title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
MM Israa’el ta’uuf dhiyaachaa kan jiran Naaftaalii Beeneet eenyu?
https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-57349999
2021-06-04 00:00:00
Junie 2021: Trekker- en Stroperverkope
This post is also available in: English Artikel voorsien: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie 7 Julie 2021 Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Junie 2021 was soos volg: Trekkerverkope van 633 eenhede in Junie is byna 43% meer as die 444 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 27% meer as verlede jaar. In Junie is 30 stropers verkoop, 13 eenhede meer as die 17 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 32% meer as verlede jaar. Met die uitstekende somergewasse oor die algemeen, asook goeie vooruitsigte vir wintergewasse, bly optimisme in die bedryf vir landboumasjinerie hoog. Die meeste somergewasse is nou geoes en boere begin voorberei vir die komende somergewassseisoen. Die huidige buitengewone vlakke van verkope dui daarop dat boere die geleentheid benut om toerusting te vervang. Dit sal waarskynlik oor die korttermyn volgehou word. Huidige ramings dui daarop dat trekkerverkope vir die 2021-kalenderjaar tussen 15 en 20% meer sal wees as verlede jaar. Karel Munnik Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie Kontak: mnr. Karel Munnik (082) 412-2577 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249
https://www.proagri.co.za/junie-2021-trekker-en-stroperverkope/
2021-07-06 00:00:00
TLU SA besorg oor voorkoms van koronavirus in afvalwater
This post is also available in: English Artikel voorsien Dit is vir TLU SA baie kommerwekkend dat daar reeds spore van die koronavirus se verskillende variante in rioolwater in die Wes-Kaap bespeur word. Volgens die Mediese Navorsingsraad (MNR) het hulle deur toetse met die afvalwater-gegronde waarskuwingstelsel bevind die Delta-variant is teenwoordig in 25 aanlegte in die Wes-Kaap. “Wat ons bekommer is hoe lank die virus in die water bly en of dit in die waterstelsel opgeneem en uiteindelik in ons landbouprodukte teenwoordig sal wees,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. Volgens die Amerikaanse Omgewingsbewaringsagentskap (EPA) kan die koronavirus met standaard ontsmettingspraktyke by rioolwerke behandel word. Die virus se voortbestaan hang gewoonlik van die temperatuur, konsentrasie van soliede en organiese materie, die pH-vlak en die hoeveelheid van ontsmettingsmiddel wat gebruik word, af. “Dit is dus ‘n redelik eenvoudige oplossing, maar dan moet ons in gedagte hou dat ons in Suid-Afrika is, waar ons water reeds veel te wense laat en vervuil is van riool en ander besoedeling,” sê mnr. Geldenhuys. “Ons vraag is dus hoe lank die virus in onbehandelde of swak-behandelde water sal oorleef en wat die gevolge daarvan sal wees.” TLU SA is verder besorg dat die munisipaliteite se swak bestuur van rioolstelsels en -werke bewys dat daar bloot nie die kundigheid bestaan om hierdie situasie te hanteer nie. Die regering stel hiermee die land se inwoners verder bloot aan infeksie deur die bewaring van lewensbelangrike hulpbronne te ignoreer. TLU SA doen ‘n dringende beroep op die regering en veral die departement van huisvesting, water en sanitasie – as die voog van water in Suid-Afrika – om ag te slaan op hierdie toetse en spoedeisend met ‘n werkbare oplossing – ook vir die algemene bestuur van waterbronne – vorendag te kom. Bron: TLU SA Navrae: Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA, 083 560 1273 Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA, 082 466 4470
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-besorg-oor-voorkoms-van-koronavirus-in-afvalwater/
2021-07-04 00:00:00
Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers
This post is also available in: English Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir ՚n boer wat vooruit wil boer. In die onderstaande video gesels ons met Louis van der Walt wat al vir die afgelope 26 jaar op die plaas Spitskop tussen Louis Trichardt en Vivo in die verre Noorde boer. Louis vertel ons waarom die Massey Ferguson se Global-reeks veel meer is as net mooi, rooi trekkers: Vir meer inligting oor die voortreflike MF Global-reeks, maar ook oor Massey Ferguson se volle reeks staatmakers vir die boer, besoek www.masseyferguson.co.za, of skakel vir Lenard Lingenfelder by 066-581-7489. Of gaan kyk self by jou naaste vriendelike, behulpsame handelaar.
https://www.proagri.co.za/massey-ferguson-se-global-reeks-is-veel-meer-as-mooi-rooi-trekkers/
2021-07-12 00:00:00
Vrystaat boere spandeer meer as R6mil aan padwerke
This post is also available in: English Atrikel voorsien 6 Julie 2021 ‘n Opname onder lede van Vrystaat Landbou (VL) toon dat boere in die Vrystaat vanjaar reeds 6 miljoen rand spandeer het om provinsiale en munisipale paaie te herstel. Volgens Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou, belemmer die algemene agteruitgang van die provinsie se pad infrastruktuur nie net die toeganklikheid na arbeid en die lewering van produkte nie. Die toestand van ons provinsie se paaie het ook ‘n lewens gevaarlike risiko geword, weens talle ongelukke. “Vanweë die gebrekkige regeringsvermoë en traagheid om paaie te herstel word boere toenemend gedwing om dit self te doen”. het Wilken gesê. “Die R6mil syfer is onder die werklike koste is wat aangegaan is. Daar is baie werk aan paaie deur boere gedoen wat waarskynlik nie eens gerapporteer is nie” sê Wilken. Indien geleentheidskostes, produksie tydsverliese, slytasie op toerusting, voertuig herstelwerk, by gereken word, sou die bedrag veel hoër gewees het. VL is van mening dat die situasie die ergste in die Noord-Oos Vrystaat is. Byvoorbeeld, in die Thabo Mofutsanyana distrik is ‘n groep van 5 boere wat jaarliks (gesamentlik) meer as R1miljoen moet bestee om paaie gangbaar te hou. Indien hulle dit nie doen nie sou hulle nog hul graan; tuinbou en vee produkte aan markte kon lewer. Briewe is al herhaaldelik met LUR’e en Ministers gewissel ten einde die strukturele probleem in die departement aan te spreek, sonder sukses. Ongelukkig lei die goeie werkverhoudings op grondvlak tussen boere en paaie amptenare weens die versuim om daadwerklike oplossings te bied op provinsiale vlak. VL is daarom in die proses om regsadvies in te win ten einde remedies vir die probleem daar te stel. Wilken eindig om te se dat “Vrystaat Landbou se regspan ondersoek tans moontlike regsroetes ten einde die landbou gemeenskap se regte te beskerm en dienslewering te verseker. VL is vasbeslote om die saak ten volle te dryf.” Bron: Vrystaat Landbou
https://www.proagri.co.za/vrystaat-boere-spandeer-meer-r6mil-aan-padwerke/
2021-07-04 00:00:00
TLU SA maak beswaar teen staking van veilings
This post is also available in: English Artikel verskaf 29 Junie 2021 TLU SA vind dit onaanvaarbaar dat veilings in terme van die aangepaste vlak vier van die inperking gestaak word. “Die president het Sondagaand beklemtoon dat alle ekonomiese aktiwiteite so ver as moontlik moet voortgaan en dat mense wel by hulle plek van werk mag aanmeld indien dit nie moontlik is om van die huis af te werk nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Dit is dus vir ons onverstaanbaar waarom veilings in hierdie stadium gestaak word.” Die regulasies wat vandeesweek hieroor gepubliseer is, verwys net na veilings en dit is nie duidelik of dit na die veilings van vaste eiendom verwys en of dit lewende hawe ook insluit nie. “Veilings is baie belangrik vir die landboubedryf en die verspreiding van voedsel,” verduidelik mnr. Geldenhuys. “Dit is veral die kleiner boere wat hulle in ‘n baie moeilike situasie vind wanneer veilings nie voortgaan nie. Hulle het geen ander maniere om hulle lewende hawe te verkoop nie.” Die geleenthede word vooruit beplan en die boere wat more by geskeduleerde veilings sou deelneem moet dringend, ten minste voor 14:00 vanmiddag weet of die reëlings aangepas moet word. “Dit is vir ons onaanvaarbaar dat die president, die regeringsdepartemente en die ANC bykans nooit uit dieselfde mond praat nie. So kan ‘n land mos nie funksioneer nie.” Vir meer inligting kontak: Mnr Henry Geldenhuys, President van TLU SA 083 560 1273 Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA 082 466 4470
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-maak-beswaar-teen-staking-van-veilings/
2021-07-01 08:57:03
Barnaamijka Martida Mikrofoonka
https://www.voasomali.com/a/5952267.html
2021-07-03 00:00:00
Wil jy Kripto- en Bitcoin by jou beleggingpakket insluit?
Belegging in ’n verskeidenheid van kripto-geldeenhede verminder jou risiko en verbeter die kanse dat jou belegging wel sal groei. Die kripto-mark verander voortdurend. Revix sorg dat jy nie vergeet word nie en herbalanseer elke maand jou Bondels outomaties. Revix-Bondels is die S&P 500 van kripto waardeur jy jou portefeulje regoor die top-kriptobeleggings teen lae koste kan versprei deur ’n paar klikke met jou muis. Revix sorg vir kommervrye beleggings en bied u ’n familie van beleggingsprodukte insluitend gefraktiseerde goudstaaf items, drie gediversiëerde kripto Bondels, Bitcoin, Ethereum and die USD stabiele geldstuk. As jy verniet registreer met die skakel hieronder, en ‘n belegging maak van tenminste R500, sal Revix R200 in jou Revix rekening deponeer! Begin vandag! Registreer verniet! Volg net die skakel https://app.revix.com/register?promoCode=JC210RZTLG
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/07/wil-jy-kripto-en-bitcoin-by-jou-beleggingpakket-insluit/
2021-07-07 08:00:03
TLU SA besorg oor voorkoms van koronavirus in rioolwater
Die TLU SA sê in ‘n mediaverklaring dat dit kommerwekkend is dat daar reeds spore van die koronavirus se verskillende variante in rioolwater in die Wes-Kaap bespeur word. Volgens die TLU SA beweer die Mediese Navorsingsraad (MNR) dat hulle deur toetse met die afvalwater-gegronde waarskuwingstelsel bevind het dat die Delta-variant teenwoordig is in 25 aanlegte in die Wes-Kaap. “Wat ons bekommer is hoe lank die virus in die water bly en of dit in die waterstelsel opgeneem en uiteindelik in ons landbouprodukte teenwoordig sal wees,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA. Die verklaring noem dat volgens die Amerikaanse Omgewingsbewaringsagentskap (EPA) kan die koronavirus met standaard ontsmettingspraktyke by rioolwerke behandel word. Die virus se voortbestaan hang gewoonlik van die temperatuur, konsentrasie van soliede en organiese materie, die pH-vlak en die hoeveelheid van ontsmettingsmiddel wat gebruik word, af. “Dit is dus ‘n redelik eenvoudige oplossing, maar dan moet ons in gedagte hou dat ons in Suid-Afrika is, waar ons water reeds veel te wense laat en vervuil is van riool en ander besoedeling,” sê Geldenhuys. “Ons vraag is dus hoe lank die virus in onbehandelde of swak-behandelde water sal oorleef en wat die gevolge daarvan sal wees.” TLU SA is verder besorg dat die munisipaliteite se swak bestuur van rioolstelsels en -werke bewys dat daar bloot nie die kundigheid bestaan om hierdie situasie te hanteer nie. Die regering stel hiermee die land se inwoners verder bloot aan infeksie deur die bewaring van lewensbelangrike hulpbronne te ignoreer. TLU SA doen ‘n dringende beroep op die regering en veral die departement van huisvesting, water en sanitasie – as die voog van water in Suid-Afrika – om ag te slaan op hierdie toetse en spoedeisend met ‘n werkbare oplossing – ook vir die algemene bestuur van waterbronne – vorendag te kom.
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/08/tlu-sa-besorg-oor-voorkoms-van-koronavirus-in-rioolwater/
2021-07-08 11:49:22
Boere moet mekaar ondersteun en beskerm
Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI), ’n landboubelangenetwerk vir boere, maan boere om waaksaam en ekstra paraat te wees te midde van die omvangryke plundery in KwaZulu-Natal, Gauteng en elders in die land. Hulle moet deurlopend met mekaar en met hul georganiseerde landboustrukture in kontak bly, voorvalle aanmeld en hul plase, huise, gesinne en werkers veilig hou. “By Saai doen ons alles in ons vermoë om families op plase te ondersteun wat in nood verkeer, moet vlug of in gevaar is om skade weens brande en plundering te ly. Saam met ons netwerkvennote is daar ’n uitgebreide teenwoordigheid van burgerlike strukture, plaaswagte en ander organisasies in die grootste deel van die land wat ernstig is om boere en gemeenskappe van hulp te wees.” Hoewel boere die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag teen plunderaars verwelkom, is die 2 500 soldate veels te min. Terwyl winkelsentrums, plase, hoofpaaie en voertuie brand, het Suid-Afrika die reg om te weet wat van die res van ons militêre vermoë, toerusting en soldate geword het. Die beelde van plunderende skares wat brande stig, steel en skiet, is oor die wêreld heen uitgesaai. Saai word toegegooi met boodskappe van simpatie, besorgdheid en meelewing van landbou-organisasies uit Nieu-Seeland, Kanada, Japan, Italië, Hongarye, Tunisië en vele ander lande. Die regering het nie ’n goeie storie om te vertel nie. Die openbare vernietiging van geboue, voertuie en winkels is bloot ’n verlengstuk van ’n mentaliteit van plundery wat die ANC té lank gekoester en selfs beskerm het. Stroping van die staat en Suid-Afrika se bates kom van lank voor die huidige oproerige eise om Zuma vry te laat. Die diepgewortelde hebsug, nepotisme en bedrog binne die ANC is voor die Zondo-kommissie ontbloot. Die ANC het herhaaldelik in die parlement sy eenparige steun aan Zuma toegesê lank nadat die omvang van plundery al openbare kennis geword het. Aan die kern van die ineenstorting van wet en orde in KwaZulu-Natal en elders in Suid-Afrika lê die ANC se beleid van kaderontplooiing. Voordat daar nie sterk genoeg leierskap na vore tree om die wese van die krisis op te los nie, gaan boere van alle groottes, rasse en kultuurgroepe in Suid-Afrika kwesbaar bly, en sal hulle grootliks op hulself en mekaar aangewese wees om hul plase en gesinne teen strafregtelike aanvalle te beskerm.
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/14/boere-moet-mekaar-ondersteun-en-beskerm/
2021-07-14 04:47:12
Aangepaste Vlak-4 Skoolkalender
Met skole wat reeds sedert Woensdag 30 Junie vir leerlinge gesluit is, het onderwysers geleentheid gehad om hul sake in orde te kry tot Vrydag 2 Julie vir ’n vroeë sluiting van alle skole vir die wintervakansie. Leerlinge in spesiale skole asook koshuisleerlinge in veraf geleë plekke kan tot Vrydag 2 Julie aanbly om ouers geleentheid te bied om hulle te kom haal. As gevolg van die week vroeër sluiting van openbare skole, sal die leerlinge dan ook vroeër as beplan weer die skooljaar na die vakansie op 19 Julie hervat. Voedingskemas by skole asook winter-skole sal soos gewoonlik voortgaan maar toesighouers moet toesien dat beperkte kontak van toepassing is om die verdere verspreiding van die virus te voorkom. Met verskeie provinsies wat te kenne gegee het dat bykans alle onderwysers reeds ingeënt is, sal die inentingsproses vir die res van die leerkragte gedurende hierdie tydperk voortgesit word. Dit is ook onduidelik wanneer laerskole weer hul deure vir al alle leerlinge gaan oopmaak en of daar steeds by 28 Julie hiervoor gehou gaan word. Aangesien die kurrikulum weens die verminderde skooldae sedert die inperking gedurende Maart 2021 gesny is beteken dit dat leerlinge nie aan die volle kurrikulum van hul onderskeie grade blootgestel is nie. Dit skep veral ’n probleem vir Gr 12 leerlinge wat gedurende die eindeksamen oor die volle inhoud van kurrikulums van Grade 11 en 12 ge-eksamineer sal word. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/01/aangepaste-vlak-4-skoolkalender/
2021-07-01 16:15:44
Ysterberg Voortrekkers vier Voortrekkers se 90ste met projekte
Ysterberg Voortrekkers op Thabazimbi het twee gemeenskapsprojekte afgehandel ter viering van die Voortrekker-organisasie se negentigste bestaansjaar. Die een projek was die Sop-in-’n-Bottel Winter Projek waar beoog is om 90 bottels met die droë sopbestanddele te vul en onder behoeftige lede in die gemeenskap te versprei. Hierdie projek is suksesvol afgehandel en Ysterberg Voortrekkers bedank elke offisier, heemraadslid, kinders in die Voortrekkers en enkele lede van die publiek vir die skenking van leë bottels asook individuele bydraes wat gemaak is om hierdie projek moontlik te maak. Veldkornet Danie Naudé het namens Ysterberg Voortrekkers se offisiere, heemrade, ouers en jeuglede die oorhandiging van die sop bottels behartig. Weens die inperking kon die Voortrekkerlede nie die oorhandiging saam meemaak nie. Paul Bester neem die bottels met sopbestanddele namens die SAVF Thabazimbi in ontvangs. Die skenking aan die Tambotie Versorg sentrum word hier deur Barbara Pienaar in ontvangs geneem. Magriet Hermann ontvang die skenking aan Huis Immergroen ouetehuis by Veldkornet Danie Naudé. Die bottels wat vir die Thabazimbi Shelter bestem was word deur Beverly Spira Kühn in ontvangs geneem. Veldkornet Danie Naudé van Ysterberg Voortrekkers met die 80kg proppies wat ingesamel is. Hierdie proppies sal aan die Magalieskruin Voortrekker op Rustenburg oorhandig word om by hulle eie versameling van plastiekproppies te voeg. Nog ’n projek wat nou afgesluit is, is die plastiek-proppie projek waar doppies versamel is wat aangewend kan word vir die aankoop van ’n rolstoel. Ysterberg Voortrekkers se jeuglede het oor die periode 2020 tot nou 80kg proppies bymekaar gemaak vir hierdie projek. Hierdie proppies gaan aan die Magalieskruin Kommando Rustenburg geskenk word om by hul proppies te voeg tot daar genoeg proppies bymekaar gemaak is om ‘n rolstoel aan te koop. Hierdie rolstoel sal geskenk word aan ‘n persoon of instansie waar daar ‘n behoefte bestaan.
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/04/ysterberg-voortrekkers-vier-voortrekkers-se-90ste-met-projekte/
2021-07-04 16:03:36
Gerieflike wegneem etes by Khaya Kwa
Met die jongste streng Covid-19 inperking in plek, word die druk om oorlewing weereens geplaas op dié restaurante wat die eerste aanslag van die inperking sedert Maart 2020 oorleef het. Help Khaya Kwa om hul deure oop te hou om steeds daar te wees as die gewilde kuierplek in die natuur vir jou en jou vriende. Geen aansit-etes mag bedien word en geen alkohol mag verkoop word nie, maar jy kan ’n groot verskeidenheid van smulgeregte vanaf Khaya Kwa se wegneemete spyskaart geniet. Dit sluit ook volledige etes in vir 2, 3 of 6 persone. Skakel hulle gerus by 078 794 5896 vir bestellings (laat 20 minute voorbereidingstyd toe indien jy dit self wil gaan afhaal) of kontak Bring2me. Aflewerings word daagliks van 10:00 tot 18:00 gedoen
https://www.kwevoel.co.za/2021/06/30/gerieflike-wegneem-etes-by-khaya-kwa/
2021-06-30 06:11:40
Medhof Apteek: Voorkom Jigpyn hierdie Winter
Net soos die winter in intensiteit toeneem, ondervind baie Artritislyers ook meer pyn in hulle gewrigte. Artritis is ’n siekte wat nie noodwendig net tot ouer mense beperk is nie, maar kan op enige ouderdom intree. Moenie wag totdat die pyn nie meer hanteer kan word nie – besoek nou jou apteker by Medhof Apteek vir medikasie en inligting oor hoe jy jou pyn kan beheer. Verhoed dat die winterkoue jigpyn in gewrigte vererger Daar is seker min mense wat die winterkoue so aan hul beendere voel as artritislyers. Terwyl nie-lyers maar net nog ’n warm trui of jas sal aantrek om die koue uit te hou, besef hulle nie hoe pynlik dit kan wees as een of meer van jou gewrigte deur artritis geaffekteer word nie. Alhoewel daar meer as 100 verskillende tipe van artritis is wat verskillende oorsake het en daarom ook verskillende behandelings vereis, is daar twee tipes naamlik osteoartritis (OA) en rumatoïede artritis (RA), beter bekend in die volksmond as rumatiek, wat meer algemeen voorkom. Alhoewel die artritis simptome mettertyd ontwikkel, kan dit ook skielik intree. Artritis is ook meer algemeen in volwassenes ouer as 65 maar kan ook in kinders, tienderjariges en jong volwassenes voorkom. Daarbý is dit meer algemeen by vrouens as mans en mense wat oorgewig is. Gewrigspyn, styfheid van gewrigte en selfs swelling is van die meer algemene simptome wat ervaar word. Artritis beperk beweeglikheid en die vel om die geaffekteerde gewrig vertoon rooi. Hierdie simptome is in baie gevalle soggens op hul ergste. Rumatiek (RA) kan jou uitgeput of moeg laat voel en jy kan ook ’n verlies in eetlus ervaar. Die oorsaak hiervan is inflammasie wat jou immuniteitstelsel se werking aantas. Rumatiek kan tot bloedarmoede aanleiding gee of self ’n ligte koors veroorsaak. Erge rumatiek kan selfs tot gebreklike gewrig ontwikkel lei indien dit nie vroegtydig behandel word nie. Kraakbeen speel ’n groot rol om gewrigte teen besering te beskerm. Aangesien die kraakbeen ’n ferme, maar tog buigsame verbindings binne die gewrig vorm, kan dit druk en skok binne die gewrig absorbeer soos jy beweeg of ekstra spanning op die gewrig plaas. ’n Vermindering in die normale hoeveelheid kraakbeen binne die gewrig kan aanleiding tot sekere vorme van artritis gee. Normale slytasie veroorsaak osteoartritis, een van die mees algemeenste vorms van artritis. Infeksie of beserings aan die gewrigte kan ook die natuurlike afbreek van die kraakbeen bespoedig. Persone wat ’n familiegeskiedenis van artritis het se kanse om osteoartritis te ontwikkel is ook gewoonlik hoër. Die eerste en beste stap om te neem indien jy vermoed dat jy rumatiek het of aan artritis ly, is om jou dokter te besoek. Die dokter sal deur ’n fisiese ondersoek die hoeveelheid vloeistof om die gewrig, warm of rooi gewrigte asook die beweeglikheid van die gewrigte kan diagnoseer. Indien nodig sal hy jou na ’n spesialis verwys. Die behandeling van artritis of rumatiek is daarop gemik om die pyn te verminder en verdere beskadiging van die gewrig te voorkom. Suksesvolle behandeling vir elke persoon vind weerklank in wat die beste vir jou spesifiek geval werk om jou pyn te verlig. Sommige mense vind verligting met warmkussinkies en selfs yspakkies op die gewrigte terwyl hulpmiddels soos kieries en looprame help om drukking op die seer gewrigte te verminder. Daar is verskeie middels beskikbaar vir die behandeling van artritis sonder om vooraf die dokter te nader vir ’n ondersoek en voorskrif medisyne. Gesels gerus met jou apteker by Medhof Apteek oor watter middels vir jou die beste vir jou spesifieke gewrigte en pynvlakke gaan werk. Jou apteker sal jou ook kan aanraai om eerder jou dokter te sien indien drastiese behandeling nodig sou wees. In die behandeling van artritis is dit baie belangrik om die gewrigsfunksie te verbeter en hier kan gereelde oefening ’n baie belangrike rol vertolk. Swem is en van die beste oefening vir artritislyers aangesien die water die gewig op die gewrigte verminder in teenstelling met draf of stap. Wat jy ook al doen, neem gereelde blaaskanse en moenie jouself ooreis nie. Ander oefeninge wat jy in die gemak van jou huis kan doen, is om jou ken op te lig en te laat sak en jou kop op jou nek te roteer. Probeer ook ander oefeninge om die pyn in jou nek te verlig. As jou vingers aangetas is, doen vingerbuig-oefeninge en oefen veral die duim gereeld om pyn te verlig. Net so kan jy pyn in jou beengewrigte verlig deur gereelde beenoplig-oefening, strekking van jou bobeenspiere en knie-oefeninge te doen. Baie van hierdie oefening kan jy doen terwyl jy op die naat van jou rug op die mat of op die bed lê. Die geheim lê daarin om die spiere om die gewrigte te versterk. Dit sal ook bydra tot beter beweeglikheid. ’n Paar lewenstylveranderings kan jou ook goeddoen soos om jou dieet aan te pas indien jy oorgewig is aangesien die ekstra liggaamsgewig addisionele drukking op jou gewrigte plaas. Kyk wat werk vir jou en elimineer eerder kos en drank wat jou toestand vererger of pyn in jou gewrigte veroorsaak. Bron: https://www.healthline.com/health/arthritis#causes
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/08/medhof-apteek-voorkom-jigpyn-hierdie-winter/
2021-07-08 03:15:50
SAA Vlieëniers se vlerke geknip
’n Voormalige vlieënier van SAA (Suid-Afrikaanse Lugdiens) het ’n hartroerende brief aan die media gestuur nadat hy na 26 jaar diens en sestien maande sedert hy sy laaste salaris ontvang het, saam met verskeie ander vlieëniers en ander lugbemanning kennisgewing ontvang het dat hulle dienste nie langer benodig word nie en dat hulle ontslaan is. Hy noem egter dat die teleurstelling wat hy ervaar oorskadu word deur die wonderlike vliegtuie waarvan hy die voorreg gehad het om te kon vlieg in die wye wêreld waarin die SAA hom toegelaat het. Hy spreek sy hart uit teenoor die verlies wat hy ervaar van die talle vriendskappe en kameraadskap tussen die SAA vlieëniers waarna hy verwys as ’n spesiale bond van broeders en susters, nie almal persoonlike huisvriende nie, maar mense wat hy ter enige tyd by sy huis sal innooi, elkeen met sy eie lugvaartstorie waaruit geleer kan word. Elke vlug het sy storie gehad, of dit nou net ’n binnelandse vlug was as medevlieënier of oorsee na Hongkong, New York, Frankfort of Londen, is vriendskappe oor landsgrense en kontinente gevorm wat elke vlug in ’n avontuur omskep het. Vir baie van sy kollegas beteken hierdie besluit van die SAA die einde van hulle vliegloopbane, maar daar gaan tog diegene wees wat een of ander tyd weer hulle weg sal terugvind onder baie ander omstandighede. Sy raad is om nie moed op te gee nie, maar steeds vas te hou aan hulle passie. Vir JZ, Dudu en hul makkers met hul toksiese mengsel van vergryping en onbevoegdheid wat daarin geslaag het om hierdie eens trotse 87-jarige lugdiens van wêreldgehalte te vernietig, het hy gesê dat hulle vervul behoor te wees met ’n skuldgevoel, maar soos die grootste deel van Suid-Afrika uitgevind het, het hulle geen skaamte vir dit wat hulle gedoen het nie. Hulle het slegs hulself verryk en ’n spoor van vernietiging nagelaat waarin die lewens en toekoms van duisende eerlike en getroue werkers vernietig is. Aan diegene wat oorgebly het en op wie se skouers dit nou rus om die ryk erfenis verder te dra, wens hy dat hulle daarin kan slaag om die doemprofete verkeerd te bewys en dat hulle met trots die vlag veilig sal dra. Geteken: Afgetrede Senior Kaptein Phil Parson. Airbus met Senior Kaptein Phil Parson in bevel van die Airbus A340-600, land by Kaapstad Internasionaal
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/28/saa-vlieeniers-se-vlerke-geknip/
2021-07-28 14:50:23
Voortsetting van noodhulpfonds-toelaes na nuwe vlak-4 inperking noodsaaklik
Die VF Plus hoofwoordvoerder: Werkskepping en arbeid en VF Plus-LP, Heloïse Denner, sê in ‘n mediavrystelling dat dit nou van die allergrootste belang is dat die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) se tydelike hulpskema (Ters) sonder verwyl moet heropen vir die duur van die aangepaste vlak 4 van die jongste inperkingsregulasies vir dié ondernemings en industrieë wat nie gedurende hierdie periode kan werk of handel dryf nie. Die verklaring lui voorts dat die VF Plus ʼn skriftelike versoek in hierdie verband gerig het aan die minister van werkskepping en arbeid, Thulas Nxedi, waarin veral gewys word op die situasie van ondernemings soos restaurante, die drankbedryf, gimnasiums en ander wie se inkomste deur die inperking ontsê word. Die aanvanklike inperkingsperiode is wel net 14 dae, maar hierdie ondernemings en almal wie se lewensbestaan daarvan afhanklik is, het bloot nie meer geldelike reserwes om enigsins sonder ʼn inkomste te wees nie. Daar bestaan ook ʼn moontlikheid dat die inperkingsperiode verleng kan word. Toegewings van die regering dat restaurante wegneemetes mag verkoop, beteken nie veel nie. Die meeste restaurante is totaal aangewese op besoekende gaste en die volle personeel kan nie onderhou en betaal word sonder enige inkomste nie. Die realiteit is dat baie mense sonder enige inkomste gaan wees en bloot nie geld sal hê om vir hul gesinne kos op die tafel te plaas nie. Die tyd het aangebreek dat daar met reg gevra kan word hoeveel van hierdie lyding en selfs lewensverlies voorkom kon word indien die regering nie ʼn totale mislukking gemaak het van die algemene voorbereiding vir die pandemie en die inentingsprogram tot dusver nie.
https://www.kwevoel.co.za/2021/06/30/voortsetting-van-noodhulpfonds-toelaes-na-nuwe-vlak-4-inperking-noodsaaklik/
2021-06-30 06:29:27
Jacob Zuma agter tralies na weiering om te getuig
Oud-president Jacob Zuma het homself gisteraand, Woensdag 7 Julie 2021, aan die polisie oorgegee. ’n Konvooi voertuie, met Zuma aan boord het Nkandla sowat 40 minute voor die spertyd verlaat. Aangesien die operasie met die aanklokreël van toepassing uitgevoer is, was daar geen Zuma ondersteuners wat die pad versper het nie toe die polisiekonvooi by Nkandla opgedaag het. Korrektiewe owerhede het bevestig dat Zuma homself aan die SAPD oorgegee het en dat hy sy 15 maande lange vonnis by die Estcourt Korrektiewe sentrum in sy tuis-provinsie van KwaZulu-Natal begin het. Hierdie wending kom nadat Zuma vir etlike dae geweier het om homself aan die SAPD oor te gee. Die uitspraak deur die Konstitusionele Hof het ’n maatstaf vir die Afrika kontinent gestel deur ’n voormalige staatsleier vir sy weiering om in ’n korrupsieondersoek te getuig tot tronkstraf te vonnis Die Polisie het reeds Woensdag gewaarsku dat hulle die opdrag om Zuma teen die middernag spertyd te arresteer gaan uitvoer tensy hulle van hoër gesag anders in kennis gestel word. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/08/jacob-zuma-agter-tralies-na-weiering-om-te-getuig/
2021-07-08 04:54:12
Skole moet voorberei vir die terugkeer na tradisionele rooster
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het beheerliggame aangesê om skole voor te berei om later die maand na die tradisionele roosters terug te keer. Volgens inligting wat die afgelope week in die Staat Gazette gepubliseer is, moet leerkragte vanaf 19 Julie 2021 klasse aanbied volgens die bestaande rooster-model vir elke skool. Vanaf 26 Julie 2021 moet die tradisionele daaglikse bywoning en rooster-model weer geïmplementeer word. Hierdie besluit is deur die minister geneem in ’n poging om op te maak vir verlore onderwys-tyd. Die meeste leerlinge in Suid-Afrika is tans nog op ’n skuif-skaal van klasbywoning terwyl daar van hulle verwag word om groot hoeveelhede kursusinligting tuis te verwerk in die lig van sosiale afstand vereistes. Die departement van onderwys het daarop gewys dat, waar moontlik, onderwys buite die beperking van klaskamer aangebied kan word en dat beskikbare lokale aangewend moet word om te verhoed dat te veel leerlinge saam in beperkte spasies verkeer. Die beweging van leerlinge moet ook beperk word en daar moet eerder gekyk word na die rotering van leerkragte na die onderskeie klaskamers. Volgens Motshekga het daar reeds heelwat onderwys-tyd verlore gegaan as gevolg van die Covid-19 pandemie en sal dit rampspoedig wees indien skole nie op 19 Junie weer mag heropen nie. Die besluit hieroor sal egter deur die Gesondheids departement geneem word op grond van die status van die derde infeksie vlak in die land. Sy het ook genoem dat die onderwys departement nie onverantwoordelik sal optree in hul poging om meer leerlinge terug te bring skool-toe nie. Volgens pres Ramaphosa se aankondiging verlede Sondag sal die nuwe beperkings vir 14 dae, tot 11 Julie 2021, geldig wees.
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/04/skole-moet-voorberei-vir-die-terugkeer-na-tradisionele-rooster/
2021-07-04 15:41:52
DA: Hoofstuk 9-Teenkorrupsiekommissie vir hoëvlak-korrupsie-ondersoek
Die DA en Accountability Now het tydens ’n gesamentlike perskonferensie bekendgemaak dat nuwe wetgewing voorgelê sal word vir die skep van ’n nuwe, onafhanklike Hoofstuk 9-instelling genaamd die Teenkorrupsiekommissie. Volgens die DA Skaduminister van justisie en korrektiewe dienste, Adv Glynnis Breytenbach LP, gaan twee wetsontwerpe vir privaatlede voorgelê word – die een stel wysigings aan artikels 181, 193 en 194 van die Grondwet voor om die nuwe Hoofstuk 9-instelling tot stand te bring en die ander is wetgewing wat die funksies, bevoegdhede en samestelling van die Kommissie sal reguleer. Die hoofdoel van die voorgestelde Teenkorrupsiekommissie is om onder meer korrupsiesake op hoë vlak te ondersoek. Volgens Adv Breytenbach is ’n Onafhanklike instelling is lankal nodig, aangesien die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) nie voldoende onafhanklik is nie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) tans onder sistemiese uitdagings gebuk gaan. Die oprigting van ’n Teenkorrupsiekommissie sal ’n groot las van veral die NVG se skouers lig. Dit sal die NVG in staat stel om op die vervolging van misdaad te konsentreer, aangesien die Kommissie slegs sal fokus op grootskaalse korrupsie soos volgens sy wetlike mandaat gedefinieer. Dit sal ’n vinniger, doeltreffender en meer effektiewe manier bied om grootskaalse korrupsie hok te slaan, veral omdat dit nie effektief binne huidige bestaande en oorbelaste strukture hanteer kan word nie. Die Teenkorrupsiekommissie sal ook die mandaat hê om openbare en private instellings te adviseer oor doeltreffende maatreëls om korrupsie te voorkom; die publiek bewus te maak van die gevare van korrupsie; en afhangende van die bevindings wat gemaak is, die nodige aanbevelings aan die toepaslike owerheid doen. Hoewel dié voorstel van die DA om ’n nuwe, onafhanklike Hoofstuk 9-instelling te skep drasties is, is dit nodig omdat die ANC-regering nie in staat was om ’n werklik onafhanklike korrupsiebestrydingsorganisasie op hoë vlak stig nie. Die DA doen ’n beroep op alle burgers en partye regoor die politieke spektrum om hulle te ondersteun in hierdie belangrike poging.
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/22/da-hoofstuk-9-teenkorrupsiekommissie-vir-hoevlak-korrupsie-ondersoek/
2021-07-22 15:02:28
Grondbesetters verlaat eiendom
’n Voorval van onwettige grondbesetting van ’n plot wat deel uitmaak van die Spitskop kleinhoewes is afgeweer nadat die SAPD, wat bewus was van die aksie, aanvanklik gesê het dat die eienaar van die eiendom moet self binne 24 uur ’n klag by die polisie indien voordat hulle aksie kan neem. Die grond is Vrydag 2 Julie 2021 deur vermoedelik EFF ondersteuners beset en die Matlabas Plaaswag is hiervan in kennis gestel. Hulle het die voorval by SAPD aanklagkantoor Thabazimbi aangemeld asook by die bevelvoerders van Thabazimbi SAPD, VISPOL en het ook die SAPD Waterberg-streek gekontak en oor die insident ingelig. Die SAPD het dadelik die nodige spanne geaktiveer. Die eiendom is besoek en op grond van Covid regulasies wat oortree is, die besetters beveel om die eiendom te verlaat. ’n Besoek later deur een van Matlabas Plaaswag lede het bevestig dat al die mense weg is. Daar word vermoed dat hierdie mense weer gaan poog om eiendom onwettig te betree in ’n poging om dit te beset. Die SAPD het die versoek gerig dat indien eienaars sodanige besetting waarneem, om die SAPD onmiddellik daarvan in kennis te stel. Matlabas Plaaswag het al hul lede versoek om vir die komende weke aktief patrollies te ry en dadelik te rapporteer as hulle verdagte saamtrekke of vreemde groepe op eiendomme sien. Vir meer inligting aangaande die Matlabas Plaaswag, kan hulle gekontak word by [email protected].
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/09/grondbesetters-verlaat-eiendom/
2021-07-09 02:42:59
DA dien klagtes in teen Zuma-kinders, Malema
Die Demokratiese Alliansie (DA) gaan vandag klagtes van aanhitsing tot geweld teen vier persone aanhangig maak. Die geweld het ge-eskaleer tot dae van onluste en onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Volgens die DA-skaduminister vir Justisie en Korrektiewe Dienste, Adv. Glynnis Breytenbach DA LP, gaan die DA kriminele klagtes aanhangig maak teen drie lede van die Zuma familie naamlik Duduzile Zuma-Sambudla, Edward Zuma en Duduzane Zuma asook die EFF leier, Julius Malema. Gedurende die week sedert die inhegtenisname van Jacob Zuma het sy dogter, Duduzile, haar tot sosiale media gewend en ’n aantal tweets gepos waarin die geweld en plundering van besighede, wat tot die ontwrigting in KwaZulu-Natal en Gauteng aanleiding gegee het, aangemoedig is. Hierdie ontwrigting het reeds ook na ander provinsies oorgespoel. Netso het Edward Zuma se tweets gelui dat enige wetstoepassings instansies eers sy toestemming moet kry voordat hulle sy pa arresteer. Hierdie opmerkings word as aanhitsing en roekeloos geag. ’n Video waarin Duduzane Zuma sweer dat hy sal veg om sy pa uit die tronk te bevry is ook op sosiale media versprei. Die aanklag teen Julius Malema is dat hy gedreig het om tot die anargie op die strate by te dra sou die Suid-Afrikaanse Weermag ontplooi word en het die ontplooiing bestempel as ’n oorlogsverklaring teen burgers in plaas van ’n poging om wet en orde te handhaaf. Sy radikale opmerkings aangaande die Indiër gemeenskap kan ook aanleiding gee om rassespanning verder aan te hits. Die DA versoek die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA) asook die minister van Polisie, Bheki Cele, om teen die Zuma kinders en Malema op te tree en te verseker dat hulle krimineel aangekla word vir aanhitsing tot geweldpleging asook vir hulle oorlogspraatjies. Indien nagelaat word om dit te doen, sal dit die Zumas, Malema en andere verder aanhits tot oproerige uitlatings deurdat hulle reken dat hulle nie bekommerd oor die gevolge van hulle uitlatings hoef te wees nie. Read the DA media editorial here Die DA het verder daarop gewys dat president Cyril Ramaphosa tot dusver baie min in sy vorige toespraak deurgegee het wat dui op enige sigbare aksie om die geweld, plundering en vernietiging van eiendom te bekamp. Daar was ook geen aanduiding oor waar en in watter mate die SA Weermagpersoneel ontplooi gaan word nie, asook geen vorderingsverslag van Nasionale Kriminele Intelligensie nie. “Dit is duidelik dat die president en die regering geen werklike plan het nie en dat Suid-Afrika se inwoners hulself teen die massas onrusstokers en plunderaars sal moet verdedig.” “Die land is letterlik aan die brand en baie Suid-Afrikaners het alles wat hulle gehad het in die plundering verloor terwyl baie werkgeleenthede vernietig is.” Die DA sê verder dat alhoewel die party alle pogings om die geweld onder beheer te bring en om wet en orde te herstel in beginsel goedkeur, is die situasie toegelaat om tot op hierdie punt te ontwikkel as gevolg van wetstoepassings instansies wat nagelaat het om vroeg beheer oor die situasie te neem en hulle werk te doen, die werk wat hulle ingevolge die grondwet verplig is om te doen. Die weermag kan nie slegs as verhewe lyfwagte ontplooi word nie. Hulle werk is om die SA polisiedienste te ondersteun in wetstoepassings-operasies. Die DA doen ’n beroep op president Ramaphosa om vir die regte van die wetsgehoorsame burgers op te staan en met ’n sterk en definitiewe aksie-plan voor die dag te kom on hierdie stropers en kriminele vas te vat asook om die skade wat die ANC se voortslepende binnegevegte veroorsaak te beëindig.
