van Frankryk, Brittanje en die VSA waarskynlik ook nie gereed vir ’n winteroorlog nie. In die Ardenne-aanval teen die einde van 1944 is duisende Amerikaanse troepe byvoorbeeld gestrand gelaat deur weerstoestande wat matig was in vergelyking met dié van die Skandinawiese winter.
Week 3
Libië (Arabies: ليبيا, Lībyā), amptelik die Staat Libië (دولة ليبيا, Awanak n Libya; ⵜⴰⵎⵓⵔⵜ ⵏ ⵍⵉⴱⵢⴰ Tamurt n Libya), is 'n land in Noord-Afrika. Libië is geleë tussen Egipte in die ooste, Soedan in die suid-ooste, Tsjad en Niger in die suide en Algerië en Tunisië in die weste. Met 'n oppervlakte van 1,8 miljoen km² (waarvan 90% woestyn is) is Libië die vierde grootste land in Afrika. Libië se hoofstad, Tripoli, is die tuiste van 1,7 miljoen van die land se totale bevolking van 5,7 miljoen mense. Die drie tradisionele dele van die land is Tripolitanië, die Fezzan en Sirenaïka.
Die naam "Libië" is 'n inheemse naam en verskyn ook in antieke Egiptiese tekste as , (R'bw of Liboe), waar daar verwys word na een van die Berberstamme wat wes van die Nyl woon. Die Griekse naam vir die stamlede was Libyes en die land se naam het Λιβύη, getranslitereer as "Libuee", geword. In antieke Griekeland het die term 'n breër betekenis gehad wat die hele Noord-Afrika wes van Egipte ingesluit het.
Die land was tussen 1969 en 2011 onder leiding van Kolonel Moeammar al-Ghaddafi, wie se buitelandse beleid hom dikwels in konflik met die Weste en regerings van ander Afrika-lande gebring het. Libië het egter in 2003 enige ambisies vir kernwapens laat vaar en buitelandse betrekkinge is tans minder netelig.
Libië se vorige vlag was die enigste nasionale vlag wat slegs uit een kleur bestaan, met geen ontwerp, ampstekens of ander detail nie.
Week 4
Die Rugbywêreldbeker 2007 was die sesde Rugbywêreldbeker, die wêreldkampioenskap wat sedert 1987 elke vier jaar gehou word. Frankryk het van 7 September tot 20 Oktober 2007 as gasheer van die toernooi opgetree. Frankryk se bod om die toernooi aan te bied is in 2003 bo Engeland s'n verkies.
Ses-en-tagtig nasies het deelgeneem aan die streekskwalifiserende rondtes wat in 2004 begin het. Die agt kwarteindfinaliste van die Rugbywêreldbeker 2003 het outomaties gekwalifiseer. Twaalf ander lande het by hulle aansluit vir die groepstadium van die kompetisie. Portugal was die enigste debutantnasie by die 2007-Wêreldbeker.
Die 2007-kampioenskap het begin met 'n wedstryd tussen die gasheer Frankryk en Argentinië op 7 September by die Stade de France in Saint-Denis buite Parys. Die Argentyne het verras deur die gasheer te klop, 'n prestasie wat hulle later sou herhaal toe hulle die bronsmedalje gewen het deur Frankryk op 19 Oktober vir 'n tweede keer te klop. Op 20 Oktober 2007 is die eindstryd ook by die Stade de France-stadion gespeel. Suid-Afrika se Springbokke het Engeland met 15 punte teen 6 verslaan wat die land sy tweede Rugbywêreldbekertitel besorg het. Die telling, waarin geen drieë gedruk is nie, is behaal met vier strafskoppe deur Percy Montgomery en een deur Francois Steyn, teenoor die twee van Engeland se Jonny Wilkinson.
Week 5
Die Airbus A380 is ’n dubbeldek, vier-enjin passasiersvliegtuig wat deur EADS (Airbus S.A.S.) vervaardig word. Dit is die grootste passasiersvliegtuig ter wêreld en meeste lughawens moes hul fasiliteite opgradeer om dit te kan akkommodeer as gevolg van sy grootte. Dit het vir die eerste keer op 27 April 2005 van Toulouse, Frankryk opgestyg. Na ’n aantal oponthoude word die eerste kommersiële vlug op 25 Oktober 2007 deur Singapore Airlines onderneem. Vir ’n groot deel van die vliegtuig se ontwikkeling het dit bekend gestaan as die Airbus A3XX. Die bynaam Superjumbo word met die A380 geassosieer.
Die A380 se boonste dek strek oor die hele lengte van die romp. Dit laat 50% meer kajuitvloerspasie toe as in die volgende grootste passasiersvliegtuig, die Boeing 747-400, en verskaf sitplek aan 525 passasiers in standaardkonfigurasie of tot 853 passasiers in volledige ekonomieklas-konfigurasie. Twee A380 modelle word te koop aangebied. Die A380-800, die passasiersmodel, is die grootste passasiersvliegtuig ter wêreld, selfs groter as die Boeing 747, en die A380-800F, die vragmodel, wat ontwerp is as een van die grootste vragvliegtuie met ’n gelyste vragkapasiteit wat slegs deur die Antonof An-225 oortref word. Die A380-800 is ontwerp vir 'n reikafstand van 15 700 km (8 500 seemyl), genoeg om ononderbroke van New York na Hongkong te vlieg, teen ’n kruissnelheid van Mach 0,85 (ongeveer 900 km/h op kruishoogte).
Week 6
Perikles (c. 495 – 429 v.C., Grieks: Περικλῆς, menend "omgewe van glorie") was 'n prominente en invloedryke staatsman, redenaar en generaal van antieke Athene tydens die stad se goue era — spesifiek die tydperk tussen die Persiese en Peloponnesiese oorloë. Hy het aan sy moederskant afgestam van die gesaghebbende en histories invloedryke Alkmaionide-familie.
Perikles het sodanige grondige invloed op die Atheense samelewing gehad dat Thukydides, sy eietydse historikus, hom aangeslaan het as die "eerste burger van Athene". Perikles het die Deliese bond omskep in 'n Atheense ryk en sy landgenote gelei tydens die eerste twee jaar van die Peloponnesiese oorlog. Sy Atheense ampstermyn, min of meer van 461 tot 429 v.C., is soms bekend as die "Era van Perikles", alhoewel die tydperk wat so aangedui word, ook 'n tydperk van so vroeg as die Persiese oorloë kan insluit, tot selfs so laat as die volgende eeu.
Perikles het die kunste en literatuur aangemoedig; dit was die hoofrede waarom Athene beskou is as die opvoedkundige en kultuursentrum van die antieke Griekse wêreld. Hy het 'n ambisieuse bouprojek ingelei wat verantwoordelik is vir die meerderheid oorblywende strukture van die Akropolis (insluitend die Parthenon). Hierdie projek het die stad verfraai, die stad se leierstatus sigbaar tentoongestel, asook werk verskaf aan die inwoners daarvan. Benewens het Perikles die Atheense demokrasie so aangevuur dat die kritici hom 'n populis genoem het.
Week 7
Die differensiaalrekening is in wiskunde een van die hoofvelde van analise. Die sentrale tema van die differensiaalrekening is die berekening van lokale veranderinge van funksies, soos hulle hellings en raaklyne. Dit is nou verwant aan die integraalrekening, waarmee dit saam onder die begrip infinitesimaalrekening of kalkulus saamgevat kan word.
Die grondleggende begrip waarop differensiaalrekening gebaseer is, is die afgeleide waarde of bloot afgeleide van 'n funksie (Engels: derivative, Duits: die Ableitung). Daar kan aan die afgeleide as die raaklyn of helling van 'n funksie se grafiek gedink word. In hoër dimensies word die afgeleide veralgemeen tot 'n raakoppervlakte of raakvolume, en in die mees veralgemene geval word die afgeleide deur die lineêre afbeelding beskryf wat die funksie die beste lokaal benader.
Die afgeleide is die verhouding (of eweredigheidssfaktor) tussen 'n nietig-klein verandering van die funksiewaarde as gevolg van 'n nietig-klein verandering van die invoerwaarde. Byvoorbeeld, as (so y is 'n funksie van x) dan kan die helling by 'n punt op die grafiek benader word deur:
Waar die nietig-klein verandering in die funksie se waarde is en die nietig-klein verandering in die invoerwaarde is.
Differensiaalrekening het talle toepassings in wiskunde en veral toegepasde wiskunde (soos die natuurwetenskappe, ingenieurswese, ekonomie, ens). In hierdie velde word dit gebruik om te beskryf hoe waardes relatief tot mekaar verander (byvoorbeeld, hoe saamgestelde rente aanwas namate tyd verbygaan, of hoe 'n gebuigde balk se rigting langs sy lengte af verander). Nog 'n toepassing is die optimering van 'n differensieerbare funksie deur sy maksima en minima (hoogste en laagste punte) te vind. Hierdie punte stem ooreen met die plekke waar die funksiewaarde nie meer verander nie, en die afgeleide nul is.
Week 8
Chili (Spaans: Chile [ˈtʃile] ), amptelik die Republiek van Chili (República de Chile [reˈpuβlika ðe ˈtʃile] ), is ’n unitêre presidensiële grondwetlike republiek geleë aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika. Chili strek in 'n noord-suidrigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer, terwyl dit op sy breedste in 'n oos-wesrigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek. Dié land behels verskillende klimaatsones wat van tropiese woestyne in die noorde tot by die koel gematigde en subpolêre woudsones van Suid-Chili strek.
Chili word in die weste deur die Stille Oseaan, in die noorde deur Peru, in die noordooste deur Bolivië, in die ooste deur Argentinië en in die suide deur die Suidelike Oseaan begrens. Die Straat van Magellaan, wat volledig onder Chili se beheer val, bied dié land ook toegang tot die Atlantiese Oseaan in die ooste. Naas sy vastelandgebiede maak ook die Paaseiland (of Rapa Nui) in die Stille Oseaan, die eiland Salas y Goméz, die Juan-Fernández-eilandgroep met Robinson-Crusoe-eiland, die Desventuradas-eilande en die eilandgroepe van Ildefonso en Diego-Ramirez in die suide deel uit van Chileense grondgebied. Dié land maak daarnaas ook aanspraak op ’n gebied in Antarktika (Antártica Chilena) met ’n oppervlakte van sowat 1,266 miljoen vierkante kilometer rondom die Antarktiese Skiereiland.
Danksy die ekonomiese beleid en vryemarkhervormings van Augusto Pinochet se demokratiese opvolgers het Chili tot een van die welvarendste lande in Latyns-Amerika en mees stabiele nasies in Suid-Amerika ontwikkel. Volgens die Verenigde Nasies se Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) is Chili tans dié land met die hoogste lewensgehalte in Latyns-Amerika. Chili is een van die belangrikste koperprodusente ter wêreld, ’n beduidende uitvoerder van wyn en ook een van Suid-Afrika se grootste mededingers op die internasionale vrugtemark.
Week 9
Gaius Plinius Secundus (23 n.C. – 25 Augustus 79), beter bekend as Plinius die ouere, was 'n Romeinse outeur, natuurkundige en natuurfilosoof, asook 'n vloot- en weermagkommandeur van die vroeë Romeinse ryk, en persoonlike vriend van keiser Vespasianus. Sy vryetyd is grootliks aan studies gewy; aan die beskrywings van sy ondersoeke en veldwaarnemings van natuurlike en geografiese verskynsels, waaruit hy 'n ensiklopediese werk, die Naturalis Historia saamgestel het, wat as 'n toonbeeld aanvaar is in vele aanverwante werke daarna. Plinius die jongere, sy susterskind, het só na hom verwys in 'n brief aan die historikus Tacitus:
Vanuit my eie oogpunt gesien, ag ek diegene geseënd vir wie, as 'n vergunning van die gode, dit beskore is om òf te doen wat beskrywenswaardig is, òf te skryf wat lesenswaardig is; en uitermate geseënd diesulkes wat beskik oor beide voorregte. Onder die laasvermelde garde sal my oom getel word, danksy sy eie en ook jou lektuur.
Plinius verwys hier daarna dat Tacitus op 'n tans verlore werk van sy oom, Geskiedenis van die Germaanse Oorloë, aangewese was. Plinius die ouere is oorlede op 25 Augustus 79 n.C., tydens 'n reddingspoging om 'n vriend en sy familie van die nabye van Berg Vesuvius te ontruim, kort na die uitbarsting daarvan die stede Pompeji en Herculaneum uitgewis het. 'n Heersende wind het hul skip verhoed om weer van die strand terug te keer. Hy het inmekaargesak en gesterf, en sy metgeselle het dit later toegeskryf aan giftige gasse. Maar aangesien hulle self daardeur ongedeerd gelaat is, kan natuurlike oorsake nie uitgesluit word nie.
Week 10
Skaak is 'n bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in Suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.
Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.
Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorweë. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en taktiek ontwikkel.
Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garry Kasparov gewen het.
Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.
Week 11
Marcus Tullius Cicero (uitspraak in Klassieke Latyn: ˈkikeroː; 3 Januarie 106 v.C. – 7 Desember 43 v.C.) was 'n Romeinse filosoof, staatsman, regsgeleerde, politieke teoretikus en Romeinse konstitusionalis. Hy is binne 'n ryk munisipale familie van ridderstand gebore, en is algemeen as een van Rome se vernaamste redenaars en prosaskrywers beskou.
Hy het die Romeine bekendgestel aan die hoofstrominge van Griekse filosofie en het 'n Latynse woordeskat daarvoor opgestel, wat neologismes bevat het soos humanitas, qualitas, quantitas en essentia, en hom onderskei as 'n taalkundige, vertaler en filosoof. Alhoewel hy ‘n imponerende redenaar en suksesvolle regsgeleerde was, het Cicero nogtans sy politieke loopbaan voorgehou as sy vernaamste onderskeiding. Vandag, word hy hoofsaaklik geëer vir sy humanisme en filosofiese en politieke geskrifte. Sy aansienlike korrespondensie, grootliks aan sy vriend Atticus gerig, was besonder invloedryk, en het die kuns van verfynde briefskrywing aan die Europese kultuur bekendgestel. Cornelius Nepos, biograaf van Atticus in die eerste eeu v.C., het opgemerk dat Cicero se briewe sodanige rykdom van besonderhede bevat "rakende die ingesteldhede van leiersfigure, die foute van generaals en die omwentelinge van die regering" dat die leser daarvan weinig bykomende geskiedskrywing van die era benodig. Cicero se toesprake en briewe is van die belangrikste eietydse bronne wat oorleef rakende die laaste dae van die Romeinse Republiek.
Gedurende die woelinge in die laaste helfte van die eerste eeu v.C., wat gekenmerk is deur burgeroorloë en die diktatorskap van Gaius Julius Caesar, was Cicero 'n voorstander vir 'n terugkeer na die tradisionele republikeinse regeringsvorm. Sy loopbaan as staatsman is egter gekenmerk deur inkonsekwente beleid en ‘n wispelturigheid in sy standpunte na gelang van die politieke klimaat. Sy besluiteloosheid kon miskien aan sy sensitiewe en beïnvloedbare geaardheid toegeskryf word; hy was geneig tot oorreaksie in die aanskyn van politieke en private veranderinge. "Sou hy maar in staat wees om voorspoed met groter selfbeheersing te verduur en teëspoed met meer vasberadenheid!" het sy tydgenoot C. Asinius Pollio, ‘n Romeinse staatsman en historikus, van hom geskryf. Cicero het ‘n teenstander van Marcus Antonius geword, en ‘n reeks toesprake teen hom gerig. Hierna is hy as ‘n vyand van die staat geag en is voëlvry verklaar deur die tweede driemanskap, wat hom in die jaar 43 v.C. om die lewe gebring het.
Week 12
Die Verenigde State van Amerika (dikwels afgekort tot Verenigde State, VS of VSA, Engels: United States of America), in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n land in die Westelike Halfrond, wat uit vyftig deelstate en talle eilandgebiede bestaan. 48 van sy deelstate lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko begrens, die deelstaat Alaska lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan Kanada, en die deelstaat Hawaii is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan. Die land beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland.
Die Verenigde State van Amerika is 'n federale presidensiële grondwetlike republiek met 'n tweekamerparlement, die Kongres, wat uit die Senaat en die Huis van Afgevaardigdes bestaan. Die hoofstad van die VSA is Washington, D.C., wat nie deel uitmaak van een van die vyftig state nie, maar in die federale Distrik Columbia geleë is.
Die Verenigde State is met meer as 9,8 miljoen vierkante kilometer (meer as 3,8 miljoen vierkante myl) en met sowat 322 miljoen inwoners die derde grootste land ter wêreld ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking. Met 'n bruto geografiese produk van meer as 15 094 miljard VSA-$ (94 140 miljard ZAR) in 2011 is die VSA die grootste ekonomie ter wêreld.
Die land, wat oorspronklik deur die stamme van die Eerste Nasies bewoon is, het danksy grootskaalse immigrasie van dwarsoor die wêreld tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees diverse lande ter wêreld ontwikkel.
Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje op 4 Julie 1776 verklaar en hulle grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op 1 Maart 1781 bekragtig het. Die huidige grondwet is op 17 September 1787 aangeneem. Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur gebiede, wat van Frankryk en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang van die Sowjetunie in 1991 het die VSA die enigste oorblywende supermoondheid geword. Die land oefen nog steeds 'n oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uit.
Week 13
Apartheid, soms geëufemiseer tot afsonderlike ontwikkeling, verwys na 'n politieke bestel, ideologie en beleid wat op rasseklassifikasie gegrond is en tussen 1948 en 1994 as amptelike beleid in Suid-Afrika gegeld het. Die woord apartheid dui oorspronklik op 'n toestand van apart of afgesonder wees. Met die implementering van die Nuwe Benadering van P.W. Botha in 1984 na afloop van die referendum in 1983, is 'n beleid van magsdeling daargestel waarmee tentatiewe stappe gedoen is om ander groepe by die regering te betrek. Dit het egter steeds die swart meerderheid uitgesluit en is deur die meeste mense in Suid-Afrika en in die buiteland verwerp. Onder apartheid is lede van verskillende rasse geskei en is swart mense stemreg binne die sogenaamde "wit" Suid-Afrika ontsê. Die invoer van die beleid veroorsaak oneindige leed aan miljoene Suid-Afrikaners deur gedwonge verskuiwings, beperkings op beweging, indiensneming en gewelddadige onderdrukking van die vryheidstryd. Vele ander wette en reëlings soos die Groepsgebiedewet, Ontugwet en die Wet op Afsonderlike Geriewe dra by tot die daaglikse vernedering van swart en gekleurde mense.
In 'n manifes van dr Daniël François Malan (leier van die Nasionale Party 1948-1954) op die vooraand van die algemene verkiesing in eersgenoemde jaar, word die term apartheid vir die eerste keer gebruik om die beleid van die Nasionale Party aan te dui. Daarmee wou die Party die voortbestaan van die afsonderlike identiteit van elke ras in Suid-Afrika verseker. Blankes, Indiërs, swartes en bruines sou afsonderlik naas mekaar tot ontwikkeling gebring word.
Die negatiewe element van hierdie beleid en die verloop daarvan is hoofsaaklik die diskriminasie teen sogenaamde nie-blankes. Dit het duidelik geword dat die politieke mag sedert 1948 die Europese (wit) groepe bevoordeel het, terwyl die ander groepe afgesonder is ten opsigte van politieke deelname, en deelname aan maatskaplike voordele en ekonomiese bedrywighede. Ten opsigte van die swart mense was die verklaarde beleid om die vernaamste etniese groepe te skei in hulle eie gebiede. Hulle moes daar as selfversorgende eenhede ontwikkel. Die gebiede was egter nie geskik vir die vorming van volwaardige state nie en finansiering deur die Apartheidsregering was onvoldoende om die Groot Apartheid-visie te verwesenlik.
Verskeie woordsamestellings het ontstaan om aanduidend te wees van stelsels wat die gevolg van apartheid was: apartheidsregering, met sy apartheidspolitiek en apartheidsbeleid; apartheidspolisie en apartheidsweermag. Die term dra in die algemeen 'n skeldende ondertoon, juis omdat die uitoefening van die apartheidsbeleid tot soveel onreg en lyding binne die onderdrukte groep gelei het.
In Engeland het simpatiseerders met die lot van die onderdrukte groepe in 1969 onder leiding van die anti-apartheidsaktivis Peter Hain, 'n bybetekenis geskep: "apart hate" is gebruik om aan te dui dat daar 'n element van haat geheers het om 'n onderdrukte groep in die Suid-Afrikaanse sosiaal-politieke bedeling te vestig. Hierdie verwikkeling het die wêreld soos 'n veldbrand getref en die uitwerking was uiters nadelig vir die Suid-Afrikaanse regering, wat vertrou het op eufemismes, gebore uit 'n beleid van segregasie, om sy politieke ontwerp van swart tuislande en selfbeskikking in afgesonderde state te bevorder.
