Dataset Viewer
text
stringlengths 0
1.4k
|
---|
Die doel van die webtuiste vir Suid-Afrikaanse Regeringsdienste is om 'n enkele |
bron van inligting te bied oor dienste wat deur die Suid-Afrikaanse regering |
verskaf word. Die oogmerk is om die dispariteit te verminder wat tussen die |
bemagtigdes en die ontmagtigdes, oftewel die eerste en tweede ekonomieë, |
bestaan. Die webtuiste is 'n kritiese ingryp wat daarop gerig is om seker te |
maak dat landsburgers met die regering in interaksie sal kan tree. Die bedoelde |
gebruikers van die webtuiste is Suid-Afrikaanse burgers in alle dele van die |
land, huidige of voornemende Suid-Afrikaanse sakeondernemings of organisasies, |
en burgers en organisasies van ander lande wat dienste deur die Suid-Afrikaanse |
regering nodig het. 'n Kritiese sektor van gebruikers is al die tussengangers, |
soos die Veeldoelige Gemeenskapsentra (MPCCs), Gemeenskapontwikkelingswerkers |
(GOW's) en die Batho Pele Gateway-inbelsentrum, wat diegene wat nie in staat is |
om regstreeks toegang tot die Internet te kry nie, sal help om die webtuiste te |
gebruik. Die webtuiste bevat inligting oor regeringsdienste wat op die nasionale |
regeringsvlak aangebied word. Dienste vir buitelandse burgers: inligting wat |
spesifiek bedoel is vir burgers van ander lande wat toepaslike dienste van die |
Suid-Afrikaanse regering nodig het. Elk van hierdie kategorieë is verder op so |
'n wyse gestruktureer dat dit aanpas by die volgorde van lewensgebeure (tipiese |
gebeure in die lewe van 'n burger of 'n sakeonderneming). Hierdie lewensgebeure |
is verder in kategorieë volgens lewensfases ingedeel. Inligting ten opsigte van |
elke diens is volgens sewe sleutelareas gerangskik, naamlik beskrywing, stappe |
om te volg, wetlike raamwerk, diensstandaard; koste, vorms om in te vul, en |
kontakbesonderhede. Hierdie afdeling van die webtuiste, wat in die regterkantste |
navigasiebalk vertoon word, bevat skakels na die webtuistes wat aan daardie |
lewensgebeurtenis verwant is. Hierdie weergawe van die webtuiste maak |
voorsiening vir elf tale, naamlik Engels, Afrikaans, isiXhosa, isiZulu, Sepedi, |
Sesotho, Setswana, Ndebele, Tsonga, Venda en Siswati. Ten einde toegang tot die |
inligting op die webtuiste uit te brei, word daar in die vooruitsig gestel dat |
die inligting uiteindelik in al elf amptelike tale beskikbaar sal wees. |
Vertaling van die inligting in die oorblywende amptelike tale sal na verwagting |
teen Maart 2007 afgehandel wees. Dienste-inligting word oorspronklik in Engels |
opgestel, waarna dit in die ander tale vertaal word. Dienste-inligting word in |
die ander tale geplaas nadat dit vertaal is. Gebruik die Kontak ons bladsy om |
kommentaar te lewer oor of navraag te doen na die Regeringsdienste-webtuiste. |
Die www.gov.za-skakel voorsien toegang tot die Suid-Afrikaanse Regering Aanlyn |
tuisbladsy, wat toegang verskaf tot die webtuiste (Regeringsdienste-webtuiste) |
en die Regeringsinligting-webtuiste (www.info.gov.za). Die werfkaart verskaf 'n |
visuele voorstelling van die struktuur van die webtuiste. Dit word hiërargies |
aangebied, en verdeel die webtuiste se inligting in steeds meer spesifieke |
onderwerpareas. Dit stel jou dus in staat om jouself ooreenkomstig die |
inhoudstruktuur van die webtuiste te oriënteer. Die tuisbladsy verskaf 'n lys |
van die mees besoekte dienste. Hierdie inskrywings bied toegang tot die vyf |
dienste wat die meeste deur gebruikers besoek is. Die lysting word aangepas in |
ooreenstemming met die statistiek vir die bladsye wat besoek is. 'n |
Soekvenstertjie is beskikbaar op alle bladsye op die webtuiste. Wanneer 'n |
soekterm ingesleutel word, sal die volledige webtuiste vir die bepaalde woord |
(e) deursoek word. Skakels na eksterne webtuistes word aangedui deur die woorde |
'buiteskakel- maak 'n nuwe venster oop', wat in 'n venstertjie sal verskyn |
wanneer jou merker oor die skakel beweeg word. Die webtuiste sal 'n nuwe |
deurblaai-venster oopmaak. Hoe gereeld gaan die inligting bygewerk word? Die |