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/14/da-dien-klagtes-in-teen-zuma-kinders-malema/
2021-07-14 08:35:37
Buurtwagte juis suksesvol omdat regering hulle nie beheer nie
Die DA verwerp die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, se kommentaar oor die naweek dat buurtwagte strenger gereguleer moet word. Die DA woordvoerder, Cilliers Brink DA LP, sê in ‘n mediaverklaring dat hierdie uitspraak wys hoe ver die premier verwyderd is van die situasie in sy provinsie. Dit blyk ook asof die premier simpatie probeer toon met diegene wat meegedoen het aan die geweld en plundery wat honderde lewens geëis het en groot dele van die KZN-ekonomie verwoes het. Buurtwagte is nie die probleem in KZN of enige ander provinsie nie. Buurtwagte het gemeenskappe beveilig toe die Suid-Afrikaanse polisie totaal afwesig was. Die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe se onvermoë om lewens en besighede te beskerm was so duidelik soos daglig. En hier is die punt wat Premier Zikalala blykbaar misgekyk het: buurtwagte is juis suksesvol omdat hulle nie deur die ANC-regering beheer word nie. Hy moet eerder sy verklaring terugtrek en fokus op die herbou van sy provinsie – iets wat hy nie kan doen sonder die hulp en samewerking van gemeenskappe nie.
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/30/buurtwagte-juis-suksesvol-omdat-regering-hulle-nie-beheer-nie/
2021-07-30 00:44:48
Kommentaar - Groot verantwoordelikheid-gaping tussen gemeenskappe
Die onlangse plundery en opstande in Suid-Afrika het die groot gaping beskryf tussen die gemeenskappe wat verantwoordelikheid geneem het om hul eiendomme en plaaslike infrastruktuur te beskerm en die wat dit geplunder en probeer vernietig het. Dit is duidelik dat die betrokkenheid, en die daarmee gaande paraatheid, van gemeenskappe om besighede en infrastrukture teen plundering en beskadiging te beskerm meer gedoen het as wat die totale polisie- of weermag, wat in hul afwesigheid by die brandpunte geskitter het, kon vermag. Aangesien niemand die totale omvang van die onluste en plundering wat hoofsaaklik tot KwaZulu-Natal, Gauteng en later Noord- en Oos-Kaap beperk was, kon voorspel nie, het die Thabazimbi Gemeenskap Polisiëring Forum, nes verskeie plaaslike gemeenskapsorganisasies in geordende gemeenskappe, op plaaslike vlak na vore getree en met vrywilligers begin om gereelde patrollies in die dorp te onderneem om probleempunte vroegtydig te identifiseer in geval van moontlike optrede. ’n Spesiale kantoor is ingerig waar noodsituasies of verdagte beweging van persone aangemeld kan word. Baie dorpies aan die Natalse Suid-kus moes sonder polisie betrokkenheid uitspring om hul eiendomme te beskerm. So was die rustige Umkomaas, waar ek sowat sewe maande van my gedwonge ballingskap vanuit Thabazimbi deurgebring het, ook nie onaangeraak nie. Die hardeware winkel en die apteek langsaan, in die sentrale besigheidsgebied was goed bekend aan my en is deur die ‘honger massas’ totaal geplunder en leeggesteel van alles wat daarbinne was. Die uitgebrande besighede van inwoners wat reeds vir dekades ‘n diens aan die Umkomaas en omliggende gemeenskappe lewer. Hierdie apteek op Umkomaas is leeggesteel en die binnekant verwoes. Daar is selfs oral in die plek ge-urineer. Die suidelike ingan na Widenham (Umkomaas) waar inwoners die pad met boomstompe afgesper het om toegangbeheer vir voertuie toe te pas. Foto’s: Kobus de Kock – Umkomaas Beide is ou gevestigde besighede wat aan Indiërs behoort. Dieselfde het met die Indiër algemene handelaar bietjie hoër op in die straat gebeur. Inwoners het onmiddellik gemobiliseer, toegang tot die dorp versper en die brug oor die Ukomaasrivier beveilig om te verhoed dat die plunderende massas verdere toegang tot die dorp kan verkry. Deur hierdie aksie het hulle verdere plundering in die dorp voorkom totdat die polisie opgedaag het en die versperrings wat inwoners geplaas het om beter toegangsbeheer uit te oefen verwyder het. Nieteenstaande dit het inwoners mekaar by hierdie toegange afgelos om die res van die inwoners se veiligheid te verseker.s Die een uitvloeisel hiervan is dat die Indiër apteker-eienares wat aan nege mense, waarvan agt plaaslike swart mense was, werk verskaf het nou besluit het om die besigheid te sluit en by haar dogter in Gauteng te gaan woon. KwaZulu-Natal en Gauteng is die ergste deur hierdie plundering en onluste geraak met miljarde rand se skade wat aan geboue eiendom en ander infrastruktuur aangerig is. Dit terwyl die polisie en weermag in hul afwesigheid geskitter het om enigsins weerstand teen die plunderende massas te bied. Dit was nie net yskaste, TV’s en mikrogolfoonde wat geplunder is nie maar alles wat daar was, bederfbare kosprodukte ingesluit, wat van die rakke af verwyder is waar die talle inkopiesentrums en kruideniersware winkels geplunder is. Ewe skielik moes die wetsgehoorsames saam met moontlike plunderaars in dieselfde rye wag om kos by die oorblywende supermarkte te koop sodra nuwe voorraad ontvang word. Alles het begin by 35 vragmotors wat met hul waardevolle vragte op pad tussen KZN en die binneland uitgebrand sonder dat daar enige sigbare polisie teenwoordigheid was. Beelde van die totale vernietiging, plundery en grootskaalse diefstal is landwyd op sosiale media versprei sonder enige wetstoepassers wat weerstand bied. Selfs die president was traag om enige stappe aan te kondig, kompleet as hulle selfvoldaan die vernietiging deur onopgevoede en duidelik ontembare massas gadegeslaan het. Die betrokke ministers het net so in hulle afwesigheid geskitter en eers reageer toe die skade reeds aangerig is en steeds niks gesê wat sin maak nie. Almal weet dat hierdie onluste en plundering niks met Zuma se arrestasie te doene gehad het nie, maar eerder ’n poging van die Zuma-Magashule alliansie was om ’n eensydige staatsgreep van binne die ANC-geledere van stapel te stuur in ’n poging om die land onregeerbaar te maak. Volgens die DA se skaduminister van Staatsveiligheid, Dianne Kohler Barnard: DA-LP is daar sowat 45 000 besighede wat wil eis vir hulle verlies van voorraad en infrastruktuur van meer as R16 miljard en, terwyl die rookwolke effens gaan lê, is die groot vraag: wie moet blameer word? Alle oë is op die Staat se sekuriteitnukleus naamlik die Polisie, Staatsveiligheid en die Weermag gerig vir antwoorde. Hierdie departemente moes bewus gewees het van die dreigende pamflette wat op sosiale media versprei is wat datums sowel as die plekke van die onderskeie protesaksies en plundering vooraf verskaf het. Tog, om die minister van verdediging aan te haal, “ons was met ons broek op ons knieë gevang”. Spesialiste eenhede om kubermisdaad te ondersoek bestaan maar het oënskynlik niks gedoen nie. Sowat 90 persent van die inligting wat vooraf op sosiale media versprei was, was uiteindelik as korrek bewys. Eers toe die inkopiesentrums aangeval is, het die weermag begin om pogings aan te wend om sleutelteikens soos raffinaderye en ander sensitiewe sentra te beveilig en die inkopiesentrums aan hul eie lot oorgelaat. Vrydag 16 Julie het die DA aangedui dat hy klagte van hoogverraad en terrorisme teen die aanhitsers van die onluste en die vlaag van vernietiging in Kwa Zulu Natal en Gauteng aanhangig gaan maak. Verskeie individue wat hulself as deel van verskeie ANC takke in KwaZulu-Natal geïdentifiseer het, het hulle as sulks op sosiale media geïdentifiseer en deur hulle boodskappe hulle doel bekend gemaak naamlik om die huidige regering te destabiliseer en uit hul posisie te verwyder. Die Suid-Afrikaanse wet is baie duidelik dat dit wat hierdie individue gedoen het hulle aan hoogverraad skuldig maak. Dan is daar ook nog die meer as 200 mense wat tydens die plundery eenvoudig doodgetrap is. Wie gaan vir hierdie lewensverlies verantwoordelik gehou word? ’n Verslaggewer vanuit Ballito skryf dat hulle sekuriteit koördineerder, wat inderhaas aangestel is, hulle die Dinsdagoggend meegedeel het dat alle pogings om ondersteuning van die polisie, die weermag en die plaaslike ANC strukture te verkry misluk het. Hulle was op hulself aangewese. Binne 24 uur was daar ’n funksionerende Ballito Operasionele Bevelspos, al die kontrolepunte was beman, wettige gewapende spanne het patrollie gedoen, ’n eersteklas kommunikasie stelsel deur die gebruik van mobiele selfoon toepassings was in plek en hommeltuie, wat met infrarooi kameras toegerus was, was in die lug. Wagte het die mobiele selfoontorings, elektriese substasies en verskeie waterpunte beskerm. Spesiale plakkers is aan nood- en sekuriteitspersoneel uitgedeel om hulle bewegings te vergemaklik. Teen dag drie het gewapende konvooie noodsaaklike kos, medisyne en brandstof begin inbring. Sodra voorrade ingekom het, het burgerlikes ordelik in toue vir ure gewag om hul 20 items by die supermarkte te koop of R300 se brandstof in te gooi. Geen paniek en niemand het gekla nie, almal bewus van die feit dat niemand gaan opdaag om hulle te help nie. Hierdie verskaffingslyn is vir ses dae gehandhaaf met die staat wat in sy totaliteit afwesig was. Mense wag om kos te koop – Richardsbaai – Foto Internet Die broodlyn in Sowetto na die plundering – Foto Internet Foto Facebook Geen vordering sal in sommige gemeenskappe gemaak word indien die kritiese morele verval waar andersins goed gebalanseerde mense verkies het om eerder by die plunderaars aan te sluit as die mense wat dit probeer verhoed het, nie aangespreek word nie. Uit Nottingham Road, een van die skilderagtige dorpies en ook een van die dorpies wat die hardste deur die geplunder getref is, het ’n inwoner verwys na die afgelope tyd se berigte van verraad, opstand, aanhitsing en donker magte wat almal se denke oorheers het, die opmerking gemaak dat al die frustrasie wat oor 27 jaar opgebou is deur die onverskilligheid, gevoelloosheid en onbevoegdheid ten opsigte van dienslewering begin oorkook het met al die groot huise wat opgerig word vir burgemeesters en plaaslike regeringsamptenare wat hopeloos te veel geld verdien. As dit nie was vir die sowat 100 000 nie-regeringsorganisasies (NGO’s) wat regdeur Suid-Afrika aktief is en die plaaslike gemeenskappe wat omgee nie, sou die toestand van die meeste inwoners van swart voorstedelike dorpe (townships) asook die toestand van dié dorpe se infrastruktuur aansienlik swakker daaraan toe gewees het. Die hoop word ook uitgespreek dat na al die vernietiging die regering sal besef dat daar heelwat skaafwerk aan die onbevoegde plaaslike regerings gedoen moet word. Selfs vanuit die swart gemeenskappe kom die kommentaar dat die gebeure van die voorafgaande week niks anders was as ekonomiese sabotasie is en vergelyk kan word met ’n verraderlike staatsgreep. Almal sien en gaan gebuk onder die mislukkings van die staat wat ook nie verantwoordelikheid kan aanvaar nie en aanmekaar verskonings maak. Dit is duidelik dat ons hier te doen het met ’n baie onstabiele gemeenskap wat die polisie totaal onbevoeg is om te hanteer asook ’n weermag wat blykbaar net regsit om die landsgrense te verdedig. Sekerlik het die tyd aangebreek dat ’n gedeelte van die weermag as ’n vredesmag opgelei moet word om die polisie te ondersteun. Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël (Sedert 1983)
https://www.kwevoel.co.za/2021/07/22/kommentaar-groot-verantwoordelikheid-gaping-tussen-gemeenskappe/
2021-07-22 02:53:40
Video-huldeblyk vir slagoffers
Windhoek • [email protected] ’n Video met gesigte van sowat 250 mense wat net in Junie in Namibië aan Covid-19 oorlede is, kan op YouTube gesien word.Die video wat ’n huldeblyk en laaste eer aan die mense is, is deur me. Elmarie Scheepers-Olckers gemaak.“My ma en suster het beide Covid-19 gekry en ek het besef ek wil iets doen om aandag op Covid-19 te fokus. Mense het begin om my te kontak met foto's van hul geliefdes en gevra of hulle ook in 'n video kan verskyn.”Volgens Scheepers-Olckers kan naasbestaandes en vriende weens die Covid-regulasies by begrafnisse nie behoorlik afskeid neem nie en kry mense wat heengaan nie die eer wat hulle toekom nie.“Soos die foto's ingestroom het, so het ek besef hoeveel mense gesterf het wat ek geken het, maar nie van geweet het nie en ek dink dit geld vir baie mense. Daar is soveel mense wat sterf en ons het nie eens van hulle kennis geneem nie. Met die video probeer ek vir almal hul laaste eer gee. ’n Huldeblyk aan mense. Ek hoop dat as iemand die video sien en 'n persoon sien wat hulle geken het, sal hulle daai familie in hul gebede onthou en hulle skakel en hoor of hulle hulp benodig en of hulle oukei is.”Scheepers-Olckers sê dit is nie 'n maklike taak nie, maar sy voel sy sal aangaan om die video's te maak. “Mense is welkom om op Facebook vir my foto's te stuur van hul geliefdes wat aan Covid-19 oorlede is. Ek benodig 'n foto, die naam en van en heel belangrik die toestemming van die familie. Ek kan en sal niemand se foto by die video insluit as hul naasbestaandes nie toestemming gegee het nie.”Net vir die Junie-video het sy oor die 500 boodskappe van mense gekry.“Dikwels stuur baie mense vir my 'n foto van dieselfde persoon omdat baie mense die persoon geken het. Ek sit in die aande ná werk en naweke en maak die video, maar ek doen dit met my hele hart en ek sal volgende maand ook weer een doen en die maand daarna.”Mense wat graag hul geliefdes in die video wil sien, kan die besonderhede aan Elmarie Scheepers op Facebook stuur. “Almal is welkom.”
https://www.we.com.na/news/video-huldeblyk-vir-slagoffers2021-07-05/
2021-07-05 00:00:00
Musiekonderrig kan leerders vir werkplek toerus
Musiekonderrig kan leerders vir werkplek toerus Help om ontledingvermoëns en interpersoonlike vaardighede te ontwikkel 'n Nuwe studie het bevind dat musiekonderrig in skole leerders met vaardighede kan toerus wat in die werkplek van die 21ste eeu nodig gaan wees. Foto Pixabay ’n Onlangse navorsingstudie by die Universiteit Stellenbosch (US) het bevind dat musiekonderrig in skole leerders met vaardighede kan toerus wat in die werkplek van die 21ste eeu nodig gaan wees. “Die werkplek van die toekoms gaan onvoorspelbaar en veranderlik wees en gaan ’n vlak van aanpasbaarheid, kreatiwiteit en innovasie vereis wat die hedendaagse werksmark nou maar net begin vereis. Deur krities om te gaan met musiek wat leerders geniet en deur hulle toe te laat om musiek te skep, kan ons hierdie en ander vaardighede ontwikkel,” sê die Johannesburgse musiekonderwyser, dr Angie Mullins, wat onlangs haar doktorsgraad in Musiek aan die US behaal het. Sy voeg by dat dit vir hedendaagse leerders belangrik is om die regte vaardighede vir die toekoms te hê, aangesien navorsing getoon het dat sowat 2 miljoen beroepe teen 2030 nie meer sal bestaan nie weens outomatisasie in die werkplek. Mullins het pedagogiese tegnieke soos projekgebaseerde leer, ondersoekgebaseerde leer, spelifikasie (die gebruik van rekenaarspeletjie-ontwerpelemente en -beginsels) en gemengde leer gebruik as deel van haar navorsingstudie. Sy sê hierdie instrumente is onderbenut in die musiekklaskamer en hou reusevoordele in. Leerders in haar graad 7-klas het aan die navorsing deelgeneem deur selfassesserings ná elke les te voltooi en deur aan fokusgroepbesprekings deel te neem oor die doeltreffendste onderrigmetodes, die bekwaamhede wat hulle voel hulle die meeste deur musiek ontwikkel het en of die terugvoer in die klas en leiding nuttig was al dan nie. “Ek het gevind musiekonderrig kan help om sleutelvaardighede by leerders te ontwikkel. Dit kan help om hul ontledingvermoëns (bv kritiese denke, probleemoplossing, besluitneming) te ontwikkel en te verbeter; asook hul interpersoonlike vaardighede (bv kommunikasie, samewerking, onderhandeling); die vermoë om take uit te voer (selfleiding, produktiwiteit, deursettingsvermoë); verwerking van inligting (bv inligtings- en mediageletterdheid, veilige en verantwoordelike gebruik van tegnologie); en die kapasiteit vir verandering (bv kreatiwiteit, innovasie, buigsaamheid en aanpasbaarheid). Die grootste ontwikkeling het in die vaardigheidsareas vir die kapasiteit vir verandering en interpersoonlike vaardighede plaasgevind. “Deur te leer om ’n musiekinstrument in ’n selfafgerigte omgewing te bespeel, was veral doeltreffend om veelvoudige bekwaamhede te ontwikkel. Deur aan leerders geleenthede te gee om deel te neem aan langtermyn-groepsprojekte en werk wat kreatiwiteit en innovasie vereis, was ook uiters belangrik vir doeltreffende vaardigheidsontwikkeling,” het sy gesê. “Die selfassesserings wat hulle ná elke les voltooi het, was nie net ’n doeltreffende instrument om die persepsies van hul vordering te volg nie, maar het ook hul megakognitiewe (denke oor strategieë om ’n taak uit te voer) vaardighede ontwikkel.” Mullins sê die terugvoer van leerders toon dat musiek tot hul algehele opvoeding kan help en dat die bekwaamhede wat hulle in die musiekklaskamer opgedoen het, na ander vakke soos tale en wiskunde oorgedra kan word. “Tieners maak op musiek staat as ’n sterk vormingsfaktor in die uitbouing van hul identiteit en dit is ’n hoogs subjektiewe, genuanseerde medium wat kreatiwiteit, samewerking en debat bevorder. Hulle gaan daagliks met musiek om, hetsy deur ’n koor- of instrumentale les, of deur passief na die radio, televisie of videospeletjies te luister.” Sy sê die eerste stap om ’n toekomsgefokusde musiekkurrikulum regoor basiese onderwys te implementeer, sal wees om skooladministrateurs en beleidsmakers op te voed oor die belangrikheid van musiek in onderwys. “Ons het nie baie hulpbronne nodig om musiek te onderrig nie. Selfs sonder toegang tot musiekinstrumente kan leerders baat vind by die bestudering van musiek. Deur kreatiewe strategieë en toekomsdenkende pedagogiese metodes kan elke leerder – selfs dié in die skole met baie min hulpbronne – toegang hê en baat by die reusevoordele wat die bestudering van musiek inhou.”
https://www.we.com.na/news/musiekonderrig-kan-leerders-vir-werkplek-toerus-2021-07-28/
2021-07-28 00:00:00
Leer by diere, insekte oor klimaatsverandering
Leer by diere, insekte oor klimaatsverandering Diere het unieke maniere gevind om hulself teen uiterste klimaatstoestande te beskerm As ons meer aandag gee aan hoe termiete hul leefruimtes omvorm in reaksie op veranderende klimaatsomstandighede, sal ons beter kan voorspel watter uitwerking klimaatsverandering in die toekoms op hulle sal hê. Foto Pixabay Indien ons meer aandag gee aan hoe voëls, hase en termiete hul plaaslike leefruimtes omvorm in reaksie op veranderende klimaatsomstandighede, sal ons beter kan voorspel watter uitwerking klimaatsverandering in die toekoms op hulle sal hê. Só meen ’n groep navorsers van die Universiteite van Montana en Wyoming in die VSA, die Universiteit van Tours in Frankryk en die Universiteit Stellenbosch (US) in Suid-Afrika. Hulle het ’n studie gedoen oor hoe diere se vermoë om op klimaatsverandering reageer, waarskynlik afhang van hoe goed hulle by hul habitatte aanpas, soos byvoorbeeld die manier waarop hulle neste en gate bou. Die bevindings van hul navorsingstudie het onlangs in die vaktydskrif, Trends in Ecology and Evolution verskyn. “Dit is uiters belangrik dat ons voortdurend ons vermoë verbeter om die uitwerking van klimaatsverandering te voorspel en teen te werk. Een manier om dit te doen, is deur beter te verstaan hoe diere hul eie kleinskaalse ervarings van klimaat op die vlak van individuele lede in ’n populasie beïnvloed,” sê een van die navorsers, prof John Terblanche van die US se departement Bewaringsekologie en Entomologie. Terblanche en sy medeskrywers noem dat dit vir bioloë belangrik is om te verstaan hoe diere hul lewensruimtes plaaslik omvorm in reaksie op klimaatsveranderlikheid ten einde die voorspellende krag van tipiese kontemporêre klimaatsveranderingsmodelle te verbeter. “Die sleutel tot die voorspelling van die uitwerking van klimaatsverandering op spesies is om hierdie modelle te verbeter en, met hoë vlakke van presisie, toekomstige uitwerkings te voorspel, insluitende hoe spesiereekse mag verskuif en wat die relatiewe risiko van uitwissing vir verskillende dierespesies is.” Hulle voeg by dat om te weet watter spesies saam met klimaatsverandering sal floreer, is dit uiters belangrik om die uitbreking van plae op gewasse of hoe siekte-oordraers risiko’s vir die mens verander, te verstaan. “Klimaatsverandering sal ’n uitwerking op die verspreiding van siekte-oordraers en die gesondheid van mariene- en aardbiome regoor die wêreld hê. Dit sal ook ’n invloed daarop hê of landbou en visvang kan voortgaan om menslike bevolkings te ondersteun soos in die verlede die geval was.” Die navorsers wys in hul studie ook daarop hoe diere unieke maniere gevind het om hulself teen uiterste klimaatstoestande te beskerm. Unieke oorlewingsmeganismes “Baie diere grawe gate, bou neste vir hulself of hul kleintjies, bou wonings vir hele kolonies (miere en termiete), laat plante gal produseer, bou blaarmyne, of pas eenvoudig die struktuur of tekstuur van hul plaaslike omgewings aan. “Voëls bou byvoorbeeld neste om eiers en kuikens in koeler weer warm te hou, maar pas ook die nes se isolasie aan om die kleintjies in baie warm toestande koel te hou. Soogdiere soos hase of muise slaap of hiberneer in ondergrondse gate wat stabiele, matige temperature bied en vermy bogrondse toestande wat dikwels buite die gat baie meer ekstreem is. “Ons het ook gesien hoe termiete en miere grondhope bou wat wind- en sonenergie vasvang om lugstroming deur die kolonie aan te dryf, wat die temperatuur, relatiewe humiditeit en die suurstofvlak wat deur die kolonie ervaar word, stabiliseer.” Die navorsers sê hierdie aanpassings, wat as uitgebreide fenotipes bekend staan, filtreer klimaat in plaaslike stelle toestande onmiddellik rondom die organisme in – die ‘mikroklimaat’ wat baie belangrik is om die uitwerking van klimaatsverandering beter te verstaan. “Twee kenmerke van mikroklimate is belangrik. Eerstens verskil mikroklimate tipies baie van die omliggende klimate, wat beteken dat die klimaat in ’n gebied baie min inligting kan verskaf oor wat diere in hul mikrohabitat ervaar. Tweedens word uitgebreide fenotipes, omdat dit geboude strukture is, dikwels aangepas in reaksie op plaaslike klimaatsverskille en potensieel in reaksie op klimaatsverandering.” Die navorsers doen ’n oproep vir ’n hernude poging om die rol wat uitgebreide fenotipes speel in hoe organismes klimaatsverandering ervaar beter te verstaan. “Ons het ’n beter begrip nodig van die mate waartoe diere hierdie strukture kan aanpas in reaksie op veranderende klimaatstoestande,” sê Terblanche. “Nog ’n belangrike uitdaging is om te verstaan hoe buigsaam uitgebreide fenotipes is en hoe vinnig hulle oor tyd kan ontwikkel. In hierdie stadium het ons eintlik geen idee óf hierdie prosesse met klimaatsverandering kan byhou nie,” voeg die hoofskrywer, Art Woods, van die Universiteit van Montana by.
https://www.we.com.na/news/leer-by-diere-insekte-oor-klimaatsverandering2021-07-12/
2021-07-12 00:00:00
’n Beertjie vol hoop
Windhoek • [email protected] Ná ’n familie-vriend van ’n gesin in Windhoek in die hospitaal beland het weens Covid, het ’n 4-jarige besluit die oom kan nie so alleen in die hospitaal lê nie.Willien Meiring vertel dat haar dogtertjie gesê het sy wil een van haar sagte speelgoed vir die oom gee. “Toe ons vriend se vrou vir hom die apie en padda gee, het dit omtrent die gemoed gelig,” sê sy. Tot die hospitaalpersoneel het vir die twee nuwe kamermaats ’n naam gegee.Willien het daarna begin wonder of sy nie vir nog sagte speelgoed moet vra, sodat elke pasiënt ’n metgesel tydens hul verblyf in die hospitaal het nie.“Ek het vir my vriendinne gevra of hulle kinders nie dalk ’n beertjie het wat hulle wil skenk nie, en kort voor lank het ek boodskappe en oproepe gekry van mense wat wil betrokke raak.”Sy het al meer as 100 beertjies ingesamel wat by die Katutura en Medi-Clinic hospitale afgelewer gaan word. Die hospitale het ook laat weet dat hulle ’n beertjie saam met pasiënte sal stuur wat nie op die oomblik ’n bed kan kry nie, as ’n teken van bemoediging.Sy vertel daar het reeds sulke mooi boodskappe van hoop teruggekom.Volgens Willien het haar dogter, Niané, ’n regte omgee hart. “Sy het iets gevat waarvan sy baie hou om dit vir iemand anders beter te maak,” sê sy. Dit leer haar dogter om te gee en te deel. “Die impak op kinders is groot, hulle besef die wêreld is anders en dat mense nie meer vir mekaar kan kuier nie.”Indien jy of jou kind wil betrokke raak, skryf ’n briefie van hoop en die beertjie se naam by. Dit kan afgelewer word by die NG Kerk Windhoek Oos op Woensdag 14 Julie tussen 09:00 en 12:00 of by R&R Importers. By die kus, kan Malinda Oosthuizen by 0813760791 gekontak word.
https://www.we.com.na/news/n-beertjie-vol-hoop2021-07-13/
2021-07-13 00:00:00
Dr Jalaaluddiin: "Waxaan jeclaaday in walaalkey aan ku badbaadiyo kelideyda"
https://www.bbc.com/somali/58001195
2021-07-28 00:00:00
'Waggaa waggaan lafti keenya fudhatamaa jira'
https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-57913842
2021-07-21 00:00:00
Oromiyaa Holqa Soofumar keessatti dargaggoonni tajaajila bidiruu kennuu eegalan
https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-57753697
2021-07-08 00:00:00
Afaan Suwaahiilii Afrikaa tokkoomsuu danda’a jedhan Museveeniin
https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-57766426
2021-07-08 00:00:00
De toan fan Jan de Groot: "Stang"
Ik hew 't sels nooit begrepen werom d'r al 'n stang weze most bij mânly- maar niet bij frôlyfytsen. Ja, ik weet ok wel dat die stang d'r sit foor de stevighyd. Maar 't kin dus ok âns, want bij de frôlyfyts is soa'n stang ommers ok niet norig. Der is 'n ândere konstruksy die't de fyts ok stevig hout en soks had bij de mânly dochs ok kinnen? Dus at ik mijsels goed begryp, dan had die stang d'r nooit hoeven. Klopt. Foor de frôly hewwe se 't dus makliker maakt, maar dus niet bij de mânly. Mosten die mânly meskien weer soa norig 't sterke geslacht úthange? Neffens mij is d'r nag nooit 'n man weest die't niet 's 'n keer fan syn sadel skoven is en pynlik konfronteerd worde dat-y 'n man waar. Maar 't groatste gefaar fan die stang sit him in 't op- en ôfstappen. Haiten met 'n kynderstoeltsy achter motte 'n horde-lopersstap make om over de stang te kommen en foor ouwere en kerbintige mânly is de swieper met een been over 't sadel risikofol. Soa'n stang bij 'n mânlyfyts is dus gefaarlik, maar dink nou niet dat 'n frôlyfyts sonder gefaren is. Maar dat komt, sêg ik eerlik, deur de frôly sels. 'n Prot frôly stappe namelik gefaarlik op en dat is dus ongemakgefoelig. Foornamelik al wat ouwere frôly gaan met een been op 'e trapper staan, wylst se met de ândere beginne te autopetten, sêg maar. Derna gaat 't ene been deur de fyts na de ândere kant toe en dan gaan se sitten. 't Likent wel bobsleeën. Wete jim wat ik bedoel? Mooi. Gelukkig gaat 't faak goed, maar 't kin niet âns of hier komme 'n soad ongemakken út weg. Fan 'e trapper ôfglije dus. Maar 't kin fansels ok weze dat se d'r nageraden allegaar soa behindig in binne dat 't minder gefaarlik is as dat 't likent. Hoe dan ok: 't kin feul makliker: set gewoan 'n been an baide kanten fan de fyts, set met een been ôf, kont op 't sadel en fytse maar. Sien maar, frôly, wat jim met myn adfys doen. Niet allenig 't opstappen is gefaarlik an 't fytsen trouwens en dat hew ik sels letterlik en feguurlik an dyn life onderfonnen. As jonky gong ik met ôns hait achterop de fyts naar 't lesswimmen toe. En inenen: Pats! Bam! Klaboem Klabats!! Hait en seun dondere om. Jantje kreeg namelik de foeten in 'e spaken. Myn foet waar helendal omdraait. Ik jankte 'n swimbad om mij hine. Ons hait waar gelukkig niet skaind en met 'n tang fan 'e buurloi, worden de spaken om myn foetsy stikken knipt. 'n Ritsy naar 't sikehuus folgde. En der waar ik nag niet fan die akelige wielen met spaken ôf, want ik worde der ok nag 's in 'n rolstoel ferfoerd. 't Is allegaar weer goed beteerd. En ni, die slingerpoat fan mij is der gyn gefolg fan. Soks sit namelik in 'e femily. Wat 'n slingerpoat presys is, lêg ik jim 'n ândere keer wel even út. Ik sil nou eerst even 'n stikky te fytsen. Durfal dat ik bin."
https://www.omropfryslan.nl/nijs/1083416-de-toan-fan-jan-de-groot-stang
2021-08-17 08:20:25
Oud HFM Adjunkhoof oorlede
Daan Lotheringen, Adjunkhoof van Hoërskool Frikkie Meyer tot en met sy aftrede uit die onderwys in 1992, is Woensdag 4 Augustus 2021, tuis weens hartversaking oorlede. Daan en sy eggenote Shirley, wat hom op 14 September 2020 ontval het, het hulle stempel op die Thabazimbi gemeenskap gelaat en sal lank onthou word as ’n egpaar wat positief in die gemeenskap betrokke was. Daan is op 26 Mei 1935 gebore en het as jong onderwyser sy onderwysloopbaan by Transvalia Hoërskool in Vanderbijlpark as Duits onderwyser begin. Hy en Shirley is op 9 Januarie 1960 op Lichtenburg getroud en uit die huwelik is vier kinders gebore, naamlik Durette, Cobus, Francois en Hanneli. Vanaf 1969 tot 1984 was Daan as Afrikaans onderwyser asook Vise-hoof verbonde by Hoërskool Rustenburg en het in 1984 na Thabazimbi verhuis toe Daan ’n onderwyspos by Hoërskool Frikkie Meyer aanvaar het. As student aan die Pretoriase Onderwys Kollege was hy ’n kranige rugbyspeler en hy het sy geliefde rugby verder uitgeleef as afrigter van die eerste rugbyspanne van Hoërskool Rustenburg en daarna Hoërskool Frikkie Meyer. Hy het ook vir etlike jare as Voorsitter van die Wes-Transvaal Skole Rugby Unie gedien. Daan en Shirley saam met hulle vier kinders. Op Thabazimbi by Hoërskool Frikkie Meyer was hy Afrikaans onderwyser en het die pos van Adjunkhoof beklee tot en met sy aftrede uit die onderwys in 1992. Na sy aftrede het Daan hom toegespits op sy grasdakbesigheid en hy het die besigheid verder uitgebrei, ook na lodges en lapas by talle wildsplase in die omgewing. Op sy gelukkigste – Besig om ‘n potjie te bou in die boma. Een van Daan se grasdakke in wording. Beide Daan en Shirley het hegte vriendskappe op die gholfbane gesmee en hulle was bekende gesigte by Thabazimbi Gholfklub waar beide van hulle jare lange lede was. Een van Daan se sterk eienskappe was dan ook sy weldeurdagte toesprake wat hy tydens funksie gelewer het. Sy raad aan jongmense was: ‘Werk, werk, werk.’ ‘Wanneer iets die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd dat jy dit goed doen. Elke mens is die argitek van sy eie lot – Dit maak nie saak hoe lank jy lewe nie, maar hoe jy lewe.’ Daan en Shirley was tot 2015 in Thabazimbi woonagtig en het daarna by hulle dogter Hanneli in Pretoria gaan bly toe Shirley se gesondheid verswak het. Sy kinders is dit eens dat hulle sy wilskrag en inspirasie geweldig mis. ‘Hy het ‘’n vol en goeie lewe gehad en ons vertrou dat hy nou op ’n rustiger plek is saam met Shirley.’ Daan word oorleef deur sy vier kinders, nege kleinkinders en een agterkleinkind. ‘n Gedenkdiens word Woensdag 11 Augustus om 11:00 in die NG Kerk Stellastraat, Waterkloof Pretoria gehou.
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/05/oud-hfm-adjunkhoof-oorlede/
2021-08-05 18:04:12
Opwekking van 100MW goedgekeur: Burgers kan ekonomie red
Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Minerale hulpbronne en energie, dr Wynand Boshoff, het in ‘n mediaverklaring bekend gemaak dat die langverwagte publikasie in die Staats Gazette van die nuwe, hoër perk op selfopwekking van elektrisiteit, letterlik die energie kan vrystel wat nodig is om Suid-Afrika se ekonomie te red. Die staatsbeheerde kragvoorsiener, Eskom, sukkel om na dekades van kaderontplooiing op die been te kom. Boonop werk Eskom volgens ‘n uitgedateerde model van grootskaalse, gesentraliseerde kragopwekking terwyl hernubare krag op ‘n gedesentraliseerde wyse teen laer pryse opgewek kan word. In die verklaring sê Boshoff dat die VF Plus reeds vir jare voorspraak maak dat kragvoorsiening volgens markkragte, eerder as burokratiese regulering beheer moet word. Hy sê dat die werklikheid nou is dat ondernemings in staat gestel word om hul eie krag op te wek, tot ‘n perk wat dubbeld is van wat versoek is. Dit beteken dat groot kragverbruikers soos myne en smelters oor die volgende maande voluit sal werk om in hul eie behoeftes te voorsien. Dit sal Eskom-krag beskikbaar stel vir huishoudings en ondernemings wat nie dié vermoë het nie. Boshoff noem ook dat hierdie verwikkeling kan later blyk ‘n waterskeidingsoomblik in Suid-Afrika se geskiedenis te wees. Die kunsmatige eenheid van Suid-Afrika word grootliks deur kragdrade aan mekaar gehou – dit sal voortaan vir die staat moeiliker wees om sy wil op streke en provinsies af te dwing. Aandrang op Kaapse onafhanklikheid (veral met inbegrip van dele van die Noord- en Oos-Kaap) kan aansienlik daardeur versterk word. Verder sal pogings om die land op sy knieë te dwing, soos met die onlangse orgie van vernietiging en plundering, al minder sukses behaal. Hy sê ook dat terwyl vervoer tans van die invoer van petroleumprodukte afhanklik is, kan elektriese vervoer en plaaslike opwekking die ystergreep van mense wat in staat is om die Durban-Johannesburg-roete te ontwrig, mettertyd verbreek. “Selfbeskikking is ‘n politieke denkbeeld wat slegs werklikheid kan word indien dit ‘n ekonomiese basis het. ‘n Belangrike struikelblok om daardie basis te bou, is nou uit die weg geruim.”
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/13/opwekking-van-100mw-goedgekeur-burgers-kan-ekonomie-red/
2021-08-13 09:38:57
Speel oop kaarte oor Zuma se sogenaamde terminale siekte
In ‘n mediaverklaring uitgereik deur die leier van die Vryheidsfront Plus, dr Pieter Groenewald, sê Groenewald dat die feit dat oudpresident Jacob Zuma se dokters nagelaat het om ’n mediese verslag oor sy toestand betyds in te dien by die hof in die wapenskandaal-saak, skep agterdog en laat die vraag ontstaan of Zuma werklik so siek is soos wat beweer word en of hy die afgelope agtien maande wel ’n lewensbedreigende siekte onderlede het. Die VF Plus het reeds toe Zuma homself oorgegee het aan die polisie en na die Estcourt-gevangenis geneem is, gevra of hy soos ’n gewone gevangene behandel gaan word en of hy voorkeur-behandeling gaan kry en sy straf in ’n hospitaal gaan uitdien. In die geval van Schabir Shaik is gesien hoe hospitalisasie en ’n beweerde ernstige siekte ’n maklike metode is om jou straf vry te spring. In Zuma se geval is aanvanklik gesê hy is in die hospitaal vir ’n roetine-ondersoek, maar ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (Singabakho Nxumalo) het gister in die media bevestig dat hy nog nie na die Estcourt-gevangenis teruggekeer het om sy vonnis uit te dien nie. Groenewald sê dat die VF Plus daarop aandring dat dadelik bekend gemaak moet word presies wat Zuma se siektetoestand is. Indien dit nie ernstig is nie, moet hy summier terugkeer na die gevangenis om sy straf uit te dien. Die verhoor moet dan ook so gou as doenlik voortgaan aangesien die hof Zuma wel ’n billike geleentheid gegun het om ’n volledig verslag oor sy gesondheid in te dien. Groenewald sê verder dat daar kan nie toegelaat word dat die reg in hierdie geval ook ondermyn word deur bewerings van ’n sogenaamde terminale siekte soos in die geval van Shaik wat bloot ’n vrypas was na vryheid en om gholf te speel vir die res van sy lewe nie.