Die fokus op apartheid het wêreldwyd só 'n oorweldigende gevolg gehad, dat die term spoedig opgeneem is as leenwoord in ander tale, eerder as om nuutskeppings te maak.
Die apartheidtydvak kom finaal tot 'n einde met die eerste nie-rassige algemene verkiesing in Suid-Afrika in 1994, wat oortuigend deur die ANC gewen word. Die verkiesing word gevolg deur die inhuldiging van Nelson Mandela as Suid-Afrika se eerste swart president en die saamstel van 'n regering van nasionale eenheid waarin die leiers van die vernaamste opposisiepartye, die Nasionale Party en die IVP, adjunkpresidentsposte en ander kabinetposte beklee.
Week 14
Die nasionale vlag van Kanada is op 15 Februarie 1965 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie vertikale bane in rooi, wit en rooi met ’n rooi elfpuntige esdoringblaar in die middel van die wit baan.
Die aanvaarding van die vlag in 1965 was die eerste keer dat ’n nasionale vlag vir Kanada gekies is om die Unievlag te vervang. Die Rooi Kanadese Vaandel is nie-amptelik gebruik sedert die 1890’s en is in 1945 deur ’n algemene maatreël van bestuur goedgekeur vir gebruik "waarookal die plek of geleentheid hom voordoen om ’n kenmerkende Kanadese vlag te laat wapper." In 1964 het die eerste minister Pearson ’n komitee aangewys om die vraagstuk op te los. Dit het gelei tot ’n ernstige debat oor die verandering van die vlag. Uit drie opsies is George Stanley en John Matheson se esdoringontwerp wat gebaseer was op die vlag van die Koninklike Militêre Kollege van Kanada, gekies. Die vlag is die eerste keer op 15 Februarie 1965 ten toon gestel; hierdie datum word jaarliks gevier as die Nasionale Kanadese Vlagdag.
Baie verskillende vlae is geskep vir gebruik deur Kanadese amptenare, regeringsliggame en militêre magte. Die meeste van hierdie vlae maak op die een of ander manier van die esdoringblaarmotief gebruik deur die Kanadese vlag in die skildhoek te hê of deur esdoringblare in die ontwerp te gebruik. Die Koninklike Unievlag is ook ’n amptelike vlag in Kanada en word gebruik as simbool van Kanada se lidmaatskap van die Britse Statebond, en die verbintenis tot die Kroon. Die Unievlag is steeds ’n element in ander Kanadese vlae waaronder die provinsiale vlae van Brits-Columbië, Manitoba en Ontario.
Week 15
Hawaii (Engels: State of Hawaii, Hawais: Mokuʻāina o Hawaiʻi), 'n vulkaniese eilandgroep wat sewe groot bewoonde en 125 kleiner onbewoonde eilande behels, is die 50ste en mees westelike van die Amerikaanse deelstate. Alhoewel die grootste eiland, wat met sy kenmerkende driehoeksvorm byna twee derdes van die totale oppervlak beslaan, ook die naam Hawaii dra, bly Oʻahu met die hoofstad Honolulu die belangrikste en mees digbevolkte eiland - en ook steeds die hoofbestemming vir miljoene toeriste. Ter onderskeiding van die eilandgroep word die eiland Hawaii deur die plaaslike bewoners dikwels Big Island (Groot Eiland) genoem. Hawaii se bynaam is Die Aloha-staat (Engels: The Aloha State).
Hawaii lê suid van die deelstaat Alaska, noord van die Franse eiland Tahiti in Frans-Polinesië en sowat 3 700 kilometer wes van die Amerikaanse vasteland. Alhoewel die eilandgroep polities deel uitmaak van Noord-Amerika, vanweë sy ligging noord van die ewenaar en in geografiese opsig ook nie by die Suidsee-eilande gereken word nie, behoort dit ten opsigte van sy inheemse bevolking en beskawing wél tot Polinesië en vorm dit die noordelike punt van die Polinesiese Driehoek.
Die bewoners van die huidige Amerikaanse deelstaat is 'n mengelmoes van Europese en Oosterse nasies en rasse, terwyl die oorspronklike Polinesiese bewoners vandag in die minderheid is.
Ondanks sy ligging in die Noordelike Stille Oseaan naby die Kreefskeerkring en byna 2 400 kilometer noord van die ewenaar word Hawaii in die algemeen veral deur toeriste as 'n tipiese Suidsee-eiland gereken en dikwels met 'n sorgvrye paradys geassosieer. Gevolglik het Honolulu met sy bekende Waikiki-strand al dekades gelede 'n sinoniem vir moderne Amerikaanse massatoerisme geword. Sowat 60 persent van alle besoekers kom tans uit die Verenigde State en Japan. Nogtans het Hawaii sy natuurskoon danksy die omgewingsbewustheid van sy inwoners bewaar.
Week 16
Die nasionale vlag van die Verenigde State is op 4 Julie 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon dertien horisontale bane in rooi en wit afwisselend met ’n blou reghoek in die skildhoek waarop daar 50 vyfpuntige wit sterre is.
Een van die mees gebruikte Amerikaanse simbole is die Amerikaanse vlag. Vir baie inwoners van die Verenigde State verteenwoordig die vlag alle vryhede en regte wat in die Grondwet van die Verenigde State (die sg. handves van Regte (( Bill of Rights) vervat word en bied dit ook veral individuele vryhede soos uiteengesit in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring. )
Oor die simboliek van die ontwerp het die Amerikaanse Kongres in 1977 ’n boek die lig laat sien met die volgende omskrywing daarin: "Die ster is ’n simbool van die hemelse en Goddelike doel waarop die mens hom sedert onherinnerbare tye gerig het; die streep is simbolies vir die ligstrale van die son." George Washington het blykbaar gesê: "Ons het die sterre uit die hemel gekry, die rooi van ons moederland, geskei deur wit bane sodat ons kan sien dat ons van haar afgeskei het, en die wit bane sal in die toekoms ingaan en Vryheid verteenwoordig."
Vir baie mense staan die rooi en wit respektiewelik vir die bloed van diegene wat hul lewens neergelê het vir die ideaal en gawe van vryheid.
Ou en beskadigde vlae word verbrand in ’n eenvoudige seremonie. Die vlae word tydens betogings teen die Verenigde State ook dikwels met opset verbrand. Sommige groepe in die VSA stel dan ook voor om die verbranding van die vlag weens politieke redes strafbaar te maak.
Die vyftig sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Amerikaanse deelstate en die dertien bane verteenwoordig die oorspronklike dertien kolonies wat teen die Britse Monargie gerebeleer het en sodoende die eerste dertien state van die Unie geword het.
Week 17
Die Rugbywêreldbeker 2007 was die sesde Rugbywêreldbeker, die wêreldkampioenskap wat sedert 1987 elke vier jaar gehou word. Frankryk het van 7 September tot 20 Oktober 2007 as gasheer van die toernooi opgetree. Frankryk se bod om die toernooi aan te bied is in 2003 bo Engeland s'n verkies.
Ses-en-tagtig nasies het deelgeneem aan die streekskwalifiserende rondtes wat in 2004 begin het. Die agt kwarteindfinaliste van die Rugbywêreldbeker 2003 het outomaties gekwalifiseer. Twaalf ander lande het by hulle aansluit vir die groepstadium van die kompetisie. Portugal was die enigste debutantnasie by die 2007-Wêreldbeker.
Die 2007-kampioenskap het begin met 'n wedstryd tussen die gasheer Frankryk en Argentinië op 7 September by die Stade de France in Saint-Denis buite Parys. Die Argentyne het verras deur die gasheer te klop, 'n prestasie wat hulle later sou herhaal toe hulle die bronsmedalje gewen het deur Frankryk op 19 Oktober vir 'n tweede keer te klop. Op 20 Oktober 2007 is die eindstryd ook by die Stade de France-stadion gespeel. Suid-Afrika se Springbokke het Engeland met 15 punte teen 6 verslaan wat die land sy tweede Rugbywêreldbekertitel besorg het. Die telling, waarin geen drieë gedruk is nie, is behaal met vier strafskoppe deur Percy Montgomery en een deur François Steyn, teenoor die twee van Engeland se Jonny Wilkinson.
Week 18
Die nasionale vlag van Meksiko is op 16 September 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe breë vertikale bane in groen, wit en rooi met die wapenskild van Meksiko in die middel van die wit baan.
Hoewel die betekenis van die kleure na verloop van tyd verskeie kere verander het, het die kleure sedert die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821) in gebruik gebly. Die huidige vlag is in 1968 aangeneem aangesien die Meksikaanse wapen toe die laaste keer gewysig is. Die huidige wet op die nasionale simbole, die Ley sobre el Escudo, la Bandera y el Himno Nacionales is sedert 1984 van krag.
Die afbeelding van die wapen is gebaseer op ’n eeue-oue Asteekse legende. Hierdie legende lui dat die god Huitzilopochtli die Asteke opdrag gegee het om hul mitiese blyplek Aztlan te verlaat en na ’n plek gaan waar hulle ’n meer sou vind waarin ’n eiland van klippe sou wees. Op die eiland sou ’n turksvyboom staan met ’n arend daarop wat besig is om ’n slang te eet. Die Asteke sou verskeie jare rondtrek op soek na die eiland, totdat hulle in 1325 die plek uiteindelik ontdek het. Hulle het hulle nuwe hoofstad, Tenochtitlan, hier gestig. Vandag is Meksikostad op hierdie plek.
Hoewel die wapens volgens heraldiese reëls nie werklik ’n wapen is nie, beskou die Meksikaanse regering dit as sodanig.
Week 19
Die pikkewyne (Spheniscidae) is 'n groep seevoëls uit die Suidelike Halfrond wat nie kan vlieg nie. Hulle verteenwoordig die enigste familie in die orde Sphenisciformes wat onder die Neognathae tel - 'n superorde van voëls waar die kake eers relatief onlangs in die evolusionêre geskiedenis gevorm het.
Die duikers (Gaviiformes) en stormvoëlagtiges (Procellariiformes) vorm waarskynlik hulle stamverwante sustersgroepe.
Pikkewyne is maklik onderskeibaar van alle ander voëls en is uitstekend aangepas tot 'n lewe in die see en deels om in die koudste dele van die wêreld te oorleef.
Pikkewyne kom voor in die oopsee van die suidelike halfrond. Hulle word veral in die kuswater van Antarktika, in Nieu-Seeland, suidelike Australië, Suid-Afrika, in die suide van Suid-Amerika die nabygeleë Falkland-eilande en langs die weskus op tot by Peru sover noord as die Galápagos-eilande by die ewenaar aangetref. As koudliewende voëls word hulle slegs in tropiese gebiede aangetref waar daar koue seestrome is; dit is byvoorbeeld die geval aan die weskus van Suid-Amerika met die Humboldt-stroom en in Suid-Afrika met die Benguela-stroom aan die Kaapse Skiereiland.
Die meeste soorte bly iewers tussen die 45ste en 60ste suidelike breedtegraad; die grootste enkele konsentrasie is in Antarktika en nabygeleë eilande.
Die eintlike habitat van pikkewyne is die oop see, waarvoor hulle anatomies uitstekend aangepas is. Hulle keer slegs na die kus terug om te broei; daar leef hulle in rotsagtige kuste van die suidelike kontinente, in koel woude van die gematigde gebiede, op subtropiese sandstrande, op grootliks plantlose lawavelde, subantarktiese grasveld of selfs op die ys van Antarktika. Terwyl die tropiese soorte oordgetrou is, trek ander in die winter verskeie honderd kilometer om na hulle broeigebiede terug te keer.
Week 20
Die nasionale vlag van Suid-Afrika is op 20 April 1994 in die Staatskoerant afgekondig en op 27 April 1994 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n swart driehoek met geel fraiings teen die vlagpaal, ’n groen gaffel (horisontale “Y”) met wit fraiings met sy tande teen die vlagpaal loop in die helfte van die vlag ineen en dan tot in die wapperkant. Bo die groen gaffel is ’n rooi trapesium en daaronder is ’n blou trapesium.
Die vlag van Suid-Afrika is die enigste vlag ter wêreld wat ses verskillende kleure in sy ontwerp het (dit sluit skakerings van een kleur in ’n vlag uit). Daar is geen amptelike simboliek aan die vlagkleure verbonde nie. Rooi, wit en blou, die kleure van Nederland en die Verenigde Koninkryk wie se setlaars die land gedurende die koloniale tydperk geregeer het, is geïntegreer met die kleure van die ANC (wat die vernaamste versetbeweging teen die rassistiese regering was), naamlik swart, geel en groen. Die gaffel (Y) beteken dat Suid-Afrika vorentoe die toekoms moet ingaan met die verskillende rassegroepe as een, of dat die hede en die verlede saamvloei.
Met die aanvang van die nuwe regering in 1994 het Suid-Afrika ook ’n nuwe vlag gekry om die nuwe verenigde nasie te simboliseer. Die vlag is ontwerp deur Frederick Brownell, destydse staatsheraldikus van Suid-Afrika.
Week 21
Die maan is die enigste natuurlike satelliet van die aarde en die vyfde grootste in ons sonnestelsel, na Ganimedes (Jupiter), Titan (Saturnus), Kallisto en Io (albei satelliete van Jupiter). Dit het geen ander formele naam as "die maan" nie, alhoewel dit soms Luna (Latyns vir maan) genoem word om dit te onderskei van die algemene term "maan". Luna (soms ook Diana) is die Romeinse godin van die maan, diere en jag. Haar tradisionele simbool is die groeiende of halfmaan.
Daar is nóg 'n atmosfeer nóg lopende water (sover bekend) op die maan, sodat biologiese organismes hier nooit kon ontwikkel nie. Die gebrek aan 'n atmosfeer verseker ook dat die oppervlakte van die maan in sy oorspronklike toestand bewaar bly. 'n Aansienlike massa water is in die permanente skadus van kraters naby die suidpool in 'n bevrore vorm aanwesig.
Met die Apollo 11-maansending op 21 Julie 1969 het die maan die eerste hemelliggaam in ons sonnestelsel geword waarop mense geland het.
Die maan se gemiddelde afstand van die aarde af is 384 403 kilometer (238 875 myl). Die verste afstand, wat die maan kan bereik, is sowat 407 000 kilometer, en van die kortste – soos bereik op 22 Julie 2005 en weer in die jaar 2007 – is 357 290 kilometer. Die kortste afstand wat ooit gemeet is, is 356 000 kilometer.
Weens die kleiner afstand lyk die skyf van die maan net so groot te wees soos dié van die groter, maar verderafgeleë son (sy afstand van die aarde is 150 miljoen kilometer). Hierdie toevallige gelykheid het tot die gesamentlike verering van maan en son in baie kulture gelei; dit beteken egter ook dat die maan vir 'n aardse waarnemer die sonskyf tydens 'n volledige sonsverduistering heeltemal kan bedek.
Die aarde en die maan is deur die wedersydse swaartekrag aan mekaar "gebind" en gedra hul soos 'n dubbelplaneet. Aangesien die aarde se massa sowat 81 keer groter is as dié van die maan, lê die sentrum van die swaartekrag sowat 1 700 kilometer diep onder die aarde se oppervlakte.
Die "maanskyn", wat 'n mens vanuit die aarde waarneem, is net 'n swak weerkaatsing van die sonlig (die grootste deel van die lig word deur die donker materie van die oppervlakte geabsorbeer).
Week 22
Barnsteen het tussen 50 en 260 miljoen jare gelede uit die taai vloeiende hars van bome ontstaan waarvan die bas gewond en daarna met hars verseël is om dit teen skadelike mikro-organismes te beskerm. Die hars het geleidelik tot 'n vaste, amorfe (dit wil sê nie-kristalliene) materiaal ontwikkel. Alhoewel barnsteen geen mineraal of gesteente is nie (dit is van organiese oorsprong en brandbaar), word dit nogtans as edelsteen beskou waaruit reeds in die vroeë geskiedenis van die mensheid sierade of kunswerke vervaardig is. Sommige van die oudste voorwerpe uit barnsteen, wat in Egipte ontdek is, is meer as 6 000 jaar oud.
Die mees befaamde pronkstuk uit barnsteen was die sogenaamde Barnsteenkamer in die Katharina-paleis naby Sint Petersburg wat uit die goudgeel Baltiese barnsteen vervaardig is en waarna dikwels as die Agste Wonder van die Wêreld verwys word. Dit het gedurende die Tweede Wêreldoorlog spoorloos verdwyn, maar kon tussen 1979 en 2003 deur Russiese deskundiges met behulp van geskiedkundige foto's uit Baltiese barnsteen gerekonstrueer word.
Terwyl barnsteen vroeër ook vir geneeskundige doeleindes gebruik is, het dit veral vir paleontoloë wetenskaplike betekenis aangesien klein diere en plantstukkies dikwels in vloeibare boomhars vasgevang en gefossileer is. Hulle is oor 'n tydperk van miljoene jare in barnsteenklontjies gepreserveer.
Deskundiges klassifiseer die meer as 250 verskillende soorte barnsteen volgens hulle vindplek, ouderdom en veral volgens die plante wat dit geproduseer het.
Week 23
Kaapstad (Engels: Cape Town, Xhosa: iKapa) is saam met Pretoria (die uitvoerende hoofstad) en Bloemfontein (die geregtelike hoofstad) een van die drie hoofstede (as wetgewende hoofstad) van die Republiek van Suid-Afrika en setel van die parlement. Dit is ook die administratiewe en parlementêre hoofstad van die Wes-Kaap en die tweede grootste stad in Suid-Afrika. Die Kaapstad Internasionale Lughawe is die tweede grootste in die land.
Kaapstad lê aan die suidpunt van Afrika en word ook die Moederstad van Suid-Afrika genoem. Die stad is oorspronklik as 'n verversingspos vir Nederlandse skepe op pad na Oos-Afrika, Indië en die Verre Ooste aangelê. Dit was ook een van die eerste permanente Europese nedersettings suid van die Sahara. Hier is waar die leier van die Goringkhoina in 1652 met die Hollanders van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (in destydse Nederlands: Vereenigde Oostindische Compagnie, VOC) kontak gemaak het.
Van 'n klein hawe het Kaapstad vinnig tot die grootste stad in Suid-Afrika ontwikkel, wat eers met die goudstormloop aan die Witwatersrand in 1887 deur die nuutgestigte Johannesburg verbygesteek is. Nogtans huisves Kaapstad volgens die sensus van 2011 met 'n bevolking van 1,3 miljoen die grootste Afrikaanssprekende gemeenskap van enige stad in Suid-Afrika. Dit is ook die enigste groot stad in die land waar Bruin Suid-Afrikaners 'n relatiewe meerderheid van die bevolking vorm.
Kaapstad is danksy sy natuurskoon en sy ligging aan die voet van die wêreldbekende Tafelberg vandag een van die mees gesogte internasionale toeristebestemmings en 'n gunstelingstad van die internasionale rolprent- en advertensiebedryf.
Week 24
Die ysbeer (Ursus maritimus) is 'n beerspesie wat van nature in die omgewing van die Noordpool voorkom en die alfa-roofdier in die omgewing is. Sy dik lae vet en pels beskerm hom teen die koue en sy deursigtige pels, wat lyk asof dit wit of roomkleurig is, kamoefleer hom teen sy prooi. Die beer het 'n kort stert en klein ore wat hitteverlies help verminder en 'n relatiewe klein kop en 'n lang, keëlvormige liggaam wat dit makliker maak om te swem. Die ysbeer is van nature aangepas by 'n habitat van land, water en ys en is afhanklik van die pakys, drywende ysskotse en die seelewe vir oorlewing.
Wetenskaplikes glo dat die geprojekteerde vermindering van die Poolse dryfys, as gevolg van aardverwarming, 'n negatiewe impak op die spesie kan hê en selfs binne hierdie eeu nog tot hulle uitsterwing kan lei. Die bevolkingssyfers het tot met 20% gedaal in die afgelope jare, die gemiddelde gewig van ysbere het afgeneem en die welpies se oorlewingsgetalle het ook skrikwekkend gedaal.
Week 25
Rooiplein (Russies: Красная плoщадь, Krásnaja plósjtsjad) is ’n plein in Moskou. Met die historiese geboue al om die plein is dit die bekendste plein in die stad en een van die bekendstes ter wêreld. Dit skei die Kremlin, die eertydse keiserlike vesting en tans die amptelike woning van die president van Rusland, van die historiese handelsbuurt bekend as Kitai-gorod. Verder bevat dit die beroemde Sint Basilius-katedraal, die Lenin-mausoleum, die GUM-afdelingswinkel, die Moskouse Historiese Staatsmuseum en vele ander historiese geboue.