webtuiste sal op 'n voortdurende basis bygewerk word. Ons beleid is om inligting |
te verskaf soos en wanneer dit beskikbaar word. Die ontwikkelaars van die |
Regeringsdienste-webtuiste kan egter nie die resentheid waarborg van inligting |
wat gepubliseer word op ander webtuistes waarheen daar skakels verskaf word nie. |
Sien Terme en Voorwaardes, par. 4.3. Regeringsdepartemente neem self eienaarskap |
van hul inligting op die webtuiste. Hierdie funksie is toegewys aan |
departementele kontakbestuurders wat verantwoordelik is vir die inligting wat op |
die webtuiste gepubliseer word. Regeringskommunikasie (GCIS) is verantwoordelik |
vir die oorkoepelende bestuur en koördinering van die webtuiste se inhoud. Die |
vernaamste formaat vir inligting op die webtuiste is HTML. Die PDF-weergawes van |
dokumente (bv. wette, vorms) word egter verskaf om die oorspronklike uitleg |
daarvan te behou. Ten einde PDF-dokumente te kan oopmaak, moet jy Adobe Acrobat |
Reader 4 of hoër op jou rekenaar geïnstalleer hê. Dit sal dokumente regstreeks |
in jou blaaier oopmaak. Soms neem dit lank om PDF-dokumente oop te maak. In |
daardie geval beveel ons aan dat jy dit na jou rekenaar aflaai en liewer van |
daar af oopmaak. Gebruik jou muis om regs te klik op die dokument wat jy graag |
wil aflaai. In die tuimel-kieslys wat verskyn, kies 'Save Target As'. In die |
'Save As' -venstertjie, kies die plek op jou hardeskyf waar jy die dokument wil |
stoor en klik op die 'Save' knoppie. Die lêer sal afgelaai word na die plek wat |
jy aangedui het. Maak jou Acrobat Reader toepassing oop en maak daarna die |
dokumente wat jy afgelaai het oop. Gebruik jou muis, en skuif en klik |
(linkerkantste muisklik) op die skakel na die dokument wat jy wil stoor. In die |
'Save As 'venstertjie, kies die plek op jou hardeskyf waar jy die dokument wil |
stoor en klik op die 'Save' knoppie. Die lêer sal afgelaai word na die plek wat |
jy aangedui het. Maak jou Acrobat Reader toepassing oop en maak daarna ook die |
dokumente wat jy afgelaai het oop. Hulp nodig met probleme wat op die webtuiste |
ervaar word? Kontak ons asseblief ([email protected]) indien jy enige |
probleme met die webtuiste ondervind. Indien 'n vereniging, maatskappy of |
beslote korporasie nie sy skuld kan of wil betaal nie en ook nie sy verpligtinge |
kan nakom nie (weens insolvensie, wanbestuur of om enige ander rede) mag die |
Direkteur-generaal van Handel en Nywerheid 'n sakeonderneming onder |
administrasie plaas of laat likwideer. 'n Vereniging of 'n voorlopige |
vereniging, enige lid van die vereniging of enige ander belanghebbende persoon |
mag by die hof aansoek doen dat die Direkteur-generaal die vereniging of |
voorlopige vereniging onder administrasie plaas of likwideer. Indien die hof |
beslis dat die vereniging of voorlopige vereniging gelikwideer moet word, sal |
dit ook beslis hoe die vereniging of voorlopige vereniging se bates gelykop en |
regverdig verdeel moet word. In sy beslissing sal die hof enige moontlike |
aanbevelings deur die Direkteur-generaal oor die verdeling van bates in ag neem. |
Indien die Direkteur-generaal, of 'n vereniging of voorlopige vereniging, of |
enige lid van die vereniging, of enige ander belanghebbende persoon aansoek doen |
dat 'n vereniging of voorlopige vereniging deur die Direkteur-generaal onder |
administrasie geplaas of gelikwideer moet word, kan die Minister beslis |
ingevolge watter prosedure die Direkteur-generaal die vereniging of voorlopige |
vereniging onder administrasie moet plaas of likwideer. Die Minister kan onder |
sulke omstandighede ook die magte en pligte van die Direkteur-generaal, die |
registrasiebeampte, die vereniging, die lede en belanghebbende partye uiteensit. |
In die geval van 'n maatskappy of beslote korporasie (BK) kan enige |
belanghebbende party, direkteur of ouditeur van die maatskappy, die |
Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) of die Registrateur van Maatskappye om die |
End of preview. Expand
in Data Studio
README.md exists but content is empty.
- Downloads last month
- 408