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/24/speel-oop-kaarte-oor-zuma-se-sogenaamde-terminale-siekte/
2021-08-24 15:10:48
Eskom bevestig ontploffing by Medupi
Eskom het etlike ure nadat die ontploffing by die Medupi kragsentrale in Lephalale plaasgevind het bevestig dat daar wel Sondagnag ’n ontploffing by eenheid 4 by die kragsentrale plaasgevind het. Die ontploffing het gebeur terwyl onderhoudwerk op die eenheid gedoen is waartydens waterstof gebruik is. Eskom het gesê dat geen werkers in die ontploffing beseer is nie, maar dat sewe werknemers vir skok behandel is. Ondersoek deur kundiges en ingenieurs word gedoem om vas te stel wat verkeer gegaan het. Die verklaring het afgesluit deur te noem dat voorbereidings om eenheid 5 weer aanlyn te bring onderweg is nadat die eenheid met die ontploffing outomaties ontkoppel het. In Thabazimbi het ’n WhatsApp die ronde gedoen dat ’n onbevestigde aardbewing van 3,8 grootte Sondagnag omstreeks 23:00 in Lephalale aangeteken is en dat dit blykbaar ’n ontploffing by Medupi kargstasie was waar ’n turbine ontplof het. By Kwêvoël het die redakteur se hond skielik omstreeks dieselfde tyd wakker geskrik en haar kop opgeruk terwyl sy stip in ’n noordelike rigting gekyk het. ’n Geluid soos ’n trein wat in die verte ry was vir ’n rukkie effens hoorbaar. Geen ander geluid wat haar kon laat wakker skrik het, was vooraf hoorbaar nie. Skaars ’n week gelede het Eskom aangekondig dat konstruksie aan die Medupi kragsentrale na 14 jaar nou afgehandel is nadat dit reeds in 2013 aanlyn sou gaan. Die uiteindelike koste verbonde aan die oprigting van Medupi het op R135 miljard te staan gekom, etlike miljarde meer as wat die oorspronklike begroting toegelaat het. Medupi sou ’n groot rol speel om die land se ligte te laat bly brand in Eskom se jarelange stryd om betroubare en voldoende krag aan die netwerk te voorsien. Die grootste redes hoekom hulle nie daarin kan slaag nie kan toegeskryf word aan korrupsie, wanbestuur en swak instandhouding by die verouderde bestaande kragstasies. Volgens die Eskom woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het Medupi ’n lewensspan van 50 jaar en dat die belegging in hierdie kragsentrale sal verseker dat toekomstige generasies in Suid-Afrika diens sal ontvang en die ekonomie vir ten minste die volgende halfeeu bevoordeel sal word. Explosion at Medupi Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/09/eskom-bevestig-ontploffing-by-medupi/
2021-08-09 15:46:48
ATKV KunsteGrot Kunste Skryfkuns Kompetisie 2021
Inskrywings word ingewag vir vanjaar se Thabazimbi ATKV KunsteGrot Kunste Skryfkuns Kompetisie. Moenie dat die Covid inperking ook jou skryfvermoë inperk nie. Kry jou inskrywings agtermekaar – Gryp jou pen of trek jou rekenaar nader en pen jou laaste inspirasies neer voordat dit te laat is. Inskrywings moet Rita voor 31 Augustus 2021 bereik. Gooi die grendels oop en laat waai met die inspirasie. Hierdie kompetisie het verlede jaar baie veld gewen met bykans 100 inskrywings wat ontvang is waarvan heelwat inskrywings van buite Thabazimbi was. Die Volwasse afdeling was veral goed ondersteun met ’n totaal van 36 inskrywings wat bestaan het uit 19 gedigte, 7 prosastukke en 10 kortverhale. Hiervan was twee wenners en vier naaswenners van buite die grense van Thabazimbi. Die paneel van onafhanklike beoordelaars at deur die ATKV aangewys word het goeie opbouende kommentaar gelewer oor die gehalte van inskrywings wat hulle beoordeel het. Die kompetisie word in twee kategorieë aangebied naamlik Afrikaanse Poësie en Kortkuns. Voorsiening word gemaak vir drie afdelings: Afdeling A – Laerskole (drie onderafdelings: Gr1 tot Gr3; Gr4 en Gr5 en Gr6 en Gr7). Afdeling B – Hoërskole (twee onderafdelings: Gr8 tot Gr10 en Gr11 en Gr12) en Afdeling C – Volwassenes. Deelnemers kan in beide kategorieë deelneem en ’n maksimum van drie inskrywings word per deelnemer toegelaat. Elke inskrywing moet deur sy eie inskrywingsvorm vergesel wees. Die volgende geld ten opsigte van die lengte van inskrywings: Gedig – Geen beperking op vorm of lengte nie Prosa/Sketse – 500 woorde Kortverhale – 3500 woorde (ongeveer 3 folio’s) Laerskool leerlinge kan hulle materiaal in netjiese leesbare skrif of getik indien, terwyl hoërskool leerlinge en volwassenes se werk netjies getik moet wees. Die inskryfvorm wat elke inskrywing moet vergesel sal as waarborg dien dat dit die persoon se eie werk is. Leerlinge word hierin deur hul ouers of voog bygestaan. Inskrywingsfooi beloop R30 per inskrywing. Sluitingsdatum van die inskrywings is 31 Augustus 2020. Alle inskrywings plus inskrywingsfooi kan in ’n toegeplakte A4 of A5 koevert ingehandig word by Rita Volschenk by die KunsteGrot. Aanlyn inskrywings kan per e-pos aan [email protected] gestuur word terwyl Inbetalings per EFT by Capitec Bank, Thabazimbi – Spaarrekeningnr: Kunste Eisteddfod 1398624630 – Takkode: 470010 gemaak word. Gebruik Naam en Skryfkuns as verwysing wanneer inbetaling gedoen word. Inskrywingsvorms is op aanvraag beskikbaar by [email protected] Alle inskrywings sal uiters vertroulik hanteer word en beoordeling word deur onafhanklike bekwame en erkende beoordelaars gedoen. Toekennings: Afdelings A en B: (Beide Kategorieë) Sertifikate: – Wenner, Naaswenner en Derdeplek per Graad asook ’n medalje aan die Graadwenner. Trofee: – Afdeling A: Algehele wenner per onderafdeling Gr1-3; 4-5; en 6-7. Pryse: – Afdeling B: Algehele wenner per onderafdeling Gr8-9 en 10-12. Afdeling C: Sertifikate – eerste vyf plekke; Medalje – wenner van afdeling; Pryse – Wenner en Naaswener. Deelname sertifikate aan al die ander deelnemers. Laai jou inskrywingsvorm hieronder af (klik regs en maak die inskrywingsvorm oop en druk uit). Stuur jou inskrywing om Rita voor 31 Augustus te bereik. Indien jy nie jou inskrywing direk kan aflewer nie, stuur dit saam met bewys van jou inbetaling (Meer besonderhede bo) aan [email protected]. Vir meer inligting en navrae, kontak Rita Volschenk van die KunsteGrot by 083 744 8559.
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/12/atkv-kunstegrot-kunste-skryfkuns-kompetisie-2021/
2021-08-12 06:50:08
Nuwe voorgestelde belasting-las om welsynstaat te finansier
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het die Groenskrif op die hervorming van omvattende maatskaplike sekerheid en aftrede bekendgestel. Hierin word die beoogde verhoogde belastingskale om die Basiese Inkomste Toelaag (BIG: Basic Income Grant) asook die verpligte bydraes tot die staatsbeheerde pensioenfonds uitgelig om die nodige addisionele R200 miljard inkomste vir die staat te verseker. ’n Addisionele tien persent heffing op inkomstebelasting word voorgestel vir die befondsing van hierdie Basiese Inkomste Toelaag. Volgens die Groenskrif sal die meerderheid van die bevolking meer uit die voordele van die stelsel verkry as wat hulle in belasting gaan bydra, terwyl die welgesteldes net ’n klein verlaging in hul totale inkomste sal bespeur. Die tien persent verhoging in inkomstebelasting sal egter net genoegsaam wees om die laagste vlak van BIG, die armoede voedseltoelaag, te finansier. Die voorgestelde toelaes is soos volg: Hongertoelaag – R585 per maand. Armoede verligting – R840 per maand. Lewenspeil toelaag – R1 268 per maand. Die Groenskrif wys verder daarop dat die regering daarna moet streef om aan alle Suid-Afrikaners ’n basiese inkomste toelaag van ten minste R7 500 per maand per persoon te verseker. Die skrif maak ook verder voorsiening vir die verpligte staatspensioenfonds wat tussen agt en 12 persent van inkomste sal beloop met die volgende drempels. Werkers wat minder as R20 000 per jaar verdien is vrygestel van enige bydraes buiten die werkloosheidversekeringsfonds (UIF). Werkers wat meer as die plafon inkomste van R276 000 per jaar of te wel R23 000 per maand verdien, hoef nie bydrae op inkomste bokant hierdie plafon te betaal nie. In sy kommentaar sê die Uitvoerende Beampte van Solidariteit, Dirk Herman, dat Suid-Afrikaanse werkers betaal reeds te veel oor aan belasting vir al hoe minder dienste. “Werkers in Suid-Afrika is moeg om te sien hoe hulle swaar verdiende geld deur die staat vermors word.” “Op sy beste is die staat oneffektief en lomp en is die Nasionale Gesondheidstelsel (NHI) slegs ’n verskoning vir verdere diefstal en korrupsie, dit terwyl belastinggeld steeds op groot skaal gesteel word,” het Herman bygevoeg. Die Groenskrif is beskikbaar gestel vir publieke kommentaar – Voorleggings moet voor 10 Desember 2021 ingehandig word. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/20/nuwe-voorgestelde-belasting-las-om-welsynstaat-te-finansier/
2021-08-20 03:05:46
Naweek-Kommentaar: Jongmense meer ondersoekend as gereken
Min besighede en lesers besef die waarde van die statistieke wat uit sosiale media plasings verkry kan word. Statistiek wat die afgelope tyd op Kwêvoël se Facebook bladsy beskikbaar is toon dat die jonger mense, ouderdomme 18 tot 34, baie meer ondersoekend die internet en Facebookplasings bestudeer as wat die ouer garde van lesers doen. In Kwêvoël se geval word die meeste plasings en inligting nie op Facebook gepos nie, dit op die Kwêvoël tuisblad, gewoonlik met verwysing na die bron indien inligting uit ’n ander plasing geleen word. Verwys na die grafieke hieronder. Soos gesien kan word, is dit ’n redaksioneel en ‘n advertensieplasing met die ouderdomme asook die geslag van lesers wat duidelik as hoofsaaklik vrouens/mans van ouer as 50 jaar geïdentifiseer word. (Groen – Mans; Blou – Vrouens – sellekteer grafiek om dit oop te maak) In die meeste gevalle word daar, dalk nie sonder rede nie, na jonger sosiale media gebruikers verwys dat hulle net in mekaar se doen en late belangstel met foto’s en teks wat uitgeruil word. Die volgende grafieke wys dieselfde inligting na die plasing van ’n YouTube gesprek met Emile Stipp, Hoof aktuaris van Discovery. Stipp se werk behels die samestelling en analise in die berekening van die versekeringsrisiko’s verbonde aan die bedryf, asook ’n grafiek van Medhof Apteek se advertensie oor aknee en raad daarmee. Kyk hier na die ouderdomme wat bereid was om die pos oop te maak en meer inligting daardeur te verkry. Dit is duidelik dat die belangstelling groot is onder die jongmense en amper ontbrekend is by die ouer garde. Met sosiale media word die hele konsep van fisiese sosiale omgang deur die selfoon of tablet vervang. Dit kan daartoe aanleiding gee dat allerhande samesweringsteorieë vinnig versprei met poste wat deur sogenaamde professionele kenners op verskeie gebiede as die waarheid voorgehou word en deur die sosiale media gebruikers verslind word. Hierdie “kenners” kan in baie gevalle met oorsese regse groepe verbind word vir wie alles wat in die wêreld verkeerd kan gaan direk aan ’n komplot deur die onderskeie moondhede of regerings verbind kan word. Amerika is ’n uitstekende voorbeeld van hierdie tipe van samesweringsteorieë soos die ‘Pienk Agenda’ wat selfs in Suid-Afrika inslag by sommige kerkgroepe gevind het. Net so kan Suid-Afrikaners onthou van die storie wat deur die ANC die wêreld ingestuur is dat die destydse Openbare Beskermer, Thuli Modansela, ’n Amerikaanse geheime agent is wie se taak dit was om ’n ‘Poppekasregering’ (Puppet government) in Suid-Afrika daar te stel. Nog vroeër in 1986 was daar die Tupolev Tu-135 vliegtuigongeluk op Suid-Afrikaanse grondgebied op die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek waartydens die destydse Mosambiekse President gesterf het en waar Suid-Afrika die skud gekry het dat met opset die vliegtuig met vals radioseine in die onherbergsame gebied ingelei het waar die ongeluk plaasgevind het. Om nie te praat van die Helderberg vliegtuigramp in 1987 waar ’n 747 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens in ’n vuurbal in die Indiese Oseaan neergestort het. Blykbaar as gevolg van ontstabiele plofstof wat die destydse regering die land wou insmokkel op ’n vliegtuig wat ook ’n klomp vuurwerke aan boord gehad het. Min mense doen die moeite om hierdie inligting na te vors eerder as om die mening van plaaslike kenners of persone in posisies waar die waarheid na vore tree aan te hoor. Die oudste samesweringsteorie is sekerlik dat die aarde plat is. Dit was tydens die tyd van ontdekkertogte met klein seilskepe en hiervolgens het matrose vas geglo dat die skepe in die nietigheid gaan instort sodra hulle die einde van die aarde bereik. Nieteenstaande alle bewyse dat dit nie die geval is nie, het hierdie teorie gedurende die 19de eeu weer begin opleef en daar is steeds verskeie webtuistes wat dit steeds propageer. Hul nuutste verweer is dat vliegtuie se GPS–stelsels ingestel is om by vlieëniers die indruk te skep dat hulle om ’n sfeer vlieg. As gevolg van ’n samesweringsteorie wat sedert die midde-eeue versprei is, is Jode vervolg aangesien hulle die drinkwaterbronne sou vergiftig in hul strewe om die wêreld te regeer. Netso moes die Vrymesselaars verdryf word aangesien hulle in die geheim sou saamsweer om verskeie lande se ekonomieë oor te neem. Dit terwyl die Vrymesselaars ’n groep van vakkundige bouers was wat in ’n organisasie saamgebind was om hul vakgebied en lede te beskerm. Mens hoef maar net na die klip- en messelwerk van ou geboue wat uit die vroeë geskiedenis van Europa dateer om te besef wat se kunstenaars hierdie bouers in werklikheid was. Heelwat later is die Vrymesselaars ook beskuldig dat hulle ’n aandeel daarin sou gehad het dat die Titanic gesink het. Die Illuminati, ’n geheime organisasie wat gedurende die 18de eeu ’n kortstondige bestaan gehad het, was volgens destydse samesweringsteorieë verantwoordelik gehou vir die Franse Rewolusie (1789 – 1799). Gedurende 1960 het ’n groep Amerikaanse grapmakers onder die naam van ‘Discredians’ ’n reeks briewe aan die sekstydskrif Playboy gestuur wat dit dan ook publiseer het. Hierdeur het die Illuminati nuwe lewe gekry. Die rol van die sogenaamde ‘Geldmag’ is duidelik uitgespel en het ook ’n rippeleffek onder die regse gemeenskappe in Suid-Afrika veroorsaak. Ek twyfel of die plaaslike verkondigers van die Illuminati ooit die bron van hulle inligting nagevors het? Dit laat jou wonder hoe die regse groepe hul inligting gekry het want Playboy was voorheen in Suid-Afrika verban, of was daar ’n paar vromes wat tog die kat in die donker geknyp het en daardeur hul bydrae tot hierdie samesweringsteorie gelewer het? Ons praat dan nie eens van diegene wat die skeppingsverhaal ten volle aanvaar as die enigste en volle waarheid teenoor ewolusie. Op hulle webwerwe is die verweer teen die bestaan van fossiele dat die skepper dit aspris daar geplaas het om die mense se geloof te toets as dit ontdek sou word. Ook is dit baie twyfelagtig dat die aarde eerder sesduisend jaar oud is in plaas van die meer as 4 540 miljoen jaar soos wetenskaplik vasgestel deur die ouderdom van die oudste rotsformasies te bepaal. Die nuutste vlaag van samesweringsteorieë is aan ons almal in Suid-Afrika baie goed bekend. Miskien is dit die hoofoorsaak dat die derde vlaag plaaslik voortduur met baie meer sterftes, anders as in ander lande waar sedert die inenting veldtogte afgeskop het en die derde vlaag infeksies gekenmerk is deur ’n totale afplatting in sterftesyfers. Plaaslik ken die persoon op Facebook mos iemand wat ’n vriend het wie se aangetroude niggie se man gesterf het nadat hy die inenting ontvang het. Geen name word genoem want dit is mos nie belangrik nie – net die feit dat die man dood is. Sulke gevalle is wel moontlik en word ook nie ontken nie. Dit is baie seldsaam en kan gebeur indien iemand die Covid-19 virus onder lede gehad het ten tye van die inenting en ook aan een of ander onderliggende kwaal soos diabetes, HIV of tuberkulose ly of hartprobleme het. Vetsug kan ook ’n bydraende faktor wees. Die spesifieke plasing is steeds op Kwêvoël se tuisblad beskikbaar. Indien jy dit nog nie oopgemaak het nie, wys jy het ook die durf wat ons jong mense het en luister na iemand wat direkte ondervinding het wat in hul hospitale gebeur en nie met iemand met wie se oom se tannie se stief-kleinniggie se oupa gebeur het nie. Met ‘n advertensie by Kwêvoël identifiseer jy jou teikenmark – Kwêvoël lewer dit aan jou teikenmark. Bron ‘Samesweringsteorieë’: Wikipedia
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/29/naweek-kommentaar-jongmense-meer-ondersoekend-as-gereken/
2021-08-29 16:19:02
Ou inwoner verloor stryd teen kanker
’n Ou inwoner van Thabazimbi wat sedert 1985 sy merk deeglik op die dorp en omgewing gemaak het toe hy en sy gesin hulle hier kom vestig het, Piet Strydom, is Maandagoggend 02:00 oorlede nadat hy sy jare lange stryd teen verskeie kankers verloor het. Piet is Saterdag 7 Augustus in Mediclinic Hopitaal in Thabazimbi opgeneem nadat hy vir die afgelope paar weke bedlêend was en erge pyn verduur het. Sy stryd teen kanker het in 2007 begin toe ’n melanoom in sy gesig gevorm het. Tydens ’n operasie is die helfte van sy neus en wang weggesny en is daarna weer suksevol opgebou . Hy het hiervan herstel totdat ’n gewas in sy buikholte waargeneem is. Die gewas van 2,8kg is suksesvol verwyder. Na ’n jaar het die gewas weer begin groei en is vernietig nadat Piet chemo behandeling ontvang het. Gedurende November 2020 is hy weer geopereer en ses weke later is ’n verdere operasie op hom uitgevoer. Gedurende Februarie vanjaar het Piet egter rugpyn ontwikkel. Hy is terug onkoloog toe en daar is toe vasgestel dat dit pankreaskanker was. Daagliks moes hy twee chemo pille drink en elke tweede week het hy chemo behandeling ontvang. Die kanker was egter baie aggressief maar volgens sy eggenote Ems, was Piet steeds positief ten spyte van die erge pyn wat met morfien as hulpmiddel behandel is. Ems vertel verder dat Piet Saterdag vir die eerste keer aanvaar het dat hy hospitaal toe moet gaan waar hy toe Maandagoggend oorlede is. Piet is op 19 April 1946 gebore en het op ’n plaas in die Migdol omgewing, waar sy ouers geboer het, grootgeword. Sy laerskool het hy by Laerskool Migdol voltooi en het daarna sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Schweizer Reinecke begin waar hy dan ook gedurende 1964 gematrikuleer het. Na skool het hy sy twee jaar diensplig by die Vloot begin en het met sy uittrede die rang van luitenantkommandoor gehad. Gedurende hierdie tyd het hy ook sy o/19 Junior Springbokkleure in die 880m middelafstand verwerf. Ongelukkig is Suid-Afrika die volgende jaar verbied om aan enige internasionale sport deel te neem en kon hy homself nooit op internasionale valk bewys nie. Na sy vlootopleiding het hy by Iscor in Newcastle in die laboratorium begin werk. Dit was ook gedurende hierdie tyd dat hy vir Ems ontmoet het. Die twee is op 11 September 1971 in die huwelik bevestig en sou vanjaar hul 50-jarige Goue Bruilof vier. Toe sy eie kinders aan atletiek begin deelneem het gedurende die laat sewentigerjare, het die atletiekgogga weer vir Piet gebyt toe hy die leemte aan goeie afrigting bemerk het. Hy het afrigting-handleidings vanaf oorsee bestel en terselfdertyd verskeie afrigtingskursusse bygewoon. Sy kennis het hy met Laerskool Drakensberge gedeel waar hy kinders in kort- en middelafstande sowel as landloop afgerig het. Dit het nie hierby gebly nie en Piet het toe ook beampte-kursusse bygewoon waar hy sy kursusse as beampte van baan, veld en landlope met lof geslaag het. As gevolg hiervan het hy ook as beampte by Noord Natal, Natal en selfs by die SA Kampioenskappe asook by senior kampioenskappe opgetree. Vir sy bydrae as beampte het Piet Natal Erekleure verwerf. Piet het met sy afrigting verskeie top-atlete opgelewer. Een van die bekendstes was Victor Nomkubeni wat, nadat hy matriek voltooi het, ’n Amerikaanse beurs verower het. Hy het later Amerikaanse burgerskap aanvaar en baie goed presteer. Gedurende 1985 is Piet binne die departement, Pip en Wenke, wat later die naamsverandering ondergaan het na Omega, na Thabazimbi oorgeplaas en het ook as verteenwoordiger van die werkers by gesondheid en veiligheid opgetree. Met sy aankoms op Thabazimbi het Piet gou begin met die afrigting van die skole se atlete. Ems vertel dat Piet altyd baie trots was op sy atlete, ongeag hulle prestasie. Hy het geglo dat as ’n atleet sy beste lewer, verdien hy lof, nie net vir ’n wen nie. Piet het op die ouderdom van 55 uit diens van Kumba getree en het hom besig gehou met sy Boerbokboerdery wat hy op die kleinhoewe by Rooidam, waarheen hulle reeds vroeër verhuis het nadat hulle die huis in die dorp verkoop het. Sy boerbok-boerdery was baie suksesvol en sy diere het ook baie goed gevaar tydens skoue. Piet kon net nie stilsit nie en tien jaar gelede het hy besluit om homself verkiesbaar te stel as kandidaat vir die DA in die plaaslike munisipale verkiesing van 2011 asook in die munisipale verkiesing van 2016. Hy is toe as proporsionele DA Raadslid aangewys en na die 2016 verkiesing is hy aangewys as Hoofsweep van die Saamgestelde Regering, ’n pos wat hy behou het tot en met sy afsterwe. Piet se belange het baie om sy boerdery op die kleinhoewe gedraai. Sy intense belangstelling het dan ook daartoe gelei dat hy op aandrang van Elna Erasmus, ’n skou-hoenderboer van Rustenburg, met die Orpinton hoenders begin boer het nadat hy ’n skenking van ’n haan en twee henne ontvang het. Die hoendergogga het hom deeglik gebyt en hy het begin om navorsing te doen deur op te lees en raad orals gevra om op dreef te kom. Sowat nege jaar gelede het hy gevoel hy is reg vir skou en hy het toe by die Rustenburg Hoenderklub aangesluit. Die eerste jaar wat hy deelneem spog hy met die Ras Kampioen. Vir sewe agtereenvolgende jare het hy elke jaar met die Ras Kampioen trofee weggestap. ’n Verdere prestasie was twee jaar gelede toe hy ook met die SA Raskampioen Orpinton prys weggestap. Weens die Covid inperking was daar verlede jaar geen plaaslike skou op Thabazimbi aangebied nie. Vanjaar het Piet Putter hom gehelp om sy hoenders vir beide die Klub Kampioenskappe asook die Orpinton Kampioenskappe wat in Rustenburg aangebied is deur te neem en te gaan skou. Hier het hy met beide die Ras Kampioen titels wegstap. Piet het oorspronklik net met die buff kleur geteel en geskou. Hy het toe ook koekoeke by sy telery gevoeg en na vyf jaar se sukkel en moeite het hy daarin geslaag om die regte ‘crele’ kleur te teel, presies soos die oorsese hoenderboere dit teel. Die gedenkdiens is Vrydag 13 Augustus om 14:00 uit die NG Kerk Thabazimbi. Piet laat sy vrou Ems en drie kinders, Elizna, Pierre en Francoius asook vier kleinkinders, Danlizelle, André, Werner en Cloe na.
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/12/ou-inwoner-verloor-stryd-teen-kanker/
2021-08-12 17:05:27
AfriForum-noordstreekbuurtwagte neem deel aan nasionale patrollie
AfriForum se buurtwagte in die noordstreek (Gauteng, Limpopo en Mpumalanga) het op 30 Julie 2021 in hul onderskeie gebiede aan dié burgerregteorganisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies aangepak. Altesaam 660 AfriForum-lede in Gauteng (331), Limpopo (81) en Mpumalanga (248) en 41 ander instansies het in totaal 30 169 km in 393 voertuie afgelê. Die patrollie het omstreeks 16:00 op Vrydag 30 Julie begin en tot 06:00 op Saterdag 31 Julie geduur. Die buurtwagte in Gauteng, wat met 191 voertuie ’n totaal van 13 900 km afgelê het, het hulp verleen tydens 31 voorvalle in dié provinsie. Hierdie voorvalle sluit in die vastrek van roekelose en dronkbestuurders, die voorkoming van gewapende rooftogte en verskeie padblokkades waar mense vir die besit van dwelms in hegtenis geneem is. In Limpopo het 64 voertuie ’n totaal van 3 132 km tydens die patrollie afgelê. Hulp is ontbied ná huisbrake plaasgevind het, terwyl moontlike ander huisbrake ook voorkom is. Daar was ook ’n poging tot voertuigdiefstal wat suksesvol in samewerking met die SAPD gefnuik is. In Mpumalanga het 248 vrywilligers ’n totaal van 13 137 km afgelê en in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies 15 voorvalle suksesvol hanteer. AfriForum Buurtwag Potgietersrus AfriForum Buurtwag Alberton AfriForum Buurtwag Delmas AfriForum Buurtwag Krugersdorp AfriForum Buurtwag Phalaborwa AfriForum Buurtwag Piet Retief “Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol in misdaadbekamping en AfriForum se noordstreekbuurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies organiseer om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek. “Ek wil ook graag die volgende groepe bedank vir hulle bystand tydens hierdie patrollie en dat ons altyd op hulle samewerking kan staatmaak: Die Heritage Protection Group (HPG), die Rural Safety Police, die SAPD, onderskeie GPF-groepe, asook talle sekuriteitsmaatskappye.” AfriForum Buurwag Middelburg Andries Opperman, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Limpopo, het die buurtwaglede vir hulle onbaatsugtige diens bedank. “Ons sien deur aksies soos hierdie hoe gemeenskappe professioneel en gedissiplineerd – binne die raamwerk van die wet – eienaarskap van hulle eie veiligheid neem en doelgerig ’n netwerk van samewerking vestig om daardeur hulle voorspoedige voortbestaan te verseker. Misdadigers onttrek hulself van ’n gemeenskap wat sigbaar en paraat is en kan saamwerk.” “Nasionale patrollies het ’n groot impak op die bekamping van misdaad in die omgewing en daar word afnames in misdaad tydens hierdie operasies aangeteken. Dit speel ’n reuse rol om mense in die provinsie te beveilig,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld. Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke en help om jóú dorp te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/04/afriforum-noordstreekbuurtwagte-neem-deel-aan-nasionale-patrollie/
2021-08-04 10:51:44
Renosterstropery neem toe in Suid-Afrika
Die verslapping van die inperking-bepalings het bygedra tot die toename in renoster-stropings met ongeveer 249 wat gedurende die eerste ses maande van die jaar doodgemaak is vir hul horings, het die minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Barbara Creecy, gesê toe sy veldwagters Saterdag tydens die Nasionale Veldwagtersdag toegespreek het. Creecy het daarop gewys dat sowat 80 persent van die wêreld se renosters in Suid-Afrika voorkom, ongelukkig word gemaalde renosterhoring in Asië hoog aangeskryf vir tradisionele en medisinale gebruik. Dit terwyl renosterhoring hoofsaaklik uit keratien bestaan, dieselfde bestanddeel waaruit menslike vingernaels opgemaak is. Die 249 renosters wat gestroop is, is 83 meer as vir dieselfde tydperk gedurende 2020. Die meeste renosterstropings, naamlik 132, het in die Kruger Nasionale Park plaasgevind. Die grootste toename vir hierdie stropings is in Limpopo, Mpumalanga en die Vrystaat, waar die meeste privaat renosterreservate voorkom, aangeteken. Sy het verder gesê dat hierdie toenemende druk op privaat reservate deeglik gemonitor word aangesien hierdie reservate ’n belangrike rol vervul in die beskerming van die renosters. Read More
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/01/renosterstropery-neem-toe-in-suid-afrika/
2021-08-01 09:29:04
Kabinetskommeling: President tas mis
Dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê in ‘n mediaverklaring dat President Cyril Ramaphosa ‘n gulde geleentheid verlore laat gaan het om kabinetskuiwe te maak wat ’n daadwerklike verskil sou maak aan leierskap en vertroue op die hoogste vlak in Suid-Afrika. Die mediaverklaring volg op die kabinetskuiwe wat pres Ramaphosa Donderdag 5 Augustus aangekondig het. In die verklaring sê Groenewald dat een van die grootste flaters was die aanstelling van Enoch Godongwana as nuwe minister van finansies in die plek van Tito Mboweni wat bedank het. Godongwana het ’n omstrede verlede en hy is meermale by ongerymdhede betrek, ook waar hy en gesinslede betrokke was. Hier verwys hy na die omstrede voorval in 2004 toe hy as LUR vir finansies in die Oos-Kaap afgedank is na bewerings van wanadministrasie en korrupsie. Hy het ook onder die Zuma-administrasie bedank as adjunk-minister van ekonomiese ontwikkeling na bewerings van ’n bedrogspul van sowat R100 miljoen. Sy aanstelling sal daarom hoegenaamd nie bevorderlik wees vir plaaslike of internasionale sake-vertroue nie en maak ’n bespotting van pres Ramaphosa se beloftes van skoon administrasie. Groenewald sê verder dat die aanstelling van Thandi Modise as minister van verdediging ’n pluspunt is alhoewel haar vertrek ’n gevoelige slag sal wees vir die parlement waar sy goeie werk gedoen het as speaker. So-ook die aanstelling van Joe Phaahla as nuwe minister van gesondheid wat vertroue inboesem met sy ervaring in die mediese beroep en meer sekerheid skep. Die feit dat staatsveiligheid voortaan in die presidensie gesetel sal wees met Mondli Gungubele as nuwe minister in die portefeulje van minister in die presidensie, wys ondubbelsinnig die president se gevoel dat faksies in die ANC hom ondermyn het en selfs probeer het om hom omver te werp met die onlangse geweldpleging in die land. Die onbevoegdheid van die polisie was een van die groot redes waarom die protesaksies en geweld momentum gekry het en dit is daarom onverstaanbaar dat Bheki Cele behou is as minister van polisie. Hy dra ewe skuld aan die gebeure as die vorige minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo. Die blote herontplooiing van Dlodlo wie se totale mislukking die land byna in anargie gedompel het, is onaanvaarbaar. Sy is verskuif na staatsdiens en administrasie en dit sal die land ewe duur kos indien sy daar ook misluk. Sy moes bloot afgedank word. Nog ’n flater was die behoud van die minister van arbeid en werkskepping, Thulas Nxesi. Hy slaag hoegenaamd nie hierin nie en maak veral ’n vyand van die privaatsektor. Sy departement het die arbeidsektor veral tydens die Covid-19-inperkingsperiode totaal gefaal. Die mislukking van die werk van die ongevallekommissaris en noodbystand soos die Ters-fonds is enkele voorbeelde terwyl werkloosheid onder hom rekordvlakke bereik het. Die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, skep ook eerder wrywing as wat hy enigiets onder sy beheer bevorder en veral kunstenaars beleef ’n beproewende tydperk tydens die inperking. ’n Gulde geleentheid is ook gemis om die kabinet te verklein en weg te doen met sommige adjunk-ministers, veral in die presidensie. Alhoewel daar weggedoen is met staatsveiligheid as aparte ministerie, is behuising en water en sanitasie geskei wat die aantal ministeries dieselfde hou. ’n Ministerie soos vroue, kinders en mense met gestremdhede kon ook suksesvol met die departement van maatskaplike ontwikkeling gekombineer word, asook die samevoeging van toerisme en kleinsake-ontwikkeling en basiese- en hoër onderwys.
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/06/vf-plus-kabinetskommeling-president-tas-mis/
2021-08-06 01:32:16
Pfizer Covid-19 Inentings by Medhof Apteek vir almal ouer as 35
Het jy, jou werkers, familie en vriende reeds hul Covid-19 inentings ontvang? Indien nog nie, by Medhof Apteek in Thabazimbi is almal ouer as 35 welkom. Bring net jou ID boekie/kaart of paspoort saam. Privaat- sowel as Mediesefonds-kliënte welkom. Indien jy wel geregistreer het en wag vir ’n boodskap om vir jou te laat weet waar en wanneer jy jou inenting moet kry, moenie langer wag nie – Niemand word meer in kennis gestel nie. Indien jy nog nie geregistreer het nie, kom besoek ons steeds dat ons dit terselfdertyd vir jou kan afhandel. Mediesefonds pasiënte: – Jou medies betaal ten volle. Privaat pasiënte: – Jy kry dit gratis. Suster Maria Woest, Medhof se eie klinieksuster, is gereed om hierdie diens te lewer. Inentings sal gedurende die week vanaf 14:00 tot 18:00 toegedien word. Skakel Medhof by 014 777 1287 of 064 9322 722 vir ’n afspraak (Om te verseker dat daar genoeg entstof beskikbaar is vir die dag se inentings) Aangesien Pfizer entstof toegedien word, is ’n tweede dosis nodig wat na ses weke toegedien word. Medhof sal weereens daar wees om ook hierdie dosis toe te dien. Vanaf 1 September kwalifiseer almal in die groep 18 tot 35 jaar ook om die inenting te ontvang.