Omdat van Moskou se grootste strate van hier in alle rigtings uitwaaier en later snelweë word, word Rooiplein dikwels beskou as die hart van Moskou en die hele Rusland. Die plein en die Kremlin is sedert 1990 saam ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.
Week 26
Francis William Reitz Jr. (Swellendam, 5 Oktober 1844 – Kaapstad, 27 Maart 1934) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur, politikus, staatsman, digter en skrywer oor staatsreg, lid van die parlement van die Kaapkolonie, Hoofregter en vyfde Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek ten tyde van die Anglo-Boereoorlog en die eerste president van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika.
Reitz het 'n baie uiteenlopende politieke en regsloopbaan gehad wat oor meer as veertig jaar gestrek het en in vier verskillende politieke entiteite afgespeel het: die Kaapkolonie, die Oranje-Vrystaat, die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Unie van Suid-Afrika. Reitz is in Kaapstad en Londen as prokureur opgelei en het begin deur as prokureur en diamantprospekteerder voordat hy aangestel is as Hoofregter van die Oranje-Vrystaat. Reitz het 'n belangrike rol gespeel in die modernisering van die regstelsel en die staat se administratiewe organisasie in die Oranje-Vrystaat. Hy was terselfdertyd ook 'n prominente openbare figuur en was betrokke in Afrikaanse- en Afrikanerkulturele bewegings en kulturele lewe in die geheel.
Reitz was 'n gewilde persoon weens sy politieke bedrywighede en sy openlikheid. Toe Staatspresident Brand in 1888 skielik oorlede is het Reitz die presidensiële verkiesing onbestrede gewen. Nadat hy in 1895 herverkies is en hy 'n reis na Europa onderneem het, het hy baie siek geword en moes aftree. In 1898, nadat hy herstel het, is hy aangestel as die Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek en het hy 'n leidende politieke figuur geword tydens die Anglo-Boereoorlog. Na die oorlog het hy vrywilliglik in ballingskap gegaan omdat hy onwillig was om getrouheid aan die Britte te betoon. Etlike jare later het hy na Suid-Afrika teruggekeer en weer 'n regsfirma geopen in Pretoria. In die vroeë 1900's het hy weer by die politiek betrokke geraak en met die verklaring van die Unie van Suid-Afrika in 1910 is hy verkies tot die eerste president van die Senaat.
Reitz was sy lewe lank 'n belangrike figuur in die kulturele lewe van die Afrikaners, veral deur sy gedigte en ander publikasies.
Week 27
Kaliningrad (Russies: Калининград, Pools: Królewiec, Litaus: Karaliaučius, tot 1946: Königsberg, Russies: Кёнигсберг) is die hoofstad van die gelyknamige Russiese eksklawe (Kaliningrad-oblast), wat sowat 1 289 kilometer van Moskou af tussen Pole en Litaue aan die Oossee lê, met sowat 441 376 inwoners (2013). 'n Seekanaal van sowat 32 kilometer verbind die stad met die Oossee.
Die huidige Russiese stad het uit die bouvalle van die oorspronklik Duitse Koningsberg (Königsberg) ontstaan wat eeue lank die hoofstad van die Duitse provinsie Oos-Pruise was en in die laaste fase van die Tweede Wêreldoorlog deur Britse en Russiese bomaanvalle vernietig is.
Tot in 1991 kon die stad weens politieke omstandighede nie sy tradisionele rol as brug tussen die oostelike en westelike lande van die Oossee waarneem nie, en ook sy toerismebedryf was dekades lank uitsluitlik gemik op Russiese besoekers. Vandag staan die stad weer oop vir internasionale handel en toerisme, alhoewel die geografiese ligging as Russiese eksklawe binne die Europese Unie 'n aantal probleme skep.
Week 28
Pole (Pools: Polska [ˈpɔlska] ), amptelik die Republiek van Pole (Pools: Rzeczpospolita Polska ), is 'n land in Sentraal-Europa. Dit grens aan Duitsland, Tsjeggië, Slowakye, Oekraïne, Wit-Rusland, Rusland en Litaue. In administratiewe opsig word Pole in 16 woiwodskappe (pl. województwo, enkelvoud województwa) verdeel.
Sy geografiese ligging het 'n beduidende invloed op Pole se dikwels onstuimige historiese ontwikkeling uitgeoefen. Magtige buurlande soos Rusland en Duitsland het verskeie kere geleenthede waargeneem om Pole binne te val en te beset. Die Tweede Wêreldoorlog het die mees onlangse grensveranderings meegebring – terwyl Pole in die ooste gebiede met swak grond aan die destydse Sowjetunie moes afstaan, het Duitse gebiede met ryk landbougrond en 'n goed ontwikkelde infrastruktuur in die weste en noordooste onder Poolse administrasie gekom. Sedert 1945 vorm die Oder- en Neiße-riviere die westelike grenslyn met Duitsland.
Aangesien die geografiese sentrum van Europa naby Vilnius in Litaue geleë is, maak Pole deel uit van Sentraal-Europa. Dikwels word na lande soos Pole, Tsjeggië en Hongarye as oostelike Sentraal-Europa verwys – 'n term wat ook benadruk dat al hierdie state voormalige Oosbloklande is en almal in die 1990's 'n proses van politieke en ekonomiese hervormings begin het.
Week 29
Die Namibiese volksmoord 1904 word beskou as die eerste volksmoord van die 20ste eeu. Dit het plaasgevind in Duits-Suidwes-Afrika (hedendaagse Namibië) van 1904 tot 1907 gedurende die sg. Wedloop om Afrika. Op 12 Januarie 1904 het die Herero's onder Samuel Maharero in opstand gekom teen die Duitse koloniale regering waarin Duitse setlaars ook gesterf het. In Augustus het die Duitse generaal Lothar von Trotha die Herero's verslaan in die Slag van Waterberg en hulle die woestyn van Omaheke ingedryf waar die meeste van hulle weens dors omgekom het. In Oktober het die Namas ook die wapen opgeneem teen die Duitsers en het hulldieselfde lot oorgekom as die Herero's. In geheel is tussen 24 000 en 65 000 Herero's (geraam op 50% na 70% van die totale Hererobevolking) en 10 000 (50% van die totale Namabevolking) doodgemaak. Die volksmoord is gekenmerk deur wydverspreide dood deur hongersnood en die inname van water wat deur die Duitsers in die Namibwoestyn met gif behandel is.
In 1985 het die Whitaker-verslag van die Verenigde Nasies Duitsland se poging tot die uitwissing van die Herero- en Namavolke van Suidwes-Afrika as een van die eerste volksmoorde van die 20ste eeu erken. Die Duitse regering het in 2004 amptelik vir die gebeure om verskoning gevra. Op 10 Julie 2015 het die Duitse regering as regsopvolger van die Duitse Keiserryk die gebeure amptelik as volksmoord erken.
Week 30
Wallonië (Frans: Wallonie [walɔni], Duits: Wallonie(n), Nederlands: Wallonië [ʋaːˈloːni.ə] , Waals: Walonreye [walɔnʀɛj]; Luxemburgs: Wallounesch) is een van die drie Belgiese geweste (régions). Dit bestaan hoofsaaklik uit die Franssprekende gebiede van die land (met uitsondering van die Brusselse Hoofstedelike Gewes) en die gebied van die Duitstalige Gemeenskap in die ooste.
Die term "Wallonië" (aanvanklik nog as Wallonnie gespel) is eers in 1844 geskep en destyds deur die Belgiese skrywer Joseph Grandgagnage (1797–1877) gebruik om na die tuisland van die Franssprekende Belge te verwys. Dit het al hoe meer gebruiklik geword nadat die nasionale beweging van Vlaandere begin het om die Nederlandssprekende noorde van België - en nie net die geskiedkundige provinsie Wes-Vlaandere nie - "Vlaandere" te noem. Voor 1844 is Belgiese skilders meestal "Vlaams" en Belgiese soldate "Waals" genoem sonder om hulle moedertaal in ag te neem.
Die term "Waal" bestaan egter reeds sedert die 15de eeu en is afgelei van 'n plaaslike antieke Keltiese stam se Latynse en Germaanse name (Volcae en Walha, sien die hoofstuk Geskiedenis voor 1830). Dit verskyn vir die eerste keer in 15de eeuse kronieke. In Duitsland was die term al vroeër in gebruik; die destydse beskrywing van 'n slag in die jaar 1302 verwys na "die Walen".
Week 31
Die leeu (Panthera leo) (IFA: ♂: 'le:u 'le:ou 'liu ♀: le:'uən le:'vən / le:uvəifi) is 'n soogdier van die familie Felidae en een van die vier "groot katte" in die genus Panthera. Dit is die tweede grootste katspesie naas die tier. Mannetjies kan maklik herken word aan hulle maanhare en weeg tussen 150 en 250 kg. Wyfies weeg tussen 120 en 150 kg. Leeus kom in die natuurlike omgewing tans in Afrika, suid van die Sahara, en in Asië voor. In Asië word ’n kritieke bedreigde oorblywende bevolking in die Gir-woud Nasionale Park gehou, waar hulle reeds vroeër in Noord-Afrika en Suidwes-Asië uitgesterf het. Tot en met die laat Pleistoseentydperk, omstreeks 12 000 jaar gelede, was die leeu die wydverspreidste groot landsoogdier neffens die mens. Hulle was oor die meeste van Afrika verspreid, regoor Eurasië, wat vanaf Wes-Europa tot Indië gestrek het, sowel as in die Amerikas tussen Yukon en Peru.
In die natuur word leeus tussen 10 en 14 jaar oud, terwyl dié in gevangenskap tot oor die 20 jaar oud kan word. In die natuur sal leeumannetjies selde ouer as tien jaar word, omrede die beserings wat deur voortdurende gevegte onder hulle opgedoen word grootliks hul lewensverwagting laat afneem. Leeus geniet 'n warm klimaat en jag in groepe. Hulle is tipies woonagtig in die savanne en grasvelde, hoewel hulle ook die bos en woud as tuiste kan aanneem. Wat ongewoon van leeus is, in vergelyking met ander katsoorte, is dat hulle ’n sosiale spesie is. ’n Trop leeus bestaan uit bloedverwante wyfies en nakomelinge en ’n klein aantal volwasse leeumannetjies. Troppe leeuinne sal gewoonlik saam jag en groot hoefdiere as prooi aanval. Leeus is roofdiere heel boaan die voedselketting, maar sal by geleentheid ook aas. Ewenwel dit buite leeus se aard is om op mense jag te maak, is daar die enkele gevalle wat wel opgeteken is.
Die leeu is ’n kwesbare spesie, omrede daar ’n moontlik onherroeplike bevolkingsafname van tussen 30 en 50 persent die afgelope twee dekades slegs op die Afrika-vasteland plaasgevind het. Die leeubevolking is onhoudbaar buite aangewese reservate en nasionale parke. Hoewel die oorsaak van die afname nie ten volle begryp kan word nie, speel habitatsverlies en botsings met die mens na bewering tans die grootste rol. Leeus is sedert die antieke Romeinse tyd al in dieretuine aangehou en bly vanaf die laat agtiende eeu van oraloor ’n groot aantrekkingskrag. Dieretuine span oor die wêreld heen saam om teelprogramme daar te stel met die oogmerk om die bedreigde Asiatiese subspesies van uitwissing te red.
Week 32
Frederick “Fritz” Joubert Duquesne (soms geskryf as Du Quesne en uitgespreek in Afrikaans as Doe-kein) (21 September 1877 – 24 Mei 1956) was ’n Suid-Afrikaanse Boeresoldaat, krygsgevangene, grootwildjagter, joernalis, oorlogskorrespondent, Anglofoob, makelaar, saboteur, spioen en avonturier wie se haat vir die Britte hom gedryf het om vrywillig in albei Wêreldoorloë vir Duitsland te spioeneer. As Boerespioen was hy bekend as die Swart Luiperd en hy is ook bekend as die man wat Kitchener se dood veroorsaak het aangesien hy beweer dat hy in 1916 die HMS Hampshire gesaboteer en laat sink het waarop Lord Kitchener was op weg na Rusland. As Duitse spioen was sy kodenaam DUNN. In 1942 is hy en 32 ander lede van die Duquesne Spioenasiesindikaat skuldig bevind in die grootste spioenasieverhoor in die geskiedenis van die Verenigde State.
Week 33
Paaseiland (Spaans: Isla de Pascua, Rapa Nui: Rapa Nui) is ’n eiland in die Stille Oseaan wat sedert 1888 aan Chili behoort. Dit is 3 526 km wes van Chili, 4 251 km oos van Frans-Polinesië en 2 078 km oos van die Pitcairneilande.
Polinesiërs het waarskynlik tussen 700 en 1100 n.C. op Paaseiland gaan woon en ’n vooruitstrewende kultuur geskep, soos blyk uit die eiland se talle moai-klipstandbeelde en ander artefakte. Menslike bedrywighede, die vestiging van die Polinesiese rot op die eiland en oorbevolking het daartoe gelei dat alle bome geleidelik afgekap en natuurlike hulpbronne uitgeput is. Dit het die Paaseiland-beskawing aansienlik verswak.
Teen die tyd dat Europeërs in 1722 op die eiland aangekom het, het die bevolking afgeneem tot tussen 2 000 en 3 000 nadat daar net ’n eeu vroeër na raming sowat 15 000 eilandbewoners was.
Paaseiland is een van die mees afgeleë eilande ter wêreld. Die naaste bewoonde stuk grond, met sowat 50 bewoners in 2013, is Pitcairneiland (sowat 2 075 km); die naaste dorp met ’n inwonertal van meer as 500 is Rikitea, op die eiland Mangareva (sowat 2 606 km). Die naaste deel van ’n vasteland is in Sentraal-Chili (3 512 km).
Paaseiland is in 1888 deur Chili geannekseer en is sedert 2007 ’n spesiale gebied van dié land. Administratief val dit onder Chili se Valparaíso-streek. Meer spesifiek is dit die enigste munisipaliteit van die provinsie Isla de Pascua. Volgens die 2012-sensus het die eiland sowat 5 800 bewoners, waarvan omtrent 60 persent afstammelinge van die inheemse Rapa Nui-volk is.
Die hoofstad en grootste stad is Hanga Roa. Die eiland is veral bekend vir sy groot moai-standbeelde en vorm die oostelike punt van die Polinesiese Driehoek. Paaseiland se Rapa Nui Nasionale Park is in 1995 deur Unesco as wêrelderfenisgebied aangewys.
Week 34
Sosialistiese realisme (soms afgekort tot Sosrealisme) was 'n kunsstroming wat in 1932 deur die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie as verpligtend vir die produksie van literatuur, beeldende kuns en musiek gestel is. Dit het later vir die hele sosialistiese stelsel van die Oosbloklande verpligtend geword.
Kunstenaars is opgeroep om die "werklikheid in sy rewolusionêre ontwikkeling... waaragtig en konkreet-histories uit te beeld". Gedurende Josef Stalin se bewind is literêre vormeksperimente en abstrakte kuns ten strengste afgekeur en kunstenaars verplig om die sosialistiese werklikheid volgens 'n partygebonde sienswyse uit te beeld. Hierdie werklikheid is in die kuns gevolglik geïdealiseer en mooier voorgestel as wat dit regtig was. Sodoende het kunstenaars – naas skrywers veral skilders en argitekte – in 'n toenemende mate staatspropaganda oorgedra. Hulle is ingespan om Stalin se leiersrol te bevestig en die mite van 'n nuwe "Goue Tydperk" te skep wat deur die "nuwe, sosialistiese mens" ingelui sou word. Kunstenaars sou dus werke skep wat hul eie tyd bewus glorifiseer.
Sosialistiese realisme het die Sowjet-kunslewe as amptelike doktrine tot die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 oorheers. Dit het kort ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog sy sterkste uitwerking op die kunste gehad. Eers ná Stalin se afsterwe in Maart 1953 is die staat se riglyne vir kunstenaars ietwat verslap en afwykings toegelaat, alhoewel openbare optredes en uitstallings van kunstenaars steeds gesensureer is. Sedert die 1980's het kunstenaars in Oosbloklande in nouer aanraking met die kunslewe van westerse lande gekom wat 'n regstreekse invloed op die Oos-Europese kunswêreld begin uitoefen het. Sodoende het Sosialistiese realisme as die heersende kunsstroming reeds voor die politieke omwenteling in die Oosblok vanaf 1989 gekwyn.
Week 35
Skerryvore (afgelei van die Skots-Gaeliese Sgeir Mhòr wat "Groot Skeer" of "Eilandrots" beteken) is 'n afgeleë rif wat aan die weskus van Skotland, 19 kilometer suidwes van die eiland Tiree geleë is. Skerryvore is ook die naam van die vuurtoring op die skeer (eilandrots), wat met groot moeite tussen 1838 en 1844 deur Alan Stevenson gebou is.
Teen 'n hoogte van 48 m is dit die hoogste vuurtoring in Skotland. Die kusstasie was by Hynish op Tiree (wat nou 'n museum huisves), maar is later verskuif na Erraid, wes van Mull. Die afgeleënheid van die terrein het beteken dat opsigters ekstra betaling in goedere ontvang het. Die lig het ononderbroke sedert 1844 gebrand totdat 'n brand in 1954 vir vyf jaar bedryf in die wiele gery het. Die vuurtoring is in 1994 geoutomatiseer.
Week 36
Malawi (Chichewa: Malaŵi), voorheen bekend as Njassaland, is ’n republiek in Suidoos-Afrika wat heeltemal deur land omring word. Teen 118 500 km² is dit een van die kleinste lande in Afrika, maar dit het ’n verskeidenheid landskappe en ’n wildlewe wat sy belangrikheid as toeristebestemming verhoog. Sowat ’n vyfde van sy oppervlakte word deur die Malawimeer beslaan; dit is die derde grootste meer in Afrika en die tiende grootste ter wêreld.
Malawi grens aan Zambië in die noordweste, Tanzanië in die noordooste en Mosambiek in die suide, suidooste en suidweste. Dit het ’n geraamde bevolking van 16 777 547 (Julie 2013). Sy hoofstad is Lilongwe, wat ook die grootste stad is, en die tweede grootste is Blantyre. Die naam kom uit die Maravi-taal. Die land is ook algemeen bekend as die "Warm Hart van Afrika".
Migrerende Bantoevolke het die gebied omstreeks die 10de eeu betrek. In die laat 15de eeu is die Maravi-ryk gestig. Die Maravi's het later bekend gestaan as die Chewa – ’n etniese groep wat vandag steeds die meerderheidsbevolking in die land is.
In die 19de eeu het Skotse sendelinge, onder wie David Livingstone, in Malawi aangekom. Hulle was die eerste Europeërs wat die lang en moeilike tog deur die vasteland van Afrika in 1859 voltooi het. In 1891 het Brittanje die gebied gekoloniseer en in 1953 het Njassaland, ’n Britse protektoraat, ’n protektoraat binne die semi-onafhanklike Federasie van Rhodesië en Njassaland geword. Die federasie is in 1963 ontbind en in 1964 is die protektoraat oor Njassaland opgehef. Die land het onder koningin Elizabeth II onafhanklik geword en die naam is na Malawi verander. Twee jaar later het dit ’n republiek geword.
Ná Malawi se onafhanklikwording het dit ’n eenpartystaat geword met Hastings Banda as president. Hy was lewenslange staatshoof tot in 1994, toe sy lewenslange presidentskap beëindig en hy die land se eerste demokratiese verkiesing verloor het. Peter Mutharika is die huidige president en Malawi is nou ’n demokratiese veelpartystaat. Dit het ’n klein militêre weermag met ’n leër, vloot en lugmagvleuel. Die buitelandse beleid is pro-Westers en sluit positiewe diplomatieke betrekkinge met die meeste lande in, asook deelname aan verskeie internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies, Britse Statebond en Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.
Malawi is een van die wêreld se swaks ontwikkelde lande. Die ekonomie is afhanklik van landbou en daar is ’n groot plattelandse bevolking. Die regering leun swaar op buitelandse hulp vir ontwikkeling, hoewel dié behoefte (en die hulpaanbiedinge) sedert 2000 afneem. Sedert 2005 skenk die land aandag aan die uitbreiding van die ekonomie, die verbetering van opvoeding en gesondheidsdienste, omgewingsbewaring en om finansieel onafhanklik te word.
Die lewensverwagting in die land is laag en die babasterftesyfer hoog. MIV/vigs kom algemeen voor en dit stel groot eise aan die werkmag en die regering se uitgawes. Hoewel streekkonflik voorheen van tyd tot tyd voorgekom het, is daar sedert omstreeks 2008 ’n groeiende gevoel van ’n Malawi-nasionaliteit.
Week 37
Die eiland word in twee dele verdeel: die groot noordwestelike deel, Tahiti Nui, en die klein suidoostelike deel, Tahiti Iti. Die eiland is deur vulkaniese aktiwiteit gevorm en is hoog en bergagtig, met omringende koraalriwwe. Die bevolking is 183 645 (volgens die 2012-sensus), die grootste van die eilande van Frans-Polinesië; dit is sowat 68,5% van die totale bevolking.
Tahiti is die ekonomiese, kulturele en politieke sentrum van Frans-Polinesië. Die hoofstad, Papeete, is aan die noordweskus geleë. Die Franse oorsese gebiede se enigste internasionale lughawe is 5 km van die middestad af.
Die eiland was deel van die Koninkryk Tahiti totdat dit in 1880 deur Frankryk geannekseer is en dit ’n Franse kolonie geword het. Inheemse Tahitiane is eers in 1946 toegelaat om wetlik Franse burgers te word. Frans is die enigste amptelike taal, hoewel Tahitiaans (Reo Tahiti) algemeen gepraat word.
Tahiti het skilderagtige strande met swart sand, berge en woude. Klapperbome groei aan die kus. Dit het onder meer bekend geword omdat die Franse skilder Paul Gauguin ’n paar jaar hier gewoon en gewerk het.
Week 38
Die Topkapi-paleis (Turks: Topkapı Sarayı) of in Ottomaanse Turks: طوپقپو سرايى, gewoonlik getranslitereer as "Topkapi") is ’n paleis in Istanboel, Turkye. Dit was vier eeue lank die amptelike woning van die Ottomaanse sultans, van 1465 tot 1856.
Die paleis is ook gebruik vir staatsgeleenthede en koninklike vermaak en is vandag ’n groot toeriste-attraksie. Dit huisves ook die heiligste relieke van die Moslem-wêreld, soos die profeet Mohammed se mantel en swaard. Topkapı-paleis vorm deel van die monumente van die "historiese gebiede van Istanboel" wat in 1985 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied geword het – dit word beskryf as "die beste voorbeeld[e] van ensembles paleise van die Ottomaanse tydperk."
Aanvanklike bouwerk het in 1459 begin op bevel van sultan Mehmet II, die veroweraar van die Bisantynse Konstantinopel. Die paleis is ’n kompleks wat bestaan uit vier binnehowe en talle geboue. Op die hoogtepunt van sy bestaan as keiserlike paleis het tot 4 000 mense daar gewoon en het dit ’n groter gebied as tans beslaan met ’n lang kuslyn. Dit is deur die eeue uitgebrei, met baie restourasies soos ná die aardbewing van 1509 en die brand van 1665. Daar was moskees, ’n hospitaal, bakkerye en ’n munt. Die direkte vertaling van die naam is "Kanonpoort-paleis"; dit is genoem na ’n poort daar naby wat nie meer bestaan nie.
Topkapı-paleis het teen die einde van die 17de eeu algaande minder belangrik geword toe sultans verkies het om meer tyd in hulle nuwe paleise aan die Bosporus deur te bring. In 1856 het sultan Abdülmecid I besluit om die hof na die nuwe Dolmabahçe-paleis te skuif – die eerste paleis in die stad wat in ’n Europese styl gebou is. Sekere funksies, soos die koninklike tesourie, moskee, biblioteek en munt het egter in die Topkapı-paleis gebly.
Ná die einde van die Ottomaanse tydperk in 1921 is die paleis op 3 April 1924 in ’n museum van die Ottomaanse tydperk verander. Dit het honderde kamers, maar net die belangrikstes is vir die publiek oop. Dit is vol voorbeelde van die Ottomaanse argitektuur en bevat groot versamelings porseleinware, klere, wapens, juweliersware, Ottomaanse miniatuur-skilderye, manuskripte met Islamitiese kaligrafie en muurbeelde.
Week 39
Eugène Henri Paul Gauguin (7 Junie 1848 – 8 Mei 1903) was ’n Franse postimpressionistiese kunstenaar. Hy het nie werklik erkenning gekry tot ná sy dood nie, maar word nou geloof vir sy eksperimentele gebruik van kleur en die sintetistiese styl, wat onderskei kan word van impressionisme. Sy werk het dié van die Franse avant-garde en baie moderne kunstenaars beïnvloed, byvoorbeeld dié van Pablo Picasso en Henri Matisse. Gauguin se kuns het ná sy dood gewild geword, deels danksy die pogings van die kunshandelaar Ambroise Vollard, wat uitstallings van sy werk gereël of help reël het. Baie van sy skilderye was in besit van die Rus Sergei Sjtsjoekin en ander belangrike versamelaars.
Hy was ’n belangrike figuur in die simbolistiese beweging as ’n skilder, beeldhouer, keramiekkunstenaar en skrywer. Sy gebruik van kleur het regstreeks tot die sintetistiese styl in moderne kuns gelei, terwyl sy uitbeelding van die inherente bedoeling van die mense in sy skilderye die weg gebaan het na primitivisme en die terugkeer na die landelike. Hy was ook ’n belangrike voorstander van houtgraverings en houtsneewerk as kunsvorms.
Week 40
Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië (967 km grens), Botswana (1840 km grens) en Zimbabwe (225 km grens), en in die noordooste aan Mosambiek (491 km grens) en Swaziland (430 km grens). Lesotho (909 km grens) vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.
Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is die grootste en mees ontwikkelde op die kontinent met moderne infrastruktuur oor die hele land.
Rassekonflik tussen die wit minderheid en die swart meerderheid het die land se geskiedenis en politiek oorheers. Die tema het 'n hoogtepunt bereik met die apartheidsbewind tussen 1948 en die negentien-negentigs. Nadat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, is verskeie stelsels ingestel gegrond op eie rasse-ontwikkeling. Wette wat suiwer op eie rasse-ontwikkeling gegrond is, is vanaf 1990 afgeskaf na 'n lang en soms gewelddadige stryd teen apartheid waarin swart mense die leiding geneem het. Wit, Bruin en Indiër-Suid-Afrikaners het egter ook deelgeneem en buitelandse druk was 'n belangrike faktor in die uiteindelike aftakeling van apartheid.
Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is egter op die ou einde op wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika (en die res van die ontwikkelende lande) wat nie 'n staatsgreep ondergaan het nie. Die veelpartysamesprekings, waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel is, het gelei tot die ontwikkeling van die grondwette met stewige beskerming van menseregte. Ongelukkig beskerm die Grondwet van Suid-Afrika nie die Afrikaner op die veld van die arbeidsgebied en privaatsektor nie, omdat die grondwet toelaat dat die huidige regering Swart Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende aksie teen die Afrikanerminderheid ingestel kon word. Dit beteken dat Afrikaners nie staatskontrakte kan kry nie, tensy hulle hul besighede verdeel en 'n 51 persent aandeel aan 'n swart besigheidsman gee.
Vandag word daar gereeld na Suid-Afrika as die Reënboognasie verwys – 'n term wat aanvanklik deur Aartsbiskop Desmond Tutu bedink is en later op uitgebrei is deur die toenmalige president Nelson Mandela – as 'n metafoor vir die land se nuutgevonde multikulturele diversiteit na die beëindiging van die skeiding wat deur die apartheidsideologie meegebring is. Suid-Afrika is die eerste, en sover enigste, land wat kernwapens ontwikkel het en daarna vrywillig sy hele kernwapenprogram ontbind het.
Week 41
Bordeaux (Frans: [bɔʁˈdo], Oksitaans-Gaskonies: Bordèu, Baskies: Bordele) is 'n stad in die suidweste van Frankryk met 'n bevolking van 241 287 (in 2012). Bordeaux is die administratiewe hoofstad van die région (gewes) Nieu-Akwitanië en die département Gironde en die sentrum van die metropolitaanse gebied Arcachon-Bordeaux-Libourne met 'n totale bevolking van 1,25 miljoen. Die inwoners word in Frans Bordelais genoem. Bordeaux is die grootste stad in die département Gironde, die région Akwitanië en die negende grootste in Frankryk. Die stedelike agglomerasie van Bordeaux is die sesde grootste in die land.
Danksy die plaaslike wingerde het Bordeaux reeds in die Middeleeue, maar veral vanaf sy "goue tydperk" in die 18de eeu internasionale bekendheid verwerf. As die hoofstad van die voormalige provinsie Guyenne (wat grootliks met die huidige gewes Akwitanië ooreenkom) het Bordeaux deel uitgemaak van Gascogne. Die stad is teen die rand van die landskap Landes de Gascogne geleë.
Bordeaux se Lune-hawe is deur Unesco in Junie 2007 as wêrelderfenisgebied gelys. Dit was een van die gasheerstede van die Rugbywêreldbeker 2007 wat vir die eerste keer in 'n Franssprekende land gehou is.
Week 42
Wallies (Wallies: Cymraeg [kəmˈrɑːɨɡ] of y Gymraeg [ə ɡəmˈrɑːɨɡ]) behoort tot die Britoniese tak van die Keltiese tale. Wallies word deur moedertaalsprekers in die westelike deel van Groot-Brittanje in Wallis (Wallies: Cymru), 'n minderheid op die Walliese grens en deur die Walliese immigrante gemeenskap (Y Wladfa) in die Chubut-provinsie in Patagonië in Argentinië, gepraat. Daar is ook sprekers in die res van die wêreld, vernaamlik in Engeland, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Wallies is nouverwant aan Kornies en Bretons en meer verlangs aan Iers-Gaelies, Manx-Gaelies en Skots-Gaelies.
Aan die begin van die 20ste eeu het ongeveer die helfte van die bevolking van Wallis Wallies as 'n alledaagse taal gepraat. Teen die einde van die eeu het die persentasie gedaal tot ongeveer 20%. Die mees onlangse sensussyfers (2001) deur die Walliese Taalraad, gee aan dat 582 400 (20,8% van die bevolking van Wallis) Wallies kon praat en dat 457 946 (16,3%) dit kon praat, lees en skryf. Dit kan vergelyk word met 508 100 (18,7%) in 1991. Die gebruik van Engels het oor dekades gelei tot 'n afname in die aantal Walliese sprekers. Sedert die invoer van die Walliese Taalwet 1993, wat Wallies gelyke status met Engels in die openbare sektor in Wallis gee, het die agteruitgang verlangsaam.
Letterkundige tekste in Wallies bestaan sedert 1100. Tans is daar 'n bloeiende literatuur in Wallies.
Week 43
Onder Pius IX kom die wêreldlike mag van die pous tot ‘n einde. Die Rooms-Katolieke Kerk verloor die bestuur oor die hele Kerklike Staat ingesluit die stad Rome aan die nuwe koninkryk Italië. Vanaf 1870 beskou Pius homself as die gevangene van die Vatikaan en weier hy alle samewerking met die Italiaanse staat.
In 1854 kondig Pius IX die dogma van die Onbevlekte Ontvangenis van Maria af. As hoof van de Kerk roep Pius die Eerste Vatikaanse Konsilie (1869–1870) byeen, waarop die onfeilbaarheid van die pous as dogma goedgekeur word. Tydens sy lang pontifikaat word 206 nuwe bisdomme opgerig.
Week 44
Die hadj (soms gespel gadj; Arabies: الحجّ) is ’n jaarlikse Islamitiese pelgrimstog, of bedevaart, na Mekka wat elke Moslem wat fisiek en finansieel daartoe in staat is, minstens een keer in sy of haar leeftyd moet onderneem. Dit is een van die Vyf Pilare van die Islam.
Die hadj is een van die grootste jaarlikse byeenkomste van mense in die wêreld. Dit is ’n demonstrasie van die solidariteit van Moslems en hul aanbidding van een God (Allah).
Die bedevaart vind plaas van die 8ste tot die 12de (of soms 13de) Dhu'l Hidjdja, die laaste maand van die Islamitiese kalender. Omdat dit ’n maankalender is in teenstelling met die Gregoriaanse kalender, ’n sonkalender, is die Islamitiese jaar sowat 11 dae korter as ’n Gregoriaanse jaar, en daarom verskil die Gregoriaanse datum van die hadj van jaar tot jaar. Ihram is die naam van die spesiale spirituele toestand waarin pelgrims twee wit stukke naatlose materiaal dra en hulle van sekere dade weerhou.
Die hadj word verbind met die lewe van die profeet Mohammed uit die 7de eeu, maar Moslems glo die pelgrimsritueel na Mekka dateer van duisende jare gelede uit die tyd van Abraham. ’n Paar miljoen mense besoek Mekka vir die week van die hadj en voer ’n aantal rituele uit: Hulle loop sewe keer antikloksgewys om die Kaäba (die vierkantige gebou in die middel van Al-Masdjid al-Haram in Mekka, en die rigting van gebed), loop of hardloop heen en weer tussen die heuwels Safa en Marwa, drink uit die Zamzam-put, gaan vir ’n nagwaak na Berg Arafat, bring ’n nag deur op die vlakte van Moezdalifa en voer ’n simboliese steniging van die duiwel uit deur klippe na drie pilare te gooi. Die pelgrims skeer dan hul hare, doen mee aan ’n ritueel van diereoffering en vier die drie dae lange fees Eid-oel-Adha.
Pelgrims besoek Mekka ook ander tye van die jaar om dié rituele uit te voer. Dit word soms oemra, of ’n "mindere pelgrimstog", genoem. Hulle moet egter steeds die hadj onderneem as hulle kan.
Week 45
Sydney is die hoofstad van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis in Australië en is die grootste en oudste stad in daardie land. Dit het 'n bevolking van byna 5 miljoen (2015) en word dikwels as die hoofstad van Australië aangesien, alhoewel dit eintlik Canberra is.
Min stede besit so 'n presiese stigtingsdatum of so 'n kort en dramatiese geskiedenis soos Sydney. Op 18 en 26 Januarie 1788 het elf Britse skepe, wat vandag as Die Eerste Vloot (The First Fleet) bekend staan, met sowat 1 000 mense aan boord in Sydney se Botanybaai anker gegooi. Meer as 700 van hulle was gevangenes wat onder bevel van kaptein Arthur Phillip na Australië gedeporteer is.
Die destydse Georgiaanse regstelsel het dikwels selfs vir klein oortredings van die wet die doodstraf opgelê. Sydney se eerste inwoners was dus nie noodwendig kriminele in die huidige betekenis van die woord nie, maar eerder arm skepsels wat tot deportasie "begenadig" is vir oortredings soos die onwettige pluk van komkommers in 'n vreemde tuin of die diefstal van 'n sakdoekie.
Week 46
Frankryk (Frans: France [fʁɑ̃s]), amptelik die Franse Republiek (République française [ʁepyblik fʁɑ̃sɛz]), is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Spanje en Andorra.
Frankryk is 'n stigterslid van die Europese Unie (en tans volgens sy oppervlakte ook die grootste lidland) asook 'n stigterslid van die NAVO en die Verenigde Nasies. In 1999 is die Euro-geldeenheid ingevoer en in 2002 die Euro-banknote en -muntstukke.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre en Miquelon), in die Indiese Oseaan (Mayotte en Réunion) en in Oseanië (Frans-Polinesië en Wallis en Futuna).
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, het ná die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede beleef. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Frankryk is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Week 47
Perth is die hoofstad van Wes-Australië, een van die federale deelstate in Australië. Die stad het 'n bevolking van meer as tweemiljoen mense (2014) wat Perth die grootste stad in die deelstaat Wes-Australië maak. Tot soveel as 'n driekwart van die deelstaat se bevolking woon in Perth en omliggende streke. Die stad het ook die vierde grootste bevolking in Australië. Die bevolkingsgroei van Perth is konsekwent hoër as die nasionale gemiddeld in Australië.
Perth is in 1829 deur Kaptein James Stirling as die politieke sentrum van die vrye setlaars van die Swanrivierkolonie gestig. Perth was sedertdien die setel van die regering in Wes-Australië.
Die metropolitaanse gebied is geleë in Suidwes-Australië in 'n gedeelte wat bekend staan as die Darling Range. Die sentrale sakekern en die woongebiede van Perth is aan die oewer van die Swanrivier geleë. Perth deel die vyfde plek op die tydskrif The Economist se ranglys van die wêreld se mees leefbare stede.
Week 48
Die pylsterteend (Anas acuta) is 'n algemene en wydverspreide eend wat oor groot dele van Noord-Amerika, Europa en Asië voorkom, asook in sekere streke in Afrika. Die spesie kom ook voor in 'n klein strekie in Suidelike Afrika en word dus ook as 'n Suider-Afrikaanse voël beskou. Hulle is streng nomadies. Buite die paarseisoen is hulle hoogs gesellig en vorm groot gemengde swerms met ander eende.
Eilandbevolkings het afgesplinter en ontwikkel in aparte spesies soos Eaton se Pylsterteend (Anas eatoni), 'n nabyverwante spesie waarvan twee vorme op die Kergueleneilande (Anas eatoni eatoni), en Crozeteilande (Anas eatoni drygalskyi) in die Suidelike Indiese Oseaan gevind word. In beide gevalle ontwikkel die manlike voēls nie volle broeivere nie.
Bedreigings vir die pylsterteend sluit in: voëlgriep en verlies van watergebiede as gevolg van ontwikkeling, besoedeling en indringerplante.
Week 49
Dit was die eerste Afrikaanse dagblad in die stad en tydens sy hele bestaan 'n vurige ondersteuner van die Nasionale Party, buiten van 1934 tot 1939 toe dit die Verenigde Party ondersteun het omdat genl. J.B.M. Hertzog hom toe in daardie party bevind het. Gevolglik het Kaapse Nasionaliste in 1937 Die Transvaler in Johannesburg opgerig as spreekbuis van die Gesuiwerde Nasionale Party. Tot en met die verskyning van Beeld in 1974 was Die Transvaler Johannesburg se enigste Afrikaanse oggendblad en Die Vaderland die enigste Afrikaanse middagblad. Die koms van Beeld het in 1983 tot die sluiting van Oggendblad en Hoofstad in Pretoria gelei, in 1988 tot die inlywing van Die Vaderland by Die Transvaler en uiteindelik in 1993 ook tot die sluiting van Die Transvaler, Perskor se laaste Afrikaanse dagblad toe die maatskappy nog net The Citizen uitgegee het.
Week 50
Bernau bei Berlin (volledige amptelike naam ter onderskeiding van gelyknamige nedersettings sedert 1999, algemeen kort Bernau) is 'n stad in die administratiewe distrik Barnim van die Duitse deelstaat Brandenburg, sowat tien kilometer noord-oos van Berlyn, met 'n oppervlakte van 103,73 vierkante kilometer en 'n bevolking van 36 547 (soos op 31 Desember 2014). Die stad is sedert die vroeë 1920's in die openbare vervoerstelsel van Berlyn geïntegreer.
Bernau het reeds omstreeks 1300 stadstatus gekry en het in die middeleeue vir sy lakens en bier bekend gestaan. In 1432 het die stad danksy sy stadsmuur en die heldemoed van sy bewoners die aanval van 'n Boheemse Hussiete-leër afgeweer -'n gebeurtenis wat jaarliks met 'n groot Hussiete-fees en optog herdenk word.
Week 51
Fotosintese is 'n belangrike biochemiese proses waarmee plante, alge, en sommige bakterieë die energie van sonlig benut om voedsel te vervaardig. Die meeste lewende organismes is per slot van rekening direk of indirek afhanklik van fotosintese vir hulle voedsel. Dit is verantwoordelik vir die vervaardiging van suurstof wat 'n groot deel van die aarde se atmosfeer uitmaak. Organismes wat energie omskakel deur middel van fotosintese word fototrowe genoem. Daar word geraam dat meer as die helfte van alle fotosintese wat op aarde plaasvind nie vanaf plante afkomstig is nie maar vanaf bakterieë en alge.
Week 52
Die Ortodokse Kerk, amptelik die Ortodoks-Katolieke Kerk en algemeen bekend as die Oosters-Ortodokse Kerk, is die tweede grootste Christelike denominasie in die wêreld, met ’n geskatte 300 miljoen aanhangers hoofsaaklik in Belarus, Bulgarye, Siprus, Georgië, Griekeland, Masedonië, Moldowa, Montenegro, Roemenië, Rusland, Serwië en die Oekraïne, lande waarin die meeste Christene Oosters-Ortodoks is. Die Kerk beskou homself as die "Een, Heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk" wat 2 000 jaar gelede deur Jesus Christus en sy dissipels gestig is.
Die Ortodokse Kerk bestaan uit verskeie outokefale kerkliggame (elk met ’n eie hoof) wat geografies en nasionaal verskil, maar teologies ooreenstem. Elke outokefale liggaam, wat dikwels maar nie altyd nie tot ’n nasie beperk is, word gelei deur ’n sinode van biskoppe en is administratief selfregerend.