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/17/pfizer-covid-19-inentings-by-medhof-apteek-vir-almal-ouers-as-35/
2021-08-17 06:50:17
Moenie Aknee afskeep nie - Medhof het raad
Aknee is ’n algemene velprobleem met verskeie onderliggende oorsake en moet onmiddellik met jou dokter opgeneem word indien inflammasie bespeur word. Aknee is die mees algemene veltoestand wat sowat 85 persent van alle jong mense op een of ander stadium affekteer. Waarna ons meer in die algemene taal as vrypuisies verwys, steek dan ook gewoonlik kopuit tydens die tienerjare. Aknee affekteer die meeste jongmense Aknee is die mees algemene veltoestand wat sowat 85 persent van alle jong mense op een of ander stadium affekteer. Waarna ons meer in die algemene taal as vrypuisies verwys, steek dan ook gewoonlik kopuit tydens die tienerjare wanneer hormoonveranderings in die liggaam plaasvind en te veel olie (talg) in die sweetgaatjies (follikels) afgeskei word. Dit kan daartoe lei dat die gaatjies met dooie velseletjies en olie verstop raak. Elke sweetgaatje is verbind met ’n talgklier wat ’n olierige vloeistof, talg, afskei. As te veel talg afgeskei word en die sweetgaatjie verstop raak kan dit die groei van bakterieë bevorder. Die witbloedselle val die baketrieë (Propionibacterium.acnes of P.acnes) aan en kan aanleiding gee tot inflammasie in die vel sowel as aknee. Ernstige vorms van aknee kan in sommige gevalle voorkom word deurdat die mees algemene toestand gewone puisies en wit- en swartkoppies veroorsaak. Daar is verskeie faktore wat tot aknee aanleiding kan gee en sluit in genetika, dieet, stres, verandering in hormoonvlakke asook infeksie. Gewone kliniese behandeling is gewoonlik genoegsaam om aknee te bekamp en hier is tuisrate sekerlik die mees algemeenste wat deur bykans driekwart van akneelyers in ’n stadium beproef is. Aknee kom gewoonlik op die gesig en rugvel voor. Die rede hiervoor is ondermeer dat die bakterieë deur die vingers en naels oorgedra word na die gedeeltes wat maklik deur die hande bereik kan word. Moenie aan ’n puisie karring met jou besmette hande en naels nie. Aknee kan ernstige irritasie en ongemak veroorsaak en selfs tot verminking van die vel lei indien dit nie betyds behandel nie Hier gaan boererate nie help nie en indien enige ernstige veltoestand ontwikkel behoort die dokter die pasiënt na ’n velspesialis te verwys. Daar is verskeie rate wat tradisioneel aanbeveel word maar waarvan die doeltreffendheid nie noodwendig bewys is nie en sluit die volgende in: Sink (zink)* is ’n noodsaaklike middel wat benodig word vir selgroei, hormoonproduksie, metabolisme en weereens belangrik, versterking van die immuniteitstelsel. Die gebruik van sink-aanvullings is reeds aan verskeie studies onderwerp as ’n natuurlike behandeling vir aknee. Navorsing het getoon dat persone wat aan aknee ly, geneig is om laer vlakke van sink in hulle bloed te hê as persone met ’n gesonde vel. So is die werking van sink op ernstige en inflammatoriese aknee meer doeltreffend as op gewone aknee. Aanbevole dosisse van sink is nog nie bepaal nie en sal afhang van die behandeling. Die aanbevole veilige dosis per dag is 40mg en behoort nie oorskrei te word tensy so deur ’n dokter voorgeskryf nie. Absorpsie van sink deur die vel is skynbaar nie effektief nie. *(Verwyssing) Nog ’n tuisraad is om die aknee met Tea tree olie (melaeuca alternifolia) te behandel. Die olie is bekend vir sy vermoë om bakterieë te beveg en vel inflammasie te verminder, terwyl sekere studies beweer dat aknee verminder kan word deur die gebruik van hierdie olie. Die gebruik van die olie sal nie tot bakteriële weerstand lei soos in die geval van antibiotika wat langdurig voorgeskryf word nie. Alwynsap is ook in verskeie vorme beskikbaar en kan in samewerking met tretinoïen (verwant aan Retinol – Vitamiene A) wat algemeen gebruik word vir die behandeling van aknee, of Tea tree olie aangewend word. Van die ander tuisrate sluit ondermeer aanvullings van Omega-3 visolie in en word beweer dat die hoë vlakke van eicosapentaenoic-suur (EPA) en docosahexaenoic-suur (DHA) die inflammatoriese faktore verlaag en daarmee saam die risiko van verdere aknee vorming. Die werklike rol van stres in die voorkoming van aknee is nog nie bevestig nie, maar daar blyk ’n verband te wees tussen hoë stres-vlakke en die vrystelling van talg-produksie en die meegaande inflammasie wat aknee vererger. Vir meer inligting oor aanvullings wat jy tuis wil gebruik en jy voel wat vir jou aknee probleem help, gesels gerus eers met jou apteker by Medhof Apteek om seker te maak dat jy die regte aanvullings gebruik sonder dat dit dalk newe effekte op ander medikasie het. Aknee is ’n algemene probleem met verskeie onderliggende oorsake en moet onmiddellik met jou dokter opgeneem word indien inflammasie bespeur word. Volg ‘n gesonde lewenswyse en oefen gereeld. Alhoewel daar min navorsing gedoen is op die invloed van oefening op aknee, sorg gereelde oefening vir gesonde liggaamsfunksie, soos byvoorbeeld verbeterde bloedsomloop en die rol wat oefening op die afskeiding van hormone, faktore wat dalk ’n jou akneeprobleem net kan verbeter.
https://www.kwevoel.co.za/2021/08/12/moenie-aknee-afskeep-nie-medhof-het-raad/
2021-08-12 17:18:43
’n Storie vir ‘oogdou’
’n Storie vir ‘oogdou’ Verhaal neem lesers op oeroue spore van die Omaheke Die Spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha wat in die Omahekestreet in die omgewing van Epukiro afspeel, is pas deur Flyleaf Publishing vrygestel. Beskryf as “meesleurend en komies, ’n storie vir die ‘oogdou’ - Eben Venter) en as “’n kragtoer deur ’n meester storieverteller - Coenie de Villiers), is Die Spore van Gert Saggiestrap’n greep uit die hedendaagse bestaan van ’n groepie Ju/’hoansi uit die Omahekestreek. Dit is ’n sensitiewe, outentieke verhaal vol pyn, ontheemdheid en vertwyfeling maar ook triomf en diepe blydskap en hoop. Oor die boek ’n Naam is nie net ’n roepding nie. Dis ’n ding wat jóú roep. Só het oom Dahm vir Gert Saggiestrap terug lewe toe probeer bearbei. Toe reeds 14 jaar sy spoor byster in die oer-rivierlope van die ua pukiro in die Omaheke. Nes sy pa met die goeie hart en sy ma met die stukkende verlede was hy ’n boesmankind van die Nuwe Tyd waarin inkommers om en oor die boesmans kom grenspale slaan het. Vir die ellende van hierdie gestroopte bestaan was Gert nie geoormerk nie. Maar toe kom Goeie Vrydag van sy 15de jaar. Die geeste van die dode het vir die eerste keer om hom kom draal. Dié lei hom terug op ’n donker pad wat met die spore van sy oudste voorsate langs loop: na wat dit beteken om ’n boesman te wees met sand-ankers in jou herkoms en ’n hand op die hefbome van die toekoms. Gert Saggiestrap loop soek sy hart, vat sy naam en vind daarin opgesluit sy groot gawe. Marco Botha is ’n storieverteller. Hy is ’n gewese sportskrywer, bylaagredakteur en mede-uitgewer by Die Burger, Beeld, Rapport en 24.com. Tans botter hy sy brood as ’n TV-rugbykommentator en kommunikasiebestuurder. Sy eerste biografiese sportleierskapboek het in 2013 verskyn, en Die Spore van Gert Saggiestrap is sy eerste roman. Ook is hy ’n meestersgraadstudent in bestuur aan Harvard-universiteit. Marco en sy gesin woon in Boston, Kaapstad. Die Spore van Gert Saggiestrap (ISBN: 978-1-991202-697) is in sagtebandformaat beskikbaar.
https://www.we.com.na/news/n-storie-vir-oogdou2021-08-30/
2021-08-30 00:00:00
In die skadu’s van engele Sondag op die kassie
In die skadu’s van engele is ’n dankbaarheidsreis saam met die Suid-Afrikaanse sanger AndréSchwartz waar liefde die voortou neem, genade die roetewyser is en die vlerke van engele die skaduverskaf.Hierdie reis van liefde en teruggee het sy oorsprong gehad om ’n braaivleisvuur waar ’n vriend vanAndré genoem het dit is tyd vir ’n kersalbum asook ’n nuwe Kersfeeslied. Die lied, Ek wens vir jou ’nKersfees, is gebore en daar word besluit om ’n konsertreis te onderneem na Namibië en gratisvertonings in Windhoek en Swakopmund te hou om terug te gee.In die skadu’s van engele word Sondag (22 Augustus) onderskeidelik om 10:30 en 12:00 op kykNETen kykNET NOU! uitgesaai.Die konserte was in die opelug en ’n besonderse ervaring vir almal teenwoordig. Elke persoon watdie konsert bygewoon het, moes ’n geskenk vir ’n kind bring. “Die aantal geskenke en kwaliteitdaarvan het my sprakeloos gelaat,” sê André, “eintlik in trane”.Hierdie letterlik kombivragte vol geskenke is uitgedeel by kinderhuise en hospitale. “My emosies hetmy gereeld oorweldig wanneer ek dink aan die voorreg om vir hierdie beeldskone kinders ’n geskenkte kan gee. Van een hand na die ander. Alles net liefde en seëninge,” vertel hy.Die program self neem jou saam op reis deur Namibië en sluit ook in-diepte gesprekke met Andréoor sy pad met Covid, MND, sy liefde vir diere, vriende en oumense in. Kykers kuier ook saam metAndré op sy plaas en beleef sy ma, sy diere, sy vriende, sy gees en sy wyshede.“Hierdie program is ’n mylpaal in my lewe - ek voel uiters bevoorreg dat ek die kans gegun is om so’n program te kon maak.”Sien die lokprent hier
https://www.we.com.na/news/in-die-skadus-van-engele-sondag-op-die-kassie-2021-08-19/
2021-08-19 00:00:00
Mededingende waardes maak natuurbewaring kompleks
Mededingende waardes maak natuurbewaring kompleks Bewaringsmetodes deurspek met politieke probleme Natuurbewaring kan op sy beste uitdagend wees en wanneer jy nog mededingende menslike waardes byvoeg, word die beskerming van veral bedreigde spesies nog meer ingewikkeld. Foto's Pixabay Ons waardes bepaal hoe ons met bedreigde spesies omgaan. Natuurbewaring kan op sy beste uitdagend wees en wanneer jy nog mededingende menslike waardes byvoeg, word die beskerming van veral bedreigde spesies nog meer ingewikkeld. “Ons waardes bepaal hoe ons met bedreigde spesies omgaan, en ons oortuigings weerspreek en ding met ander mee,” sê die natuurliefhebber Lindsay Mandy wat onlangs haar meestersgraad in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US) behaal het. “Ons waardes bepaal ook of ons bedreigde spesies verbruik of bewaar, of ons ekstraktiewe of ontspannende ekonomiese aktiwiteite waarby bedreigde spesies betrokke is, ondersteun, of ons waarde aan die dooie of lewendige dier heg, en of ons enigsins omgee,” het sy gesê. Sy het navorsing gedoen oor huidige bewaringsmetodes in Suider-Afrika (Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en Suid-Afrika) en veral op leeus en aasvoëls gefokus omdat die bewaring van hierdie diere deurspek is met politieke probleme en ons tyd nou min raak om hulle te red. Mandy het in haar navorsingstudie probeer bewys dat die bewaring van bedreigde natuurlewe ’n ingewikkelde maatskaplike, ekonomiese en politieke natuurlike hulpbron-konflik geword het. Sy meen om dit te hanteer, moet ons ook op die mededinging tussen teenstrydige menslike waardes wat inherent “sleg” is in hul aard, fokus. Dit is die sogenaamde Slegteprobleemteorie (oftwel, Wicked Problem Theory). “Slegte probleme dring onder meer deur politieke grense, instellings, sakesektore. Dit verklaar waarskynlik waarom stropers in staat is om wetstoepassers altyd een voor te wees, waarom toenemende verantwoordelikheid op nieregeringsorganisasies geplaas word en waarom daar in die rigting van teenstropingspogings op voetsoolvlak beweeg word.” Volgens Mandy kan ons ons nie net op die natuurwetenskappe verlaat om die probleem op te los nie, aangesien hulle dikwels die intrinsieke en toksiese rol van menslike waardes in die skepping en volhou van konflik oor bedreigde spesies onderskat. Bewaring as minder belangrik geag “Wanneer gemeenskappe hul eie bekommernisse oor die gebrek aan onderwys en werksgeleenthede, armoede en hongersnood in die gesig staar, neem bewaring dikwels ’n ondergeskikte plek in. Volhoubare ontwikkelingsinisiatiewe het ook gemeenskappe moeg gemaak en het nie hul beloftes gestand gedoen nie.” Sy sê ons het meer as net wetenskaplike ontledings nodig om die ingewikkeldhede van sosiale, tradisionele, godsdienstige, morele en sentimentele bande gekoppel aan die uitbuiting van aasvoëls en leeus te hanteer. “Ons moet besef dat verskillende belangegroepe wat in die streek werk, deur politieke, finansiële, morele en ekologiese dryfvere aangemoedig word en probeer om openbare aksie en beleide ten gunste van hul doelwitte te beïnvloed. “Hulle skep probleme deur bewaring te politiseer, deur munt te slaan uit bedreigde spesies vir publisiteit en finansiële gewin, en deur gepolariseerde openbare persepsies aan te moedig.” Mandy voeg by dat vae regsgrense misdadigers in staat stel om wetgewing wat diere beskerm te manipuleer, en hulle moedig politieke geskille oor die posisie van beskermde spesies in wetgewing aan. Sy sê bewaring het ’n groter kans om te werk wanneer gemeenskappe ekonomies daarby baat dat diere aan die lewe gehou word, die simboliese waarde van die spesies lewe bevorder, en wanneer alle belanghebbers ewe betrokke voel. “Aan die ander kant werk bewaring nie wanneer gemeenskappe afsydig is, wanneer hulle voel ’n dooie dier het meer waarde, waar skuiwergate in wetgewing onwettige aktiwiteite moontlik maak, en wanneer politici nie toepaslike wetgewing kan deurvoer nie. Dit is ook uiters moeilik om bewaring in beskermde gebiede te polisieer, veral langs landsgrense waar die meeste stropery plaasvind.” Hoewel dit nie maklik is om probleme op te los wat met mededingende menslike waardes en bewaring verband hou nie, sê Mandy dit moenie ons daarvan weerhou om ’n beter begrip te ontwikkel oor waarom mense kies om wilde diere, veral bedreigde spesies, dood te maak en die wet te verontagsaam nie. “Ons moet die sosio-ekonomiese faktore uitpluis wat belanghebbers se besluite en hoe dit hul belangstelling of geen belangstelling om bewaring te steun nie, beïnvloed. Wat natuurbewaring betref, moet ons op só ’n manier kommunikeer dat mense kan sien hoe ’n beskermde (lewendige) dier van groter ekonomiese waarde is in die lang termyn (deur toerisme, ens.) as die kort-termyn ekonomiese waarde van die dooie dier.” Dit is ook belangrik om te kyk na hoe bewaring en maatskaplike ontwikkeling simbioties kan plaasvind, voeg sy by.
https://www.we.com.na/news/mededingende-waardes-maak-natuurbewaring-kompleks2021-08-23/
2021-08-23 00:00:00
Elnatan wen Idioomstryd
Elnatan wen Idioomstryd Tweelingsusters Anri en Elsa Visser van die Privaatskool Elnatan het hul titel behou as Idioomstrydwenners. Tweelingsusters Anri en Elsa Visser van die Privaatskool Elnatan het hul titel behou as Idioomstrydwenners. Die kompetisie word deur Bank Windhoek geborg en deur die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) in samewerking met NBC se Hartklop FM aangebied. In die finaal was dit Elnatan wat teen Gobabis Gimnasium (verteenwoordig deur Esme Steenkamp en Annemarie du Toit) wat in ’n woordewisseling betrokke was, in die regstreekse radiouitsending wat by die NBC se Harklop FM-ateljee in Windhoek gehou is. Tydens die sessies was Elnatan se span effens beter voorbereid en het hulle só kontantpryse en die wisseltrofee gewen, terwyl die naaswenners kontantpryse ontvang het. Die Visser-tweeling, wat graad 12-leerders is, het van die geleentheid gebruik gemaak om die organiseerders te bedank. Die duo begin volgende jaar met verdere studies aan die Universiteit van Namibië (Unam). Die ATKV se Namibiese voorsitter, Leoni van Rensburg, het gesê Covid-19 het hul beplanning en voorbereiding redelik ontwrig. “Ons het met twaalf spanne begin, maar weens die uitstel van datums moes twee spanne onttrek. Ons is egter dankbaar dat die kompetisie kon plaasvind,” het sy gesê. Meer as 1 300 leerders van regoor die land het aan die Bank Windhoek ATKV Idioomstryd deelgeneem, wat vanjaar vir die 22ste keer aangebied is. Die kompetisie stel leerders in staat om mekaar in verskillende kategorieë uit te daag, insluitend die voltooiing van Afrikaanse idiome, betekenisse, die vorming van nuwe idiome met sleutelwoorde, en ’n blitsafdeling. Unam se Dr Deloris Wolf het aanvanklik die Idioomstryd aan onderwysers bekend gestel om die Afrikaanse taal onder leerders te bevorder en om vertroud te raak met die uitdrukkings daarvan. Ter voorbereiding maak skole gebruik van verskillende boeke en die internet vir leermateriaal. “Ons hoop dat skole gewoond raak aan die ‘nuwe normaal’ en dat hulle sal begin voorberei om aan volgende jaar se Idioomstryd deel te neem,” het Van Rensburg gesê.
https://www.we.com.na/news/elnatan-wen-idioomstryd2021-08-12/
2021-08-12 00:00:00
’n Eerlike bakkie
’n Eerlike bakkie Isuzu D-Max 300 X-Rider Dubbelkajuit 4x2 Outomaties Met die 1,2 ton gewig van die sleepwa en later nog 2 ton plus se lewendehawe gelaai, was die X-Rider tot die uiterste beproef. Isuzu se pragtige bloedrooi X-Rider 300 dubbelkajuit 4x2 outomaties. Isuzu Suid-Afrika sal die lankverwagte nuwe Isuzu in 2022 plaaslik bekendstel, maar intussen verkoop die effe goedkoper X-Rider modelle fluks. Ons het onlangs ’n pragtige bloedrooi X-Rider 300 dubbelkajuit 4x2 outomaties met swart sierwiele en rolstaaf, vir ’n week lank beproef. Ons het besluit om die X-Rider se kop noord te draai en die meer as 400 km na die plaas in die Noordkaap aangedurf met ’n groot beestreiler agteraan gehak. Isuzu se bewese en betroubare 3.0 liter turbo-enjin is steeds ’n juweel, maar dit was duidelik dat die 4-silinder diesel afsteek teen die kragtiger enjins van die nuwer generasie bakkies. Terwyl maksimum kraglewering steeds 130kW teen ’n lae 3600rpm beskikbaar is en met gewone rytoestande heel skaflik op die pad voel, was dit duidelik met die 1,2 ton gewig van die sleepwa en later nog 2 ton plus se lewendehawe gelaai, dat die maksimum wringkrag van 380Nm tekort skiet aan oemf wanneer daar gesleep word. Die 6-spoed outokas sonder vrag het gemaklik tussen 5de en 6de gedraf, maar met byna die maksimum sleepgewig van 3500kg agteraan, het die ratkas selde na 5de oorgeskakel. Dit het ’n beduidende impak op die brandstofverbruik gehad. ’n Aangename rit Die rit was andersins aangenaam en ons vier insittendes het die ruim en goed toegeruste kajuit geniet, ten spyte van die bykans 900km rit heen en weer. Passasiergerief sluit onder andere klimaatbeheer, klank- en kommunikasiestelsels wat met Bluetooth-koppeling en via ’n 8”-raakskerm beheer word, USB koppelpunte en spoedbeheer in. Sleutelose toegang en aan-/afskakel asook ’n ultrasoniese alarmstelsel is ook handig. Vir passasierveiligheid het ABS remme met elektronise remkrag en verspreiding, remhulp, elektroniese stabiliteitsbeheer met traksiebeheer, heuwelwegtrek en heuwel-af-beheer asook lugsakke voor vir beide bestuurder en passasier, die werktrippie veilig en vlot laat verloop. Die 2021 Model X-Rider het gemaklik die stowwerige klipbesaaide plaaspaaie van die Namakwaland baasgeraak danksy goeie grondvryhoogte en ’n uitstekende veerstelsel. Ook in die veld was die X-Rider heel bekwaam met die ewenaarslot ingeskakel en die gelaaide sleepwa agteraan. Die Isuzu bakkie se stewige bakkonstruksie het die moeilike terrein gemaklik hanteer en het enige uitdaging op ’n eerlike manier baasgeraak. Die X-Rider modelle is tans Isuzu se topverkoper leefstylbakkies en kompeteer gunstig in sy marksegment teen soortgelyke bakkies van Ford en Toyota met die pragtige stilering wat na ons mening die X-Rider beter laat vertoon as die kompetisie. Alle Isuzu D-MAX modelle word verkoop met Isuzu Complete Care wat standaard insluit ’n 5jaar/120 000 km buffer-tot-buffer waarborg, Isuzu padbystanddiens, ’n 5 jaar/onbeperkte kilometer anti-roes waarborg asook ’n 5 jaar/90 000km diensplan.
https://www.we.com.na/news/n-eerlike-bakkie2021-08-24/
2021-08-24 00:00:00
Segura spog met nuwe winkel
Windhoek • [email protected] Segura Emporium het begin as ’n aanlynwinkel, maar spog nou met ’n splinternuwe instap winkel inKlein Windhoek.Volgens eienaar Marilie van Schalkwyk, wil sy ’n veilige plek skep waar kliënte kan eksperimenteermet uitrustings. “Jou klere vertel baie van jou persoonlikheid en jy moet gemaklik voel met wat jyaantrek,” vertel sy. Vir haar gaan dit nie net om ’n uitrusting te verkoop nie. “Dit gaan oor my kliënten die verhouding wat ons bou. Hier moet jy jouself kan vind.”Segura bied ’n verskeidenheid opsies vir vroue, insluitend rokke, rompe, broeke en bloese. “Hier isbeslis iets vir almal.” Sy is éral opgewonde oor die nuwe jeans wat beskikbaar is, wat ‘reversable’ is –een kant is die gewone jean en die anderkant het ’n patroon het.Marilie het juis hierdie winkel begin omdat sy gevoel het daar is ’n leemte in die mark vir mooi,bekostigbare klere wat steeds van goeie gehalte is. “Ek het altyd in klerewinkels gevoel, hulle smaakword op my afgedwing terwyl daar geen raad en hulp aangebied word vir my om mooi te lyk en voelnie.”Sy het talle handelsmerke van Suid-Afrika beskikbaar, insluitend Amanda Cherry Lard en Kinda,sowel as ’n paar items uit Italië. “Die beste is dat die pryse hier dieselfde is as in Suid-Afrika.”Benewens klere, is daar ook haarsorgprodukte beskikbaar, sowel as Kollageen van Motherkind.Segura is Dinsdag, Donderdag en Vrydag van 09:30 tot 17:00, Woensdae van 09:30 tot 16:30 enSaterdae van 09:30 tot 12:30 oop. Die winkel is in Kochstraat nr 8, Klein Windhoek.
https://www.we.com.na/news/segura-spog-met-nuwe-winkel2021-08-02/
2021-08-02 00:00:00
Politt wint en pakt leiding - Eurosport
Ronde van Duitsland Deutschland Tour | Kristoff is Bauhaus in heftige finale op de streep te snel af
https://www.eurosport.nl/wielrennen/ronde-van-duitsland/2021/ronde-van-duitsland-polit-wint-en-pakt-leiding_sto8509147/story.shtml
2021-08-28 15:42:39
“Het is onze verdomde plicht om Afghanen die ons geholpen he...
https://www.hbvl.be/cnt/dmf20210818_96844775
2021-08-19 06:00:00
Mieliekopsimptome met buiteregistrasie: Laat aanwending van glifosaat
This post is also available in: English deur Philip Fourie, Pioneer Landboukundige Voor die gebruik van glifosaat as ‘n na-opkoms onkruidbeheermeganisme in mielieverbouing en later, sojas, katoen en kanola, was die Suid-Afrikaanse produsent uitsluitlik afhanklik van slegs vooropkoms-onkruiddoders soos atrasien en grasdoders – van die asetanaliede groep. Die vooropkomsmiddels is steeds in gebruik vandag, maar as gevolg van die oordragingsgevare van atrasien na daaropvolgende gewasse, het die gebruik van atrasien die afgelope paar jare afgeneem. Die Asetanaliede-groep vooropkoms-onkruidgrasdoders word wyd in die Suid-Afrikaanse mark gebruik. Wanneer besluit word om ‘n onkruiddoderprogram of -strategie op te stel moet die produsent in gedagte hou dat dit nie moontlik is om alle onkruide met ‘n enkele praktyk uit te roei nie. Daar bestaan nie ‘n “silver bullet” wat onkruide elimineer nie en ‘n effektiewe program pas aan by die behoefte van die land en die seisoen. Alle onkruide het ‘n spesifieke oorlewingstrategie en kan nie heeltemal uitgeroei word nie as gevolg van elke spesie se spesifieke lewensiklus en manier van reproduksie. Sommige sade lê dieper in die grond en kan selfs vir seisoene dormant wees voor dit ontkiem. Selfs as die land skoon is van ‘n spesifieke onkruidspesie besit elkeen ‘n unieke manier van verspreiding en kan dus die land weer besmet, omdat die sade deur water wind of diere versprei is. Glifosaat is daarom nie die spreekwoordelike “silver bullet” soos wat baie van die produsente dink nie. Glifosaat kom tot sy reg as dit deel vorm van ‘n program of strategie om die lande onkruidvry te hou vir die seisoen. ‘n Menigte doktorale skripsies is wêreldwyd al gepubliseer om die nadelige effek van onkruide wat saam die mielieplant ontkiem te kwantifiseer. In die eerste paar weke van die mielie se ontkieming geniet die onkruid voorkeur aan beskikbare voedingstowwe en vog, al word daar besluit om 2 weke na opkoms die land skoon te spuit met ‘n mengsel van glifosaat, ‘n na-opkoms breëblaar kontakonkruiddoder en ook ‘n vooropkoms-onkruiddoder. Die effek van so ‘n na-opkoms kontakonkruiddoder is op so ‘n jong mielieplantjie fataal, en gaan gepaard met gereëlde sigbare onkruiddodersimptome op die mielie. Hoe werk ‘n vooropkoms-onkruiddoder? Vooropkoms-onkruiddoders is ontwerp om ontkiemende onkruidsade te beheer – dit is nie ontwikkel om reeds gevestigde onkruide te beheer nie. Die onkruiddoder werk eers as die onkruidplantjie begin ontkiem. Die saadjie mag dormant in die grond lê en glad nie geaffekteer word deur die onkruiddoder nie, daarom is onkruidbeheer ‘n voordurende proses. Goeie verspreiding van die onkruiddoder oor die skoon grondoppervlakte teen die korrekte dosis, is die eerste stap tot ‘n doeltreffende onkruiddoderstrategie. Die belangrikste faktor tot die doeltreffende werking van enige vooropkoms-onkruiddoder is dat die onkruiddoder deur vog ingewas moet word. Dit is seker die grootste uitdaging vir die Westelike mielieproduksieareas in Suid-Afrika. Die gebruik van glifosaat as na-opkoms onkruidbeheer meganisme Glifosaat is die grootste onkruiddoder in die wêreld weens die wye aanwending, goeie effektiwiteit en die gebruik daarvan in glifosaatweerstandbiedende gewasse soos mielies, sojabone, kanola en katoen. Huidiglik word glifosaat in drie verskillende formulasies vervaardig: iso-propilamien, ammonium of as kaliumsout. Al drie formulasies bied redelike goeie stabiliteit, goeie tenk-meng eienskappe en absorbsievermoë. Verskillende glifosaatprodukte bevat verskillende benatters en hoef nie noodwendig saam nie-ioniese benatter (benatters wat die vetlaag van die plantoppervlakte afbreek) gebruik te word nie. Vervaardigers word ook nie verplig om benatterinformasie op etikette te plaas nie. Glifosaat produkte verskil van basisformulasie (soos bo genoem) en -konsentrasie wat weer die dosis bepaal. Glifosaat het ook nie hoë watervolumes nodig om doeltreffend te werk nie. Toedieningstyd en gewasbestuur Die optimum tyd vir toediening van glifosaat is ‘n komplekse onderwerp, omdat veranderinge in weer, vog en temperature faktore is wat bestuursbesluite beïnvloed. Dit is baie vêr van die normale kniehoogte of “laaste keer wat die trekker kan oorgaan” praktyk verwyder. Onkruidbeheer maak een deel van die maksimum opbrengs vaatjie vol en is nie regtig nodig vir die hele groeisiklus van die gewas nie, maar dit is uiters krities tydens die eerste 4-6 weke na plant. Die tyd staan bekend as die “kritiese onkruidvrye tyd” en onkruide moet gedurende die tyd beheer word om opbrengsverliese te beperk. By mielies is die kritiese tye vanaf VE (opkoms) tot V7 (7 ontvoude kragieblare). Die einde van die periode kan wees tussen V5 (5 blare) en VT (pluim). Navorsing toon dat die optimum tyd van glifosaattoediening is V3/V4 (Myers et al. 2005; Gower et al. 2003; Cox et al. 2006). Die navorsing het getoon dat glifosaat die minste nadelige effek op die mielieplant het, maar die grootste effek op die onkruide. Met alle respek, ons is amper 20 jaar later, en ek glo tegnologie en teling het so verbeter dat daar nog minder nadelige effekte op die jong mielieplant sal wees as gevolg van ‘n glifosaatbespuiting. Deur vroeg te spuit en klein ontkiemende onkruidjies te beheer, verhoog die tendens vir ‘n groter hoeveelheid laat-ontkiemende onkruide, dus word die besluit geneem om die risiko te verhoog vir skade op ‘n latere groeistadium van die mielieplant, maar dan word ‘n beter en verlengde onkruidvrye land verkry. Dus, om onkruidbespuitings uit te stel verkry ons verhoogde onkruidbeheer, maar daar sal definitief ‘n mate van opbrengsverlaging wees. Waarmee laat dit ons? Ons forseer onsself om van ‘n kleiner vensterperiode vir glifosaattoedings gebruik te maak en hoop dan dat ons maksimum onkruidbeheer sal verkry. Die klein venster wat onsself verkies sit druk op ons bestuurspraktyke en logistiek, veral as groot aantal hektare ter sprake is. In die pasafgelope 2020-2021 seisoen het ek dit eerstehands ondervind. In van die navorsingsprojekte was dit ‘n nagmerrie om sekere bespuitings op die regte tyd te doen. As die lande nie te nat was om te probeer spuit nie, moes ons noodgedwonge wag vir die reën om oor te trek, of het ons glad nie gespuit nie, want dan was die lande weereens te nat. Glifosaat-etiketwaarskuwings: ROUNDUP READY MIELIES Algehele toediening (bo-oor die mielies): Onkruiddoder toediening kan slegs gedoen word vanaf die grondkraakstadium tot en met die V8 stadium van die mielie. Die V8 stadium word bereik wanneer die eerste plante agt blare het waarvan die blaarskede die hoofstam volledig omvou. Die getal sigbare blare kan egter meer wees. As jou definisie is “ek spuit as dit kniehoogte is” kan kniehoogte vanjaar jou redelik mislei het. Met die koeler weer was die internodes korter as gewoonlik, met ander woorde, die mielieplant was al verder gevorderd gewees as wat ons gedink het. Die plant kon maklik al by V10 of V11 gewees het, maar hy was net kleiner en korter as gewoonlik. Identifikasie van die regte groeistadium (ouderdom): ‘n Ontwikkelende mielieplant se ouderdom word bereken deur die aantal ten volle ontwikkelde kragies aan die blaarskede te tel, nie halfontwikkelde kragies nie! Figuur 1 dui aan hoeveel kragies getel sal word om die V9 groeistadium aan te dui. V9 is een groeistadium ouer as die maksimum toelaatbare V8 stadium om glifosaat algeheel bo-oor die mielieplant toe te dien. Figuur 1: V9 – Groeistadiumidentifikasie Figuur 2: Dieselfde V9 plant gedissekteer. Ontwikkelende klein mieliekoppies wat reeds gevorm is op die nodes en moet ontwikkel (in rooi aangedui). Figuur 1 en 2: Grain Crops Extension, University of Kentucky, Chad Lee, Ph.D. Grain Crops Extension Specialist Algehele toedienings na die V8 stadium kan lei tot oesverliese of vertraagde rypwording. In Figuur 2 kan duidelik gesien word dat die mieliekoppies op die nodes klaar geïnduseer is en net moet ontwikkel. Sulke klein koppies kan reeds beskadig word en hoe ouer die mielieplant hoe groter die ontwikkelende mieliekoppies en meer vatbaar vir enige ongunstige omstandighede. Skadesimptome as gevolg van te laat bespuitings Soos verduidelik het die afgelope seisoen ook gepaard gegaan met ‘n paar draaiballe wanneer daar na-opkoms onkruiddoderbespuitings gedoen moes word. Deur glifosaat in “Round-Up” bestande mielies te spuit, later as die aanbevole etiket, kan lei tot beskadigde mieliekoppe, simptome wat eers sigbaar is op R2/R3 fase, terwyl skade plaasgevind het op ‘n V9 – VT stadium. Die simptome wat geassosieer word met laat, buite etiket aanwending van glifosaat word na verwys as “bubble kernel” sindroom en “jumble ears” sindroom. Die verskil tussen die twee is op watter stadium die simptome waargeneem word – “bubble kernel” vanaf R2/R3 en ”jumble- ears” nadat die kop ten volle ontwikkel het en begin afdroog. Figuur 3: “Bubble Kernel” sindroom Figuur 4: “Jumble Ear” sindroom (onderste kop) Hoekom word slegs sekere pitte aan die kop beïnvloed? Alle F1 plante is heterosigoties vir die RR eienskap, met ander woorde, een weerstandbiedende en een vatbare alleel. Die weerstandbiedende alleel is egter dominant oor die vatbare een. Die bestuifde pitte op die koppe wat ons sien is die F2 generasie, met ander woorde, dis die produk van ‘n F1 heterosigotiese mannetjie en ‘n F1 heterosigotiese wyfie. Biologie 101 se uitkoms voorspel dus: Uitkoms: RR 25% Rr 50% Rr 25% – die gedeelte wat simptome wys Probeer om die skade te kwantifiseer: Bespuiting is op V10 gedoen Dosis is 2lt/ha Watervolume 240lt/ha Die verskil tussen koppe op die twee behandelings: Dit was die eerste keer in drie seisoene dat ek dit kon regkry om die simptome te induseer. Pasop vir “maar ek spuit elke jaar op die stadium” – dit kan jou net byt. Die opbrengsverlaging behoort nie 25% te wees nie, omdat die aangrensende pitte probeer kompenseer vir die verlies aan pitte op die kop, maar as alles reg verloop om skade te kry, kan die verlies steeds substansieël wees. Gevolgtrekking Volg die aanwendingsriglyne op die etiket om skade te beperk. Jy sal nie altyd die probleem optel nie, omgewingsfaktore soos temperatuur en vog speel ‘n groot rol, nie net die laat spuit van glifosaat op mielies nie. Vir meer inligting of om een van ons Landboukundiges te kontak, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na [email protected]
https://www.proagri.co.za/mieliekopsimptome-met-buiteregistrasie-laat-aanwending-van-glifosaat/
2021-09-04 00:00:00
Voorkom en beheer veldbrande Deel 4 - Brandbestryding
This post is also available in: English Min dinge laat jou so magteloos as om te moet staan en kyk hoe brand weiding en eiendom verwoes sonder dat jy die nodige middele het om dit te beheer nie. Hoofstuk 5 van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande, 101 van 1998, handel oor brandbestryding. Dit omvat die gereedheid en die optrede om brande te bestry. Artikel 17 bepaal dat elke eienaar op wie se grond ՚n veldbrand kan ontstaan of brand of van wie se grond dit kan versprei, moet: 1.sodanige toerusting, beskermende klere en opgeleide personeel vir die blus van brande hê as wat •voorgeskryf word; of •by gebrek aan voorgeskrewe vereistes, redelikerwys in die omstandighede nodig is; 2.moet verseker dat daar in sy afwesigheid verantwoordelike persone op of naby sy grond aanwesig is wat in die geval van ՚n brand •die brand sal blus of sal help om dit te doen; en •alle redelike stappe sal doen om die eienaars van aangrensende grond en die betrokke brandbe-skermingsvereniging, as daar een is, in kennis te stel. Dit word ook bepaal dat ՚n eienaar ՚n agent kan aanstel om alles te doen wat hy ingevolge hierdie artikel moet doen. Tans bestaan daar geen voorskrifte wat betref ՚n eienaar se verpligting om brandbestrydingstoerusting, beskermende klere en opgeleide personeel vir die blus van brande te hê nie. Tot tyd en wyl word bepaal dat ՚n eienaar sodanige toerusting, beskermende klere en opgeleide personeel vir die blus van brande moet hê as wat redelikerwys in die omstandighede nodig is. Die vraag wat onmiddellik ontstaan is wat word bedoel met “redelikerwys in die omstandighede nodig is”. Dit word aan die hand gedoen dat elke eienaar sal moet let op die spesifieke omstandighede op sy eie grond, dié van sy bure, asook plaaslike toestande in die algemeen. Wat “redelik” is vir een eienaar, mag nie “redelik” wees vir die volgende eienaar nie. Algemene brandbestrydingstoerus-ting soos brandslaansakke, vuurplakke, rugsakspuite, ՚n sleepwaentjie met ՚n watertenk wat agter ՚n trekker of bakkie gehaak kan word, ՚n klein kragbron met ՚n pomp wat kan water spuit, ensovoorts, mag in sommige gevalle voldoende wees, maar in ander gevalle nie. Wat betref “beskermende klere” kan dit seker nie redelikerwys van elke boer verwag word om volle brandweeruitrusting te hê nie, maar van sekere boere mag dit wel verwag word om sodanige uitrusting te hê. Elke grondeienaar se eie omstandighede, dié van sy bure en plaaslike omstandighede sal bepalend wees by beoordeling van welke “beskermende klere” redelikerwys nodig is. Dalk kan redelike beskermende klere bestaan uit skoene of stewels, handskoene, oorbaadjies, plastiekhelms en nywerheidsneusfilters. Artikel 18(1) bepaal dat enige eienaar wat rede het om te glo dat ՚n brand op sy grond of die grond van ՚n aangrensende eienaar, lewe, eiendom of die omgewing in die gevaar kan stel, onmiddellik: alle redelike stappe moet doen om kennis te gee aan – • die brandbeskermingsbeampte of, as dit nie moontlik is nie, enige lid van die uitvoerende komitee van die brandbeskermingsvereniging, as daar een is vir die gebied; en • die eienaars van aangrensende grond; en 2. alles in sy vermoë moet doen om te verhoed dat die brand versprei. Artikel 18(2) bepaal dat enige persoon wat rede het om te glo dat ՚n brand op enige grond lewe, eiendom of die omgewing in die gevaar kan stel, tesame met enige ander persoon onder sy beheer, daardie grond of grond waarheen die brand kan versprei kan betree ten einde te verhinder dat die brand versprei of om dit te blus. In Deel 2 van die reeks is dit gemeld dat dit een van die pligte van ՚n brandbeskermingsbeampte is om beheer oor te neem van enige brandbestryding in die gebied indien die veldbrand ՚n bedreiging vir lewe of eiendom is. Artikel 18(3) bepaal dat, wanneer ՚n brandbeskermingsbeampte beheer oorneem oor die bestryding van ՚n brand, hy: • beheer kan oorneem van enige persoon wat tot met sy aankoms die bestryding van die brand beheer het; • enige persoon wat oënskynlik nie jonger as 16 jaar en nie ouer as 60 jaar is nie, kan beveel om hom by te staan. Artikel 18(4) bepaal dat, in die afwesigheid van ՚n brandbeskermingsbeampte, ՚n bosbeampte: • beheer kan oorneem oor die bestryding van ՚n brand in of binne 10 km van enige staatsbos tot uitsluiting van enige ander persoon; en • enige persoon wat oënskynlik nie jonger as 16 jaar en nie ouer as 60 jaar is nie, kan beveel om hom by te staan. Artikel 18(5) bepaal dat enige van die persone waarna hierbo verwys is (naamlik enige eienaar, enige persoon, ՚n brandbeskermingsbeampte of ՚n bosbeampte), indien hy dit nodig ag vir die beskerming van lewe, eiendom of die omgewing of om te voorkom dat ՚n brand versprei of om dit te blus: • enige grond kan betree; • bome, gras, oesgewasse of ander plantegroei kan vernietig; • enige perseel kan betree of kan breek en betree; • enige persoon kan verhinder om enige perseel te betree; • enige persoon wat in gevaar verkeer of wat hom in die uitvoering van sy pligte hinder, met geweld van die toneel kan verwyder; en • enige voertuig of ander ding kan verwyder of gelas dat dit verwyder word. Artikel 18(6) bepaal dat, wanneer ՚n brand oor die grond van ՚n brandbeskermingsvereniging versprei of mag versprei, moet die brandbeskermingsbeampte: • die brandbeskermingsbeampte van die gebied waarheen die brand versprei of mag versprei, in kennis stel; • alle nodige stappe doen om die brandbestrydingsoperasie te koördineer ooreenkomstig die brandbeheerstrategie wat geld in die gebied. Ten slotte word dit in hoofstuk 6 bepaal dat: • die minister ՚n ooreenkoms met enige persoon of persone of ՚n brandbeskermingsvereniging kan aangaan om onderlinge bystand te verleen met die bestryding van brande; • twee of meer brandbeskermingsverenigings ՚n ooreenkoms kan aangaan om onderlinge bystand te verleen met die bestryding en blus van brande op die grond van, of wat ՚n bedreiging uitmaak vir, hulle onderskeie lede. Hierdie ooreenkomste kan voorsiening maak vir die betaling van vergoeding vir die bystand gelewer. In die volgende artikel hanteer ons die vermoede van nalatigheid, asook sekere ander aspekte. Artikel verskaf deur Christo Potgieter en John Smit, direkteure, Versekeringsreg en Regsaanspreeklikheid, BDP Prokureurs, Kaapstad. Hierdie artikel het ten doel om inligting te verskaf en nie regsadvies nie. Vir regsadvies, kontak u regsadviseur.
https://www.proagri.co.za/voorkom-en-beheer-veldbrande-deel-4-brandbestryding/
2021-09-21 15:29:31
Beveilig jou plaas met Sensor Sekuriteit
This post is also available in: English Die beveiliging van jou huis, erf en plaas is vandag van uiterse belang, daarom is daar betroubare maatskappye soos Sensor om vir ons die regte veiligheidstoerusting te bied. Hulle is ‘n nasionale invoerder en verspreider van elektroniese veiligheids- en sekuriteitstoerusting in Suid Afrika met die Hikvision handelsmerk as een van hul grootste vennote in die verskaffing van bewakingstoerusing, toegangsbeheer, alarms, draadlose oplossings, sonkrag oplossings en integrasie sagteware. Sensor se produkte: Hand-hittewaarnemingsoplossings Die HIKMICRO Lynx pro-reeks eenoog-hittekykers bied die beste hittefotogehalte wat gemaklik beweging kan sien en vasvang op ‘n afstand van 200 m tot 1,2 km. Dit het ook 8 uur batterylewe en ‘n WiFi-dekkol om die foto’s dadelik met ander te deel. Radaroplossings Hikvision se radar-indringopspoorstelsels help jou om teikens so ver as 2 km weg op te spoor. Dit maak dit maklik om moontlike indringers raak te sien nog voordat hulle sien wat op jou plaas of erf aangaan. Dit is bestand teen reën en hoë temperatuur en het strale wat 90 grade tot 120 grade wyd kan sien. HeatPro se hitte- en optiese kamera Dit is ‘n 4MP optiese kamera met ‘n 10-mm lens. Daar gaan ‘n sirene af wat oortreders waarsku dat die kamera hulle raaksien. HeatPro produkte help jou ook om vas te stel of jou masjiene te warm word met hoogs akkurate meting van temperature. Nommerplaatherkenningstelsels Om die beweging rondom jou plaas en eiendom dop te hou is vandag baie belangrik. Hiermee help Hikvision ANPR se kameras. Hulle kan nommerplate van so ver as 50 m af lees. Die stelsel kan ook by derdepartystelsels inskakel wat ‘n mens in kennis stel indien dit gesteelde voertuie is. Koeëlvaste onderbaadjies met plate Die taktiese baadjie bied tot vlak 3-beskerming met plate. Die kante en skouers kan ook gemaklik verstel word. ColorVu Sonkragoplossing Die ColorVu-sonkrag sekerheidskamera het ‘n sonpaneel en ingeboude battery wat dit maklik maak om steeds jou plaas te beveilig, selfs al laat Eskom jou in die steek. Dit is ook geskik vir afgeleë plekke waar daar nie krag is nie. Dit bied voltydse 4 MP-kleurbeelde en is stof- en waterbestand. Besoek sommer nou Sensor se webwerf by: https://sensorsecurity.co.za/ of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou veiligheidstoestel te bestel.