Die Ortodokse Kerk kan sy ontwikkeling terugherlei deur die Bisantynse en die Romeinse Ryk na die vroegste kerk wat deur Paulus en die ander dissipels gestig is. Dit beoefen wat dit glo die oorspronklike, antieke tradisies is en glo in groei sonder verandering.
Die doel van Ortodokse Christene van hul doop af is om deur hul hele lewe nader aan God te groei. Dié proses word "teose" of "vergoddeliking" genoem en is ’n spirituele pelgrimstog waarin elke mens daarna streef om deur Jesus Christus heiliger en meer "soos Christus" te word.
Die Bybelse teks wat deur die Ortodokse Kerk gebruik word, sluit in die Septuagint (die antieke Griekse vertaling van die Hebreeuse Bybel) en die Nuwe Testament. Dit sluit in die deuterokanonieke boeke (boeke van die Ou Testament wat nie deel is van die Hebreeuse Bybel nie) wat gewoonlik deur die Protestante verwerp word en ’n klein aantal ander boeke wat nie deel is van die Westerse kanonieke boeke nie. Ortodokse Christene gebruik die woord "Anagignoskomena" (’n Griekse woord wat "leesbaar" of "leeswaardig" beteken) vir die tien boeke wat hulle aanvaar maar nie deel is van die Protestantse Ou Testament van 39 boeke nie. Hulle word beskou as eerbiedwaardig, maar nie op dieselfde vlak as die Hebreeuse kanonieke boeke nie.
Ortodokse Christene glo die Skrif is deur die Heilige Gees aan die menslike skrywers daarvan geopenbaar. Die Skrif is egter nie die bron van die kerk se tradisies nie, maar eerder die teenoorgestelde: Die Bybelse teks het uit die kerktradisies ontstaan.
Ikone versier die mure van Ortodokse kerke en hagiografieë (die beskrywings van heiliges se lewe) bedek dikwels die hele binnekant van die kerke. Die meeste Ortodokse kerke het ’n area wat opsygesit word vir gebede deur gesinne met ikone van Christus, die Maagd Maria en die heiliges gewoonlik aan die oostemure.
|
<urn:uuid:9187ec0e-f29c-4f82-bf97-2ea0756660eb>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Voorbladartikels_2016
|
2019-07-17T22:56:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525414.52/warc/CC-MAIN-20190717221901-20190718003901-00475.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999989 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kim Yong-sik
Jump to navigation
Jump to search
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Kim Yong-sik | ||
Gebore | 25 Julie 1910 | ||
Geboorteplek | Sinchon, Japan | ||
Oorlede | 8 Maart 1985 (op 74) | ||
Lengte | 172 cm | ||
Speelposisie | Middelveldspeler | ||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
Keijo SC | |||
Nasionale span | |||
1936-1940 | Japan | 3 | (0) |
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). |
Internasionale loopbaan[wysig | wysig bron]
Japanse nasionale sokkerspan | ||
---|---|---|
Jare | Kere | Doele |
1936 | 2 | 0 |
1937 | 0 | 0 |
1938 | 0 | 0 |
1939 | 0 | 0 |
1940 | 1 | 0 |
Totaal | 3 | 0 |
|
<urn:uuid:9ae67c68-d8d3-4a81-b14a-dd078324eed0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kim_Yong-sik
|
2019-07-24T07:10:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195531106.93/warc/CC-MAIN-20190724061728-20190724083728-00155.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.947748 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bosveldlewerik
Die Bosveldlewerik (Mirafra passerina) is 'n algemene amper-endemiese standvoël en nomade in doringveld en mopanieboomveld met yl gras. Die voël is 'n somerbesoeker suid van sy gebied. Die voël is 14 cm groot en weeg 21 – 28 gram. In Engels staan die voël bekend as die Monotonous lark.
Bosveldlewerik | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
sangopname in broeityd | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Mirafra passerina Gyldenstolpe, 1926 | ||||||||||||||||
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Mirafra passerina". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:4e29a6e4-8166-4dd3-97bc-3d48ad26b83b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bosveldlewerik
|
2019-07-16T19:09:38Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524685.42/warc/CC-MAIN-20190716180842-20190716202842-00339.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.993979 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
'n Gesonde Internet is oop vir innovering
Die Internet is gebou met die belofte dat enigeen van ons die volgende groot ding kan bou. Maar om te kan aanhou met skep, verbeel en herontdek aan ons toekoms aanlyn, moet die boublokke van die Web oop wees vir almal. Saam moet ons verseker dat die beleide en wette wat dié boublokke raak, billik is ek goed werk. 'n Gesonde Internet word deur jou geskep.
|
<urn:uuid:8671397d-520b-4494-9f14-643e00b75c0c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://www.mozilla.org/af/internet-health/open-innovation/
|
2019-07-16T23:05:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00264.warc.gz
|
cc-unknown
| null |
a_tag
| false | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000009 |
{
"abbr": [
"cc-unknown",
"cc-unknown"
],
"in_footer": [
false,
false
],
"in_head": [
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
null,
null
]
}
|
Hulp
Kategorie:Nedersettings in Ethiopië
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Populated places in Ethiopia
.
Bladsye in kategorie "Nedersettings in Ethiopië"
Die volgende 6 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 6.
A
Addis Abeba
Aksum
B
Bahir Dar
G
Gondar
H
Harar
L
Lalibela
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Nedersettings_in_Ethiopië&oldid=1424649
"
Kategorieë
:
Geografie van Ethiopië
Nedersettings
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Kategorie
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Ander projekte
Wikimedia Commons
Druk/eksporteer
Skep boek
Laai af as PDF
Drukbare weergawe
Gereedskap
Skakels hierheen
Verwante veranderings
Spesiale bladsye
Permanente skakel
Bladinligting
Wikidata-item
Ander tale
Aragonés
العربية
Azərbaycanca
Български
کوردی
Čeština
English
Español
فارسی
Frysk
हिन्दी
Հայերեն
Bahasa Indonesia
Italiano
Latina
Кырык мары
Nederlands
Português
Русский
Simple English
Slovenščina
ไทย
Türkçe
Українська
اردو
Vepsän kel’
Tiếng Việt
Wysig skakels
Die bladsy is laas op 22 Februarie 2016 om 09:00 bygewerk.
Die teks is beskikbaar onder die lisensie
Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel
. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die
Algemene Voorwaardes
vir meer inligting.
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:c5ac35fd-c857-4116-8173-6aa6e40e6fbb>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Nedersettings_in_Ethiopi%C3%AB
|
2019-07-23T02:54:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00528.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.994384 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders
Jump to navigation
Jump to search
(vorige bladsy) (volgende bladsy)
Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer.
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders"
Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018.
(vorige bladsy) (volgende bladsy)F
- Federico Fellini
- Ferdinand I van Oostenryk
- Gianfranco Ferré
- Paul Feyerabend
- Richard Feynman
- Fibonacci
- Johann Gottlieb Fichte
- Filips II van Spanje
- Toni Frissell
- Ella Fitzgerald
- Robert FitzRoy
- Robert J. Flaherty
- Gustave Flaubert
- Jane Fonda
- Theodor Fontane
- Jay Forrester
- Georg Forster
- Bob Fosse
- Norman Foster
- Léon Foucault
- Michel Foucault
- Franciskus van Assisi
- Anne Frank
- Benjamin Franklin
- Frans I van Frankryk
- Frans II
- Frans Josef I van Oostenryk
- Franz Liszt
- Frederik I (Barbarossa)
- Frederik II van Pruise
- Frederik IV van Denemarke
- Frederik V van Denemarke
- Fredric Jameson
- Sigmund Freud
- Friedrich Hölderlin
- Friedrich III van Duitsland
- Caspar David Friedrich
- Robert Frost
- Robert Fulton
G
- John Wayne Gacy
- Joeri Gagarin
- Galba (keiser)
- Galileo Galilei
- Vincent Gallo
- Greta Garbo
- Federico Garcia Lorca
- Bill Gates
- Antoni Gaudí
- Paul Gauguin
- Frank Gehry
- Pous Gelasius I
- Arnold Genthe
- George I van Groot-Brittanje
- George II van Groot-Brittanje
- George III van die Verenigde Koninkryk
- George IV van die Verenigde Koninkryk
- George VI van die Verenigde Koninkryk
- Georgi Plechanof
- Germanicus
- Domenico Ghirlandaio
- Basil Gill
- Allen Ginsberg
- Lillian Gish
- Philip Glass
- Johann Wolfgang von Goethe
- Nikolai Gogol
- David Goldblatt
- Robert Jacob Gordon
- Jason Gould
- Francisco Goya
- Günter Grass
- Gratianus
- Sophia Gray
- Spalding Gray
- Greenpeace
- Pous Gregorius I
- Alfred Grenander
- Lady Jane Grey
- Matt Groening
- Félix Guattari
- Laurynas Gucevičius
- Johannes Gutenberg
H
- Ernst Haas
- Jürgen Habermas
- Zaha Hadid
- Hadrianus
- Hafez
- Gunther von Hagens
- William Haines
- Hampton Court-paleis
- Hannibal
- Hans-Georg Gadamer
- Thomas Hardy
- Ed Harris
- Richard Harris
- William Henry Harrison
- Erich Hartmann
- Władysław Hasior
- Václav Havel
- Joseph Haydn
- Friedrich August Hayek
- William Randolph Hearst
- Georg Wilhelm Friedrich Hegel
- Martin Heidegger
- Ernest Hemingway
- Hendrik II van Engeland
- Hendrik VII van Engeland
- Hendrik VIII van Engeland
- Henry Moore
- Simon Hantaï
- Katharine Hepburn
- Johann Gottfried von Herder
- Hergé
- Herodes Antipas
- Herodes die Grote
- Herodotos
- John Herschel
- Hieronimus van Stridon
- Cecil Higgs
- Hildegard van Bingen
- Hippokrates
- Alfred Hitchcock
- Adolf Hitler
- E.T.A. Hoffmann
- Katsushika Hokusai
- Homeros
- Robert Hooke
- Dennis Hopper
- Horatius
- John Howard (Amerikaanse akteur)
- Barnard Hughes
- Patrick Hughes (kunstenaar)
- Victor Hugo
- Johan Huizinga
- Alexander von Humboldt
- David Hume
- Friedensreich Hundertwasser
- Christiaan Huygens
I
J
- J. Paul Getty Museum
- Shah Jahan
- Helmut Jahn
- Jakobus I van Engeland
- Jakobus II van Engeland
- Jalal Uddin Rumi
- Henry James
- Jayavarman II
- Thomas Jefferson
- Steve Jobs
- Johan die Blinde
- Pous Johannes Paulus II
- Pous Johannes XXIII
- John Dewey
- Philip Johnson
- Samuel Johnson
- Shirley Jones
- James Joyce
- Julius Caesar
- Justinianus II van Bisantium
K
- Franz Kafka
- Frida Kahlo
- Wassily Kandinsky
- Kano Motonobu
- Immanuel Kant
- Karel die Grote
- Karel die Stoute
- Karel I van Engeland
- Karel II van Engeland
- Karel V
- Karel VI van Frankryk
- Katharina II van Rusland
- Andy Kaufman
- Buster Keaton
- Diane Keaton
- John Keats
- John F. Kennedy
- William Kentridge
- Jack Kerouac
- Omar Khayyám
- Wolf Kibel
- Paul Klee
- Heinrich von Kleist
- Georg Wenzeslaus von Knobelsdorff
- Johann Koch
- Koeblai Khan
- Peter Kolbe
- Käthe Kollwitz
- David Koloane
- Konfusius
- Konstantinos Petrou Kavafis
- Konstantyn VII van Bisantium
- Kores die Grote
|
<urn:uuid:0b93384d-335f-4e9e-b4ff-8dacd5591c60>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Fb
|
2019-07-23T03:20:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00528.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.844781 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Gewone troupant
Gewone troupant | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Coracias caudatus Linnaeus, 1766 |
Inhoud
IdentifikasieWysig
Die voël is 29 cm lank en 37 cm met die middelstert ingesluit. Die volwasse voël het gepunte stertvere, die kroon, agternek en mantel is turkoois en die bors is ligpers. Die langstertvere val uit in die winter wanneer die voël verveer. Die jong voël is valer en het nie verlengde stertvere nie. Dit word onderskei van die Europese troupant deur dat die kop en snawel kleiner en die slagvere blou en nie swart is nie.
Die voël sit oop en bloot en dikwels op telefoondrade.
|
<urn:uuid:c3fda01d-d328-4f5a-85d4-42b46b377a4b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Coracias_caudata
|
2019-07-21T23:20:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00456.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.998999 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Bespreking:2009 Japannese Grand Prix
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 2009 Japannese Grand Prix-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:aafaf464-3776-419e-bacb-96a9917d65f1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:2009_Japannese_Grand_Prix
|
2019-07-19T12:24:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00256.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999968 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Huisrivierpas
Die Huisivierpas is 'n bergpas in die Wes-Kaap tussen Calitzdorp aan die oostekant en die voormalige sendingstasies Zoar en Amaliënstein aan die westekant. Die pas bereik 'n hoogte van 655m bo seevlak en het 'n maksimum steilte van 1:14. Hierdie pas dra die R62 provinsiale pad oor die Huisrivierberg, 'n uitloper van die Swartberge. Die naam "huis" is afgelei van die Khoikhoi-woord vir 'wilg'.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die oorspronklike pas is in 1897 gebou en weer verbeter gedurende die 1950's. Die pas is weereens verbeter en geteer in 1966. Graham Ross was die waarnemende distrikspadingenieur gedurende 1951. Hy het vir 'n beter roete gesoek om die pad te verbreed, maar kon niks vind nie. Keermure is daarom gebou om vallende rotse op te vang wat die pad dikwels geblokkeer het .[1][2]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Ross, Graham: The romance of Cape mountain passes. Kaapstad: Sunbird, 2011. ISBN 978-1-920289-51-5
|
<urn:uuid:78732e96-e723-46c5-a341-de01ee3c4e92>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Huisrivierpas
|
2019-07-20T18:10:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00416.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999966 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Sjabloon:Verkeerde lisensie
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie beeld besit moontlik nie die korrekte kopiereg- of lisensiëringsinligting nie. Die korrekte lisensie moet verkry word en die huidige een vervang. Sien Wikipedia:Kopieregetikette vir beelde vir aanvaarbare lisensies. Die kwessie kan ook op die beeld se besprekingsblad bespreek word.
Kontak die oplaaier van die beeld en lig hom/haar in dat die lisensie van die beeld bevraagteken word. |
Die onderstaande dokumentasie word nie vertoon wanneer die sjabloon geplaas word nie.
|
<urn:uuid:5c45d3b2-99bd-4a76-9583-44ad6e3c2329>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Verkeerde_lisensie
|
2019-07-23T08:26:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00176.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 1.000004 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hulp
Bladsye wat na "Aambeibossie" skakel
←
Aambeibossie
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Aambeibossie
:
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Gebruiker:Legobot/Wikidata/General
(
← skakels
wysig
)
Lys van medisinale kruie
(
← skakels
wysig
)
Bespreking:Aambeibossie
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Aambeibossie
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:1c15606b-4f0e-4db3-a7f2-5ac749cd4d51>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Aambeibossie
|
2019-07-23T07:41:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00176.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.995762 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Groenvleiloerie
Die Groenvleiloerie (Ceuthmochares aereus) is 'n skaars tot gelokaliseerde, algemene standvoël van woudrande, rivierbos en struikgewas. Die is 33 cm lank en 55 - 75 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Green Malkoha.
Groenvleiloerie | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Ceuthmochares aereus (Vieillot, 1817) |
Sien ookWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ceuthmochares aereus. |
|
<urn:uuid:ea829d98-c66f-4f34-a811-eb1d5a3c959c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Groenvleiloerie
|
2019-07-15T19:57:38Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00384.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.888133 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Lizette Rabe
Lewensloop[wysig | wysig bron]
Rabe is gebore op 14 Februarie 1957. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal sy die grade BA, BA Honneurs (cum laude), B.Joernalistiek Honneurs (cum laude) en in 1994 ‘n DPhil. Sy is getroud met Anton Hörstmann. Beide is vyfdegeslag-afstammelinge van die Philippi-Duitsers.
Van 1979 tot 1982 was Rabe joernalis by Die Burger. In 1983 begin sy by die vrouetydskrif Sarie, waarvan sy in 1988 die assistentredakteur en in 1994 die redakteur word. Vanaf Januarie 2001 is sy professor.
Bibliografie[wysig | wysig bron]
Rabe is die skrywer van:
- Wat bababoeke jou nie vertel nie. Kaapstad: Femina/HAUM, 1987
- Bete und Arbeite – The Philippi Germans and their story. Kaapstad: Mzansi Media, 2010
- Rykie: ‘n Lewe met Woorde. Kaapstad: Tafelberg, 2011 (‘n boek oor die lewe van die joernalis Rykie van Reenen)
- Rabe is redakteur en mede-skrywer van verskeie ander publikasies
Bronne[wysig | wysig bron]
- www.StellenboschWriters.com
- La Vita, Murray: Oor hoop en ‘n lewe met woorde. Die Burger, Vrydag 26 Augustus 2011
|
<urn:uuid:496ecc31-5b7b-4186-ba57-513dbfbacbff>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Lizette_Rabe
|
2019-07-15T20:44:55Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00456.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999888 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hrant Dink
Hrant Dink | |
Gebore | 15 September 1954 Malatya, Turkye |
---|---|
Oorlede | 19 Januarie 2007 (op 52) Istanboel, Turkye |
Nasionaliteit | Turkye |
Alma mater | Universiteit van Istanboel |
Beroep | Koerantredakteur, rubriekskrywer en joernalis |
Bekend vir | Stigter en hoofredakteur van Agos |
Religie | Armeens-Apostoliese Kerk |
Huweliksmaat | Rakel Yagbasan (1976–2007; sy dood) |
Kind(ers) | Delal, Arat, Sera |
Hrant Dink (Armeens: Հրանդ Տինք; 15 September 1954 – 19 Januarie 2007) was ’n Turks-Armeense redakteur, joernalis en rubriekskrywer.[1] As hoofredakteur van die tweetalige Turks-Armeense koerant Agos (Ակօս) was hy ’n vooraanstaande lid van die Armeense minderheid in Turkye.
Dink was veral bekend as voorstander van Turks-Armeense versoening asook mense- en minderheidsregte in Turkye; hy was dikwels krities teenoor beide Turkye se ontkenning van die Armeense volksmoord van 1915 en van die Armeense diaspora se veldtog om dit internasionaal erken te kry. Hy is drie keer onder Artikel 301 vervolg vir die "afkraking van Turkswees" en het verskeie doodsdreigemente ontvang van Turkse nasionaliste.[2]
Dink is in Januraie 2007 in Istanboel vermoor deur Ogün Samast, ’n 17-jarige Turkse nasionalis. Dit het gebeur kort ná die première van die volksmoord-dokumentêr Screamers, waarin ’n onderhoud met hom gevoer word oor die Turkse ontkenning van die Armeense volksmoord en die saak teen hom onder Artikel 301. Hoewel Samast in hegtenis geneem is, het foto's van hom sedertdien verskyn waarop glimlaggende Turkse polisiemanne saam met hom voor ’n Turkse vlag poseer. Die foto's het ’n skandaal in Turkye veroorsaak en ’n ondersoek is van stapel gestuur om die betrokke polisiemanne te ontslaan.[3][4]
By sy begrafnis het tweehonderdduisend roubeklaers uit protes gemarsjeer terwyl hulle sing "Ons is almal Armeniërs" en "Ons is almal Hrant Dink". Kritiek op Artikel 301 het toegeneem ná sy dood en dit het gelei tot ’n voorstel in die parlement om dit te herroep. Die akademiese jaar 2007–2008 aan die Kollege van Europa is na hom genoem. Tydens die Turkse betogings van 2013 in Istanboel en ander stede oor die outoritêre regering van eerste minister Recep Tayyip Erdoğan is ’n simboliese straat in Taksim Gezi-park na hom genoem.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Tavernise, Sabrina (3 Julie 2007). "Trial in Editor's Killing Opens, Testing Rule of Law in Turkey". The New York Times. Besoek op 26 November 2011.
- Mahoney, Robert (15 Junie 2006). "Bad blood in Turkey" (PDF). Dangerous Assignments Spring-Summer 2006. Committee to Protect Journalists. pp. 26–28. Besoek op 17 Januarie 2007.
- "Samast'a jandarma karakolunda kahraman muamelesi". Radikal (in Turks). 2 Februarie 2007. Besoek op 10 Februarie 2007.
- "Turkey: Anger As Police Pose With Suspect". New York Times. 3 Februarie 2007. Besoek op 29 Augustus 2007.
|
<urn:uuid:952a737d-ff34-4a07-b130-f6cb7a7e976d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hrant_Dink
|
2019-07-23T07:28:55Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00344.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999614 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Huiskraai
Huiskraai | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Corvus splendens Vieillot, 1817 | ||||||||||||||||
Verspreiding van die huiskraai
Inhoud
IdentifikasieWysig
Dit het geen wit in sy veredrag nie. Kleiner as die Swartkraai, met 'n grys agterkop, mantel en bors. Die voël het 'n gemiddelde lengte van 43 cm.
HabitatWysig
Is geheel en al van die mens afhanklik.
VerspreidingWysig
GeluidWysig
Uiter 'n skril "kwaa, kwaa".
Ander nameWysig
- Wetenskaplike naam: Corvus splendens
|
<urn:uuid:a5fccdd8-a418-4771-9bc2-2b6f816e2887>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Corvus_splendens
|
2019-07-23T09:32:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529175.83/warc/CC-MAIN-20190723085031-20190723111031-00144.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99276 |
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Gebruikerbespreking:Cobolt01
- Hej, Anrie beat my altyd met die verwelkomings ; ). Vele welkom van my kant af ook. ► Adriaan ( Spreek ★ Bydraes ) ♪♫ 12:56, 10 Junie 2007 (UTC)
Hoi, baie dankie vir jou onlangse wysigings aan verwante artikels. Let asb. in die toekoms op die kopi:ering van iw-skakels, want jy het hier per ongeluk alle interwikiskakels na die .za-artikel van die betrokke Wikipedias laat skakel. Ek het dit nou verander. Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 19:17, 23 Junie 2009 (UTC)
|
<urn:uuid:1205a706-0686-4fdb-9e12-5e7e51b7f683>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruikerbespreking:Cobolt01
|
2019-07-22T03:51:29Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527474.85/warc/CC-MAIN-20190722030952-20190722052952-00080.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999547 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
solank
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Voegwoord |
---|
solank |
- so•lank
- Terwyl; gedurende die tyd wat iets geld; gee 'n tydperk aan waarin aan 'n bepaalde voorwaarde voldoen word.
- In Suid-Afrika kan enige persoon 'n wapen voer, solank hy nie op iemand anders se regte inbreuk maak nie.
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Bywoord |
---|
solank |
- Gedurende dié tyd
- Ek gaan toebroodjies haal. Jy kan solank hier wag.
|
<urn:uuid:3865d023-1b2e-4e61-9581-ee5ce24e60c4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/solank
|
2019-07-17T04:39:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525046.5/warc/CC-MAIN-20190717041500-20190717063500-00360.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999961 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Saaltennis
Saaltennis (Engels: Real tennis, Frans: Courte-Paume of Jeu de paume) is die oorspronklike weergawe van tennis wat uit die middeleeuse Franse sport jeu de paume ontwikkel het. Dit word in Frankryk soms steeds jeu de paume genoem en staan in sommige dele van die Verenigde State as court tennis bekend.
Die Engelse term "real tennis" is vir die eerste keer aan die einde van die 19de eeu gebruik as 'n retroniem om dit te onderskei van die toe onlangs uitgevinde lawn tennis. In Engeland noem saaltennisspelers die spel baiekeer "tennis" en noem hulle die moderne spel "lawn tennis".
Saaltennis word steeds op 'n klein aantal bane in die Verenigde Koninkryk[1] Australië,[2] die VSA,[3] Ierland,[4] Nederland [5] en Frankryk[6] gespeel. Die sport word ondersteun en bestuur deur 'n aantal saaltennisorganisasies in die lande.
Inhoud
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die term "tennis" is waarskynlik afkomstig van die Franse woord tenez, wat beteken "neem dit" — 'n waarskuwing wat die diener aan die ontvanger gegee het voor hy afgeslaan het.[7] Tennis het oor die eeue ontwikkel uit balspele wat in ongeveer die 12de eeu in Frankryk gespeel is. Die spel het ooreenkomste vertoon met palla, fives, pelota, of handbal, en die slaan van 'n bal met die blote hans en later met 'n handskoen behels. Een teorie wil dit hê dat die spel deur monnike in in klooster cloisters gespeel is wat aanleiding gegee het tot die vorm van die baan wat rofweg ooreenkom met die grootte van 'n binnehof. Volgens 'n ander teorie is die vorm van die baan bepaal deur die grootte van middeleeuse strate en pleine.[verwysing benodig]
Die spel het oor Europa versprei en al hoe gewilder geword. Die Venesiese Ambassadeur het in 1600 verslag gedoen dat daar 1 800 bane net in Parys was.[8] teen die 16de eeu is die handskoen deur 'n raket vervang en het die spel gekuif na 'n ingeslote speelarea en het die reëls gestabiliseer. Bane is in naby baie Europese paleise gebou insluitend 'n baan by die Louvre in Parys wat in 1368 deur Charles V[8] gebou is en Hampton Court in Engeland.
Hendrik VIII se voorliefde vir die spel in tyd is welbekend. Hy het die spel by Hampton Court gespeel, en sy tweede vrou Anne Boleyn was inderdaad besig om 'n spel by Hampton Court te aanskou toe sy gearresteer terwyl daar beweer word dat Hendrik besig was om tennis te speel toe nuus hy die nuus ontvang het dat sy tereggestel is.[8]
Die spel het in die 17de en 18de eeu baie gewild geword onder die adellikes in Engeland en Frankryk, maar die gewildheid daarvan het uiteindelik getaan. Dit was tot 'n groot mate te wyte aan die impak wat politieke en maatskaplike veranderinge van daardie era —die Engelse Burgeroorlog en Puriteinisme, en die Franse Rewolusie— op die aristokrasie en hulle tydverdrywe gehad het.[8] Saaltennis het 'n beduidende rol gespeel in die Franse Rewolusie met die Eed op die Kaatsbaan, 'n plegtige eed wat deur Franse afgevaardigdes in die Salle du Jeu de paume onderteken is.[8]
Die spel se gewildheid het in die 19de eeu onder Koningin Victoria, waar alles middeleeus hoog aangeskryf is, herleef,[8] maar breë publieke belangstelling het teen hierdie tyd egter oorgegaan na die buitemuurse lawn tennis wat gou die gewildste vorm van die sport geword het. Saaltennis het ook die spel stické wat ook in die 19de eeu uitgevind het en aspekte van saaltennis, tennis, en raquets ingesluit het, beïnvloed.
Saaltennis vandag[wysig | wysig bron]
Teen 2006 was daar 42 oorblywende saaltennisbane in die wêreld:[9]
- drie bane in Frankryk, geleë in Bordeaux, Fontainebleau, en Parys;
- vyf bane in Australië, geleë in Ballarat, Victoria, Hobart, Tasmanië, Romsey, Victoria, en by die Royal Melbourne Tennis Club in Melbourne;
- elf bane in die VSA, geleë in Washington, D.C., Boston, Lakewood, New Jersey (by Georgian Court Universiteit), Manhasset, New York (by die Greentreelandgoed), New York Stad (twee bane), Tuxedo Park, New York, Philadelphia, Newport, Rhode Island, en Aiken, Suid-Carolina.
- vyf-en-twintig bane in die Verenigde Koninkryk.
Teen die einde van die 20ste eeu het daar 'n mate van herlewing in die spel plaasgevind. Verskeie nuwe bane is gebou soos byvoorbeeld in die VK by Clifton College en die Millennium Tennisbaan by Middlesex Universiteit en in Australië in Sydney, Ballarat en Romsey. In 1999 het Mike Carter waarskynlik die eerste private individu geword om 'n paar Saaltennisbane by Prested Hall naby Colchester, Engeland, te bou; een met 'n uieke glas muur vir toeskouers.
In die VSA is die baan by die Newport Casino, nou die International Tennis Hall of Fame in Newport, Rhode Island, gerestoureer en in 1980 weer ingebruik geneem na meer as 50 jaar van onaktiwiteit. In 1997 is die eerste nuwe baan in die VSA sedert die Tweede Wêreldoorlog in McLean, Virginië naby Washington, DC voltooi. Die baan wat as Prince's Court bekend staan is die eerste wat 'n muur wat geheel en al uitglas bestaan gehad het. Beide die bane is oop vir die publiek.
In Nederland en Ierland is daar saaltenniesbelangstellingsgroepe. Die Ierse Saaltenniesassosiasie is vir die afgelope aantal jare in 'n regsgeding gewikkel met die University College Dublin om die twee oorblywende saaltennisbane in die Republiek van Ierland, wat sedert 1939 deur die kollege as 'n gimnasium en meer onlangs as 'n laboratorium gebruik is te herstel.[10] Die baan is in 1885 deur Sir Edward Guinness laat bou en in 1939 deur sy kleinseun Rupert tesame met Iveaghhuis en tuine aan die Ierse staat nagelaat.[11]
Die saaltennisbaan by Hampton Court Paleis is die oudste ter wêreld wat steeds in gebruik is. Dit is een van verskeie bane in Engeland waar lede van die publiek die wedstryde wat gespeel word kan besigtig.
Speelwyse[wysig | wysig bron]
Die reëls vir tellinghou is baie soortgelyk aan dié van tennis, wat van saaltennis afgelei is. Alhoewel beide sportsoorte se telling binne 'n pot in vyftiens getel word, wen die speler wat eerste ses potte wen al het die opponent vyf potte, anders as in tennis waar die stel met twee potte gewen moet word. 'n Wedstryd word gewoonlik oor vyf stelle beslis.
Die spel word met 2½ duim (64 mm) diameter handgemaakte balle gespeel, wat bestaan uit 'n kurkkern met materiaalband wat styf daarom gedraai is en bedek is met 'n handgestikte laag geweefde, gewoonlik wol, tradisioneel "Melton" materiaal, bekleedsel. Tot onlangs was balle altyd wit, maar "optiese geel" is ingevoer om sigbaarheid te verbeter, soos wat tevore ook in tennis gebeur het. Dié balle bons baie minder as tennisballe en weeg omtrent 2½ onse (71 gram) (tennisballe weeg gewoonlik 2 onse). Die 27 duim (686 mm) lang rakette is van hout gemaak en gebruik baie styf gespande snare om die swaar bal te kan hanteer. Die raket is effens geboë om dit makliker te maak om balle naby die vloer of in hoeke te slaan.
'n Saaltennisbaan (jeu à dedans) is 'n groot gebou, groter as 'n tennisbaan met mure en 'n plafon waarin meeste houe behalwe baie hoë lob shots gespeel kan word. Dit word aan alle kante deur mure ingesluit, drie waarvan skuins dakke het wat as "penthouses" bekend staan, met verskeie openinge en 'n tamboer (buttress) waarteen 'n hou gespeel kan word. Die bane (behalwe by Falkland Paleis, 'n jeu quarré ontwerp) deel dieselfde basiese uitleg maar met effens verskillende afmetings. Die bane is ongeveer 110 by 39 voet (33,5 × 11,9 m) insluitend die penthouses, of omtrent 96 by 32 voet (29,3 × 9,8 m) op die speelarea, met wisseling van 'n voet of twee tussen verskillende bane. Die bane is dubbel-asimmetries —nie alleen is die een punt verskillend van die ander nie, die linker en regterkant verskil ook van mekaar.
Daar word slegs van een kant van die baan af afgeslaan (die "diens-" of "afslaankant") en die bal moet die penthouse bo en links van die afslaner een keer raak voor dit die vloer raak in die "hazard"-kant (ontvangskant) van die baan. Daar is 'n wye verskeidenheid van verskillende afslaanstyle waarvan baie eksotiese name het wat hulle van mekaar onderskei soos "railroad", "bobble", "poop", "pique", "boomerang", en "giraffe".
Die spel het ander kompleksiteite insluitend dat as die bal twee keer aan die afslaankant bons verloor die afslaner nie in die algemeen regstreeks die punt nie. Inplaas daarvan word 'n "chase" geroep en die afslaner kry die kans later in die pot wat gespeel om die punt oor te speel van die ander kant af, maar onder die verpligting om te verseker dat elke hou wat hy speel 'n tweede bons verder weg van die net het as die skoot wat hy nie kon bereik nie. 'n Chase kan ook geroep word by die ontvangskant ("hazard"-kant), maar slegs op die helfte naaste aan die net; dit word 'n "hazard" chase genoem. hierdie areas van die baan waarin chase's geroep kan word, word met lyne wat oor die vloer loop gemerk, van links na regs, gewoonlik ongeveer omtrent 1 jaart van mekaar – dit is teen hierdie lyne wat chase's gemeet word. Een gevolg van die eienskap is dat 'n speler slegs voordeel kan trek uit afslaan deur vaardige spel om 'n "chase" te lê wat 'n verandering in kant te weeg bring. Dit is skerp kontras met tennis waar spelers alternatiewelik dien en ontvang en hele potte ontvang. Dit is dus nie ongewoon in saaltennis dat een speler vir verskeie opeenvolgende potte afslaan, totdat 'n chase gemaak word, nie. 'n Hele wedstryd kan inderdaad teoreties gespeel word sonder dat die afslaner verander word.
Die swaar nie-bonserige balle kan baie draai hanteer wat veroorsaak dat hulle swenk swaai as hulle van mure afbons. 'n Snyhou word baie keer gebruik om te veroorsaak dat die bal skerp van die agterste muur af val om 'n goeie chase op te stel.
Nog 'n kinkel in die spel is die verskeie vensters onder die penthousedak wat, in sommige gevalle, die speler 'n kans bied om die punt oombliklik te wen deur die bal in die opening in te slaan. Die grootste venster, geleë agter die afslaner, word die "Dedans" genoem en moet baie keer van harde houe verdedig word (wat "forces" genoem word) wat van die ontvanger se kant kom. Die gevolglike startregie van lang vlughoue en houe van die kantmure en penthousedak lei tot menige interessante skote wat nie gewoonlik in tennis gesien word nie. As gevolg van die gewig van die balle, die klein rakette, en die noodsaaklikeheid om die agterkant van die baan te verdedig, word tennis strategieë soos afslaan-en-vlughou selde gebruik.
Saaltennis in die letterkunde[wysig | wysig bron]
William Shakespeare noem die speel in Bedryf I – Toneel II van Henry V; die Dauphin, 'n Franse Prins, stuur tennisballe as 'n geskenk aan Henry, out of jest, in reaksie op Henry se aanspraak op die Franse troon. Koning Henry antwoord aan die Franse Ambassadeurs: "His present and your pains we thank you for: When we have matched our rackets to these balls, we will, in France, by God's grace, play a set [that] shall strike his father's crown into the hazard … And tell the pleasant Prince this mock of his hath turn'd his balls to gun stones".
Die Penguin book of Sick Verse sluit 'n gedig deur William Lathum in wat die lewe met 'n tennisbaan vergelyk:
- If in my weak conceit, (for selfe disport),
- The world I sample to a Tennis-court,
- Where fate and fortune daily meet to play,
- I doe conceive, I doe not much misse-say.
- All manner chance are Rackets, wherewithall
- They bandie men, from wall to wall;
- Some over Lyne, to honour and great place,
- Some under Lyne, to infame and disgrace;
- Some with a cutting stroke they nimbly sent
- Into the hazard placed at the end; …
Die Skotse gotiese roman The Private Memoirs and Confessions of a Justified Sinner deur James Hogg (1824) beskryf 'n tenniswedstryd wat tot geweld degenereer.
Die speurverhaal Dead Nick speel in 'n tennismilieu af en die titel verwys na 'n hou wat in die in hoek (nick) tussen die agterste muur en die vloer val.
Hazard Chase (1964) deur Jeremy Potter is 'n riller-speurverhaal wat saaltennis vertoon op by die Hampton Court Palace. In die storie word die spel verduidelik en die boek sluit 'n diagram van 'n saaltennisbaan in. Jeremy Potter het geskiedkundige werke (insluitend Tennis and Oxford (1994)) geskryf, en was self 'n bekwame speler van die spel wat die Wêreldamateur Oor-60s Kampioenskap in 1986 gewen het.
The First Beautiful Game: Stories of Obsession in Real Tennis (2006) deur top amateurspeler Roman Krznaric sluit 'n mengsel van saaltennis-geskiedenis, memoir en fiksie, wat fokus op wat uit saaltennis oor die lewe geleer kan word.
Saaltennis in film[wysig | wysig bron]
Saaltennis is verskyn in die film The Seven-Per-Cent Solution, 'n fiktiewe ontmoeting tussen Sherlock Holmes en Sigmund Freud. Een van die film se verhaalknope handel oor Freud wat gedwing word in 'n wrokstet met Teutoniese edelmanne. Die film The French Lieutenant's Woman sluit 'n toneel in waar 'n paar punte gespeel word. Die Three Musketeers (1973) en Ever After het die spel ook vlugtig vertoon. Alhoewel met verskillende mate van grade van akkuraatheid, verskaf die films 'n geleentheid om die spel in aksie te sien. Die Showtimereeks The Tudors (2007) beeld Henry die VIII uit waar hy die spel speel. In die filmweergawe van Tom Stoppard se Rosencrantz & Guildenstern Are Dead speel die twee hoofkarakters woordspele in 'n saaltenniesbaan waar hulle punte aanteken asof hulle die spel speel.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- The Tennis and Rackets Association, besoek op 13 Oktober 2007
- Real Tennis Australia.com, besoek op 13 Oktober 2007
- Court Tennis in the United States, besoek op 13 Oktober 2007
- Irish Real Tennis Association, besoek op 13 Oktober 2007
- Nederlandse Real Tennis Bond, besoek op 13 Oktober 2007
- Comité français de Courte-Paume, besoek op 13 Oktober 2007
- scholieren.com, Historie van het Tennis, besoek op 14 Oktober 2007
- The United States Court Tennis Preservation Foundation, Origins / History of Court Tennis, a.k.a., "The Royal and Ancient Game of Tennis", besoek op 14 Oktober 2007
- http://www.tennisandrackets.com/real-tennis-history.html
- archiseek, Plans to develop on tennis court in doubt, besoek op 13 Oktober 2007
- The United States Court Tennis Preservation Foundation, Status Report No. 11 – May 2006, The Iveagh Court, Earlsfort Terrace, Dublin, besoek op 13 Oktober 2007
|
<urn:uuid:fc43b499-d5da-4954-b1d3-e04f1fdc9c34>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Saaltennis
|
2019-07-22T03:39:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527474.85/warc/CC-MAIN-20190722030952-20190722052952-00440.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.99994 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Taijitu
’n Taijitu (Chinees: 太極圖, ou transliterasie: taitsjitoe) is ’n simbool of diagram in Chinese filosofie wat óf oneindigheid óf groot uiterstes (soos jin en jang) voorstel. Dit is die eerste keer tydens die Song-dinastie bekend gestel.
Die moderne Taoïstiese kanon, wat tydens die Ming-dinastie saamgestel is, bevat minstens ’n halfdosyn sulke taijitu. Die skrywer Lai Zhide uit dié tydperk het dit vereenvoudig tot ’n ontwerp met twee aansluitende spiraallyne en ’n wit en ’n swart kol. Dié weergawe is sedert die laat 19de eeu in Westerse letterkunde bekend gestel en het sedert die 1960's algemeen gewild geraak as die jin-jang-simbool.[1]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Craig Clunas, Pictures and Visuality in Early Modern China (1997), p. 107.
|
<urn:uuid:e017e791-0dd3-4de1-9eeb-cf1de1619d74>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Taijitu
|
2019-07-18T11:12:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00104.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999804 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Digitale Sloan-lugopname
Die Digitale Sloan-lugopname of SDSS is ’n rooiverskuiwingopname en kartering van ’n groot deel van die noordelike lugruim. Sowat 35% van die lugruim en miljoene hemelliggame is gedek met ’n optiese wyehoekteleskoop van 2,5 meter by die Apache Point-sterrewag in Nieu-Mexiko, VSA. Die projek is na die Alfred P. Sloan-stigting genoem.
Die projek[wysig | wysig bron]
Die insameling van data het in 2000 begin en die eindresultaat sluit in fotometriese data vir sowat 500 miljoen voorwerpe en die spektra van meer as ’n miljoen voorwerpe. Die sterrestelsels het ’n mediaan-rooiverskuiwing van z = 0.1; daar is rooiverskuiwings vir helder rooi sterrestelsels tot so ver as z = 0.7, en vir kwasars so ver as z = 5. Kwasars met ’n rooiverskuiwing van meer as z = 6 is ook waargeneem.