https://www.proagri.co.za/beveilig-jou-plaas-met-sensor-security/
2021-09-01 13:36:00
Sentrale vuurwapenregister gee burgery skuld vir swak prestasie
This post is also available in: English Die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) wat verantwoordelik is om vuurwapenlisensie-aansoeke te prosesseer en lisensies uit te reik, blameer nou vuurwapeneienaars vir die reuse agterstand in dié proses. Volgens brig. L J Mabule is dit die verantwoordelikheid van vuurwapenlisensie-aansoekers om toe te sien dat hulle aansoeke op die stelsel gelaai word. In ʼn kennisgewing aan rolspelers in die vuurwapensektor op 6 September, sê brig. Mabule dat die SVR probleme ondervind met onvolledige aansoeke wat hulle van die polisiestasies ontvang, en dus nie daardie aansoeke kan prosesseer nie. Hy se verder dat dit aansoekers se plig is om te verseker dat die plaaslike aangewese vuurwapenoffisier (AVO) die inligting op die stelsel invoer. Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) wat sowat 44 000 jagters en sportskuts verteenwoordig, sê dit is belaglik om van vuurwapenlisensie-aansoekers te verwag om toe te sien dat die inligting op die stelsel aangebring word. “Dít is die werk van die AVOs by polisiestasies en waarvoor hulle betaal word.” Die SAPD en die SVR het onlangs hul prestasieverslag aan die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie voorgelê. Die verslag het die volgende inligting verskaf: Bevoegdheidsertifikate: Daar is ʼn agterstand van 188 296 aansoeke vir bevoegdheidsertifikate wat nog verwerk moet word. In sy kennisgewing, verduidelike brig. Mabule dat die SVR elke aansoeker se kriminele rekord by die kriminele rekordafdeling moet nagaan. Lisensie–aansoeke: Daar is ʼn agterstand van 138 908 aansoeke wat wag om verwerk te word. Hierdie is nuwe aansoeke, nie hernuwings nie (hernuwings word op provinsiale vlak hanteer, en deur die SVR nie. Amnestievuurwapens: Tydens die 2019-amnestie, is 29 758 vuurwapens ingehandig waarvoor weer lisensie-aansoeke ingedien is. Hiervan is slegs 50% (14 899) afgehandel. Twee jaar het verloop sedert die aansoeke ingedien is. In die 2020/2021 amnestieperiode is 75 363 vuurwapens ingehandig waarvoor lisensie-aansoeke ingedien is. Slegs 5,6% (4 241) van hierdie aansoeke is afgehandel. Hierop het brig. Mabule verduidelik dat hulle eers ballistiese verslae moet verkry voordat die aansoeke hanteer kan word. Druk van lisensiekaartjies: Wat die uitreik van lisensiekaartjies betref, het brig. Mabule gesê die SVR het met die Staatsdrukkery gereël om die kaartjies te druk en by die betrokke provinsies af te lewer. SA Jagters se ondervinding met SAPD en die SVR se dienslewering, is as volg: Dit neem tussen 12 en 18 maande – of selfs langer – om ʼn aansoek vir bevoegdheid te finaliseer. Dit neem sowat 12 maande vir die aansoek en die uitreik van ʼn vuurwapenlisensie, mits die bevoegdheid geldig is. Die hernuwing van ʼn vuurwapenlisensie neem 6 tot 8 maande, mits die aansoeker se bevoegdheid geldig is. Camphor se daar is wel gevalle waar aansoeke binne drie tot vier weke afgehandel is. “Dit bewys dat dit moontlik is om die proses binne ʼn redelike tyd af te handel indien almal hulle werk doen.” Volgens Camphor is wetsgehoorsame vuurwapeneienaars raadop met die SAPD en SVR se gesloer. Vuurwapenorganisasies probeer al vir baie lank om konstruktiewe insette oor die prosessering van vuurwapenlisensies aan die SAPD en SVR te lewer. ʼn Konsultasieforum is in 2005 tussen die SAPD en 12 geakkrediteerde vuurwapenorganisasies gestig om kwessies rondom vuurwapenlisensies te bespreek. Die forum het laas in 2016 vergader omdat die SAPD en SVR opgehou het om die vergaderings by te woon. Sedertdien het die georganiseerde vuurwapengemeenskap volgehou om weer die Polisie terug om die tafel te kry. Op 22 April 2021, het die portefeuljekomitee vir Polisie met ʼn paar vuurwapenbelangegroepe vergadering om die polisie se gebrek aan konsultasie met die belangegroepe te bepreek. Beide die adjunkminister en die adjunkkommissaris van Polisie het die vergadering bygewoon en onderneem om behoorlike konsultasie met die vuurwapenbelangegroepe te hervat. Die adjunkminister het ook bevestig dat hy en die nasionale kommissaris die SVR besoek het en bewus is van die probleme wat die SVR ervaar. Die adjunkminister het ook sy waardering uitgespreek vir die geleentheid om met vuurwapenorganisasies te vergader. “Dit is nou vyf maande later sedert die April-vergadering, en ons wag steeds vir konsultasie tussen die SAPD en die bedryf om te hervat,” sê Camphor. Bron: SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging
https://www.proagri.co.za/sentrale-vuurwapenregister-gee-burgery-skuld-vir-swak-prestasie/
2021-09-13 16:11:34
Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig
This post is also available in: English “Bied weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en dreigende onteiening van bates deur beheer te neem van jou onmiddellike omgewing en omstandighede”. Dit was die boodskap van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, aan landbouers tydens die organisasie se virtuele kongres in Bloemfontein. Die Kwazulu-Natal onluste, verbrokkelende infrastruktuur, onveilige omgewings en verslegtende sosio-ekonomiere omstandighede dui daarop dat die situasie in Suid-Afrika versleg. “Landbouers moet besef dat hierdie probleme nie langer deur die staat opgelos kan word nie. Die regering is onbeholpe en planloos en is duidelik meer geïnteresseerd in wat hulle vir hulself kan toeëien ”, meen Wilken. Wilken het benadruk dat die landbougemeenskap die geleenthede in die huidige omgewing moet raaksien. “Die onttrekking van die staat bied vir gemeenskappe die geleentheid om prakties beheer van hul omgewings te neem”. Oor die ekonomiese omstandighede het Wilken gemeld dat Suid-Afrika anders sal moet dink oor die ekonomie. Hy is van mening dat daar bloot net nie meer ruimte vir rasbehepte sosiale eksperimente soos BEE, regstellende aksie en grondonteiening is nie. “Hierdie beleide lei net tot korrupsie, werksverliese en ondermyn die sosiale samehang. Die land se ekonomie word gyselaar gehou deur die herverdelingsbeheptheid en is dit die werkloses wat die prys daarvoor betaal.” Wilken het benadruk dat die tyd aangebreek het vir die publiek om op te staan, hande te vat en op te bou. “Moenie op iemand anders wag om dinge te verander nie. Dit is tyd dat ons (landbou) opstaan en nie meer rond geskop en gedreig word deur idiologieë en populistiese uitsprake nie.” Bron: Vrystaat Landbou
https://www.proagri.co.za/weerstand-teen-korrupsie-swak-dienslewering-en-onteiening-is-nodig/
2021-09-23 09:50:25
Voet in die hoek met die nuwe Nissan Navara LE
This post is also available in: English Gerieflik, genotvol, prettig, kragtig en soveel meer. Nissan spog met ‘n splinternuwe trekpleister en ProAgri het die voorreg gehad om die nuwe Nissan Navara LE outomatiese 2.5-diesel dubbelkajuitbakkie se prestasie op die pad uit te toets. Dubbelkajuit bakkies is besonder prakties en as ‘n mens veral na die Navara kyk, besef ‘n mens ‘n bakkie is nie ‘n bakkie as hy nie die langpad kan vasvat of ‘n vrag kan dra nie. Die 2021 Nissan Navara LE se tegnologie, veiligheid en werkverrigting is vernuwe. Of dit nou grondpad of teerpad is, die gerief en gemak is een en dieselfde. Om elke hoek en draai klou die bande aan die teer- of grondpad en die kilometers vlieg verby, sonder dat jy besef hoe ver jy al van die huis af is, met die gerieflike binneruim en langafstand-bestuursgemak. Volgens Nissan Suid-Afrika is die resultaat beter rygenot, groter gerief en die vermoë om ‘n swaarder vrag te dra wat die Navara die voorloperbakkie in sy kategorie maak. Aangesien die nuwe Navara in ‘n uitgebreide reeks enkel- en dubbelkajuitopsies aangebied word, kan Nissan nou ‘n eietydse produk in alle segmente bied en baie meer gedug met gevestigde SA markleiers meeding. Buitelangs is dit hoofsaaklik die buffers, veral voor, en hoofligte wat vernuwe is. Die nuwe Navara is veiliger as tevore danksy sensors in die voorbuffer wat die verkeer dophou. Die rekenaar waarsku jou as hy skielike en onverwagse bewegings waarneem, selfs wanneer jy op die langpad van baan verwissel. En as jy nie vinnig genoeg optree nie, sal die blikbrein selfs namens jou rem trap! Die nuwe Navara se stewige bakwerk dra ‘n laaivrag van tot 1 003 kg. Of jy nou gaan jag, veelek moet oplaai of die langpad see toe wil aandurf, die bakkie sal jou definitief nie in die steek laat nie. As die pad te lank raak, het die bakkie boonop agterop ‘n plekkie om jou koelkassie in te prop om die ys koud te hou. Wees voorbereid vir die lang pad met hierdie handige propsok vir ‘n koelkassie om jou kos en verversings koud te hou. Die nuwe Navara spog ook met die NissanConnect-inligting- en -klankstelsel op ’n 8”-raakskerm. Buiten die nuwe raakskerm is die stuurwiel nuut met ekstra knoppies en ’n paar klein veranderings aan die afwerkingsvlakke en materiale wat gebruik word. Die Navara is ‘n goed afgewerkte voertuig met al die luukshede waarna jy kan smag. Dit spog met gerieflike leersitplekke, met netjiese stiksels afgerond, sleutellose inklim in die voertuig, ‘n agterste kamera, hoofligte wat outomaties aanskakel en nog talle ander geriewe. Die netjiese leerafgewerkte sitplekke bied gemaklike ondersteuning aan die bestuurder en passasier. Die sorgsame rekenaar maan jou ook om af te trek en ’n blaaskans te neem as jy al té lank voor die stuur sit, en veral as jou bestuurstyl volgens die blikbrein “slordig” raak. Snags sal die hoofligte outomaties domp as ’n voertuig van voor af kom en jy vergeet om dit te doen, en sensors in die agterbuffer waarsku jou teen voetgangers, verkeer en lamppale wanneer jy terugstoot. Moderne voertuie kyk darem mooi na hulle bestuurders! Ingevolge Nissan se deurlopende verbeteringsproses is die hele reeks modelle herontwerp om ’n Navara te vervaardig wat veral geskik is vir Suid-Afrikaanse en uiteindelik Afrika-toestande. Die jongste Nissan Navara word aangedryf deur die vertroude 2,5 ℓ-turbodieselenjin wat al geruime tyd diens doen. ‘n Mens karring immers nie aan iets wat werk nie. Die grootste voordeel om met die getroue ou enjin aan te hou, is dat klante, veral boerderye en ander sake-ondernemings, vooruit kan begroot vir bedryfskoste, insluitende brandstofverbruik, onderhoud en dienste. Die 2,5 diesel is wel nou in twee kragleweringsvlakke beskikbaar: ’n 140 kW-model wat 450 Nm wringkrag lewer, en ’n 120 kW-model met 403 Nm wringkrag. Wat ratkaste betref, kan jy kies tussen ’n 7-spoed outomatiese en 6-spoedhandratkas. Die ratkaskeuses is egter beperk tot die dubbelkajuitmodelle, want ál die enkelkajuit-Navaras het slegs handratte. Nissan SA sê hulle is opgewonde en trots om hierdie jongste Nissan Navara bekend te stel – een wat nou die eerste keer plaaslik vervaardig word. Enige persoon kan die Nissan Navara LE-dubbelkajuitbakkie met ‘n geruste hart aanskaf. Dit is ‘n uitmuntende bakkie wat jou jare lank getrou sal dien en gelukkig sal hou. Vir meer inligting, besoek https://www.nissan.co.za/vehicles/new/navara.html.
https://www.proagri.co.za/voet-in-die-hoek-met-die-nuwe-nissan-navara-le/
2021-09-09 11:06:22
John Deere bied gemoedsrus en ‘n belegging vir die toekoms
This post is also available in: English deur Hentie Breedt, bemarking- en kommunikasiebestuurder, John Deere In uitdagende sowel as voorspoedige ekonomiese tye is dit belangrik om die regte besluite vir die toekoms te neem. Om ՚n suksesvolle volhoubare boerdery in Suid-Afrika te verseker, te midde van verskeie uitdagings en negatiewe kwessies, moet daar nie kortsigtige besluite geneem word nie, maar langtermyn doelwitte met positiewe uitkomste moet as die hoof dryfveer gestel word. Dit geld vir alle aspekte van ՚n boerdery – wat in vandag se tyd as ՚n besigheid bedryf word – en so ook wanneer die besluit vir die aankoop van korrekte meganisasietoerusting en tegnologie geneem word. Toerusting wat aangekoop word om die sukses van ՚n oes of ander boerderyvertakkings te verseker is slegs ՚n middel tot ՚n doel. Om volhoubare sukses op die plaas te verseker, is meganisasie slegs een speek in die wiel van sukses. Om dié rede moet die fokus verskuif word vanaf die toerusting self na die oplossing wat dit bied om op die lang duur winsgewend te boer en vooruitstrewend te wees. Die dae toe ՚n trekker net ՚n trekker of ՚n stroper net ՚n stroper was, is verby – dit het nou die middel tot ՚n langtermyn volhoubare doel geword. Dit is dus belangrik dat die “middele” die nuutste tegnologie, doeltreffendheid, optimale werksverrigting, minimum staantyd en hoë herverkoopwaarde voorop stel. Tegnologie begin reeds op intreevlak tot meganisasie. Deur byvoorbeeld ՚n doeltreffende planter te gebruik wat saad- en kunsmisplasing korrek doen, kan opbrengs drasties verhoog word. Soos wat ՚n boerdery in grootte en omvang toeneem, word meer tegnologie in die vorm van verbeterde toerusting, maar ook dataversameling en die omskakeling van die data tot toepaslike en werkbare insette vir elke stap van die boerdery en bewerkingspraktyke al hoe belangriker. Die toerusting wat gebruik word vorm ՚n integrale deel saam agronomiese aspekte en ander insette soos saad, kunsmis, chemikalieë, brandstof en arbeid om die wiel van sukses te laat draai. Of dit nou tydens grondvoorbereiding, plant, spuit of stroop is, moet brandstofbespaar en winsgewendheid verhoog word deur die jongste meganisasietegnologie in toerusting, maar ook deur oorvleueling van bewerkingsaksies te verhoed. Hierdie tegnologie in toerusting en kommunikasie bring ook ՚n regstreekse invloed op die besparing van saad, kunsmis en chemikalieë teweeg. Met die nuutste tegnologie in hulle toerusting, die waarneming van toerusting se werksverrigting oor ՚n afstand, gekoppel aan data-insameling, verwerking en benutting deur John Deere se Operations Centre en JDLinkTM, word dit alles moontlik gemaak. Toerusting, werktuie en tegnologie is vir boere op alle vlakke beskikbaar. Nuwe tegnologie in trekkers en ander werktuie fokus op verbeterde aandrywingstelsels om meer doeltreffende werkverrigting te lewer, beter sigbaarheid en rygemak vir langer werksure, en beter beligting waar nodig vir veldwerk in die aand; en gekoppel aan hierdie toerustingtegnologie, is presisieboerdery. So verbind John Deere masjinerie, mense, tegnologie en oplossings doeltreffend aan mekaar om boerderysukses ՚n werklikheid te maak. Die volhoubaarheid en sukses van enige onderneming, veral in die boerderybedryf, word verseker deur ondersteuning wat deurentyd gebied word. John Deere in Suid-Afrika het een van die beste handelaarsondersteuningsnetwerke ter wêreld. John Deere vat hande saam sy handelaars om nie net op die vlak van toerusting en tegnologie doeltreffende oplossings te bied nie, maar veral ook met naverkope-ondersteuning. Opgeleide tegnici, gerugsteun deur onderdelebeskikbaarheid en tegnolo-gie wat vooraf dienswaarskuwings regstreeks vanaf toerusting aan die handelaars stuur, verseker minimum staantyd van masjinerie en werktuie, veral tydens kritieke tye. Soos reeds genoem, is besluitneming rondom toekomsbeleggings van kardinale belang om sukses oor die langtermyn te verseker, en een aspek hiervan is die herverkoopwaarde van toerusting wanneer dit nie meer benodig word nie of vervang moet word. Maak seker daar word in toerusting belê wat, alhoewel dit ՚n hoër aanvanklike aankoopbedrag verg, oor die lewensduur daarvan besparings teweeg bring as gevolg van die jongste tegnologie. Dit, tesame met ՚n hoë herverkoopswaarde, bied ՚n uitstekende langtermynbelegging op die pad van boerderysukses. Belê in die toekoms – belê in John Deere.
https://www.proagri.co.za/john-deere-bied-gemoedsrus-en-n-belegging-vir-die-toekoms/
2021-09-03 14:25:20
Jou diere sal jou bedank: Rumax-voermengers gee bobaas-produksie
This post is also available in: English Gesonde en gebalanseerde rantsoene vir vee is die sleutel tot prestasie en wins vir ՚n veeboer. As uitstaande veeproduksie jou doelwit is, moet jou veevoer tot ‘n eenvormige produk gekerf en gemeng word. Dit maak nie saak hoe moeilik kerfbaar of mengbaar die voer is nie, Rumax se voermengers meng dit sonder sukkel. Albertus Steenkamp, vierdegeslagboer op die plaas Perdekloof in die mooie Roggeveld-distrik tussen Calvinia en Middelpos, doen dinge bietjie anders. Albertus het ongeveer tien jaar gelede sy eie skaapras begin teel. Die Perdeklower is ՚n kruisteling tussen Dorper, Witdorper, Meatmaster en Dormer. Die sleutel tot Albertus se skaapboerderysukses is presisievoeding en reproduksie, veral seleksie vir meerlinge, en doelmatige voeding van sulke ooie. Daarom selekteer hy die ooie wat jaar na jaar twee of drie lammers grootmaak omdat die ooie ook ’n goeie voeromsetverhouding het. Albertus se lampersentasie het met 40% gestyg sedert hy Rumax se menger ingespan het om sy ooie se rantsoen te meng. Albertus het ՚n ekstensiewe skaapboerderystelsel waar hy so ver as moontlik geharde en aanpasbare skape teel wat op die veld loop, maar wanneer dit lamseisoen is word die ooie intensief in lamhokke gevoer. Soos boere in die meeste dele van Suid-Afrika het Albertus erg onder die droogte deurgeloop. “Die weiding in hierdie omgewing is skraps en as jy nie alternatiewe planne gereed het nie, gaan jou vee swaarkry,” sê hy. Albertus het agt jaar gelede sy Rumax-voermenger aangeskaf en hy kan nie vandag sonder hom klaarkom nie. Hy sê: “As hierdie voermenger van my af weggevat moet word, verkoop ek my plaas! “Ek voer die skaap baie gemaklik met die voermenger en hy het my nog nooit in die steek gelaat nie. Gedurende 2019 se uiterste droogte het ek 1 800 ooie per dag met die voermenger gevoer en nog die 1 200 lammers in die voerkraal ook, sonder enige probleme. Ek is werklik baie in my skik met die voermenger.” Albertus sê: “Ek het hamermeulens gehad voordat ek die voermenger aangekoop het, maar die masjiene was baie arbeidsintensief en dit was te duur om twee trekkers te laat loop. Dit is juis waarom ek die voermenger gekoop het – om tyd en koste te bespaar. Met die voermenger is vermorsing tydens vermenging ook minimaal. Soms kan die mengwa nie die hele plaas vol ry nie, dan tap ons die voer af in sakke en gaan voer die skaap met die bakkie vanuit die sakke. Die uitlaatmeganisme is stewig en die proses om die voer te sak is moeiteloos. Albertus Steenkamp se skaapkudde floreer ten spyte van die uiterste droogte. Daarvoor sorg Rumax se voermenger. “Dit is altyd belangrik om te verseker dat die inhoud van jou voer, wat gewoonlik uit verskeie teksture en hoeveelhede bestaan, deeglik gemeng word sodat elke dier met elke hap, die regte hoeveelheid van al die voedingstowwe inneem,” sê Albertus. “Rumax slaag uitmuntend in hierdie uitdaging.” Reg voorbereide voer verseker die welstand van die boer se vee en die voordele wat sterk en gesonde diere meebring. Die gunstige gevolg van die verbeterde voer op Albertus se kudde was dat sy lampersentasie met 40% gestyg het. Geen boer kan so ՚n verbetering versmaai nie. Die Rumax-voermenger vergemaklik Albertus se taak om gebalanseerde kos aan sy diere te voorsien. Vir enige boerdery, groot of klein, is die gehalte van voermengsels, die regte kerflengtes van ruvoer en noukeurige mengsamestelling die basiese eienskappe van ’n goeie voermenger. Die Rumax-voermenger het ’n horisontale, beheerde mengaksie met ’n mengvermoë van tot 15 m³. Daarby het hierdie kompakte menger ’n lae kragbehoefte en bespaar die boer ook geld en tyd omdat Rumax ontwerp en vervaardig is om so taai en betroubaar as moontlik te wees sodat herstel- en onderhoudskoste tot die minumum beperk word. Die menger is ook op ՚n skaal gemonteer waarmee die komponente van die rantsoen baie akkuraat afgemeet kan word. Die ooie se voer is perfek gekerf en gemeng deur die Rumax 15m3 voermenger. Albertus is ՚n jarelange kliënt van Rumax en kan nie uitgepraat raak oor hulle uitstaande diens nie. Gevra wat hy maak om sy diere te voer as sy Rumax onklaar raak, is sy antwoord: “Rumax raak nie onklaar nie, maar as dit dalk sou gebeur, weet ek Rumax se mense sal ՚n plan maak voordat my skape honger ly.” Rumax bied ’n verskeidenheid voermengers, elk met spesifieke eienskappe en vermoëns, om in elke boer se unieke voerbehoeftes te voorsien. Kry vandag nog jou Rumax-voermenger om jou vee suksesvol te voer en meer wins in jou sak te steek. So lyk voerkraallammers se voer wat deur die Rumax-voermenger voorberei is: Elke hap ՚n meesterstuk. Vir meer inligting, kontak Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070, of e-pos [email protected] Besoek ook www.rumax.co.za om Rumax se hele reeks wenwerktuie te sien.
https://www.proagri.co.za/jou-diere-sal-jou-bedank-rumax-voermengers-gee-bobaas-produksie/
2021-09-21 15:46:42
Voorkom en beheer veldbrande - Deel 3: Brandstroke
This post is also available in: English Ordentlike brandstroke kan as beskerming dien om die boer uit diep moeilikheid te hou. Hoofstuk 4 van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande, 101 van 1998, bepaal dat elke eienaar op wie se grond ՚n veldbrand kan ontstaan of van wie se grond dit kan versprei, ՚n brandstrook moet maak en in stand hou aan sy kant van die grens tussen sy grond en enige aangrensende grond. Dit is belangrik om in hierdie verband die Wet se omskrywing van “eienaar” in gedagte te hou – dit sluit ook huurders en enige owerheidsinstansie in. Iemand wat versuim om aan hierdie bepaling te voldoen is skuldig aan ՚n misdryf en kan by skuldigbevinding gevonnis word tot ‘n boete of gevangenisstraf van 1 jaar of tot ՚n boete en gevangenisstraf. Die Wet bepaal dat, indien ՚n eienaar van voorneme is om ՚n brandstrook te maak deur te brand, moet hy ՚n onderling aanvaarbare datum met die eienaars van aangrensende grond reël en die brandbeskermingsvereniging vir die gebied daarvan in kennis stel. As ՚n ooreenkoms nie bereik kan word nie, moet die eienaar aan die eienaars van aangrensende grond en die brandbeskermingsvereniging minstens 14 dae skriftelike kennis gee van die datum waarop hy beoog om brandstroke te brand. ՚n Eienaar van aanliggende grond met wie ՚n dag ooreengekom is of wat ՚n kennisgewing ontvang, moet sy brandstrook op die grens op dieselfde dag brand, of hy moet teenwoordig wees by die brand en verseker dat ՚n voldoende aantal persone aan sy kant van die grens teenwoordig is om te voorkom dat die vuur versprei wanneer die brandstrook gebrand word. ՚n Eienaar mag nie ՚n brandstrook brand indien die brandbeskermingsvereniging teen die voorgestelde brand beswaar maak of ՚n waarskuwing gepubliseer is dat die brandgevaar van die streek hoog is of die toestande nie bevorderlik vir die brand van brandstroke is nie. Indien ՚n eienaar van voorneme is om vir ՚n tydperk van langer as 14 dae afwesig te wees gedurende die tydperk wanneer daar normaalweg gebrand word, moet hy al die eienaars van aangrensende grond voorsien van ՚n adres en telefoonnommer waar daar met hom kontak gemaak kan word. Indien ՚n eienaar van aangrensende grond nie teenwoordig is op die datum waarop daar ooreengekom is of waarvan kennis aan hom gegee is nie, of nie ՚n adres en telefoonnommer voorsien het nie, mag daar voortgegaan word om in sy afwesigheid te brand. Eienaars van aangrensende grond kan daartoe instem om ՚n gemeenskaplike brandstrook weg van die grens tussen hulle eiendomme te maak. ՚n Brandbeskermingsvereniging kan ook reëls maak wat verskil van sekere reëls soos voorgeskryf deur die Wet op voorwaarde dat die nuwe reëls deur die minister goedgekeur is. Die lede van die brandbeskermingsvereniging word dan gebind deur die nuwe reëls en word vrygestel van die betrokke reëls soos deur die Wet voorgeskryf. Drie vereistes word vir brandstroke voorgeskryf. Dit moet, met behoorlike inagneming van die weer, klimaat, terrein en plantegroei van die gebied: • breed genoeg en lank genoeg wees om ՚n redelike kans te hê om te voorkom dat ՚n veldbrand na of van naburige grond versprei; • nie gronderosie veroorsaak nie; • redelik vry wees van brandbare materiaal wat ‘n veldbrand oor die brandstrook kan laat beweeg. ՚n Eienaar wie se grond aan ՚n risiko van veldbrand onderworpe is en waarvan enige deel van sy grond saamval met die grens van die Republiek, moet ՚n brandstrook op sy grond so na moontlik aan daardie grens maak en in stand hou. Slegs die minister kan enige eienaar of groep eienaars om goeie redes vrystel van die plig om ՚n brandstrook of brandstroke te maak en in stand te hou. Die vrystelling kan aan voorwaardes onderworpe wees en die minister moet die brandbeskermingsvereniging van die gebied raadpleeg alvorens hy enige vrystelling verleen. Die reg of plig om ingevolge die Wet ՚n brandstrook te maak en in stand te hou geniet voorrang bo enige verbod soos vervat in enige ander Wet wat betref die afkap, versteuring, beskadiging, vernietiging of verwydering van enige plant of boom, behalwe dat die eienaar: • waar moontlik, enige plant wat ingevolge enige Wet beskerm word, moet oorplant; of • waar dit veilig en doenlik is om dit te doen, die brandstrook so plaas dat sodanige plant of boom vermy word. Kommentaar: In siviele hofverrigtinge beteken die feit dat ՚n eienaar nalaat om ՚n brandstrook te maak nie sonder meer dat hy aanspreeklik is indien ՚n brand van sy grond versprei na aanliggende eiendom en skade veroorsaak nie. ՚n Kousale verband tussen die versuim om ՚n brandstrook te maak en die aanliggende eienaar se skade moet steeds bewys word. Dit beteken dat dit steeds bewys sal moet word dat, indien ՚n brandstrook in plek was, die brand nie sou versprei het nie. Dit is algemeen bekend dat in winderige toestande ՚n brand oor selfs ՚n breë brandstrook kan “spring”. Dit word algemeen deur branddeskundiges aanvaar dat ՚n brandstrook dikwels slegs ՚n geleentheid bied om ՚n brand te bestry en weinig bydra om die verspreiding van ՚n brand te voorkom. ՚n Brandstrook hoef natuurlik nie slegs gemaak te word deur te brand nie, maar kan ook op ander wyses gemaak word, byvoorbeeld ploeg, ghrop, sny van gras en chemiese middels. Indien ՚n eienaar egter besluit om brandstroke te maak deur te brand, moet die inherente gevaar van vuur deurentyd in gedagte gehou word. In die saak, Dews en ՚n ander v Simonstad Munisipaliteit 1991(4) SA 479 (KPA), het regter JG Foxcroft gemeld dat dit algemeen aanvaar word dat die gevaar van vuur so vanselfsprekend is dat dit uiterste versigtigheid verg van diegene wat daarby betrokke is. Dit is algemeen bekend dat persone betrokke by die brand van brandstroke, sodanige voorsorgmaatreëls moet tref dat die risiko dat die vuur buite beheer raak uitgeskakel of tot die absolute minimum beperk word. In die volgende artikel handel ons met hoofstuk 4 van die Wet, naamlik brandbestryding. Die hele reeks is beskikbaar op www.proagri.co.za. Artikel verskaf deur Christo Potgieter en John Smit, direkteure, Versekeringsreg en Regsaanspreeklikheid, BDP Prokureurs, Kaapstad. Hierdie artikel het ten doel om inligting te verskaf en nie regsadvies nie. Vir regsadvies, kontak u regsadviseur.
https://www.proagri.co.za/voorkom-en-beheer-veldbrande-deel-3-brandstroke/
2021-09-06 13:55:13
Magnum™ AFS Connect™: Volgende vlak data-monitering en -bestuur met nuwe kajuitgemak
This post is also available in: English Case IH het die sewende generasie van sy vlagskip konvensionele trekker bekend gestel; die nuwe Magnum™ AFS Connect™. Die bekendstelling kom drie dekades nadat die eerste Magnum-trekker aan die wêreld se boere onthul is, met meer as 150 000 Magnum-trekkers wat sedertdien op plase regoor die wêreld begin werk het. Eksterne opdaterings sluit ‘n nuwe deur in lengte en nuwe styl en beligting in, maar sommige van die belangrikste opgraderings is binne-in die kajuit, wat lei tot ‘n trekker wat die bestuurder en eienaar help om boerderybedrywighede te bestuur met nuwe vlakke van presisie en konnektiwiteit. In 1995 het AFS (Advanced Farming Systems) die maatstaf in die bedryf vir presisieboerdery gestel. ‘AFS Connect®’ is Case IH se telematiese oplossing, wat nou ‘n integrale deel van die nuwe Magnum self is. Daarom is ‘AFS Connect®’ deel van die trekker se naam. Die reeks is uitgebrei met die bekendstelling van die Magnum 400 met PowerDrive-ratkas vir nog swaarder en meer veeleisende toepassings. Hierdie nuwe model bied 400 perdekrag (298 kW) met ‘n maksimum van 435 perdekrag (324 kW). Ontwerp na gelang van terugvoer van kliënte “Die nuwe Magnum-ontwikkeling het begin toe ons ondersoek wou instel na wat gebruikers vandag in hierdie klas en grootte trekker soek, en tyd saam met boere oor die hele wêreld spandeer het vir beter begrip van hul behoeftes en vereistes,” sê Aron Oechsner, Case IH Globale Produkbestuurder vir Magnum. “Dit was ‘n oefening wat personeel, vervaardigings-, bemarkings- en gehaltestandaarde behels het, nie net van die Magnum-fabriek in Racine, VSA nie, maar ook van Case IH regoor die wêreld, sodat hulle idees kon uitruil en vergelyk oor wat in verskillende lande en wêreldwyd belangrik is – streke van Noord-Amerika tot Suid-Afrika tot Australië en verder. “Hieruit het ons konsepte getoets, sowel in die 3D-ontwerpfasiliteit op ons Burr Ridge-navorsings- en ontwikkelingsterrein in Illinois, VSA, as in die veld. Die resultaat is ‘n nuwe reeks wat die breë behoeftes van boere in daardie streke erken, en hoewel dit voldoen aan die vereistes van die innoverende, vooruitdenkende boere wat die potensiaal van nuwe presisie-tegnologie benut, werk dit op ‘n gemaklike manier vir diegene wat minder tegnologies ingestel is,” het hy gesê. Wat is nuut? Afgesien van die sigbare veranderings, is dit die Magnum se nuwe vlak van konnektiwiteit wat die grootste opgradering in die nuutste reeks bied. AFS Connect bewerkstellig ‘n gladde, onmiddellike oordrag en opname van trekkerdata in die herontwerpte kajuit. Dit sluit alles in, van die ligging van die masjien tot die verrigting daarvan en wat dit benodig, soos brandstof of die behoefte aan onderhoud. Data, soos bewerkte oppervlakte of variërende toedienings hoeveelhede, word ook in reële tyd aangeteken en oorgedra. ‘n Nuwe tweerigtingskakeling tussen die nuwe AFS Pro 1200-skerm in die Magnum™ AFS Connect™-kajuit en die AFS Connect-portaal bied toegang tot die bestuur van data. Veilige draadlose data-oordrag beteken beweging van data met behulp van USB-geheue is nie nodig nie, wat die gepaardgaande risiko van verlies of skade uitskakel. Plaaseienaars en bestuurders kan dan ook die vryheid hê om geselekteerde agronomiese data te deel met derdepartye van hul keuse – soos hul landboukundige-en trekkerbedryfsdata met hul handelaar, om diens- of bedryfskwessies te identifiseer en die beste uit die masjien te haal. AFS Connect-tegnologie maak dit ook moontlik om die AFS Pro 1200-skerm van die trekker op ‘n afstand te monitor, wat groter insig bied in wat nodig is om die werking te optimaliseer, sonder dat dit nodig is om fisies saam met die bestuurder in die trekker te wees. Die binnekant van die kajuit van Magnum-trekkers is hersien, met behoud van bekende Case IH -konsepte, soos pilaarinligtingskerms en die Multicontroller plus sy armleuningkontroles, en die verbeterde uitvoering van hierdie bedieningselemente lig intuïtiewe werking na ‘n hoër vlak. Alexey Savinov, Case IH se Produkbemarkingsbestuurder vir Magnum in Asië, die Midde-Ooste en Afrika, sê intuïtiewe werking en gemak van die bestuurder was noodsaaklik by die ontwerp van die nuwe reeks. “Die nuut otwerpte kajuit sluit ‘n nuwe draaibare sitplek, verbeterde lugversorging, verwarming- en ventilasiestelsels en nuwe automobiele-styl kontroles in,” het Savinov gesê. “Selfs geriewe soos berging en laai- en data-poorte in die kajuit is in ag geneem. “Die nuwe Magnum™ AFS Connect™ het baie om te bied – dit is regtig ‘n groot sprong in trekkerontwerp – en ons is baie trots daarop dat dit nou vir boere in Suid-Afrika beskikbaar sal wees,” het hy gesê. Die reeks vir Suider-Afrikaanse markte sluit die Magnum 280, Magnum 310, Magnum 340, Magnum 380 en Magnum 400-modelle in – met ‘n maksimum kraguitset van onderskeidelik 351 (261 kW), 382 (284 kW), ​​409 (305 kW) en 435 perdekrag (324 kW). Die Magnum 400 is beskikbaar met ‘n swaar 21/5 PowerDrive-ratkas. Alle modelle beskik oor ‘n 8,7-liter FPT Industrial Cursor 9 ses-silinder turbo-aangedrewe en onderverkoelde enjins. Die Magnum™ AFS Connect™ 340, 380 en 400 modelle kan ook gekonfigureer word as die agterspoor Rowtrac. Dié trekkers handhaaf ‘n agterste hefvermoë van tot 11 700 kg, terwyl die hefvermoë van die opsionele voorhef 4 090 kg is. Tot ses afstandskleppe is aan die agterkant en drie aan die voorkant beskikbaar. Vir meer inligting oor die nuwe Magnum™ AFS Connect™, of enige Case IH-masjinerie vir jou spesifieke toepassing, kontak jou plaaslike gemagtigde Case IH-handelaar of besoek www.caseih.co.za. Bron: CNH Industrial AG and CE
https://www.proagri.co.za/magnum-afs-connect-volgende-vlak-data-monitering-en-bestuur-met-nuwe-kajuitgemak/
2021-09-07 16:03:55
Slaapapnee - dit is slegter as wat jy dink
This post is also available in: English deur Dr. Ben van Tonder Is jy een van die mense wat aan slaapapnee ly sonder om daarvan te weet? Dr. Ben van Tonder gee meer inligting en raad oor dié kondisie. Snork jy hard? Voel jy dikwels deur die dag moeg? Het ander persone al opgemerk dat jy ophou asemhaal of na jou asem snak terwyl jy slaap? Is jy ouer as 50? Is die omtrek van jou nek om die adamsappel groter as 430 mm (man) en 405 mm (vrou)? Is jou massa in kg gedeel deur (jou lengte [meter] x jou lengte [meter]) meer as 35 kg/m? Word jy behandel vir hoë bloeddruk? Raak jy helder oordag aan die slaap agter die stuurwiel? As jy ja antwoord op vyf van die vrae is die waarskynlikheid groot dat jy aan slaapapnee ly, en as jy op drie vrae ja antwoord is die kans redelik groot. Die woord apnee verwys na die afwesigheid van asemhaling en slaapapnee is ’n slaapversteuring wat inhou dat ’n persoon ophou asemhaal en na asem snak of snork omdat die lugweg versper word of gedeeltelik versper word en die lugvloei belemmer word. Vir bedmaats van persone wat aan slaapapnee ly, is dit angswekkend. Jy lê wakker en luister of die asemhaling weer gaan voortgaan eerder as om te slaap. As jy wel aan die slaap raak, word jy wakker van ’n oordadige gesnork en ook dikwels deur ’n gesnak na asem. Dit gebeur omdat die laer suurstofvlakke in die bloed en gevolglike ophoping van koolsuurgas die asemhalingsentrum in die brein stimuleer om na asem te snak. Obstruktiewe slaapapnee (OSA) is die algemeenste voorkoms van slaapapnee. OSA word gekenmerk deur herhaalde afsluiting van die lugweg as die spiere ontspan wat die sagte weefsel in die lugweg ondersteun. Die voorkoms van OSA neem toe met ouderdom, oorgewig, allergieë en vergrote mangels. As die lugweg net vernou staan dit bekend as hipo-apnee en gaan dit bae dikwels gepaard met snork. Slaapapnee hou verband met swak geheue, slaperigheid bedags (die gevaarlikste is aan slaap raak agter die stuurwiel), hoofpyn en verhoogde risiko van verskeie siektes – soos hart- en bloedsomloop-stelselsiektes, diabetes en gewigstoename. OSA verhoog die risiko van hartversaking met 140%, beroerte met 60% en chroniese hartsiektes met 30%. ʼn Groot deel van mense met tipe 2 diabetes ly aan slaapapnee. Dit kom ook meer voor by Alzheimer-pasiënte as by ander. Voorkoms van psigiatriese probleme is ook meer algemeen by mense met slaapapnee. Waarom sal jy dan nie iets doen wat dadelik kan help en geen newe-effekte het nie? Met net ʼn klein bietjie ekstra druk in die lugweg – tipies 1% ekstra – bly meeste mense se lugweg oop. Positiewe lugwegdruk (PAP) word kontinu gehandhaaf met behulp van CPAP-masjiene. ʼn Mens hoef net gewoond te raak aan ʼn pyp en ʼn masker. Om soggens op te staan met energie en met chroniese siektes en medikasie ʼn kleiner risiko maak dit meer as die moeite werd! CPAP stuit nie net slaapapnee en snork in sy spore nie, maar help daarna ook om makliker gewig te verloor. Met Covid-19 het ons baie bewus geword van die belang van hoë suurstofvlakke en dat PAP selfs mense sonder slaapapnee kan help. Geskikte modelle twee-vlak PAP-masjiene (BiPAP) wat veral bekend is vir behandeling van sentrale slaapapnee, word wyd gebruik as nie-indringende ventilators om ook siekes met asemhaling en beter absorbering van suurstof te help – selfs tuis. CPAP/BiPAP-masjiene met hul maskers om PAP te handhaaf het opsionele suurstofpoorte. Dit skep geleentheid om maksimum waarde uit ekstra suurstof te verkry. In kombinasie met ʼn suurstofkonsentreerder wat ʼn “suurstoffabriek” in ʼn houer op wieletjies is, word ʼn mens nie net op ʼn goedkoper manier nie, maar ook geriefliker gehelp sonder swaar silinders wat ontydig leeg word. Natuurlik behoort siek persone ook hierin hul dokters se leiding te volg. Berien CPAP het ʼn paar jaar gelede as onafhanklike entrepreneurs tot die veld toegetree. Ons lewer nou die beste waarde vir geld, meer bekostigbare gehalte PAP-toestelle met vyfster diens. Ons kliënte word landwyd per koerier en via tegnologie gehelp. Berien is ʼn ten volle gelisensieerde onderneming met eie NAPPI-kodes wat ook mediese fonds ondersteuning vir ons toestelle moontlik maak. Vir meer inligting aangaande Berien CPAP Produkte en Dienste besoek https://berien.co.za/ of skakel +27 (0)83-637-3470.