Dataverslag 8 (DR8), wat in Januarie 2011 uitgereik is,[1] sluit in fotometriese waarnemings deur die SDSS-kamera van 14 555 vierkante grade van die hemelruim. Dataverslag 9 (DR9), wat op 31 Julie 2012 uitgereik is,[2] sluit in alle vorige data plus nuwe data van die BOSS spektroskopiese opname, met meer as 800 000 nuwe spektra. Meer as 500 000 van die nuwe spektra is van voorwerpe in die heelal van meer as 7 miljard jaar gelede (rofweg die helfte van die heelal se bestaan).[3]
Datatoegang[wysig | wysig bron]
Data van die opname is op die internet beskikbaar. Die SkyServer gebruik ’n verskeidenheid koppelvlakke. Beide spektra en beelde is beskikbaar en die koppelvlakke is maklik om te gebruik sodat byvoorbeeld ’n volkleurfoto van enige streek in die lugruim wat gedek is, verkry kan word deur slegs die koördinate te verskaf. Die data is slegs beskikbaar vir niekommersiële gebruik, sonder dat toestemming nodig is. Daar is ook handleidings wat gemik is op van skoolkinders tot professionele sterrekundiges. DR9 verskaf foto's, katalogusse, spektra en rooiverskuiwings met behulp van ’n verskeidenheid soekkoppelvlakke.
Google Sky sluit data van die SDSS in vir streke waarvoor dit beskikbaar is. Direkte toegang tot SkyServer-data is ook van binne Google Sky moontlik.[4]
MilkyWay@home gebruik ook SDSS-data vir die skep van ’n baie akkurate 3D-model van die Melkweg.
Verdere leesstof[wysig | wysig bron]
- Ann K. Finkbeiner. A Grand and Bold Thing: An Extraordinary New Map of the Universe Ushering In A New Era of Discovery (2010)
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- "SDSS Data Release 8". sdss3.org. Besoek op 2011-01-10.
- "SDSS Data Release 9". sdss3.org. Besoek op 2012-07-31.
- http://www.nyu.edu/about/news-publications/news/2012/08/08/new-3d-map-of-massive-galaxies-and-black-holes-offers-clues-to-dark-matter-dark-energy.html
- "Google Earth KML: SDSS layer". earth.google.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2008-03-17. Besoek op 2008-03-24.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- SDSS-webtuiste
- SkyServer
- SDSSbeelde in Nasa World Wind
- Segue-webtuiste
- A Flight Through The Universe by APOD
- Sloan Digital Sky Survey Niekommersiële gebruik
|
<urn:uuid:7a3c1f36-b3b4-4987-823c-b98e308cfb56>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Sloan_Digitale_Lugopname
|
2019-07-19T16:42:24Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526324.57/warc/CC-MAIN-20190719161034-20190719183034-00264.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999744 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Leliefontein
Leliefontein | |
Metodiste Sendingkerk, Leliefontein | |
Leliefontein se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Kamiesberg |
Oppervlak[1] | |
- Dorp | 0,67 km² (0,3 vk m) |
Bevolking (2011)[1] | |
- Dorp | 616 |
- Digtheid | 919/km² (2 380,2/myl2) |
Rasverdeling (2011)[1] | |
• Indiër/Asiër | 0.3% |
• Kleurling | 99.2% |
• Swart | 0.3% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011)[1] | |
• Afrikaans | 95.8% |
• Engels | 2.8% |
• Tswana | 1.1% |
• Ander | 0.3% |
Leliefontein is 'n klein sendingstasie-dorpie wat ongeveer 29 kilometer vanaf Kamieskroon in die Kamiesberge geleë is.
Die dorpie het blykbaar sy naam gekry van die wit lelies, met botaniese naam Androcymbium ciliolatum maar algemeen bekend as die "Bobbejaanskoen" of "Patrysblom", wat in die maande Augustus tot Oktober deel is van die Namakwalandse blommeprag.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die dorpie het in 1816 ontstaan toe eerwaarde Barnabas Shaw die eerste Wesleyaanse sendingstasie geopen het na hy en 'n hoofman van die Namakwastam mekaar in die middel van nêrens ontmoet het. In 1854 het die goewerneur sir George Cathcart die grond om die kerk aan die Namakwastam geskenk in 'n ewigdurende erfpag.
Tweede Vryheidsoorlog[wysig | wysig bron]
In Januarie 1902 het die dorpie deel gehad aan die Tweede Vryheidsoorlog toe kommandant Manie Maritz die dorp besoek het om 'n proklamasie te bedien op die destydse kleurlinginwoners, omdat hulle beskuldig is van sameswering met die Engelse soldate teen die Boerekrygers. Die leier van die Basters, soos wat Maritz na die inwoners verwys het, het na bewering vir Maritz met 'n kierie geslaan en dit het tot 'n geveg gelei waartydens van die inwoners gedood is.
Die Boerekrygers onder Maritz se bevel het die volgende dag, 28 Januarie 1902, teruggekeer en in die daaropvolgende geveg is nog ongeveer 28 van die inwoners doodgeskiet. Die name van 36 gesneuweldes verskyn op 'n plaket wat aangebring is in die Metodistekerk op die dorpie. Die kerkgebou is ook as 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "Hoofplek Leliefontein". Sensus 2011.
|
<urn:uuid:ec25df7e-3f4f-4cf6-8b29-6ae14eb956f2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Leliefontein
|
2019-07-18T11:55:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00128.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999939 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
664
Jump to navigation
Jump to search
664 |
◄ | 6de eeu | ◄7de eeu► | 8ste eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:664 |
Kalenders | |
Die jaar 664 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 7de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Sinode van Whitby: Die Romeinse kerkgewoontes word aanvaar.
- Koning Jayavarman I van die Khmer-ryk is die eerste wat tydens sy lewe vermeld word.[1]
|
<urn:uuid:32d0fe47-b484-4115-b54f-f9d645804b93>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/664
|
2019-07-21T00:32:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00080.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999994 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Die lughawebestuur beweer dat die gemiddelde vertrektyd slegs 19 minute duur (die wêreldwye bedryfsgemiddeld is 60 minute) en aankoms slegs 12 minute (gem. 45 minute wêreldwyd), dit maak dit een van die vinnigste lughawens in die wêreld vir doeaneverwerking. Die belastingvrye winkelsentrum is ook aangewys as die wêreld se beste vir drie jaar agtereenvolgens in 2012 deur Business Traveler. Incheon Internasionale Lughawe beweer ook dat dit net 'n 0,0001% bagasie-verkeerde-hanteringskoers het.
Incheon Internasionale Lughawe is 48 km (30 myl) wes van Seoul, die hoofstad en grootste stad van Suid-Korea, geleë en is die belangrikste sentrum vir Korean Air, Asiana Airlines, Air Jeju en Polar Air Cargo. Die lughawe dien as 'n sentrum vir internasionale burgerlike lugvervoer en vragverkeer in Oos-Asië. Incheon Internasionale Lughawe is tans ook Asië se agtste besigste lughawe in terme van passasiersgetalle en die wêreld se vierde besigste lughawe vir vragverkeer. In 2011 het 35 062 376 passasiers die lughawe gebruik.
Die lughawe het vroeg in 2001 vir besigheid geopen om die ouer Gimpo Internasionale Lughawe te vervang, wat nou meestal binnelandse bestemmings bedien asook pendelvlugte na alternatiewe lughawens in Sjina, Japan en Taiwan.
|
<urn:uuid:067220fc-3360-4d9b-b71e-2094dc7edd4e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.advisor.travel/poi/Incheon-Internasionale-Lughawe-20571
|
2019-07-23T15:59:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529480.89/warc/CC-MAIN-20190723151547-20190723173547-00024.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
a_tag
| false | true | false | false |
Latn
|
afr
| 1 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
true
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Glynnis Breytenbach | |
Lid van die parlement
Persoonlike besonderhede
---|---|
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Huidige lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika volgens party | |
---|---|
ANC |
DA |
EFF |
IVP | |
VF+ | |
ACDP | |
UDM | |
ATM | |
GOOD | |
NFP | |
AIC | |
Cope | |
PAC | |
Al Jama-ah | |
Partyleiers in kursief |
|
<urn:uuid:4da70a20-98b8-493c-9485-02c7820e0160>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Glynnis_Breytenbach
|
2019-07-16T04:41:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00232.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.785453 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Chevrolet El Camino
1972 Chevrolet El Camino soos hy ook in Suid-Afrika gelyk het | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Chevrolet |
Produksie | 1968 - 1977 |
Montering | Baltimore, Verenigde State Port Elizabeth, Suid-Afrika |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Nutskoepee, sedanbakkie |
Uitleg | Inlynvoorenjin, agterwieldryf |
Platform | GM A platform (RWD) |
Spesifikasies | |
Enjin | Chevrolet inlyn-6-silinder 250 Chevrolet kleinblok 307 V8 |
Ratkas | 3-gang handrat 3-gang outomaties |
Australië, Suid-Afrika en die Midde-Ooste[wysig | wysig bron]
General Motors-Holden's se vervaardiging en bemarking van nutskoepees het in 1935 in Australië begin. 'n Chevroletnutskoepee is steeds deur GM-Holden's bemark tot 1952. Hernoemde Holden nutskoepees, insluitend die latere Commodore-gebaseerde modelle, is as die Chevrolet El Camino en Chevrolet Lumina in Suid-Afrika en die Midde-Ooste verkoop. Teen 2015 produseer Holden nog steeds 'n Commodore-gebaseerde nutskoepee in Australië, bekend as die Holden Ute.
Chevroletmodelle | ||
---|---|---|
Wysig hierdie sjabloon |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:2c98fe82-ee5b-486f-b199-8a09e5c93a10>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Chevrolet_El_Camino
|
2019-07-19T21:22:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00152.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.997487 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Rhona Mitra
Jump to navigation
Jump to search
Rhona Mitra | |
Geboortenaam | Rhona Natasha Mitra |
---|---|
Geboorte | 9 Augustus 1976 |
Nasionaliteit | Engels |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1995–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rhona Mitra (gebore 9 Augustus 1976) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Life of David Gale (2003), Doomsday (2008), en Underworld: Rise of the Lycans (2009), en in die televisiereeks Boston Legal (2004).
Inhoud
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1999: Beowulf
- 2000: Get Carter
- 2003: The Life of David Gale
- 2004: Highwaymen
- 2006: Skinwalkers
- 2007: Shooter
- 2008: Doomsday
- 2009: Underworld: Rise of the Lycans
- 2009: Stolen
- 2009: Separation City
- 2010: Reuniting the Rubins
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1998: The Pepsi Chart Show
- 2000: Gideon's Crossing
- 2004: Boston Legal
- 2010: Strike Back
- 2010: The Gates
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 1997: Lust for Glorious
- 2004: Spartacus
- 2012: Crisis Point
Video's[wysig | wysig bron]
- 1997: A Kid in Aladdin's Palace
- 1997: Eddie Izzard: Glorious
- 2016: Hard Target 2
|
<urn:uuid:417a106d-bd45-43f6-a9ad-96144f5f70d1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Rhona_Mitra
|
2019-07-18T17:46:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00368.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.951993 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Heavily Indebted Poor Countries
Die Heavily Indebted Poor Countries ("Hoogsverskuldige arm lande") is 'n program wat daarna streef om die skuld van die wêreld se armste ontwikkelende lande na 'n aanvaarbare vlak terug te bring, op voorwaarde dat die regerings van die lande na behore funksioneer.
Die HIPC-inisiatief word moontlik gemaak deur die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, wat die program saam in 1996 opgestel het; in 1999 is dit geëvalueer en hervorm. Die einddoel van die IMF en die Wêreldbank is die bekamping van armoede.
- Benin
- Bolivia
- Burkina Faso
- Demokratiese Republiek van die Kongo
- Ethiopië
- Gambië
- Ghana
- Guinee
- Guinee-Bissau
- Guyana
- Honduras
- Kameroen
- Madagaskar
- Malawi
- Mali
- Mauritanië
- Mosambiek
- Nicaragua
- Niger
- Rwanda
- São Tomé en Principe
- Senegal
- Sierra Leone
- Tanzanië
- Tsjad
- Uganda
- Zambië
|
<urn:uuid:6ebac29a-252a-47f2-96aa-dac585684732>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Heavily_Indebted_Poor_Countries
|
2019-07-21T06:47:47Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00176.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999714 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Ina Rousseau
Ina Rousseau | |
Geboortenaam | Martina Cornelia Rousseau |
---|---|
Gebore | 3 Februarie 1926 Roodepoort |
Oorlede | 13 Augustus 2005 Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Eerbewyse | Hertzogprys Reina Prinsen Geerligs-prys |
Ina Rousseau (1926–2005) was 'n Suid-Afrikaanse digter en skrywer van kortverhale. Sy het in 1953 die Reina Prinsen Geerligs-prys vir Die Verlate Tuin gewen. In 1996 is sy met die Hertzogprys vir haar 'n Onbekende jaartal bekroon.[1][2]
Inhoud
- 1 Lewe en werk
- 2 Skryfwerk
- 3 Eerbewyse en toekennings
- 4 Werke
- 5 Sien ook
- 6 Verwysings
- 7 Ander verwysings
Lewe en werk[wysig | wysig bron]
Marthina Cornelia Rousseau is op 3 Februarie 1926 op Roodepoort gebore as die oudste van drie kinders, twee dogters (haar suster Thea is vier jaar jonger as sy) en ’n broer, Danie.[3] Danie is tien jaar jonger as sy en sterf enkele maande voor sy 22ste verjaarsdag in ’n vliegtuigongeluk.
Sy word groot in Roodepoort en Krugersdorp. Haar hoërskooljare bring sy in Krugersdorp in die koshuis van die Hoërskool Monument deur en matrikuleer ook hier.[4] Sy studeer verder aan die Universiteit Stellenbosch,[5] waar sy die B.A.-graad behaal met Duits en Afrikaans-Nederlands as hoofvakke. Hier dien sy op die redaksie van Die Stellenbosse Student.
Ná afloop van haar universiteitsloopbaan help sy F.E.J. Malherbe met die redaksie van Ons Eie Boek. Vanaf 1948 tot 1952 is sy op Stellenbosch as tegniese assistent verbonde aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en doen vir ’n ruk vryskutwerk. In Februarie 1950 ontmoet sy vir Peter Blum en hulle het ’n kortstondige verhouding, wat sy in September daardie jaar verbreek.
Vanaf 1953 gee sy vir ’n rukkie Afrikaans vir standerds ses en sewe aan die Hoërskool P.J. Olivier op Grahamstad en doseer ook op hierdie dorp Afrikaans onder professor Rob Antonissen aan die Rhodes-universiteit. By die universiteit ontmoet sy in 1955 haar toekomstige man, Anthony Robert Alistair (Bob) Noël, ’n lektor in Plantkunde.
Sy trou op 28 Februarie 1958 met Bob Noël en een seun, Darwin John Robert, word uit die huwelik gebore. Hulle bly vir agt jaar (1959–1966) in die destydse Salisbury, Rhodesië, waar haar man as senior lektor verbonde is aan die Universiteitskollege van Rhodesië en Njassaland. Bob doen hier navorsing oor die heling van wonde aan boomstamme. Hierna trek hulle in 1966 na Pietermaritzburg, waar haar man professor is in die Departement Plantkunde aan die Universiteit van Natal. Hulle onderneem ’n hele paar oorsese reise, veral deur Europa. Na haar man se dood weens beroerte verhuis sy in 1984 na Kaapstad en woon eers in ’n woonstel en kort daarna in ’n meenthuis in Tuine.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Poësie[wysig | wysig bron]
Van kleins af is sy lief vir lees en verdiep haar veral in die poësie. Sy skryf haar eerste gedig, My blomtuintjie, wanneer sy slegs elf jaar oud is en begin dan op hoërskool ernstig skryf. Interessant genoeg bly die tuin regdeur haar lewe ’n belangrike gegewe in haar werk. Haar eerste gedigte word opgeneem in Die Stellenbosse Student en Die Huisgenoot en later ook in letterkundige tydskrifte soos Standpunte. Saam met Peter Blum, Barend Toerien, Sheila Cussons, G.A. Watermeyer en andere debuteer sy in 1946 wanneer haar verse deur D.J. Opperman en Fred le Roux in die versamelbundel Stiebeuel opgeneem word.[7][8]
Haar oeuvre word gekenmerk deur fyn waarnemings met die vermoë om stemming te skep deur die woordgevoeligheid, die spel met kontraste en die eksploitasie van klank. Sekere motiewe kom ook gereeld voor, soos die natuur; musiek; die mens as eensame outsider in sy strewe na ’n paradys wat onbereikbaar skyn te wees; die saamhoort van alle dinge en die sirkelgang van natuurlike en kreatiewe prosesse wat ewigdurende metamorfose en verandering teweegbring (maar waarby ook aftakeling en verwording inbegrepe is).[9]
Reeds in Die verlate tuin (waar die titel simbool is van die gevolge van die sondeval) word ’n fyn vormbeheer geopenbaar in die strak versvorme. Die taalgebruik is nog oorwegend verhewe en in ’n ietwat ouer idioom, maar dit doen weinig afbreuk aan ’n besondere sterk debuut. Daar is hoofsaaklik vier groepe gedigte, naamlik Bybelse verse, elegiese verse oor ’n afgestorwene, landskapgedigte en kwatryne met aktuele temas. Hierdie bundel word gerig deur ’n sterk religieuse bewussyn, wat afspeel buite die verlate tuin (of die “mislukte tuin”) van Eden na die sondeval. Die tuin van Eden word ’n beeld vir die geskonde aardse paradys waarin ons leef, met die mens self as skender van hierdie utopie, gedoem om vir altyd te leef in die skadu van verderf en die dood.[10][11][12] Die verlate tuin is reeds in manuskripvorm in 1953 met die Reina Prinsen Geerligs-prys bekroon.
Na ’n stilswye van sestien jaar verskyn Taxa, waar sy die vermoë demonstreer om groter gehele uit kleiner momente te laat ontstaan en veral beïndruk met haar teenstelling van skepping en vernietiging. Die titel Taxa (meervoud van taxon) is ’n term uit die Biologie wat klassifisering van spesies in eenhede, versamelings of strukture aandui en ook as rangskikkings beskryf kan word. Binne hierdie begrip is die eenhede permanent maar nie staties nie.[13][14]
Die bundeltitel Kwiksilwersirkel dui enersyds daarop dat die sirkelgang van lewe en van skepping voltooi moet word, maar kwik kan nie gevat word nie en suggereer dat die wese van die menslike bestaan ook nie raakgevat kan word nie. Kwik is giftig, wat suggereer dat die sirkelgang ’n bedreiging vir voortbestaan veronderstel. In wese is kwiksilwer ook ’n paradoks, want dit is ’n vloeibare metaal. Die aard van die verhouding tussen mens en natuur word teen hierdie negatiewe agtergrond ondersoek. Die digter ondersoek ook die aard van die mens onderling (soms in positiewe, sterk liefdesgedigte) en haar verhouding met God.[15][16][17][18][19]
Heuningsteen se titel verwys fisies na die geologiese begrip melliet, wat metaal opgeneem in ’n aardkors is, dus ’n voorheen vloeibare maar nou verstarde steen wat ook sy kleur verloor. Simbolies verwys dit na die vreugde en soet van die lewe. Die bundeltitel kom voor in die gedig Bodem, waar die bodem van graniet alle natuurlike aanslae teenstaan, maar daar tog ’n vrees is dat dit kan smelt en net soos die heuningsteen ’n indringende verandering ondergaan. Met die geel omslag (kleur van sonskyn, warmte en vreugde), word die lewendige toonaard van die bundel verhoog. Dit bevat dan ook verse wat getuig van die ontdekking van die vreugde en musiek in die lewe, met ’n sterk besef van die afhanklikheid van die mens en die wonder van die natuur. Daarteenoor word dan gestel die besef van verganklikheid en verstarring.[20][21][22][23][24]
In Versamelde gedigte 1954–1984 word al haar bundels tot op daardie stadium opgeneem (met verskeie gedigte wat opnuut deur haar verwerk en grootliks verbeter word), plus ’n twintigtal voorheen ongepubliseerde verse.[25][26][27][28] Hierdie verse vorm die kern van die bundel Grotwater, met die vernaamste tema die verlies van ’n geliefde deur die dood en ’n sterk bewussyn van verganklikheid, gekontrasteer met die vreugdes van lewe en natuur. Die titel van die bundel suggereer lewe in die dood, waar grot die dood of graf impliseer en water die simbool van lewe is. Die kontras tussen die somberheid van die dood en die verlange van hereniging met die geliefde en die vreugde van die lewe kry gestalte in fyn uitgewerkte verse wat van suiwer vakmanskap getuig. Ten spyte van die elegiese aard van die bundel is dit nie somber of neerdrukkend nie.[29][30][31][32][33] Grotwater is in 1994 op die kortlys vir die toekenning van die Ou Mutual-prys.