https://www.proagri.co.za/slaapapnee-dit-is-slegter-as-wat-jy-dink/
2021-09-27 14:46:00
Tyd dat die ANC onteiening sonder vergoeding agterlaat
This post is also available in: English Onteiening sonder vergoeding is ’n konsep wat aan ’n vervloë era van koue oorlog en kommunisme behoort en die ANC moet daarvan afsien sodat Suid-Afrika op die herstelpad kan kom. Die regering se beheptheid met dié konsep is die oorsaak van massiewe disinvestering, die gebrek aan groei en mededingendheid, werksverlies, die inploffing van die Landbank en ekonomiese verval. Die Landbank se totale boek bestaan uit landbou, waarvan die finansiering op grondbesit as sekuriteit berus. Dreigemente om grond sonder vergoeding te onteien het ernstige negatiewe gevolge vir elke boer en handelsbank, maar vir die Landbank het dit die voortbestaan van die bank in gedrang gebring. Die ANC moes lankal uit die reaksie van Suid-Afrika se handelsvennote, die Europese Unie (EU), die Verenigde Nasies (VN) en ander multilaterale internasionale instellings afgelei het dat sy verbintenis tot onteiening sonder vergoeding Suid-Afrika weer tot muishondstatus sal verdoem, soortgelyk aan Zimbabwe en Venezuela. Niemand belê in ’n land waar beleggers die risiko loop om sonder vergoeding onteien te word nie. Nêrens het onteiening sonder vergoeding óf teen minder as markwaardevergoeding in gedwonge transaksies ’n goeie uitkoms gehad nie. Die wêreld verstaan nie dat ’n idee wat oral waar dit ingestel is net tot ekonomiese verval, verdriet en lyding gelei het, onder die ANC (met sy jammerlike baanrekord van mislukte instellings) nie anders sou verloop nie. Die blote feit dat die ANC die sakesektor, werkgewers, belastingbetalers en beleggers se hoofsaaklik skriftelike insette in die openbarekonsultasieproses met ’n slenter uit die weg moes ruim sodat daar staatgemaak moet word op onsamehangende mondelingse insette van mense wat na ontoeganklike plekke aangery is, moes al ’n aanduiding wees dat niks goeds uit dié idee kan voortspruit nie. Toe die ANC deur Sakeliga gedwing is om die wetenskaplike impakstudie openbaar te maak en hulle uitgevang is dat hulle dit met flagrante onwaarhede bekook het, het die wêreld al besef dat daar geen integriteit of substansie agter hulle blinde dryf na ’n gediskrediteerde beleid sit nie. Saai werk elke dag met wit én swart familieboere wat ly onder die kleinlike binnepolitiek in die ANC wat tot die mosie oor onteiening sonder vergoeding aanleiding gegee het. Die ANC gaan duidelik ook nie die vereiste meerderheid in die parlement kry om die Grondwet te verander nie. Die ontsaglike prys wat Suid-Afrika vir ’n swak idee betaal het, was nie die moeite werd nie. In die belang van Suid-Afrika en sy mense moet die ANC sy flater erken, daarvan wegstap en moeite doen om sowel plaaslike as internasionale entrepreneurs te oortuig dat dit veilig is om hier te belê. Bron: Saai
https://www.proagri.co.za/tyd-dat-die-anc-onteiening-sonder-vergoeding-agterlaat/
2021-07-08 00:00:00
Die Wynboer en OK vat hande om familiewynboere se wyne te verkoop
This post is also available in: English Kleiner en mediumgrootte wynboere sukkel steeds om die vernietigende gevolge van die verbod op wynverkope onder COVID-19-regulasies te oorkom, al het pres. Cyril Ramaphosa op 13 September 2021 aangekondig dat Suid-Afrika na Vlak 2 van die inperking kan skuif. Wynboere verwelkom dié verslapping, maar voel dat alle COVID-19 verwante beperkings op die verkoop van wyn opgehef moet word sodat verkope wat aan lisensievoorwaardes voldoen na normaal kan terugkeer. Met die skuif na Vlak 2 het Die Wynboer en OK-groep hande gevat om wyne van familiewynboere wyer in Suid-Afrika te versprei. ’n Nuwe promosierak, wat op ’n rotasiebasis elke agt weke aan drie wynplase op ’n slag blootstelling sal gee, gaan in 142 OK Liquors, OK Grocers en OK Minimarkte ingerig word. Ná ’n jaar van die swakste verkope tot nog toe in die wynbedryf, is dié inisiatief die eerste van sy soort. “Ons was sedert die loodsing van Die Wynboer in 2020 met die OK-span in onderhandelings betrokke om dié rak te laat realiseer,” sê Kwagga Boucher, uitvoerende hoof van Die Wynboer, wat met die loodsing van Die Wynboer reeds onderneem het om namens familiewynboere vir rakspasie en geleenthede te beding. “As boere weet ons hoe moeilik dit is om jou produkte regoor die land op rakke te kry en al is agt weke nie ’n lang tyd nie, help dit jou om ’n voet in die deur te kry by drankwinkeleienaars wat dalk kan besluit om jou wyn permanent aan te hou,” voeg Boucher by. Met dié rak wil OK ook aan hul verbruikers toegang gee tot wyne wat nie voorheen geredelik beskikbaar was nie. Die eienaars van die 142 winkels het die geleentheid aangegryp en sien uit om ’n pad saam met die familiewynboere te stap. Gaan loer gerus by jou naaste OK in en ondersteun die winkel wat die familiewynboere ondersteun. Hou Die Wynboer se webtuiste dop om te sien watter wyne beskikbaar is. Bron: Die Wynboer
https://www.proagri.co.za/die-wynboer-en-ok-vat-hande-om-familiewynboere-se-wyne-te-verkoop/
2021-09-20 13:37:58
Familieboerderye kraai koning in TLU SA Jongboer van die Jaar 2021
This post is also available in: English Die reus van ‘n jong boer Dawie Brits was so opgewonde soos ‘n skoolseun wanneer die skool sluit, toe hy hoor dat hy TLU SA se Jongboer van die Jaar 2021 is. Dié kompetisie is vanjaar aangebied in samewerking met Manitou, Santam Landbou, Introlab, CMH Ford Hatfield en C-Track. Dawie Brits Dawie (35) boer in die Balfour-distrik met sojabone, mielies en hoenders op die plaas Modderbult waar sy oupa en pa ook geboer het. En sy twee seuntjies het al klaar gekies waar hulle plaashuise moet staan wanneer hulle eendag in die familie se voetspore volg. Hoewel hy altyd wou boer, het Dawie se pa hom aangemoedig om eers ‘n ander beroep te volg en het hy ‘n vlieënier geword. Die boerdery het egter te hard geroep en drie jaar gelede kon Dawie uiteindelik sy plek op die plaas inneem. Dis veral met mielies wat Dawie sy slag wys. “Ek het regtig ‘n passie oor die saaiboerdery en die hoenders moet dit maar net aanvaar,” lag Dawie. “Dit was vir my lekker om te sien hoe die ander boere dit doen en die versekering te kry dat hoe ek dit doen, nie heeltemal verkeerd is nie. Dis lekker om met die ander deelnemers te praat en kennis te deel.” Afgesien van die groot titel sien Dawie en sy “oulike vrou” Riana uit na hulle oorsese reis na die Manitou fabriek in Frankryk. Dawie het ook ‘n kontantpakket van R52 000 gewen: R25 000 van Santam Landbou; R12 000 van Introlab; R10 000 van CMH Ford Hatfield; en R5 000 van Ctrack. In die tweede plek is Jess Walker (35) van die Losberg Boere-unie op die plaas Tweefontein. Jess en sy vrou Chrissie (saam hulle twee kinders) het werklik die begrip familieboerdery omarm en Jess boer die afgelope vyf jaar saam met sy skoonpa op hulle familieplaas. Hierdie oud-onderwyser het vinnig besef dat hy in murg en been ‘n boer is en die boeke vir grond verruil. Die Walkers is meestal saaiboere maar boer ook met stoet- en kommersiële beeste. As die naaswenner ontvang Jess R15 000 van Santam Landbou en R8 000 van Introlab. In die derde plek met prysgeld van R10 000 van Santam Landbou en R5 000 van Introlab is Barend Rautenbach (34), ‘n pa van vier. Barend en sy vrou Benine boer al vir amper 11 jaar op Fernie-Haugh in Mpumalanga. Hierdie familieboerdery word gelykop verdeel tussen Barend, sy pa Ben en ouer broer Rudi. Barend is grootliks verantwoordelik vir die melkery en is ook betrokke by die vleisbeeste-vertakking van die boerdery. “Die deelname aan die Jongboer van die Jaar-kompetisie het my regtig nederig laat voel,” sê Barend. “Dit is goed om met die groot besighede wat die kompetisie borg en iemand soos Oom Bennie van Zyl te gesels en by hulle te leer. Dit was interessant om meer te leer oor finansiële beplanning en die struktuur van ‘n suksesvolle boerdery en ek sal beslis veranderinge aanbring na aanleiding van die terugvoer wat ons ontvang het.” TLU SA is trots om jaarliks hierdie kompetisie aan te bied en so ‘n belegging te maak in die toekoms van Suid-Afrikaanse landbou. Bron: TLU SA
https://www.proagri.co.za/familieboerderye-kraai-koning-in-tlu-sa-jongboer-van-die-jaar-2021/
2021-09-07 13:43:14
BBP stewiger in die tweede kwartaal - Landbou herstel danksy seisoenale faktore
This post is also available in: English Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het Dinsdag, 7 September 2021, die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2021 bekendgemaak. Hiervolgens het die ekonomie met 1,2% op ’n kwartaallikse basis versnel ná ’n toename van 1,0% in die eerste kwartaal van 2021. Ses bedrywe het positiewe groei aangeteken, met vervoer, berging en kommunikasie as die grootste bydraers (6,9% op ’n kwartaallikse basis), gevolg deur landbou. Wat die landbousektor betref, het landbou-BBP gestyg met 6,2%, wat ’n bydrae van 0,2% tot die groei in BBP verteenwoordig. “Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ’n toename in akkerbou-, tuinbou- en diereproduksie en was te verwagte aangesien daar gewoonlik ’n toename in landboubedrywighede gedurende die tweede kwartaal van die jaar is,” sê Kulani Siweya, hoof van Agri SA se ekonomie-afdeling. “’n Groot deel van die landbou-BBP is gekonsentreer in akkerbou. Wat somergewasse betref, skop die oesseisoen gewoonlik in Mei af (April in die geval van vroeë oeste). Hierna volg aanplanting ná afloop van die eerste reëns van die seisoen, normaalweg vanaf Oktober (van die vorige jaar) tot Januarie die volgende jaar.” Aanplanting word hoofsaaklik geskied in die tweede kwartaal van die jaar. Hoewel die oes nie besonder groot is in vergelyking met die someroes nie, word wintergewasse gewoonlik in die derde en vierde kwartaal van die jaar geoes. Hierdie syfers sal later vanjaar bekend gemaak word. “Hierdie seisoenale faktore is onderliggend aan die toename in BBP vir die sektor,” verseker Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie. “Die syfers vir die tweede kwartaal kan veral toegeskryf word aan die positiewe oesskattings vir die jaar. Diereproduksie, wat negatief geraak is hoofsaaklik weens droogtetoestande in sommige dele van die land en siektes in ander dele, het begin herstel namate kuddes herbou word. Indien gunstige weerspatrone en die afwesigheid van siektes voortduur, kan ’n positiewe uitkoms in die komende kwartale verwag word.” Bron: Agri SA
https://www.proagri.co.za/bbp-stewiger-in-die-tweede-kwartaal-landbou-herstel-danksy-seisoenale-faktore/
2021-09-08 20:36:09
Massey Ferguson maak suikerrietboerdery 'n soet sukses
This post is also available in: English Goeie plaaslike ondersteuning van Farm Maintenance Services (FMS), ՚n KwaZulu-Natal handelaar vir Massey Ferguson-trekkers in Pietermaritzburg, was die hoofrede waarom Heinrich Harris van Vriendchap Boerdery na Massey Ferguson oorgeskakel het. “Toe ons besluit het om ons masjinerie te vervang, was FMS die handelaar waarop ons kon staatmaak om na al ons behoeftes om te sien, en ons te ondersteun met tegniese bystand,” sê Heinrich, meganiese- en instandhoudingsdirekteur by Vriendschap Boerdery in Melmoth. Hy sê: “Al ons instandhouding word onder waarborg uitgevoer en FMS het gereedelike onderdele beskikbaar wat hulle spoediglik kan voorsien om die boerdery aan die gang te hou.” Heinrich het lank ՚n ander handelsmerk gebruik. FMS se verkoopsbestuurder, Cornie Tosen, verduidelik dat waarde vir geld en die hoë spesifikasievlak van die MF-trekkers ՚n groot oorweging was in Heinrich se besluit om oor te skakel. Ons streef daarna om ons klante tevrede te hou. “Die uitstekende na-verkopediens gee aan ons klante die gemoedsrus dat hulle met minimum staantyd aan die boer kan bly.” Vandag bestaan Vriendschap Boerdery se vloot uit twee vierwiel-aangedrewe trekkermodelle, naamlik die MF 5710 en MF 4708. “Ons besit tien MF 5710 en vyf MF 4708, wat genoeg krag het vir algemene suikerrietbedrywighede. Ons het onlangs twee van die effe groter MF 6713 bygekoop, ook met vierwielaandrywing, wat hoofsaaklik vir grondvoorbereiding gebruik word,” sê Heinrich. Die MF 5700-reeks is ՚n staatmaker-reeks wat die idee van trekkers onder 100 kW herontwerp het en aan die behoeftes van huidige en toekomstige boerdery voldoen. “Daar is huidiglik geen ander trekkerreeks wat soveel ontwerpspesifikasies, keuses en bykomstighede bied, om aan elke boer se spesifieke behoeftes te voldoen nie,” sê Cornie. Die MF 4700 Global is ՚n moderne, stewige, eenvoudige, hoëprestasie-reeks wat besonderse doeltreffendheid vir elke tipe boerdery bied. Met die reeks se splinternuwe, maar eenvoudige ontwerp, bied dit beter beheer, akkuraatheid, doeltreffenheid, operateursgemak en besonderse waarde vir geld. Vriendschap Boerdery het onlangs ook ՚n MF 7726 aangeskaf. “Die klant het ՚n trekker nodig gehad wat veelsydig en doeltreffend was vir grootskaalse plant- en snywerk,” sê Cornie. Die MF 7726 was die ideale trekker met ՚n voorste driepunthyser, voor- en kajuitveringstelsel en volledige navigasiestelsel. Met die vlindersnyer-kombinasie, aan die voorkant, kan die kliënt nou 8 m op ՚n slag sny. Die trekker is kragtig genoeg vir grondvoorbereiding en spog terselfdetyd met ekonomiese brandstofverbruik wat dit ideaal maak vir hooiwerk. Die lae koste van die MF 7726, maak dit ՚n baie aantreklike opsie vir die suikerrietboere van KZN. Heinrich sê die MF 7726 sal op een van Vriendschap Boerdery se ander plase ontplooi word. Die mees onlangse aankoop van Vriendschap Boerdery was ՚n MF 7726. “Die trekker is goed aangepas vir ons werk daar, aangesien die voor-hyserstelsel ons in staat stel om drie afsonderlike snyers gelyktydig in te span, twee agter aan weerskante van die trekker en een in die middel voor. Dit is die perfekte trekker, en ek glo in die toekoms sal ons beslis meer MF-trekkers by FMS koop.” Die MF 7700 S-reeks bied omvattende opsies van kraglewering, kragoordrag, kajuitspesifikasies, hidroulika en kragaftakker. Dit is ten volle toegerus met navigasiestelsels en beskikbaar in vier modelle. Met krag wat wissel van 150 tot 190 kW, asook Dyna-6 en Dyna-VT-kragoordrag. Een van die redes waarom Heinrich oorgeskakel het na die nuwe handelaar en handelsmerk was omdat die mededinger nie ՚n trekker met laer-spesifikasies in sy reeks gehad het wat geskik is vir tawwe suikerrietboerdery-opstandighede nie. “Die Nuutste tegnologie is natuurlik duurder, maar maak ՚n positiewe verskil op jou kostes oor die lang duur. Wat die weegskaal ten gunste van MF gekantel het, was die prysverskil van 25% in sy basiese mandjie onderdele. Uit ՚n onderhouds-oogpunt is dit alleen ՚n enorme besparing,” beklemtoon Heinrich. Alhoewel ՚n laer prys aan minderwaardige gehalte gekoppel word, sê Heinrich dat die teenoorgestelde waar is met MF, wat trots is op die gehalte en betroubaarheid van hul werktuie. Ons het tot dusver geen probleme met ons MF-vloot gehad nie. Boonop kyk FMS as die handelaar, baie goed na ons. Die nuwe handelsmerk is soms nog iets om aan gewoont te raak, en soms kom klein probleempies voor, maar die spoedige manier waarop dit opgelos word, met die klem op maksimum werktyd en produktiwiteit, spreek boekdele oor die handelsmerk en sy verteenwoordigers. Die voorste driepunthyser, kragaftakker en vlindersnyer stel die boer nou in staat om 8 m op ՚n slag sny. So belangrik as wat diens vir die boer is, so belangrik is die verhouding tussen die handelaar en sy verskaffer. “Die FMS span is altyd op hulle pos en gretig om te help waar nodig. Ons het ՚n baie goeie verhouding en ek is baie tevrede met die uitstekende diens wat ons tot dusver ontvang het.” Cornie som op dat Vriendschap Boerdery ՚n uitstekende voorbeeld is van die soort jarelange kliënt wat FMS as MF-handelaar gekweek het. “FMS het ՚n groot voetspoor in die streek met vier goed-toegeruste voertuie vir vinnige diens op die plaas en ՚n volledige werkswinkel vir grootskaalse herstelwerk.” Ter ondersteuning van die boerderygemeenskap het Massey Ferguson ՚n uitgebreide netwerk van meer as 35 handelaars regoor Suid-Afrika, wat sorg vir onderdele, diens, naverkoop-ondersteuning en verkope van nuwe werktuie. Boere wat in die MF-reeks belangstel, kan ՚n video, brosjure, en besonderhede van die naaste handelaar aanvra en binne 30 sekondes ՚n prysberaming kry deur eenvoudig www.masseyferguson.co.za te besoek. Kontak Andrew Nicholson by FMS op +27-82-495-6276 of [email protected] of kontak AGCO se streeksverkoopsbestuurder, Lenard Lingenfelder op +27-66-581-7489 of [email protected] vir meer inligting.
https://www.proagri.co.za/massey-ferguson-maak-suikerrietboerdery-n-soet-sukses/
2021-09-04 11:29:45
TLU SA laat landbou leef met oplossings en toekennings tydens Kongres
This post is also available in: English TLU SA het landbou vandag behoorlik laat leef met goeie nuus en oplossings vir die kommersiële boere van Suid-Afrika. Een van die aankondigings wat lede laat juig het, is ‘n nuwe ooreenkoms met Verco Energy wat goedkoper diesel aan TLU SA-lede sal verskaf. Lede in groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga), Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) en Vrystaat sal van hierdie aanbod gebruik kan maak. Lede sal 45c per liter minder betaal en TLU SA sal dan ook ’n rabat van 20c per liter ontvang. “Ons boere is onder geweldige druk met die voortdurende styging van pryse van insetkostes, soos brandstof en kunsmis,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Ons onderhandel daagliks met diensverskaffers om ons boere volhoubaar op hulle grond te hou. TLU SA is dankbaar vir diensverskaffers wat besef hoe belangrik die totale waardeketting vir die voortbestaan van landbou is.” Verder is ‘n jarelange droom om ‘n TLU SA Winkel met “gebrandmerkte” klere bekend te stel, vandag ook verwesenlik. Ons nooi lede, vriende en ondersteuners om in te loer by https://winkel.tlu.co.za/ om hemde met TLU SA se logo daarop geborduur, te bestel. “Dit is vir ons so lekker om as ‘n groep saam uit te staan en hierdie amptelike drag is juis ontwikkel om hierdie gevoel van samehorigheid te bevorder,” sê mnr. Geldenhuys. “Ons hoop om binnekort al ons lede in ons boerhemde, pronkhemde of werkhemde te sien!”. Tydens die Kongres is mnre. Henry Geldenhuys en Wannie Scribante weer (en eenparig) in hulle ampte as president en adjunk-president verkies. Mnr. Geldenhuys het lede bedank vir die vertroue wat hulle in hom stel en beloof om landbou altyd voorop te stel. Die jaarlikse wenners van die verskeie uitdagings en kompetisies word ook tydens die Kongres aangekondig: Goliat van Gat Pampoenkompetisie Trofee – Wykus Lamprecht van Meyerton met ‘n pampoen van 790 kg; Kiepersol Trofee vir die Boere-unie van die jaar – Cullinan Boere-unie vir die Goliat van Gat kompetisie; LWO/TLU SA Arbeid Skild vir gesondste arbeidspraktyke – Johan Kense van die Devon Boere-unie; Charles Baber Trofee vir hulpbronbewaringsprojekte wat geloods en deurgevoer word – Swartruggens DLU vir hulle rol om lopende water in die streek weer aan die gang te kry; Willie Marais Trofee vir die beste kommunikasie oor TLU SA se boodskap en landbou – De Wildt Boerevereniging met hulle nuusbrief; TLU SA Landelike Veiligheid Trofee: Individuele wenner – Celia Beukes; TLU SA Landelike Veiligheid Trofee: Affiliasie wenner – Potgietersrus DLU; Commondale Trofee vir Beste Boerevereniging – Roedtan-Suid Boerevereniging vir effektiwiteit; RF Camphor Beker vir die Beste Distrikslandbou-unie – Potgietersrus Distrikslandbou-unie onder leiding van Floris Booysen en Renita Prinsloo; Intfin Skild vir die Beste Sekretaresse/Sekretaris – Renita Prinsloo van Potgietersrus Distrikslandbou-unie; Presidentbeker vir Jongboer-betrokkenheid – Lukas Eksteen van die Potgietersrus DLU; Isaac Greenberg Beker vir die Beste Streek – Sentraalstreek onder leiding van Derick Kuün as Streekvoorsitter en Lynette du Plessis as Streekbestuurder; Die eerste vroulike ontvanger van die Nico Kilian Trofee vir die Landboupersoonlikheid van die Jaar 2021 – Erika Helm, voorsitter van die Plaaslike Regeringskomitee. “Ons wens al hierdie wenners geluk met die toekennings,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is vir ons verblydend dat ons lede verantwoordelikheid neem om landbou volhoubaar te beskerm.” Vind die Presidentsrede aangeheg. Bron: TLU SA
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-laat-landbou-leef-met-oplossings-en-toekennings-tydens-kongres/
2021-09-01 14:29:46
Land Cruiser 300: Die “Groot meneer” van Afrika
This post is also available in: English Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive Die laaste nuwe Land Cruiser het in 2014 op plaaslike bodem gebuig. Geen wonder die nuwe 300 was met soveel verwagting begroet nie toe dit middel September aan plaaslike motormedia in die mooiste Kaap bekend gestel is nie. Veral omdat die nuweling bekend as LC300 totaal nuut ontwerp, met Toyota se veelgeroemde TNGA argitektuur gebou en met Kleiner kragtiger enjins toegerus is. Voorkoms en Ontwerp Wat voorkoms betref vertoon die nuwe LC300 groter, forser met veral die vooraansig indrukwekkend in vergeleke met die uitgaande ‘200’- model. Sterk aksentlyne, skerp hoeke en nuwe LED ligontwerpe voor en agter laat die LC300 egter ook vars en modern op die oog val. Tog is daar ook geleen uit die verlede met die gewilde Land Cruiser 80 se klassieke 2-boksie ontwerp wat in die kantprofiel sigbaar is. Dis egter die ontwerp van die groot sierrooster en nuwe ligte wat die koppe laat draai en sorg vir ‘n aggressiewe en intimiderende teenwoordigheid op die pad. Die Land Cruiser 300 is Toyota se vlagskip model en het oor jare heen die reputasie opgebou as die ‘Master of Africa’ om Toyota se woorde te gebruik. Die LC300 is totaal ‘n nuwe ontwerp gebou op Toyota se heel nuwe TNGA (Toyota New Global Architecture) platvorm bekend as TNGA-F waar die “F” verwys na die leerraam ontwerp wat uiters gewild is onder die 4×4 ghoeroes en entoesiaste. Kajuit en Toerusting Die ruim kajuit is uiters luuks, omvattend toegerus en bied afwerking van hoë gehalte. Toyota het die LC300 met drie afwerkingsvlakke bekendgestel naamlik die intree GX-R, die luukser ZX wat gerig is op die Range Rover -tipe koper en dan vir die eerste keer in die Land Cruiser stal, die sportiewer GR-S. Waar die intree GX-R model grootliks fokus op die veldry, avontuurgerigte koper is die ZX model weer luuks en hoogs gespesialiseer toegerus vir die koper wie luuksheid en gerieflikheid as prioriteit in sy stedelike SUV plaas. Alle modelle kom standaard toegerus met Appel Carplay/Android Auto koppeling, sleutelose aanskakel en toegang wat ook outomatiese sluit van die deure insluit. Verder is daar parkeergonsers, ‘n elektriese parkeerrem en klimaatbeheer wat ook ‘n afsonderlike beheersone bied vir die agterste passasiers bied. Die voorste insittendes kry elektriesbeheerde sitplekke ‘n groot infotainment skerm (MID) met toegang tot SatNav wat ook onderskikte grond- en plaaspaaie bied (Tracks 4 Africa by die GX-R). ook is daar verskeie kragpunte asook laaipunte vir allerlei elektroniese katoetertjies.Die permanete 4-trek aandrywingstelsel word beheer deur ‘n “Drive Mode Select” wat ook oor ‘n indrukwekkende Kruipbeheer beskik – veral handig wanneer daar vasgeval word in die boedoes. Die ZX en GR-S modelle kom ondermeer toegerus met ‘n addisionele 3de ry sitplekke wat kan platvou, elektriese beheer vir die agterklap en verhitting vir die stuurwiel. Verder is daar ‘n uitstekende 14-luidspreker JBL klankstelsel wat ook DVD’s kan speel op die 12.3″ hoë definisie skerms asook ‘n Multi-Terrain Monitor met kameras vir ‘n 360˚ panoramiese beeld. Daar is ook verhitting en verkoeling vir die voorste en tweede ry sitplekke, koordlose laaiblad vir slimfone en ‘n banddruk monitor. Die ZX model kry boonop Wi-Fi gekoppelde infotainment skerms met koordlose oorfone, terwyl die GR-S model met ‘n innoverende E-KDSS* stelsel vir die onderstel toegerus is om uitdagende veldrytoestande baas te raak. Dan kry alle modelle ook Toyota Connect, waar eienaars via MyToyota App toegang kry tot ‘n magdom inligting. Die toepassing sluit ‘n Wi-Fi module in wat vooraf gelaai is met ‘n komplimentere 15Gb data wat aangevul kan word met databundels vanaf “MyToyota App”. Enjin en Verrigting Die uitgaande Land Cruiser 200 het ‘n byna kultus status onder eienaars en bewonderaars gekry, veral met die laaste model opdatering se 4.0 liter V8 turbodiesel. Onder hardebaard Land Cruiser aanhangers is daar twyfel of die LC 300 se nuwe V6 turbokragbronne dieselfde oemf gaan hê as die betroubare 4500EFI en V8 4.0l turbodiesel. Die nuwe LC 300 word toegerus met splinternuwe kragbronne wat krag na al die wiele stuur met behulp van ‘n seepgladde 10-spoed outomatiese ratkas met blitsvinnige oorskakelings. ‘n Petrol 3.5-liter V6 Twin Turbo vervang die uitgaande 4500EFi enjin en die V8 4.0 liter turbodiesel maak plek vir ‘n nuwe generasie 3.3-liter V6 turbodiesel met 2 spoed funksionaliteit. Beide enjins lewer meer krag en wringkrag by laer toere en teen beter brandstofverbruik as die vorige enjins, weeg minder en is uiteraard meer gesofistikeerd danksy nuwer tegnologie. My gunsteling is die 3.3 V6 Diesel wat met 225 kW @ 4000 rpm en ‘n indrukwekkende 700 Nm maksimum wringkrag lewer tussen 1600 and 2600 rpm. Dis ‘n heerlike soepele krag in die veld en op die oop pad. Die nuwe petrol V6 lewer 305 kW @ 5200 rpm en 650 Nm maksimum wringkarg vanaf 2000 rpm. Hierdie enjin maak gebruik van Toyota se veelgeroemde D-4ST brandstofinspuiting stelsel in samewerking met die vervaardiger se blitsige dubbel VVT-i stelsel vir seepgladde kraglewering. Die enjin gaan meeste van die kritici se harte verower met ongelooflike versnelling en uiters soepele kraglewering wanneer dit benodig word. Topspoed by beide modelle word by 210kpu beperk. Toyota se amptelike brandstofverbruik word aangegee as 12.1 l/100 km vir die 3.5l V6 Petrol en ‘n indrukwekkende 8.9 l/100 km vir die 3.3l V6 turbodiesel met CO₂ uitlate teen 291 en 238 onderskeidelik. Veldry Paddinamika Tydens die media bekendstelling oor 3 dae was ons bevoorreg om die LC 300 in ZX V6 petrol en GR-Sport(GR-S) dieselturbo mondering te ry – laasgenoemde die eerste Gazoo Racing Sport weergawe in die Land Cruiser modelreeks. Die GR Sport model is die veldry sportiewe boetie in die LC300 stal en is maklik uitkenbaar met swart 19” allooiwiele en hoër profiel bande en swart afwerking vir die sierrooste en kantskorte. Die GR-S kom ook standaard toegerus met ‘n lys van spesifieke veldry toerusting, maar sonder om die Land Cruiser se gerekende luuksheid en geriefseienskappe in te boet.. As die LC300 GR-Sport die avonturier en buitelug boetie is wat die wereld wil verken, word die LC300 ZX model geposioneer as die gym goefende blink Stefaans stadsboetie in ontwerpersklere. Met 20″ allooiwiele en laer profiel bande, blink kroom afwerking vir die sierrooster en insignia en ‘n groter fokus op weelde in die kajuit, sal die ZX model groter byval vind by die koper wat nie juis op die ongebaande weë wil toer nie. Vir diegene wat so oorle Stanley Livingstone Afrika se onweergaanbaarheid wil gaan tem, sal die intree GX-R die regte model wees. Ons kon egter nie tydens die bekendstelling met hierdie model kennis maak nie. My keuse val op die GR-Sport met diesel aandrywing. Ek verkies die hoër profieltekkies bo die lae proefiel fênsie ontwerpersskoene, maar dan is ek liewer vir grondpaaie as teer. En man, het die GR-S diesel my mateloos in die sandduine, grondpaaie en klipklouterplekke tydens die bekendstellingsritte beïndruk! Danksy Toyota se innoverende E-KDSS (Kinetic Dynamic Suspension System) wat danksy elektroniese beheer die wiele met hidrolies ondersteunde stabiliseer arms aan die veerstelsel verbind, bied die GR-S uitstekende en veilige hantering, bakkontrole en wiel-artikulasie (30mm meer as met die huidige model) tydens uitdagende veldrytoestande. Dit tesame met Toyota se “All-wheel Drive Integrated Management (AIM)”, elektries ondersteunde kragstuur, rembeheer asook slim enjin en ratkasprogramering wat deur die “Multi-Terrain Select” (MTS) -stelsel met die druk van ‘n knop geaktiveer en beheer word, maak dit moeilike veldrytoestande baie maklik. Met die MTS-stelsel kan die bestuurder kies tussen Diep sneeu, Modder, Grond en Sand ten einde die beste moontlike kraglewering en traksie uit jou LC300 te haal met lae strek wat ‘n addisionele “Auto” modus bied waar die voertuig self die bes moontlike modus vir die rytoestande kies en dan, danksy die“3D Multi Terrain Monitor” (in die ZX en GR-S modelle) verskeie sensors en kameras rondom en onder die voertuig, aktiveer om die terrein onder en langs die voertuig sigbaar te maak. Die ZX model het ons in V6 petrolgewaad beproef. Die versnelling en soepele kraglewering het ons beindruk op die ooppad. Op teer en veral deur die bergpasse was hierdie wa foutloos in greep, hantering en dinamika, ten spite van sy groot 2,6 ton lyf. Die remme was ook indrukwekkend. Veiligheid Danksy “Toyota Safety Sense” in beide die ZX en GR-S modelle kan bestuurder die hulp van verskeie tegnologiese stelsels geniet wat die veiligheidsvlakke vir insittendes baie verhoog, ondermeer stelse soos “Lane Trace Assist”, “All-speed radar” spoedbeheer asook funksies soos Blindekol monitering, “Lane Depart Alert” en “Rear Cross Traffic Alert (RCTA)” wat outomaties rem wanneer aankomende verkeer opgemerk word. Daar is ook nog vele ander standaard veiligheids en bestuurderhulp stelsel soos stabiliteits beheer (VSC), traksiebeheer (ATRC), heuwel wegtrekbeheer (HAC), sleepwa anti-swaai beheer(TSC), Heuwel-af beheer (DAC) asook die gewone ABS, EBD remhulp. Opsomming Toyota doop die nuwe LC300 die “Master of Africa”. Die uitgaande model het legendariese stories oor Afrika se stof- en klippaaie geskryf en het deur die jare diep spore deur modder, sand en oënskynlik onbegaanbare plekke gelos in hierdie uitdagende meedoënlose kontinent. Die nuwe LC300 gaan definitief voortbou op die legendariese Land Cruiser nalatenskap. Ek vermoed dit gaan selfs ‘n groter legend word. Pryse Land Cruiser 300 GX-R 3.3D – R 1 283 200 Land Cruiser 300 ZX 3.3D – R 1 765 500 Land Cruiser 300 ZX 3.5T – R 1 797 100 Land Cruiser 300 GR-S 3.3D – R 1 811 900 Land Cruiser 300 GR-S 3.5T – R 1 842 900 Ingesluit in die aankoopprys kry kopers ‘n 9 diens / 90 000 km diensplan met dienste elke 12-maande of 10 000 km (wat ook al eerste kom). ‘n 3-jaar/100 000 km waarborg is ook ingesluit by alle modelle en eienaars kan ekstra dienste, verlengde onderhoudplan of selfs langer waarborg tyd aanskaf by hulle gunsteling Toyota handelaar.
https://www.proagri.co.za/land-cruiser-300-die-groot-meneer-van-afrika/
2021-09-20 14:24:15
Goeie nuus vir veeboere: Boer vooruit met Yara se Bolifor-magnesiumfosfaat (MGP+)
This post is also available in: English Elke suksesvolle veeboer weet dat Suid-Afrika se weidings arm aan fosfaat is. Daarom gee hulle hulle diere somer en winter fosfaataanvullings om optimale produksie en reproduksie te verseker. Maar daar is meer: Navorsing en ondervinding het getoon dat produksie en reproduksie nog verder opgestoot word as die fosfaataanvulling met magnesium gekombineer word. Bolifor MGP+ van Yara is ՚n kombinasie van fosfaat- en magnesiumaanvulling om fosfaat en magnesium sowel as swael, aan weidende diere te verskaf om optimale produksie te verseker en winsgewendheid te verbeter. Magnesium is, net soos kalsium en fosfaat, een van die makromineraleen word elke dag benodig vir verskeie liggaamsfunksies van alle soogdiere, insluitende herkouers soos skape, bokke en beeste. Magnesium se funksies sluit onder meer in die werking as ko-faktor vir meer as driehonderd ensiemstelsels wat betrokke is by koolhidraat-, proteïen- en vetmetabolisme in die liggaam, senuwee-oordraging, spiersametrekking en die strukturele deel van beenvorming. ՚n Magnesiumtekort kan lei tot swakheid,spierkrampe (grass staggers) en melkkoors by plaasdiere en sodoende noemenswaardige ekonomiese verliese vir die boer meebring. Sewentig persent van die magnesium in die liggaam word in die bene geberg. Om magnesium uit die bene te onttrek vir daaglikse liggaamsfunksies, is ՚n baie ingewikkelde proses wat slegs plaasvind as ՚n reaksie op kalsiummobilisering om die kalsiumvlakke in die bloed aan te vul. Diere is dus afhanklik van daaglikse magnesium opname vanuit hulle dieet om in hulle daaglikse magnesiumbehoeftes te voorsien. Sit meer geld in jou sak: Verbeter jou diere se produksie en reproduksie beduidend met Yara se magnesiumfosfaat (MGP+). Om ՚n konstante daaglikse inname van magnesium te verseker, bied Yara Animal Nutrition magnesiumfosfaat (MGP+) met swael aan die boer. Hierdie produk is ՚n unieke voergraadkombinasie van magnesium, fosfaat en swael. Swael speel ՚n uiters belangrike rol in die optimale werking van rumenmikrobes. Diere benodig daagliks al drie hierdie elemente. Die produk is in ՚n korrelvorm met ՚n magnesiuminhoud van 24%, fosfaatinhoud van 13,5% en swaelinhoud van 2% beskikbaar. MGP+ bevat minder as 1% kalsium en is dus uiters geskik vir gebruik in gebiede met ՚n hoë kalsiuminhoud in die grond en water. Vir die magnesium in ՚n magnesiumbron om vanuit die rumen geabsorbeer te word, moet dit in die rumen oplosbaar wees. MGP+ het ՚n uitstekende biologiese beskikbaarheid van sowel die magnesium as die fosfaat in die produk. Die magnesium vanaf MGP+ is 55% beskikbaar, wat gemiddeld 65 tot 75 % meer is as die beskikbaarheid van magnesium vanaf ՚n bron soos magnesiumoksied (MgO). Die fosfaat in MGP+ het ՚n soortgelyke verteerbaarheid as MCP, naamlik 80%. Die gebruik van MGP+ in formulasies bespaar plek in die formulasie aangesien minder van ՚n magnesiumbron, maar ook minder van ՚n anorganiese fosfaatbron, gebruik hoef te word en aangesien MGP+ reeds swael bevat vir die optimale werking van rumenmikrobes, kan die swael ook verminder word. MGP+ het ՚n baie konstante samestelling en ՚n swaarmetaalinhoud van ver onder die toelaatbare vlakke soos uiteengesit deur die Europese Unie se Standaarde. Vir meer inligting oor Yara Animal Nutrition se Bolifor MGP+ -produkte, kontak Alina Taute by (+27)82-322-0333 of stuur ՚n e-pos na [email protected]. Besoek ook die webtuiste by www.yara.co.za/animal-nutrition.