’n Onbekende jaartal se titel suggereer ’n religieuse apokalips, wat op ’n onbepaalde tyd sal plaasvind en waardeur die heelal hervorm sal word. Die bundel bevat verse oor die alledaagse, maar kristalhelder beskryf met beelde wat mens dwing om anders na die doodgewone te kyk. Die eerste deel van die bundel word oorheers deur natuurverse en mooi herinnerings van vroeër tye en heengegane geliefdes en bekendes. Die toonaard van die res van die bundel is egter oorwegend pessimisties, met gedigte oor dood, geweld, natuurvernietiging en menslike gierigheid. Soos elders in haar digkuns slaag sy daarin om beelde, woorde en vergelykings met veelvuldige betekenisse te laai.[34][35][36][37] In 1996 word die Hertzogprys toegeken aan ’n Onbekende jaartal en hierdie bundel is in hierdie jaar ook op die kortlys vir die toekenning van die Helgaard Steyn-prys.[38][39]
Daniel Hugo maak in Die stil middelpunt ’n keuse uit haar reeds gepubliseerde gedigte (waarvan sy talle grondig hersien en verwerk) en neem ook meer as twintig voorheen ongepubliseerde verse in hierdie bundel op. Die titel word geneem van ’n frase uit een van die nuwe gedigte. Onder die nuwe gedigte trek Sjampoe (herinnering aan haar huweliksverhouding), Aan my vriende van 1950 (waarin die verwording en morele verval in die demokratiese Suid-Afrika betreur word) en Kersfees 1996(’n spesifieke geval van geweld gekontrasteer met die Kerstyd) die aandag. Die vier gedigte in die reeks Die seuns en die dogters van die mense sluit die bundel af. Hierin vorm die generasiegaping en die verskille tussen die geslagte die tema.[40][41][42]
Deur die loop van 2004 (vanaf 17 April tot 10 Desember) begin sy met ’n projek om haar eie gedigte in Engels te vertaal, ’n projek waarmee sy ver vorder maar dan ophou wanneer die aftakelende siekte wat later haar dood veroorsaak haar kragte verminder.[43]
Versamelbundels[wysig | wysig bron]
Haar gedigte is ruim verteenwoordig in die vernaamste versamelbundels oor die Afrikaanse poësie, insluitende Groot verseboek en Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte en word ook opgeneem in verskeie ander versamelbundels, soos Woordpaljas, Digters en digkuns, Uit ons digkuns, Afrikaanse verse, Junior verseboek, Die braambos brand, Goudaar, Nuwe verset, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Digterstemme, Die dye trek die dye aan, Liggaamlose taal, Kraaines, Uit ons letterkunde, Verse vir Opperman, My Afrikaanse verseboek, Die goue vreugde, Voorspraak en Speelse verse.
Psalms[wysig | wysig bron]
Sy doen omdigtings van enkele van die Psalms, wat in 2001 in die nuwe Liedboek van die Kerk opgeneem word.
Prosa[wysig | wysig bron]
Die kortverhaal Hoof van sy huis word deur Die Huisgenoot aangewys as die beste kortverhaal van die maand. Twee van haar kortverhale wat voorheen in Die Huisgenoot gepubliseer is verskyn in 1957 in die versamelbundel Kwartet (saam met kortverhale van Elisabeth Eybers, M.E.R. en Henriette Grové).
Haar kortverhale in hierdie bundel is Moeder en seun, en Huibregt, twee verhale met min uiterlike handeling wat hoofsaaklik die onderdrukte emosies van die karakters as tema het. Nie een van hierdie verhale word later in haar eie kortverhaalbundel opgeneem nie.
Moeder en seun is ’n beklemmende verhaal van verwronge menslikheid, waar die gegoede meisie Elisabeth by haar armoedige kêrel Karl en sy ma kuier. Die omgewing is heel anders as waaraan sy gewoond is en sy voel die neurotiese ou vrou, met wie sy ’n bed moet deel, as vyandig aan. Die vrou is daarenteen bevrees om haar seun te verloor en sal alles in haar vermoë doen om hom te behou. Sy is bewus van haar onaantreklike voorkoms in vergelyking met Elisabeth en sien haar as ’n bedreiging. Eindelik is al drie karakters gefrustreerd en eensaam binne hulle eie lewens. Elisabeth hunker daarna om by die stasie te kom wat haar huis toe sal neem en vir ewig sal laat ontsnap uit hierdie omgewing, Karl droom drome oor sy toekoms saam met Elisabeth en die ou vrou droom drome van haar seun se toekoms.
Huibregt is ’n eenvoudige vrou wie se klein wêreld bestaan uit haar huis en gesin. Sy hou die huis pynlik netjies en leef net om haar huislike pligte na te kom. Haar wêreld word egter vernietig wanneer die dokter haar verwittig dat sy aan ’n ongeneeslike siekte ly. Die W.A. Hofmeyr-prys word in 1957 toegeken aan Kwartet.
Die kortverhaal Die geskenk, wat oorspronklik in Sarie Marais van 12 Desember 1956 verskyn, word in die versamelbundel Mosaïek opgeneem. Hierin kom die generasiegaping tussen ouma en kleindogter na vore, waarin die spanning tussen verskillende lewenswyses en sienings nie net in die ouderdom geleë is nie, maar ook in die teenstellings tussen platteland en stad en die plaas teenoor die see. Die ouma kom by die kleindogter aansterk na ’n operasie. Vir die kleindogter is dit ongerieflik omdat sy en haar man eintlik nooit tyd vir hulleself het nie. Omdat hulle by die see bly moet hulle gedurig kuiergaste onthaal. Sy doen egter moeite vir haar ouma. Die ouma vind hulle gewoontes hinderlik en betreurenswaardig, maar sê uit wellewendheid niks nie. Sy koop vir haar kleindogter ’n geskenk, ’n skildery wat haar eie lewensopvatting weerspieël. Die kleindogter hang dit onmiddellik op, maar wanneer die ouma die volgende oggend onverwags daar aankom, hoor sy hoe die kleindogter en haar vriendin lag oor die skildery. Ina Rousseau slaag in hierdie verhaal om die teenstellings tussen die twee hoofpersone knap te skets, en so ook hulle pogings om desnieteenstaande nie aanstoot te probeer gee nie. Die waarheid kom egter uit en die waarheid maak seer.
Later verskyn haar kortverhaalbundel onder die titel Soutsjokolade, wat verhale bevat wat meestal reeds voorheen in tydskrifte verskyn het, asook Die swerms wat voorheen in die versamelbundel Bolder opgeneem is. Die bundeltitel verwys na die sout en soet van die lewe, wat in die verhale inmekaargevleg word, sodat die karakters se harmonieuse bestaan telkens verbreek word. ’n Interessante tegniek is om emosionele of subjektiewe ervarings op konkreet akkurate wyse weer te gee deur gebruik te maak van presiese syfers oor byvoorbeeld afstande, gewigte en tydsduur. Hierdie werkwyse gee aan die subjektiewe ’n kliniese onbetrokkenheid, waardeur ironie versterk word. Soos in haar digkuns beïndruk sy met haar woordekonomie en die knap tegniese beheer van haar gekose kommunikasievorm, waar sy veral effektief daarin slaag om haar verhale af te sluit met die regte mate van klem, sodat die betekenis nie oorbelig of heeltemal in die lug hang nie. Die swerms werk op boeiende wyse met kontraste, progressie en atmosfeerskepping, waar die titel reeds vlieënde voorwerpe in die lug impliseer. Vier verskillende gebeurtenisse word beskryf, wat elkeen in ’n ander somer plaasvind. Aanvanklik is daar vlinders in die lug, daarna sprinkane wat alles eet wat voorkom, daarna die vliegtuig en dan die sikloon wat goed in die lug opsuig, soos tafels, beddens, honde, kruiwaens en alles anders waaroor dit beweeg, sodat die bedreiging algaande groter word. Die verteller besef dan eers as volwassene dat hy as kind nie ’n wonder nie, maar ’n natuurramp beleef het. In Die les bedreig die moeder haar kind met haar soort liefde, sodat die kind in opstand kom. Familie beskryf Wynand se opgewondenheid dat daar familie is in die stad waarnatoe hy trek. Hy bel sy niggie Ester, maar sy is glad nie verwelkomend nie. Wynand moet egter die geskenke wat sy ma saamgestuur het, gaan aflewer. By Ester-hulle se huis maak hy kennis met haar stroewe man en wanneer hy loop, besef hy dat Ester nou wel in weelde leef, maar ook baie ongelukkig is. In Onthou jy vir Helena Lem? ontvang ’n meisie ’n brief van haar verloofde, waarin hy vra of sy ’n maat uit hulle kinderjare onthou, wat intussen blind geword het. Sy skryf terug dat sy nie vir Helena jammer is nie, omdat sy ’n nare herinnering van haar oorhou, naamlik toe Helena ’n skoenlapper uitmekaar getrek het vir die pret. Die verloofde beëindig hierna die verhouding weens hierdie selfopenbaring van haat en gebrek aan medelye, omdat hy glo dat sy nou iets kosbaars vernietig het, naamlik sy liefde. Jare later vereenselwig die verteller haarself volkome met die vroeëre Helena Lem. Dit is veral die skrywer se fyn semantiese spel met byvoorbeeld die woorde wat die verloofde gebruik en later deurkrap, wat ’n dieper onderlaag van betekenis aan die verhoudingspel tussen die verloofdes gee.[44][45][46][47][48] Hierdie kortverhaal is die basis van die verhoogstuk Salt chocolate wat in 2004 in New York opgevoer word. In Die offeraar berei Maria ’n speenvarkie as offer voor vir ’n ete met twaalf gaste. Die varkie word versier met vuurdoringbessies, sodat die gaste na die ete steeds deur die bessies aan die varkie herinner sal word en die varkie dus fokuspunt van die gebeure is. Die varkie word in die voorbereiding daarvan feitlik vermenslik, en ’n vriendin van Maria maak dan ’n opmerking daaroor, ’n verwysing na ’n kind van Maria. Hierna is dit nie vir Maria moontlik om met die eetmaal voort te gaan nie en sy gee die varkie weg. Twee gelyklopende motiewe word in die verhaal ontwikkel, naamlik die varkie as kind en dan ook die varkie wat as simbool van Christus geoffer word.
Versamelbundels[wysig | wysig bron]
Van haar verhale word opgeneem in bundels soos Die Afrikaanse kortverhaalboek onder redaksie van Abraham H. de Vries, Mosaïek van J.P. Smuts en R. van Rensburg, Dames 17 onder redaksie van C.J.M. Nienaber, Vrou: Mens onder redaksie van Corlia Fourie en Bolder, Borde borde boordevol en Vuurslag, almal saamgestel deur Hennie Aucamp.
Vertalings[wysig | wysig bron]
Sy vertaal Uys Krige se Die droom in Afrikaans, asook Isaac Bashevis Singer se Sjlemiel se windmeulreis en ander verhale, terwyl sy Rodolphe Töpffer se Die reise en avonture van meneer Prikkebeen in Afrikaans herberym. Ander boeke wat sy vertaal is Vyf vind die koninkryk van Sandol Stoddard en Nag op Spioenkop van Jenny Seed.
Eerbewyse en toekennings[wysig | wysig bron]
Eerbewyse[wysig | wysig bron]
Baie van haar gedigte word getoonset deur Pieter de Villiers en ander komponiste.
In 2006 word haar lewe en werk in ’n besondere program by die Woordfees op Stellenbosch gevier.
Toekennings[wysig | wysig bron]
Werke[wysig | wysig bron]
Poësie[wysig | wysig bron]
- Die Verlate Tuin, Human & Rousseau, 1954/62
- Taxa, Human & Rousseau, 1970
- Kwiksilwersirkel, Human & Rousseau, 1978
- Heuningsteen, Human & Rousseau, 1980
- Versamelde gedigte: 1954–1984, Human & Rousseau, 1984
- Grotwater, Human & Rousseau, 1989
- 'n Onbekende jaartaal, Human & Rousseau, 1995
- Die stil middelpunt ('n versameling van haar werk deur Daniel Hugo), Human & Rousseau, 2003
Kortverhale[wysig | wysig bron]
- Kwartet, 1957
- Mosaïek, 1965
- Dames 17, 1969
- Soutsjokolade, 1979
- Die laer
Vertalings[wysig | wysig bron]
- 1976: Singer, Sjemiel se windmeulreis en ander verhale en Töpffer: Die reise en avonture van meneer Prikkebeen (ritmiese vertaling)
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Boeke[wysig | wysig bron]
- Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk Elsiesrivier 1964
- Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963
- Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) “Voorspraak” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994
- Botha, Danie “Die helder dae” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 2014
- Botha, Elize en Pretorius, Réna (reds.) “Samehang en sin” Tafelberg-Uitgewers Kaapstad Eerste druk 1983
- Buning, Tj. “Uit ons digkuns” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Nuwe omgewerkte druk 1960
- Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980
- Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
- De Vries, Abraham H. “Kortom 2” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1989
- Grobler, Hilda “Bolder” Blokboeke 57 Academica Pretoria en Kaapstad Eerste uitgawe 1988
- Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
- Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
- Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
- Kannemeyer, J.C. (red.) “Kraaines” Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe 1988
- Kannemeyer, J.C. “Wat het geword van Peter Blum?” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1993
- Kannemeyer, J.C. “Verse vir die vraestel” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
- Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
- Lindenberg, E. (red.) “Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde” Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973
- Nienaber, P.J., Roodt, P.H. en Snyman, N.J. (samestellers) “Digters en digkuns” Perskor-Uitgewers Kaapstad Vyfde uitgawe Sewende druk 2007
- Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963
- Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
- Nienaber, P.J.; Erasmus, M.C.; Du Plessis, W.K. en Du Plooy, J.L. “Uit ons letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Sewende druk 1968
- Nienaber-Luitingh, M. “Kwartet” Reuse-Blokboek 12 Academica Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe 1981
- Opperman, D.J. “Junior verseboek” Nasionale Boekhandel Beperk Kaapstad Agste druk 1960
- Pheiffer, R.H. “Woordpaljas” Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Derde uitgawe Derde druk 1993
- Pretorius, Réna “Ina Rousseau (1926-)” in Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
- Smuts, J.P. en Van Rensburg, R. “Mosaïek” HAUM Kaapstad Vierde druk 1969
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron]
- Anoniem “Sku, maar tog ook borrelend” “Die Burger” 1 April 2006
- Aucamp, Hennie “Van ’n vrou in haar kombuis; ’n Vergelyking tussen twee verwante tekste van Ina
- Rousseau” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 31 no. 1, Februarie 1993
- Botha, Danie “Die digter en die nuuskierige eekhoring” “Die Burger” 19 Desember 1989
- De Vries, Abraham H. “Ambag agter woordgroepe” “Beeld” 19 Augustus 2005
- Hugo, Daniel “Die skugter digter” “De Kat” Mei 1996
- Kannemeyer, J.C. “Matematies beplande poësie van Ina Rousseau” “Standpunte” Nuwe reeks 142, Augustus 1979
- Kloppers, Albert “’Om laaste te kan lag’ saamgestel deur Pirow Bekker” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 25 no. 4, November 1987
- Lategan, Herman “Drie digters onthou ek nou tesame” “By” 9 April 2011
- Lewis, J.H. “’Die geskenk’ van Ina Rousseau" “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 24 no. 3, Augustus 1986
- Marais, G.F. “’Die geskenk’ van Ina Rousseau” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 21 no. 2, Mei 1983
- Ohlhoff, H. “’Die beginner’ van Ina Rousseau” “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 18 no. 1, Februarie 1980
- Pieterse, Henning “‘Pylvak’ saamgestel deur J.P. en Ria Smuts” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 26 no. 2, Mei 1988
- Prins, M.J. “’Soutsjokolade’ van Ina Rousseau” “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 20 no. 4, November 1982
- Reyneke, Thea “Een en ander oor my suster, Ina” “Die Burger” 13 Mei 2006
- Smith, M.E. “’Om laaste kan lag’ saamgestel deur Pirow Bekker” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 25 no. 2, Mei 1987
- Van der Merwe, Catrien “Voorgeskrewe boeke vir matriek” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 29 no. 3, Augustus 1991
Internet[wysig | wysig bron]
- Beeld: http://188.8.131.52/argief/berigte/beeld/1996/04/20/3/3.html
- Beeld hoofartikel: http://184.108.40.206/argief/berigte/beeld/2005/08/16/B1/12/04.html
- Botha, Amanda Die Burger: http://220.127.116.11/argief/berigte/dieburger/2006/04/01/BY/4/inarousseau.html
- Botha, Danie Die Burger: http://18.104.22.168/argief/berigte/dieburger/1989/12/19/21/1.html
- De Vries, Abraham H. Beeld: http://22.214.171.124/argief/berigte/beeld/2005/08/19/KA/11/01.html
- Hugo, Daniel Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/2001/02/03/8/8.html
- Hugo, Daniel Die Burger: http://188.8.131.52/argief/berigte/dieburger/2005/08/20/OS/30/hugoina.html
- Kannemeyer, J.C. Beeld: http://184.108.40.206/argief/berigte/beeld/1992/03/12/2/7.html
- Kannemeyer, J.C. Beeld: http://220.127.116.11/argief/berigte/beeld/1992/09/24/5/3.html
- Malan, Pieter Rapport: http://18.104.22.168/argief/berigte/rapport/2005/08/14/R1/4/02.html
- Mouton, Carla Die Burger: http://22.214.171.124/argief/berigte/dieburger/2005/08/15/OS/3/CMINAX00.html
- Reyneke, Thea Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/2006/05/13/BY/8/BYNews008-Inasuster.html
Ander verwysings[wysig | wysig bron]
- Profiel op humanrousseau.com, besoek op 22 Desember 2014
- Botha, Amanda Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/inmemoriam/ina_penstrepies.asp
- Geni: https://www.geni.com/people/Marthina-Noel/6000000039181653108
- Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/rousseau.html
- Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Rousseau,_Ina
- Mouton, Carla “Ina Rousseau op 79 oorlede” “Beeld” 15 Augustus 2005
- Louw, W.E.G. “Van die stiebeuel in die saal” “Standpunte” Jaargang 2, no. 1, 1946
- Van Heerden, Ernst “Rekenskap” Tafelberg-Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe Tweede druk 1971
- Hugo, Daniel “Ina Rousseau – digter van die tuin” “Tydskrif vir Letterkunde” Februarie-Mei 2000
- Antonissen, Rob “Standpunte” Nuwe reeks no.2, 1954
- Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963
- Van Heerden, Ernst “Rekenskap” Tafelberg-Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe Tweede druk 1971
- Brink, André P. “Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1976
- De Lange, Johann. Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/mond/de_lange_rousseau.asp
- Brink, André P. “Rapport” 25 Februarie 1979
- Brink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg Eerste uitgawe 1980
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 19 no. 3, September 1979
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 19 no. 2, Mei 1981
- Van Zyl, Dorothea “Beeld” 9 April 1979
- Brink, André P. “Standpunte” Nuwe reeks 154, Augustus 1981
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 19 no. 2, Mei 1981
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 21 no. 2, Junie 1981
- Johl, Ronél “Die Transvaler” 13 April 1981
- Olivier, Fanie “Beeld” 6 April 1981
- Brink, André P. “Rapport” 30 Desember 1984
- Snyman, Henning “Die Burger” 21 Februarie 1985
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 24 no. 4, November 1986
- Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 26 no. 3, September 1986
- Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 30 no. 3, September 1990
- Hambidge, Joan “Insig” April 1990
- Kannemeyer, J.C. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 28 no. 3, Augustus 1990
- Snyman, Henning “Rapport” 11 Maart 1990
- Van Vuuren, Helize “Die Burger” 21 Desember 1989
- Gouws, Tom “Beeld” 19 Februarie 1996
- Hambidge, Joan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 34 no.3, Augustus 1996
- Kannemeyer, J.C. “Rapport” 10 Desember 1995
- Kannemeyer, J.C. “Op weg na 2000” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
- Anoniem “Rousseau kry Hertzogprys vir poësie” “Rapport” 23 Junie 1996
- Van Niekerk, Danie “Ina kry die Hertzogprys” “Beeld” 15 Mei 1996
- Brink, André P. “Rapport” 19 Oktober 2003
- Naudé, Charl-Pierre “Insig” Maart 2004
- Olivier, Fanie “Beeld” 17 November 2003
- Hugo, Daniel. Versindaba: http://versindaba.co.za/2009/07/13/ina-rousseau-in-engels/
- Brink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg Eerste uitgawe 1980
- Johl, Johann “Die Transvaler” 16 Februarie 1980
- Olivier, Gerrit “Standpunte” Nuwe reeks 149, Oktober 1980
- Smuts, J.P. “Burgerband” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1985
- Van Zyl, Ia “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 18 no. 3, Augustus 1980
|
<urn:uuid:964d7e58-094d-49b5-8a91-d8f7f7ef1407>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ina_Rousseau
|
2019-07-18T17:52:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00488.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true | false | false | false |
Latn
|
afr
| 0.999978 |
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|