https://www.proagri.co.za/goeie-nuus-vir-veeboere-boer-vooruit-met-yara-se-bolifor-magnesiumfosfaat-mgp/
2021-09-03 16:54:17
Die nuwe Steiger AFS Connect™-reeks: Krag ontmoet tegnologie
This post is also available in: English Case IH het sy Steiger- en Quadtrac AFS Connect ™-trekkers in Suider-Afrika bekendgestel met nuwe modelle wat nou beskikbaar is om te bestel. Die reeks sluit 12 modelle in met enjinkrag wat wissel van 400 (298 kW) tot 600 (447 kW) perdekrag. Die Steiger AFS Connect™ met wiele sal van 400 (298 kW) tot 600 (447 kW) perdekrag beskikbaar wees, insluitend drie spesiale Scraper-weergawes, terwyl die Quadtrac AFS Connect tussen 450 (335 kW) en 600 (447 kW) perdekrag beskikbaar sal wees. Verskeie opgraderings sal ingesluit word, soos ‘n herontwerpte kajuit vir meer gemak, asook ingeboude AFS Connect om nuwe produktiwiteitsvlakke te bereik. Case IH AFS (Advanced Farming Systems) het reeds die maatstaf in die bedryf vir presisieboerdery in 1995 daargestel. Deur die jare het die handelsmerk sy AFS Connect-telematika-oplossing ontwikkel. ‘AFS Connect’ is nou deel van die nuwe Steiger- en Quadtrac-reeksname, want konnektiwiteit is nou ‘n integrale deel van die nuwe trekkers. Werkeselkrag en -verrigting Die nuwe reeks Steiger AFS Connect™-trekkers kan gekonfigureer word vir enige taak en is gebou vir ‘n verskeidenheid toepassings. Die brandstofdoeltreffende PowerDrive-ratkas lewer vinnige skakeling en ‘n enorme 670 (499 kW) piek-perdekrag op die Quadtrac 600-model. Die Steiger- en Quadtrac AFS Connect-trekkers beskik ook oor groter brandstoftenks om meer hektaar te beslaan voordat hulle hervul moet word. Produsente kan aanhou om lang dae te werk met tussenposes van 600 uur vir olieverandering en onderhoud op grondvlak om die bedryfskoste te verlaag en toerusting op die lande te hou. Nebraska-trekkertoetse (die amptelike trekkertoetsprogram vir die Verenigde State wat trekkers toets volgens die parameters van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling) het bevestig dat Case IH Steiger- en Quadtrac-trekkers die kragtigste en brandstofdoeltreffendste trekkers in die bedryf is. “Hierdie nuwe Steiger AFS Connect™-reeks verteenwoordig die toekomstige rigting vir die hele Case IH-trekkerreeks,” sê Alexey Savinov, Case IH Asia, Midde-Ooste en Afrika se Produkbestuurder vir Steiger. Gevorderde tegnologie en optimale konnektiwiteit Case IH se konnektiwiteitsoplossing, AFS Connect, is in die kajuit van die trekker gesetel, wat nuwe produktiwiteitsvlakke oplewer. Dit maak tweerigting-data-oordrag tussen die masjien en die bestuurder moontlik en stel plaasbestuurders in staat om hul boerdery, vloot en data vanaf hul kantoor of mobiele toestel te bestuur. Die verbindingstelsel bevat drie sleutelkomponente; die AFS Pro 120-skerm, die AFS Vision Pro-bedryfstelsel en die AFS Vector Pro-ontvanger. Hierdie elemente stel gebruikers in staat om trekkerbestuur en presisieboerdery-funksies op te stel soos hulle verkies. AFS Connect-tegnologie maak dit ook moontlik om die AFS-bedieningsskerm van die trekker op ‘n afstand te sien deur plaaseienaars, bestuurders en, met toestemming, die handelaars wat hul toerusting ondersteun. Dit kan help om probleme te identifiseer en dieper insig te verkry in hoe dit veroorsaak word en hoe dit aangespreek kan word. “Die verbeterde verbindingsvlakke in die nuwe Steiger onderskei hierdie trekker, bied meer ondersteuningsfunksies, verminder stilstand en verhoog produktiwiteit,” het Savinov gesê. “Van die diens-op-afstand funksie wat handelaars in staat stel om diensbehoeftes op ‘n afstand te identifiseer, tot die vermoë van sake-eienaars en bestuurders om hul bedrywighede te monitor – selfs van buite die kajuit – maak die Steiger AFS Connect-reeks ‘n pasaangeër vir ons bedryf,” hy het gesê. Vir meer inligting oor die nuwe Steiger en Quadtrac AFS Connect™, of enige Case IH-masjinerie vir jou spesifieke toepassing, kontak jou plaaslike gemagtigde Case IH-handelaar of besoek www.caseih.co.za. Bron: CNH Industrial Ag & CE
https://www.proagri.co.za/die-nuwe-steiger-afs-connect-reeks-krag-ontmoet-tegnologie/
2021-09-07 16:18:16
Veediefstal: Ekonomiese sabotasie van die landbousektor
This post is also available in: English Die tekortkominge wat tans by Veediefstal Eenhede (VDE) in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) deur boerderygemeenskappe in die Vrystaat bespeur word, is bydraend tot wat bykans as ekonomiese sabotasie van die landbousektor beskou kan word. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO). Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, is bekommerd dat veediefstal op die oog af nie as ʼn prioriteit deur die polisie geag word nie. “Vir boere lei hierdie situasie tot ekonomiese ondergang wat die landbousektor ernstig ondermyn. Dit is om nie eens van die impak wat dit op opkomende en bestaansboere het, te praat nie,” sê Le Roux. Volgens le Roux en Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal Voorkomings Forum (VVF) in die Vrystaat, neem die astronomiese tekorte aan hulpbronne toe, met geen daadwerklike intervensie vanaf polisie topstruktuur nie. “Weens die tekorte, word misdaadtonele nie doeltreffend ondersoek nie en speurders daag soms dae na ʼn saak gerapporteer is eers op. Dit dra dan daartoe by dat baie van hierdie veediefstal-voorvalle nie aangemeld word nie.” Uit sake wat wel gerapporteer is, is daar boerderygemeenskappe wat verliese van tot R10 miljoen per jaar rapporteer. Hoë geteisterde gebiede van die Vrystaat insluitend Brandfort, Ladybrand, Heilbron, en Fouriesburg – ondervind tans groot druk weens toenames in veediefstal. Veral grensdorpe geleë langs die RSA/Lesothogrens, gaan gebuk onder ʼn groot toename in die soort eiendoms verwante misdaad, sê Dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van VL. “Veediefstal is ʼn georganiseerde misdaad wat toenemend deur misdaadsindikate bedryf word,” meen Dr Buys. “Om hierdie sindikate te keer, word die betrokkenheid van ander rolspelers in die SAPD, soos die Valke, Georganiseerde Misdaad Eenheid en Misdaad Intelligensie, benodig.” Boere poog om sover moontlik hul eiendom en veral vee te beskerm. VL en die RPO meen dat die Polisie hul regsverpligting moet nakom ten einde die nodige mannekrag, voertuie en toerusting beskikbaar te stel om die voortbestaan van die landbousektor in die Vrystaat te verseker. “Die intervensie van die regering en die Minister van Polisie het kritiek geword om die tekorte aan te spreek,” sê Buys. Bron: Vrystaat Landbou, RPO
https://www.proagri.co.za/veediefstal-ekonomiese-sabotasie-van-die-landbousektor/
2021-09-27 18:29:10
Tuli Kudde van die Jaar
This post is also available in: English By die jaarlikse dinee van die Tuli Beestelersgenootskap wat gehou is op 2 September 2021 was Ben Raath, Donkerhoek Tuli Stoet, Britstown, die wenner van die Stefan van Wyk wisseltrofee vir die Tuli Kudde van die Jaar. Ben was ook die wenner in 2019. Stefan van Wyk was wyd bekend in die hele landbougemeenskap en was betrokke by ProAgri.
https://www.proagri.co.za/tuli-kudde-van-die-jaar/
2021-09-10 14:06:14
Kan logistieke krisis in SA sitrusbedryf se groei pypkan?
This post is also available in: English Deur John Hudson, Nasionale Hoof van Landbou by Nedbank ‘n Minder bekende, positiewe feit in ‘n land wat geneig is om op die negatiewe te fokus, is dat Suid-Afrika die tweede grootste sitrusuitvoerder ter wêreld is, naas Spanje. Ons is die grootste in die suidelike halfrond en die wêreldleier in uitvoer oor lang afstande. Uitvoer is verantwoordelik vir 95% van die verdienste uit sitrus, en dié vrugte het in 2010 wyn as Suid-Afrika se grootste landbou-uitvoerproduk verbygesteek. Die sitrusbedryf is ons primêre waardeverdiener in uitvoer en het sowat 120 000 mense in diens, wat dit die grootste werkgewer in die landboubedryf maak. Sitrus – die blink ster van ons ekonomie Die sitrusbedryf het die uitsonderlike prestasie behaal om produksie tussen 2019 en 2020 met 25% te laat styg, wat die sektor een van die suksesverhale in ‘n somber jaar vir ekonomiese groei maak. Met net ‘n paar weke van die uitvoerseisoen vir 2021 oor, sal die produksie na verwagting met nog 6% groei, van 150 miljoen kartonne in 2020 tot 159 miljoen kartonne vanjaar. Dit is effens laer as die verwagte 163 miljoen kartonne, hoofsaaklik weens kleiner vrugte as wat verwag is, en die sterker rand sal laer opbrengste vir plase beteken. Nogtans lewer die sitrusbedryf steeds ‘n groot bydrae tot werkgeleenthede, die betalingsbalans en die ekonomie. Dit is veral noemenswaardig gegewe die groot uitdagings van die sektor vanjaar, insluitend die gewelddadige onrus en kuberaanvalle op ons hawens, wat tot groot logistieke terugslae op ‘n belangrike tydstip van die oes- en uitvoerseisoen gelei het. Maar eie aan Suid-Afrika het die spelers in die sitrusbedryf ‘n plan gemaak, en die hele waardeketting verdien ‘n dawerende applous. Logistiek moet dringend aandag kry Maar op lang termyn is daar toenemende kommer oor die aansienlike impak wat Suid-Afrika se gebrekkige logistieke infrastruktuur op die sektor en sy bydrae tot ons ekonomie kan hê. En dit gaan net vererger as dit nie onmiddellik getakel word nie, aangesien die sitrusopbrengs na verwagting in die volgende vyf jaar tot 200 miljoen kartonne en teen 2030 tot 260 miljoen kartonne gaan groei. Die groot geografiese verspreiding van ons sitrusbedryf beteken dat sommige produsente meer as duisend kilometer moet ry om vrugte by die naaste hawe te kry. Padinfrastruktuur is dus die eerste uitdaging. In die besonder raak paaie in en om Durban se hawe baie druk, soos die afgelope twee jaar, toe die buitegewoon groot graanoes met ‘n rekordsitrusoes saamgeval het. Toe kom die onrus in Julie, en veiligheid op die paaie het ‘n nuwe bron van kommer geword, asook die impak wat die onrus op uitvoer gehad het. Die grootste terugslag in die sitrusbedryf was die onvermoë om vrugte weg te stuur, wat verlore markgeleenthede, en bykomende vervoer-, arbeids- en bergingskoste beteken het, en moontlike eise tot gevolg kan hê omdat die gehalte van die vrugte weens die onderbreking in die koueketting in die gedrang kon kom. Die padprobleme is egter gering in vergelyking met dié van hawegebiede: In die Wêreldbank en IHS Markit se vergelykende evaluering van houerhaweprestasie was Suid-Afrika se hawens, Kaapstad, Gqeberha, Durban en Coega, onderaan die lys van 351 hawens in verskillende lande. In vergelyking met internasionale norme verwerk ons hawens net ‘n derde van wat hulle op ‘n dag met betrekking tot die laai en aflaai van houers behoort te kan doen. Voeg dít by die ontwrigting wat die pandemie in wêreldskeepsvaart veroorsaak, toenemende tekorte aan houers en stygende koste, diefstal van Transnet-infrastruktuur en die onlangse hawekuberaanvalle, en ons het ‘n uitdagende situasie by ons hawens wat die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf se prestasie bedreig. Is daar ‘n plan? Die goeie nuus is dat daar gekoördineerde pogings is tussen Transnet en landbou-organisasies om die uitdagings wat deur ons uitvoer in die gesig gestaar word, die hoof te bied. Ongeveer 80% van Suid-Afrika se landbouprodukte word byvoorbeeld padlangs vervoer, en ‘n skuif van paaie na spoorweë verg groter belegging en veiligheid by spoorweë om die konstante diefstal van Transnet-infrastruktuur uit te skakel. Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA) werk egter nou saam met Transnet Freight Rail om spoorvervoer van landbougewasse te verhoog. Boonop het die CGA ‘n medium- en langtermynplan ontwikkel om die druk rondom vervoer te verlig, wat onder meer alternatiewe vir Transnet-hawens, die verkryging van bykomende gespesialiseerde koelskepe gedurende die sitrusseisoen, en ‘n spesiale gespesialiseerde koepelskipdiens tussen Kaapstad en die Europese Unie en Brittanje insluit. Koelskepe is koelvragskepe wat tipies gebruik word om goedere te vervoer waar die koueketting nie onderbreek mag word nie. Hulle is ook vinniger om te laai, wat die omkeertye in Suid-Afrikaanse hawens korter sal maak. Die CGA het ook ‘n dringende behoefte geïdentifiseer vir groter deelname deur die privaatsektor, ‘n siening waarmee belanghebbendes in die openbare sektor saamstem. Hulle het gesprekke tussen die regering, logistieke rolspelers en moontlike beleggers begin ten einde beleggings in die hawens te mobiliseer. Trouens, die Departement van Openbare Ondernemings het onlangs ‘n meesterplan vir die Durbanse hawe aangekondig om oor die volgende 10 jaar moontlike private beleggings ter waarde van R100 miljard in die hawe-infrastruktuur, terminale en vraginfrastruktuur te lok. Die plan wil die hawe se jaarlikse kapasiteit vir houerhantering vinnig opstoot, en ankerplekke verdiep en verbreed sodat die grootste vaartuie ter wêreld hier kan aandoen. In die plan word die vlootbasis van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die grootmaatterminaal, wat petroleum, chemikalieë, plantaardige olies en smeermiddels huisves, ook verplaas na Richardsbaai, wat dan ‘n nywerheidshawe sal word. Die plan sluit ook opgraderings aan die pad- en spoorwegnetwerk rondom die hawe en die stad in om die groot hoeveelhede vragmotors wat knelpunte veroorsaak te beperk. Daarby moet die Cato Ridge-gebied ontwikkel word tot ‘n privaatsektor-gedrewe nywerheidskompleks wat die N3-snelweg met die spoorlyn vanaf die hawe verbind. Daar is dus tekens dat ons uiteindelik in die regte rigting beweeg. Vir die sitrusbedryf, soos met die res van die landbousektor, is dit noodsaaklik om gebiede te identifiseer wat verbeter moet word en om met belangrike logistieke rolspelers en die regering in gesprek te tree om oplossings te vind. Soos altyd sal Nedbank die hele landbouketting deur dié proses ondersteun en help, waar ook al ons kan. Behoorlike vervoer is die behoud van die sukses van ons landbou-uitvoerbedryf en behoort ‘n langtermyn- en strategiese fokusarea vir Suid-Afrika te wees. Bron: Nedbank
https://www.proagri.co.za/kan-logistieke-krisis-in-sa-sitrusbedryf-se-groei-pypkan/
2021-09-15 13:54:48
ProAgri 259
This post is also available in: English Een van die dae gaan die woord “daggaboer” nie meer net verwys na ՚n padstal in die Oos-Kaap nie. Dit is nou as die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sy sin kry om die cannabismeesterplan deur te voer. Volgens die plan kan die bedryf R28-miljard werd wees en 25 000 werksgeleenthede skep. Om dié geleenthede te ontsluit, moet die wetgewing aangepas word. Volgens die plan moet veral kleinboere en bestaansboere wat tans onwettig dagga plant bemagtig word en deel word van die kommersialisering van die gewas. Dit is alles pragtige ideale, maar as jy werklik ՚n gewas wil kommersialiseer, sal dit kommersieel verbou moet word in ooreenstemming met wetenskaplike produksiepraktyke deur kommersiële boere. Soos gewoonlik, is kommersiële boere egter nie in die meesterplan ingeskryf nie. Ook in die nuus is die feit dat die Landbank steeds voortsukkel met groot verliese. Die bank, wat gestig is om boere te help met finansiering, gee geen nuwe lenings aan boere nie en 28% van die boere wat wel by die bank geld geleen het, betaal dit nie terug nie. Die les uit die twee stories is dat dit wonderlik is om kennis te neem van nuwe geleenthede, maar kyk die kat goed uit die boom en wat jy ook al aanpak, probeer om dit sonder skuldmaak te doen. Dit is altyd lekker om op die kantlyn nuwe eksotiese produkte te ontgin, maar op die ou end soek die verbruiker pap, brood, groente, vleis en ՚n vrug of twee op sy bord. Lees gerus in die uitgawe meer oor meganisasie-oplossings vir kosverbouing. Alles wat in die uitgawe verskyn en nog baie meer is ook te vinde op www.proagri.co.za. ProAgri-groete Jaco Cilliers Lees ProAgri 259 hier:
https://www.proagri.co.za/proagri-259/
2021-09-06 12:57:37
Verwoestende veldbrande groot bekommernis vir landbou
This post is also available in: English Die veldbrande in Julie, Augustus en September vanjaar het groot verwoesting in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes gesaai. Na beraming het meer as ’n 270 000 hektaar die naweek in die Noord-Kaap afgebrand. In die Vrystaat is meer as 52 plase verwoes. Een van die boere het 90% van sy 1 000 hektaar-plaas verloor, insluitend 400 dragtige ooie. In die Noordwes-provinsie is na beraming meer as 500 000 hektaar in vier maande afgebrand. “Dit beslaan bykans 5% van die totale provinsie se oppervlakte,” sê Andrea Campher, Agri SA se risiko en rampbestuurder. “Agri SA, deur sy strukture, is besig om die omvang van die skade te bepaal, maar is bekommerd dat die uitdagings op grondvlak baie groter is as die inligting tans tot ons beskikking.” Droë en sterk winde die laaste paar weke het die ideale toestande vir wegholbrande geskep. “Die omvang van die skade is so groot dat, indien die geaffekteerde dele as rampgebiede verklaar word, die staat nie oor die vermoë sal beskik om boere by te staan nie,” sê Campher. “Weens burokratiese rompslomp sal ramphulp nie betyds gelewer word nie, omdat staatshulpbronne onder druk geplaas is weens die Covid-19-pandemie. Die droogtehulp wat tans verskaf word, is onder die vaandel van die heersende droogterampverklaring wat deur die regering gemaak is.” Die aanvraag na ruvoer is reeds onder druk weens voerhulp wat aan droogtegeteisterde gebiede voorsien word. “Die beskikbaarheid van ruvoer is ook onder druk aan die einde van die winter aangesien die lente groeiseisoen nog nie begin het nie,” sê Willem Symington, voorsitter van Agri SA se Natuurlike Hulpbronne Sentrum van Uitnemendheid. Agri SA moedig die publiek aan om by te dra tot die organisasie se ramphulpfonds, wat deur Agri SA Disaster Relief Foundation bestuur word. “Donateurs kwalifiseer ook vir ’n artikel 18A-sertifikaat,” verseker Campher. “Fondse sal spesifiek aangewend word vir die aankoop van veevoer, vervoerkostes en infrastruktuur soos omheining om lewende hawe te beveilig.” Gebruik die volgende rekening vir finansiële bydraes: Agri SA ABSA Rekening: Tjek Rekeningnr: 4068540775 Takkode: 632005 Verwysing: Fire Aid E-pos die bewys van betaling aan [email protected] Bron: Agri SA
https://www.proagri.co.za/verwoestende-veldbrande-groot-bekommernis-vir-landbou/
2021-09-07 13:54:52
Herkonsolideer jou grond: LEMKEN verseker 'n ferm saadbed
This post is also available in: English Vinnige en eenvormige ontkieming verseker ՚n hoë opbrengs en optimale gebruik van hulpbronne. Dit is derhalwe belangrik om grond- en klimaatseienskappe, sowel as bewerkingspraktyke, deurlopend in ag te neem. LEMKEN se veelsydige werktuie en die LEMKEN-manier van grondvoorbereiding voeg beslis waarde toe tot Siegheimboerdery buite Derby, Noordwes. Die twee Jordt-broers, Siegfried en André, bestuur Siegheim-boerdery. Vandag het die Jordt-broers verskeie plase, wat saam ’n ekonomiese eenheid vorm, naby Derby. Hulle boer onder meer met 2 600 ha mielies, 700 ha sonneblom en 100 ha sojabone. Albei broers is by die boerdery betrokke, alhoewel André hoofsaaklik die saaiery behartig terwyl Siegfried betrokke is by verskeie van hulle ander sakeondernemings op die dorp. Die Jordt-broers het nog altyd ՚n groot liefde vir boerdery gehad en is die vyfde geslag Jordts in die distrik. Siegheimboerdery het sedert hulle oupa en pa se dae aansienlik uitgebrei, en die broers boer nou al elf jaar in die distrik. “Ons het begin met 100 ha sonneblom en as ons vandag terugkyk na waar ons begin het, is ons na elf jaar by die punt waar ons eintlik moes begin het,” sê Siegfried. LEMKEN speel ՚n belangrike rol in die boerdery se sukses. Derby is normaalweg ՚n droë wêreld, en een van LEMKEN se uitsonderlike kenmerke is vogbewaring in die grond. Die werktuie meng plantreste eweredig en deeglik in die grond en met die positiewe kontak van materiaal en grond word biologiese prosesse versnel sonder dat die struktuur van die grond vernietig word. Die herkonsolidasie van die grond wat deur die dubbelroller verkry word, verseker die bewaring van grondvog en verskaf aan jou die perfekte saadbed. André sê: “Ons streef na minimum grondbewerking, en die geheim lê immers in vogbewaring, alhoewel dit nie altyd moontlik is met omgewingsfaktore waaraan ՚n boer deurlopend blootgestel is nie. Maar LEMKEN se werktuie maak dit baie makliker vir ons.” Al hoe meer boere soek na werktuie wat hulle help om vestigingskoste te verminder, maar wat ook so veelsydig as moontlik is. Die Karat se tande werk tot 300 mm diep. Die tande met die kombinasie van die skare vermeng plantreste deeglik met die grond. LEMKEN se Karat Siegheim-boerdery is baie tevrede met die Karat 9/600 en Karat 9/700 KUA-grondvoorbereidingswerktuie wat hulle twee maande gelede aangeskaf het. Die Karat tande wat met ՚n groot verskeidenheid skare toegerus word, maak dit moontlik om vanaf 5 cm tot 40 cm diep te werk. Die modelle wat Siegheim aangeskaf het, werk onderskeidelik ses en sewe meter breed en word direk na strooptyd gebruik. Die grond op die plase wissel van kleigrond tot sand. Nie twee persele is dieselfde nie, en die Karat vaar in albei grondsoorte uitstekend. Die Karat se twee rollers verseker herkonsolidasie van die grond, wat ՚n ferm saadbed vorm wat enige planter en saad se droom is. Die Karat werk ten volle hidroulies van opvou tot diepteverstelling. “Ons het die Karat gesien werk by Johan Botha op Boons, Noordwes. Ons het baie gehou van wat ons sien en begin navrae doen oor die werktuig,” sê André. Een van die voordele van LEMKEN se werktuie is dat die rollers die grond ferm vastrap sodat die wind dit nie wegwaai nie. As jy gaan kyk waar die Karat in die lande gewerk het, het die Karat ՚n uitstekende herkonsolidasie op sy roller agter, wat ook lei tot die vogbewaring in die grond. Met hierdie tipe bewerking, veral in harde droë grond kan jy soms kluite kry. André sê die Karat se roller breek die kluite kleiner en met die eerste reën blus die kluite maklik. “Ek dink nie daar is ՚n grondsoort wat die werktuie nie sal kan bewerk en ՚n ferm saadbed agterlaat nie,” vertel Siegfried. Winderige toestande is ՚n uitdaging in hierdie omgewing. Daar is soveel voordele aan LEMKEN-werktuie gekoppel en bo-aan die lys is dat die grond en reste nie wegwaai nadat LEMKEN deur die land was nie. Die broers se Karat-werktuie werk op ՚n diepte van 250 mm en bewerk 4 ha per uur teen 7 km per uur, afhangend van die tipe grond. Die Karat benodig ՚n minimum van 40 kW per meter werk tuig, maar grondtoestande en werkdiepte kan ՚n invloed daarop hê. Die Karat is ook toegerus met skottels om die bewerkte grondoppervlak gelyk te maak voor jou rollerbewerking. Agterna kom die rollers om kluite te breek en die grond lekker ferm vas te trap. Siegfried sê toe hulle inligting oor die Karat begin insamel het, is daar vir hulle vertel dat die grond nie op die lande sal wegwaai nie. “Ons boer in ՚n winderige omgewing en voorheen het wind baie van ons bogrond weggewaai.” “Ons kan egter nou getuig dat die bewerkte lande, selfs met erge winde, glad nie gewaai het nie. Ek kon nie glo wat ek sien nie; dit is werklik iets wat ՚n mens self moet sien om te glo.” “Ons het ons eerste Karat hierdie jaar net na strooptyd op die lande ingespan en hy het reeds altesaam 800 ha bewerk. Ons het nog niks aan die werktuig herstel of vervang nie, behalwe normale slytasie-onderdele,” sê André. Die rollers agter aan die Karat gee ’n ferm saadbed en verseker egalige plantdiepte. LEMKEN se Gigant/Heliodorkombinasie Die Heliodor 9 is ՚n baie veelsydige, kompakte skotteleg wat gebruik word vir sowel vlak stoppelbewerking as saadbedvoorbereiding, waarvoor dit besonder geskik is. Die Heliodor-reeks is ideaal vir die boer wat vinnig en goedkoop organiese materiaal wil insny en met die grond vermeng. Die Gigant 10 is ՚n draer met driepuntmonterings waaraan sekere van LEMKEN se ander toerusting gehaak kan word. Die Jordt-broers gebruik twee LEMKEN Heliodor 9s in kombinasie met die LEMKEN Gigant 10-stelseldraer om gouer en doeltreffender ՚n saadbed voor te berei. Die hoë werkspoed, die lae trekkerkrag wat benodig word en die lae dieselverbruik asook die oppervlakte wat jy in ՚n dag kan bewerk maak hierdie werktuig verseker ekonomies en doeltreffend en dan laat hy jou nog met ՚n perfekte saadbed wat jou plantwerk vergemaklik en jou opbrengs verbeter. André en Siegfried Jordt van Siegheim-boerdery weerskante van Blackie Swart, LEMKEN se gebiedverkoopsbestuurder. “Ons het gesoek na werktuie wat vinnig ՚n ferm saadbed kan maak, daarom het ons juis op LEMKEN besluit. As gevolg van sy skotteluitleg en die grade waarteen die skottel gemonteer is, pak die Heliodor glad nie aan nie en die grond beweeg onbelemmerd deur die werktuig,” sê André. Nog ՚n voordeel van die Gigantstelsel is dat die bewerkte grond geen wielspore het nie, omdat die draer se wiele voor die toerusting loop. Die Gigant vou op met toerusting en al vir padvervoer of rywerk tussen die lande. Met LEMKEN se bewerking kom die gewasse baie gelyk op. Die ferm, eenvormige saadbed wat gevorm word, gee elke saadjie ՚n gelyke kans om te ontkiem en te ontwikkel, dus is die opkoms en groei baie meer eweredig. “LEMKEN se werktuie is ՚n ware aanwins vir ons en voldoen presies aan ons boerdery se spesifieke behoeftes,” sê André. Blackie Swart, LEMKEN se gebiedverkoopsbestuurder, sê dat beide die implemente ՚n voordeel vir die boer op sy plaas inhou, hulle bied aan die boer die keuse vir vlakker en diep bewerkings terwyl jy jou materiaal in die grond terugplaas wat oor ՚n tydperk jou grondstruktuur verbeter. Die eindresultaat sal wees ՚n perfekte saadbed, die bewaring van vog en die versekering van ՚n beter opbrengs. LEMKEN se Gigant 10/1200- stelseldraer met twee Heliodor 9s op Siegheim-boerdery se plaas buite Derby, Noordwes. “Ons besef nou ons moes lank gelede na LEMKEN geskuif het,” sê André. “Die kundigheid en diens wat aan ons verskaf word, is uitstekend. As onderdele nie onmiddellik beskikbaar is nie, word daar altyd vinnig ՚n plan gemaak. Staantyd word dus uitgeskakel of is van baie korte duur.” LEMKEN is gefokus daarop om die landboubedryf met vernuwende, kostedoeltreffende en volhoubare oplossings by te staan om positiewe ontwikkeling te bevorder en te ondersteun. Vir meer inligting oor LEMKENwerktuie, kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of [email protected]; of Blackie Swart by 082-404- 9651, of [email protected], of besoek www.lemken.com.
https://www.proagri.co.za/herkonsolideer-jou-grond-lemken-verseker-n-ferm-saadbed/
2021-09-06 13:38:35
Summer Sale Produksieveiling ‘n reuse sukses
This post is also available in: English Die Summer Sale Produksieveiling, wat vir die eerste keer deur Karoo-Ochse Lewendehawe, Vryburg aangebied is op Donderdag, 9 September 2021 te Be Human Middelwater Farm, Brandfordt, was ’n reuse sukses. Pryse op die veiling behaal, weerspieël die uitstekende gehalte diere wat aangebied is. Dormerific Dormers: Gemiddelde pryse behaal op die veiling is soos volg: Die duurste Dormerooi, DR 20-20, is vir R24 000 aan Marius en Jan Eksteen van Hatari Farming, verkoop. Baie geluk met die aankoop van die duurste ooi, ons waardeer julle ondersteuning en glo sy gaan vir julle van groot waarde wees! Santarific Santa Gertrudis: Gemiddelde pryse behaal op die veiling is soos volg: Duurste bul SS 17-01 “Smash” verkoop aan Herman Kleinhans van Kleinhansvelde en Jan Botma van Sombrero Santa’s vir R200 000. Duurste koei SS 18-80 met kalf SS 21-57 verkoop aan Jan Botma van Sombrero Santa’s vir R120 000. BAIE GELUK, ons waardeer julle ondersteuning! Karoo-Ochse Lewendehawe wens Dormerific Dormers en Santarific Santa Gertrudis hartlik geluk met die goeie veiling. Steven Mathews was die afslaer.
https://www.proagri.co.za/summer-sale-produksieveiling-n-reuse-sukses/
2021-09-13 07:53:46
Wararkii ugu dambeeyey doorashada Aqalka Sare ee ka socota Hirshabeelle
https://www.voasomali.com/a/6227855.html
2021-09-15 00:00:00
Sneltsjinst tusken Flylân en Harns tydlik út de feart
https://www.omropfryslan.nl/nijs/1087000-sneltsjinst-tusken-flylan-en-harns-tydlik-ut-de-feart
2021-09-05 20:08:15
De toan fan Jan de Groot: "Ferkeershufters"
Niet at je 'n klain foutsy make fansels, maar al at je asoasjaal rijgedrag fertoane. Rije as 'n gek befoorbeeld of nergens 't gefaar in sien en 't allerslimste: ândere bestuurders in gefaar bringe. Kyk, en dàn binne je 'n ferkeershufter. Der komt 't soa'n bitsy op del. Ik waar benijd at dut woord aigenlik wel bestaat en derom gong ik op ondersoek út. Ferhip, dut woord wort dus al brúkt, maar 't is niet 'n offisjeel woord. Núvver dan dat ferkeershufters al brúkt wort deur nijssinders ensoa. Wat ik al teugenkwam waar 'asomobilist.' Aigenlik 't synonym foor ferkeershufter. Om 't folledig te maken, hierbij even de betekenis: "Automobilist die asociaal rijdt of op een andere manier asociaal gedrag vertoont, bijvoorbeeld door te bellen achter het stuur of andere automobilisten af te snijden." Dan drukke se 't nag netsys út, fyn ik. Ferkeershufters fâle fansels altiten op en forme 'n bron fan ergernis. Lessen ston 't folgende op 'e sait fan 'e Omrop: "Manlju ride hurder as 130 km/oere troch Ljouwert: rydbewizen ynnaam." Kyk, dàt binne nou ferkeershufters. Soks fâlt fansels ok altiten op. Feul minder opfâlend is dan weer de útkomst fan 'n ondersoek werin útrekend Audi- en BMW-rijers angeve dat sij hur niet store an hufterig rijgedrag. Hoe-sou-dat-nou-komme? Maar goed... Aigenlik wete wij allegaar wel wat 't woord hufter betekent, maar ik bin al benijd wat d'r in 't woordeboek staat. Dut: "lomp, grof iemand." Der kin ik mij wel in fine. Lomp fyn ik namelik 'n persoan die't offens, at 't drok is op 'e dyk tussen St.-Anne en Marssum, as 'n gek d'r ansjezen komt en in etappes auto's inhaalt. Soa'n persoan het fast niet deur dat-y ândere minsen in gefaar bringt; oh, ni, dat komt niet bij him of hur op. Ja, dat kin ommers ok, h'n: 'n 'sij', al binne 't meer mânly die't hufterig gedrag fertoane, hew ik 't idee. Ok bringt hij himsels in gefaar. Nou fyn ik dat lêste fan minder belang, sêg ik keihard, want dat doet men ommers sels, maar ândere mînsen in gefaar bringe is 'n hele slimme saak. Ferkeershufters motte se flink anpakke. Ik fyn 'n hele hoge geldboete niet eens 'n goeie straf. Ni, slút die idioaten 'n paar maanden op, laat hur tidens dat ferblyf alle dagen de meeste freeslike beelden sien fan ongemakken die't deur hufters, soa't sij binne, feroorsaakt binne. Meskien 'geneest', tussen anhalingstekens, hur dut. In elk gefal motte je alle ferkeershufters útbanne. Oppakke en op 'e nij opfoede. Resette, hyt soks teugenworig. Dat fyn ik, dat skriif ik èn sêg ik. Rij failig allegaar. Goeie."
https://www.omropfryslan.nl/nijs/1096417-de-toan-fan-jan-de-groot-ferkeershufters
2021-09-28 09:25:02
Twee Teater-werkswinkels by KunsteGrot
Lizz Meiring se vertoning by die KunsteGrot op Vrydag 17 September (sien vorige plasing) word die volgende dag opgevolg met twee Teater-werkswinkels op Saterdag 18 September. Lizz Meiring skop self Saterdagoggend om 09:00 af met die aanbieding van “Voor die Skerm”, ’n interaktiewe werkswinkel uiters geskik vir opkomende drama studente en akteurs vanaf Graad 7 tot volwasse. Die werkswinkel duur tot 10:30. Die vroegoggend-sessie word opgevolg deur ’n interaktiewe werkswinkel, “Agter die Skerms” vir alle hoërskoolleerlinge en volwassenes wat veral belangstel in die klank en beligting aspekte van teater. Hierdie werkswinkel begin om 11:00 en duur tot 12:30 en word deur Yvette Hanekom en Jak J. Brits aangebied. Die twee is reeds goed bekend aan KunsteGrot gangers waar hulle tydens vorige aanbiedinge in beheer van die klank en beligting was. Die rol van die verhoogbestuurder en ander funksies in die teater word ook bespreek. Weens beperkte bywoning sal voorkeur gegee word aan hoërskoolleerlinge en volwasse persone wat die werkswinkels wil bywoon. Bespreek asseblief voor 15 September vir die werkswinkels, koste slegs R50. Kontak asseblief vir Rita by 083 744 8559. Aangesien Covid-19 beperkings geld en toegang beperk is, moet daar vooraf met Rita gereël word indien u die werkswinkels wil bywoon. Sien aangehegte advertensies vir meer inligting.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/02/twee-teater-werkswinkels-by-kunstegrot/
2021-09-02 08:01:49
Koffer vol energie land op KunsteGrot verhoog
Dit was kompleet asof ’n koffer vol energie op die KunsteGrot se verhoog beland het toe Lizz Meiring weer vir nuwe lewe gesorg het nadat haar vertoning verskeie kere uitgestel moes word weens vlaag op vlaag van Covid-19 golwe wat oor die land gespoel het. Teatergangers het uiteindelik op Vrydag 17 September geleentheid gekry om vir Lizz in aksie te sien terwyl sy die koffer bietjie uitgepak het met Kameras, Kleedkamers en Konserte. In hierdie klets en skerts-konsert het Lizz meer vertel van wat nie alleen op die verhoog aangaan nie, maar dit wat agter die skerms gebeur. Hierdeur was die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit van die lewe van ’n aktrise vasgevang. paaie Alles op die paaie na verhoë op ver plekke, plaaslik en internasionaal. Uit die staanspoor het sy daarop gewys dat alles wat gebeur is berigte, stories en wat op die verhoog gebeur is net ’n storie wat vertel word. Sosiale media het egter veroorsaak dat die mense nou hulle eie stories opmaak en as die waarheid op die internet versprei. Dit is egter die manier waarop verskeie mense in ander se karakters kan inklim, die giftige kommentaar wat hulle oor ander kan lewer. Hulle voel dit is hulle reg om hul eie opinie te uiter en dit is juis hier waar ’n mens maar versigtig moet wees. So kan die woordjie ski met ’n addisionele ‘e’ op die verkeerde plek twee verskillende berigte uitstuur. Lizz het as nege-jarige dogtertjie reeds in haar eerste rol op die verhoog opgetree. Onder leiding van die bekendste dramaturge in ons geskiedenis van teater het sy gereeld in verhoogstukke opgetree en uiteindelik het sy nie alleen haar as aktrise op die verhoog, voor TV kameras en in flieks gevestig nie, maar ook as uitstekende skrywer van talle verhoogstukke, choreograaf en regisseur bewys. Dit is dan dat ’n mens besef dat die verhoog nie oor die akteur gaan nie, dié is maar net nog ’n skaam persoon wat agter die karakter wat hy of sy vertolk wegkruip. ’n Manier om elke keer nuwe lewe aan ’n ander karakter wat jy vertolk te verleen. Gesellig saam aan die kuier van links: Ann Elize, Marcia, Rina en Arisce wat saam die vertoning kom geniet het. Pieter van Kwêvoël saam met Rita en Lizz Meiring na afloop van haar vertoning. Teaterganger het Lizz se vertoning baie geniet en sy het belowe om in die toekoms beslis weer die KunsteGrot te kom besoek. Na afloop van die vertoning het Lizz gemaklik tussen besoekers beweeg waar hulle nog vir lank gesellig om hul piekniekmandjies saamgekuier het. Die volgende optredes wat reeds vir hierdie jaar vasgemaak is, is die Doringdraadduwwels van Thabazimbi se eie Mari van Jaarsveld, vergesel van haar twee universiteitsmaats wat kom besoek aflê. Diegene wat die vorige vertoning van hierdie drie dames gesien het, sal kan getuig dat hulle die aand die moeite werd sal maak met heerlike vermaak. Op 19 November kry Dowwe Dolla geleentheid. Sy is beslis nie iemand om mis te loop nie en aangesien daar steeds beperkte toegang van krag gaan wees, bespreek maar eerder vroegtydig jou kaartjies. Vir verdere navrae en besprekings, kontak gerus vir Rita by 083 744 8559.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/27/koffer-vol-energie-land-op-kunstegrot-verhoog/
2021-09-27 08:29:17
Vermaaklikheidsvure brand hoog by Plaasjapie Restaurant
Met Jay se optrede by Plaasjapie Restaurant nog vars in die geheue, is dit al weer tyd vir die volgende kunstenaar om gaste te vermaak. Vrydagaand 10 September gaan die sanger Tertius Swanepoel sorg vir ’n aand van uitstekende vermaak as hy met sy kitaar die verhoog oorneem. Tertius is nie heeltemal onbekend in die Thabazimbi omgewing nie en het al voorheen by Die Watergat en Koedoeskop se Koöperasiekroeg opgetree. Tertius is ’n boorling van die Wesrand waar hy in Krugersdorp grootgeword het en hy en sy gesin hulle ook gevestig het. Sy sangtalent het reeds op ’n vroeë ouderdom na vore getree toe hy as Graad 6 leerling aan Laerskool Ebenhaeser vir die Wesrand se Kinderkoor gekies is. Volgens Tertius was sy lewenspassie musiek vandat hy oud genoeg was om te sing. Sedert hy op sy eie begin optree het, het hy getoon dat hy ’n passievolle kunstenaar is wat sy gehoor op ’n reis deur ’n musikale wêreld neem waar vryheid, vreugde en hartseer mekaar balanseer. Tertius glo in die towerkuns van musiek, waar goeie musiek die wêreld kan verander. Tydens hierdie reis het hy in die loop van jare verskeie liedjies geskryf en getoonset. Drie jaar gelede het sy debuutalbum, ‘Padkaart na my Hart’, die lig gesien met twaalf oorspronklike liedjies daarop. Sy liedjie Strawberry was gedurende 2018 Nommer 1 op Treffers Top 30 en tans is sy Altyd in my Hart ook besig om sy plek op die Bosveld Stereo Treffers te verdien. Sy nuutste enkelsnit, ’n Land met Vrede, is gedurende Julie vanjaar uitgereik. Tertius dra hierdie lied na aan sy hart en sê dat hy die lied vir al die mense in ons land geskryf het om vrede na ta streef. Die vertoning begin om 18:00 en toegang is gratis. So van vure gepraat. Plaasjapie Restaurant is by uitstek ’n braai-restaurant waar jy jou vleis kies en dit met smaak vir jou gebraai word. Dan is daar boonop die keuse van bykosse uit die lekkerste braaibroodjies, skyfies en slaai of pap en sous. Kom kuier saam met vriende en familie by die kroeg waar hulle ook oor ’n groot verskeidenheid van wyne beskik of kom sit aan en geniet jou maaltyd in ’n gesellige atmosfeer. Sondag 12 September het hulle weer hulle buffet-middagete waar heerlike beesstert, varkboud, stampmielies, gebakte aartappels, roomboontjies en pampoenkoekies op die spyskaart is. Voeg ook hierby slaai en ’n nagereg. Teen R150 vir volwassenes en hoërskoolleerlinge sal jy nie maklik beter kry nie. Laerskoolkinders betaal R75 vir die ete. Bespreek nou by Marily by 072 368 3525 om jou plek te verseker. Die Springbokke vat Sondag ook die Wallabies van Australië aan in die eerste van twee kragmetings in die 2021 Rugby Kampioenskap-reeks wat om 12:05 afskop. Sorg dat jy vroeg genoeg by Plaasjapie inklok om die hele wedstryd te sien.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/09/vermaaklikheidsvure-brand-hoog-by-plaasjapie-restaurant/
2021-09-09 06:39:11
Jay gewilde keuse by Plaasjapie
Jay se vertoning Vrydagaand by Plaasjapie op Thabazimbi het gewys dat sy ondersteuners hom mis, beslis net soveel as wat ons plaaslike kunstenaars dit mis om lewendig voor gehore op te tree. Na meer as twee dekade agter die mikrofoon waar Jay mense vermaak, is hy steeds baie gewild onder oud en jonk. Die ouer garde wat hom nog onthou van sy beginjare as deel van die ‘Boy Band’, Eden, terwyl die jongmense hom eerder ken as solosanger asook sy duette saam met Lianie May. Die twee het dan ook in 2012 as Jay en Lianie hul duetalbum, Bonnie en Clyde, uitgebring. Hierdie album het 16 snitte bevat onder andere ‘Toe Stop my Hart’ en ‘In a Moment Like This’. Eden het hul debuut optrede by Aardklop gemaak en dit is opgevolg met hulle eerste album in 1997 wat na ’n landwye toer direk na die Aardklop optrede, uitgereik is. Hulle het vinnig opgang gemaak en was gewilde kunstenaars by verskeie klubs asook by dorpsfeeste. Jay het in 2010, terwyl Eden ’n ruskans gevat het, sy eerste solo album uitgegee wat meer as 40 000 kopieë verkoop het en Platinum status behaal het. Dit is nie net agter die mikrofoon wat Jay naam gemaak het nie, maar ook op die verhoog as deel van verskeie musiek blyspele soos Joseph and the Technicolor Dreamcoat, Rocky Horror Picture Show asook Janice Honeyman se plaaslike verwerking van Aladdin. Verder het Huisgenoot gehelp om vir Jay, asook sy vrou en vier seuns, heeltyd in die publieke oog te hou. Die gehoor by Plaasjapie was nie teleurgesteld nie en hy het verskeie van sy bekende liedjies, Afrikaans en Engels, uit die wye verskeidenheid op sy liedjiebank, gesing. Estie de Beer van Thabazimbi wat vir Jay op die verhoog ondersteun het met die gewilde ‘Wys my jou naweek lyfie . . .’ Op ‘n stadium het ’n plaaslike inwoner by hom op die verhoog aangesluit waar hulle saam die bekende ‘naweek lyfie’, van Jay en Lianie May, meesterlik onder luide applous gesing het. Wat beslis uitgestaan het, is hoe vinnig Jay die gehoor om sy pinkie kon draai en almal by sy vertoning betrek het. Terwyl die grootmense rustig kon kuier, het ’n springkasteel in die buitelug gedeelte gesorg dat die kinders besig bly. Verder kon hulle honger mae gestil word met die heerlike hamburgers wat bedien is. Al was hulle destyds net ’n glinstering in hul ouers se oë toe Jay as lid van Eden sy musiekloopbaan begin het, was hierdie vier baie opgewonde oor Jay se vertoning en was hulle deeglik bewus van sy geskiedenis op die verhoog. Hulle is van links: Mienké, Mikayla, Charné en Ellen. Dit was n heerlike vroeë lenteaand en buite het ‘n gesellige vuur gebrand om die effense winterkoue wat in die lug kon wees te verdryf. Van links: Elizma, Mandrezelle, Marietjie en Mariaan wat ’n stil gesellige hoekie uitgesoek na Jay se optrede. Alhoewel hierdie vertoning van Jay sy eerste op Thabazimbi was, kan mens glo dat die energieke vertoning en die waarderende gehoor lank onthou sal word en dat ons hom hopelik weer eersdaags by Plaasjapie te siene gaan kry. Plaasjapie het met hierdie aanbieding bewys dat hulle ’n kuierplek is wat weet hoe om ’n aand van hoogstaande vermaak suksesvol aan te bied en as kuierplek vir die hele gesin, almal gelukkig te hou.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/08/jay-gewilde-keuse-by-plaasjapie/
2021-09-08 10:58:03
Blou Golf tref Thabazimbi
’n Blougolf het die dorp Dinsdag 21 September getref toe die DA-raadslede en kandidate in die komende munisipale verkiesing hul plakkate in die dorp aangebring het. Verskeie ondersteuners in blou hemde geklee het langs die paaie die DA se sigbaarheid vergroot terwyl motoriste hul steun duidelik getoon het met toeters wat aanmekaar geblaas het. Die DA se Burgemeesterskandidaat, Tokkie Swanepoel, raadslid vir Wyk 2, se burgemeester kandidaatskap is ook bekend gemaak met plakkate wat dit uitbasuin het. Tokkie het durf aan die dag gelê deur self die leer te bestyg en haar plakkaat heel bo-aan ’n string van plakkate aan te bring. Raadslid Tokkie Swanepoel het self die leer bestyg om haar Burgemeesterplakkaat heel boaan die ander plakkate vas te maak. Desirée van der Walt, DA adjunk-skaduminister van basiese onderwys en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika het die Blougolf deur Thabazimbi, waartydens DA se verkiesingsplakkate opgesit is, meegemaak. Op die foto is van Links Raadslid Tokkie Swanepoel, Desirée van der Walt, Raadslid Thana Hearne, Terry Herholdt van Dwaalboom en Theuns Lensley. Deel van die groep DA ondersteuners wat deel van die Blougolf uitgemaak het. Raadslid Tokkie Swanepoel, DA Burgemeester kandidaat vir die komende munisipale verkiesing, hou haar plakkaat vas waar sy tussen die talle DA ondersteuners wat die Blougold meegemaak het, staan. Desirée van der Walt, DA adjunk-skaduminister van basiese onderwys en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika, geen onbekende in die dorp en omgewing nie, was ook deel van die Blougolf wat die dorp getref het. Die aansluiting van Elandstraat en Warmbadweg was die hoogtepunt van die geleentheid waar talle mense in Blou T-hemde hul stem laat hoor het. Tokkie Swanepoel is steeds voorsitter van die Thabazimbi Belastingbetalersvereniging, ’n posisie wat sy reeds vir etlike jare vul. Hier het sy goeie ondervinding opgedoen van probleme wat die dorp in die gesig staar, hoofsaaklik weens wanbestuur van die vorige raad wat hul magsposisie gedurende die munisipale verkiesing van 2016 verloor het. Gedurende 2019 is Tokkie tot raadslid vir Wyk 2 verkies en het sy direkte ondervinding opgebou van die stryd wat binne die munisipaliteit duur om besluite tot voordeel van die inwoners te neem en deur te voer. Toe die koalisie na afloop van die 2016 verkiesing beheer oorneem was dit van ’n totale bankrotspul met alle kantoortoerusting, rekenaars ingesluit asook alle munisipale toerusting en voertuie wat deur die balju beslag op gelê is. Hulle moes van vooraf alles opbou maar hulle het ten minste ’n einde aan die openlike wanbesteding van fondse gebring. Inwoners is skynbaar onder die indruk dat die DA in Thabazimbi aan bewind is. Dit is egter nie die ware toedrag van sake nie. In die Raad het die DA tans 5 setels, EFF 5, TRA 2 en die VF+ 1. Hierdie koalisie regeer gesamentlik en nie altyd onder maklike omstandighede nie. Die Uitvoerende Komitee, waar besluite deurgevoer word, word saamgestel op grond van die suksesse wat die onderskeie partye gedurende die 2016 verkiesing behaal het. Die Uitvoerende Komitee bestaan tans uit die ANC (2 lede – Party met die meeste stemme behaal), EFF (1 lid – Party met die derde meeste stemme) en Thabazimbi Residents Association (1 lid – Burgemeester). Toe die koalisie na afloop van die 2016 verkiesing gevorm is, is die posisie van die Burgemeester, Speaker en Hoofsweep tussen die koalisie-vennote onderhandel. Die DA het die Speaker- en die Hoofsweep-posisies gekry en die TRA die Burgemeester. Alle inwoners is deeglik bewus van die finansiële gemors en bankrotskap wat hierdeur op Thabazimbi afgedwing is deur korrupsie, wanbesteding en wanbetalings van die Eskom en Magalies waterraad rekenings wat tot die huidige skuldlas, wat steeds afbetaal word, aanleiding gegee het. Die koalisie tussen die DA, VF Plus, EFF en die TRA het verseker dat ooreenkomste met hierdie verskaffers bereik is om op ’n sinvolle manier die rekenings te vereffen en te verseker dat die dienste nie afgesny word soos daar gedreig is op die stadium dat die vorige ANC-beheerde raad hul magsposisie verloor het nie. Raadslid Swanepoel het ’n beroep op stemgeregtigdes gedoen om hul stemme uit te bring. Stem met die verstand deur bogenoemde in ag te neem en nie met die hart soos jy voel jy ‘nie jou gewete mag verkrag nie’. Ongelukkig is daar ’n stelsel waarvolgens besluite deurgevoer word wat slegs kan verander indien die party wat reeds gewys het dat veranderings moontlik is, sy verteenwoordiging op die raad kan vergroot. Die DA het reeds deur die koalisie bewys dat dit moontlik is. Sy het afgesluit deur te sê. “Moenie wegbly nie, bring asseblief jou stem uit, maar moet nie stemme verdeel sodat die voordeel wat nou bestaan verlore gaan en die raad terugkeer na die situasie van voor die 2016 verkiesing, waar bankrotskap en swak dienslewering ons besliste lot sal wees nie.”
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/28/blou-golf-tref-thabazimbi/
2021-09-28 13:28:55
Braaidag met Adam Tas by Plaasjapie
Braaidag, 24 September, by Die Plaasjapie restaurant en kroeg op Thabazimbi is op ’n hoë noot afgesluit met die gewilde Adam Tas op die verhoog. Adam Tas het weereens gewys hoe hy die mense vas kan vang met die groot verskeidenheid van Afrikaanse juweeltjies en ander wat hy kort-kort na vore gebring het. Die middag en aand se pret is deur Tertius Swanepoel voorafgegaan wat selfs na Adam Tas se optrede gesorg het vir lekker opskop-musiek. Adam Tas het uit die staanspoor die gehoor vasgevang met liedjies soos ’n Man soos my Pa en God se Sonneblom terwyl Royal Hotel van David Kramer en Tussen treine, tussen stasies van Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen ook ’n beurt gekry het. Adam Tas saam met Lourens Delport wat hom met die kitaar bygestaan het. Adam Tas oorhandig die bottel Buffelsfontein Brandewyn aan die wenners van die kompetisie. Uit sy studentejare as ingenieurstudent, waar sy sangloopbaan toe ook afgeskop het, het hy die storie van die Padda wat wou opsit by die muis vervang met ’n ander storie van ’n Brein wat te klein is. Moet ook nie vergeet van Staan sê die Manne, Ag man dis lekker in die Army, Wyn vir die Harlekyn en Die Oukraalliedjie nie. Van die goue oues wat ook ’n beurt gekry het vas Neil Diamond se I am Myself, Sweet Home Alabama en Jolene. ’n Goeie versameling lekker liedjies wat hy meesterlik vertolk het. Die vure is reeds vroeg aangesteek op Braaidag by Plaasjapie Restaurant. Marily van Plaasjaie Restaurant saam met n paar gaste wat reeds van vroeg af saamgekuier het. Die manne het nou wel nie die bottel Buffelsfontein Brandewyn gewen nie maar darem ‘n foto saam met Adam Tas in Kwêvoël gekry. Tussen die kuiery deur was die braaiery behoorlik aan die gang soos die mense weggelê het aan die T-been, wat op spesiale aanbieding was, en die ander smul braaigeregte. ’n Kuier saam met die uitstekende kunstenaars wat Plaasjapie reël is beslis die moeite werd.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/28/braaidag-met-adam-tas-by-plaasjapie/
2021-09-28 07:58:31
Burgemeester waarsku teen onreëlmatige aanwending van toerusting
Die Burgemeester van die Thabazimbi Munisipaliteit, raadslid John Fischer, het tydens die oorhandiging van die toerusting wat deur PPC aan die munisipaliteit geskenk is om die dorp se vullis te verwerk en te beheer, munisipale werkers gemaan om toerusting slegs aan te wend waarvoor dit bestem is om aangewend te word. Die toerusting, bestaande uit ’n laaigraaf en vyf vullishouers (skip bins) met ’n gesamentlike waarde van R750 000, is op Dinsdag 14 September tydens ’n oorhandigingseremonie aan die Thabazimbi Munisipaliteit oorhandig Fischer het PPC geloof vir die ondersteuning en hulp wat hulle reeds verleen het wat insluit onlangs probleme wat by die dorp se pompstasie ondervind is asook die bou van toilette vir verskeie gemeenskappe in die gebied. Hy het die groep se ondersteuning in die drie vernaamste bedrywe waar die munisipaliteit ’n ondersteunende rol moet speel naamlik mynbou, landbou en toerisme, vergelyk met ’n familie wat mekaar se werksaamhede bloot uit die verhouding ondersteun om gesonde en voortvarende gemeenskappe daar te stel. Met verwysing na die Munisipale wet wat toepassing op die Raad en die taak van beamptes is het Fischer daarop gewys dat foute met die toepassing van hierdie wet voorheen veroorsaak het dat heelwat toerusting van die hand gesit is sonder dat die verantwoordelike persone ooit vir die verlies van hierdie toerusting aanspreeklik gehou is. Hy het die waarnemende Munisipale Bestuurder direk aangespreek en gesê dat hy moet verseker dat die bates wat tydens die geleentheid aan die munisipaliteit geskenk word nie verkwansel mag word nie. Hy het hom ook verder daarop gewys dat hy moet toesien dat slegs bevoegde persone die toerusting mag hanteer. Dit is in die belang van die gemeenskap dat hierdie bates ter bevordering van die gemeenskap aangewend moet word. Daarom moet dit ook behoorlik gebruik en in stand gehou word. Fischer het ook verwys na ’n voorval waartydens ’n munisipale voertuig beskadig is terwyl dit sonder toestemming vir iets anders as waarvoor dit veronderstel is om aangewend te word gebruik is, sonder om spesifiek hierna te verwys. Wat hy wel genoem het, is dat die gebruik van die voertuig deur niemand goedgekeur is nie en dat daar ook geen skadeverslag ingedien is, nog minder wie die voertuig gebruik het nie. Ter afsluiting het hy PPC beloof dat die munisipaliteit dringend aandag aan die slaggate op die verbindingsroete tussen Dwaalboom en Thabazimbi sal skenk.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/24/burgemeester-waarsku-teen-onreelmatige-aanwending-van-toerusting/
2021-09-24 04:35:17
Plaasjapie: Adam Tas deel Braaidag met Tertius
Groot kuier lê voor die deur met Adam Tas en Tertius wat vir die vermaak gaan sorg tydens Braaidag-vieringe op Vrydag 24 September by Die Plaasjapie Restaurant op Thabazimbi. Toevallig val die Nasionale Braaidag jaarliks saam op dieselfde dag as die sogenaamde erfenisdag en is dus ’n amptelike vakansiedag. Braaivleisvure brand altyd by Die Plaasjapie waar jy jou vleis kies en hulle braai dit volgens jou voorskrifte. Plaasjapie het reeds bekendheid verwerf met sy spyskaart wat hoofsaaklik uit braaivleis bestaan met ’n keuse van smullekker braaibroodjies, aartappelskyfies of pap en sous om van te kies. Daar is dus geen beter plek om Braaidag saam met jou vriende en familie as gesin te vier as by Die Plaasjapie nie. Vermaak begin reeds vroeg met ’n springkasteel vir die kinders en lekker kuier terwyl ligte verversings soos pizzas en ’n drankie of wat deur die grootmense geniet word in afwagting vir die braaigereg. Vanaf 14:00 die middag sal Tertius vir lekker gatskop musiek uit sy Country Rock versameling sorg. Trek gerus die dansskoene aan om lekker op die dansvloer te langarm so tussen die kuiery deur. Hy het juis Vrydag 10 September sy debuut in Die Plaasjapie gemaak en bewys dat dit die enigste plaaslike kuierplek is waar daar behoorlik ge-‘langarm’ kan word. Met sy musiek is dit feitlik onmoontlik om nie iemand saam met jou na die dansvloer te sleep nie, soos Kwêvoël terdeë kan getuig. Tertius in aksie Gesellig saam gekuier met Tertius se optrede van links: Gertruida, Nikki, Marelize en Lenza. Tertius Swanepoel saam met vrou Lizette en kinders, Ziandar (10) en Zianka (2). Hulle verwag hulle seuntjie, Tiandré, wat in November gebore word. Johan, links, en Marily, eienaars van Die Plaasjapie Restaurant saam met Tertius wat verlede Vrydag daar opgetree het. Tertius het intussen na die Thabazimbi distrik verhuis en woon saam met sy gesin op Leeupoort. Met die onnodige streng inperkingbepalings in Suid-Afrika is dit steeds die restaurante en kunstenaars wat die ergste hieronder ly. Met familiebande reeds in die Thabazimbi distrik gevestig, het Tertius werk in die omgewing aanvaar en sit nou sy musiekloopbaan van nuuts af vanuit Thabazimbi voort. Met ou treffers soos Bless Bridges se Jodel-liedjie (met erkenning aan oorspronklike kunstenaars), Highway to your Heart, ’n paar Elvis nommertjies en Ver in die Ou Kalahari het hy gou die mense aan die dans gekry. Adam Tas het geen bekendstelling nodig nie en het reeds voorheen tydens die Thabazimbi Wildsfees/Ekspo hier opgetree. Sy vertoning skop om 19:00 af en toegang van R100 per persoon is betaalbaar vir volwassenes en hoërskoolleerlinge. Besprekings kan gedoen word by Marily by 072 368 3525. Maak sommer van hulle Braaidag Spesiale aanbod gebruik en bestel ’n 500g T-Been en skyfies vir slegs R95,00. Klik hier vir meer besonderhede
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/16/plaasjapie-adam-tas-deel-braaidag-met-tertius/
2021-09-16 13:10:13
Las van Hooikoors? - Medhof kan help
Loopneus, oë wat jeuk en nies sonder ophou, alles maar deel van die hooikoors-seisoen. Nou, veral met die Covid-19 wat steeds met sy slagting onder ouer mense en mense wat aan kroniese siektesimptome en verswakte weerstand ly, is dit veral belangrik dat ’n hooikoorsaanval nie jou immuniteit verder verswak nie. Kom gesels gerus met ons personeel by Medhof Apteek oor watter middel vir jou die beste verligting gaan gee. Bosveldbome lui die lente in met baie stuifmeel wat jou kan pla Inwoners van Thabazimbi en die bosveld loop jaar na jaar deur onder die lastige simptome van hooikoors met die talle bome wat hier voorkom. Dit is nie net die ongewenste seringbome met hulle blommetjies wat die een niesvlaag op die ander tot gevolg het nie, maar ook die wildebome wat deel van die dorp en omgewing is. Die knoppiesdorings met hulle wit blomme wat soos katoenbolle die strate en erwe vol waai. Dit is nie die einde hiervan nie, want al die bosveldbome blom nie gelyktydig nie. Die probleem lê by die stuifmeel wat die lug vol waai en dan allergiese toestande soos loopneuse, oë wat aanmekaar traan asook nies- en hoesbuie veroorsaak. Gelukkig is dit seisoenaal en sodra die gras, bome en onkruid klaar geblom het keer alles weer na normaal terug. Daar is ’n paar dinge wat mens kan doen om die effek van die stuifmeel te verminder soos om jou huis se vensters toe te hou en ’n bril te dra as jy buite is om te keer dat daar nie so baie stuifmeel in jou oë beland nie. Met die maskers wat ons gedwing word om tydens die inperking te dra, sal dit beslis help om hooikoors ook te verminder. Indien jy weet dat jy vatbaar is vir allergieë wat stuifmeel-verwant is, is dit dalk raadsaam om jou masker ook tuis te dra indien daar bome soos sering en knoppiesdorings in Jo omgewing is wat nou hulle blomme uitstoot. Die histamine in die stuifmeel veroorsaak die meeste van die allergiese toestande by die mens. Juis oor hierdie rede is die mees algemene behandeling deur middels wat anti-histamine bevat. Simptome kan vererger word deur sigaretrook, sterk reuke soos parfuum, haarsproei en walms van skoonmaakmiddels, swembadchloor selfs motors se uitlaatgasse. Buiten hierdie lastige simptome is daar baie ander newe-effekte soos verlaagde konsentrasie en fokus, vertraagde besluitvermoë en versteurde hand-oog koördinasie, probleme met geheue, geïriteerdheid, slaap versteurings en vermoeidheid. Hierdie newe-effekte kan lei tot afwesigheid by die werk of skool. As jy enige van hierdie newe-effekte ervaar moet jy ook maar liefs nie agter ’n motor se stuur inskuif nie. Kom gesels gerus met ons aptekers by Medhof om die beste raad en voorkomende medisyne te kry wat die newe-effekte sowel as die hooikoors simptome onder beheer kan hou. Party mense word erger hierdeur geraak en dit is dan wat jy liewers met jou apteker moet praat aangesien sommige van die middels op die rak die simptome van hooikoors beveg maar die newe-effekte dalk vererger. Indien jy die hele jaar allergiese simptome van hooikoors ervaar moet jy jou dokter raadpleeg aangesien dit met die regte medisyne en behandeling onder beheer gehou kan word. Hier kan jou allergie dalk deur jou leefstyl veroorsaak word of kraakbeenprobleme in jou neus en sinusholtes wat deur gespesialiseerde ondersoeke bevestig kan word. Onthou dat hooikoors niks met hooi uit te maak het nie en jy het ook nie koors as jy hierdeur geraak word nie. Dit kan dalk ’n invloed hê op jou nasale kanale en oë wat wel die toegangspoorte vir die Covid-19 virus is.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/13/las-van-hooikoors-medhof-kan-help/
2021-09-13 09:49:31
Bekende inwoner sterf in padongeluk
Een van die Thabazimbi distrik se bekendste vroulike Professionele Jagters (PH), Jenny van Vuuren (59), het Vrydagmiddag 17 September gesterf nadat die bakkie waarin sy gereis het verskeie kere gerol het. Jennie wat alleen in die voertuig was, het tydens die ongeluk uit die voertuig geval en het ernstige noodlottige beserings opgedoen. Die ongeluk het omstreeks 17:00 die middag op die draai by Pondok op die Marakeli-pad plaasgevind. Die draai is bekend vir verskeie noodlottige ongelukke wat reeds daar plaasgevind het. Die vermoede bestaan dat ’n agterband van die bakkie gebars het, en met die bak vol brandhout gepak, het dit toe gerol. Die ambulans was binne minute op die toneel maar dit was reeds te laat vir Jenny wat blykbaar gesterf het terwyl helpers haar op die draagbaar gelaai het. Jenny het tot onlangs vanaf ’n plaas in die Rooibokkraal gewerk. Die Suid-Afrikaanse Covid inperkingsbepalings het veral die jagindustrie erg geknou en so het dit dan ook gebeur dat die plaas waar sy gebly het verkoop is en sy onlangs ’n nuwe blyplek op die Marakeli pad uit bekom het. Jenny het gedurende die sestigerjare op Sentrum grootgeword waar haar ouers, Nico en Maureen de Villiers reeds vir jare die algemene handelaarwinkel op Sentrum bedryf het. Sy het haar laerskooljare op Groenvlei Laerskool voltooi en het haar matriek aan Hoërskool Frikkie Meyer afgelê. Op HFM het sy in verskeie sportsoorte uitgeblink en het haar provinsiale kleure dan ook in meer as een sportsoort behaal. Jenny was akademies ook baie sterk en een van die skool se akademiese uitblinkers. Reeds van kleins af was sy baie aangetrokke tot die plaaslewe en het sy haar eie perde en boerderytjie van kindsbeen af bedryf op die gesin se familieplaas, Groenvlei net oorkant die pad vanaf die winkel en wat aan die skoolterrein gegrens het. So het sy dan ook later jare, toe haar ouers ouers nie meer die winkel alleen kon bedryf nie, voltyds by die besigheid en plaas betrokke geraak. Ten tye van hul afsterwe het sy reeds die hele boerdery self behartig. Jenny was iemand wat vir die veld gelewe het en het toe ook later haar as Professionele Jagter bekwaam wat vir verskeie jagondernemings in die omgewing gewerk het. Jenny se oudste kind, Cobus, werk tans in Amerika waar hy nes talle jong mans moes uitwyk om vir homself ’n bestaan te maak deur op die plase vir boerderye te werk terwyl haar dogter, Nicky, saam met haar man en twee dogters in Botswana vir hulle ’n tuiste geskep het. Die gedenkdiens vind Donderdag 23 September om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk, Vlieggepoort gemeente op Thabazimbi plaas. Sy word oorleef deur haar twee kinders en twee kleinkinders asook haar twee susters, Maureen wat met haar gesin in Rustenburg woon en Nans wat tans saam met haar man in Thailand is waar hulle Engelse klasse aanbied.
https://www.kwevoel.co.za/2021/09/22/bekende-inwoner-sterf-in-padongeluk/
2021-09-22 13:03:31
Member Profile: Sonjalaine - DatingBuzz Malawi
https://www.mw/member-profile-sonjalaine-datingbuzz-malawi/
x;api
https://newpost.gr/tag/x;api
Skou skop dié naweek af
Windhoek • [email protected] Terwyl Windhoekers verlede jaar nie die jaarlikse nywerheids- en landbouskou vroeg in Oktober kon bywoon nie – net ’n twee dae lange miniskou aan die einde van Oktober – vind die Windhoek Skou weer vanaf 24 September tot 1 Oktober plaas.Die Windhoek Skouvereniging het vanjaar met die 061 Festival hande gevat om ’n groter skare te lok wanneer die geleentheid môre afskop. Die 061 Festival is ’n musiek- en kunstefees wat twee keer per jaar by die Windhoek-skougronde aangebied word.Mnr. Harald Schmidt, visepresident en uitvoerende hoof van die Windhoek Skouvereniging, het gesê hoewel hulle nie baie besoekers verwag nie, hoop hulle die 061 Festival sal ’n groter skare lok om te maak vir die verwagte lae opkoms. Laasgenoemde sal dus sorg vir die musiek, kos en drank, en vermaak.Volgens Schmidt is landbou – en uiteraard die lewendehaweafdeling – vanjaar die fokuspunt vir die skou, wat nou die Windhoek Agricultural Show genoem sal word.Hy het egter bygevoeg hoewel die industriële komponent nie by die geleentheid se naam ingesluit word nie, is uitstallings wat nié met die landbousektor verband hou nie, steeds welkom om deel van die geleentheid te wees.“Ons Grootvee-komitee (beeste) is deur hul kiesers (uitstallers / telers) en - by implikasie - die onderskeie beestelersverenigings, beopdrag om hul deelname aan vanjaar se skou te bevestig. ’n Aantal aksies is aan verskillende komiteelede toegewys. Hulle het onder meer 'n beroep op die Kleinvee-komitee gedoen om vas te stel of kleinvee-telers (skape en bokke) 'n soortgelyke behoefte het om hul sektor by die geleentheid te verteenwoordig. Die reaksie was oorweldigend positief. Op grond hiervan het die Windhoek Skouvereniging besluit om hierdie aanvanklike momentum te gebruik as die fokus vir hierdie jaar se skou,” het Schmidt verduidelik.Hulle vertrou dat inligting oor lande wat besluit om hul beperkende maatreëls te verslap – in ooreenstemming met globale inentingsinisiatiewe – sal die weg sal baan om geleenthede vir groter groepe wêreldwyd, sowel as in Namibië, aan te bied.“Ons vertrou die mense sal rasioneel en volgens die regulasies optree. Almal verstaan die werklikheid en erns van Covid-19,” het die Windhoek Observer Schmidt verlede week aangehaal.
https://www.we.com.na/news/skou-skop-di-naweek-af2021-09-23/
2021-09-23 00:00:00
Nuwe enkelsnit vir Corné Pretorius
Nuwe enkelsnit vir Corné Pretorius Die nuwe Afrikaanse kunstenaar Corné Pretorius het die afgelope jaar groot sukses behaal met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My”, “Halfvol” en “Biertjies.” Die liedjie “Halfvol” het, volgens RadioMonitor.com, tans ’n 60 miljoen luisteraar-telling en die videos van dié liedjies het gesamentlik reeds meer as 200 000 klieks op Tube. Aanhangers sal bly wees om te hoor dat Pretorius se nuutste enkelsnit “Liefde is ’n Werkwoord” op 27 Augustus uitgereik is en dat ’n vollengte album op 24 September volg. Voorafbestellings vir die album “Halfvol” kan ook reeds geplaas word. Pretorius sê dat hy soms nie kan glo hoe baie daar gebeur het vandat hy sy musiekloopbaan in die middel van Suid-Afrika se fase 5 grendeltyd in April 2020 afgeskop het nie. “Ek moet myself soms knyp om te besef hoe opwindend hierdie eerste jaar in die musiekbedryf vir my was. Ek het liedjies opgeneem met Die Heuwels Fantasties, Hunter Kennedy, Loki Rothman en Margot Rothman, en die verhoog gedeel met Francois van Coke, Early B en Jack Parow. Ek werk met ’n fantastiese span en is dankbaar aan die publiek dat hulle aanklank by my musiek vind.” “Liefde is ’n Werkwoord” is in die ateljee geskryf en opgeneem saam met Hunter Kennedy en Fred den Hartog, terwyl die video daarvoor deur Damiane van Reenen in die Kaap in ‘Katinka die Kat’ se woonstel verfilm is. Die vervaardiger was Marguerite van Eeden, met die akteurs Jane de Wet en Andhar Cotton. Hunter Kennedy het ook agt van die tien liedjies op “Halfvol” geskryf. Sien “Liefde is ’n Werkwoord” se video hier: https://youtu.be/1ThMVclAiBo
https://www.we.com.na/news/nuwe-enkelsnit-vir-corn-pretorius2021-08-31/
2021-08-31 00:00:00
Windhoek Express
Windhoek • [email protected] Ndatulumukwa Haikali het ’n passie vir landbou en die bemagtiging van jongmense in die landbousektor.Die jong boer het sy loopbaan in die landbou in 2019 begin en binne ’n jaar het hy die organisasie Youth in Agriculture gestig.“Ek het die organisasie op die been gebring omdat wanneer baie Namibiërs aan die landbou dink, daar prentjies van arm en oorwerkte boere met stukkende gereedskap wat op ’n plaas sukkel, by hulle opkom – en dis nie die geval nie!”Hy sê jong Namibiërs dink steeds dat landbou as besigheid ’n arm man se beroep is en dat almal deesdae eerder ’n kantoor in die stad wil hê.“Niemand dink in die 21ste aan agribesigheid nie,” sê hy, en dit is juis teen hierdie agtergrond wat hy die behoefte besef het om ’n inisiatief te begin wat die beeld van landbou onder jong Namibiërs sou verander, bewustheid sou skep oor winsgewende ekonomiese geleenthede, en ’n pad vir jongmense om in die landbousektor te floreer, te skep.Youth in Agriculture het met net twee lede begin maar bestaan dit nou uit 371 aktiewe boere landwyd.OplossingHaikali glo dat landbou ’n oplossing kan wees vir die land se toenemende jeugwerkloosheid. “Werkloosheid is ’n bron van kommer in Namibië omdat die jeug, wat die grootste demografiese bevolking uitmaak, uitgesluit voel uit die ekonomiese hoofstroom –ondanks hul pogings om ’n beter lewe na te streef.“Terselfdertyd is daar ’n wanverhouding tussen gegradueerdes se vaardighede en dit wat werkgewers soek. Jong mense met sterk tegniese en innovasievaardighede het nie die nodige sakevernuf om selfstandig te word nie,” sê Haikali.Haikali het onlangs ’n gemeenskapstuinprojek geopen wat daarop gemik is om gemeenskappe in staat te stel om self kos te produseer, volhoubare landbou te bevorder en bewustheid te skep oor geleenthede in die landbousektor.Haikali sê die toekoms van die Namibiese nasie staan in die middelpunt in sy hoop vir die betrokkenheid van jongmense in die landbousektor. Hy voeg by dat een van die onlangse positiewe punte in die landbousektor is dat die regering besluit het om die invoer van sekere kossoorte te stop, aangesien daar geglo word dat Namibiese boere aan die aanvraag kan voldoen. Boonop het die land sy grootste mielie-oes nóg aangeteken, wat ’n nuwe rekord van 74 700 ton opgestel het. Dit is 45% hoër as die oes van die vorige jaar.
https://www.we.com.na/news/voed-n-nasie2021-09-21/
2021-09-21 00:00:00
Keeniyaan biyya Afrikaa jalqabaa hoggansa WHO marsaa lammaffaaf Teedroos Adaanom deeggarte taate
https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-58690725
2021-09-25 00:00:00
Irrigation Unlimited: Ocmis is die leier met wateraangedrewe besproeiing
This post is also available in: English Sinvolle watergebruik was nog nooit so belangrik soos nou nie. Die droogte wat die afgelope paar jaar landwyd sy merk gelaat het, het baie boere opnuut laat besef hoe belangrik dit is om water doeltreff end te gebruik. Irrigation Unlimited se Ocmis-kruipspuite gee boere al die voordele van jare se tegnologiese ontwikkeling in wateraangedrewe besproeiing vanuit Italië, met stelsels wat nommerpas aangepas is vir Suid-Afrikaanse omstandighede. Die enigste elektrisiteit wat benodig word, is om die pomp by die waterbron aan te dryf. Net een persoon is nodig om die masjien op te stel en te verskuif. Selfs mielies wat lekker hoog staan word eweredig en doeltreffend besproei met ’n Ocmis wateraangedrewe spuit. So het dit begin Pypkatroltegnologie het teen die einde van die 1960’s in Frankryk ontstaan. Die beginsel is dat waterdruk gebruik word om ՚n ratkas aan te dryf wat ՚n spuitkarretjie inkatrol deur die waterpyp om ՚n groot katrol op te rol. Ocmis het in die 1990’s in Italië met die vervaardiging van die pypkatrolbesproeiers begin en is tans ՚n wêreldleier op die gebied van selfl oopspuite. Ocmis is en een van slegs elf selfl oopspuitvervaardigers in Italië. Irrigation Unlimited voer die besproeiers na Suid-Afrika in. Dié maatskappy het ՚n uitgebreide onderdelemagasyn en sien volledig om na die installering en onderhoud van hulle Ocmis-toerusting. Dit is maklik om die Ocmis tussen lande te verskuif So werk dit ՚n Sleepwa met ՚n pypkatrol word aan die een kant of in die middel van die land by ՚n watertoevoerpunt staangemaak. Die punt van die pyp is aan ՚n karretjie met ՚n kanonspuit of balkspuit gekoppel. Hierdie karretjie word na die oorkant van die land gesleep, die water word oopgedraai en dit dryf ՚n ratkas in die katrol aan, wat die pyp oprol. Soos die pyp oprol, sleep hy die karretjie nader, wat natuurlik al die pad water spuit. Die spoed waarteen die spuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te dien. ՚n Boer kry ՚n duidelike kleurkaart saam met sy masjien wat hy kan gebruik om dit presies te kalibreer ten opsigte van watervloei en -druk, en hy het ook ՚n wye keuse van spuitstukke vir druppelgrootte. In Suid-Afrika is daar vier modelle beskikbaar met pyplengtes van 130 tot 300 meter, wat geskik is om areas van drie tot dertig hektaar per week te besproei (sien tabel bo). Kontak Tobie van den Heever by 082-658-6054 of 012-736-2121 of stuur ’n e-pos na [email protected] of besoek www.iunlimited.co.za.
https://www.proagri.co.za/irrigation-unlimited-ocmis-is-die-leier-met-wateraangedrewe-besproeiing-2/
2021-10-27 17:07:07